# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-afr/369eaa7c-d099-4257-b260-9807ec5eda6c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-afr/369eaa7c-d099-4257-b260-9807ec5eda6c)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V1

                                          2017

                                                                     PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                                DBE/2017
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                  3                                 DBE/2017
                                                  SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
          'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

          VOORBEELD:

           1.1.11         A              B          C           D

          1.1.1       'n Persoon wie se oortuigings teen ortodokse sienings is, staan as
                      'n … bekend.

                      A       gelowige
                      B       ketter
                      C       profeet
                      D       heilige/sint                                                         (1)

          1.1.2       Die hoofkwartier van die Oosters-Ortodokse Kerk was in …

                      A       Konstantinopel.
                      B       Jerusalem.
                      C       Rome.
                      D       Mekka.                                                               (1)

          1.1.3       'n Hebreeuse naam vir God is …

                      A       Jesus.
                      B       Dawid.
                      C       Jahwe(h).
                      D       Drie-eenheid.                                                        (1)

          1.1.4       'n Mantra is 'n …

                      A       Boeddhistiese priester.
                      B       Boeddhistiese lering.
                      C       vers of frase wat vir meditasie gebruik word.
                      D       heilige geskrif.                                                     (1)

          1.1.5       Die 'Rishis' …

                      A       is in 30 VHJ geskryf.
                      B       was wyse godsdienstige manne wat geskrifte geskryf het.
                      C       is voorouers in Boeddhisme.
                      D       het die Boek van Mormon geskryf.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                                    DBE/2017
                                              SSE

          1.1.6       'Boeddha' beteken …

                      A   profeet.
                      B   wyse ou man.
                      C   filosoof.
                      D   verligte een.                                                           (1)

          1.1.7       Die Pali Kanon …

                      A   word in godsdienstige oorloë gebruik.
                      B   bestaan uit twaalf boeke.
                      C   is van besondere belang vir Taoïsme.
                      D   is baie belangrik vir Theravada-Boeddhisme.                             (1)

          1.1.8       'Modimo' verwys na …

                      A   strydige magte.
                      B   'n Opperwese.
                      C   die geestelike wêreld.
                      D   die goddelike werking van die heelal.                                   (1)

          1.1.9       Die Hebreeuse Bybel sluit die …

                      A   leringe van Jesus Christus en Moses in.
                      B   leringe van Moses en die Profeet Mohammed in.
                      C   Boek Eksodus en die Evangelies in.
                      D   Boeke Genesis en Eksodus in.                                            (1)

          1.1.10      'n Belangrike kenmerk van Soefisme is …

                      A   gedagtenis aan God deur meditasie en kantillering ('chanting').
                      B   kantillering ('chanting') en die brand van wierook.
                      C   dat dit die leringe van die Sunni-tak van Islam volg.
                      D   dat dit die leringe van die Shi'a-tak van Islam volg.                   (1)

1.2       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) neer. Korrigeer die stelling
          indien dit ONWAAR is.

         1.2.1       Bahá'u'lláh is die heilige boek van Judaïsme.                                (2)

         1.2.2       Die oudste geskrif in die Afrika Tradisionele Godsdiens is die
                     Tripitaka.                                                                   (2)

         1.2.3       Die verskillende lewensfases in Hindoeïsme word ashramas
                     genoem.                                                                      (2)

         1.2.4       Die skrywer van die Tao heilige boek is Boeddha.                             (2)

         1.2.5       'n Leerstelling is 'n teologiegraad wat by 'n buitelandse universiteit
                     verwerf is.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                                      DBE/2017
                                             SSE

1.3       Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord en 'n rede waarom dit nie pas nie langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5)
          in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.3.1       Theravada; Zen; Brahmaan; Mahajana                                           (2)

          1.3.2       Bethlehem, Kaïro; Rome; Jerusalem                                            (2)

          1.3.3       Ubuntu; Ilimo; Doop; Voorouer                                                (2)

          1.3.4       Taoïsme; Hindoeïsme;         Christenskap;     Afrika   Tradisionele
                      Godsdiens                                                                    (2)

          1.3.5       Mekka; Jerusalem; Medina; Haifa                                              (2)

1.4       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE elke letter meer as een keer gebruik
          NIE.

                     KOLOM A                              KOLOM B
          1.4.1      Monoteïsme          A    kombinasie van twee of meer
                                              godsdienste om 'n nuwe een te vorm
          1.4.2      Antropomorfisme
                                         B    glo aan engele
          1.4.3      Evangelisasie
                                         C    om weer lewend gemaak te word
          1.4.4      Sinkretisme
                                         D    verspreiding van godsdienstige gelowe
          1.4.5      Politeïsme
                                         E    glo aan baie gode
          1.4.6      Nirvana
                                         F    god of gode in menslike gedaante

                                         G    verlos van lyding/swaarkry

                                         H    glo aan een god
                                                                                     (6 x 1)       (6)

1.5       Noem enige VIER kastes in Hindoeïsme en verduidelik die pligte van elkeen.               (8)

1.6       In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende
          mense neer:

          1.6.1       Martin Luther                                                                (2)

          1.6.2       Siddhartha Gautama                                                           (2)

          1.6.3.      Swami Vivekananda                                                            (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             6                                  DBE/2017
                                             SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       In die konteks van Religiestudies, noem DRIE feite oor ELK van die volgende
          terme:

          2.1.1       Heilige Drie-eenheid                                                     (6)

          2.1.2       Tao                                                                      (6)

          2.1.3       Reïnkarnasie                                                             (6)

          2.1.4       Agtvoudige Plan                                                          (6)

          2.1.5       Kitab-i-Aqdas                                                            (6)

2.2       Godsdienste is op baie maniere in wisselwerking met mekaar, van
          samewerking tot openlike oorlogvoering.

          In die lig van die stelling hierbo, bespreek die ontwikkeling van
          intergodsdienstige verhoudings in Suid-Afrika gedurende die volgende
          tydperke:

          2.2.1       1652–1994 (vestiging van 'n Nederlandse kolonie tot by die eerste
                      demokratiese verkiesing)                                                 (10)

          2.2.2       1994 tot die hede                                                        (10)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                 7                                 DBE/2017
                                                 SSE

VRAAG 3
3.1       Lees die aanlyn koerantartikel en die lesers se reaksies hieronder en
          beantwoord die vrae wat volg.

                     KERK MOET SUID-AFRIKA LEI – CYRIL RAMAPHOSA
                                      City Press, Maandag 4 Maart 2013

          Die ANC se Adjunk-President, Cyril Ramaphosa, het 'n beroep op Christene
          gedoen om Suid-Afrika se morele gewete te wees wanneer dit by misdade
          soos verkragting kom, het die City Press Sondag berig.
          'Daar is geen beter agente as Christene en die kerk om sedes, die morele
          bewustheid van ons nasie, op te hef nie,' volgens Ramaphosa Saterdag by
          die Pentecostal Holiness Church.
          'Dit kom op ons as Christene neer. Ons moet sê dit is 'n sonde. Dit is
          'n misdaad. Verkragting is 'n sonde en dit is 'n misdaad.'
          'Ons is die mense, as Christene, wat moet opstaan en sê: ''Korrupsie, ons sal
          dit nooit aanvaar nie, want dit is 'n sonde. Dit is 'n misdaad.'' '

          Lesers het via Facebook ('n sosialemedia-netwerk) soos volg gereageer:

          Leser 1: Anders gestel: 'Die ANC het nie 'n morele kompas nie, so moenie na
          ons kyk vir leierskap oor die saak nie.' In elk geval Cyril, ons het wette, jy
          weet?
          Leser 2: Die ANC het geen morele kompas nie. Ook nie Moslems of Jode nie,
          wat nog te sê die res van ons.

          3.1.1      Watter misdade word in die artikel uitgelig?                             (4)

          3.1.2      Volgens die Adjunk-President, wat is die oorsaak van sonde en
                     misdaad?                                                                 (2)
          3.1.3      Stem jy saam met Cyril Ramaphosa dat Christene 'Suid-Afrika
                     se morele gewete' moet wees? Gee redes vir jou antwoord.                 (10)
          3.1.4      Wat sê Leser 1 oor godsdiens en moraliteit?                              (2)
          3.1.5      In jou eie woorde, verduidelik Leser 2 se kommentaar.                    (4)
          3.1.6      Verduidelik hoe sosiale netwerke (soos Facebook, Twitter,
                     Instagram) die media se dekking van godsdiens beïnvloed.                 (6)
          3.1.7      Gebruik voorbeelde om die verskille tussen 'n sonde en
                     'n misdaad te illustreer.                        (6 x 2)                 (12)
3.2       Noem EEN unieke eienskap van ELK van die volgende godsdienste:
          3.2.1       Taoïsme                                                                 (2)
          3.2.2       Hindoeïsme                                                              (2)
          3.2.3       Judaïsme                                                                (2)
          3.2.4       Christenskap                                                            (2)
          3.2.5       Bahá'i-geloof                                                           (2)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                    8                                          DBE/2017
                                                    SSE

VRAAG 4

Lees die twee uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    'N ONRUSTIGE KALMTE

Israel en Gaza* het herhaalde siklusse van 'n onrustige vrede gevolg deur volskaalse
oorlog ervaar. Dit het tot die dood van duisende gelei, hoofsaaklik in Gaza.

Ernstige twis/onrus het in September 2000, en weer in 2014, uitgebreek. Uitbarstings
duur voort. Dit lyk nie asof daar tot op hede 'n oplossing moontlik is nie. Vroue en
kinders word die meeste geraak.

Die ware oorsake van onrus is soms moeilik om te bepaal. Dikwels is dit 'n mengsel
van politieke alliansies, ekonomiese verskille, etniese onmin, godsdienstige verskille
en ander.

                     [Bron: http://www.religioustolerance.org/curr_war.htm (toegang op 13/06/16 verkry)]

*Gaza is 'n deel van Palestina wat deur Hamas, 'n owerheid onafhanklik van Israel,
regeer word.

                                 MIDDE-OOSTERSE KONFLIK

Na die Tweede Wêreldoorlog is daar bepaal dat die Jode 'n land van hulle eie moes
hê. Grond is aanvanklik opgekoop en later verower totdat 'n stuk van die Midde-Ooste,
wat as Israel bekend geword het, bekom is … Vir baie Moslems moet die hele gebied
steeds Palestina genoem word. Jode het onlangs eenvoudig nuwe grond beset en
hulle daarop gevestig. Hulle het die inwoners, meesal Moslems, van hulle grond
afgeforseer.

                                                   [Aangepas uit Top Class Religion Studies Grade 12]

4.1       Watter rol speel godsdiens in die konflik?                                                         (10)

4.2       Verduidelik hoe ander faktore tot hierdie konflik bygedra het.                                     (16)

4.3.      Hoe kan godsdienstige organisasies met die konflik help?                                           (12)

4.4       IFAPA is 'n organisasie wat daartoe verbind is om intergodsdienstige
          verhoudings te versterk. Gee voorbeelde van die werk wat IFAPA doen.                               (12)
                                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           9                                    DBE/2017
                                           SSE

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Artikel 18 van die Universele Verklaring van Menseregte stel:

Elkeen het die reg op vryheid van mening en uitdrukking: hierdie reg sluit vryheid in om
hul godsdiens of geloof te verander, en vryheid, om alleen of in gemeenskap met
ander en in die openbaar of privaat, hul godsdiens of geloof in leer, praktyk,
aanbidding en onderhouding te manifesteer (te toon).

5.1       Watter stappe het Suid-Afrika gedoen om die Verklaring hierbo te handhaaf?        (12)

5.2       Verduidelik die verskillende maniere waarop hierdie Verklaring in Westerse
          en Oosterse kulture toegepas word.

          Gee 'n MINIMUM van TWEE feite ELK vir Westerse en Oosterse kulture.               (10)

5.3       Daar is lande wat NIE Artikel 18 respekteer NIE. Noem EEN so 'n land en gee
          besonderhede oor hoe godsdiensvryheid geskend word.                               (8)

5.4       Verwys na die leringe van enige EEN godsdiens en verduidelik hoe hierdie
          leringe menseregte bevorder.                                                      (10)

5.5       Wat is voordele en nadele daarvan om mense 'vryheid (te gee) om hulle
          godsdiens of geloof te verander'?

          Noem 'n MINIMUM van TWEE voordele en TWEE nadele.                                 (10)
                                                                                            [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:         100
                                                                     GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-eng/3bef31a5-56c3-4463-9f4f-4c2dfc2c2941) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-afr/f8faffc4-5ea8-4dc1-b8d4-109e2a95915d) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2017-eng/44fc0522-52d0-4cba-878c-5253d5cfe593) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-afr/79d66169-1274-42fe-b60d-c2f75586a2db) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
