# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-memo-afr/f9415f54-8ae8-422d-bd02-81008fd83e3f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-memo-afr/f9415f54-8ae8-422d-bd02-81008fd83e3f)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V1

                                          2015

                                    MEMORANDUM

                                                                     PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              2                                    DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      C                                                                           (1)
          1.1.2      D                                                                           (1)
          1.1.3      B                                                                           (1)
          1.1.4      C                                                                           (1)
          1.1.5      D of B                                                                      (1)
          1.1.6      C                                                                           (1)
          1.1.7      C                                                                           (1)
          1.1.8      A                                                                           (1)
          1.1.9      B                                                                           (1)
          1.1.10     A                                                                           (1)
                     L.W. As die kandidaat die korrekte antwoord gee instede van die
                     letter,moet hy gekrediteer word.

                     L.W. IN 1.2 moet enige relevante respons gekrediteer word.
1.2      1.2.1       • Godsdienste wat aktief saamwerk om sekere praktiese doelwitte
                       in die samelewing te bereik. 
                     • Die leringe van verskeie godsdienste is met mekaar
                       versoenbaar.                                                             (2)
                     Maksimum 2 punte

         1.2.2       • 'n Lewe wat onafhanklik van godsdiensinstellings en simbole
                       geleef word.                                                             (2)

         1.2.3       • Die weg van Hoër Waarhede, en die leringe en doktrine van
                       Boeddhisme.                                                              (2)

         1.2.4       • 'n Nuwe godsdiens wat gevorm word deur die leringe, oortuigings
                       en praktyke van verskillende godsdienste te kombineer. 
                     • Bv. Sikhisme, Shembe                                                       (2)
                     LET WEL: Gee 1 punt as slegs 'n voorbeeld gegee word.

         1.2.5       • Dit beteken die glorie van God in Arabies. 
                     • Stigter van die Baha'i-geloof.                                           (2)
                     Maksimum 2 punte

1.3       1.3.1      Ghoeroe                                                                     (1)
          1.3.2      Monoteïsme                                                                  (1)
          1.3.3      Dalai Lama                                                                  (1)
          1.3.4      Nirvana                                                                     (1)
          1.3.5      Waarsêer                                                                    (1)
                     L.W. Indien die kandidaat die korrekte antwoord instede van die
                     letter skryf,moet dit gekrediteer word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             3                                    DBE/2015
                                      SSE – Memorandum

1.4       1.4.1      Onwaar
                     Konserwatiewe Jode is diegene wat aan 'n konserwatiewe
                     vertakking van Judaïsme behoort.  OF
                     Hervormde Jode is diegene wat aan 'n liberale vertakking van
                     Judaïsme behoort.                                                          (2)
                     Maksimum 1 punt

          1.4.2      Onwaar
                     Die naam, Boeddha, kom uit Sanskrit en beteken 'Verligte Een'.             (2)

          1.4.3      Onwaar 
                     'n Rabbi is 'n Joodse leier OF Kalief/Imam is 'n Moslem
                     godsdiensleier.                                                            (2)

          1.4.4      Onwaar
                     Sedelike orde in Afrika Tradisionele Godsdiens word gekenmerk
                     deur die begrip van Ubuntu/Voorvaders.  OF
                     Sedelike orde in die Christendom word gekenmerk deur die begrip
                     van verlossing.                                                            (2)
                     Maksimum 1 punt

          1.4.5      Waar                                                                      (2)

1.5       1.5.1       E
          1.5.2       G
          1.5.3       D
          1.5.4       F
          1.5.5       B
          1.5.6       A                                                         (6 x 1)         (6)
                      L.W.. As die kandidaat die korrekte antwoord gee instede van die
                      letter,moet dit gekrediteer word.

1.6       1.6.1       • Kos wat volgens Islamitiese wette geëet mag word. /Enige                 (2)
                        toelaatbare daad in Islamitiese wet.

          1.6.2       • Dharma
                      • arta
                      • karma
                      • moksja                                                                  (2)
                      Maksimum 2 punte vir 2 antwoorde

          1.6.3       • Yin en yang is die twee teenoorstaande kragte in Taoisme
                        waaruit die hele wêreld se prosesse bestaan. 
                      • Bv. liefde en haat, hongersnood en oorvloed, manlik en vroulik          (3)

          1.6.4       Hierdie aanhaling beteken dat dit onmoontlik is om goddelikheid
                      volledig te beskryf.                                                     (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           4                                    DBE/2015
                                    SSE – Memorandum

AFDELING B
 L.W. In gevalle waar meer as die vereiste vrae beantwoord is,moet
krediet gegee word vir die BESTE twee response.
In die afdeling moet twee punte per feit gegee word.

VRAAG 2

2.1       • Mense word hoog geag deur God.
          • Elke mens moet deur ander mense waardeer word.
          • Die hoogtepunt van God se skepping.
          • Adam het die hele mensdom verteenwoordig, so alle mense is gelyk,
            ongeag ras, godsdiens of belydenis.
          • Die res van die skepping is onderdanig aan die mens.
          • Menselewens is heilig.
          • Menseregte, soos die reg op lewe, gelykheid voor die reg, vryheid van
            assosiasie, ensovoorts, moet alles gerespekteer word.
          • Elke mensereg is ontwerp om die waardigheid van mense te beskerm.
          • Dit is die verantwoordelikheid van elke mens om hierdie regte te beskerm.
          L.W. Enige ander relevante antwoord moet gekrediteer word.                           (12)
2.2       VOORBEELD 1: Boeddhisme
          • Die grondslag van Boeddhisme is die onderrig van geweldloosheid aan
            lewende wesens, onder wie ook mense.
          • Alhoewel Boeddhisme die eerste sendinggodsdiens was wat uit Asië
            gekom het, het dit nog nooit oorlog gebruik om sy boodskap oor te dra nie.
          • Dit gebruik eerder die mag van logika om te oortuig.
          • Die Agtvoudige Weg van Boeddhisme is gebaseer op mense wat
            wegbeweeg van 'n pynlike lewe en aanmoediging om alle lewende wesens
            te respekteer.
          • Verdraagsaamheid en aanvaarding van mense soos hulle is, is
            fundamenteel in Boeddhisme.
          • Die begrip van ahimsa (moet nooit enige skade aanrig nie), bevorder
            menseregte.

          VOORBEELD 2: Afrika Tradisionele Godsdiens
          • In ATG word individualisme as onmenslik beskou.
          • Die godsdiens beklemtoon die belangrikheid van die eenheid van die
            gemeenskap, ongeag godsdienstige lidmaatskap.
          • ATG bevorder die filosofie van 'ubuntu', wat beteken dat 'n persoon net 'n
            persoon kan wees as gevolg van ander mense.
          • Dit beteken dat wanneer jy ander met deernis en respek behandel, hulle
            jou ook so sal behandel.
          • Dit is die bevestiging van menswaardigheid.

          VOORBEELD 3: Islam
          • Die grondslag van Islam is die Moslem geskrifte.
          • Hulle kan die grondslag vir 'n lewe in harmonie met ander terwyl hulle
            terselfdertyd hul eie opinies kan uitdruk, in die leerstellings vind.
          • Hulle leer dat alle mense deur Allah geskep is en dat almal deel van
            dieselfde eenheid is.
          • Islam verwerp bekering onder dwang of deur verpligting, bv. 'Laat daar nie
            dwang in godsdiens wees nie' (Koran, Soera 2, vers 256)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                                    DBE/2015
                                      SSE – Memorandum

          • Islam moedig interaksie op grond van respek en welwillendheid aan.
          • Islam bevorder nie geweld nie, bv. 'Weer die bose af met dit wat beter is'
            (Koran, Soera 41, vers 34).                                                          (20)

2.3       JA
          • Die sleutelrol van elke godsdiens is om grense of sedes te stel vir die
             gedrag van volgelinge.
          • Hierdie sedes kan as goddelik geïnspireer beskou word.
          • Moraliteit is gegrond in godsdienstige leringe.
          • Bv. 'Jy mag nie moord pleeg nie' is een van die Tien Gebooie van die
             Christendom en Judaïsme.
          • Dit leer oor die heiligheid van menselewens.
          • Net so bied elke godsdiens praktiese leiding oor morele sake.
          • Bv. Voorhuwelikse seks word nie in alle godsdienste toegelaat nie. Die
             huwelik word eerder aangemoedig en gesinslewe word as heilig beskou.

          NEE
          • Godsdiens is nie die enigste bron van moraliteit nie
          • Mense wat rituele uitvoer is nie noodwendig moreel 'goed' nie.
          • Baie godsdienstige leiers is moreel korrup en pleeg selfs misdade onder
            die voorwendsel van godsdiens.
          • Die Katolieke Kerk is vasgevang in gevalle van kindermishandeling deur
            ampsdraers.
          • Mense gee voor om tradisionele genesers te wees en bedrieg
            niksvermoedende volgelinge.
          • Sekulariste glo dat morele ontwikkeling nie die eksklusiewe eiendom van
            enige sekte of godsdiens is nie.
          • Hulle beweer dat morele ontwikkelings deur publieke onderwys behaal kan
            word.                                                                                (12)
          L.W. Enige ander relevante antwoord moet gekrediteer word.
2.4       • Die twee terme word as sinonieme gebruik.
          • Etiek is 'n stelsel morele beginsels.
          • Moraliteit verwys na maniere, karakter en goeie gedrag.
          • Moraliteit is die praktiese demonstrasie van etiek.                                  (4)
                                                                                                 [50]

VRAAG 3

3.1       3.1.1       • Dit verwys na die staat waar almal dieselfde is in terme van
                        geloof, aard en eienskappe.
                      • Dit verklaar die eksklusiwiteit of uniekheid van elke godsdiens.
                      • Dit is 'n verenigende faktor binne elke godsdiens.
                      • Godsdienstige identiteit gee ook waardigheid aan 'n godsdiens.
                      • Dit bied erkenning aan 'n godsdiens.                                     (6)

          3.1.2       • Hulle het gemeenskaplike rituele.
                      • Hulle het 'n stel gemeenskaplike, ononderhandelbare,
                        fundamentele oortuigings.
                      • Dit word doktrine genoem.
                      • Hulle het 'n gemeenskaplike dragkode, veral vir seremonies.
                                                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                                      DBE/2015
                                     SSE – Memorandum

                      • Elke godsdiens het sy eie unieke simbole (bv. die kruis vir
                        Christendom, Yin/Yang vir Taoïsme).
                      • Die praktyk van tatoeëring (permanente merk van die liggaam)
                        ontwikkel ook godsdienstige identiteit.

3.2       3.2.1       • Leringe word sistematies aangebied.
                      • Dit word letterlik geïnterpreteer.
                      • Hulle word as ononderhandelbaar/bindend beskou.                           (4)

          3.2.2       • In ATG bied leerstellings in die vorm van gesegdes morele
                        leiding in die gemeenskap.
                      • Leerstellings het in die mondelinge vorm behoue gebly en is
                        meer aanpasbaar as geskrewe teks.
                      • Daar is meer klem op rituele as op leerstellings.                         (4)

          3.2.3       • Zen Boeddhisme beskou leerstellings as simbolies./
                        Leerstellings word nie letterlik geïnterpreteer nie.
                      • Die oorspronklike leerstellings van Boeddhisme word as stappe
                        na innerlike verligting beskou.
                      • Innerlike verligting word beskou as die werklike doelwit van
                        Boeddhisme, en nie blote gehoorsaamheid aan leerstellings nie.            (4)

3.3       VOORBEELD: Suid-Soedan
          • Konflik in Soedan het in 1983 begin toe die sentrale regering in Kartoem
            probeer het om Sjaria-wette in Suid-Soedan toe te pas.
          • Dit is hoe ver godsdiens tot die konflik bygedra het.
          • Burgeroorlog het egter voortgeduur nadat Suid-Soedan in 'n VN-
            referendum in 2010 onafhanklik geraak het.
          • Dit toon duidelik dat die konflik nie godsdienstig was nie.
          • Konflik het voortgeduur tussen etniese groepe, soos die Fur- en Masalit-
            groep.
          • Konflik het tussen die boere en nomadiese groepe uitgebreek, veral toe
            daar 'n droogte was.
          • Die meeste mense wat by die konflik betrokke is, is Soenni-Moslems.
          • Godsdiens is dus nie die primêre oorsaak van die konflik nie.
          • Godsdiensorganisasies is indirek in vredesamesprekings verteenwoordig
            deur Afrikaunie(AU)-vredesinisiatiewe.
          • Hierdie inisiatiewe het misluk, en godsdiensorganisasies het daarna op die
            verskaffing van humanitêre hulp gefokus.
          • Voorbeelde is 'Islamic Relief' en die 'Catholic Agency for Overseas
            Development'.
          • Daar was ook konflik oor die Heglig-olievelde.
          • Dit het aan Soedan behoort, maar is in April 2012 deur Suid-Soedan se
            weermag beset.
          • Dit is dus duidelik dat godsdiens op baie klein skaal by die konflik betrokke
            was.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               7                                     DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

                    VOORBEELD: Palestina-Israel-konflik
                    • Hierdie konflik het met die Balfour-verklaring begin wat Palestina 'n
                      Britse Protektoraat gemaak het. Gedeeltes van Palestina is
                      afgebaken sodat Jode uit Europa daar kan woon.
                    • Jode het aanvanklik grond by die Palestina gekoop, maar het hulle
                      later van hulle grond af gedwing.
                    • In 1948 het die Jode hul onafhanklikheid van Palestina verklaar en
                      hulle land Israel genoem.
                    • Jode het in groot getalle uit Europa en Moslemlande na die nuwe
                      Joodse staat geëmigreer.
                    • Die setlaars het kort daarna grond wat aan die Palestyne behoort,
                      beset en die Palestyne het vlugtelinge geword.
                    • Vandag bou die Jode steeds nedersettings op besette Palestynse
                      grond.
                    • Net sommige Jode beweer dat die grond hul 'Godgegewe reg' is.
                    • Ortodokse Jode het die idee van 'n Joodse tuisland verwerp.
                    • In hierdie geval het Jode godsdiens gebruik om die bestaan van 'n
                      Joodse tuisland te regverdig en ook te verwerp.
                    • Dit het tot geringe intragodsdienstige konflik onder die Jode gelei.
                    • Die Palestina-Israel-konflik is egter nie godsdienstig nie – dit gaan
                      oor grond en menseregte.                                                      (26)
                                                                                                    [50]

VRAAG 4

4.1       • 'n Gelykenis is 'n storie wat vertel word om 'n godsdienstige beginsel te
            illustreer of om 'n godsdienstige vraag te beantwoord.
          • 'n Gelykenis is meer direk as 'n allegorie.
          • 'n Gelykenis is gewoonlik kort, en bevat 'n definitiewe sedeles./dit is
            ontwerp om ‘n geestelike waarheid te onderrig.                                          (6)
          • Gelykenisse kan 'n kunsvorm wees, soos 'n gedig.

4.2       VOORBEELD: Christendom
          • Die 'Verlore Seun' is 'n bekende gelykenis in die Bybel.
          • 'n Seun verlaat sy huis en gesin om 'n wilde en bose lewe te lei.
          • Hy keer na 'n lang afwesigheid terug huis toe waar sy gesin, en veral sy
            pa, baie bly is om hom terug te verwelkom.
          • Die sedeles is dat God bly is oor die terugkeer van 'n sondaar.
          • Dit moedig vergifnis en liefde deur die gesin aan.
          • Dit wys ook op die belangrikheid van berou deur die verlore seun.
          • Onderdanigheid aan ouers word ook in hierdie gelykenis geïmpliseer.

          VOORBEELD: Boeddhisme
          • 'Die blinde mans en die olifant' is 'n gewilde gelykenis.
          • Die Boeddha vertel van 'n koning wat al die blinde mans in sy koninkryk
            bymekaar geroep het.
          • Die blinde mans het verskillende dele van 'n olifant gekry om aan te voel.
          • Elke blinde persoon moet die olifant beskryf volgens die deel waaraan hy
            gevoel het.
          • Die wat die tande gevoel het, het die olifant as 'n ploegskaar beskryf.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              8                                      DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

          • Die wat die oor vasgehou het, het die olifant as 'n wanmandjie beskryf.
          • Die sedeles is dat stryerige priesters soos die blinde mans is: elkeen hou
            net aan 'n klein deeltjie van die volle waarheid vas, en beweer dat hy die
            hele waarheid ken.                                                                      (12)

4.3       4.3.1       • 'n Doktrine is 'n stel oortuigings wat die sentrale oortuigings van
                        'n godsdiens vorm.
                      • Die woord kom van die Latynse woord ‘doctrina’ wat onderrig
                        beteken.
                      • Doktrine kan na die hele geloofstelsel van 'n godsdiens verwys.
                      • Dit verwys meer dikwels na sekere dele van 'n geloofstelsel.
                      • Bv. Die Hindoe-doktrine van reïnkarnasie/Christelike doktrine
                        van verlossing.
                      • Die doktrine beskerm die oortuigings wat noodsaaklik is vir 'n
                        godsdiens.
                      • Doktrine kan oor tyd verander om relevant te bly vir 'n sekere
                        era of kultuur.
                      • L.W. Enige ander relevante respons moet gekrediteer word.                   (10)

          4.3.2       • Dit verwys na die absolute gesag van sekere leerstellings.
                      • Dit is bindend vir volgelinge.
                      • Die ontkenning van hierdie leerstellinge beteken gewoonlik dat
                        die persoon hom-/haarself van die sekere godsdiens uitsluit.
                      • 'n Dogma moet deur 'n erkende gesag in die godsdiens
                        ondersteun word.
                      • In Islam is die akida of sjada 'n voorbeeld van dogma. (Daar is
                        geen God behalwe Allah nie, en Mohammed is sy
                        boodskapper.)
                      • Die konsep van die Drie-eenheid is Christelike dogma.
                      L.W.Enige ander relevante respons moet gekrediteer word.                      (10)

4.4       4.4.1       • Dit word gedefinieer as politeïsties (geloof in baie godhede)
                      • Hindoegemeenskap is gebaseer op 'n klasstelsel.
                      • Die Hindoe-konsep van tyd is siklies.
                      • Dit beteken dat die heelal nie 'n skielike begin of einde het nie,
                        maar eerder deur herhaalde fases van manifestasie en
                        ontbinding beweeg.
                      • Die menslike siel gaan ook deur fases van hergeboorte
                        (reïnkarnasie)
                      L.W. Enige ander relevante respons moet gekrediteer word.                     (6)

          4.4.2       • Daar is verering van voorvaders deur die ritueel van diere-
                        offers.
                      • Voorvaders het die mag om ongeluk of geluk te bring.
                      • Daar is nie 'n heilige geskrif nie.
                      • Die geskiedenis van oorerwing dien as die primêre bron.
                      • Daar is nie 'n spesifieke plek van aanbidding nie.
                      • Daar is nie spesifieke 'heilige' dae nie.
                      L.W. Enige ander relevante respons moet gekrediteer word.                     (6)
                                                                                                    [50]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            9                                   DBE/2015
                                     SSE – Memorandum

VRAAG 5
5.1       5.1.1       • Islam sal slegs ;n aanvaarde godsdiens word wanneer daar net
                        so baie grappe oor Mohammed as oor Jesus,Moses en
                        Boeddha is.
                      • Godsdiens geniet geen spesiale beskerming in die media nie.
                      • Die belediging van godsdiens en godsdienstige leiers is
                        aanvaarbaar.
                      • Mense wat nie 'n sekere godsdiens volg nie, hoef dit nie te
                        respekteer nie.                                                        (4)

          5.1.2       • Godsdienstige oortuigings moet gerespekteer word.
                      • Mense regte behels die respek vir religie en religieuse
                        verdraagsaamheid.
                      • Geen regte is absoluut nie.                                            (6)
                      • Vryheid van spraak moet nie misbruik word om skade aan te rig
                        of te beledig nie.

          5.1.3         • Dit is gebruik om die faksie se afkeur van onderrig vir
                          meisies te beklemtoon.
                        • Dit is as 'n fundamentalistiese Islamitiese organisasie
                          beskryf.
                        • Dit stel Islam in 'n swak lig.
                        • Die     media      veralgemeen   die    optrede   van    'n
                          fundamentalistiese groep om 'n diverse Moslem bevolking
                          van amper 2 biljoen mense voor te stel.
                        • Positiewe bydraes soos liefdadigheid en sosiale kohesie wat
                          deel van die godsdiens is, word geïgnoreer.

5.2       5.2.1       • Dit vestig Suid-Afrika as 'n sekulêre staat met geen
                        staatsgodsdiens nie.
                      • Dit verbied diskriminasie op grond van godsdiens of geloof.
                      • Godsdiensbeoefening kan by staatsinstelling plaasvind, maar:
                      • dit moet op gelyke grondslag gebeur,
                      • en bywoning moet gratis en vrywillig wees.
                      • Hierdie bepalings verseker dat daar harmonie is en dat vryheid
                        van assosiasie toegepas word.
                      • Respek vir verskillende rituele, praktyke, oortuigings en
                        verdraagsaamheid tussen die verskillende godsdienste.
                      • Vryheid van opinie verskaf 'n ruimte waarin godsdienste oor
                        sake van die staat of sosiale kwessies kommentaar kan lewer.
                      • Vryheid van uitdrukking moedig gemeenskaplike kommunikasie
                        tussen godsdienste sonder vrees aan.                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           10                                DBE/2015
                                     SSE – Memorandum

          5.2.2       • Godsdiensbeleid moet op so 'n manier opgestel word dat dit
                        verskillende godsdienste akkommodeer.
                      • Skoolbyeenkomste moet alle godsdienste akkommodeer.
                      • Die onderrig van Religiestudies moet nie eensydig wees nie.
                      • Alle belanghebbendes moet opgelei word in godsdienstige
                        verdraagsaamheid.
                      • Godsdienstige vakansiedae (of die viering daarvan) moet op
                        gelyke grondslag plaasvind.
                      • 'n Multigeloofsbenadering word deur die Departement van
                        Basiese Onderwys toegepas.
                      • (Bv. die bestudering van individuele godsdienste is deur
                        Religiestudies vervang.)                                         (10)
                                                                                         [50]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-june-july-2015-afr/49a175d6-934c-4953-a53c-7a594b13d9b1) — Religion Studies · QP · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2015-memo-afr/b92eeeee-301a-4eb0-b2a3-23c9ac667189) — Religion Studies · Memo · 2015 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr/eff61a9e-152f-4d57-a950-5b7ac4c33aec) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr-1/5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-eng/3bef31a5-56c3-4463-9f4f-4c2dfc2c2941) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-afr/f8faffc4-5ea8-4dc1-b8d4-109e2a95915d) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
