# Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2017-afr/19422f3e-b50d-448a-b308-d13c80c1ff26
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2017-afr/19422f3e-b50d-448a-b308-d13c80c1ff26)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                              RELIGIESTUDIES V1

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                  3                   DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                  NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
          'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

          VOORBEELD:

           1.1.11         A               B         C       D

          1.1.1       Om kommunikasie met die voorouers te bewerkstellig, moet
                      aanbidders van die Afrika Tradisionele Godsdiens betrokke wees
                      by …

                      A       stories.
                      B       rituele.
                      C       wonderwerke.
                      D       ubuntu.                                                        (1)

          1.1.2       Die Tao is …

                      A       die heelal.
                      B       die pad van die heelal.
                      C       weifeling.
                      D       Al die bogenoemde                                              (1)

          1.1.3       Die mistieke dimensie van Islam word dikwels … genoem.

                      A       'n beswyming/geesvervoering
                      B       Sjiisme
                      C       Sufisme/Soefisme
                      D       Zakaat/Zakat                                                   (1)

          1.1.4       Die stigter van Taoïsme is …

                      A       Tao-te Ching.
                      B       Boeddha.
                      C       Chuang-Tzu.
                      D       Lao-tzu.                                                       (1)

          1.1.5       Die versameling leringe/leerbeginsels van die Profeet Mohammed
                      word die … genoem.

                      A       Koran
                      B       Vedas
                      C       Tripitaka
                      D       Hadith                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

          1.1.6       'n Ritueel gebaseer op Jesus se laaste maal is …

                      A   die Eucharistie/Nagmaal.
                      B   Kersfees.
                      C   Paasfees.
                      D   die Pasga/Joodse Paasfees.                                               (1)

          1.1.7       … is 'n wêreldbeskouing wat slegs op menslike redenasie
                      gebaseer is.

                      A   Sosialisme
                      B   Natuurwetenskap
                      C   Sekularisme
                      D   Verligting                                                               (1)

          1.1.8       Zen-Boeddhisme het … ontstaan.

                      A   in Iran
                      B   uit Theravada-Boeddhisme
                      C   uit Hindoeïsme
                      D   uit Mahanyana-Boeddhisme                                                 (1)

          1.1.9       Katolieke woon kerkdienste by wat die … genoem word.

                      A   hadj
                      B   Mis
                      C   Heilige Nagmaal
                      D   Mitzvot                                                                  (1)

          1.1.10      'n Lering wat nie in Judaïsme algemeen bekend is nie:

                      A   Gee liefdadigheid
                      B   Glo aan die Hiernamaals
                      C   Glo aan die voorouers
                      D   Die Sabbat                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              5                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
          Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die Bahá'i-geloof het ontstaan in die land wat deesdae … genoem
                     word.                                                                         (1)

         1.2.2       In Boeddhisme beteken Tripitaka …                                             (1)

         1.2.3       Die Duitse priester wie se leringe tot Protestantisme gelei het, is …         (1)

         1.2.4       Die twee opponerende kragte in Taoïsme word … genoem.                         (1)

         1.2.5       Jode gehoorsaam Goddelike Wette wat die … genoem word.                        (1)

1.3       Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE pas NIE. Skryf die woord en
          'n rede langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

          1.3.1       Voorouers; Clan; Ilimo; Tanag                                                (2)

          1.3.2       Bahá'u'lláh; Haifa; Kitáb-i-Aqdas; Abu Bakr                                  (2)

          1.3.3       Brahma; Vishnu; Nirvana; Shiva                                               (2

          1.3.4       Theravada; Pali Kanon; Sanskrit, Mahayana                                    (2)

          1.3.5       Matteus; Markus; Jesus; Johannes                                             (2)

1.4       Elkeen van die stellings hieronder is ONWAAR. Verander EEN begrip/konsep
          in elke stelling sodat dit WAAR sal wees. Skryf die WAAR-stelling langs die
          vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          VOORBEELD: Appels en druiwe is groente.
          ANTWOORD: 1.4.6 Appels en druiwe is vrugte.

          1.4.1       Die bekendste Bodhisattva is Chuang-Tzu.                                     (2)

          1.4.2       Die Sji'a heilige altaar van Karbala is in Saoedi-Arabië.                    (2)

          1.4.3       Die langste heldedig in Hindoeïsme is die Vedas.                             (2)

          1.4.4       Die tasbare uitdrukking van die mondelinge Tora is Nervim.                   (2)

          1.4.5       Die hoogste strewe van Boeddhistiese praktyk is Darma.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           6                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

1.5       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                             KOLOM B
          1.5.1      Karma             A    hoofkwartier van die Bahá'i-geloof

          1.5.2      Ilimo             B    'n sekte van Judaïsme wat op
                                            welwillendheid en gebed klem lê
          1.5.3      Ortodoks
                                       C    geboorteplek van die Boeddha
          1.5.4      Hasidisme
                                       D    om jou naaste onvoorwaardelik te help
          1.5.5      Haifa
                                       E    elke handeling het 'n uitwerking op die
                                            sielereis

                                       F    tradisionele godsdienstige oortuigings;
                                            hou by die oorspronklike

                                       G    'n waarsêer wat lewendes gesond maak
                                                                            (5 x 1)           (5)

1.6       In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende
          terme:

          1.6.1      Zen                                                                      (2)

          1.6.2      Dogma                                                                    (2)

          1.6.3      Bahá'u'lláh                                                              (2)

          1.6.4      Antropomorfisme                                                          (2)

          1.6.5      Reïnkarnasie                                                             (2)

                                                             TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Volgens die Handves van Regte in die Suid-Afrikaanse Konstitusie het 'almal
          die reg tot gewetensvryheid, godsdiensvryheid, vryheid van denke,
          oortuiging en mening'.

           2.1.1      Watter rol het godsdienste in die ontwikkeling van die Handves van
                      Menseregte gespeel? Gee voorbeelde om die antwoord te
                      illustreer.                                                                (18)

           2.1.2      Bespreek die verskil tussen respek en verdraagsaamheid.                    (4)

           2.1.3      Hoe verskil godsdienstige verdraagsaamheid in Westerse en
                      Oosterse kulture?                                                          (8)

2.2       Verduidelik die terme hieronder in 'n godsdienstige konteks en gee EEN
          voorbeeld van elk:

          2.2.1       Eendersheid                                                                (4)

          2.2.2       Identiteit                                                                 (4)

          2.2.3       Kolonialisme                                                               (4)

          2.2.4       Eenheid                                                                    (4)

          2.2.5       Uniekheid                                                                  (4)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                 8                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

VRAAG 3

3.1       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     MEDIA-UITBEELDING VAN GODSDIENS IN SUID-AFRIKA
          Suid-Afrika is 'n kultureel uiteenlopende land wat die tuiste van baie
          verskillende godsdienste is. Hierdie godsdienste word nie altyd ewe veel in
          die media verteenwoordig nie, waar uitbeeldings van godsdiens dikwels
          negatief gestereotipeerd en van alle mag ontneem is. Hierdie stereotipes
          bestaan om verskeie redes, van polities tot finansieel. Godsdienstige
          stereotipes kan regdeur 'n groot verskeidenheid media gevind word, onder
          meer televisie, rolprente en videospeletjies.
                              [Aangepas uit http://mediasmarts.ca. Toegang op 16 Junie 2016 verkry.]

          3.1.1      Stem jy saam dat 'godsdienste' in Suid-Afrika 'nie altyd ewe veel in
                     die media verteenwoordig (word) nie'? Gee redes en gebruik
                     geskikte voorbeelde om jou antwoord te illustreer.                                   (12)

          3.1.2      Bespreek moontlike faktore wat kan veroorsaak dat die media
                     teenoor verslaggewing oor godsdienstige kwessies bevooroordeeld
                     kan wees.                                                                            (8)

          3.1.3      Bespreek die positiewe en negatiewe uitwerking van die Internet
                     op godsdiens.                                                                        (14)

3.2       Lees die koerantartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            DURBAN SE WEKOPROEP TOT GEBEDE

          Die Moslem-oproep tot gebed van die Juma-moskee is Maandagaand slegs
          200 meter ver na die Emmanuel-katedraal in die Durbanse middestad, wat
          112 jaar oud is, oorgedra. Hierdie gebeurtenis het 'n multigodsdienstige
          konsert geopen wat gehou is ter viering van die amptelike opening van die
          Denis Hurley-sentrum op die dag wat die Katolieke aartsbiskop se 100ste
          verjaarsdag sou gewees het.
          Die skouspelagtige World Religions in Concert het voor 'n gehoor van
          800 mense plaasgevind en het Boeddhistiese tromspelers, Indiese dansers,
          die aansteek van kerse in 'n Joodse menora en die voordra van 'n Zoeloe-
          lofgedig ingesluit.
                                                          [Aangepas uit The Times, November 2015]

          3.2.1       Gee TWEE redes waarom hierdie spesifieke katedraal vir die
                      geleentheid gekies is.                                                              (4)

          3.2.2       Wat is hierdie multigodsdienstige gebeurtenis genoem?                               (2)

          3.2.3       Wat, dink jy, was die doelwitte van die funksie?                                    (6)
          3.2.4       Dink jy die verslag is billik en onpartydig? Gee TWEE redes vir
                      jou antwoord.                                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              9                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 4

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Die drie Abrahamitiese gelowe het gedurende die stryd van 782 jaar tussen Moslem en
Christen, sy aan sy in Portugal-Spanje gewoon. Dit was ten spyte van die feit dat
Christene 'n militêre stryd gevoer het om alleenbeheer uit te oefen. Moslems het
voortgegaan om vir geslagte lank in gebiede te woon wat die Christene herower het …
en Jode het aan beide kante van die skeiding floreer.
                                             [Aangepas uit Top Class Religion Studies, Grade 12]

4.1       Dink jy dat die uittreksel hierbo na 'n godsdienstige konflik verwys? Gee redes
          om jou standpunte te ondersteun.                                                          (12)

4.2       Identifiseer EEN gebied, enige plek in die wêreld, waar konflik onlangs
          plaasgevind het en bespreek:

          4.2.1       Die oorsake van die konflik                                                   (10)

          4.2.2       Die mate waartoe godsdiens by die konflik betrokke is                         (10)

          4.2.3       Wat godsdienste kan doen om die konflik op te los                             (8)

4.3       Bespreek EEN godsdienstige leier wat                daaraan     gewerk     het    om
          intergodsdienstige harmonie te weeg te bring.                                             (10)
                                                                                                    [50]

VRAAG 5

5.1       Gebruik 'n geskikte voorbeeld om ELK van die volgende terme in die konteks
          van godsdiens te verduidelik:

          5.1.1       Geloof/Oortuiging                                                             (6)

          5.1.2       Ideologie                                                                     (6)

5.2       Bespreek enige VYF unieke kenmerke van Taoïsme.                                           (10)

5.3       Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede is een organisasie wat
          wêreldwyd intergodsdienstige dialoog aanmoedig. Bespreek VYF funksies
          van hierdie organisasie in besonderhede.                                                  (10)

5.4       Watter rol het intergodsdienstige samewerking voor die demokratiese
          verkiesing in 1994 in Suid-Afrika gespeel?                                                (12)

5.5       Noem DRIE Afrika-organisasies wat             vriendelike    verhoudinge      tussen
          verskillende godsdienstige ontwikkel.                                                     (6)
                                                                                                    [50]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               100
                                                                       GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2017-memo-eng/d6a7ed38-03f0-48df-95f4-f4af8d1c53b3) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-afr/79d66169-1274-42fe-b60d-c2f75586a2db) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-eng/94024101-e483-4c27-9976-5e49865b4fd1) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-afr/0f2ae035-f078-4718-bea0-c058d556d258) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P2 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2017-memo-afr/11d59013-9005-4cb7-b233-be591605a19c) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
