# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-afr/7c3c3793-c606-4180-b295-b636dd47ad05
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-afr/7c3c3793-c606-4180-b295-b636dd47ad05)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V1

                                           2018

                                                                     PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                                DBE/2018
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                                     DBE/2018
                                              SSE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv 1.1.11 D.

          1.1.1      Geloof in die bestaan van gode of 'n god:

                     A    Monoteïsme
                     B    Taoïsme
                     C    Teïsme
                     D    Dualisme                                                                 (1)

          1.1.2      Hindoe-geskrifte:

                     A    Vedas
                     B    Atman
                     C    Swami
                     D    Dharma                                                                   (1)

          1.1.3      Godsdienstige wette wat deur Ortodokse Jode gehoorsaam word,
                     word … genoem.

                     A    Genesis
                     B    Halakhah
                     C    Sjaria
                     D    Sampradyas                                                               (1)

          1.1.4      Die persoon wat in 632 AE met sy dood die Profeet Mohammed se
                     opvolger was:

                     A    Ismael
                     B    Husain
                     C    Umar
                     D    Abu Bakr                                                                 (1)

          1.1.5      Die kollektiewe naam vir die primêre heilige geskrif van Judaïsme:

                     A    Die Tenach
                     B    Die Mahabharata
                     C    Die Tora
                     D    Die Shema                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               4                                    DBE/2018
                                               SSE

          1.1.6      'n Geloofsteken van die Christelike geloof:

                     A    Eucharistie/Nagmaal
                     B    Kategismus
                     C    Sakrament
                     D    Geloofsbelydenis/Geloofsformulier                                        (1)

          1.1.7      Die lyn van herkoms van 'n voorouer na 'n persoon of 'n familie:

                     A    Literalis
                     B    Afkoms/Stamboom
                     C    Paternaal/Vaderlik
                     D    Voorganger                                                               (1)

          1.1.8      'n Oortuiging/Geloof dat menslike aangeleenthede, eerder as
                     bonatuurlike aangeleenthede, primêr belangrik is:

                     A    Kreasionisme
                     B    Humanisme
                     C    Evolusieleer
                     D    Godsdiens                                                                (1)

          1.1.9      Albei hierdie godsdienste glo in reïnkarnasie en beoefen meditasie:

                     A    Hindoeïsme en Islam
                     B    Afrika Tradisionele Godsdiens en die Christelike geloof
                     C    Hindoeïsme en Boeddhisme
                     D    Judaïsme en Islam                                                        (1)

          1.1.10     'n Godsdiens wat in die negentiende eeu in Iran ontstaan het:

                     A    Bahá'i-geloof
                     B    Afrika Tradisionele Godsdiens
                     C    Islam
                     D    Taoïsme                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              5                                      DBE/2018
                                              SSE

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
          Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       'n Christelike inwydingsakrament wat water gebruik om die reiniging
                     van sonde te simboliseer, staan as … bekend.                                  (1)

         1.2.2       'n Boeddhistiese frase of vers, wat glo van goddelike oorsprong is,
                     wat in meditasie gebruik word, word 'n … genoem.                              (1)

         1.2.3       In Hindoeïsme staan bevryding van die onafgebroke siklus van
                     reïnkarnasie as … bekend.                                                     (1)

         1.2.4       God het op die Berg Sinai die … aan Moses gegee as reëls
                     waarvolgens die Joodse volk moes lewe.                                        (1)

         1.2.5       Die … is die Vyfde Pilaar en die jaarlikse pelgrimstog na Mekka.              (1)

         1.2.6       Formele godsdienstige optrede/handelinge met 'n seremoniële doel
                     word … genoem.                                                                (1)

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in
          die ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer
          gebruik NIE.

                     KOLOM A                                KOLOM B
          1.3.1      Kastestelsel         A    die oudste volledige vorm van die
                                               Tripitaka
          1.3.2      Kerkverbande
                                          B    belangrike ritueel waar die gelowige God
          1.3.3      Pali Kanon                deur middel van meditasie ontmoet

          1.3.4      Afgodediens          C    die noodsaaklikheid om versigtig te wees
                                               wanneer godsdiensvryheid beoefen word
          1.3.5      Boetedoening
                                          D    klassifiseer lede van die samelewing
          1.3.6      Zikr                      volgens hulle beroepe

                                          E    verering van iets wat 'n hoër mag
                                               verteenwoordig

                                          F    'n daad van toewyding om te wys dat jy
                                               dit berou dat jy 'n sonde gepleeg het

                                          G    ander afdelings binne Protestantisme
                                                                                 (6 x 1)           (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             6                                     DBE/2018
                                             SSE

1.4       Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK
          neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.

          VOORBEELD: Piesang; Appel; Aartappel; Druiwe
          ANTWOORD: 1.4.5 Aartappel. Die ander is almal vrugte.

          1.4.1      Islam; Christenskap; Sikhisme; Judaïsme                                      (2)

          1.4.2      Eendersheid; Vergelykbaarheid; Godheid; Verskil                              (2)

          1.4.3      Imam; Sanskrit; Kalief; Muezzin                                              (2)

          1.4.4      Smartisme; Moksha; Bab; Shiva                                                (2)

1.5       In die konteks van godsdiens, skryf TWEE sinne oor ELK van die volgende
          konsepte:

          1.5.1       Hermeneutiek                                                                (2)

          1.5.2       Jin en Jang                                                                 (2)

          1.5.3       Verbond                                                                     (2)

          1.5.4       Boeddha                                                                     (2)

          1.5.5       Waarsêer                                                                    (2)

1.6       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.6.1 tot 1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.

          1.6.1       Theravada beteken die 'Groot Weg/Voertuig'.                                 (2)

          1.6.2       Sinkretisme spesifiseer die morele/sedelike kode in die Afrika
                      Tradisionele Godsdiens.                                                     (2)

          1.6.3       Shoghi Effendi (1897–1957) was 'n Moslem-leier.                             (2)

          1.6.4       Die Tao waarvan vertel kan word, is nie die ewige Tao nie.                  (2)

          1.6.5       Boeddhiste bereik karma deur 'n leeftyd van wysheid, meditasie en
                      uitoefening.                                                                (2)

                                                                  TOTAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                 7                                         DBE/2018
                                                 SSE

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       In die konteks van godsdiens, verduidelik ELK van die volgende konsepte en
          gee EEN voorbeeld van die betekenis daarvan:

          2.1.1       Ideologie                                                                           (4)

          2.1.2       Leerstelling                                                                        (4)

          2.1.3       Eenheid                                                                             (4)

2.2       Noem TWEE unieke eienskappe van ELK van die volgende godsdienste:

          2.2.1       Islam                                                                               (4)

          2.2.2       Christenskap/Christelike godsdiens                                                  (4)

          2.2.3       Hindoeïsme                                                                          (4)

          2.2.4       Taoïsme                                                                             (4)

2.3       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         VOORVADERGEESTE

          Dit kom voor asof 'n geloof in voorvadergeeste in suidelike en sentrale Afrika
          die prominentste is. Daar word algemeen geglo dat slegs diegene wat trou en
          'n nageslag het om hulle te onthou, voorvaders word wanneer hulle sterf.
                                  [Bron: The Human Search for Meaning deur Kruger, Lubbe en Steyn]

          2.3.1       In die Afrika Tradisionele Godsdiens, hoe kommunikeer die
                      voorvaders met lede van die gemeenskap wat nog lewe?                                (4)

          2.3.2       In DRIE sinne, verduidelik hoe geloof in die voorvaders tot
                      voordeel van die Afrika-samelewing is.                                              (6)

          2.3.3       Vertelkuns (stories vertel) is baie belangrik in die Afrika
                      Tradisionele Godsdiens. Gee 'n rede hiervoor.                                       (2)

2.4       Wat is die verskil tussen 'n mite en 'n gelykenis?                                              (4)

2.5       Godsdienste deel dikwels heelwat ooreenkomste. Noem DRIE
          gelowe/oortuigings wat die Abrahamitiese gelowe met mekaar gemeen het.                          (6)
                                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               8                                           DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 3
3.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   GODSDIENS EN DIE MEDIA
          Godsdienstige dekking in die media is meer algemeen as vantevore, maar
          blykbaar is die algemene gesindheid dat dit slegs 'n goeie storie is as dit
          geloof in 'n negatiewe lig stel of as dit kontroversieel is.
                                         [Aangepas uit Religion Studies Grade 12 deur Steyn et al.]

          3.1.1       Gee TWEE redes vir die groei in godsdienstige dekking deur
                      die media.                                                                          (4)
          3.1.2       Gee TWEE redes waarom die media dikwels godsdienstige
                      aangeleenthede 'in 'n negatiewe lig' stel?                                          (4)
          3.1.3       Wat kan godsdienstige organisasies               doen     om    negatiewe
                      mediadekking te voorkom?                                                            (6)
          3.1.4       Beskryf strategieë wat die media gebruik om ons menings
                      te beïnvloed.                                                                       (8)
          3.1.5       Veronderstel jy is 'n joernalis. Oor watter aktuele godsdienstige
                      kwessies in die wêreld sou jy skryf, en waarom?                                     (8)
3.2       Lees die dialoog hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                UNIEKHEID VAN GODSDIENSTE
          BEN:          Dit belangrik dat ons elke godsdiens vanuit sy eie standpunt sal
                        verstaan. Op hierdie wyse kan ons leer om elke godsdiens te
                        waardeer en miskien sal daar minder konflik wees.
          SHIREEN:      Die probleem is dat dit juis die dinge is wat ons uniek noem wat
                        sosiaal verdelend kan wees en konflik veroorsaak. Byvoorbeeld,
                        die Jode glo dat hulle God se 'uitverkore' volk is. Vanself-
                        sprekend glo ander mense dit nie en dit kan tot konflik tussen
                        Jode en mense van ander godsdienste lei.
          BEN:          Ek sê steeds, as jy 'n godsdiens vanuit sy eie standpunt
                        verstaan, dan kan jy sy bydrae meer waardeer. Jy begin om sy
                        volgelinge te verstaan en wat jy gewoonlik vind, is dat daar baie
                        unieke en wonderlike dinge oor godsdienste bestaan. Dan raak
                        jy meer verdraagsaam teenoor hulle.
          SHIREEN:      Begrip en verdraagsaamheid van een kant af beteken nie dat
                        die ander kant dit sal navolg nie. Dit vat twee om vrede te maak.
                        Jy voel dalk verdraagsaam teenoor mense van ander
                        godsdienste, maar hulle wil jou dalk steeds bekeer, diskrimineer
                        teen jou of hulle beskou hulle steeds as jou meerdere.
          BEN:          Ek is meer optimisties as dit. Wanneer mense kan sien dat jy
                        hulle geloof en waardes op prys stel en respekteer, is hulle meer
                        gewillig om 'n opbouende bespreking te hê en om te leef en te
                        laat lewe. Indien jy opregte belangstelling en respek toon vir wat
                        ander mense glo, dan sal hulle dieselfde vir jou doen.
                                [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12, bl. 25]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            9                                   DBE/2018
                                            SSE

          3.2.1       Wat bedoel Ben wanneer hy sê dit is belangrik dat ons elke
                      godsdiens 'vanuit sy eie standpunt' sal verstaan?                        (4)

          3.2.2       Shireen sê 'dit is juis die dinge wat ons uniek noem wat sosiaal
                      verdelend kan wees en konflik veroorsaak'. Wat bedoel sy
                      hiermee?                                                                 (6)

          3.2.3       Ben het 'n ander standpunt oor die unieke dinge in 'n godsdiens.
                      Wat is hierdie standpunt?                                                (2)

          3.2.4       Waarom het Shireen 'n versigtige en agterdogtige houding teenoor
                      ander godsdienste?                                                       (6)

          3.2.5       Wie se benadering tot ander godsdienste ondersteun jy, Ben of
                      Shireen s'n? Noem EEN handeling, wat NIE alreeds in die dialoog
                      genoem is NIE, wat jy kan uitvoer om hierdie benadering te
                      ondersteun.                                                              (2)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                10                                          DBE/2018
                                                SSE

VRAAG 4

4.1       Lees die twee bronne (BRON A EN BRON B) hieronder en beantwoord die
          vrae wat volg.

          BRON A: GODSDIENS-, GELOOFS- EN GEWETENSVRYHEID

          1.      Elke persoon het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke,
                  geloof en mening.
          2.      Elke persoon het die reg op godsdiensbeoefening en -uitdrukking en
                  aktiwiteite in staats- of staatsondersteunde instellings, soos dit deur die
                  betrokke instelling gereguleer word en solank dit op 'n billike grondslag
                  en vry en vrywillig plaasvind.
                                        [Bron: Handves van Regte in die Konstitusie van Suid-Afrika]

          BRON B: OGOD-UITSPRAAK

          Die Johannesburg Hooggeregshof het op 28 Junie 2017, in die saak van
          OGOD (Organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie) vs. (teen)
          Laerskool Randhart & Andere, uitspraak gelewer.

          Volgens die hofbevel is dit onwettig vir 'n openbare skool om:
          • Die idee te bevorder dat 'n spesifieke godsdiens, tot uitsluiting van ander
            godsdienste, beoefen word;
          • Voorkeur aan een godsdiens bo 'n ander te gee.

          Aangesien die uitspraak al 24 000 openbare skole in Suid-Afrika raak, is dit
          belangrik om die praktiese implikasies daarvan te verstaan, in besonder die
          feit dat dit nie godsdiensbeoefening en -uitdrukking verbied nie.

          Wat is toelaatbaar?
          Die belangrikste punt is dat die Hof bevestig het dat godsdiensbeoefening
          en -uitdrukking by openbare skole, onderhewig aan die volgende drie
          voorwaardes, mag plaasvind:
          1.   Dit moet plaasvind volgens die reëls wat deur die Skoolbeheerraad
               ingestel is;
          2.   Dit moet op 'n billike grondslag plaasvind;
          3.   Bywoning moet vry en vrywillig plaasvind.

          Wat is ontoelaatbaar?
          Volgens die uitspraak mag geen openbare skool beweer dat dit eksklusief
          of selfs oorwegend een godsdiens is nie, dit mag ook nie een godsdiens bo
          'n ander bevorder nie.
                                                       [Aangepas uit JOY Magazine, Oktober 2017]

          4.1.1        Wat word met menseregte bedoel?                                                     (4)

          4.1.2        Met verwysing na die bronne hierbo, dui aan hoe die uitspraak aan
                       die Konstitusie van Suid-Afrika voldoen.                                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             11                                       DBE/2018
                                             SSE

4.2       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGE

          Intergodsdienstige verhoudinge is die beste manier om mense van
          verskillende rasse, klasse, kulture en godsdienste rondom 'n gemeenskaplike
          doel bymekaar te bring. Dit is omdat godsdienste oor die hele wêreld heen uit
          groot goed georganiseerde gemeenskappe bestaan wat daaraan toegewy is
          om mense in nood te help.

                                             [Aangepas uit Focus on Religion Studies Grade 12]

          4.2.1       Noem enige EEN intergodsdienstige organisasie wat vir vrede in
                      Afrika werk.                                                                (2)

          4.2.2       Noem enige EEN wêreld- intergodsdienstige organisasie.                      (2)

          4.2.3       Beskryf die werk gedoen deur die wêreld- intergodsdienstige
                      organisasie wat in VRAAG 4.2.2 genoem is.                                   (10)

          4.2.4       Gee redes vir hulle suksesse.                                               (6)

          4.2.5       Noem DRIE maniere waarop intergodsdienstige verhoudinge tans
                      in Suid-Afrika bevorder word.                                               (6)

          4.2.6       Bespreek hoe godsdiens mense se gedrag kan beïnvloed.                       (10)
                                                                                                  [50]

                                                                    TOTAL AFDELING B:             100
                                                                       GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr/eff61a9e-152f-4d57-a950-5b7ac4c33aec) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr-1/5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-afr/84727367-8a1a-4dcb-9c3c-dd1e8fa48a7a) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-afr/85472447-503e-4904-b82e-065ddb9e505f) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
