# Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-afr/0f2ae035-f078-4718-bea0-c058d556d258
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-afr/0f2ae035-f078-4718-bea0-c058d556d258)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                            FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                    DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

          1.1.1      Die Midde-Oosterse godsdiensfamilie bestaan uit ...

                     A   Boeddhisme, Hindoeïsme, Djainisme en Sikhisme.
                     B   Taoïsme, Confucianisme, Sjintoïsme en die Baha'i-geloof.
                     C   Judaïsme, die Christelike godsdiens, Islam en die Baha'i-geloof.
                     D   die San-godsdiens, Yoruba, amaZulu en Aka.

          1.1.2      Watter EEN van die volgende is 'n verduideliking van politeïsme?

                     A   'n Doktrine wat twee onafhanklike beginsels erken
                     B   Die oortuiging/geloof dat God alles is en alles God is
                     C   Geloof in of aanbidding van meer as een god
                     D   Geloof in die bestaan van gode of 'n god

          1.1.3      Martin Luther was 'n Duitse priester wie se lerings gehelp het om die
                     stigting van die ... te inspireer.

                     A   Rooms-Katolieke Kerk
                     B   Protestante Gereformeerde Kerk
                     C   Oosterse Ortodokse Kerk
                     D   Afrika Onafhanklike Kerk

          1.1.4      Boetedoening/'n Soenoffer is ...

                     A   om misdade wat gepleeg is, te bely en reg te stel.
                     B   'n lering met absolute gesag.
                     C   verpligte leringe in die Koran.
                     D   'n bespreking van spirituele waarhede deur middel van 'n storie.

          1.1.5      'n Sjamaan is ...

                     A   die hoogste stand/klas in tradisionele Hindoeïsme.
                     B   iemand wat as 'n medium tussen die sigbare en spirituele
                         wêreld optree.
                     C   'n heerser, soos 'n koning of koningin.
                     D   die titel van Romeinse keisers.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               4                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

          1.1.6      Konserwatiewe Judaïsme ...

                     A   glo dat God die hele Tora aan die Jode gegee het.
                     B   aanvaar dat die Tora met verloop van tyd deur mense geskryf
                         is.
                     C   probeer om die invloed van die moderne lewe te vermy.
                     D   glo dat die Tora deur God gegee is deur idees wat mense
                         bemiddel het.

          1.1.7      Watter EEN van die volgende is NIE waar omtrent die Baha'i-geloof
                     NIE?

                     A   Die eenheid van God
                     B   Die eenheid van die mensdom
                     C   Hergeboorte in 'n beter lewe
                     D   Die eenheid van alle godsdienste

          1.1.8      Watter EEN van die volgende is die Taoïstiese beskouing van die
                     mens in die wêreld?

                     A   Die wêreld is in diens van die mensdom geplaas.
                     B   Mense is nie spesiaal of in beheer van die wêreld nie.
                     C   Ons moet versigtig wees om nie die wêreld soos dit nou is, te
                         vernietig nie.
                     D   Mense het vrye wil en is deurgaans vasgevang tussen goeie en
                         slegte dade.

          1.1.9      Die Pali Kanon verwys na die heilige literatuur van ...

                     A   Judaïsme.
                     B   die Baha'i-geloof.
                     C   Boeddhisme.
                     D   die Heiliges van die Laaste Dae.

          1.1.10     Die primêre bron van die Sjaria is die ...

                     A   Talmoed.
                     B   Samhita.
                     C   Koran.
                     D   gedagtes en aksies van mense.                                (10 x 1)       (10)

1.2       Beantwoord die volgende vrae.

         1.2.1       Noem TWEE verskille tussen karma en Nirvana.                      (2 x 2)       (4)

         1.2.2       Gee EEN term wat die godsdienste beskryf wat in een God glo.                    (1)

         1.2.3       Verduidelik die begrip sinkretisme en gee EEN voorbeeld.          (2 x 1)       (2)

         1.2.4       Noem TWEE unieke eienskappe van Zen-Boeddhisme.                   (2 x 1)       (2)

         1.2.5       Wat is die Bhagavad Gita?                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               5                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

1.3       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en
          skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.

          1.3.1      'Paternaal' beteken om aan die moeder se kant van die familie
                     verwant te wees.

          1.3.2      'n Nuwe Testament is 'n vers, lettergreep of frase wat volgens geloof
                     'n goddelike oorsprong het en wat in verskillende godsdienste in
                     rituele of meditasie gebruik word.

          1.3.3      Die epiese verhale, die Ramayana en die Mahabharata is die
                     gewildste tekste in die godsdienstige literatuur van Hindoeïsme.

          1.3.4      Die ideaal in Theravada-Boeddhisme is dat die individu 'n lewe van
                     meditasie sal leef om sodoende gereïnkarneer te word.

          1.3.5      Oortuigings  verwys     na    die   gelowe         wat    'n    sentrale
                     verwysingsraamwerk vir 'n godsdiens verskaf.                     (5 x 2)        (10)

1.4       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf. Skryf
          slegs die woord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.4.1      'n ... is 'n stam- of familielid wat oorlede is en wat volgens geloof nou
                     'n familiebeskermer is.

          1.4.2      Die politieke gesag van die Rooms-Katolieke Kerk is in ...

          1.4.3      Die verskille tussen die twee hoofgroepe binne Islam is hoofsaaklik
                     op meningsverskille oor ... gebaseer.

          1.4.4      ... is die oudste Oosterse godsdiens wat nie 'n stigter het nie en
                     geen verenigende geloof in lering het nie.

          1.4.5      Volgens Taoïsme bestaan alles in die skepping uit twee kragte, wat
                     ... en ... genoem word.                                     (5 x 1)             (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              6                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

1.5       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
          1.5.1      Voorvaders           A    streng navolging van konserwatiewe en
                                               tradisionele godsdienstige
          1.5.2      Vereer                    oortuigings/gelowe

          1.5.3      Fundamentalisme      B    mense wat in vroeëre dae geleef het

          1.5.4      Pluralisme           C    die doktrine dat een primêre beginsel of
                                               wese bestaan
          1.5.5      Gemeenskap
                                          D    met diepe respek bejeën en is dit
                                               waardig

                                          E    alle godsdienste is paaie na die waarheid
                                               en hulle is almal ewe waar

                                          F    beskryf oortuigings wat teen ortodokse
                                               godsdiensleringe en -geloof gekant is

                                          G    'n gevoel om met die goddelike verbind
                                               te wees
                                                                                 (5 x 1)         (5)

1.6       Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE pas NIE. Skryf die woord en 'n
          rede langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.6.1       Katolisisme; Oosters Ortodoks; Judaïsme; Protestantisme

          1.6.2       Boeddhisme; Hindoeïsme; Confucianisme; Taoïsme; die Baha'i-
                      geloof

          1.6.3       Saïvisme; Shaktisme; Soefisme; Vaishnavisme; Smartas

          1.6.4       Nevi'iem; Ketoeviem; Kitab-i-Aqdas; Talmoed; Tora

          1.6.5       Tripitaka; Bybel; Koran; Mitzvot; Vedas                      (5 x 2)       (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                                DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       Verduidelik die volgende konsepte met verwysing na godsdiens:

          2.1.1       Mites                                                                           (4)

          2.1.2       Geloof/Oortuigings                                                              (4)

          2.1.3       Dogma                                                                           (4)

          2.1.4       Voorvaders                                                                      (4)

          2.1.5       Reïnkarnasie                                                                    (4)

2.2       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          Eenheid is 'n interessante konsep wanneer dit op godsdiens toegepas word.
          Baie godsdienste is nie heeltemal uniform of verenig nie. Daar word
          byvoorbeeld dikwels 'n beroep op Christene gedoen om vir 'n gemeenskaplike
          saak te verenig, of dat daar groter Islamitiese eenheid in byvoorbeeld Irak
          moet wees. Verder glo baie godsdienste dat 'n gevoel van eenheid met die
          Opperwese 'n belangrike deel van hulle godsdienstige ervaring is.

                                      [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]

          Kies EEN godsdiens en noem enige VYF leringe van die godsdiens wat
          eenheid aanmoedig.                                                                          (10)

2.3       Islam, Judaïsme en die Christelike godsdiens word dikwels Abrahamitiese
          gelowe genoem. Hulle word saamgegroepeer omdat hulle verskeie unieke
          kenmerke gemeen het.

          Noem VYF kenmerke wat uniek aan die Abrahamitiese gelowe is.                                (10)

2.4       Noem VYF leringe in enige EEN van die godsdienste wat jy bestudeer het,
          wat godsdiensvryheid bevorder.                                                              (10)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            8                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 3

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     FILM- EN PUBLIKASIERAAD (FPR) WIL VIDEO
                           VAN YOUTUBE LAAT VERWYDER

Die kontroversiële pastoor wat vir sy gemeentelede petrol gee om te drink, is by die
owerhede in die moeilikheid. Die FPR wil hê dat die Pretorianer, Lesego Daniel Mosue,
van Rabboni Ministries, 'n video van gemeentelede wat petrol drink van YouTube
verwyder. Die video wys gemeentelede wat petrol drink en sê dat dit soos pynappelsap
proe.

Die FPR het gesê die video moet van die Internet afgehaal word, omdat dit
ongeklassifiseerd is en handelinge bevat wat skadelik is en nageaap kan word. 'Dit is
nie geskik vir kinders jonger as 13 jaar nie.'
                                                  [Aangepas uit The Sowetan, 6 Oktober 2014]

3.1       Waarom, dink jy, het Rabboni Ministries die video op YouTube geplaas?                   (6)

3.2       Stem jy saam dat die video van YouTube verwyder moet word? Gee redes vir
          jou antwoord.                                                                           (6)

3.3       Verduidelik hoe regverdigheid in mediadekking van godsdiens gehandhaaf
          kan word.                                                                               (12)

3.4       Noem VYF faktore wat mediaberigte oor godsdienskwessies kan beïnvloed.                  (10)

3.5       Verduidelik kortliks die begrip vryheid van godsdiens.                                  (6)

3.6       Verduidelik hoe godsdienstige verdraagsaamheid in enige EEN godsdiens
          bevorder kan word.                                                                      (10)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               9                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Konflik is 'n realiteit van die lewe. Godsdiens is soms deel van die probleem, maar die
ware bedoeling van godsdiens was nog altyd om konflik te voorkom.

Godsdienste het oor die jare baie meganismes ontwikkel om tot vrede by te dra en
konflik te voorkom.

                                                          [Aangepas uit Religion Studies Grade 12]

4.1       Bespreek die leringe van enige godsdiens/godsdienste wat jy bestudeer het,
          wat vrede bevorder.                                                                        (16)

4.2       'n Godsdiensoorlog is onder sekere omstandighede geregverdig. Bespreek
          DRIE sulke omstandighede.                                                                  (12)

4.3       Identifiseer EEN konflikgebied waar godsdiens moontlik deel van die
          probleem is en beantwoord die volgende vrae:

          4.3.1      Noem die konflikgebied.                                                         (2)

          4.3.2      Noem die partye wat by die konflik betrokke is.                                 (4)

          4.3.3      Gee die hoofredes vir die konflik.                                              (16)
                                                                                                     [50]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:              100
                                                                         GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-eng/94024101-e483-4c27-9976-5e49865b4fd1) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2016-eng/490607b2-4df5-4662-b4e2-3b7394930512) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-afr/faa91ad8-14a1-485d-a661-5b928256bf37) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-afr/878b671d-903f-46da-ab77-8e7c243f553d) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-eng/ffab66d3-5a12-4c5b-a05a-3917bbb186c3) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P2 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2016-memo-eng/f936ce16-9501-4016-8580-bcb0ad4ebd1c) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
