# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/bd0105b4-f284-444e-b919-6c59288291c1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/bd0105b4-f284-444e-b919-6c59288291c1)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2022

                    RELIGIESTUDIES V1
                      NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 RELIGIESTUDIES V1              (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1   1.1.1    C – Hervormde Judaïsme √                                       (1)

       1.1.2    D – Die Bahá’i Geloof √                                        (1)

       1.1.3    C – Enige persoon wie nie ŉ Jood is nie √                      (1)

       1.1.4    C/D – Boeddhisme / Taoïsme √                                   (1)

       1.1.5    C – Smartas √                                                  (1)

       1.1.6    B – Vergelykbaarheid √                                         (1)

       1.1.7    B – Normatiewe stelling √                                      (1)

       1.1.8    C – Evolusie √                                                 (1)

       1.1.9    D – Judaïsme en Islam √                                        (1)

       1.1.10 C – Geloof in voorvaders √                                       (1)

 1.2   1.2.1    F√                                                             (1)

       1.2.2    H√                                                             (1)

       1.2.3    A√                                                             (1)

       1.2.4    B√                                                             (1)

       1.2.5    C√                                                             (1)

       1.2.6    D√                                                             (1)

 1.3   1.3.1    Waarsêer √
                Die ander is vorme van aanbidding. √                           (2)

       1.3.2    Tao √
                Die ander is sleutelkonsepte in godsdiens. √                   (2)

       1.3.3    Ateïsme √
                Die ander is oortuigings./ √ OF
                Sinkretisme
                Die ander verwys na die aard van goddelikheid.                 (2)

       1.3.4    Godsdiensvryheid √
                Die anders behoort aan spesifieke godsdienste.                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 RELIGIESTUDIES V1                                      3

        1.3.5    Sondag √
                 Die ander is verwant aan Afrika Tradisionele Godsdiens / sosiale
                 struktuur √                                                             (2)

 1.4    1.4.1    Hermeneutiek √√                                                         (2)

        1.4.2    Nirvana / Verligting / Kennis √√                                        (2)

        1.4.3    Shudras √√                                                              (2)

        1.4.4    Sekularisme / Ateïsme / Kommunisme √√                                   (2)

        1.4.5    Lau Tzu √√                                                              (2)

 1.5    1.5.1    Onwaar √
                 Hulle het nie hul tradisionele Afrika-gebruike aanvaar nie en het
                 gedink hulle is primitief. √                                           (2)

        1.5.2    Onwaar √
                 Volgens die Taoïste bestaan alles in die skepping uit twee soorte
                 kragte – die Jin en Jang. √                                             (2)

        1.5.3    Onwaar √
                 Die hoof van die Tibettaanse Boeddhisme is die Dalai Lama. √            (2)

        1.5.4    Onwaar √
                 Die Ou en Nuwe Testament is die heilige tekste van die
                 Christendom/Die Ou Testament/Torah is die heilige boek van
                 Judaïsme. √                                                             (2)

        1.5.5    Waar √√                                                                 (2)

 1.6    1.6.1    Kanon
                 • Boeke word as gesagdraend erken. √
                 • Word gesien as goddelik geïnspireer. √                                (2)

        1.6.2    Sinkretisme
                 • Twee verskillende geloofstelsels kombineer om ŉ nuwe een te
                     vorm. √
                 • Dit is die neiging om te akkommodeer en aan te pas, of selfs die
                     vorms, oortuigings en denkpatrone van verskillende tradisies te
                     meng.
                 • ŉ Voorbeeld is Sikisme, wat leringe van Islam en Hindoeïsme
                     kombineer. √                                                        (2)

                                                            TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    2.1.1   “… ŉ demokratiese en regverdige samelewing sonder rasse-
                onderskeiding.” Wat beteken hierdie aanhaling?
                • ŉ Samelewing gebou op die beginsel van demokrasie, waar almal
                  gelyk is.
                • ŉ Samelewing waar almal gelyke regte geniet.
                • ŉ Samelewing sonder diskriminasie.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (2)

        2.1.2   Desmond Tutu moedig godsdiens vryheid aan. Stem jy saam?
                Ondersteun jou antwoord deur na die artikel te verwys.
                JA, EK STEM SAAM
                • Een van uitstaande eienskappe was die intergeloofsdienste wat
                    hy by die St. George’s katedraal in Kaapstad gehou het.
                • Hy wou nooit dat die St George’s katedraal slegs met
                    Christendom geassosieer word nie.
                • Hy het nie godsdiens as verdelend gesien nie.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (4)

        2.1.3   Was Desmond Tutu se optrede inlyn met die konstitusie?
                Motiveer jou antwoord.
                JA
                • Die Suid-Afrikaanse konstitusie verseker die reg op lewe.
                • Lewe is ŉ geskenk van God.
                • Lewe is heilig.
                • Elke persoon moet gerespekteer word.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (4)

        2.1.4   Wat was die motief van die WVK?
                • Dit was om versoening tussen oortreders en slagoffers van
                  apartheid aan te moedig.
                • Dit was om vergifnis tussen oortreders en slagoffers van rasse-
                  geweld tydens apartheid te bewerkstellig.
                • Die volle onthulling van die waarheid was belangrik.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    RELIGIESTUDIES V1                                         5

       2.1.5    Desmond Tutu is waardig om nageboots te word. Motiveer jou
                antwoord.
                • Desmond Tutu is die toonbeeld van wat ŉ ware nie-rassige,
                   wêreldburger is.
                • Hy het met almal oor die weg gekom.
                • Hy was die gestalte van wat die opdrag om ‘jou medemens lief te
                   hê’ beteken.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                         (4)

 2.2 2.2.1      (a)    Wat word met verskil bedoel?
                       • Dit beteken ‘anders as’ of ŉ punt waar godsdienste nie
                         dieselfde is nie.
                       • Dit verwys na die verskille wat binne en oor godsdienste heen
                         teenwoordig is.
                       • Hierdie konsep is ook nuttig by die vergelyking van ŉ
                         verskeidenheid godsdienste.
                       • Verskil as ŉ konsep is ook toepaslik vir die uitlig van identiteite
                         van spesifieke godsdienste sowel as verskille binne spesifieke
                         godsdienste.
                       LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (2)

                (b)    Wat word met identiteit bedoel?
                       • Identiteit verwys na die eienskappe wat mense die gevoel gee
                         dat hulle behoort.
                       • Identiteit skep ook ŉ sekere persoonlikheid wat dit van ander
                         godsdienste onderskei.
                       LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (2)

       2.2.2    Wat is die rol van die voorvaders in ATG?
                • Voorvaders is tussengangers tussen die lewendes en God.
                • Voorvaders speel ŉ belangrike rol in ATG.
                • Hulle lei en beskerm die familie wat hulle nader oor sake.
                • Mense maak kontak met die voorvaders deur menslike
                  tussengangers wat as sangomas of waarsêers bekend staan.
                • Om ŉ sangoma te wees is ŉ spesiale roeping.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.3     Identifiseer EEN algemene kenmerk in elk van die volgende groepe:

         2.3.1       Hindoeïsme en Boeddhisme
                     •   Beide glo in reïnkarnasie.
                     •   Beide het hul oorsprong in Indië.
                     •   Glo in Nirvana.
                     •   Glo in Karma/Darma.
                     •   Beoefen selibaatheid.                                                (2)

         2.3.2       Afrika Tradisionele Godsdiens en Afrika-geïnisieerde kerke
                     • Daar word baie van die Afrika-kultuur by hulle rituele en praktyke
                       ingesluit.
                     • Hulle glo aan voorvaders en tussengangers tussen God en die
                       lewendes.
                     • Hulle geniet lewendige dienste met begeesterde sang en dans.
                     • Die priesters in die Sioniste Christelike Kerke speel ŉ rol
                       soortgelyk aan genesers in die ATG.
                     LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (2)

 2.4     TWEE voordele van die bestudering van die vergelykbaarheid van
         godsdienste
         • Dit bring ŉ begrip van die ooreenkomste en verskille.
         • Ontdek algemene kenmerke.
         • Dit gee ŉ begrip oor hoe godsdienste verskil sonder om hulle te oordeel.
         LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                             (4)

 2.5     Skryf TWEE unieke eienskappe van elk van die volgende godsdienste

         2.5.1       TAOÏSME
                     • Leef in harmonie met die Tao.
                     • Wu-wei – nie-aksie of moeitelose godsdiens.
                     • Gevegskuns – dit is die enigste godsdiens wat tot gevegskuns
                       aanleiding gegee het.
                     LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (4)

         2.5.2       CHRISTENDOM
                     • Christene glo dat God Sy Seun Jesus Christus, gestuur het om
                       die wêreld, van sonde te red, sodat die mensdom vir ewig kan
                       lewe.
                     • Christene glo Jesus is die enigste ware Messias wat God na die
                       aarde gestuur het en dat Hy eendag weer sal kom.
                     • Jesus het uit die dood opgestaan nadat Hy gekruisig is.
                     LET WEL: Ander relevante voorbeelde moet gekrediteer word.               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                RELIGIESTUDIES V1                                       7

2.6     Verduidelik elk van die volgende konsepte en noem EEN godsdiens wat
        daarmee geassosieer word

        2.6.1    STAM / CLAN
                 • In ATG, word die gemeenskap sterk beklemtoon; individualisme
                   bestaan nie in ATG nie.
                 • Die struktuur en organisasie van die gemeenskap is stam
                   gebaseerd en word deur oudstes gelei vir wie daar groot respek is.
                 • Die gees in die gemeenskap is die van Ubuntu wat sorg en omgee
                   vir mekaar beteken.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (4)

        2.6.2    DHARMA
                 • Dharma is die oortuiging dat daar goddelike orde in die hele
                   bestaan is.
                 • Dit is hoe dit in Hindoeïsme verstaan word.

                                                 OF

                 • Dharma verwys na die weg van Hoër Waarhede (doktrines/
                   leerstellings).
                 • Dit is hoe dit in Boeddhisme verstaan word.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (4)

2.7     Noem EEN ooreenkoms in godsdienste
        • Die familie is belangrik.
        • Aanhangers moet goed wees vir andere.
        LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                          (2)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 3

3.1 3.1.1    Verduidelik wat die opskrif “monumentale ramp …” beteken
             • Die skrywer gebruik die woorde monumentale ramp om die omvang
               van hoë getalle in sterftes onder ingelyfdes te beklemtoon.
             • Monumentaal beteken baie groot. Monumente is gewoonlik groter as
               dit wat dit voorstel.
             LET WEL: Enige relevante antwoorde moet gekrediteer word.                   (2)

     3.1.2   Redes vir die dood van die ingelyfdes/geïnisieerdes
             • Dehidrasie
             • Slegte mediese praktyke
             LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                    (4)

     3.1.3   Uit die leesstuk, gee redes waarom inisiasie verpligtend is vir
             deurgang Afrika-kulture
             • Inisiasie het te make met verandering of deurgang, die verandering
                vanaf ŉ seun na man.
             • Dit is ŉ sentrale komponent van Afrika tradisionele kulture.
             • Dit is ŉ teken van dapperheid en moed.
             • Dit is ŉ leerskool vir die jeug om die samelewing se ideale en idees
                te leer ken.
             LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                    (6)

     3.1.4   Godsdienstige oplossing om die dood van ingelyfdes/
             geïnisieerdes teen te werk
             • Godsdiensleiers moet die Ubuntu filosofie beklemtoon.
             • Tradisionele dissiplinêre verhore moet ingestel word.
             • Die beginsel van ‘my kind is jou kind en jou kind is my kind’ impliseer
                dat alle kinders deur die gemeenskap na gekyk moet word.
             • Godsdiensleiers moet goeie sorg vir die kinders deur ouers
                beklemtoon, wat gaan verseker dat kinders na goeie inisiasieskole
                gaan.
             • Die oudstes in die families word gesien as die oppassers van
                gemeenskaplike waardes en gebruike.
             • Die belangrikheid van die ritueel as ŉ deurgangsrite moet beklemtoon
                word.
             • Geakkrediteerde tradisionele ‘dokters’ en verpleegpersoneel moet
                gebruik word.
             • Elke stam kan hul eie tradisionele ‘dokter’ en verpleegpersoneel het.
             • Oudstes in die stam moet gereeld toesig hou oor die inisiasie
                seremonie vanaf die begin tot die einde.
             • Die beëindiging van die gebruik van geld as aansporing vir
                tradisionele dokters en verpleegpersoneel moet aangemoedig word.
             • Kies manlike verpleërs wie self die proses deurgegaan het en respek
                het vir die inisiasie ritueel.
             LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 RELIGIESTUDIES V1                                         9

        3.1.5    Dink jy dit is die regering se verantwoordelikheid om reëls en
                 regulasies te maak oor hierdie ritueel? Motiveer jou antwoord.

                 JA
                 • Die regering moet reëls en regulasies vasstel.
                 • As die regering nie ingryp met reëls en regulasies nie, gaan die
                    praktyk van inisiasie aanhou om onskuldige jongmans se
                    lewens te eis.
                 • As inisiasie nie gereguleer word nie, gaan gewetenlose
                    kriminele wat onwettige inisiasieskole bedryf, aanhou om
                    mense se behoefte om te voldoen aan tradisionele praktyke,
                    gebruik om geld te maak terwyl jongmanne sterf.
                 • Die regering kan wetgewing uit vaardig dat tradisionele dokters
                    en verpleegpersoneel opgelei moet wees om hierdie operasies
                    te doen en goed vir hul pasiënte te sorg.

                 NEE
                 • Die regering moet nie reëls en regulasies vir inisiasie opstel nie.
                 • Die tradisionele praktyk was beoefen deur generasies lank voor
                   regerings ontstaan het.
                 • Dit is die oudstes in die gemeenskap wat moet korrigeer wat het
                   met die inisiasie-praktyk verkeerd gegaan.
                 • Dit is die gemeenskap se verantwoordelikheid om reg te maak
                   wat verkeerd gegaan het, nie die regering s’n nie.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                   (8)

3.2     3.2.1    Verduidelik die verhouding tussen oortuiging en lering in die
                 konteks van godsdiens
                 • Godsdienstige leringe is op die geloof/oortuiging van ŉ
                   godsdiens gebaseer, terwyl lerings gebruik word om
                   gelowe/oortuigings as waarhede te versterk.
                 • Godsdienstige leringe word as sekondêr tot godsdienstige
                   gelowe beskou omdat godsdienstige gelowe/oortuigings as
                   primêr /finaal beskou word.
                 • In hierdie sin is lering baie betekenisvol in sekere godsdienste,
                   natuurlik minder belangrik in andere en kwalik van enige belang
                   in andere.
                 • Lerings in hierdie sin is baie belangrik in godsdienste wat baie
                   jare gelede ontwikkel het.
                 • Hierdie godsdienste het ŉ plig om hulle oortuigings deur hulle
                   leringe in te skerp.
                 • Die leringe behels meestal die godsdienstige etiek of waardes
                   van die spesifieke godsdiens en, aldus is leringe en oortuigings
                   in sommige godsdienste onderling verbind.
                 • Godsdienstige leringe kan in sommige godsdienste
                   voorskriftelik wees.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

      3.2.2    Noem ŉ gelykenis uit enige godsdiens en verduidelik die
               betekenis
               ’N GELYKENIS UIT ISLAM
                • Die gelykenis van Sy Lig
                • Die gelykenis beskryf Allah as die bron van alle verligting.
                • Aanvaarding en beoefening van die wette van Allah sal die
                  gelowige geestelik verlig, en die duisternis van onkunde
                  verwyder.
               ’N GELYKENIS UIT CHRISTENDOM
                • Die gelykenis van die saaier.
                • Dit beteken dat jy moet luister met begrip en dit beoefen tot die
                  voordeel van die koninkryk van God.
                • Dit verwys na die saai van die woord van God deur dit aan
                  verskillende mense te verkondig.
                • Jy gaan verskillende resultate met verskillende mense het.
               LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (6)
      3.2.3    Die neem van verantwoordelikheid vir jou aksies is ŉ algemene
               godsdienstige lering. Bespreek kortliks die kwessie van
               verantwoordelikheid met verwysing na die volgende
               godsdienste.
               (a)    AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
                      • Die beginsel van Ubuntu is ŉ sosiale verantwoordelikheid
                         wat verder as familie verantwoordelikheid gaan.
                      • Die ritueel om met die voorvaders te kommunikeer, toon
                         dat selfs nadat hulle dood is, die persoon nog steeds met
                         sy/haar familie verbind is.
                      • In ATG kan ŉ mens nie ŉ voorvader word indien hy/sy ŉ
                         onverantwoordelike lewe gelei het nie.
                      • Jy kan net ŉ voorvader word as jy voorspoed nagelaat het
                         (kinders).
                      • Die huwelik en familie word as godsdienstige
                         verantwoordelikhede beskou.
                      • Respek teenoor ouer mense is belangrik in Afrika
                         Tradisionele Godsdiens.                                         (6)

               (b)    JUDAÏSME
                      • ŉ Belangrike deel om Joods te wees is om diegene in nood
                        te help.
                      • Volgens Judaïsme het mense die vermoë om beide goed
                        en kwaad te wees.
                      • Mense is inherent goed, maar het ŉ swakheid om sonde te
                        doen wat ŉ verleiding is.
                      • Die Tora is ŉ boek van wette wat die optrede van Jode
                        reguleer.
                      • Gevolglik is dit die verantwoordelikheid van ŉ Jood om die
                        wet te bestudeer en na te volg.
                      LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.           (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                     RELIGIESTUDIES V1                                      11

VRAAG 4

4.1     4.1.1         Is hierdie artikel ten gunste van of teen inenting? Motiveer
                      jou antwoord.
                      • Ten gunste.
                      • Die artikel voorsien maniere om godsdienstige mense te
                         oortuig om die inenting te neem.
                      • Navorsing toon dat inenting die beste manier is om die
                         verspreiding van die koronavirus te keer.                             (2)

        4.1.2         Analiseer hoe die media oor die algemeen verslag doen oor
                      religieuse kwessies. Motiveer jou antwoord.
                      • Die algemene houding is om godsdiens negatiewe publisiteit
                         te gee.
                      • Mediaverslaggewing oor godsdienstige kwessies is
                         oppervlakkig.
                      • Verslaggewers benader godsdienstige kwessies meestal uit ŉ
                         sekulêre en politieke perspektief/oogpunt.
                      • Verslaggewers kan selektief wees en slegs dit wat
                         kontroversieel is publiseer.
                      • Teenoor ortodokse gelowe is die toon meestal vyandig, terwyl
                         dit teenoor minderheidsgodsdienste positief is.
                      • Die mense met wie die meeste onderhoude gevoer word, is
                         diegene wat ortodokse godsdienste bevraagteken.
                      • Verslaggewers kan bevooroordeeld en partydig wees.
                      LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (8)

        4.1.3         Dink jy die opinie in die artikel is slegs die van Christene?
                      Ondersteun jou antwoord deur na die artikel te verwys.
                      • Nee. Die artikel gee nie net die Christelike siening oor inenting
                         nie.
                      • Die artikel verwys na godsdiens in die algemeen.
                      • Die enigste verwysing na Christendom is oor die pastoor wie
                         in September gesterf het nadat hy inenting verwerp het.               (4)

        4.1.4         Wat, volgens die artikel, is godsdienstige mense se hoof
                      beswaar teen inenting?
                      • Die gebruik van fetale materie van beëindigde swangerskappe
                        in die ontwikkeling van entstowwe.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2022)

4.2     4.2.1        “LGBTQ … Suid-Afrika is onder beleg”. Wat beteken hierdie
                     aanhaling?
                     • Hierdie woorde word gebruik om die aandag op die
                       gewelddadige misdaad teen LGBTQ individue in Suid-Afrika te
                       vestig.
                     • Hulle word baie ernstige aangeval.
                     • Hulle word deur baie mense gekritiseer.
                     • Hulle word onder groot druk geplaas.
                     LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (2)

        4.2.2        Noem TWEE menseregte van LGBTQ mense wat geskend
                     word.
                     • Die reg op vryheid van keuse.
                     • Die reg op lewe.
                     • Die reg tot ŉ veilige omgewing.
                     LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (4)

        4.2.3        LGBTQ individue staar verskillende uitdagings in die gesig.
                     Stem jy saam? Gee DRIE voorbeelde om jou antwoord te
                     illustreer.
                     • JA, ek stem saam.
                     • Hulle ondervind geweld op ŉ uiterste en onmenslike vlak.
                     • Hulle word op die mees grusame maniere dood gemaak.
                     • Daar word teen hulle gediskrimineer.
                     • Hulle ondervind verwerping deur hulle families.
                     • Gemeenskappe en godsdienstige instellings het ŉ
                         geneigdheid om hierdie mense te verwerp.
                     • LGBTQ individue het ŉ geneigdheid om uitgebuit en mishandel
                         te word in hul gemeenskappe.
                     LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (6)

        4.2.4        Dui aan hoe gemeenskappe verdraagsaamheid teenoor
                     LGBTQ individue kan beoefen.
                     • Korrigeer mense as iemand se geslag wanvoorgestel word, al
                       is die persoon nie in die vertrek nie.
                     • Praat uit in verdediging van die LGBTQ-gemeenskap wanneer
                       iemand krutaal, onsensitiewe of rassistiese taal teen hulle
                       gebruik.
                     • Bevorder diversiteit in alle areas van die lewe.
                     • Gemeenskappe moet ondersteuning toon aan die LGBTQ-
                       gemeenskap deur “Pride Pins” / “Trots borsspelde” te dra of
                       hul kleure te vertoon.
                     • Gemeenskapsleiers kan hul invloed gebruik in die
                       gemeenskap om te probeer om families te herenig wat
                       verdeeld is oor die LGBTQ-kwessie.
                     LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    RELIGIESTUDIES V1                                    13

        4.2.5         Vir elk van die volgende godsdienste, bespreek kortliks die
                      lering wat menseregte bevorder.

                      (a)   BOEDDHISME
                            • Hulle bevorder gedeelde menslikheid.
                            • Daar is ŉ gedeelde doelwit om geluk te bekom en lyding
                              te behandel.
                            • Om lyding te vermy is sentraal in Boeddhisme.
                            LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer
                                        word.                                               (4)

                      (b)   ISLAM
                             • Dit is nie verpligtend om tot Islam te bekeer nie.
                             • Dit beteken dat die verklaring van iemand se geloof
                               vrywillig en opreg moet wees.
                             • Dit laat vryheid van godsdiens toe.
                             • Die instelling van zakat (welsyn) verseker dat basiese
                               behoeftes vir kos, skuiling en klere bevredig word.
                            LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer
                                           word.                                            (4)

                      (c)   AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
                            • Die beginsel van Ubuntu moedig hulp aan jou
                              gemeenskap aan.
                            • Ubuntu impliseer respek vir ander mense.
                            • Die praktyk van IIima is sentraal in ATG.
                            • Dit is een waar die gemeenskap hulp verleen aan lede
                              wat behoeftig is
                            LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer
                                         word.                                              (4)

4.3     “Die polisiebeampte het gevra wat sy aangehad het wat tot die
        verkragting gelei het.” Dink jy die beampte se reaksie was korrek?
        NEE
        • Die beampte se reaksie was onvanpas met die vra van daardie vraag.
        • Hy het probeer om die verantwoordelikheid vir die misdaad weg van die
          oortreder te deflekteer.
        • Hy het basies die slagoffer blameer vir wat met haar gebeur het.
        • Hy respekteer nie LGBTQIA individue nie.

        JA
        • Ons moet na hierdie vraag kyk in die konteks van die statistieke wat
           hulle mag het ten opsigte van verkragtings in die area.
        • As hulle bevind het dat die meeste verkragtings in hulle area geïnisieer
           is as gevolg van die manier hoe die persoon aangetrek was, dan kon hy
           dalk geregverdig gewees het met die vra van daardie vraag.
        • Die vraag dien ook as ŉ voorstel van hoe vroue kan help om hulself te
           beskerm teen die moontlikheid van verkragting.
        LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                            (4)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 5

5.1     5.1.1   Dink jy godsdiens is die ware probleem in hierdie konflik? Gee
                redes vir jou antwoord.
                • Godsdiens was nie die probleem nie.
                • Die artikel maak dit baie duidelik dat die geweld etnies van aard
                   was.
                • Die geweld was ook polities van aard.
                • Die geweld was, vervolgens, ook gemotiveer deur ŉ begeerte om
                   beheer oor Soedan se ryk olievelde uit te oefen.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                   (6)

        5.1.2   Noem EEN intergodsdienstige organisasie wat vir vrede in
                konflik areas in Afrika werk. Beskryf die werk wat hulle doen en
                gee redes vir hul suksesse en mislukkings.

                VOORBEELD 1: INTERGELOOF AKSIE VIR VREDE IN AFRIKA
                • Hierdie organisasie werk saam met godsdienstige gemeenskappe
                  op die kontinent, wat een van die hoofredes vir hulle sukses is.
                • IFAPA werk nie in isolasie nie. Hulle werk nou saam met ander
                  godsdienstige organisasies.
                • IFAPA het ŉ suksesvolle poging aangewend om verskillende
                  godsdienste so ver moontlik in te sluit. Hulle sluit byvoorbeeld die
                  Afrika Tradisionele Godsdienste, Judaïsme, Christendom, Islam
                  Hindoeïsme, Boeddhisme en die Bahá’i-geloof in.
                • Die organisasie het daarin geslaag om afgevaardigdes na die
                  konflikgebiede te stuur. Die lede van hulle afvaardiging het ŉ
                  belangrike rol gespeel om strydende groepe bymekaar te bring,
                  om wedersydse begrip en samewerking te bereik.
                • Ondanks al die moeite was hierdie organisasie egter nog nie in
                  staat om permanente of langdurige vrede tussen strydende groepe
                  te behaal nie.
                • Die rede daarvoor is die politieke inmenging.
                • Hulle sukses is ook bemoeilik deur die kulturele en stamgroepe
                  wat godsdiens gebruik om hulle doelwitte te behaal.
                • Hierdie organisasie het ook daarin geslaag om die publiek, privaat
                  sektor en regering bymekaar te bring, wat een van die redes vir
                  hulle prestasies is.
                LET WEL: Enige ander relevante feite moet gekrediteer word.

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 RELIGIESTUDIES V1                                    15

                VOORBEELD 2: AFRIKA RAAD VIR GODSDIENSTIGE LEIERS –
                GODSDIENSTE VIR VREDE
                • Hierdie organisasie het sukses behaal as gevolg van hulle
                  beginsels en waardes van respek en verdraagsaamheid teenoor
                  godsdienstige verskille.
                • Hulle is ook suksesvol omdat hulle nog altyd moeite gedoen het
                  om ŉ vreedsame saambestaan tussen verskillende godsdienste
                  aan te moedig.
                • Hulle handelinge is gebaseer op diep en hoofsaaklik gedeelde
                  kwessies en waardes van morele belang.
                • ŉ Ander rede vir hulle sukses is die bevordering en bewaring van
                  identiteit in elke godsdienstige gemeenskap.
                • Die erkenning van godsdienstig diverse gemeenskappe in Afrika
                  het tot hulle sukses gelei.
                • Hulle ondersteun ook plaaslik bestuurde multi-godsdienstige
                  strukture onder die vaandel van Godsdienste vir Vrede.
                • Hulle bevorder die beginsels van verteenwoordiging,
                  hulpverlening en genootskap.
                • Hulle het aan die Wêreld-Maatskaplike Forum deelgeneem.
                • Alhoewel hierdie organisasie baie suksesse behaal het, is daar
                  ook mislukkings aangeteken:
                • Bv. die handhawing van permanente vrede tussen strydende
                  groepe in Afrika.
                • Vredebewaring is nog altyd deur politieke en kulturele verskille
                  onderbreek.
                • Daar is ŉ gebrek aan erkenning van die organisasie by sommige
                  regerings, soos die in Tsjad en die Sentraal Afrikaanse Republiek.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (6)
       5.1.3    Volgens die uittreksel, wat was die gevolge van die geweld in
                Suid-Sudan?
                • Mense het hul geliefdes verloor.
                • Slagoffers het hul huise en eiendom verloor.
                • Mense het in vrees geleef.
                • Sommige was as gyselaars aangehou deur die aanvallers.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (4)
 5.2 Verbeel jou jy is die voorsitter van die studente verteenwoordigende
     raad by jou skool. Skryf ŉ gedragskode vir leerders. Dit moet bestaan
     uit ten minste DRIE sleutelpunte en moet godsdienstige
     verdraagsaamheid by die skool bevorder.

       • Alle leerders/kandidate is vry om enige godsdiens van hul keuse te kies
         en daaraan deel te neem.
       • Bywoning van godsdienstige praktyke en byeenkomste is vrywillig en oop
         vir enigeen.
       • Heilige dae van alle godsdienste sal dieselfde behandel word.
       • Godsdienstige drag sal op spesiale heilige dae toegelaat word.
       • Elke godsdienstige leier wie ŉ byeenkoms wil behartig, sal ŉ geleentheid
         gebied word.
       LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

5.3     Verduidelik hoe godsdiens deel kan word van die oplossing vir konflik
        in die areas wat geaffekteer word deur geweld
        • Die mense betrokke by die konflik is lede van verskillende
           godsdiensgroepe in die gemeenskap en hulle moet na hulle
           godsdienstige leiers/luister/gehoorsaam wees.
        • Die godsdiensleiers kan tydens byeenkomste met gelowiges praat en
           geweld ontmoedig.
        • Godsdiensleiers moet saamspan met ander gemeenskapsleiers om in te
           gryp en saam werk om vrede te herstel en te behou.
        • Deur hulle leiers kan godsdiensgroepe deel wees van besluitneming oor
           beleide om te verseker dat beleide so ontwerp word dat geen groep in
           die gemeenskap ondermyn word nie.
        • Godsdiens het ŉ waardigheid om te behou.
        • Dit is ŉ manier, gebaseer op godsdienstige leringe, wat gebruik kan word
           om die nuus dat vrede noodsaaklik is vir naasbestaan, te versprei.
        LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                        (6)

        5.4.1   Verduidelik TWEE regte van die meisies wat geskend is
                • Die reg op opvoeding.
                • Vryheid van diskriminasie.
                • Die reg om hul godsdiens te beoefen.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (4)

        5.4.2   Verduidelik die verhouding tussen godsdienstige verdraag-
                saamheid en godsdiensvryheid.
                • Die twee terme is nou verwant.
                • Godsdiensvryheid word bepaal deur die regering van die dag.
                • Godsdienstige verdraagsaamheid is hoofsaaklik afhanklik van
                   die houdinge van godsdiensgroepe of individue binne ŉ
                   gegewe gemeenskap.
                • Dit is die aanvaarding en respek van die godsdienstige
                   oortuigings en beoefening van ander mense sonder enige
                   voorwaardes.
                • Godsdiensvryheid berei goeie gronde vir verdraagsaamheid
                   voor.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (6)

        5.4.3   Watter druktaktiek het die administrasie gebruik om die
                meisies oor te haal om in te gee?
                • Die meisies was toegang tot die klaskamers geweier.
                • Hulle was gedreig dat hulle uit die klas gestoot sou word.
                • Hulle was gedwing om briewe te skryf wat sê dat hulle uit hul eie
                  nie klasse bygewoon het nie.
                • Die prinsipaal het gedreig dat hy hul loopbane gaan verwoes.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    RELIGIESTUDIES V1                                      17

          5.4.4       “ŉ 2018 uitspraak deur die hof het die reg van ŉ
                      opvoedkundige instelling oor die van ŉ individue
                      gehandhaaf.” Stem jy saam met hierdie stelling of nie?
                      Motiveer jou antwoord.

                      Ek stem saam met die uitspraak:
                      • Die instelling moet as ŉ godsdienstig neutrale instelling gesien
                         word.
                      • Dit beteken dat die instelling nie gesien kan word as vir enige
                         een godsdiens nie.
                      • Die instelling moet gesien word as apart van godsdiens.
                      • Godsdienstige gebruike en tradisies moet nie toegelaat word
                         om die werk van die opvoedkundige instellings in die wiele te ry
                         nie.

                      Ek stem nie saam met die uitspraak nie:
                      • Die praktyke van ŉ instelling moet inlyn/ooreenstemming wees
                         met die gemeenskap wat dit dien.
                      • As die gemeenskap mense van verskillende godsdienstige
                         tradisies insluit, moet daardie tradisies gerespekteer word.
                      • ŉ Regeringsinstelling moet nie gesien word godsdienste beveg
                         nie.
                      LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (4)

          5.4.5       Wat sê die Suid-Afrikaanse konstitusie oor godsdiens-
                      vryheid?
                      • In die Handves van Menseregte in die Suid-Afrikaanse
                         Konstitusie word godsdiensvryheid by die regte genoem
                         ingesluit.
                      • Dit sê: ‘Almal het die reg op vryheid van gewete, godsdiens,
                         denke, oortuiging en mening”
                      • Godsdienstige waarnemings kan volgens drie voorwaardes by
                         staats- of staatsondersteunde inrigtings uitgevoer word.
                      • Die waarnemings volg die reëls, wat deur gepaste openbare
                         gesag gestel is.
                      • Die waarnemings moet op ŉ gelyke basis plaasvind.
                      • Die bywoning is gratis en vrywillig.
                      LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.               (4)
                                                                                            [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                    GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
