# Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2017-memo-afr/6732be16-8583-4b5c-92f8-bb2ff0ea35aa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2017-memo-afr/6732be16-8583-4b5c-92f8-bb2ff0ea35aa)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                             FEBRUARIE/MAART 2017

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               2                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      B                                                                           (1)
          1.1.2      B                                                                           (1)
          1.1.3      C                                                                           (1)
          1.1.4      D                                                                           (1)
          1.1.5      D                                                                           (1)
          1.1.6      A                                                                           (1)
          1.1.7      C                                                                           (1)
          1.1.8      D                                                                           (1)
          1.1.9      B                                                                           (1)
          1.1.10     C                                                                           (1)

1.2      1.2.1       Iran                                                                        (1)
         1.2.2       Drie mandjies (wysheid)                                                     (1)
         1.2.3       Martin Luther                                                               (1)
         1.2.4       Jin en Jang                                                                 (1)
         1.2.5       Halakhah                                                                    (1)

1.3       1.3.1       Tanag – is 'n heilige boek vir Judaïsme.                                   (2)

          1.3.2       Abu Bakr – was die Profeet Mohammed se skoonvader. Hy was
                      Mohammed se opvolger/die eerste kalief.                                    (2)

          1.3.3       Nirvana – 'n toestand van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme.           (2)

          1.3.4       Sanskrit – 'n antieke taal van die Verre Ooste.                            (2)

          1.3.5       Jesus – die stigter van Christenskap.                                      (2)

1.4       1.4.1       Die bekendste Bodhisattva is Dalai Lama.                                   (2)

          1.4.2       Die Sjia heilige altaar van Karbala is in Irak.                            (2)

          1.4.3       Die langste heldedig in Hindoeïsme is die Mahabharata.                     (2)

          1.4.4       Die tasbare uitdrukking van die mondelinge Tora is Talmoed.                (2)

          1.4.5       Die hoogste strewe van Boeddhistiese praktyk is Nirvana.                   (2)

1.5       1.5.1       E                                                                          (1)
          1.5.2       D                                                                          (1)
          1.5.3       F                                                                          (1)
          1.5.4       B                                                                          (1)
          1.5.5       A                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             3                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

1.6       1.6.1       • Zen is 'n tak van Mahanyana-Boeddhisme wat op meditasie
                        klem lê.
                      • Zen-praktisyns mediteer om verligting/geestelike ontwikkeling
                        te bereik.
                      • Zen-Boeddhisme glo dat daar 'n gesagslyn is wat na Boeddha
                        terugloop.                                                              (2)

          1.6.2       • 'n Beginsel/Leerstelling/Doktrine/Leerstuk of stelsel soos deur
                        'n gesamentlike godsdienstige gesag bepaal/voorgeskryf.
                      • Kom van die Griekse woord 'dogma' wat oorspronklik
                        'voorkoms' of 'opinie/mening' beteken het.
                      • Verwys na enige stel oortuiginge wat as absoluut waar en
                        vasgestel beskou word.                                                  (2)

          1.6.3       • Die stigter van die Bahá'i-geloof.
                      • Hy was 'n Persiese edelman en 'n profeet.                               (2)

          1.6.4       • Die toeskrywing van menslike eienskappe aan die goddelike.
                      • Wanneer van iets wat nie menslik is nie, gepraat word asof dit
                        menslik is.
                      • Voorbeeld: Wanneer daar van die 'stem' van God gepraat word.            (2)

          1.6.5       • Die herlewing/wedergeboorte van 'n siel in 'n nuwe liggaam.
                      • Die Hindoe/Boeddhistiese geloof/oortuiging dat wesens oor en
                        oor in 'n nuwe lewe gebore word.                                        (2)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

AFDELING B

LET WEL:       In hierdie afdeling tel elke feit TWEE punte.

VRAAG 2

2.1        2.1.1      • Almal word deur Allah geskep.
                      • Daarom is ons almal deel van die familie, maak nie saak wat
                        ons glo nie, en ons moet mekaar soos broers en susters
                        behandel.
                      • Die mensdom het 'n gemeenskaplike vader – Adam.
                      • Dit is die fondasie van menslikheid/mensdom in Islam.
                      • Mense word in stamme en rassegroepe gebore, sodat hulle
                        mekaar sal herken, nie sodat hulle mekaar kan verag nie.
                      • 'Daar is geen dwang/verpligting in Islam nie.'
                      • Islam verwerp bekering onder dwang of deur verpligting.
                      • Islamitiese verdraagsaamheid sluit ook alle opregte gelowiges
                        in alle godsdienste in. Solank mense eerlik, geduldig en nederig
                        is en kuis, goedhartig, barmhartig en regverdig lewe sal Allah
                        vergewensgesind wees en hulle beloon.
                      • Wanneer daar verskille is, moet mense op 'n basis van
                        gemeenskaplike respek en welwillendheid met mekaar omgaan.
                      • Die Boeddhistiese etiek is om geen lewende wesens kwaad
                        aan te doen nie, mense ingesluit.
                      • Boeddhisme gebruik nie oorlog om hulle boodskap te versprei
                        nie.
                      • Boeddhisme gebruik die mag van logika en voorbeelde om
                        mense te wys dat hulle sosiaal harmonieuse lewens kan leef
                        waarin hulle in hulleself vrede ervaar.
                      • Daar moet verdraagsaamheid en aanvaarding van mense wees
                        net soos hulle is: dit is fundamenteel tot Boeddhisme.
                      • Jy mag nie doodmaak nie.
                      • Hierdie Bybelse gebod maak menselewens heilig.
                      • 'n Ander mens mag nie doodgemaak word nie, behalwe in
                        selfverdediging.
                      • Dit verwys ook na die beskerming van die ongebore kind, soos
                        in Katolisisme waargeneem.                                               (18)

           2.1.2      • Respek is die waardering van ander mense se oortuigings en
                        praktyke.
                      • Verdraagsaamheid beteken om 'n ander persoon se oortuigings
                        en praktyke te verstaan en te respekteer, al stem jy nie daarmee
                        saam nie.                                                                (4)

           2.1.3      • In die Westerse kultuur moet almal net een godsdiens hê.
                      • Godsdienstige verdraagsaamheid beteken om mense toe te laat
                        om van een godsdiens na 'n ander een te verander (bekering).
                      • In die Oosterse kultuur beteken godsdienstige verdraagsaam-
                        heid dat 'n mens terselfdertyd 'n aanhanger van verskeie
                        godsdienste kan wees.
                      • Mense word nie gedwing om te bekeer nie.                                 (8)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

2.2       2.2.1       • Dit verwys na kenmerke wat verskillende godsdienste in
                        gemeen het.
                      • In Christenskap en Afrika Tradisionele Godsdiens erken beide
                        die bestaan van 'n bonatuurlike wese. (Opperwese).                       (4)

          2.2.2       • Godsdienstige identiteit is 'n vorm van self-identifikasie.
                      • Dit verwys na 'n sekere individualiteit wat die spesifieke
                        godsdiens van ander godsdienste onderskei.
                      • Voorbeeld: Baie Moslems glo dat hulle identiteit as Moslems 'n
                        noodsaaklike deel van hulle 'bestaan/syn/wese' vorm en dit kom
                        uitsluitlik by hulle voor.                                               (4)

          2.2.3       • 'n Buitelandse regering dwing hulle gesag/regering/voorskrifte
                        op die mense van 'n ander land af.
                      • Wanneer die buitelandse regering hulle kultuur, godsdiens en
                        onderwys op 'n ander land afdwing.
                      • Voorbeeld: Godsdienste het basiese, nie-onderhandelbare
                        leringe (dogma), wat eenheid binne die godsdiens bevorder/elke
                        godsdiens het 'n unieke kleredragkode, bv. Moslem-vroue dra
                        die hijab.                                                               (4)

          2.2.4       • Verskillende godsdienste kan ongeag hulle verskille heeltemal
                        vreedsaam naas mekaar bestaan.
                      • Verskillende godsdienste werk aktief saam om sekere
                        spesifieke doelwitte in die samelewing te bereik.
                      • Voorbeeld: Die leringe van Islam en Judaïsme dat God 'een'
                        is/dat God 'n eenheid is; daar is geen ernstige verskille tussen
                        hierdie godsdienste oor hierdie onderwerp nie.                           (4)

          2.2.5       • Dit beteken dat wanneer 'n godsdiens met ander godsdienste
                        vergelyk word, slegs godsdiens A hierdie of daardie kenmerke
                        het.
                      • Uniekheid in 'n spesifieke godsdiens kan 'n uitdrukking wees
                        van hoe volgelinge hulleself in hulle eie godsdiens beskou.
                      • Voorbeeld: Die unieke kenmerk van die Afrika Tradisionele
                        Godsdiens is dat die voorvaders vereer word.                             (4)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 3

3.1       3.1.1       JA:
                      • Dekking verskil ten opsigte van tyd en gehalte van dekking.
                      • Meer tyd word aan groot godsdienste, soos Christenskap,
                        gegee, terwyl kleiner godsdienste glad nie dekking kry nie.
                      • Minderheidsgodsdienste word van hoofstroommedia
                        uitgesluit, bv. Jain, Tao.
                      • Sommige godsdienste word selektief verteenwoordig, bv.
                        Islam word as 'n gewelddadige godsdiens getoon, met optogte
                        en terroristeaanvalle wat maksimum dekking kry.
                      • Boeddhisme word as 'n godsdiens van vrede uitgebeeld; die
                        Dalai Lama kry positiewe dekking en so ook Boeddhistiese
                        monnike.
                      • Godsdienste word erg gestereotipeer, party op positiewe
                        wyse, ander op negatiewe wyse.
                      • Minderheidsgodsdienste kry positiewe dekking.
                      • Christenskap kry die meeste dekking.
                      • Internasionale besoeke deur die Pous kry volledige dekking,
                        waar ander godsdienstige leiers skaars genoem word.
                      • Die media is ook stil (of dit word as onbelangrik afgemaak)
                        oor party godsdienstige kwessies.
                      • Die etniese suiwering van Myanmar se Rohigya Moslems deur
                        Boeddhiste word selde genoem.
                      • Die opkoms van Hindoe-fundamentalisme in Indië word grootliks
                        geïgnoreer, terwyl fundamentalisme in Christenskap en Islam
                        altyd beklemtoon word.
                      NEE:
                      • Die openbare uitsaaier gee gelyke dekking aan alle groot
                        godsdienste.
                      • Die oggendgebed op TV word op 'n rotasiewyse deur
                        verskillende godsdienste aangebied.
                      • Daar is aangewese TV-kanale vir elke godsdiens, volgens
                        gemeenskapsbehoeftes.
                      • Die Islam-kanaal en die Rhema-kerk is twee voorbeelde
                        hiervan.
                      • Radiokanale bied ook 'n diens vir 'n verskeidenheid
                        godsdienste.
                      • Hindvani, Radio Pulpit, Radio Highway en Radio Al Ansaar is
                        voorbeelde hiervan.
                      • Die Internet het geen perk op die skep van webblaaie wat
                        aan enige godsdiens gewy is nie.                                       (12)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

          3.1.2       • Daar is politieke redes.
                      • Godsdiens is 'n hoogs omstrede politieke kwessie. Die publiek
                        het 'n baie sterk standpunt/houding oor godsdiens, en
                        mediapartydigheid kan so 'n sentiment beïnvloed.
                      • Die media floreer op sensasie aangesien dit koerante/
                        reklameruimte verkoop.
                      • Hulle sal dus partydige dekking gebruik om reaksie uit te lok.
                      • Mediadekking kan partydig wees as gevolg van onkunde oor
                        godsdienstige sake.                                                      (8)

          3.1.3       POSITIEF:
                      • Dit is makliker om inligting oor godsdienstige kwessies, leringe
                        en beslissings te vind.
                      • Dit gee maklike toegang tot godsdienstige materiaal, soos
                        preke, seminare en vergaderings.
                      • Eensgesinde mense kan maklik idees oor godsdiens deel en
                        uitklaar.
                      • Godsdiens het nog altyd op gemeenskapsinteraksie gefokus en
                        die Internet is 'n medium wat maklike toegang vir godsdienstige
                        gemeenskappe bied.
                      • Mense het enige tyd toegang tot podgooie, anders as in die
                        geval van bywoning van godsdienstige funksies op vasgestelde
                        tye.
                      NEGATIEF:
                      • Toegang tot godsdienstige materiaal te enige tyd beteken egter
                        dat die bywoning van godsdienstige byeenkomste nadelig
                        beïnvloed word.
                      • Boonop is daar geen moderering van godsdienstige
                        kommentaar op sosiale media nie. Enige persoon, godsdienstig
                        of niegodsdienstig, kan kommentaar lewer. Hierdie kommentaar
                        kan waar of onwaar wees.
                      • As dit onwaar is, kan dit goedgelowige mense negatief
                        beïnvloed.
                      • As gevolg van anonimiteit op die Internet, kan mense
                        haatspraak plaas en godsdienstige haat aanstig/aanspoor,
                        sonder dat hulle gearresteer word.

                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                       (14)

3.2       3.2.1       • Die moskee en die katedraal is naby aan mekaar. Dit
                        vergemaklik kulturele en godsdienstige interaksie.
                      • Dit is 'n historiese baken.
                      • Dit huisves die Denis Hurley-sentrum.
                      • Die aartsbiskop het vir baie jaar by die katedraal in diens
                        gestaan.                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             8                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

          3.2.2       • World Religions in Concert                                               (2)

          3.2.3       • Om eenheid, verdraagsaamheid en respek onder verskillende
                        godsdienste aan te moedig deur 'n multigodsdienstige konsert
                        te hou.
                      • Om die amptelike opening van die Denis Hurley-sentrum te vier.
                      • Om verskillende godsdienste die geleentheid te gee om hulle
                        talente en gawes te vertoon.
                      • Om die gehoor te vermaak.
                      • Om die diversiteit van godsdienste te toon.                              (6)

          3.2.4       • Die verslag is billik want dit toon die eenheid van verskillende
                        godsdienste om een gemeenskaplike doelwit te vier.
                      • Die verslag toon dat daar harmonie en samewerking tussen
                        godsdienste is.
                      • Die verslag motiveer en maak mense bewus daarvan dat daar
                        eenheid onder godsdienste is.
                      • Die verslag bevorder respek vir alle godsdienste deur die
                        aktiwiteite wat deur verskillende godsdienste opgevoer word, te
                        noem.                                                                    (4)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 4

4.1       JA:
          • Die artikel toon die poging van een godsdiens om ander godsdienste
            te domineer.
          • Hierdie tydperk is deur die Kruistogte gekenmerk, toe Christene oorloë
            teen Moslems en Jode gevoer het.
          • Die Kruistogte was Christelike militêre ekspedisies, spesifiek met die doel
            om Heilige Lande te herower.
          • Hierdie heilige oorloë is deur die kerk goedgekeur.
          • Christene is nie aangeval nie.
          • Dit was ook die tydperk van die Spaanse Inkwisisie.
          • Dit was 'n godsdienstige hof met die oogmerk om bekering na
            Christenskap af te dwing.
          • Dit is dus duidelik dat die konflik hoofsaaklik godsdienstig was.
          NEE:
          • Alhoewel Christene militêre aanvalle op Moslems en Jode uitgevoer het,
            was dit nie primêr 'n godsdienstige konflik nie.
          • Dit het oor politieke en ekonomiese beheer gegaan.
          • Die Christene se oogmerk was nie om mense te dwing om na
            Christenskap te bekeer nie.
          • Dit word geïllustreer deur die feit dat Moslems nie uit die hoofsaaklik
            Christen-gebiede getrek het nie.
          • Jode het ook voortgegaan om tussen die ander godsdienste te woon.
          • Dit dui daarop dat harmonieuse interaksie tussen die mense van die drie
            godsdienste voortgeduur het.                                                        (12)

4.2       4.2.1       Die oorsake van die konflik:
                      VOORBEELD 1: ISRAEL-PALESTINA-KONFLIK
                      • Na die Tweede Wêreldoorlog het Brittanje die Balfour-verklaring
                         uitgereik.
                      • Dit het Palestina 'n Britse Protektoraat gemaak.
                      • Die Palestyne is nooit oor die saak geraadpleeg nie.
                      • Volgens die Balfour-verklaring is dele van Palestynse grond
                         uitgesonder vir die vestiging van Europese Jode.
                      • Jode het aanvanklik grond by Palestyne gekoop, maar later is
                         hulle van hulle grond afgedwing.
                      • Die Jode het in 1948 hulle onafhanklikheid van Palestina
                         verklaar en hulle land Israel genoem.
                      • Jode het almal saam uit Europa en Moslem-lande na die nuwe
                         Joodse staat geëmigreer.
                      • Moslems is gedwing om uit die land wat die Jode Israel genoem
                         het, te vlug.
                      • Die setlaars het spoedig grond wat aan die Palestyne behoort
                         het, ingeneem en laasgenoemde het vlugtelinge geword.
                      • Vandag gaan die Jode voort om nedersettings op
                         gekonfiskeerde Palestynse grond te bou.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            10                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

                      VOORBEELD 2: KONFLIK IN NOORD-IERLAND
                      • Die konflik in hierdie land is intragodsdienstig.
                      • Die konflik is tussen die Katolieke en die Protestante.
                      • Hierdie twee groepe is albei deel van die Christelike godsdiens.
                      • Noord-Ierland is grondwetlik deel van die Verenigde Koninkryk.
                      • Die bevolking is godsdienstig verdeel tussen Protestante en
                        Katolieke.
                      • Party Katolieke in Noord-Ierland baklei al dekades lank vir
                        onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
                      • Noord-Ierland baklei ook vir eenheid met die Republiek van
                        Ierland.
                      • Die Protestante verset hulle daarteen.
                      • Die gevolg is 'n lang en sporadiese burgeroorlog.                        (10)

          4.2.2       Die mate waartoe godsdiens in die konflik betrokke is
                      VOORBEELD 1: ISRAEL-PALESTINA-KONFLIK
                      • Dit is net party Jode wat daarop aanspraak maak dat die grond
                         'n 'Godgegewe reg' is.
                      • Ortodokse Jode verwerp die konsep van 'n Joodse tuisland.
                      • In hierdie geval gebruik Jode godsdiens om die bestaan van 'n
                         Joodse tuisland te regverdig en ook om dit te verwerp.
                      • Dit lei tot laevlak-intragodsdienstige konflik onder die Jode.
                      • Die Israel-Palestina-konflik is egter nie godsdienstig nie, dit
                         gaan oor grond en menseregte.
                      VOORBEELD 2: KONFLIK IN NOORD-IERLAND
                      • Noord-Ierland is grondwetlik deel van die Verenigde Koninkryk,
                         wat grootliks Protestants is.
                      • Noord-Ierland se bevolking is godsdienstig verdeel tussen
                         Protestante en Katolieke, met die Katolieke in die meerderheid.
                      • Party Katolieke in Noord-Ierland baklei al dekades lank vir
                         onafhanklikheid van die Protestantse Verenigde Koninkryk.
                      • Noord-Ierland baklei ook vir eenheid met die Republiek van
                         Ierland.
                      • Die Protestante in beide Ierland en die Verenigde Koninkryk
                         verset hulle teen afskeiding deur die Katolieke.
                      • Die gevolg is 'n lang en gewelddadige intragodsdienstige
                         burgeroorlog.
                      • Die RIRA (Real Irish Republican Army) veg voort vir
                         onafhanklikheid, ofskoon dit op 'n kleiner skaal is.                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            11                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

          4.2.3       Wat godsdienste kan doen om die konflik op te los
                      VOORBEELD 1: ISRAEL-PALESTINA-KONFLIK
                      • Elk van die Abrahamitiese godsdienste moet begrip en respek
                        vir mekaar ontwikkel.
                      • Dit sal tot verdraagsaamheid lei sodat godsdiens nie as 'n
                        verskoning gebruik kan word om mekaar te onderdruk nie.
                      • Hulle moet intergodsdienstige vennootskappe in die onderskeie
                        gemeenskappe aanmoedig, omdat hulle volgens 'n
                        godsdienstige grondslag verdeel is.
                      • Hulle moet gesamentlike gebedsbyeenkomste hou by terreine
                        wat vir elke godsdiens heilig is.
                      • Godsdiens moet nooit gebruik word om die menseregte van
                        mense van ander godsdienste te misbruik nie.
                      VOORBEELD 2: KONFLIK IN NOORD-IERLAND
                      • Dit is 'n intragodsdienstige konflik.
                      • Die Katolieke en die Protestante moet die realiteit dat hulle aan
                        een godsdiens behoort, erken.
                      • Die twee godsdienste moet 'n organisasie vir vrede stig.
                      • Die organisasie moet hierdie twee godsdienstakke insluit.
                      • Die Katolieke en die Protestante moet hulle gemeenskaplike
                        leringe en oortuigings gebruik om 'n oplossing te vind.
                      • Die twee godsdienstige takke moet 'n taakspan stig om
                        vreedsame onderhandelinge met politici te bevorder.                       (8)
4.3       VOORBEELD 1:
          • Pous Johannes Paulus II het in 2000 gepraat oor die noodsaaklikheid van
            vrede in die Midde-Ooste.
          • Hy was die eerste pous om uit 'n godsdienstige perspektief oor 'n politieke
            situasie in die openbaar te praat.
          • Om sy aanvaarding van ander gelowe te simboliseer, het hy die
            Klaagmuur/Westelike Muur in die Joodse kwartier van Jerusalem besoek.
          • Hy het erken dat die Heilige Land ewe heilig vir Moslems, Jode en
            Christene is.
          • In nog 'n simboliese handeling van intergodsdienstige harmonie het Pous
            Johannes Paulus II 'n ongekende apologie vir die Katolieke Kerk se
            sondes van die verlede aangeteken
          • Dit sluit in die ongeregverdigde geweld van die Kruistogte en die
            Inkwisisie.
          VOORBEELD 2:
          • Koning Goodwill Zwelithini is beide 'n Zoeloe-koning en 'n tradisionele
            godsdienstige leier.
          • Alhoewel hy 'n lid van die Anglikaanse kerk is, hou hy ook toesig oor rituele
            van die Afrika Tradisionele Godsdiens. Hy illustreer dat die godsdienste
            komplementêr is.
          • Hy het die Zoeloe-nasie amptelik verteenwoordig by godsdienstige
            byeenkomste van verskeie Christelike denominasies.
          • 'n Voorbeeld is sy besoeke aan die Sheme Kerk.
          • Nog 'n voorbeeld is sy besoek in Mei 2016 aan die Juma Masjid (moskee)
            in Durban, waar hy respek en verdraagsaamheid vir alle gelowe
            beklemtoon het.                                                                       (10)
                                                                                                  [50]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             12                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 5

5.1       5.1.1      •   'n Oortuiging is wat volgelinge van 'n godsdiens glo waar is.
                     •   Dit is die elemente van 'n godsdiens wat dit saambind.
                     •   Dit hang nou saam met godsdienstige rituele.
                     •   Voorbeeld: Christene gedenk deur die Nagmaal die dood en
                         opstanding van Jesus Christus.                                         (6)

         5.1.2       • 'n Ideologie verwys na die algemene wêreldbeskouing wat
                       betekenis aan 'n persoon se bestaan gee.
                     • 'n Ideologie is die breedste kategorie wat gebruik word om die
                       oortuigings van 'n individu te beskryf.
                     • Ideologieë is altyd aanvegbaar.
                     • Voorbeeld: Godsdienstige ideologieë sluit wêreldgodsdienste,
                       soos Boeddhisme en die Afrika Tradisionele Godsdiens in.
                     • Sekulêre ideologieë sluit Kommunisme en Materialisme in.                 (6)

5.2       • Die Tao-te Ching is in een nag deur Lao-tzu, die legendariese stigter
            daarvan, geskryf.
          • Hy is met wit hare gebore.
          • Hy was vir 8 of 80 jaar in sy moeder se baarmoeder.
          • Volgens Tao is dit onmoontlik om godheid volledig te beskryf.
          • Die werking van die heelal is goddelik.
          • Alle dinge kom van wees/bestaan en wees/bestaan kom van nie-wees/nie-
            bestaan.
          • Volgens die Taoïs bestaan alles in die skepping uit twee soorte kragte, die
            Jin en die Jang.                                                                    (10)

5.3       • Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede tree as bemiddelaar by
             samesprekings en ooreenkomste tussen groepe wat in oorlog is, op.
          • Dit help met versoening in gemeenskappe wat as gevolg van etniese en
             politieke verskille in konflik met mekaar is.
          • Dit organiseer 'n wêreldwye netwerk van godsdienstige vroueorganisasies
             en het 'n program om kinders in Afrika wat deur Vigs geaffekteer word, te
             help.
          Dit is toegewyd aan kwessies soos:
          • Konflik en versoening
          • Ontwapening en sekuriteit
          • Ontwikkeling en ekologie
          • Menseregte en verantwoordelikhede
          • Vrede en onderwys/onderrig/opvoeding                                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                          13                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

5.4       • Daar was eenheid onder verskillende godsdienste en denominasies want
            hulle het een gemene doel gehad, naamlik om apartheid uit te roei.
          • Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke is in 1968 gestig sodat Christene die
            Nasionale Party se rassistiese vertolking van die Bybel kon teenstaan.
          • Die Call of Islam is in 1984 gestig.
          • Jews for Justice is in 1985 gestig.
          • Sulke organisasies het gelowige mense teen apartheid verenig.
          • Die Suid-Afrikaanse tak van die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir
            Vrede ('WCPR'), gelei deur mense soos Frank Chikane en Desmond Tutu,
            het in die 1980's en 1990's 'n betekenisvolle rol gespeel.
          • Godsdienstige organisasies was verbind daartoe om die morele
            verantwoordelikheid in gemeenskappe hoog te hou en om die mense aan
            te moedig om in die verkiesings te stem.
          • Voorligtingsessies is oor groot nasionale en internasionale kwessies
            gehou.
          • Dit het saam die Gesondheidsleer-en-Vigs-navorsingsafdeling by die
            Universiteit van KwaZulu-Natal 'n MIV/Vigs-intergodsdienstige Forum
            gestig.                                                                          (12)

5.5       • Program vir Christen-Moslem-verhoudinge in Afrika ('The Programme for
            Christian-Moslem relations in Africa (PROCMURA)')
          • Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika ('The Interfaith Action for Peace in
            Africa (IFAPA)')
          • Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika ('The African Council of
            Religious Leaders (ACRL)')                                                       (6)
                                                                                             [50]

                                                              TOTAAL AFDELING B:             100
                                                                  GRAND TOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2017-memo-eng/d6a7ed38-03f0-48df-95f4-f4af8d1c53b3) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P2 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2017-memo-afr/11d59013-9005-4cb7-b233-be591605a19c) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-english/931bf60c-5a70-46da-bd4e-e8c6403f13d3) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-eng/3bef31a5-56c3-4463-9f4f-4c2dfc2c2941) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-afr/f8faffc4-5ea8-4dc1-b8d4-109e2a95915d) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
