# Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/1e1b313a-c7cd-4cde-8064-d9b1224b838e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/1e1b313a-c7cd-4cde-8064-d9b1224b838e)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/bd0105b4-f284-444e-b919-6c59288291c1) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2022

                     RELIGIESTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                   RELIGIESTUDIES V1               (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

 2.     AFDELING A: VERPLIGTEND
        AFDELING B: Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 3.     Lees AL die vrae noukeurig deur.

 4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Die lengte van jou antwoord moet ooreenstem met die punte wat aan elke
        vraag toegeken is.

 6.     Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                   RELIGIESTUDIES V1                                       3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1    Die godsdiensgroep wat glo dat die Tora oor tyd deur mense
                 geskryf is:

                 A     Ortodokse Judaïsme
                 B     Konserwatiewe Judaïsme
                 C     Hervormde Judaïsme
                 D     Chassidiese/Hassidiese Judaïsme                                      (1)

        1.1.2    “Alle godsdienste aanbid en glo in dieselfde God.” Dit is die sentrale
                 boodskap van …

                 A     Afrika Tradisionele Godsdiens.
                 B     die New Age-beweging.
                 C     die Christendom.
                 D     die Bahá’i-geloof.                                                   (1)

        1.1.3    ŉ Onbesnedene is …

                 A     ŉ persoon wat ŉ sagte geaardheid het.
                 B     ŉ Jood.
                 C     enige persoon wat NIE ŉ Jood is NIE.
                 D     ŉ Christen.                                                          (1)

        1.1.4    Hierdie godsdiens verwerp die idee dat mense siele het wat na die
                 dood voortleef:

                 A     Hindoeïsme
                 B     Bahá’i-geloof
                 C     Boeddhisme
                 D     Taoïsme                                                              (1)

        1.1.5    Die oudste van al die Hindoe-skole is …

                 A     Shaktisme/Sjaktisme.
                 B     Vaishnavisme.
                 C     Smartas.
                 D     Shaivisme.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                     RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

        1.1.6        Eienskappe wat interessante ooreenkomste en verskille toon:

                     A    Eenheid
                     B    Vergelykbaarheid
                     C    Ideologie
                     D    Identiteit                                                          (1)

        1.1.7        Hierdie tipe stelling dui aan watter dinge goed of sleg is en watter
                     handelinge reg of verkeerd is:

                     A    Beskrywende stelling
                     B    Normatiewe stelling
                     C    Egtheidstelling
                     D    Komplementêre stelling                                              (1)

        1.1.8        Die idee dat alle vorms van lewe verbind is en ŉ gemeenskaplike
                     oorsprong het, verwys na elemente van …

                     A    skepping.
                     B    sekularisme.
                     C    evolusie.
                     D    godsdiens.                                                          (1)

        1.1.9        Beide dring aan op die transendensie van God en neem die
                     gebod teen die besit van afbeeldings van God baie ernstig op:

                     A    Hindoeïsme en Islam
                     B    Afrika Tradisionele Godsdiens en Christendom
                     C    Hindoeïsme en Boeddhisme
                     D    Judaïsme en Islam                                                   (1)

        1.1.10       Iemand wat op ŉ bonatuurlike wyse insig in die onbekende of
                     toekoms kry:

                     A    Voorvader
                     B    Khoi-Khoi
                     C    Waarsêer
                     D    Die wat-nog-gebore-moet-word                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                RELIGIESTUDIES V1                                       5

 1.2    Kies ŉ item uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) neer,
        byvoorbeeld 1.2.7 I. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik NIE.

                        KOLOM A                              KOLOM B
        1.2.1    Die Tien Gebooie is op hierdie      A    Voorvaders
                 berg aan Moses gegee

        1.2.2    Hierdie vorm van Christendom het    B    Tenzin Gyatso
                 sy oorsprong in Afrika

        1.2.3    Familielede wat afgesterf en by     C    Inkwisisie
                 die geesteswêreld aangesluit het

        1.2.4    Die Dalai Lama, leier         van   D    Pluralisme
                 Tibettaanse Boeddhisme

        1.2.5    Die Rooms Katolieke Kerk het in     E    Ateïsme
                 die 15de eeu hierdie geregshof in
                 Spanje    gevestig     om   teen
                 dwaalleer/kettery te waak

        1.2.6    Alle godsdienste is weë na die      F    Sinai
                 waarheid en is ewe geldig

                                                     G    Afrika Tradisionele
                                                          Godsdiens

                                                     H    Afrika-geïnisieerde
                                                          Kerke
                                                                             (6 x 1)     (6)

 1.3    Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
        woord en ŉ rede waarom dit NIE pas NIE langs die vraagnommer
        (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou;
        ANTWOORD: Sirkel
        REDE: Die ander drie is kleure.

        1.3.1    Verering; Eerbiedig; Aanbid; Waarsêer                                   (2)

        1.3.2    Identiteit; Tao; Vergelykbaarheid; Eenheid                              (2)

        1.3.3    Monoteïsme; Ateïsme; Politeïsme; Sinkretisme                            (2)

        1.3.4    Vyf Pilare; Vier Edele Waarhede; Godsdienstige Vryheid; Nagmaal         (2)

        1.3.5    Koning; Sondag; Stam; Hoofman                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                    RELIGIESTUDIES V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.4    Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf
        slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.4.1        Die wetenskap van die vertolking van godsdienstige tekste word …
                     genoem.                                                                  (2)

        1.4.2        Die doelwit van die Agtvoudige Plan is om … te behaal.                   (2)

        1.4.3        In Hindoe-gemeenskappe staan die laagste kaste as die
                     ‘onaanraakbares’ of … bekend.                                            (2)

        1.4.4        Om ŉ lewe van ŉ godsdienstige instelling en simbole te lei, word
                     … genoem.                                                                (2)

        1.4.5        Die stigter van Taoïsme was …                                            (2)

 1.5    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’
        of ‘onwaar’ en die rede langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer. Gee ŉ rede indien die stelling ONWAAR is.

        1.5.1        Sommige Afrikane het van die Christendom weggebreek omdat
                     Europeërs die tiendes en offergawes ingestel het.                        (2)

        1.5.2        Volgens die Taoïstiese geloof word die heelal deur God in die
                     skepping in stand gehou.                                                 (2)

        1.5.3        Die hoof van die Tibettaanse Boeddhisme is die Zen-leermeester.          (2)

        1.5.4        Die Nuwe Testament is die heilige teks van Judaïsme.                     (2)

        1.5.5        Alle Hindoe-sektes deel gemeenskaplike oortuigings, tradisies,
                     rituele en persoonlike godhede.                                          (2)

 1.6    Skryf TWEE feite oor ELK van die volgende:

        1.6.1        Kanon                                                                    (2)

        1.6.2        Sinkretisme                                                              (2)

                                                             TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)               RELIGIESTUDIES V1                                            7

 AFDELING B
 Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
 VRAAG 2
 2.1    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

           DESMOND TUTU, NOBELPRYS VIR VREDE, SUID-AFRIKAANSE
                                AKTIVIS
        Desmond Tutu is een van Suid-Afrika se bekendste menseregte-
        aktiviste … Bekend as die stem van die stemlose Swart Suid-Afrikaners
        was, hy ŉ uitgesproke kritikus van apartheid. Met sy menseregte werk het:
        “Tutu het sy doelwit geformuleer as ŉ demokratiese en regverdige
        samelewing sonder rasseverdelings.”
        Een van sy kenmerke was om intergeloofsdienste te hou by die St. George-
        katedraal in Kaapstad, ŉ stad wat ŉ reeks Christelike denominasies het,
        asook baie Moslems en Jode het. “Hy het almal in daardie katedraal
        ingetrek. Hy wou nooit hê dit moet net Christelik wees nie. Hy het nie
        godsdiens as verdelend gesien nie.”
        Miskien was die mees dramatiese episode sy ingryping om ŉ jong Swart
        Suid-Afrikaner te red van ŉ “halssnoer” -moord. Hy het hierdie praktyk – en
        alle geweld – herhaaldelik veroordeel as ŉ manier om apartheid te
        beëindig.
        Tutu het die Waarheids-en-Versoeningskommissie gelei. Sy nalatenskap
        is morele krag, morele moed en duidelikheid. Hy het saam met die mense
        gevoel. In die openbaar en alleen het hy gehuil omdat hy mense se pyn
        gevoel het.
        Die sentrale doel van die Kommissie was om versoening en vergifnis onder
        oortreders en slagoffers van apartheid te bevorder deur die volle
        openbaarmaking van die waarheid.
                                         [Geneem en vertaal uit youthforhumanrights.org]

        2.1.1    “ŉ Demokratiese en regverdige samelewing sonder rasse-
                 verdeling.”
                 Wat beteken hierdie aanhaling?                                              (2)
        2.1.2    Desmond Tutu het godsdiensvryheid             in   die   samelewing
                 aangemoedig. Stem jy saam?                                                  (4)
        2.1.3    “Tutu het een keer ŉ jong swart Suid-Afrikaner van ŉ halssnoer-
                 moord gered.”
                 Dink jy Desmond Tutu se aksies was in lyn met die Suid-
                 Afrikaanse konstitusie? Motiveer jou antwoord.                              (4)
        2.1.4    Wat was die doel van die Waarheids-en-Versoeningskommissie?                 (2)
        2.1.5    Desmond Tutu is waardig om nageboots te word. Stem jy saam?
                 Motiveer jou antwoord.                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                   RELIGIESTUDIES V1                          (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.2    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                     ELKE GODSDIENS HET OORTUIGINGS WAT NIE-
                            ONDERHANDELBAAR IS NIE

        In ATG word God verstaan as ŉ ontasbare, onsigbare verskynsel met die
        vermoë om dinge te penetreer en te ontlont. God is uiters groot en ver
        verwyderd vanaf die mensdom. Daarom tree voorvaders op as
        tussengangers tussen die mens en God.
                                                      [Geneem en vertaal uit scielo.org.za]

        Islam glo dat God (Allah) geen nageslag, geen ras, geen liggaam, en nie
        geaffekteer word deur die karaktertrekke van menslike lewe.
                                                      [Geneem en vertaal uit www.pbs.org]

        In Hindoeïsme het die allerhoogste God ontelbare goddelike kragte.
        Wanneer God vormloos is, word daar na Hom verwys met die term
        Brahmaan. Wanneer God vorm het, word daar na Hom met die term
        Paramatma verwys.
                                          [Vertaal en geneem uit www.mycentraljersey.com]

        2.2.1    Volgens die uittreksel verskil religieë van ander deur hul
                 oortuigings.
                 Wat word bedoel met:

                 (a)    Verskil                                                                (2)

                 (b)    Identiteit                                                             (2)

        2.2.2    Verwys na paragraaf 2.
                 “… voorvaders tree op as tussengangers tussen God en die
                 mens.”
                 Wat is die rol van die voorvaders as ŉ unieke eienskap in Afrika
                 Tradisionele Godsdiens?                                                       (4)

 2.3    Identifiseer EEN algemene kenmerk vir elk van die volgende groepe.

        2.3.1    Hindoeïsme en Boeddhisme                                                      (2)

        2.3.2    Afrika Tradisionele Godsdiens en die Afrika Geïnisieerde Kerke                (2)

 2.4    Noem TWEE voordele van die bestudering van die VERGELYKBAARHEID
        van godsdienste.                                                                       (4)

 2.5    Skryf TWEE unieke kenmerke van elk van die volgende godsdienste.

        2.5.1    Taoïsme                                                                       (4)

        2.5.2    Christendom                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)            RELIGIESTUDIES V1                                   9

 2.6    Verduidelik elk van die volgende konsepte en noem EEN godsdiens wat
        daarmee geassosieer word.

        2.6.1     Stam/Clan                                                       (4)

        2.6.2     Dharma                                                          (4)

 2.7    Religieë het algemene ooreenkomste.

        Noem EEN algemene ooreenkoms in godsdienste.                              (2)
                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                                    RELIGIESTUDIES V1                            (EC/SEPTEMBER 2022)

  VRAAG 3

  Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

  ‘MONUMENTALE RAMP’ SOOS OOS-KAAP SE INISIASIE DODETAL STYG
                           NA 34

  Die tol van jong ingelyfdes wat in die somer-inisiasieseisoen hul lewens in die
  Oos-Kaap verloor het, het tot 34 gestyg.

  Die Nasionale Uitvoerende Komitee van die Kongres van Tradisionele Leiers van
  Suid-Afrika (Contralesa) het skok oor die sterftes as ongeregverdig en
  onaanvaarbaar beskryf.

  Oos-Kaapse provinsiale Cogta-woordvoerder Mamnkeli Ngam, het die sterftes
  bevestig. In die meeste gevalle, het die meeste ingelyfdes van dehidrasie gesterf,
  nadat ouers blykbaar ‘amakhankatha’ (die tradisionele verpleër) opdrag gegee
  het om hulle drinkwater te weier.

  Inisiasie het te make met transformasie. Dit was nog altyd ŉ sentrale komponent
  van Afrika tradisionele kulture.

  Dit is ŉ teken van moed en dapperheid. Dit is ŉ leerskool vir die jongmanne om
  die samelewing se ideale en idees te leer ken.

  Mkiva het gesê: ‘Nie een enkele jongman behoort sy lewe te verloor, omdat hy
  die oorgangsrite van seun na manlikheid ondergaan het nie.’

  “Alle kriminele elemente wat betrokke is by die bestuur van valse inisiasieskole,
  moet van mensehandel en moord aangekla en beskuldig bevind word.’

                                         [Uittreksel geneem en vertaal uit www.timeslive.co.za]

  3.1    3.1.1       Verduidelik kortliks wat die opskrif van hierdie artikel beteken.             (2)

         3.1.2       Volgens die artikel wat is die redes vir die dood van die
                     ingelyfdes?                                                                   (4)

         3.1.3       Bespreek kortliks waarom hierdie ritueel (inisiasie) verpligtend is
                     vir Afrika Tradisionele kulture.                                              (6)

         3.1.4       Verskaf godsdienstige oplossings om die sterftes wat deur
                     besnydingsrituele veroorsaak word aan te spreek.                              (6)

         3.1.5       Dink jy dat dit die regering se verantwoordelikheid is om reëls en
                     regulasies oor inisiasie te proklameer?

                     Motiveer jou antwoord.                                                        (8)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                    RELIGIESTUDIES V1                                              11

  3.2    Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         WAAROM OORTUIGING BELANGRIK IN GODSDIENS IS

         Oortuiging is belangrik omdat gedrag belangrik is. Selfs oortuigings wat jy
         vir jouself probeer hou, kan jou optrede genoeg beïnvloed om ŉ saak van
         wettige kommer vir ander te word. Die krag van geloof setel in sy vermoë
         om vier dinge te doen: Geloof skep visie; Geloof skep wilskrag; Geloof
         Geloof skep veerkragtigheid; en Geloof ontbrand en aktiveer.

                                 [Uittreksel geneem en vertaal uit learnreligions.com; focus 3.com]

         GODSDIENSTIGE LERINGE

         Een van die mees algemene belangrikheid van godsdienstige lering is dat
         dit die student help om die plek van verskeie godsdienste in ons
         samelewing te verstaan. Dit help hulle om die belangrike vrae van hul eie
         innerlike self op te los en hierdie begrip dra by tot ŉ meer regverdige en
         samehangende samelewing.

                                        [Uittreksel geneem en vertaal uit targetstudy.com/articles]

         3.2.1         Gee ŉ kort verduideliking van die verhouding tussen Geloof en
                       Lering in die konteks van godsdiens.                                            (6)

         3.2.2         Gee ŉ gelykenis uit ENIGE godsdiens en verduidelik die
                       betekenis.                                                                      (6)

         3.2.3         Om verantwoordelik te wees vir ŉ mens se dade is ŉ algemene
                       godsdienstige lering. Bespreek kortliks die kwessie van
                       verantwoordelikheid met verwysing na die volgende godsdienste.

                       (a)   Afrika Tradisionele Godsdiens                                             (6)

                       (b)   Judaïsme                                                                  (6)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                                   RELIGIESTUDIES V1                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 4

 4.1    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

          ‘GODSDIENS IS EEN VAN DIE REDES VIR INENTING HUIWERING’
                       deur Shakirah Thebus, Nov. 9, 2021

        Kaapstad – Godsdiens blyk die vlieg in die salf te wees oor hoekom mense
        huiwerig is om teen Covid-19 ingeënt te word.

        Professor Myers het gesê huiwering word ook gesien by jongmense wat glo
        dat hulle nie ernstig siek sal word nadat hulle die virus opgedoen het nie en
        in godsdienstige groepe. “Ek dink daar moet een of ander beleidsbenadering
        wees om godsdiensleiers te probeer motiveer. Eers om godsdiensleiers op
        te lei om die lewensbelang van hul gemeentelede op die hart te hê. Om
        betrokke te raak by godsdienstige leiers wat anti-vaksinasie is en dan sal dit
        ook na die gemeentes deursyfer.”

        Een rede wat vir versoeke vir vrystelling op godsdienstige redes gegee word,
        is die gebruik van fetale selle afkomstig van beëindigde swangerskappe om
        entstowwe te ontwikkel. Kenners se dit spruit uit ŉ wanbegrip van die
        werklike wetenskap wat betrokke is.

        Dit het nie een Amerikaanse pastoor gekeer om na die fetale selkwessie te
        verwys as ŉ rede om entstowwe te vermy nie. Hy is in September aan
        Covid-19 dood.

        Navorsing toon dat inenting die beste manier is om die verspreiding van die
        koronavirus te keer.

                                                            [Geneem en vertaal uit iol.co.za]

        4.1.1        Is die artikel ten gunste van of teen inenting? Motiveer jou
                     antwoord.                                                                  (2)

        4.1.2        Ontleed hoe die media gewoonlik oor godsdienstige kwessies
                     berig.                                                                     (8)

        4.1.3        Dink jy dat die opinie in hierdie uittreksel slegs die Christelike
                     siening oor inenting verteenwoordig? Staaf jou antwoord deur na
                     die artikel te verwys.                                                     (4)

        4.1.4        Wat volgens die artikel is die argument van godsdienstige mense
                     teenoor inenting?                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                  RELIGIESTUDIES V1                                          13

  4.2    Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                  LGBTQIA MENSE IN SUID-AFRIKA IS ONDER AANVAL

         Simphiwe Mkhize sê hy het hom dikwels in bakleiery bevind met mede-
         leerlinge wat hom beledig het en hom name (beledigde opmerkings)
         genoem het, omdat hy gay is. Die pyn en seer was oor sy gesig geskryf.
         Sy verhaal is een van eindelose verhale van diskriminasie teen mense wat
         deel vorm van die LGBTQ-gemeenskap. Hulle mishandeling gaan dikwels
         gepaard met verwerping, geweld en selfs grusame sterftes.
         LGBTQIA mense is onder beleg. Lindokuhle Cele 23 het gesterf nadat hy
         meer as 35 steekwonde opgedoen het. Die mes is gevind wat in sy oog
         vasgesteek was, toe sy lyk in die Umlazi woonbuurt ontdek is.
         Die geweld, verwerping en diskriminasie strek oor alle rasse en gelowe.
         Neem die saak van Kriben Kribashnee van Durban. Kribashnee is ŉ
         professionele danser wat by klubs en godsdienstige seremonies optree. Sy
         is besig om ŉ Hindoe-priester te word en tree gereeld by plaaslike tempels
         op. Sy het transfobie van haar godsdienstige familie ervaar. Een van haar
         familielede het groen brandrissies op haar lyf gevryf. ‘Ek het nog nooit
         voorheen soveel pyn gevoel nie’ het sy gesê. Hulle het die polisie gebel
         en ŉ saak teen die man geopen.
         Volgens Sazzi Jali is sy deur ŉ man verkrag. Toe sy ŉ saak by die plaaslike
         polisiestasie gaan open het, het die beampte haar gevra wat sy aangehad
         het wat veroorsaak het dat sy verkrag is. ‘Hulle het my gevra of ek ŉ
         seuntjie of ŉ meisie is. Ek is van bakboord na stuurboord gestuur en ek het
         uiteindelik opgehou om polisiestasie toe te gaan’
                                                      [Geneem en vertaal uit timeslive.co.za]

         4.2.1       “LGBTQIA … Suid Afrika is onder aanval.” Wat beteken hierdie
                     aanhaling?                                                                  (2)

         4.2.2       Noem TWEE menseregte van LGBTQ-mense wat geskend word.                      (4)

         4.2.3       LGBTQ individue trotseer verskillende uitdagings. Stem jy saam?
                     Gee DRIE voorbeelde om jou antwoord te illustreer.                          (6)

         4.2.4       Dui aan hoe gemeenskappe verdraagsaamheid teenoor LGBTQ
                     individue kan beoefen.                                                      (6)

         4.2.5       Vir elkeen van die volgende godsdienste bespreek die leringe wat
                     menseregte bevorder:
                     (a)   Boeddhisme                                                            (4)
                     (b)   Islam                                                                 (4)
                     (c)   Afrika Tradisionele Godsdiens                                         (4)
  4.3    Die polisiebeampte het gevra wat sy aangehad het wat tot die verkragting
         gelei het.
         Dink jy die beampte se reaksie was korrek? Motiveer jou antwoord.                       (4)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                                    RELIGIESTUDIES V1                        (EC/SEPTEMBER 2022)

  VRAAG 5

  Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                 ONDENKBARE SUID-SUDAN GEWELD KAN OP
                      OORLOGSMISDADE NEERKOM

  Die olieryke Suid-Soedan is sedert Desember 2013 deur etniese geweld
  verswelg.

  ŉ Toename in gevegte tussen mededingende gewapende groepe wat in ooreen
  koms is met die regering en opposisiemagte in Suid-Soedan, het vanjaar die
  dood van tientalle burgerlikes tot gevolg gehad en ‘ondenkbare geweld’
  ontketen. Dit kan op oorlogsmisdade neerkom volgens Amnestie Internasionaal.
  In sy verslag het Amnestie gesê dit het met oorlewendes gepraat wat
  ontstellende verslae gegee het van ontsnapping van onoordeelkundige geweer-
  vuur.”

  “Hulle het ons beveel om te sit en gesê hulle gaan ons soos ŉ pampoen sny”,
  het ŉ 41-jarige Azande-vrou aan die regtegroep gesê. Sy en haar seun is
  gespaar toe pro-Azande-magte opgedaag het en op die mans wat hulle
  aangehou het, begin skiet het.

  Nog ŉ vrou, ŉ 20-jarige, beskryf hoe drie Azande-sprekende mans haar man
  vermoor het terwyl sy en haar driejarige dogtertjie moes toekyk.

                                                      [Geneem en vertaal uit aljezeera.com]

  5.1    5.1.1       Dink jy dat godsdiens die werklike probleem in hierdie konflik is?
                     Gee redes vir jou antwoord.                                               (6)

         5.1.2       Noem EEN intergodsdienstige organisasie wat vir vrede in
                     konflikgebiede in Afrika werk. Beskryf die werk wat gedoen word
                     en gee redes vir hierdie suksesse of mislukkings.                         (6)

         5.1.3       Volgens die uittreksel, wat is die gevolge van die geweld in Suid-
                     Soedan?                                                                   (4)

  5.2    Verbeel jou jy is die voorsitter van jou skool se studente
         verteenwoordigende raad. Stel DRIE maniere voor om godsdienstige
         verdraagsaamheid aan te moedig.                                                       (6)

  5.3    Verduidelik hoe godsdiens deel kan wees van die oplossing om konflik in
         gebiede wat deur geweld geraak word te voorkom.                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                  RELIGIESTUDIES V1                                         15

  5.4    Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

           MOSLEM-MEISIES WAT HIJAB DRA IS VERBIED OM KLASSE IN
                            INDIË BY TE WOON
         ŉ Groep van ses Moslemstudente by ŉ regeringskollege in Karnataka se
         Udupi-distrik, wat na bewering toegang tot klaskamers geweier is omdat
         hulle ŉ hijab (kopdoeke) dra, het beweer dat ŉ onderwyser gedreig het
         om hulle uit die klas te stoot.

         “Ons sit steeds buite die klas. Ons mag nie die klaskamer binnegaan nie”
         het Aliya Assadi, een van die ses student gesê. “Ons het eendag die
         klaskamer binnegegaan, maar die onderwyser se reaksie was: ‘As jy nie
         uit die klas gaan nie , sal ek jou uitstoot.” Die meisies het aan Al Jazeera
         gesê die ‘hijab’ is ‘deel van hul geloof’ en om dit uit te oefen is “hul reg
         gewaarborg onder die wet”.

         Hulle protes het die kollege-administrasie ontstel, wat hulle – volgens die
         groep, gedwing het om ŉ brief te skryf waarin hulle aanvaar dat hulle die
         klasse gemis het deur op hul eie tuis te bly.

         “Ons het probeer weier, maar die hoof en die onderwysers het ons
         gedreig dat hulle ons loopbane sou verwoes,’ het Muskan Zainab, nog ŉ
         student, aan Al Jazeera gesê.

         Die studente het egter ook vernedering en diskriminasie in die gesig
         gestaar. Die studente sê hulle is bekommerd oor die
         bywoningspersentasie wat vereis word om die jaarlikse eksamens te kan
         aflê.
         Rudre Godwa, die kollege se prinsipaal, het aan Al Jazeera gesê hulle
         kan nie toelaat dat die studente hijabs in klaskamers dra nie ‘aangesien
         dit nie deel van die uniform is nie’. Hy het gesê hulle hou by die voorskrifte
         wat deur die onderwysministerie uitgereik is.

         In ŉ 2018 uitspraak het ŉ hof het die reg gehandhaaf van ŉ
         opvoedkundige instelling oor die van ŉ individu, in ŉ saak deur twee
         Moslem skoolstudente gebring. Regter A. Mohammed het in die uitspraak
         gesê dat die essensie of vryheid beteken dat ŉ individu se belange een
         kant toe moet skyf vir die groter belang.

         Tog het senior advokaat Kaleeswaram Raj aan die BBC gesê dat jy of ŉ
         reg het of jy het nie ŉ reg nie. Dit is iets wat die konstitusie beskerm deur
         die gees van Artikel 25 (wat godsdiensvryheid) waarborg.

                                          [Geneem en vertaal uit Udupi hijab issue bbc.com]

         5.4.1         Verduidelik TWEE regte van die meisies wat geskend was.                 (4)

         5.4.2         Bespreek die verband tussen             godsdiensvryheid         en
                       godsdienstige verdraagsaamheid.                                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                                  RELIGIESTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2022)

         5.4.3       Watter druktaktiek het die administrasie gebruik om die meisies
                     oor te haal om in te gee?                                            (4)

         5.4.4       “In ŉ 2018 uitspraak het ŉ hof het die reg gehandhaaf van ŉ
                     opvoedkundige instelling oor dié van ŉ individu.” (paragraaf 4).
                     Stem jy saam met die uitspraak of nie? Motiveer jou antwoord.        (4)

         5.4.5       Verwys na paragraaf 5. “Dit is iets wat die konstitusie beskerm
                     deur die gees van Artikel 25 (wat godsdiens vryheid) waarborg.”

                     Wat sê die Suid-Afrikaanse konstitusie oor godsdiensvryheid?        (4)
                                                                                        [50]

                                                            TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2020-afrikaans/f4c6cd3c-439a-4099-b9a8-1afb7dfcab69) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
