# Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-afr/73e31b4b-bbfd-4bd0-8b09-6dc88ba0463d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-afr/73e31b4b-bbfd-4bd0-8b09-6dc88ba0463d)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                            FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

          1.1.1      'n Gevoel van verbondenheid met die goddelike:

                     A    Versoenend
                     B    Gemeenskap
                     C    Barmhartigheid
                     D    Bekragtig/Aanneem                                                       (1)

          1.1.2      Daar word geglo dat Sangha een van die drie juwele van … is.

                     A    Boeddhisme.
                     B    die New Age-beweging
                     C    Hindoeïsme.
                     D    die Bahá'i-geloof                                                       (1)

          1.1.3      Ekumenies is …

                     A    brood wat by Christen-rituele geëet word.
                     B    'n Jood.
                     C    enige mens wat NIE 'n Jood is NIE.
                     D    om eenheid onder Christene te bevorder.                                 (1)

          1.1.4      Volgens hulle leringe/leerbeginsels is alle godsdienste deel van God
                     se goddelike plan vir die mensdom:

                     A    Islam
                     B    Bahá'i-geloof
                     C    Die Christelike geloof                                                  (1)
                     D    Taoïsme

          1.1.5      Die heilige boek van Boeddhisme is die …

                     A    Ketuvim.
                     B    Mahabharata.
                     C    Tripitaka.
                     D    Nevi'im.                                                                (1)

          1.1.6      Alle godsdienste is paaie na die waarheid en hulle is ewe waar:

                     A    Inklusivisme
                     B    Pluralisme
                     C    Ideologie
                     D    Identiteit                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                  4                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                  NSS

          1.1.7      Die volgelinge van hierdie godsdiens glo dat hulle die 'uitverkore
                     volk' is:
                     A       Christendom
                     B       Bahá'i'-geloof
                     C       Judaïsme
                     D       Islam                                                                     (1)
          1.1.8      Die heilige boek van Islam is die …
                     A       Ou Testament.
                     B       Tora.
                     C       Koran.
                     D       eerste vyf boeke van die Bybel.                                           (1)
          1.1.9      Die volgende godsdienste kommunikeer met die Opperwese deur
                     bemiddelaars/tussenpersone:
                     A       Afrika Tradisionele Godsdiens en Islam
                     B       Afrika Tradisionele Godsdiens en die Christendom
                     C       Hindoeïsme en Boeddhisme
                     D       Judaïsme en Islam                                                         (1)
          1.1.10     Alle wêreldprosesse bestaan uit twee kragte:
                     A       Manlik en vroulik
                     B       Afneming en die dood
                     C       Waarsêer en mag
                     D       Jin en jang                                                               (1)
1.2       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as een keer gebruik
          NIE.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
          1.2.1      Boeddhisme               A   nakoming/volg van die Vyf Pilare

          1.2.2      Afkoms/Stamboom B            'n stelselmatige proses om geldige
                                                  antwoorde te ontdek
          1.2.3      Swami
                                              C   'n sterk mening/sienswyse, oortuiging
          1.2.4      Ritueel
                                              D   hoof van Hindoe-skole en -tradisies
          1.2.5      Oortuiging
                                              E   die skakel tussen voorouers en lewendes
          1.2.6      Islam
                                              F   godsdienstige onderhouding wat bedoel is
                                                  om aan 'n heilige gebeurtenis te herinner

                                              G   daar is geen god sentraal tot hulle geloof/
                                                  oortuigings en leringe/leerbeginsels nie
                                                                                       (6 x 1)         (6)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               5                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

1.3       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
          Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die stigter van Boeddhisme was … en hy staan as die Boeddha
                     bekend.                                                                          (2)
         1.3.2       Die Moslem godsdienstige leier wie se gesag vermoedelik van
                     Profeet Mohammed afkomstig is, is die …                                          (2)
         1.3.3       In die Hindoe-samelewing staan die hoogste kas/stand/klas as die
                     priesterkas/-klas/-stand of die … bekend.                                        (2)
         1.3.4       Die Koningin van Engeland is die erflike hoof van die … Kerk.                    (2)
         1.3.5       In die Afrika Tradisionele Godsdiens word die spesiale mense wat
                     deur hulle voorvaders opgeroep word om die lewendes te genees,
                     … genoem.                                                                        (2)

1.4       In die konteks van godsdiens, definieer die volgende terme in TWEE sinne:
          1.4.1      Politeïsme                                                                       (2)
          1.4.2      Ideologie                                                                        (2)
          1.4.3      Reïnkarnasie                                                                     (2)
          1.4.4      Nirvana                                                                          (2)
          1.4.5      Sekte                                                                            (2)

1.5       Dui aan of ELK van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee 'n rede
          indien die stelling onwaar is. Skryf 'waar' of 'onwaar' en die rede langs die
          vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
          1.5.1       Die Doop is 'n geestelike dissipline wat asembeheersing,
                      eenvoudige meditasie en spesifieke liggaamshoudings insluit.                    (2)
          1.5.2       By die Abrahamitiese gelowe is spontaneïteit en buigsaamheid die
                      kenmerke van die pad waarlangs die heelal reis.                                 (2)
          1.5.3       Die Tien Gebooie is aan Jesus Christus onthul.                                  (2)
          1.5.4       Die woord 'onsterflik' beteken om vir altyd te lewe of onsterflik.              (2)
          1.5.5       Die Boek van Mormon is een van die heilige tekste van die
                      Bahá'i-geloof.                                                                  (2)

1.6       Beskryf kortliks in TWEE sinne ELK van die volgende soos dit op die studie
          van godsdiens van toepassing is:
          1.6.1       Doktrine/Leerstelling                                                           (2)
          1.6.2       Mite                                                                            (2)
                                                                   TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              6                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       In die konteks van godsdiens, skryf EEN feit oor ELK van die volgende
          terme/begrippe en gee EEN voorbeeld om die betekenis daarvan te illustreer:

          2.1.1       Verskil                                                                 (4)

          2.1.2       Leringe/Leerbeginsels                                                   (4)

          2.1.3       Dharma                                                                  (4)

          2.1.4       Sinkretisme                                                             (4)

          2.1.5       Eksklusivisme                                                           (4)

2.2       Noem enige DRIE unieke eienskappe van ELK van die volgende godsdienste:

          2.2.1       Christendom/Christelike godsdiens                                       (6)

          2.2.2       Taoïsme                                                                 (6)

          2.2.3       Afrika Tradisionele Godsdiens                                           (6)

2.3       Bespreek die belangrikheid van uniekheid in godsdiens.                              (12)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              7                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 3

3.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      BEGRAFNIS VAN 'N VRYHEIDSTRYDHELD

Professor Jonathan Jansen, Visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat, het
hierdie week die spyker op die kop geslaan met 'n pragtige boodskap op Facebook.
Die boodskap bring hulde aan Ahmed Kathrada, die held van die vryheidstryd wat
hierdie week oorlede is. Jansen herinner ons aan hoe uniek en buitengewoon
Suid-Afrika is.

Hy het geskryf: 'Wys my nog 'n land waar die Anglikaanse Aartsbiskop by 'n Moslem-
begrafnis bid; waar 'n wit man die verrigtinge lei om 'n leier van 'n swart
vryheidsbeweging te onthou; waar 'n sittende president van 'n ontwikkelende land in
'n brief deur die oorlede ringkop van sy eie party, aangesê word om uit te tree; waar
die weduwee van die swart man wat begrawe word, 'n wit vrou is wat haar lewe aan
die vryheidstryd gewy het; en waar Christen, Moslem, Jood, Hindoe en ander gelowe
in 'n breë strook van die Suid-Afrikaanse samelewing saamgekom het om 'n man te
onthou wat vir ons almal geveg het. Waar daar op en van die verhoog af geen rasse-
of etniese of godsdienstige groep die geleentheid gedomineer het nie.'

'Vir 'n oomblik, net 'n oomblik, het dit goed gevoel om weer te hoop …'

                                                    [Aangepas uit http://News 24/ahmedkathrada.
                                                             Toegang op 30 Maart 2017 verkry.]

          3.1.1       Watter lesse leer hierdie boodskap vir ons? Gee bewyse uit die
                      uittreksel om jou antwoord te ondersteun.                                       (12)

          3.1.2       Bespreek enige DRIE redes wat, volgens die boodskap, Suid-
                      Afrika uniek maak.                                                              (12)

          3.1.3       Die laaste reël van die boodskap is: 'Vir 'n oomblik, net 'n oomblik,
                      het dit goed gevoel om weer te hoop …'

                      Wat, dink jy, het Jansen hiermee bedoel?                                        (6)

          3.1.4       Noem DRIE voordele en DRIE nadele van godsdienstige
                      organisasies se gebruik van die sosiale media. (6 x 2)                          (12)

3.2       Waarom, dink jy, is die media gewoonlik bevooroordeeld met betrekking tot
          die dekking van godsdienstige kwessies?                                                     (8)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              8                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 4

4.1       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGE TANS EN IN DIE VERLEDE

          Toe die wit man na ons land toe gekom het, het hy die Bybel en ons die grond
          gehad.' Die wit man het vir ons gesê: 'Laat ons bid.' Na die gebed het die wit
          man die grond gehad en ons die Bybel. (Dube, MW [2000]. Postcolonial
          Feminist Interpretation of the Bible [St. Louis, Chalice Press])

                                              [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]

          4.1.1       In die konteks van die stelling hierbo, verduidelik kolonialisme.                 (4)

          4.1.2       Stem jy saam met Dube se vertolking van sendingwerk?
                      Gee redes vir jou antwoord.                                                       (12)

          4.1.3       Vergelyk     die    terme     intergodsdienstige   dialoog    en
                      intragodsdienstige dialoog en gee EEN voorbeeld in ELKE geval.                    (8)

4.2       Noem EEN organisasie wat werk om intergodsdienstige verhoudinge in Afrika
          te bevorder. Noem enige SEWE van hulle prestasies.                                            (16)

4.3       Bespreek kortliks die agtergrond en hoofdoelwit van die organisasie wat jy in
          VRAAG 4.2 genoem het.                                                                         (10)
                                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            9                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

VRAAG 5

5.1       Noem enige VIER bydraes deur die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir
          Vrede wat intergodsdienstige harmonie bevorder.                                         (8)

5.2       Met verwysing na enige van die godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek
          godsdienstige leringe/leerbeginsels wat goeie moraliteit/sedelikheid bevorder.          (10)

5.3       Analiseer krities die rol wat godsdienste in die stryd teen apartheid in Suid-
          Afrika gespeel het.                                                                     (12)

5.4       Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                        MENSEREGTE EN -VERANTWOORDELIKHEDE

          Die konsep van menseregte bestaan alreeds vir eeue lank. Die behoefte om
          'n internasionale ooreenkoms oor menseregte in te stel, het teen die einde
          van die Tweede Wêreldoorlog dringend geword.

                                                   [Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12]

          5.4.1       Wat impliseer die konsep van godsdiensvryheid?                              (4)

          5.4.2       Verduidelik wat onder menseregte verstaan word.                             (4)

          5.4.3       Verduidelik hoe verskillende godsdienste prakties betrokke is by
                      die bevordering van godsdienstige vryheid, menseregte en
                      verantwoordelikhede.                                                        (12)
                                                                                                  [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               100
                                                                     GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-afr/92eec3e8-de98-4180-8ebc-024f5f073c5c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-eng/fc4c4e80-956f-41ae-9fb2-494dc91e6e29) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-afr/85472447-503e-4904-b82e-065ddb9e505f) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-eng/94024101-e483-4c27-9976-5e49865b4fd1) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-afr/0f2ae035-f078-4718-bea0-c058d556d258) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
