# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-afr/faa91ad8-14a1-485d-a661-5b928256bf37
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-afr/faa91ad8-14a1-485d-a661-5b928256bf37)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V1

                                          2016

                                                                    PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                                DBE/2016
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               3                                DBE/2016
                                               SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

          1.1.1       Die Baha'i-geloof het in ... ontstaan.

                      A     Israel
                      B     Indië
                      C     Iran
                      D     Irak                                                               (1)

          1.1.2       Die setel van die Rooms-Katolieke vertakking van die Christendom
                      is ...

                      A     Londen.
                      B     Jerusalem.
                      C     Rome.
                      D     Mekka.                                                             (1)

          1.1.3       Karl Marx en Friedrich Engels het probeer om 'n samelewing
                      gebaseer op ... te stig.

                      A     kommunisme
                      B     sosialisme
                      C     kapitalisme
                      D     protestantisme                                                     (1)

          1.1.4       Ubuntu is …

                      A     'n dag wat in die Afrika Tradisionele Godsdiens vir
                            gemeenskapsaanbidding gebruik word.
                      B     om respek en empatie aan jou medemens te betoon.
                      C     'n godsdienstige lering met absolute gesag.
                      D     'n woord wat 'mense van Afrika-afkoms' beteken.                    (1)

          1.1.5       Die volgende is 'n heilige teks van Boeddhisme:

                      A     Die Boek van Mormon
                      B     Sigalovada Sutta
                      C     Pali Kanon
                      D     Vedas                                                              (1)

          1.1.6       'n Seremonie waartydens 'n gelowige met gebruik van water 'n lid
                      van die Christelike gemeenskap gemaak word:

                      A     Kataklisme
                      B     Paaiery
                      C     Doop
                      D     Nagmaal                                                            (1)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                                     DBE/2016
                                             SSE

          1.1.7       'n Heen en weer omswaai van een kant na die ander in Taoïsme:

                      A    Ossillasie
                      B    Afneming
                      C    Kategisme
                      D    Kosmologie                                                             (1)

          1.1.8       Konserwatiewe volgelinge van die volgende godsdiens is NIE teen
                      die Oerknalteorie gekant NIE:

                      A    Christendom
                      B    Judaïsme
                      C    Boeddhisme
                      D    Islam                                                                  (1)

          1.1.9       Die eerste Parlement vir Wêreldgodsdienste is in ... gehou.

                      A    Den Haag
                      B    Rome
                      C    Chicago
                      D    Kyoto                                                                  (1)

          1.1.10      'n Moslem godsdienstige leier en leermeester:

                      A    Imam
                      B    Kardinaal
                      C    Radja
                      D    Apostel                                                                (1)

1.2       Verduidelik elk van die volgende terme in die konteks van godsdiens. Skryf
          TWEE feite oor elke term in volsinne neer.

         1.2.1       Kitáb-i-Aqdas                                                                (2)

         1.2.2       Reïnkarnasie                                                                 (2)

         1.2.3       Mantra                                                                       (2)

         1.2.4       Jin en Jang                                                                  (2)

         1.2.5       Vergelykbaarheid                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                                     DBE/2016
                                             SSE

1.3       Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE pas NIE. Skryf die woord en 'n
          rede langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.3.1       Moses; Modimo; Jehova; Brahma                                               (2)

          1.3.2       Lao-tzu; Chuang-tzu; Taoiste; St. Lukas                                     (2)

          1.3.3       Tao Te Ching; Bybel; Boek van Mormon; waarsêer                              (2)

          1.3.4       Shaiva; Vaishnava; Shakteya; Dharma                                         (2)

          1.3.5       Mekka; Vatikaanstad; Medina; Dar es Salaam                                  (2)

1.4       Verduidelik die verskil tussen intergodsdienstige konflik en intragodsdienstige
          konflik.                                                                                (4)

1.5       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                KOLOM B
          1.5.1      Tora                A    geestelike leier van Tibettaanse
                                              Boeddhisme
          1.5.2      Parlement vir
                     Wêreldgodsdienste   B    die vertolking van heilige tekste

          1.5.3      Bahá'u'lláh         C    'n belangrike aspek van die leringe van
                                              Jesus Christus
          1.5.4      Hermeneutiek
                                         D    gestig om wêreldwye dialoog tussen
          1.5.5      Die Dalai Lama           godsdienste te skep

          1.5.6      Sjamaan             E    die somtotaal van God se wil in
                                              Judaïsme

                                         F    die stigter van die Baha'i-geloof

                                         G    gedragspatrone wat in sekere
                                              gemeenskappe as normaal aanvaar
                                              word

                                         H    iemand wat as 'n medium tussen die
                                              sigbare en die geestelike wêreld optree
                                                                                 (6 x 1)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             6                                     DBE/2016
                                             SSE

1.6       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee 'n rede indien
          die stelling ONWAAR is. Skryf WAAR of ONWAAR en die rede langs die
          vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.6.1       Die Tripitaka is een van die heilige boeke van Judaïsme.                    (2)

          1.6.2       'n Persoon met liberale waardes toon diep godsdienstige
                      verbintenis en hou aan tradisionele waardes vas.                            (2)

          1.6.3       Westerse sekularisme verwerp konvensionele godsdiens as 'n
                      fondasie vir die lewe en geregtigheid.                                      (2)

          1.6.4       Die verering van die voorvaders is die belangrikse morele orde in
                      Islam.                                                                      (2)

          1.6.5       Die bodhisattva verkry insig en ontdek die onbekende deur
                      bonatuurlike magte te gebruik.                                              (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               7                                           DBE/2016
                                               SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Alle godsdienste het sekere oortuigings. Sulke oortuigings staan as godsdienstige
leringe bekend.

                                   [Aangepas uit Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al.]

2.1       Bespreek die volgende begrippe in die konteks van godsdiens:

          2.1.1       Oortuiging                                                                          (6)

          2.1.2       Dogma                                                                               (6)

          2.1.3       Mite                                                                                (6)

          2.1.4       Doktrine                                                                            (6)

2.2       Kies ENIGE EEN godsdiens, behalwe die Hindoeïsme, en bespreek VYF van
          die godsdiens se unieke kenmerke.                                                               (10)

2.3       Bespreek die leringe van verskillende godsdienste wat die volgende waardes
          bevorder:

          2.3.1       Die reg tot lewe                                                                    (6)

          2.3.2       Respek                                                                              (6)

          2.3.3       Liefde                                                                              (4)
                                                                                                          [50]

VRAAG 3

Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               DJIHAD-REBELLE UIT SLEUTELDORP IN SIRIË GEDRYF

Sirië se weermag, ondersteun deur Iranse magte, Libanese Hisbolla-militante en
Russiese lugaanvalle, het gister die grootste deel van al-Hader, 'n sleuteldorp suid van
Aleppo wat deur rebelle beheer is, beset. Dit was hulle tweede groot oorwinning
in die provinsie hierdie week. Die staatstelevisiediens het die verowering van die dorp
al-Hader, 'n opposisievesting naby die strategiese Aleppo-Damaskus-hoofweg,
aangekondig. Hierdie oorwinning kom slegs 48 uur nadat Sirië se magte die
Islamitiese Staat-terroristegroep se beleg van die Kweiris-lugmagbasis in die ooste van
die Aleppo-provinsie beëindig het ... Die dorp al-Hader is hoofsaaklik deur al-Kaïda-
ondersteuners, die al-Nusra Front, en ander geallieerde Islamitiese groepe beheer ...
                                                             [Bron: The Times, 13 November 2015]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              8                                           DBE/2016
                                              SSE

3.1       Wat verstaan jy onder djihad?                                                                  (4)

3.2       Drie strydende groepe word in hierdie artikel genoem. Noem die DRIE groepe
          asook enige van hulle bondgenote.                                                              (12)

3.3       In watter mate is hierdie 'n godsdienstige oorlog? Gee redes vir jou antwoord.                 (14)

3.4       Hoe het hierdie oorlog ander dele van die wêreld beïnvloed?                                    (12)

3.5       Godsdienstige oorloë is onder sekere omstandighede toelaatbaar. Noem
          VIER sulke omstandighede.                                                                      (8)
                                                                                                         [50]

VRAAG 4

4.1       Lees die uittreksel oor menseregte hieronder en beantwoord die vrae wat
          volg.

                                    DIE SPAANSE INKWISISIE

          Die Spaanse Inkwisisie was 'n geregshof wat in 1478 in Spanje gestig is. Dit
          was verbind aan 'n tak van die Katolieke Kerk genaamd 'Die Heilige Kantoor
          van die Inkwisisie Teen Kettery'. Die doel van die Heilige Kantoor was om
          Katolieke oortuigings en gebruike suiwer te hou deur mense wat nie 'n
          ortodokse weg gevolg het nie, te vervolg.

          Die hof is gestig om deels te verseker dat mense wat uit Judaïsme en Islam
          tot Katolisisme bekeer is, heeltemal bekeer was en nie steeds hul vorige
          godsdienste in die geheim beoefen het nie. Indien hulle dit wel gedoen het, is
          hulle deur die Spaanse Inkwisisie verhoor.

          'n Interessante aspek van die Inkwisisie was 'verhoor deur vuur' – die idee
          dat, indien 'n persoon onskuldig was, hy of sy aan 'n dodelike situasie
          blootgestel kon word (soos om op 'n brandstapel gebrand te word) en dat
          God hom of haar sou red. Indien die persoon egter gesterf het, was dit 'n
          'bewys' dat hy of sy skuldig was.
                                  [Aangepas uit Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al.]

          4.1.1       Verduidelik die begrip menseregte in die konteks van godsdiens
                      deur TWEE sinne te gebruik.                                                        (4)

          4.1.2       Verduidelik hoe die Spaanse Inkwisisie gewerk het.                                 (6)

          4.1.3       Bespreek krities hoe die Spaanse Inkwisisie die regte van
                      bekeerlinge op vryheid van godsdiens geskend het.                                  (12)

          4.1.4       Bespreek hoe godsdiensvryheid in Suid-Afrika beskerm word.                         (12)

4.2       Die stigting van die Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika ('Interfaith Action for
          Peace in Africa') (IFAPA) was 'n noemenswaardige poging om godsdienste
          oral in Afrika te verenig. Noem enige AGT van dié organisasie se prestasies.                   (16)
                                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                9                                        DBE/2016
                                                SSE

VRAAG 5

5.1       Noem DRIE unieke kenmerke van Hindoeïsme.                                                  (6)

5.2       Bespreek sommige van die noemenswaardige veranderinge in
          intergodsdienstige verhoudinge nadat Suid-Afrika in 1994 'n demokratiese
          staat geword het.                                                                          (14)

5.3       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            GODSDIENS MOET GEREGULEER WORD

          Penuel Mnguni, 'n prediker van Pretoria, het sy gemeentelede 'n lewendige
          slang gevoer en gesê dit proe soos sjokolade. Voor dit het sy geestelike
          vader, Daniel Mosuoe, sy gemeentelede petrol gegee om te drink, wat in 'sap'
          verander het. Beide truuks het geen gevolge gehad nie ...

          Dit wil voorkom asof daar ook ongerymdhede in die finansies van die kerk is.
          As hulle niks het om weg te steek nie, waarom stel hulle nie hulle finansiële
          boeke vir openbare ondersoek beskikbaar nie?

          Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van
          Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe het 'n ondersoek na skelm
          kerke geloods.

          Die tandelose Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, onder druk van sogenaamde
          'blink pastore' ('bling pastors') het die kommissie versoek om die ondersoek af
          te las totdat kwessies wat deur die betrokke pastore geopper is, opgelos is.

                                                       [Aangepas uit The Star, 10 November 2015]

          5.3.1       Wat is 'n 'blink pastoor' ('bling pastor')?                                    (4)

          5.3.2       Wat wys hierdie artikel omtrent die skrywer se houding teenoor
                      godsdiens? Gee ondersteunende bewyse uit die artikel.                          (12)

          5.3.3       Dink jy godsdiens moet gereguleer word? Motiveer jou antwoord.                 (6)

          5.3.4       Veronderstel jy is 'n joernalis. Skryf die artikel oor uit die oogpunt
                      van Penuel Mnguni en Daniel Mosuoe en verdedig hulle optrede.                  (8)
                                                                                                     [50]

                                                                           GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-memo-eng/77ccd03d-c147-455c-abea-edd00bd63b16) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2016-afr/7e7c519b-7ae2-4e18-aec2-fbb83c9489fe) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2016-eng/490607b2-4df5-4662-b4e2-3b7394930512) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-afr/878b671d-903f-46da-ab77-8e7c243f553d) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-eng/ffab66d3-5a12-4c5b-a05a-3917bbb186c3) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2016-eng/94024101-e483-4c27-9976-5e49865b4fd1) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
