# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/9a795587-617d-402f-9d59-25d07bb983fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/9a795587-617d-402f-9d59-25d07bb983fe)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2023

                RELIGIESTUDIES V1
                  NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

2                                  RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    1.1.1    B – Mitzvot / D – Halakhah √                                            (1)

       1.1.2    B – pad van die heelal √                                                (1)

       1.1.3    C – Brahamas of geestelike leermeesters √                               (1)

       1.1.4    D – Siddharta Gautama √                                                 (1)

       1.1.5    B – Iran √                                                              (1)

       1.1.6    B – Abu Bakr / D – Ali √                                                (1)

       1.1.7    B – die Goddelike Lewegemeenskap (Divine Life Society) √                (1)

       1.1.8    A – ŉ versameling van leringe van die profet Mohammad √                 (1)

       1.1.9    D – Therevada Boeddhisme √                                              (1)

       1.1.10 B – lering met absolute gesag √                                           (1)

1.2    1.2.1    Ooreenkoms
                • Om soortgelyk te wees
                • Om ŉ ooreenkoms te hê
                • Van dieselfde soort te wees
                • Twee of meer elemente kan dieselfde in sekere wees
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (2)

       1.2.2    Verskil
                • Verwys na die verskille teenwoordig in en tussen godsdienste.
                • Hierdie konsep is ook bruikbaar in die vergelyking van ŉ
                  verskeidenheid godsdienste.
                • Dit is die teenoorgestelde van ooreenkoms.
                • Dit kan gebruik word om tussen spesifieke godsdienste te
                  onderskei.
                • Byvoorbeeld, Christendom glo dat die Messias reeds na die
                  wêreld gekom het, terwyl die wat in die Joodse geloof glo vir die
                  Messias wag.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                 RELIGIESTUDIES V1                                        3

        1.2.3    Eenheid
                 • Harmonie tussen mense.
                 • Dit verwys na samehorigheid wat tussen godsdienste bestaan.
                 • Dit beteken ook dat die leringe van verskeie godsdienste
                   versoenbaar met mekaar is.
                 • Dit is die teenoorgestelde van geskei wees.
                 • Om een te wees.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (2)

        1.2.4    Uniekheid
                 • Dit verwys na daardie eienskappe wat die godsdiens anders as
                   ander godsdienste maak.
                 • Dit is die eienskappe wat dit identifiseerbaar as ŉ unieke
                   godsdiens maak.
                 • Daar is ŉ uniekheid in oortuigings, praktyke en normatiewe
                   tekste.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (2)

        1.2.5    Identiteit
                  • Identiteit beteken individualiteit.
                  • Dit beteken die godsdiens het ŉ sekere individualiteit of ŉ sekere
                    persoonlikheid wat dit van ander godsdienste onderskei.
                  • Dit beteken die bevestiging van waardigheid en waarde van ŉ
                    godsdiens.
                  • Dit beteken ŉ eksklusiewe godsdienstige identiteit waarin jy sterk
                    met die oortuiginge en leerstellings van die godsdiens
                    identifiseer en dit beskou as dit wat jou lewe definieer.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (2)

 1.3    1.3.1    William Shakespeare √                                                     (1)

        1.3.2    New York √                                                                (1)

        1.3.3    Rome √                                                                    (1)

        1.3.4    Die Vryheidsmanifes √                                                     (1)

        1.3.5    Metodiste kerk √                                                          (1)

 1.4    1.4.1    Voorvaders √                                                              (1)

        1.4.2    Rome √                                                                    (1)

        1.4.3    Leierskap √                                                               (1)

        1.4.4    Hindoeïsme √                                                              (1)

        1.4.5    Yang √                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

 1.5   1.5.1    F√                                                                         (1)

       1.5.2    D√                                                                         (1)

       1.5.3    A√                                                                         (1)

       1.5.4    G√                                                                         (1)

       1.5.5    C√                                                                         (1)

 1.6   Die verskil tussen lering en oortuiging.
       • Lering kom van die woord ‘om iemand te leer / te onderrig’, wat eenvoudig
          beteken om kennis of begrip op een of ander manier oor te dra.
       • Lering hou verband met geloof in die sin dat ŉ volgeling geloof in ŉ
          spesifieke godsdiens sal hê, omdat hulle ŉ stel leringe geleer het wat hulle
          voel die waarheid is.
       • Oortuiging aan die ander kant, is soms ŉ sinoniem vir geloof.
       • Dit is ŉ vaste mening / opinie, hoe ŉ persoon voel of dink oor ŉ godsdiens
          of wêreldbeskouing.                                                              (4)

 1.7   1.7.1    Onwaar √                                                                   (1)

       1.7.2    Onwaar √                                                                   (1)

       1.7.3    Waar √                                                                     (1)

       1.7.4    Onwaar √                                                                   (1)

       1.7.5    Onwaar √                                                                   (1)

 1.8   Al drie godsdienste glo in een God.                                                 (2)

 1.9   Voorvaderlike aanbidding
       • ATG leer dat God bo die begrip of beheer van mense is.
       • God kan slegs deur die voorvaders bereik word.
       • Die eerste generasie voorvaders was van die eerste generasie mense.
       • Die voorvaders woon in die geesteswêreld.
       • Hulle het die mag om die lewendes te beskerm.
       • Hulle kommunikeer met God namens die lewendes.                                    (4)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                 RELIGIESTUDIES V1                                       5

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    2.1.1    Lering
                 • Dit is sistematiese inligting oor aspekte van ŉ godsdiens.
                 • Lering speel baie belangrike rol in sommige godsdienste, terwyl dit
                   geen rol in ander godsdienste speel nie.
                 • Lering kom van die woord ‘om iemand iets te leer/te onderrig’ wat
                   beteken om kennis of begrip van ŉ spesifieke godsdiens oor te dra.
                 • Lering is ŉ normatiewe verduideliking van iets, sedes of waarde.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (4)

        2.1.2    Mite
                 • Dit kom van die Griekse woord ‘mythos’ wat woord of fabel
                    beteken.
                 • Mites bevat soms historiese of metaforiese materiaal.
                 • Dit verwys na daardie stories wat diepe waarhede oor skepping,
                    lewe en dood onthul.
                 • Mite vorm die grondslag van lering en selfs dogma in party
                    godsdienste.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (4)

        2.1.3    Doktrine
                 • Is ŉ sinoniem vir lering.
                 • Dis net soos onderrig, dit het nie noodwendig ŉ negatiewe
                   konnotasie nie.
                 • Doktrinêr het ŉ negatiewe betekenis.
                 • Dit kan afwisselend met godsdienstige lering gebruik word.
                 • Dit is ŉ verklaring van fundamentele oortuigings.
                 • Dit verwys na ŉ spesifieke deel van ŉ geloofstelsel.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (4)

        2.1.4    Gelykenis
                 • Die woord gelykenis verwys na ŉ storie wat vertel word.
                 • Om ŉ godsdienstige beginsel te illustreer of om ŉ godsdienstige
                   vraag te beantwoord.
                 • Dis ŉ kort storie wat ŉ definitiewe moraal/sedes bevat.
                 • ŉ Gelykenis is ŉ storie wat in kunsvorm aangebied word.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (4)

        2.1.5    Geloof
                 • Word soms as ŉ sinoniem vir die woord ‘godsdiens’ gebruik.
                 • Dit mag aanvaarding van ŉ ding, feit of stelling beteken.
                 • Dis ŉ ferm opinie en dui op vertroue.
                 • Beteken om te glo.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                                  RELIGIESTUDIES V1                        (EC/SEPTEMBER 2023)

 2.2    Filosofie van ubuntu
        • Die morele orde in die Afrika Tradisionele Godsdiens word deur die konsep
           van Ubuntu gekenmerk.
        • Ubuntu is ŉ Afrika-filosofie van respek van empatie vir mense.
        • Kom van die spreek woord ‘umuntu ngumuntu ngabantu’.
        • Ubuntu beteken ŉ persoon is ŉ persoon deur ander mense.
        • Dit beteken dat jy moet leer om die lewe met ander mense te deel.
        LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                            (4)

 2.3    Faktore wat godsdienstige identiteit vorm
        • Die kleredragskode van ŉ spesifieke godsdiens vorm die godsdienstige
          identiteit van sy volgelinge.
        • Die godsdienstige identiteit van ŉ persoon word deur sekere rituele
          gevorm.
        • Die godsdienstige identiteit van ŉ individu word ook deur godsdienstige
          simbole gevorm.
        LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                            (4)

 2.4    Doktrine van reïnkarnasie
        • Dit is op die wet van Karma gebaseer, wat die gevolge van dade impliseer.
        • Hierdie doktrine leer dat die siel deur ŉ reeks geboortes en sterftes gaan.
        • Die voorbeeld is dat soos iemand verslete klere afwerp/weggooi en ander
          nuwe klere aantrek, so werp die siel verslete liggame af.
        • Nadat die verslete liggaam afgewerp is, gaan die siel ŉ ander een, wat
          nuut is, binne.
        • Die soektog na wêreldse plesier gee aanleiding tot wedergeboorte.
        • Volgens die doktrine van reïnkarnasie, word die siel van geboorte na die
          dood en van die dood na geboorte aangedryf.
        • Die siel vergaan nooit.
        • Die uiteindelik doel van die lewe is moksha, of die vrystelling van ŉ persoon
          van lyding.
        LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                            (8)

 2.5    Verduidelik kanon
        • Dit is ŉ versameling heilige boeke of tekste.
        • Dit is ŉ maatstaf vir die verifiëring van heilige geskrifte.
        LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                            (2)

 2.6    Feite oor die volgende godsdienste:

        2.6.1   Baha’i se siening oor die toekoms van godsdienste
                • Alle godsdienste sal onder die Bahá’i-geloof verenig wees.
                • Dit is die godsdiens van die toekoms.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                    (4)

        2.6.2   Hindoeïsme se sosiale struktuur
                • Dit is gestruktureerd op ŉ kaste stelsel.
                • Elke kaste het ŉ spesifieke verantwoordelikheid in die
                   samelewing.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)               RELIGIESTUDIES V1                                    7

       2.6.3    Tradisionele genesers in Afrika Tradisionele Godsdiens
                • Tradisionele genesers word geraadpleeg wanneer daar
                   teëspoed in ŉ familie is.
                • Die tradisionele geneser kommunikeer met die voorvaders.
                • Daar word geglo dat kennis van tradisionele medisyne van die
                   voorvaders kom.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.           (4)
                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3

3.1 Vier bydraes wat die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede
    • Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WKGV) het in baie
       verskillende lande van die wêreld vertakkinge wat saamstaan teen die
       gebruik van godsdiens om geweld en menslike lyding te ondersteun.
    • Die Europese Raad vir Godsdienstige Leiers, het ŉ ernstige beroep op alle
       godsdienstige leiers van alle gelowe gedoen om hulle bes te doen om die
       voortgaande geweld en terreur, wat in die naam van God uitgevoer word, te
       verwerp.
    • Die WKGV en sy geaffilieerdes het sterk gereageer op die publikasie van
       spotprente wat deur Moslems as aanstootlik beskou word.
    • Die Wes Europese Intergeloof Jeug Organisasie het deur die ontwikkeling
       van ŉ intergeloofsnetwerk hulle doelwit bereik en ŉ aktiewe rol in die
       vordering tot wêreldvrede gespeel.
    • Daar word algemeen onder godsdienstige groepe aanvaar dat daar nou meer
       godsdienstige verdraagsaamheid as van tevore is as gevolg van die WKGV.
    LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word.                               (8)

3.2 Godsdienstige leringe oor goeie moraliteit
    • In die Afrika Tradisionele Godsdiens plaas die beginsel van Ubuntu die
      behoeftes van die gemeenskap bo die van die individu.
    • Dit verseker goeie moraliteit, aangesien ŉ mense nie ander mag leed
      aandoen nie.
    • In die Christelike godsdiens praat die Tien Gebooie van skadelike optrede
      wat verbode is.
    • Dit lei tot goeie moraliteit, bv. ‘Jy moet jou medemens lief hê soos jouself’.
    • Islam verkondig die volgende: ‘In hulle rykdom en besittings was daar ŉ deel
      wat die bedelaar en iemand wat ontsê is, toekom.’
    • Hierdie lering/leerbeginsel moedig omsien na die armes aan deur middel van
      verpligte liefdadigheid.
    • Volgens Boeddhisme word aanbidders geleer om hulle te weerhou van
      leuens vertel en om op ŉ goedhartige en doelgerigte manier te praat.
    • Volgens Hindoeïsme moet jy ‘woorde spreek wat eerlik, aangenaam,
      voordelig is wat nie stres en angs veroorsaak nie en jy moet die geskrifte
      bestudeer en resiteer – dit is soberheid van spraak.’
    LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                RELIGIESTUDIES V1                                        9

3.3    Intergeloof samewerking tydens apartheid
       • Daar was baie meer intergeloof samewerking gedurende die
          apartheidsjare.
       • Alle godsdienste het een gemeenskaplike vyand gehad, naamlik
          apartheid.
       • As ŉ imam tydens aanhouding gesterf het, het Jode, Christene, Hindoes
          en andere aan die verset deelgeneem, net soos hulle dit vir hulle eie mense
          sou gedoen het.
       • Die Suid-Afrikaanse vertakking van die Wêreldkonferensie van
          Godsdienste vir Vrede (WKGV), gelei deur pastoor Frank Chikane en
          aartsbiskop Desmond Tutu, het ŉ belangrike rol gespeel.
       • Verskillende godsdienste het gesamentlike gebedsamekomste gehou om
          vir goddelike ingryping te pleit.
       • Godsdienstige eiendom, bv. kerkgeboue, is vir politieke samekomste
          gebruik.
       • Godsdienstige gemeenskappe het openbare optogte teen apartheidswette
          gelei en daaraan deelgeneem.
       • Anti-apartheidsgroepe het die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, in 1968
          gestig.
       • Die Oproep van Islam is in 1984 gestig.
       • Jode vir Geregtigheid is in 1985 gestig.
       LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                          (12)

3.4    3.4.1    Wat impliseer die konsep godsdiens vryheid?
                • Die konsep godsdiensvryheid impliseer dat almal, oral die vryheid
                  van keuse het om oor God te glo wat hulle wil.
                • Dit beteken ook dat mense nie gedwing kan word om na ŉ ander
                  godsdiens te bekeer nie.
                • In Suid-Afrika geniet mense godsdiensvryheid en die Konstitusie
                  verbied onregverdige diskriminasie.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (4)

       3.4.2    Verduidelik wat met menseregte bedoel word
                • Die konsep menseregte bestaan glo al vir eeue lank.
                • Menseregte verwys na die inherente menswaardigheid van
                  mense.
                • Menseregte is belangrik aangesien dit mense teen uitbuiting
                  beskerm.
                • Menseregte is belangrik aangesien dit die gelykheid van elke mens
                  erken en waarborg.
                • Menseregte gee mense spesifieke regte en verantwoordelikhede.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                                RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

        3.4.3   Hoe godsdienste prakties betrokke kan wees om godsdiens-
                vryheid, menseregte en verantwoordelikheid te bevorder.
                • In Suid-Afrika gebruik alle godsdienste die geleentheid wat deur
                   die regering gegee word om aan staatsake deel te neem.
                • ŉ Voorbeeld hiervan is die NGLF (Nasionale Godsdiens-
                   leiersforum) wat advies gee oor sosiale uitdagings en
                   godsdienstige sake.
                • Katolieke en Moslems het in 2016 saam in Durban gebid om
                   godsdienstige verdraagsaamheid en godsdiensvryheid te toon.
                • In konflikgebiede, soos Soedan, is godsdienstige organisasies
                   betrokke om ŉ oplossing te vind teen ŉ regering wat menseregte
                   misbruik.
                • IFAPA stuur altyd afgevaardigdes as waarnemers na die meeste
                   algemene verkiesings in Afrika.
                • Alle godsdienste moedig hulle volgelinge aan om die
                   lering/leerbeginsel wat menseregte bevorder.
                • Pous Johannes Paulus II het ook die Palestynse en Joodse
                   gemeenskappe besoek om oor godsdiensvryheid en
                   verdraagsaamheid te preek.
                • Die humanitêre organisasie Gift of the Givers is ŉ
                   intergodsdienstige organisasie wat liefdadigheidswerk in alle
                   godsdienstige gemeenskappe doen.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.               (12)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                 RELIGIESTUDIES V1                                     11

VRAAG 4

4.1    Wat is terrorisme?
       • Terrorisme is die moedswillige doodmaak van burgers.
       • Dit is geweldsdade wat die burgerlike bevolking terroriseer.
       • Dit word vir politieke of ander ideologiese redes uitgevoer.
       • Dit kan deur die staat geborg word of vir politieke, godsdienstige of ŉ
         kombinasie van hierdie redes gebruik word.
       LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                           (4)

4.2    Waarom godsdienstige terrorisme toeneem
       • Baie Afrika regerings is swak.
       • Hulle het nie gesofistikeerde weermagte en intelligensienetwerke nie.
       • Afrikalande het poreuse grense wat toelaat dat misdadigers die lande
         maklik kan binnekom en weer verlaat.
       • Party regeringsamptenare is korrup en ondersteun terroristegroepe vir
         hulle eie politieke gewin.
       • Sommige Afrika-regerings diskrimineer teen sekere stamme of gelowe en
         so word hulle dus polities uitgesluit.
       • Armoede en verwaarlosing deur regerings is vrugbare grond vir
         ekstremisme.
       • Sulke groepe wend hulle dan na geweld.
       • Politieke onrus verhoog godsdienstige terrorisme; daarom word godsdiens
         vir politieke wins uitgebuit.
       LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                          (10)

4.3    4.3.1    VOORBEELD 1: Konflik in Noord-Ierland
                • Die konflik in hierdie land is intra godsdienstig.
                • Die konflik is tussen die Katolieke en Protestante.
                • Hierdie twee groepe behoort aan die Christen geloof.
                • Noord Ierland is konstitusioneel deel van die Verenigde
                  Koninkryk.
                • Die bevolking is godsdienstig tussen Katolieke en Protestante
                  verdeel.
                • Vir dekades baklei sommige Katolieke in Noord-Ierland vir
                  onafhanklikheid vanaf die Verenigde Koninkryk.
                • Noord-Ierland het ook met die Republiek van Ierland vir eenheid
                  geveg.
                • Die Protestante het weerstand gebied.
                • Die uitslae was ŉ lang en stadige burgeroorlog.
                • Vandag is daar ŉ herlewing in die geveg vir vryheid, in die vorm
                  van ‘Real Irish Republican Army’.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                                 RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

                VOORBEELD 2: Palestina en Israel
                • Dit is hoofsaaklik op politieke en grondkwessies gebaseer.
                • Die oorlog het ook intergodsdienstige ondertone.
                • Joodse setlaars maak daarop aanspraak dat dit hulle
                  Godgegewe grond is.
                • Dit gaan oor die begeerte aan beide kante om ŉ land van hulle
                  eie te hê.
                • Ekstremiste aan die Palestynse en Arabiese kant sou graag die
                  staat Israel wou vernietig, aangesien hulle dit as ŉ onwettige
                  staat beskou.
                • Die geskiedenis het albei groepe genoeg redes gegee om te
                  veg.
                • Dit is ook ŉ feit dat Israel voortdurend grond vir nedersettings
                  by die Palestyne afvat.
                • Die Palestynse ekstremiste het ŉ selfmoordbomveldtog begin.
                • Die selfmoordbomveldtog het tydens die verkiesing die Joodse
                  opinie na regs laat beweeg.
                • Beide hierdie dade het die stemme van die gematigdes aan alle
                  kante vernietig.
                • Met die stemme van die gematigdes het voorlopige vrede na
                  vore gekom.
                • Die gevolge is verergde polarisasie van openbare mening aan
                  beide kante.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                 RELIGIESTUDIES V1                                    13

        4.3.2    Tot watter omvang is die probleem godsdienstig?

                 VOORBEELD 1: Noord-Ierland

                 • Noord-Ierland is grondwetlik deel van die Verenigde Koninkryk,
                   wat hoofsaaklik Protestants is.
                 • Noord-Ierland se bevolking is op godsdienstige wyse tussen die
                   Protestante en Katolieke verdeel, met die Katolieke in die
                   meerderheid.
                 • Vir dekades al baklei sommige Katolieke in Noord-Ierland vir
                   onafhanklikheid van die Protestantse Verenigde Koninkryk.
                 • Noord-Ierland veg ook vir eenwording/samesmelting met die
                   Republiek van Ierland.
                 • Die protestante in beide Ierland en die Verenigde Koninkryk bied
                   teëstand teen ŉ wegbreek deur die Katolieke.
                 • Die gevolg is ŉ lang en gewelddadige intragodsdienstige konflik.
                 LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word.

                 VOORBEELD 2: Palestina en Israel

                 • Die geskiedenis het die twee groepe genoeg redes gegee om te
                   veg.
                 • Dit is ook ŉ feit dat Israel voortgaan om grond vir nedersettings
                   by die Palestyne af te vat.
                 • As gevolg daarvan het die Palestynse ekstremiste verskeie
                   aanvalle op Israel gedoen.
                 • Hierdie aanvalle het Joodse opinie tydens hulle verkiesing na
                   die radikaal godsdienstige regs laat beweeg.
                 • Met die stemme van die gematigdes is voorlopige pogings
                   aangewend vir vrede.
                 • Geweld het die stemme van die gematigdes aan beide kante
                   stilgemaak.
                 • Die gevolge is verergde polarisasie van openbare mening aan
                   beide kante.
                 • Dit is geensins ŉ godsdienstige konflik tussen Jood en Moslem
                   nie.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.               (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                                RELIGIESTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2023)

        4.3.3   Wat kan godsdienstige organisasies doen om vrede te
                bevorder?
                • Godsdiens organisasies kan as bemiddelaars optree om
                  godsdienstige verskille aan te spreek.
                • Godsdiens kan die regerings van lande waar godsdienstige konflik
                  plaas vind, aanmoedig om ŉ werkende ooreenkoms te teken dat
                  hulle nie by godsdienstige konflik sal inmeng nie.
                • Godsdiens organisasies moet ooreengekome reëls hê vir die oplos
                  van godsdienstige konflik.
                • Godsdiens organisasies kan raad gee aan strydende faksies oor
                  ŉ vreedsame samelewing.
                • Godsdiens organisasies kan forums vir dialoog skep.
                • Godsdiensorganisasies moet verskillende godsdienste en kulture
                  respekteer.
                • Verdraagsaamheidsopleiding vir skole en instellings van hoër
                  onderrig moet gestig word.
                • Godsdiens leiers en gemeenskappe moet begrip en respek vir
                  ander godsdienste toon.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (12)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                RELIGIESTUDIES V1                                     15

VRAAG 5

5.1     Stereotipes uit leesstuk
        • Jode is gierig: Nie alle Jode is ryk en gierig nie.
        • Katolieke: ŉ Klein minderheid is skuldig aan hierdie misdryf. Daar was
           ook heelwat vals aantygings.
        • Islam: Terrorisme word nie deur Islam aangemoedig nie.
        • Boeddhisme: Nie alle Boeddhiste is monnike nie. Sommige Boeddhiste
           was onlangs by gruwelike menseregte skendings betrokke.
        LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                           (4)

5.2     5.2.1    Hoe media oor godsdiens kwessies verslag doen
                 • Die algemene houding is om godsdiens negatiewe publisiteit te
                   gee.
                 • Mediaverslaggewing oor godsdienstige kwessies is oppervlakkig.
                 • Verslaggewers benader godsdienstige kwessies meesal uit ŉ
                   sekulêre en politieke perspektief/oogpunt.
                 • Verslaggewers kan selektief wees en slegs dit wat kontroversieel
                   is, publiseer.
                 • Teenoor ortodokse gelowe is die toon meestal vyandig, terwyl dit
                   teenoor minderheidsgodsdienste positief is.
                 • Die mense met wie die meeste onderhoude gevoer word, is
                   diegene wat ortodokse godsdienste bevraagteken.
                 • Verslaggewers kan bevooroordeeld en partydig wees.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (6)

        5.2.2    VOORBEELDE
                 • Verslaggewers berig net oor Katolisisme wanneer seksuele
                   misbruik vermoed word.
                 • Hulle berig nooit oor teologiese of geestelike sake nie.
                 • Spotprente van Profeet Mohammad is gepubliseer alhoewel
                   Moslem-gemeenskappe die media ingelig het dat Islam nie enige
                   uitbeeldings van die Profeet toelaat nie.
                 • Meer koerante het die spotprente gepubliseer ten spyte van
                   wydverspreide besware daarteen.
                 • Minderheidsgodsdienste: Die Baha’i-geloof word positief gedek.
                 • Ekstremiste bestaan in alle godsdienste, selfs in sekulêre
                   gemeenskappe.
                 • Godsdienstige ekstremiste in alle godsdienste word egter nie
                   gedek nie.
                 • Ekstremiste in Islam kry die meeste dekking, terwyl ekstremiste in
                   Boeddhisme (Mahayana) of Hindoeïsme min of geen aandag kry
                   nie.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

16                                RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2023)

5.3   Faktore wat die media kan beïnvloed oor hoe hulle oor godsdienstige
      kwessie verslag doen
      • Drukgroepe, in beide burgerlike samelewing en die regering, verseker dat
        media-artikels hulle belange ondersteun.
      • Joernaliste se verslaggewing weerspieël slegs hulle eie vooroordele.
      • Joernaliste is dikwels nie kundig oor godsdienste nie, en daarom word
        inligting dikwels verkeerd geïnterpreteer.
      • Nie elke gebeurtenis of storie het dieselfde nuuswaarde nie.
      • ŉ Artikel dat alles by ŉ Middernagmis goed afgeloop het, het min
        nuuswaarde.
      • Die media floreer op sensasionalisme.
      • Daar word gereken dat negatiwiteit goed verkoop, en so ook misdaad.
      • Media mense word dus aangespoor om berigte rondom hierdie temas te
        organiseer of te ‘skep’.
      LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                           (10)

5.4   Moontlike gevolge van stereotipering in verskeie religieë
      • Wanneer ons mense op grond van godsdienstige geloof/oortuiging
        voortydig oordeel, kan ons dalk op so ŉ wyse optree dat dit individue of
        groepe negatief beïnvloed.
      • Dikwels dink ons nie eens oor die stereotipes of vooroordele wat ons het
        nie en kan ons mense seer maak of benadeel sonder om dit te besef.
      • Ons dink dalk dat ons optrede eenvoudig die werklikhede of vermoëns van
        mans en vroue akkuraat weergee, maar eintlik diskrimineer ons en
        bevorder ongelykheid.
      • Selfs al word ŉ stereotipe as positief beskou of bedoel, kan die feit dat nie
        alle mense in daardie groep aan daardie standaard voldoen nie, dikwels lei
        tot ŉ ‘positiewe’ stereotipe wat spesifieke individue benadeel, bv. Wes-
        Afrikane is ryk.
      LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                             (8)

5.5   Wat kan die media doen om stereotipering van religieë te neutraliseer
      • Verbeter joernaliste se professionele vaardighede.
      • Kulturele sensitiwiteit soos om stereotipering te vermy moet aangemoedig
        word.
      • Verhoog media diversiteit.
      • Verskerp leierskap in die mediabedryf.
      • Ondersteun opvoedkundige en godsdienstige media wat ŉ globale
        perspektief bied.
      • Sosiale media kan groter vryheid van spraak toelaat.
      • Dit kan gebruik word om godsdienstige stereotipering uit te daag.
      LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)              RELIGIESTUDIES V1                                  17

5.6     As ŉ jongmens, hoe sal jy godsdiens gemeenskappe adviseer oor die
        gebruik van elektronies media, soos die internet, televisie en sosiale
        netwerke om te verseker dat hul boodskappe reg verstaan word?
        • Organiseer werksessies en leer gemeenskappe hoe om betroubare
          inligting na te vors en te publiseer.
        • Hulle moet hul optrede/handelinge op ŉ ‘ouderdomsgeskikte’ wyse
          adverteer om die aandag van die kykers te trek.
        • Hulle programme moet gebruiksvriendelik en toeganklik wees.
        • Kry borge om hulle programme te befonds, sodat dit vir gemeenskappe
          bekostigbaar sal wees.
        • Skep ŉ toep (‘app’) wat alle gemeenskappe en die godsdienstige
          gemeenskap finansieel sal bevoordeel.
        • Waarsku die gemeenskap oor valse/onwaar nuus en onakkurate
          inligting.                                                               (8)
                                                                                  [50]

                                                       TOTAAL AFDELING B:         100
                                                           GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
