# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2024

                RELIGIESTUDIES V1
                  NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.

                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   RELIGIESTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   1.1.1    B – ŉ toestand van volmaakte geluk                                          (1)

      1.1.2    B – ŉ lering met absolute outoriteit                                        (1)

      1.1.3    B – Baha’u’llah                                                             (1)

      1.1.4    B – die pad van die Heelal                                                  (1)

      1.1.5    C – Die geloof en aanbidding van een god                                    (1)

      1.1.6    C – Hindoeïsme                                                              (1)

      1.1.7    B – Iran                                                                    (1)

      1.1.8    A – ŉ Versameling van leringe van die Profeet Mohammed                      (1)

      1.1.9    B – inheems                                                                 (1)

      1.1.10 A – die nagmaal                                                               (1)

1.2   1.2.1    reïnkarnasie                                                                (2)

      1.2.2    joga                                                                        (2)

      1.2.3    universeel                                                                  (2)

      1.2.4    jang/yang                                                                   (2)

      1.2.5    Judaïsme, Afrika Tradisionele Godsdiens, Hindoeïsme (Enige EEN)             (2)

1.3   1.3.1    Onwaar. Voorvaders word in Afrika Tradisionele Godsdiens vereer.            (2)

      1.3.2    Waar                                                                        (2)

      1.3.3    Onwaar. Kosjer is wat toelaatbaar is om in Judaïsme te eet.                 (2)

      1.3.4    Onwaar. Hindoeïsme het ŉ kastestelsel. Islam het nie.                       (2)

      1.3.5    Onwaar. Dharma is die weg van hoër waarhede van die
               Boeddhistiese godsdiens.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 RELIGIE STUDIES V1                                          3

1.4    1.4.1    D – Politeïsme                                                             (2)

       1.4.2    E – Taoïsme                                                                (2)

       1.4.3    A – Tripitaka                                                              (2)

       1.4.4    B – Voorvaders                                                             (2)

       1.4.5    C – Kruistogte                                                             (2)

1.5    1.5.1    Vergelykbaarheid                                                           (2)
                • Dit verwys na ŉ vergelyking wat gemaak kan word tussen
                   godsdienstige groepe of godsdienstige instellings (bv.
                   denominasies).
                • Dit beteken nie dinge is dieselfde nie.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.

       1.5.2    Eendersheid
                • Om eenders te wees.
                • Om soos ŉ ander godsdiens te wees.
                • Twee of meer dinge kan dieselfde wees.
                • Dieselfde tipe, met dieselfde natuur, met dieselfde vorm.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                   (2)

       1.5.3    Identiteit
                • Identiteit beteken individualiteit.
                • Dit beteken die godsdiens het individualiteit of ŉ sekere
                   persoonlikheid.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                   (2)

1.6    Karma
       • Karma is die oortuiging dat elke aksie ŉ gevolg (resultaat) het, wat of goed
         of sleg kan wees.
       • Hierdie gevolg sal óf in hierdie lewe óf in toekomstige lewe ervaar word.
       • So, ŉ persoon se huidige lewe is dus die resultaat van wat in hul vorige
         lewe gebeur het.

       Ubuntu
       • Ubuntu is ŉ Afrika woord wat respek beteken.
       • Ubuntu beteken om na die welstand van ander om te sien.
       LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                            (4)

                                                           TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   2.1.1   Oortuigings/Geloof
              • Dit verwys na wat aanhangers beweer waar is.
              • Dit vorm die fondasie wat mense saam bring vir ŉ gemeenskaplike
                doel en help om ŉ gedeelde identiteit te skep.
              • Geloof beteken ŉ ferm oortuiging, byvoorbeeld volgens die Joodse
                geloof is daar slegs een God, naamlik YAHWEH.
              LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                        (4)

      2.1.2   Mites
              • Bevat soms historiese of metaforiese materiaal.
              • Die woord mite kom van die Griekse woord ‘mythos’ wat woord of
                 fabel beteken.
              • Mites openbaar die dieper waarhede oor die skepping, lewe en die
                 dood.
              LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                        (4)

      2.1.3   Allegorie
              • Allegorie is baie soos ŉ gelykenis.
              • Dit is ŉ storie wat vertel word om ŉ beginsel te illustreer.
              • ŉ Allegorie kan baie langer as ŉ gelykenis wees.
              • Dit is nie beperk tot die maak van net een enkele punt nie.
              LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                        (4)

2.2   2.2.1   Onderskei tussen straf en beloning in Afrika Tradisionele
              Godsdiens.

              • Die geloof in voorvaders wys dat die siel onsterflik is en dat daar
                lewe na die dood is.
              • Lewe na die dood hou nie straf of beloning in nie.
              • Dit, word geglo, vind plaas terwyl mense lewe.
              • Goeie dade word in hierdie lewe beloon deur die voorvaders, wie die
                mondstukke van die skepper is.
              • Om die harmonie te versteur deur disrespek, om bose dinge aan
                God se skepping te doen, of om nie jou verantwoordelikheid na te
                kom nie, word gesien as verkeerd.
              • Ongeluk en siekte is die resultaat van straf deur die voorvaders.
              • ŉ Ritueel om die voorvaders gelukkig te maak, moet dan gedoen
                word.
              • Oortreders doen hul belydenis in die openbaar en vra om vergifnis.
              • Die oortreders word vergewe en genees vir wat hulle gedoen het.
              LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                        (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 RELIGIE STUDIES V1                                         5

        2.2.2    Beskryf DRIE faktore wat die godsdienstige identiteit van
                 mense vorm.

                 • Die godsdienstige identiteit van ŉ persoon word deur sekere
                   rituele gevorm.
                 • Godsdienstige identiteit word ook deur godsdienstige simbole
                   gevorm.
                 • Kleredrag vorm ook godsdienstige identiteit.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (6)

2.3     Noem enige TWEE unieke kenmerke van elk van die volgende
        godsdienste:

        2.3.1    Afrika Tradisionele Godsdiens

                 • ATG het nie ŉ heilige boek nie.
                 • Leringe en rituele word van een generasie na ŉ ander generasie
                   deur die gesproke woord oorgedra.
                 • Daar is geen spesiale dag van aanbidding nie.
                 • Kommunikasie met die voorvaders deur die offer van diere is ŉ
                   uniek kenmerk van Afrika Tradisionele Godsdiens.
                 • Die voorvaders het die mag om siekte en ongeluk, geluk en
                   gesondheid te gee.
                 • Wanneer mense sterf, word daar geglo dat hulle by die geestes-
                   wêreld aansluit.
                 • Die deel van ŉ gemeenskaplike maaltyd sodat die lewendes met
                   die voorvaders kan kommunikeer, is baie belangrik.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (4)

        2.3.2    Judaïsme

                 • Jode glo dat hulle ŉ verbond met God het.
                 • God word gesien as ŉ Vaderfiguur, wie beide hulle Skepper en
                   Beskermer is.
                 • God is heilig en hulle word verbied om selfs Sy naam te noem.
                 • Hulle lê meer klem op die korrekte manier van lewe, as in geloof.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (4)

        2.3.3    Islam
                 • Moslems glo dat daar slegs een God is, en dat sy naam Allah
                     is.
                 • Hulle glo dat Allah verskeie profete gestuur het, maar dat die
                     finale boodskapper die Profeet Mohammed is.
                 • Hul primêre bronne is die Koran en die Hadith.
                 • Hulle glo in die finale oordeel wanneer die mensdom geoordeel
                     gaan word.
                 • Hulle glo dat die Koran in Arabies geopenbaar is.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2024)

      2.3.4   Christendom
              • Christene glo in die Here Jesus Christus as die Seun van die
                lewende God.
              • Hulle glo dat God sy Seun gestuur het om te sterf vir die sonde
                van die wêreld.
              • Hulle glo dat God die menslike vorm van Jesus Christus
                aangeneem het.
              • Christene glo in die Drie-Eenheid – die Vader, die Seun en die
                Heilige Gees.
              • Christene glo dat Jesus die enigste weg na God is.
              LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (4)

2.4   Algemene kenmerke wat tussen Hindoeïsme en Boeddhisme bestaan.
      • Beide glo in reïnkarnasie (‘samsara’)
      • Beide het heilige boeke
      • Beide neem deel aan rituele
      • Aanhangers vier spesiale heilige dae
      • Beide het in Indië ontstaan
      LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                         (8)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               RELIGIE STUDIES V1                                         7

VRAAG 3

3.1    3.1.1   Verduidelik kortliks die konsep godsdiensvryheid.
               • Godsdiensvryheid beteken dat alle mense vry moet wees om hul
                 godsdienstige oortuigings uit te oefen.
               • Die konsep godsdiensvryheid beteken dat mense kan nie
                 geforseer word om na ŉ ander godsdiens oor te gaan nie.
               • Godsdienstige vryheid impliseer dat almal oral die vryheid van
                 keuse het oor wat hulle wil glo oor God.
               • In Suid-Afrika, geniet mense godsdiensvryheid en die Konstitusie
                 verbied onregverdige diskriminasie.
               LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (4)

       3.1.2   Definieer die konsep godsdienstige verdraagsaamheid.
               • Godsdienstige verdraagsaamheid beteken om godsdienstige
                 oortuigings en praktyke anders as jou eie, te verstaan en te
                 respekteer.
               • Die gewilligheid om opinies en gedrag waarvan jy nie hou nie of
                 mee saam stem nie, te verdra.
               • Godsdienstige verdraagsaamheid is waar mense ander toelaat
                 om godsdienste en oortuigings wat anders is te beoefen.
               LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (6)

       3.1.3   Dink jy godsdiensvryheid is voor 1994 in Suid-Afrika beskerm.
               Gee redes vir jou antwoord.
               • Godsdiensvryheid was nie tydens apartheid beskerm nie.
               • Tydens apartheid was slegs Christendom as ŉ staatsgodsdiens
                  erken.
               • Christendom was die dominante godsdiens.
               • Christelike Nasionale Onderwys was die staat se
                  onderwysbeleid.
               • Bybelkunde, op hoërskole en Bybelonderrig, in laerskole, was
                  aangebied.
               • Daar was geen godsdiensvryheid op die wetboeke nie.
               • In demokratiese Suid-Afrika word alle godsdienste gelyke status
                  gegee.
               LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word.                 (10)

       3.1.4    Noem die menseregteskendings in Palestina.
                • Die onwettige moorde op Palestyne in Israel en die besette
                  gebiede.
                • Beperkings op Palestyne in Jerusalem.
                • Beperkings in terme van privaatheid.
                • Beperkings in die familie en huis.
                • Aansienlike inmenging met die vryheid om vreedsaam te
                  vergader en in vryheid van assosiasie.
                • Dreigemente van geweldpleging teen Palestyne.
                • Daar is rassediskriminasie.
                • Daar is geen arbeidsregte nie.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.               (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

3.2   3.2.1    Bespreek EEN voorbeeld van hoe die gebruik van sosiale media
               tot inter-godsdienstige konflik kan lei.
               • In 2012 is ŉ kort film met die naam “Innocence of Muslims” op
                  YouTube vrygestel.
               • Dit was ŉ aanval op die karakter van die Profeet Mohammed.
               • Dit het tot gewelddadige betogings in baie Moslemlande gelei.
               • Aanvanklik is berig dat die film deur Jode in die VSA gemaak en
                  befonds is.
               • Later is uitgevind dat dit deur ŉ Koptiese Christen wat in die VSA
                  woon, gemaak is.
               • Dit is deur ŉ Christelike maatskappy met die naam, ‘Media for
                  Christ’ befonds.
               • Hierdie film het tot verhoogde spanning tussen Christene en
                  Moslems gelei.
               • Media moet sensitief, onpartydig en objektief bly.
               LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                  (6)

      3.2.2    Noem VIER strategieë om die misbruik van sosiale media te
               verhoed.
               • Sosiale media maatskappye moet geen verdraagsaamheidbeleid
                 het rakende godsdienstige beledigings nie.
               • Daar moet ernstige sanksies teen rekeninghouers wees wat die
                 media misbruik (d.w.s. hierdie rekeninge moet aan die relevante
                 owerhede oorgegee word en rekeninge moet gevries word).
               • Godsdienstige organisasies moet vennootskappe met sosiale
                 media maatskappye vorm en plasings wat beledigende kan wees
                 monitor.
               • Anonieme plasings wat enige godsdiens beledig moet verwyder
                 word.
               LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word.                   (8)

      3.2.3    Noem DRIE strategieë wat die media gebruik om ons opinies te
               beïnvloed.
               • Uitgewers/Redakteurs besluit alleen watter gebeurtenisse
                  nuuswaardig is.
               • Hulle besluit ook hoeveel belangrikheid ŉ gebeurtenis gegee
                  word.
               • Die media probeer om nie hul borge/adverteerders te beledig nie,
                  omdat dit hul winste kan laat daal.
               • Die media gebruik sensasie omdat dit verkope aanmoedig.
               • Dus geniet kontroversiële sake meer aandag as suksesvolle
                  gebeure.
               • Groot mediamaatskappye besit verskeie media-afsetpunte. Al die
                  afsetpunte sal dieselfde opinie weergee.
               • Vir die niksvermoedende leser lyk dit asof verskillende redakteurs
                  almal oor ŉ saak saam stem, terwyl dit in werklikheid slegs die
                  opinie van een mediahuis is.
                  LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.               (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  RELIGIE STUDIES V1                                           9

VRAAG 4

4.1    4.1.1    Noem enige land in Afrika waar daar moontlike gewelddadige
                godsdienstige konflik voorkom.
                • Soedan
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                          (2)

       4.1.2    Verduidelik die redes waarom die Afrika-unie ontstaan het.
                • Dit het ontstaan om Afrika se demokrasie te help verseker.
                • Dit het ontstaan om menseregte te vestig.
                • Hul doel is die ontwikkeling van ŉ volhoubare ekonomie.
                • Dit was gestig om ŉ einde aan intra-Afrika konflik te beëindig.
                • Die Afrika-unie wou ŉ effektiewe gemeenskaplike mark skep.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet aanvaar word.                          (10)

       4.1.3    Wat is die redes vir die konflik in VRAAG 4.1.1?
                • Die verskuiwingslyne in die Darfur-samelewing kan tot meer as ŉ
                  100 jaar gelede nagespoor word.
                • Die meningsverskille in hierdie land is etnies/stamverband en
                  kultureel.
                • Dit kom voor asof godsdiens nie die hoofbron van konflik is nie.
                • Die meeste mense is Soenni-Moslems, soos ook in die regering in
                  Kartoem.
                • Daar is ook Christene en animiste.
                • Nomade en boere het vir baie eeue ŉ poging aangewend om saam
                  met mekaar te leef, maar toe kos skaars geword het, het
                  mededinging om skaars hulpbronne konflik veroorsaak.
                • Die Soedanse regering wou Sjaria-wette in die land afdwing.
                • Die konflik was ook ekonomies.
                • Die regering wou beheer hê oor die ryk Heglig-olievelde.
                • Selfs na Suid-Soedan in 2011 onafhanklikheid van Kartoem bekom
                  het, het die gewapende konflik steeds in die streek voortgedeur.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet aanvaar word.                              (8)

       4.1.4    Analiseer krities die rol van godsdiens in die konflik.
                • Godsdiens speel ŉ baie klein rolletjie in die konflik, daarom is dit nie
                  ŉ godsdienstige konflik nie.
                • Geen poging was deur een godsdiens aangewend om die ander te
                  bekeer nie.
                • Die afdwing van Sjaria-wette is dus nie die oorsaak van die konflik
                  nie.
                • Die burgeroorlog in die land het sover as 1955 begin.
                • Daar is talle verdelings (ekonomies, kultureel en stam), wat selfs na
                  die stigting van Suid-Soedan voortdeur.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet aanvaar word.                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 RELIGIESTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2024)

      4.1.5    Wat kan godsdienstige organisasies doen om politieke vrede te
               bring?
               • Godsdienstige hulp-organisasies is belangrik in die voorsiening
                  van praktiese ondersteuning in die konflik-gebiede.
               • Daar is godsdienstige organisasies soos die ‘Islamic Relief
                  Agency’, en die “Catholic Agency for Overseas Development”.
               • Die voorsiening van boumateriaal en mediese hulp.
               • Godsdiens organisasies voorsien ook kos.
               • Hulle lei plaaslike gemeenskappe oor lewensvaardighede op, wat
                  mense help om die uitdagings van gewelddadige konflik die hoof
                  te bied.
               • Terwyl godsdiens organisasies teen konflik is, is hulle magteloos
                  om dit te stop.
               LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (10)

4.2   Verduidelik die volgende terme in die konteks van godsdiens.

      4.2.1    Ideologie
               • Het te doen met die oorkoepelende wêreldbeskouings wat
                  betekenis vorm en algehele bestaanspatrone.
               • Dit word afgedwing deur die dominante groepe wat mag het.
               • Dit is ŉ stel beginsels oor hoe ŉ gemeenskap georden moet word.
               • Ideologieë word altyd beveg.
               • Daarom dat daar so baie ideologieë in die wêreld is.
               • Dit is die breedste kategorie om te beskryf wat aanhangers van ŉ
                  godsdiens glo.
               • Voorbeelde hiervan is kommunisme en Marxisme.
               LET WEL: Enige relevant antwoord moet gekrediteer word.                    (4)

      4.2.2    Doktrine/Leerstellings

               • Dit verwys meer na die rol van intellektueles in godsdienstige
                 gemeenskappe wie godsdienstige oortuigings organiseer in
                 samehorige filosofiese patrone.
               • Is ŉ stel godsdienstige leringe/beginsels of oortuigings.
               • Daar is altyd argumentering en onderhandeling want doktrines
                 word saamgestel in verhouding tot filosofiese wêreldbeskouings.
               • Doktrines word gewoonlik betwis in verhouding tot die Griekse
                 filosofieë van die tyd.
               • Die doktrine van Christus se wese as beide God en mens het
                 ontwikkel in verhouding tot die Griekse begrip van natuur en wese.
               LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  RELIGIE STUDIES V1                                   11

      4.2.3     Gelykenis
                • ŉ Gelykenis is ŉ storie wat ŉ dieper betekenis het as die eenvoudige
                   kant wat vertel word.
                • Dit is ŉ storie wat ŉ morele punt demonstreer.
                • Gelykenisse is binne die kulturele en sosiale omgewing van die
                   mense wat dit vertel.
                • Gelykenisse word maklik van een persoon na ŉ ander oorgedra.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                    (4)
                                                                                           [50]

VRAAG 5

5.1     Verduidelik die volgende konsepte in die konteks van religie:

        5.1.1     Sinkretisme
                  • Twee verskillende geloofstelsels wat gekombineer word om ŉ nuwe
                     een te vorm.
                  • Die praktyke, gelowe en denkpatrone van verskillende tradisies
                     word geakkommodeer en aangepas, of selfs gemeng.
                  • ŉ Voorbeeld is Sikhisme, wat ŉ kombinasie van Islam en
                     Hindoeïsme is.
                  LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                     (2)

        5.1.2     Pluralisme
                  • Pluralisme is die geloof dat alle godsdienste paaie na die waarheid
                     is.
                  • Alle godsdienste is ten volle waar.
                  LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                     (2)

        5.1.3     Inklusivisme
                 • Volgens hierdie siening, glo aanhangers dat ander godsdienste
                     goed is, maar die volle waarheid kan slegs in sy of haar godsdiens
                     gevind word.
                  LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                     (2)

        5.1.4     Eksklusivisme

                  •   Volgens hierdie siening, glo aanhangers dat slegs hul siening oor
                      goddelikheid waar is.
                  •   Ander godsdienste is vals.
                      LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                 (2)

        5.1.5     Onderskei tussen inter-religieuse en intra-religieuse konflik.

                  • Inter-religieuse konflik vind plaas wanneer twee godsdienste in
                    konflik is, byvoorbeeld Islam en Christendom.
                  • Intra-religieuse konflik is wanneer twee groepe binne dieselfde
                    godsdiens in konflik is, byvoorbeeld Katolieke en Protestantse
                    (Christen), of Soenni en Shia (Moslem)
                  LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 RELIGIESTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

5.2     5.2.1   Bespreek die ontwikkeling van Afrika-geïnisieerde kerke in Suid-
                Afrika.
                • Afrikane was nie gelukkig om aan Europese-beheerde kerke te
                    behoort nie.
                • Swart (Afrikane) kerkleiers en predikers wou hul eie kerke het
                    wat geheel en al deur Swart (Afrikane) beheer.
                • Vanaf ongeveer die einde van die 19de eeu, het Swart kerke
                    begin ontstaan.
                • Dit was georganiseer en deur swartmense gelei.
                • Dit is waarom dit Afrika Onafhanklike Kerke (AOK) genoem was.
                • Hul oortuigings en strukture was baie soos die wit sendingkerke.
                • Hul invloed het baie te doen gehad met die ontwikkeling van
                    verskillende kerke soos die Sioniste en Apostoliese kerke.
                • Hulle het op geestelike en fisiese genesing gekonsentreer en het
                    aspekte van Afrika Tradisionele Godsdienste se oortuigings en
                    praktyke ingesluit.
                • Tans is daar meer mense wat aan hierdie kerke behoort as
                    enige ander Christelike denominasie in SA.
                • Die volgende is Sion Christelike Kerke, Bandla lama Nazareth,
                    Ethiopiese tipe kerke ander Afrika onafhanklike kerke.
                • Hierdie kerke word soms Afrika Inheemse Kerke genoem.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.               (10)

        5.2.2   Verduidelik die gemeenskaplike oortuigings wat deur
                Abrahamitiese godsdienste gedeel word.
                • Hulle is glo in een God (monoteïsties).
                • Hulle deel baie profete – Abraham, Isak, Moses, ensovoorts.
                • Hulle glo in ŉ oordeelsdag.
                • Hulle glo in lewe na die dood.
                • Hulle glo in engele.
                • Hulle glo in die bestaan van satan.
                LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.

        5.2.3   Bespreek die konsep lering in die konteks van religie.

                 • Lering beteken om te leer.
                 • Dit beteken om inligting te gee.
                 • Dit beteken ook om kennis mee te deel om geloof in ŉ spesifieke
                   godsdiens te versterk.
                 • In godsdiens, beteken dit spesifiek om sistematiese inligting te
                   gee oor ŉ onderwerp of aspek van godsdiens.
                 • Lering is ŉ normatiewe verduideliking van iets.
                 • Lering speel verskillende rolle in verskillende godsdienste.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.              (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                RELIGIE STUDIES V1                                   13

5.3     Bespreek die rol van intergeloof-samewerking ten opsigte van die
        volgende.

        5.3.1    HIV en Vigs
                 • Vigs pasiënte word versorg.
                 • Die HIV- en Vigs-hulplyn is met die samewerking van
                    verskillende godsdienste geskep.
                 • Die leiers van verskillende godsdienste neem betekenisvol
                    deel aan die sorg van HIV- en Vigs-pasiënte.
                 • Gebede word gedoen sonder diskriminasie teenoor enige HIV-
                    en Vigs-pasiënte.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.               (4)

        5.3.2    Anti-geslagsgebaseerde-geweld
                 • Godsdiensleiers moet opgelei word om hul volgelinge te leer
                   hoe om geslagsgebaseerde-geweld korrek te hanteer.
                 • Staan vir die skryf van wetgewing en die toepassing daarvan om
                   gemeenskapslede te beskerm.
                 • Skep multigodsdienstige sentrums waar mense hulp of regshulp
                   kan ontvang.
                 • Godsdiensleiers kan optogte reël na die parlement om teen
                   geslagsgebaseerde-geweld te protesteer.
                 LET WEL: Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.               (4)
                                                                                       [50]

                                                         TOTAAL AFDELING B:            100
                                                             GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — Religion Studies · QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
