# Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-memo-afr/74080469-09f6-4eba-9fe5-18acacc08a56
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-memo-afr/74080469-09f6-4eba-9fe5-18acacc08a56)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                            FEBRUARIE/MAART 2016

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              2                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      C

          1.1.2      C

          1.1.3      A

          1.1.4      A

          1.1.5      B

          1.1.6      D

          1.1.7      C

          1.1.8      B

          1.1.9      C

          1.1.10     C                                                            (10 x 1)        (10)

1.2      1.2.1       Karma
                     • Dit is 'n Hindoe-oortuiging/geloof dat elke aksie 'n gevolg het wat
                       slegs in 'n latere reïnkarnasie kan opduik.
                     • Dit impliseer ook die gevolge van aksies.
                     • Dit leer dat 'n persoon se aksies in die verlede vir sy/haar huidige
                       omstandighede verantwoordelik is.

                     Nirvana
                     • Dit is 'n staat van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme.
                     • Dit is die staat waarin begryp word dat daar geen individuele self
                        of siel is nie.

                     LET WEL: Enige TWEE relevante antwoorde vir elke begrip moet
                              aanvaar word.                                (2 x 2)                (4)

         1.2.2       Monoteïsties/Monoteïsme                                                      (1)

         1.2.3       • Sinkretisme verwys na twee verskillende geloofstelsels wat
                       gekombineer word om 'n nuwe een te vorm.
                     • Voorbeeld: Afrika Geïnisieerde Kerke, Sikhisme      (2 x 1)                (2)

         1.2.4       • Zen-beoefenaars mediteer om verligting te bereik.
                     • 'n Belangrike oortuiging/geloof van Zen-Boeddhisme is dat 'n lyn
                       van gesag na die Boeddha teruggaan.
                     • Zen-tradisie beklemtoon direkte kommunikasie en nie skrifstudie
                       of die studie van godsdienstige tekste nie.              (2 x 1)           (2)

         1.2.5       Die Bhagavad Gita is die gewildste heilige boek in Hindoeïsme.               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               3                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

1.3       1.3.1      Onwaar: 'Maternaal' beteken om aan die moeder se kant van die
                     familie verwant te wees./Paternaal beteken om aan die vader se
                     kant verwant te wees.

          1.3.2      Onwaar: Mantra is 'n vers, lettergreep of frase wat volgens geloof
                     goddelike oorsprong het en wat in verskillende godsdienste in rituele
                     of meditasie gebruik word.

          1.3.3      Waar

          1.3.4      Onwaar: Die ideaal in Theravada-Boeddhisme is dat die individu 'n
                     lewe van meditasie sal leef om sodoende verlig te word.

          1.3.5      Onwaar: Doktrines verwys na die gelowe wat 'n sentrale
                     verwysingsraamwerk vir 'n godsdiens verskaf.   (5 x 2)                         (10)

1.4       1.4.1      Voorvader

          1.4.2      Rome

          1.4.3      Leierskap

          1.4.4      Hindoeïsme

          1.4.5      Yin; Yang                                                        (5 x 1)       (5)

1.5       1.5.1       B
          1.5.2       D
          1.5.3       A
          1.5.4       E
          1.5.5       G                                                               (5 x 1)       (5)

1.6       1.6.1       Judaïsme
                      Die ander drie is die hoofvertakkings van die Christelike godsdiens.
                      Judaïsme is 'n Midde-Oosterse godsdiens.

          1.6.2       Die Baha'i-geloof
                      Dit is 'n Midde-Oosterse godsdiens.
                      Die ander vier is Oosterse godsdienste.

          1.6.3       Sufisme
                      Die ander is Hindoe-skole. Soefisme is die mistieke dimensie van
                      Islam.

          1.6.4       Kitab-i-Aqdas
                      Dit is die heilige teks van die Baha'i-geloof.
                      Die ander is tekste van Judaïsme.

          1.6.5       Mitzvot
                      Dit is die 613 reëls wat deur Jode nagekom word.
                      Die ander is heilige tekste.                                    (5 x 2)       (10)
                                                                       TOTAAL AFDELING A:           50
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B

VRAAG 2
LET WEL: In hierdie afdeling stel elke kolpunt TWEE punte voor.

2.1       2.1.1       • Bevat dikwels historiese en metaforiese materiaal.
                      • Mites is nie feitelik nie, maar word gebruik om spirituele
                        waarhede oor te dra.
                      • Dit onthul die diepste waarhede oor die skepping, lewe en dood.           (4)

          2.1.2       • Dit verwys na wat volgens die volgelinge waar is.
                      • Dit vorm die fondasie wat mense saamsnoer tot 'n
                        gemeenskaplike doel en help om 'n gedeelde identiteit te skep.
                      • Oortuigings/Gelowe beteken 'n ferm oortuigdheid, bv. volgens
                        die Joodse geloof is daar net een God wat Jehova genoem
                        word.
                      • Dit is ook die aanvaarding van 'n ding, feit, stelling of lering.         (4)

          2.1.3       • Die konsep 'dogma' verwys na die leringe wat van mense
                        verwag word om sonder twyfel te aanvaar.
                      • Dit beteken 'n beginsel of stelsel oortuigings/gelowe, veral dié
                        wat deur 'n kollektiewe godsdienstige gesag neergelê is.
                      • 'n Dogma word deur die kollektiewe godsdienstige gesag
                        ingestel, soos gegrond in goddelike inspirasie.                           (4)

          2.1.4       • In godsdiens verwys die term na familielede wat oorlede is,
                        maar steeds onthou word.
                      • Hulle word as boodskappers van die Skepper beskou.
                      • Die verering van die voorvaders kom algemeen in Afrika
                        Tradisionele Godsdiens voor.
                      • Daar word ook geglo dat hulle die lewendes kan lei en beskerm.            (4)

          2.1.5       • Dit verwys na die hergeboorte van die siel in 'n nuwe liggaam.
                      • Dit is 'n sentrale oortuiging/geloof in Hindoeïsme.
                      • Dit leer dat die lewe siklies is, soos deur die 'wiel van die lewe'
                        voorgestel word.
                      • Dit beklemtoon die 'oorsaak en gevolg'-verhouding tussen ons
                        huidige aksies en die gehalte van ons lewe in die toekoms.                (4)

2.2                   VOORBEELD 1: Christendom
                      • Skriflesing en gebed in die gesin/familie: 'n Lering dat die
                        gesin/familie wat saam bid, bymekaar sal bly.
                      • Die lering dat die kerk by die huis as 'n eenheid begin en dan
                        uitbrei na die gemeenskap van gelowiges, wat die groter familie
                        word.
                      • Die Christelike godsdiens leer naasteliefde, wat eenheid in die
                        gemeenskap bevorder.
                      • Die lering dat elke mens na die beeld van God geskape is,
                        bevestig die eenheid van die mensdom as die mense van God.
                      • Die Eerste Gebod beklemtoon liefde vir God. Dit laat mense
                        voel dat hulle met God verenig is.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                5                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

                    • Die Christelike godsdiens leer dat mens vir die armes moet gee en met
                      hulle moet deel; dit bevorder eenheid in die gemeenskap.
                    • Die lering dat daar na die weduwees en weeskinders omgesien moet
                      word, bevorder ook eenheid in die gemeenskap.
                    VOORBEELD 2: Afrika Tradisionele Godsdiens
                    • Die verering van die voorvaders lei die gelowige na eenheid met die
                      Opperwese.
                    • Dit is omdat die voorvaders as tussengangers tussen die lewendes en
                      God beskou word.
                    • Die beginsel van 'ubuntu' verenig die gemeenskap.
                    • Dit beteken dan iemand net 'n mens is deur ander te dien.
                    • Dit leer kollektiewe verantwoordelikheid.
                    • 'n Afrikagemeenskap het gemeenskaplike besit van grond en toegang
                      tot water.
                    • Op hierdie manier leer ubuntu eenheid.
                    • Die lering van 'ilima' is nog 'n voorbeeld van hoe Afrika Tradisionele
                      Godsdiens eenheid skep.
                    • Mense in nood word deur ander gemeenskapslede gehelp as 'n manier
                      van onvoorwaardelike bystand.
                    • Byvoorbeeld, 'n boer met 'n oorvloed landbouprodukte sal 'n gedeelte
                      daarvan vir diegene in nood gee.                                              (10)

2.3       •   Hulle glo in die profete.
          •   Hulle glo in die Hemel en hel.
          •   Hulle glo in die Oordeelsdag.
          •   Hulle is streng monoteïsties.
          •   Hulle geskrifte is goddelik onthul.
          •   Hulle glo in die bestaan van engele.
          •   Hulle glo in 'n vergewensgesinde God.
          LET WEL:        Enige ander unieke kenmerk van die Abrahamitiese gelowe moet
                          aanvaar word.                                                             (10)

2.4       •   Christendom en Judaïsme: Jy moet naaste liefhê soos jouself.
          •   Christendom: Hy het My gestuur om goeie nuus aan die armes te bring, om
              die vryheid van gevangenes aan te kondig en om die onderdruktes vry te laat.
          •   Christendom: Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.
          •   Boeddhisme: Jy mag nie moord pleeg of veroorsaak dat moord gepleeg word
              nie.
          •   Boeddhisme: Lewe is kosbaar vir almal.
          •   Boeddhisme: Jy moet almal liefhê.
          •   Hindoeïsme: Die begrip 'ahimsa' beteken om nooit leed te doen nie, selfs nie
              aan diegene wat van jou verskil nie.
          •   Hindoeïsme: Hindoeïsme erken dat daar verskillende maniere is om Brahman
              te aanbid.
          •   Islam: Daar is geen dwang in Islam nie.
          •   Islam: Moenie die gelowe van ander godsdienste verkleineer nie, anders kan
              hulle, uit onkunde, jou godsdiens verkleineer.
          LET WEL:        Die kandidaat mag relevante voorbeelde uit enige aantal
                          godsdienste gebruik. Die kandidaat mag egter nie punte ontvang
                          indien die lering nie duidelik met 'n spesifieke godsdiens verbind
                          word nie.                                                                 (10)
                                                                                                    [50]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             6                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 3
3.1       •   Hulle wou publisiteit vir die kerk kry.
          •   Hulle het probeer om hulle lidmaatgetalle deur advertering te verhoog.
          •   Mense word beïnvloed deur 'wonderwerke'.
          •   Die kerk sou finansieel bevoordeel word.                                           (6)
3.2       Ja
          • Die FPR het gesê die video moet van die Internet verwyder word, omdat
             dit ongeklassifiseerd is.
          • Die video bevat skadelike aksies wat nageaap kan word.
          • Die video was nie geskik vir kinders jonger as 13 jaar nie.
          • Die video kon tot die dood lei as iemand petrol drink.
          Nee
          • Die video wys die krag van godsdiens.
          • Die video kan tot baie mense se bekering bydra.
          • Die mense in die video is op geen manier leed aangedoen nie.
          • Daar is baie ander video's op YouTube wat onvanpas is en nie verwyder
            word nie.
          • Baie godsdienstiges glo dat wonderwerke 'n bewys van God se bestaan is.              (6)

3.3       • Godsdienste moet kennis dra van hoe om media te gebruik en ook die
            beperkings daarvan.
          • Godsdienste moet proaktief wees en hulle standpunte in die media
            verduidelik.
          • Godsdienste moet ook die media se verantwoordelikheid teenoor
            gemeenskappe verstaan.
          • Godsdienstige organisasies moet hulle lede leer hoe om die media te
            hanteer.
          • Godsdienstige organisasies moet mediakenners nader vir advies.
          • Die media moet kennis en begrip van verskillende godsdienste hê voordat
            daar oor godsdienstige sake berig word.
          • Die media het 'n verantwoordelikheid om die inligting op 'n onpartydige
            manier aan te bied.
          • Omdat artikels deur individue met persoonlike opinies geskryf word, kan
            die opinies die lesers ten opsigte van belangrike sake beïnvloed.
          • Die media moet versigtig wees om nie kommentaar en stellings te maak
            wat veroordelend voorkom rakende godsdienstige kwessies nie.
          • Konstitusionele regte maak voorsiening vir regverdige dekking van
            godsdienstige kwessies.
          LET WEL: Kandidate moet punte ontvang vir geldige antwoorde.                           (12)

3.4       • Die ideologie van die redakteur.
          • Finansiële implikasies.
          • Skep sensasie.
          • Beïnvloed of verander die publiek se opinie.
          • Vooroordeel teenoor godsdienste in die algemeen of 'n spesifieke
            godsdiens.
          • Lig die publiek oor godsdienstige kwessies in.
          • Propageer 'n godsdiens of godsdienstige interpretasie.
          LET WEL: Kandidate moet punte ontvang vir geldige antwoorde.                           (10)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            7                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

3.5       • Dit beteken dat elke persoon vry moet wees om sy/haar leefstyl te kies.
          • Dit beteken ook dat elkeen vry moet wees om enige siening van sy/haar
            keuse te hê, solank dit nie ander mense benadeel nie.
          • Mense wat aan 'n godsdienstige gemeenskap behoort, het die reg om
            hulle godsdiens te beoefen en om godsdienstige assosiasie met ander
            organe van die samelewing te handhaaf.
          • Dit is 'n fundamentele reg wat by die Verenigde Nasies se Verklaring van
            Menseregte ingesluit is.                                                            (6)

3.6       VOORBEELD 1: Hindoeïsme
          • Die wet van karma verwys na die gevolge van aksies of dade.
          • Dit leer dat 'n persoon se aksies/dade in die verlede verantwoordelik is vir
            sy/haar huidige staat.
          • Elke persoon is verantwoordelik vir sy of haar eie toekoms en kan dit
            verander deur berou/inkeer en goeie dade.
          • Hindoes glo dat mense verskil in hulle vlak van spirituele verligting en is
            dus meer verdraagsaam teenoor ander godsdienste.
          • Hindoes glo dat elke geloofstelsel, maak nie saak wat die inhoud is nie, as
            'n minderwaardige weergawe van Hindoeïsme beskou kan word.

          VOORBEELD 2: Judaïsme
          • Vir die Joodse gelowiges is dit belangriker om te doen wat God wil hê hulle
            moet doen as om in God te glo.
          • Die Jode druk hulle geloof uit deur wat hulle doen, asook deur die Tora,
            wat God se Wet is.
          • Die Tora sluit 'n stelsel van wette vir nie-Jode in, wat as die sewe
            Noagitiese Wette bekend staan wat die Joodse gelowiges in staat stel om
            verdraagsaam teenoor mense van ander godsdienste te wees.
          • 'n Belangrike deel van 'n Jood se lewe is om ander wat in nood is, te help.
          • Die versameling wette en reëls wat oor alle aspekte van 'n Jood se lewe
            handel, word die Mitzvot genoem.
          • Volgens Judaïsme het mense die vermoë om beide goed en sleg te wees
            en is God bewus van die mensdom se beperkinge en swakhede. God sal
            hulle dus vergewe.                                                                  (10)
                                                                                                [50]

VRAAG 4

4.1       Christendom
          • Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
          • Dit beteken dat mens ander mense se sienings moet respekteer/die
            probleem deur iemand anders se oë moet beskou.
          • Empatie dra grootliks by tot konflikoplossing.

          Boeddhisme
          • Alles wat 'n persoon doen, moet goed wees.
          • Regte aksie en regte denke: klem op goeie dade sal konflik voorkom
            omdat mens dan nie ander mense te na sal kom nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             8                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

          Islam
          • Indien daar konflik tussen twee groepe gelowiges is, moet daar
             bemiddeling plaasvind om vrede te bring.
          • Vergifnis is baie beter as wraak.
          ATG
          • Die beginsel van 'ubuntu' vereis dat ander mense nie leed aangedoen
            moet word nie.
          • Konflik word opgelos deur die voorvaders te raadpleeg.
          • Stam-/Familieleiers kan ook geraadpleeg word om 'n oplossing te vind.
          LET WEL:       Ander voorbeelde van verskillende godsdienste moet aanvaar
                         word.                                                                  (16)

4.2       Evangelistiese oorloë
          • In sulke oorloë besluit 'n staat dat mense in 'n naburige staat na die 'ware'
            godsdiens moet bekeer, of verowering en straf in die gesig staar.

          Veroweringsoorloë
          • Dit is soortgelyk aan evangelistiese oorloë. Militêre mag word as 'n
            weerspieëling van God se almag beskou.

          Selfverdedigingsoorloë
          • 'n Nasie het die reg om terug te veg teen aanvallers.

          Vergeldingsoorloë
          • Dit word gevoer om wraak te neem teen 'n onreg. Indien 'n sekere
            godsdiens 'n onreg aangedoen is, kan dit wraak neem.                                (12)

4.3       4.3.1      •   Voorbeeld 1: Mianmar/Burma
                     •   Voorbeeld 2: Nigerië                                                   (2)

          4.3.2      Voorbeeld 1: Die partye wat by die konflik betrokke is, is
                     Boeddhistiese ekstremiste en die Rohingya-Moslems.

                     Voorbeeld 2: Die partye wat by die konflik betrokke is, is die
                     Nigeriese regering en die fundamentalistiese Moslemgroep, Boko
                     Haram.                                                                     (4)

          4.3.3      Voorbeeld 1: Mianmar/Burma
                     • Die dominante godsdiens is Boeddhisme.
                     • Ander minderheidsgodsdienste sluit in Islam, die Christelike
                        godsdiens en Hindoeïsme.
                     • Moslems het meer as 500 jaar gelede uit die hedendaagse
                        Bangladesj na Mianmar gekom.
                     • Die regering van Mianmar weier om hulle as landsburgers te
                        erken.
                     • Hulle word Rohingya-Moslems genoem.
                     • Hulle het nie wetlike status nie en geen identifikasiedokumente
                        nie.
                     • Die regering pas openlik diskriminerende praktyke teen hulle
                        toe, bv. gesinne mag 'n maksimum van twee kinders hê,
                        Rohingya-Moslem-paartjies moet by die regering aansoek doen
                        om te trou.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               9                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

                     •   Die regering van Mianmar is deur die VN daarvan beskuldig dat
                         hulle die Boeddhiste bystaan in die konflik.
                     •   Aanvalle deur Boeddhiste het duisende sonder heenkome
                         gelaat.
                     •   Die vervolging is op grond van godsdiens.
                     •   Baie moskees en Moslembesighede is vernietig.
                     •   Die regering van Bangladesj weier om vlugtelingstatus aan die
                         Rohingya-Moslem te gee.

                     Voorbeeld 2: Nigerië
                     • Boko Haram beteken 'anti-Weste' (gekant teen Westerse
                        kultuur).
                     • Hierdie fundamentalistiese groep se doelwit is om 'n Islamitiese
                        staat in die noorde van Nigerië te stig.
                     • Die Nigeriese bevolking is amper om die helfte Moslems en
                        Christene.
                     • Die Christene vrees dat hulle deur 'n Moslemregering regeer sal
                        word.
                     • Die Moslems het dieselfde vrese.
                     • Sommige Moslemleiers het alle vertroue in die Nigeriese
                        regering verloor.
                     • Hulle het die reg in eie hande geneem, dit wil sê hulle
                        ondersteun Boko Haram.
                     • Nigerië het poreuse grense met sy buurlande.
                     • Die vegters kan dus na buurlande ontsnap wanneer die regering
                        se magte hulle probeer volg.
                     • Korrupsie in die Nigeriese regering dra by tot die ondersteuning
                        van Boko Haram.
                     • Landelike gemeenskappe word benadeel deur die onregverdige
                        verdeling van die staat se hulpbronne.
                     • Sulke gemeenskappe word deur groepe soos Boko Haram
                        ondersteun.                      [Mail and Guardian, 5 April 2012, p24)]

                     LET WEL:      Soortgelyke antwoorde oor ander konflikgebiede moet
                                   aanvaar word. Die kandidaat kan relevante voorbeelde
                                   uit enige aantal godsdienste gebruik.                             (16)
                                                                                                     [50]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:              100
                                                                         GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-eng/94024101-e483-4c27-9976-5e49865b4fd1) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-afr/0f2ae035-f078-4718-bea0-c058d556d258) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P2 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2016-memo-eng/f936ce16-9501-4016-8580-bcb0ad4ebd1c) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-memo-eng/77ccd03d-c147-455c-abea-edd00bd63b16) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-memo-eng/15bfd7d2-a925-49f8-8575-cacd7038697a) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-afr/92eec3e8-de98-4180-8ebc-024f5f073c5c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
