# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-afr/49a175d6-934c-4953-a53c-7a594b13d9b1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-afr/49a175d6-934c-4953-a53c-7a594b13d9b1)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V1

                                          2015

                                                                    PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                                DBE/2015
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                                     DBE/2015
                                              SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byoorbeeld 1.1.11 D.

          1.1.1      Ekumenisme is ...

                     A     wanneer jy nie toegelaat word om aan godsdienstige rituele
                           deel te neem nie.
                     B     om die misdade wat gepleeg is, reg te stel.
                     C     om eenheid tussen kerke te bevorder.
                     D     om streng by die tradisies en praktyke van 'n godsdiens te
                           hou.                                                                    (1)

          1.1.2      Verering is ...

                     A     die geloof dat die heelal deur 'n Opperwese geskep is.
                     B     die oortuiging dat iets waar is.
                     C     om iets te laat gebeur, gewoonlik met geweld.
                     D     die handeling om diepe respek te betoon, byvoorbeeld aan
                           voorvaders in die Afrika Tradisionele Godsdiens.                        (1)

          1.1.3      Bodhisattva is ...

                     A      'n spesifieke vertakking van 'n godsdiens met sy eie tradisie.
                     B      iemand wat ander help om Nirvana te bereik.
                     C      antigodsdiens en het in die rigting van 'n sosialistiese
                            beskouing ontwikkel.
                     D     'n ekonomiese, politieke en maatskaplike stelsel wat op privaat
                           eienaarskap gebaseer is.                                                (1)

          1.1.4      'n Verbond is ...

                     A     'n proses van ontwikkeling of groei na 'n hoër staat.
                     B     om verantwoordelikheid aan iemand anders oor te dra.
                     C     'n diep en plegtige ooreenkoms.
                     D     'n stel oortuigings of beginsels.                                       (1)

          1.1.5      'n Toestand van veranderde en vreedsame geestesbewussyn:

                     A     Afkoms
                     B     Profesie
                     C     Barmhartigheid
                     D     Beswyming                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               4                                 DBE/2015
                                               SSE

          1.1.6      'n Benadering wat NIE God se bestaan verwerp NIE, maar dit
                     eenvoudig ignoreer:

                     A    Elitisme
                     B    Kommunisme
                     C    Nie-teïsme
                     D    Teïsme                                                                (1)

          1.1.7      Die woord hermeneutiek het ontstaan uit ...

                     A    Latyn.
                     B    Arabies.
                     C    Grieks.
                     D    Duits.                                                                (1)

          1.1.8      Die hergeboorte van die siel of gees in 'n nuwe liggaam word
                     ... genoem.

                     A    reïnkarnasie
                     B    evolusie
                     C    karma
                     D    regressie                                                             (1)

          1.1.9      'n Persoon met liberale waardes is iemand wat ...

                     A    iets presies verstaan soos dit geskryf is.
                     B    opinies wat van sy/haar eie verskil, aanvaar.
                     C    aan tradisionele waardes vasklou.
                     D    diep godsdienstige toewyding toon.                                    (1)

          1.1.10     Die heilige geskrif van Taoïsme is die ...

                     A    Tao-te Ching.
                     B    Koran.
                     C    Kitáb-i-Aqdas.
                     D    Vedas.                                                                (1)

1.2       Verduidelik ELK van die volgende in die konteks van godsdiens:

          1.2.1      Eenheid                                                                    (2)

          1.2.2      Sekularisme                                                                (2)

          1.2.3      Dharma                                                                     (2)

          1.2.4      Sinkretisme                                                                (2)

          1.2.5      Baha'u'llah                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              5                                    DBE/2015
                                              SSE

1.3       Gee EEN woord vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord uit die lys
          hieronder te kies. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5)
          in die ANTWOORDEBOEK neer.

                  meditasie; Nirvana; hadj; waarsêer; sekularisme; ghoeroe; mite;
                                      Dalai Lama; monoteïsme

          1.3.1      'n Godsdienstige figuur wat onderrig, persoonlike leiding gee en
                     gelowiges joga en meditasie leer                                             (1)

          1.3.2      Verwys na die geloof in een God                                              (1)

          1.3.3      Die bekendste Bodhisattva                                                    (1)

          1.3.4      Die spirituele doelwit van Boeddhisme                                        (1)

          1.3.5      Iemand wat op bonatuurlike wyse insig in die onbekende bekom of
                     dit ontdek                                                                   (1)

1.4       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en
          skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.

          1.4.1      Hervormde Jode is diegene wat aan 'n konserwatiewe vertakking
                     van Judaïsme behoort.                                                        (2)

          1.4.2      Die naam, Boeddha, kom uit Sanskrit en beteken 'die verlosser'.              (2)

          1.4.3      'n Rabbi is 'n Moslem godsdienstige leier.                                   (2)

          1.4.4      Sedelike orde in die Afrika Tradisionele Godsdiens word deur die
                     begrip van verlossing gekenmerk.                                             (2)

          1.4.5      Die geloof in voorvaders toon dat die siel onsterflik is en dat daar
                     lewe na die dood is.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              6                                        DBE/2015
                                              SSE

1.5       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die woord/term in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Elke item kan slegs EEN keer gebruik word.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
          1.5.1      Politeïsme           A     'n stelsel wat meer as een hoofbeginsel
                                                erken
          1.5.2      Geloofsbelydenis
                                          B     'n oortuiging dat iets waar is
          1.5.3      Ateïs
                                          C     'n stel beginsels oor hoe 'n samelewing
          1.5.4      Meditasie                  georden moet word

          1.5.5      Geloof               D     iemand wat nie glo dat God bestaan nie

          1.5.6      Pluralisme           E     geloof in die pluraliteit van gode

                                          F     die handeling om die denke as 'n
                                                spirituele oefening stil te maak

                                          G     stellings of stel godsdienstige oortuigings
                                                                                     (6 x 1)          (6)

1.6       Beantwoord die volgende vrae:

          1.6.1       Verduidelik die term halaal.                                                    (2)

          1.6.2       Noem enige TWEE doelwitte van Hindoe-etiek waarna 'n persoon
                      moet streef.                                                                    (2)

          1.6.3       Verduidelik kortliks wat met die terme yin en yang bedoel word.
                      Geen EEN voorbeeld van jou verduideliking.                                      (3)

          1.6.4       'Die Tao waarvan vertel kan word, is nie die ewige Tao nie.'

                      Gee die betekenis van hierdie aanhaling.                                        (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                  50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              7                                             DBE/2015
                                              SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     MENSEREGTE IN DIE MODERNE SAMELEWING

Alhoewel die term 'menseregte' nie in enige van die godsdiensbronne wat jy bestudeer
het, gevind sal word nie, kan die basis van menseregte in godsdienstige idees gevind
word. Byvoorbeeld, in Joodse en Christelike geskrifte lees ons dat Adam 'na die beeld
van God' geskape is, wat 'n baie hoë waarde aan die mens gee.

Alle godsdienste stel egter grense vir hulle volgelinge in die vorm van sedes of etiek.
                                       [Aangepas uit Religiestudies Graad 12, Steyn et al., bl. 208]

2.1       Mense het 'n 'baie hoë waarde'.

          Wat beteken dit?                                                                                (14)

2.2       Bespreek enige TWEE godsdienstige leringe wat na die beskerming van
          menseregte verwys.                                                                              (20)

2.3       'Daar kan geen moraliteit sonder godsdiens wees nie.'

          Stem jy saam? Gee redes vir jou antwoord.                                                       (12)

2.4       Verduidelik wat met etiek en moraliteit bedoel word.                                            (4)
                                                                                                          [50]

VRAAG 3

3.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Godsdienstige identiteit behels die self-identifikasie en selfbelydenis van
          diegene wat in die doktrine van 'n sekere godsdiens glo en dit volg.
                                             [Vertaal uit Shuters Top Class Religion Studies, bl. 4]

          3.1.1       Wat is die voordele van 'n godsdienstige identiteit?                                (6)

          3.1.2       Hoe ontwikkel godsdienste 'n identiteit?                                            (6)

3.2       Wat is die verskillende rolle wat leringe in die volgende godsdienste speel:

          3.2.1       Ortodokse Judaïsme                                                                  (4)

          3.2.2       Afrika Tradisionele Godsdiens                                                       (4)

          3.2.3       Zen Boeddhisme                                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             8                                               DBE/2015
                                             SSE

3.3       Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Navorsing toon dat baie min oorloë aan godsdiens toegeskryf kan word. Alle
          godsdienste bevorder vrede en verwerp geweld. Waar godsdiens by 'n oorlog
          betrokke is, is dit omdat godsdiensorganisasies by die staat betrokke raak.
          'n Ander rede is dat politieke partye oorlog om godsdienstige redes probeer
          regverdig.
                                                 [Uit Religiestudies Graad 12, Steyn et al., bl. 227]

          Kies EEN onlangse voorbeeld van konflik en bespreek in watter mate
          godsdiens vir die konflik verantwoordelik is.                                                    (26)
                                                                                                           [50]

VRAAG 4

4.1       'n Gelykenis is een vorm van godsdienstige lering. Noem DRIE kenmerke van
          'n gelykenis.                                                                                    (6)

4.2       Gee 'n voorbeeld van 'n gelykenis uit enige EEN godsdiens en verduidelik die
          betekenis daarvan.                                                                               (12)

4.3       Gebruik EEN voorbeeld om elk van die volgende begrippe te verduidelik:

          4.3.1       Doktrine                                                                             (10)

          4.3.2       Dogma                                                                                (10)

4.4       Noem DRIE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:

          4.4.1       Hindoeïsme                                                                           (6)

          4.4.2       Afrika Tradisionele Godsdiens                                                        (6)
                                                                                                           [50]

VRAAG 5

5.1       Bestudeer die twee uittreksels wat die spotprente van die Profeet
          Mohammed, wat in 2005 gepubliseer is, bespreek. Beantwoord dan die vrae
          wat volg.

          Die Welt, 'n Duitse koerant, het geskryf:

          Islam sal slegs 'n aanvaarde godsdiens word wanneer daar net so baie
          grappe oor Mohammed as oor Jesus, Moses en Boeddha is.

          Suid-Afrika het soos volg gereageer:

          'n Hofbevel is uitgereik om koerante in Suid-Afrika te verbied om die
          spotprente te publiseer. President Thabo Mbeki het op die hofbevel
          gereageer deur te sê dat die howe gepraat het, en dat enigeen wat daarvan
          verskil, die saak kan opneem soos deur die reg toegelaat word. Hy het ook
          gesê dat die howe die plig het om die reg van landsburgers op vryheid van
          spraak te balanseer met die reg van ander om teen skade of belediging
          beskerm te word.
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            9                                             DBE/2015
                                            SSE

          5.1.1       Wat sê Die Welt oor godsdiens?                                                  (4)

          5.1.2       Watter boodskap het die Suid-Afrikaanse howe oor godsdiens
                      oorgedra?                                                                       (6)

          5.1.3       Bespreek TWEE voorbeelde van hoe mediadekking die publiek se
                      opinie oor godsdienste kan beïnvloed.                                           (20)

5.2       Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Mense in baie dele van die wêreld is vandag steeds verdeeld as gevolg van
          nasionalistiese, etniese of godsdienstige konflik wat van een generasie na die
          volgende oorgedra word. Hierdie konflik word in geskiedenisboeke
          neergeskryf en bly voortbestaan in gesprekke tussen ouers en hulle kinders,
          asook deur diskriminerende regeringsbeleid.

          Nietemin bestaan werklike potensiaal vir verandering in ons skole, in ons
          gemeenskappe en selfs in die wêreld se regerings.

                                          [Vertaal uit Focus on Religion Studies Grade 12, bl. 25]

          5.2.1       Hoe voorkom die Suid-Afrikaanse Grondwet intergodsdienstige
                      konflik in ons land?                                                            (10)

          5.2.2       Bespreek     die   potensiaal  vir verandering in ons
                      skoolgemeenskappe om gesonde godsdienstige dialoog te
                      ontwikkel. Gee VYF voorbeelde.                                                  (10)
                                                                                                      [50]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:                100
                                                                        GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-memo-afr/f9415f54-8ae8-422d-bd02-81008fd83e3f) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [Religion Studies P2 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-june-july-2015-eng/129ef5f6-d033-4cf1-8ab7-bc38845674af) — Religion Studies · QP · 2015 · Eng
- [RLST P1 GR12 QP SEPT2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/rlst-p1-gr12-qp-sept2015-afr/9f71cbed-dfb5-4595-9c31-8b5d0102935d) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2015-eng/efdc84f5-403f-41ea-b10d-9e23194e2755) — Religion Studies · QP · 2015 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-eng/56d0ee70-3e22-4e29-a3ba-4aa29a7a1d76) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
