# Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-afr/92eec3e8-de98-4180-8ebc-024f5f073c5c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-afr/92eec3e8-de98-4180-8ebc-024f5f073c5c)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1       1.1.1      B√                                                                          (1)
          1.1.2      A√                                                                          (1)
          1.1.3      D√                                                                          (1)
          1.1.4      B√                                                                          (1)
          1.1.5      C√                                                                          (1)
          1.1.6      A√                                                                          (1)
          1.1.7      C√                                                                          (1)
          1.1.8      C√                                                                          (1)
          1.1.9      B√                                                                          (1)
          1.1.10     D√                                                                          (1)
1.2       1.2.1       G√                                                                         (1)
          1.2.2       E√                                                                         (1)
          1.2.3       D√                                                                         (1)
          1.2.4       F√                                                                         (1)
          1.2.5       C√                                                                         (1)
          1.2.6       A√                                                                         (1)
1.3      1.3.1       Siddhartha Gautama√√                                                        (2)
         1.3.2       Kalief√√                                                                    (2)
         1.3.3       Brahmaan/Smartas√√                                                          (2)
         1.3.4       Anglikaans√√                                                                (2)
         1.3.5       Waarsêers/Izangoma/Amagqirha √√                                             (2)
1.4       1.4.1       Dit is 'n geloof in baie opperwesens.√
                      Dit kan ook baie manifestasies van een God beteken. √                     (2)
          1.4.2       'n Plaasvervanger vir godsdiens√
                      Dit is 'n stelsel of 'n stel gelowe/oortuigings.√
                      Waardes en opinies wat die manier waarop 'n mens of 'n groep
                       optree en dink, bepaal. √
                      Dit is die wetenskap van idees. √                                         (2)

          1.4.3       Hulle glo dat 'n wese oor en oor in 'n volgende lewe gebore
                       word.√
                      Die hergeboorte van die siel of gees in 'n nuwe liggaam. √                (2)

          1.4.4       Dit is die aanvaarding van dinge soos wat dit is.√
                      'n Mens in Nirvana kan besluite en keuses maak, nie uit
                       emosionele verwarring en lyding nie, maar uit 'n posisie van weet
                       wat die gevolge van sy of haar dade sal wees. √                           (2)
          1.4.5       'n Klein godsdienstige groepie. √
                      Dit word deur hoofstroomgodsdiens as afwykend van die
                       oorspronklike leringe/leerbeginsels beskou. √                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             3                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

1.5       1.5.1       Onwaar, √ joga is 'n geestelike dissipline wat asembeheersing,
                      eenvoudige meditasie en spesifieke liggaamshoudings insluit. √
                      Die Doop is 'n sakrament waar 'n bekeerde 'n volwaardige lid van
                      'n spesifieke Christengemeenskap word.                                     (2)

          1.5.2       Onwaar,√ by Taoïsme is spontaneïteit en buigsaamheid die
                      kenmerke van die pad waarlangs die heelal reis.√                           (2)

          1.5.3       Onwaar,√ die Tien Gebooie is aan Moses onthul.                             (2)

          1.5.4       Waar.√√                                                                    (2)

          1.5.5       Onwaar,√ dit is 'n heilige teks van die Heiliges van die Laaste
                      Dae.√
                      Onwaar, die heilige teks van die Bahá'i-geloof word Kitab-i-Aqdas
                      genoem.                                                                    (2)

1.6       1.6.1        Dit is 'n stel godsdienstige gelowe/oortuigings of beginsels. √
                       Dit is 'n ander woord vir 'lering/leerbeginsel'. √
                       Dit verskaf die sentrale verwysingsraamwerk vir 'n godsdiens. √          (2)

          1.6.2        Dit kom van die Griekse woord, 'mythos', wat 'woord' of 'fabel'
                        beteken.√
                       Dit is daardie godsdienstige stories waarin groot waarhede oor
                        die lewe onthul word.√
                       Dit is heilige stories wat verduidelik waarom die wêreld is soos
                        dit is en die aard van die menslike ervaring/ondervinding. √             (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A                50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
VRAAG 2
2.1       2.1.1        Verskil is die teenoorgestelde van eendersheid/ooreenkoms.
                       Dit kan gebruik word om tussen spesifieke godsdienste te
                        onderskei.
                       Voorbeeld: Christene glo dat die Messias alreeds na die wêreld
                        toe gekom het terwyl diegene wat die Joodse geloof aanhang
                        steeds op die Messias wag.                                               (4)

          2.1.2        Leringe/Leerbeginsels kom van die werkwoord 'om te
                        leer/onderrig', d.i. om kennis oor te dra.
                       In die konteks van godsdiens, verwys dit na die oordra van
                        kennis, waardes, gesindhede/houdings en norme.
                       Leringe/Leerbeginsels kommunikeer die dieper betekenis van
                        die wêreld en hoe die lewe werk.
                       Leringe/Leerbeginsels beteken ook om stelselmatige inligting
                        oor 'n onderwerp te gee.
                       In sommige godsdienste is leringe/leerbeginsels hoogs
                        betekenisvol terwyl dit in ander van minder betekenis is.
                       Voorbeeld: Boeddhisme is baie minder geneig om klem te lê op
                        stelselmatige lerings/leerbeginsels as die meeste Christelike
                        groepe.                                                                  (4)
          2.1.3        Dit is die weg van Hoër Waarhede.
                       Dharma dui op die universele wette wat die kosmos onderhou
                        die kosmos.
                       Dit is ook die weg van die doktrines in die Boeddhistiese
                        godsdiens.
                       Dharma bevat die leringe/leerbeginsels van Boeddha.
                       Dharma integreer sekere konsepte in hulle betekenis.
                       Byvoorbeeld:     Regverdigheid,   deugsaamheid,      moraliteit,
                        geregtigheid, wette en pligte.                                           (4)
          2.1.4        Sinkretisme is 'n staat waarin twee verskillende geloof-/
                        oortuigingstelsels gekombineer word om een te vorm.
                       Dit kan in die Inheemse Afrika-Kerke gevind word waar die
                        Christelike godsdiens met die Afrika Tradisionele Godsdiens
                        gekombineer word.
                       Nog 'n voorbeeld is Sikhisme wat Hindoeïsme en Islam
                        kombineer.                                                               (4)
          2.1.5        Dit is waar 'n volgeling glo dat slegs sy/haar beskouing van
                        goddelikheid waar is.
                       In hierdie geval glo die volgeling dat ander godsdienstige
                        beskouings wat van syne/hare verskil, onwaar is.
                       Byvoorbeeld in die Christelike godsdiens: Daar word geglo dat
                        Jesus Christus die enigste EEN is wat die weg en die waarheid
                        is en dat Hy self God is.                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

2.2       2.2.1       Christendom
                       Christene glo dat God Sy Seun, Jesus Christus, gestuur het om
                        die wêreld van sonde te red, sodat die mensdom vir ewig
                        kan lewe.
                       Christene glo dat Jesus God se Seun is.
                       Christene glo en leer/onderrig dat Jesus uit die dood opgestaan
                        het nadat Hy gekruisig is.
                       Jesus is die enigste ware Messias wat God na die aarde
                        gestuur het en dat Hy eendag weer sal kom.                              (6)

          2.2.2       Taoïsme
                       Volgens Taoïsme verwys goddelikheid na enige wese of
                        voorwerp wat goddelik of god-agtig is.
                       Die Tao waarvan vertel kan word, is die ewige Tao.
                       Volgens Taoïsme kom alle dinge van bestaan/wees, en
                        wees/bestaan kom van nie-wees/nie-bestaan.
                       Alles bestaan uit twee dinge: Jin en Jang.                              (6)

          2.2.3       Afrika Tradisionele Godsdiens
                       In die Afrika Tradisionele Godsdiens is daar geen spesiale dag
                         van aanbidding nie.
                       Die klem is op praktyk.
                       Individualisme word ontmoedig; dit word as onmenslik beskou
                         (gemeenskaplike manier van lewe).
                       Die morele orde in die Afrika Tradisionele Godsdiens word deur
                         die konsep van ubuntu gekenmerk.
                       Hulle glo aan voorvaders.                                               (6)

2.3        Uniekheid in 'n godsdiens help die lede om te verduidelik waarom hulle
            daardie godsdiens gekies het.
           Uniekheid help die lede om hulle geloof te versterk.
           Dit help lede ook om te identifiseer wie behoort en wie nie behoort nie.
           Uniekheid van verskillende godsdienste help om die groter samelewing
            met waardes en moraliteit te verryk.
           Uniekheid gee gelowiges redes oor waarom hulle godsdiens die 'beste' is.
           Dit verskaf die eienskappe wat elke godsdiens van 'n volgende een
            onderskei.
           Uniekheid versterk die eenheid van die lede in 'n spesifieke godsdiens.             (12)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                6                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1

          3.1.1       Dit leer ons dat Suid-Afrikaners verenig kan wees, al het 'n
                       apartheid verlede.
                      Godsdiens moet nie 'n krag wees wat verdeeldheid saai nie.
                      Dit blyk uit die feit dat groot getal godsdienste wat by die begrafnis
                       geakkommodeer is.
                      Ons moet nooit volgens ras verdeeld wees nie: ons moet mekaar
                       as mense beskou.
                      Dit word getoon deur die feit dat Kathrada met 'n wit vrou getroud
                       was in 'n tyd toe huwelike oor die kleurgrens heen, onwettig was.
                      'n Persoon wat groot opofferinge vir die mensdom gemaak het, sal
                       altyd erken en gerespekteer word.
                      Dit is duidelik want baie politieke organisasies, rassegroepe en
                       godsdienste het eerbied aan Kathrada betoon.
                      Geen rassegroep moet 'n ander een domineer nie. Dit sal
                       rasseharmonie bring
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                            (12)

          3.1.2       Daar is uiterste respek en verdraagsaamheid vir godsdienstige
                       verskille.
                      Dit word getoon deur die feit dat 'n Anglikaanse Aartsbiskop by 'n
                       Moslem-begrafnis gebid het.
                      Baie godsdienste is verteenwoordig.
                      Rasseverskille is oorkom.
                      Rassestereotipes is uitgedaag aangesien Kathrada se vrou wit
                       was en 'n aktivis in die vryheidsbeweging.
                      Vryheid van spraak is eerbiedig.
                      Ahmed Kathrada se wens dat die President van die land moet
                       uittree, is hardop by die begrafnis gelees.
                      Suid-Afrikaners onthou en eerbiedig die opofferinge wat een van
                       Suid-Afrika se veterane in die vryheidstryd van ons land gemaak
                       het.
                      Dit is waarom die begrafnis deur mense van alle rasse en
                       godsdienste bygewoon is.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                            (12)

          3.1.3       Daar is soveel negatiwiteit oor Suid-Afrika ten opsigte van sy
                       ekonomiese en politieke uitdagings.
                      Ten spyte hiervan het Ahmed Kathrada se begrafnis geïllustreer
                       dat rasse- en godsdienstige verskille oorkom kan word.
                      Solank daar hoop is, sal mense strewe na 'n beter Suid-Afrika.
                      Alhoewel ons teen die oormag stry, is daar hoop dat ons hierdie
                       uitdagings sal oorkom.                                                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               7                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

          3.1.4      Voordele
                      Sosiale media gee opgedateerde inligting aan die publiek.
                      Godsdienstige organisasies kan sosiale media gebruik om
                       hulleself te bevorder.
                      Verskillende godsdienste kan die media gebruik om hulle
                       aktiwiteite aan te kondig, bv. Paasfeesvieringe by die Christelike
                       geloof, Diwali-vieringe by Hindoeïsme.
                      Individue kan ook hulle opinies oor verskillende aspekte van die
                       lewe lug.
                      Sosiale media help om te verseker dat boodskappe wat vir
                       spesifieke dele van die gemeenskap bedoel is, diegene vir wie dit
                       bedoel is, bereik.
                      Hulle kan ook die media gebruik om boodskappe van hoop aan die
                       hele nasie oor te dra.                                                     (6)
                     Nadele
                      Dit kan radikale persoonlike menings bevorder wat belangrike
                       godsdienstige kwessies negatief kan beïnvloed.
                      Dit kan 'n doeltreffende instrument vir godsdienstige propaganda
                       wees.
                      Dit kan agteruitgaan van morele waardes in die samelewing
                       veroorsaak aangesien kinders maklike toegang tot ongewenste
                       materiaal kan kry.
                      mense kan ook verslaaf raak aan die media en selfgesentreerde
                       lewens lei.                                                                (6)

3.2        Verslaggewers het dikwels nie die spesialis kennis om godsdienstige
            kwessies te interpreteer nie.
           Die media vertrou op generering van inkomste. Daarom doen hulle
            selektief verslag oor kwessies wat koerante sal verkoop.
           Redakteursbesluite word deur politieke belange beïnvloed.
           Adverteerders beïnvloed ook hoe godsdienstige kwessies in die media
            gedek word.
          LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.                                   (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              8                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       4.1.1        Kolonialisme is beleid of praktyk waar 'n welgestelde of magtige
                        nasie beheer handhaaf oor ander lande/nasies.
                       Volgens die uittreksel verwys die kolonialisme na wit mense se
                        vat van grond sonder die toestemming van die inheemse
                        inwoners.
                       Kolonialiste het die grond gesteel onder die voorwendsel van
                        godsdiens.
                       Kolonialiste het godsdiens gebruik om inheemse mense te
                        onderdruk (beheer).
                       Kolonialiste het gebed en die Bybel gebruik om grond by die
                        eienaars weg te neem.                                                      (4)

          4.1.2       JA
                       Die meerderheid Afrikaners in ons land is Christene.
                       Dit is die invloed van Christen-sendelinge.
                       Hulle besit egter nie die grond nie, hulle is soos buitelanders in
                         hulle eie land.
                       Die swartes, wat die meerderheid mense in Suid-Afrika vorm,
                         word uit die ekonomie van die land uitgesluit omdat hulle geen
                         grond het nie.
                       Die meeste swart Suid-Afrikaners bly in informele nedersettings
                         wat geen infrastruktuur het nie omdat die eienaarskap van die
                         grond bevraagteken word.
                       Die wit monopolistiese kapitaliste is die grondbesitters in ons
                         land. Hulle het onwettige metodes gebruik om grond by
                         inheemse swartes te vat.
                       Die Christelike geloof is as 'n instrument gebruik om grond wat
                         aan die Afrikane behoort het, te vat.
                      NEE
                       Sendelinge het gekom om die Evangelie van Christus te
                         versprei.
                       Sendelinge het gesondheidsdienste ingestel.
                       Hulle het ook onderwys/onderrig ingestel en skole gebou.
                       Die wit man het tegnologie tot almal se voordeel gebring.
                       Hulle het die ontwikkeling van inheemse tale gefasiliteer en die
                         Bybel in verskillende Afrikatale vertaal.
                       Dit wys dat hulle opreg met die bevordering van die godsdiens
                         was.
                       Die kwessie van grondeienaarskap is 'n komplekse een met
                         party grond wat aan stamowerhede behoort.
                       Individuele eienaarskap van daardie grond is nie toelaatbaar
                         nie.
                       Die regering is steeds besig om die grondeiskwessie te hanteer.            (12)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            9                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

          4.1.3        Intergodsdienstige dialoog verwys na die kommunikasie tussen
                        twee of meer godsdienste.
                       Intragodsdienstige dialoog vind plaas tussen twee of meer
                        vertakkinge van dieselfde godsdiens.
                       Intergodsdienstige dialoog vind plaas oor sake van
                        gemeenskaplike belang en spesifieke kwessies waarby
                        verskillende godsdienste betrokke raak indien nodig.
                       Intragodsdienstige dialoog vind plaas wanneer die vertakkinge
                        van dieselfde godsdiens betrokke raak by sake van
                        gemeenskaplike belang en ander kwessies nodig is om
                        bespreek te word.
                       'n Voorbeeld van intragodsdienstige dialoog is die dialoog
                        tussen die Katolieke en Protestante vertakkings van die
                        Christendom deur die Lutherse Wêreldraad.
                       'n Voorbeeld van intergodsdienstige dialoog is die
                        Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede wat in 1961
                        gestig is.                                                             (8)

4.2       VOORBEELD 1: Naam van die Organisasie
          Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA)
          Prestasies:
            Bring godsdienstige gemeenskappe, burgerlike samelewing, private sektor
             en regerings bymekaar.
            Sluit verskillende godsdienste in, bv. Afrika Tradisionele Godsdiens,
             Christelike godsdiens, Judaïsme, Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme en
             Bahá'i-geloof.
            Was in staat om hulle afvaardiging na die konflikgebiede toe te stuur.
            Hulle lede kon ook konflikterende groepe bymekaarbring om begrip en
             samewerking te bevorder.
            Die lede van hierdie organisasie kon deel van die wetgewende
             verkiesingsproses in Togo wees.
            Hulle kon uitruilbesoeke tussen landmynslagoffers en -oorlewendes uit
             Ethiopië, Suid-Soedan en Uganda organiseer.
            Hulle kon ook deelneem aan die Wêreld- Sosiale Forum wat in 2007 in
             Kenia gehou is.
            Hulle het ook 'n afvaardiging vroue na Noorse lande gestuur.
            Hulle het die IFAPA-vrouenetwerk suksesvol gestig.
            Hierdie organisasie kon die Nakanyonyi Youth Consultation Forum
             organiseer.

          VOORBEELD 2: Naam van die Organisasie
          African Women of Faith Network
          Prestasies:
           Hulle kon 'n paar probleme in Afrika, soos armoede en siekte, oplos.
           Hulle het 'n belangrike bydrae tot die oplos van konflik in Afrika gemaak.
           Hulle het tot verandering en ontwikkeling in Afrika bygedra.
           Hulle was suksesvol met die hantering van armoede en 'n gebrek aan
             onderwys waarvoor vroue in Afrika-gemeenskappe te staan kom.
           Hulle het hard daaraan gewerk om vroue op te hef deur hulle vaardighede
             te leer en hulle finansieel te ondersteun.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           10                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

           Hulle het ook hard gewerk om vroue oor hulle menseregte op te voed.
           Hulle het 'n belangrike bydrae tot die stryd teen die MIV-en-Vigs-pandemie
            te maak.
           Hulle het daarin geslaag om 'n belangrike bydrae tot vrede en geregtigheid
            in Afrika as 'n geheel te maak.
          LET WEL: Ander Afrika-gebaseerde organisasies moet gekrediteer word.                  (16)

4.3       Interfaith Action for Peace in Africa
            Dit is 'n pan-Afrika niewinsgewende organisasie.
            Dit is in 2002 gestig.
            Hierdie organisasie is gestig om godsdienstige gemeenskappe regoor
             Afrika te verenig.
            Hierdie organisasie is ook gestig om samewerking tussen godsdienste
             te bevorder.
            Dit is ook geïnisieer om die pogings van verskillende godsdienste om vir
             vrede op die Afrika-kontinent te werk, te kombineer.
            Hierdie organisasie het sterk bande met die Raad vir Godsdienstige Leiers
             in Afrika (ACRL).
            Die organisasie bestaan uit vroue van verskillende godsdienstige
             organisasies.
            Dit is gestig/gevorm sodat vroue 'n bydrae tot verandering en ontwikkeling
             kan maak.
            Die organisasie is gevorm om sosio-ekonomiese probleme in Afrika op
             te los.
            Die African Women of Faith Network is gestig om lede regoor die kontinent
             in te sluit.                                                                       (10)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            11                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1        Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WCRP) het in baie
            verskillende lande van die wêreld vertakkinge wat saamstaan teen die
            gebruik van godsdiens om geweld en menslike lyding te ondersteun.
           Die Europese Raad vir Godsdienstige Leiers, by die WCRP geaffilieer, het
            'n ernstige beroep op alle godsdienstige leiers van alle gelowe gedoen om
            hulle bes te doen om die voortgaande geweld en terreur, wat in die naam
            van God uitgevoer word, te verwerp.
           Die WCRP en sy geaffilieerdes het sterk gereageer op die publikasie van
            spotprente wat deur Moslems as aanstootlik beskou word.
           Die Western Europe Interfaith Youth Organisation het deur die
            ontwikkeling van 'n intergeloofsnetwerk hulle doelwit bereik en 'n aktiewe
            rol gespeel in die vordering tot wêreldvrede.
           Daar word algemeen onder godsdienstige groepe aanvaar dat daar
            nou meer godsdienstige verdraagsaamheid as vantevore is as gevolg van
            die WCRP.
          LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.                                    (8)

5.2        In die Afrika Tradisionele Godsdiens plaas die beginsel van ubuntu die
            behoeftes van die gemeenskap bo die van die individu. Dit verseker goeie
            moraliteit, aangesien 'n mens nie ander mag leed aandoen nie.
           In die Christelike godsdiens praat die Tien Gebooie van skadelike optrede
            wat verbode is.
           Dit lei tot goeie moraliteit, bv. 'Jy moet jou medemens lief hê soos jouself'.
           Islam verkondig die volgende: 'And in their wealth and possession there
            was due share for the beggar and for one who is denied (goods).'/'In hulle
            rykdom en besittings was daar 'n deel wat die bedelaar en iemand wat
            ontsê is, toekom.'
           Hierdie lering/leerbeginsel moedig omsien na die armes aan deur middel
            van verpligte liefdadigheid.
           Volgens Boeddhisme word aanbidders geleer om hulle te weerhou van
            leuens vertel en om op 'n goedhartige en doelgerigte manier te praat.
           Volgens Hindoeïsme moet jy 'speak words that are truthful, pleasant,
            beneficial, and not causing distress or anxiety, as well as the study and
            recitation of scriptures – this is austerity of speech' ('woorde spreek wat
            eerlik, aangenaam, voordelig is wat nie stres en angs veroorsaak nie en jy
            moet die geskrifte bestudeer en resiteer – dit is soberheid van spraak') –
            BG 17.15.
          LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.                                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           12                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

           Daar was baie meer intergeloofsamewerking gedurende die
            apartheidsjare.
           Alle godsdienste het een gemeenskaplike vyand gehad, apartheid.
           As 'n imam tydens aanhouding gesterf het, het Jode, Christene, Hindoes
            en andere aan die verset deelgeneem, net soos hulle dit vir hulle eie
            mense sou gedoen het.
           Die Suid-Afrikaanse vertakking van die Wêreldkonferensie van
            Godsdienste vir Vrede (WCRP), gelei deur Rev. Frank Chikane en
            Aartsbiskop Desmond Tutu, het 'n belangrike rol gespeel.
           Verskillende godsdienste het gesamentlike gebedsamekomste gehou om
            vir goddelike ingryping te pleit.
           Godsdienstige eiendom, bv. kerkgeboue, is vir politieke samekomste
            gebruik.
           Godsdienstige gemeenskappe het openbare optogte teen apartheidswette
            gelei en daaraan deelgeneem.
           Anti-apartheidsgroepe het die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, wat in
            1968 gestig is, ingesluit.
           Die oproep van Islam is in 1984 gestig.
5.3        Jode vir geregtigheid is in 1985 gestig.                                          (12)

5.4       5.4.1        Die konsep van godsdiensvryheid impliseer dat almal oral die
                        vryheid van keuse het om oor God te glo wat hulle wil.
                       Dit beteken ook dat mense nie gedwing kan word om na 'n
                        ander godsdiens te bekeer nie.
                       In Suid-Afrika geniet mense godsdiensvryheid en die
                        Konstitusie verbied onregverdige diskriminasie.                       (4)

          5.4.2        Die konsep 'menseregte' bestaan glo al vir eeue lank.
                       Menseregte verwys na die inherente menswaardigheid van
                        mense.
                       Menseregte is belangrik aangesien dit mense teen uitbuiting
                        beskerm.
                       Menseregte is belangrik aangesien dit die gelykheid van elke
                        mens erken.
                       Menseregte      gee     mense      spesifieke      regte  en
                        verantwoordelikhede.                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            13                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

          5.4.3        In Suid-Afrika gebruik alle godsdienste die geleentheid wat deur
                        die regering gegee word om aan staatsake deel te neem.
                       'n    Voorbeeld      hiervan    is   die    NRLF      (Nasionale
                        Godsdiensleiersforum) wat advies gee oor sosiale uitdagings en
                        godsdienstige sake.
                       Katolieke en Moslems bid saam in 2016 in Durban om
                        godsdienstige verdraagsaamheid godsdiensvryheid te toon.
                       Pous Johannes Paulus II het ook die Palestynse en Joodse
                        gemeenskappe besoek om oor godsdiensvryheid en
                        verdraagsaamheid te preek.
                       Die humanitêre organisasie Gift of die Givers is 'n
                        intergodsdienstige organisasie wat liefdadigheidswerk in alle
                        godsdienstige groepe doen.
                       In konflikgebiede, soos Soedan, is godsdienstige organisasies
                        betrokke om 'n oplossing te vind teen 'n regering wat
                        menseregte misbruik.
                       Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA) stuur altyd
                        afgevaardigdes as waarnemers na die meeste algemene
                        verkiesings in Afrika.
                       Alle godsdiens moedig hulle volgelinge aan om die
                        lering/leerbeginsel te volg wat menseregte bevorder.                     (12)
                                                                                                 [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               100
                                                                    GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-eng/fc4c4e80-956f-41ae-9fb2-494dc91e6e29) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-memo-afr/82c1d8a1-c1b9-4788-b0a9-476aedcac520) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-memo-eng/573b938f-ac17-4529-a6e0-6d83bdb1ea3e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr/eff61a9e-152f-4d57-a950-5b7ac4c33aec) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr-1/5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
