# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr/eff61a9e-152f-4d57-a950-5b7ac4c33aec
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr/eff61a9e-152f-4d57-a950-5b7ac4c33aec)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  RELIGIESTUDIES V1

                                           2018

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                                DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      C√                                                                 (1)
          1.1.2      A√                                                                 (1)
          1.1.3      B√                                                                 (1)
          1.1.4      D√                                                                 (1)
          1.1.5      A√                                                                 (1)
          1.1.6      D√                                                                 (1)
          1.1.7      B√                                                                 (1)
          1.1.8      B√                                                                 (1)
          1.1.9      C√                                                                 (1)
          1.1.10     A√                                                                 (1)
                                                                                   (10 x 1) (10)

1.2       1.2.1      doop √                                                             (1)
          1.2.2      mantra √                                                           (1)
          1.2.3      moksha √                                                           (1)
          1.2.4      Tien Gebooie √                                                     (1)
          1.2.5      Hadj √                                                             (1)
          1.2.6      rituele √                                                          (1)
                                                                                      (6 x 1) (6)

1.3       1.3.1      D√                                                                  (1)
          1.3.2      G√                                                                  (1)
          1.3.3      A√                                                                  (1)
          1.3.4      E√                                                                  (1)
          1.3.5      F√                                                                  (1)
          1.3.6      B√                                                                  (1)
                                                                                      (6 x 1) (6)

1.4       1.4.1      Sikhisme √
                     Die ander is Abrahamitiese gelowe/godsdienste. √                    (2)

          1.4.2      Godheid √
                     Die ander verwys na 'n vergelyking tussen godsdienste/
                     gelowe./Konsepte wat dikwels in die konteks van godsdiens
                     gebruik word. √                                                     (2)

          1.4.3      Sanskrit √
                     Die ander behoort aan Islam. √                                      (2)

          1.4.4      Bab √
                     Die ander behoort aan Hindoeïsme. √                                (2)
                                                                                      (4 x 2) (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                                     DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

1.5       1.5.1      •   Die interpretasie/vertolking van heilige tekste/geskrifte. √
                     •   Die woord kom van die Griekse woord hermeneuein wat
                         'vertolk' beteken. √                                                (2)

          1.5.2      •   Dit is 'n fundamentele geloof in Taoïsme. √
                     •   Alle wêreldprosesse bestaan uit twee opponerende magte,
                         Jin en Jang. √
                     •   Die Jang is aktief, lig, kragtig, manlik en die Jin is passief,
                         donker, toegeeflik en vroulik. √                                    (2)

          1.5.3      •   Dit is 'n plegtige belofte/gelofte/ooreenkoms/eed/waarborg.
                     •   Dit word oor die algemeen aan Judaïsme toegeskryf.
                     •   Die verbond/gelofte is deur God gemaak as 'n ooreenkoms
                         tussen Hom en die Jode.                                             (2)

          1.5.4      •   Die woord kom van die Sanskrit, dit beteken 'ontwaakte' of
                         'verligte'. √
                     •   Dit is as titel aan Siddhartha Gautama, die stigter van
                         Boeddhisme, gegee. √
                     •   As gevolg van die Boeddhistiese geloof in reïnkarnasie is
                         daar 'n opeenvolging van Boeddhas, so daar is meer as een
                         Boeddha. √                                                          (2)

          1.5.5     Hierdie persoon staan as 'n sangoma bekend. √
                     •
                    Sy/Hy tree as tussenganger tussen mense en die voorvaders
                     •
                    op. √
                  • Sy/Hy kan 'n persoon se lot voorspel. √                     (2)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.               (5 x 2) (10)
1.6       1.6.1      ONWAAR. √ Theravada beteken die 'Weg van die Oudstes' of
                     'Tradisie van die Oudstes'. √/
                     Mahayana-Boeddhisme beteken die Groot Weg/Groot
                     Voertuig. √                                                             (2)

          1.6.2      ONWAAR. √ Ubuntu skryf die morele/sedelike kode in die Afrika
                     Tradisionele Godsdiens voor. √/
                     Sinkretisme is die vorming van 'n nuwe godsdiens deur die
                     aspekte van verskillende godsdienste te kombineer. √                    (2)

          1.6.3      ONWAAR√. Shoghi Effendi (1897–1957) was 'n leier van die
                     Bahá'i-geloof. √                                                        (2)

          1.6.4      WAAR √√                                                                 (2)

          1.6.5      ONWAAR. √ Hulle bereik Verligting of Nirvana. √/
                     Karma is die geloof dat elke daad/handeling 'n gevolg het wat
                     later in die huidige lewe of in 'n latere reïnkarnasie na vore kan
                     tree. √                                                                 (2)

                                                               TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                                     DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

AFDELING B

VRAAG 2

2.1.      2.1.1       •   Die woord beteken letterlik die 'wetenskap/studie van idees'.
                          Dit is 'n stelsel/stel idees/gelowe/oortuigings, (waardes en
                          menings wat die manier bepaal waarop 'n persoon of groep
                          optree, dink en die wêreld beskou.
                      •   Vir mense sonder 'n godsdiens is hulle ideologie die wyse
                          waarop hulle die wêreld beskou en daarom is dit dalk 'n
                          plaasvervanger vir godsdiens (wêreldbeskouing).
                      •   Voorbeelde: kommunisme/ Marxisme/ Fascisme/ nasionalisme,
                          demokrasie/ sosialisme.                                                  (4)

          2.1.2       •   Dit is 'n sinoniem vir godsdienstige leringe of gelowe/
                          oortuigings.
                      •   Dit verwys na goddelike bevele.
                      •   Voorbeeld: Moksha is bevryding van die voortgaande siklus van
                          reïnkarnasie in Hindoeïsme.
                      •   Jesus Christus is die Seun van God in die Christelike
                          godsdiens.
                      •   Daar is slegs een God (Allah) in Islam.                                  (4)

          2.1.3       •   Godsdienste is nie in konflik nie, bestaan in vrede saam.
                      •   Godsdienste werk saam tydens 'n humanitêre krisis.
                      •   Voorbeeld: Godsdienste is verenig wanneer hulle saamstem
                          oor 'n lering, bv. 'n gevoel van eenheid/een wees met die
                          godheid is 'n belangrike deel van godsdienstige ervaring.
                      •   'n Godsdiens se identiteit skep daarbinne eenheid deur 'n
                          gevoel van behoort te skep.                                              (4)

2.2       2.2.1       •   Die naam van die godheid in Islam is Allah.
                      •   Allah se eienskap/kenmerk is dat Hy nie 'n vader of 'n moeder
                          het nie en Hy het nie 'n seun of 'n dogter nie (Hy is nie gebore
                          nie en Hy is ook niemand se vader nie).
                      •   Die heilige geskrif is die Koran.
                      •   Dit is woordeliks deur die aartsengel Gabriel aan die
                          ongeletterde Profeet Mohammed gedikteer.
                      •   Volgens hulle dieetvoorskrifte mag slegs kos wat 'halaal' is,
                          geëet word.                                                              (4)

          2.2.2       •   Die Christelike godsdiens glo in die Drie-eenheid; dat daar
                          slegs een God is en dat in hierdie een God drie persone is.
                      •   Die drie persone van die Drie-eenheid is God die Vader, God
                          die Seun en God die Heilige Gees.
                      •   Jesus is die Seun van God.
                      •   Jesus is God self (in die vlees/liggaamlik).
                      •   Jesus het aan die kruis gesterf en uit die dood
                          opgestaan/opstanding.                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              5                                     DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

          2.2.3       •   Hindoeïsme het baie gode en godinne wat aspekte van Brahma
                          verteenwoordig. Krishna, Shiva en Vishnu is voorbeelde.
                      •   In Hindoeïsme word die siel as ewig en onveranderbaar
                          beskou.
                      •   Hindoes het vier lewensdoelwitte: dharma (die weg van die
                          Hoër Waarheid), artha (verkryging van rykdom), kama
                          (sensuele genot) en moksha (verlossing van lyding).
                      •   Daar is vier kastes/klasse/stande in die samelewing: priesterlik
                          (Brahmanas/Brahmins), heersers (ksjatris), werkers of
                          handelaars (vaisjes), bediendes (soedras).
                      •   Daar is vier lewensfases (ashramas): student-, getroude,
                          aftrede- en die opsionele vroom-fase (sannyasins).
                      •   Hindoes glo aan reïnkarnasie waar die siel deur 'n reeks
                          geboortes en sterftes gaan.
                      •   Die siel word van geboorte tot dood en van dood tot geboorte
                          aangedryf in 'n voortgaande siklus wat samsara genoem word.
                      •   'n Unieke eienskap van Hindoeïsme is die konsep van
                          reïnkarnasie – hergeboorte in verskillende lewensvorms.                  (4)
          2.2.4      Hulle sentrale idee is Tao, die naaste aan 'n idee van godheid.
                      •
                     Tao beteken 'die pad van die heelal'.
                      •
                     Alle wêreldprosesse is opgemaak uit die twee opponerende
                      •
                     magte van Jin en Jang, bv. haat en liefde.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                    (4)
2.3       2.3.1       •   Voorvaders kommunikeer met lewendige familielede deur
                          middel van 'n tussenganger.
                      •   Voorvaders mag via diere kommunikeer.
                      •   Hierdie tussenganger word 'n sangoma/waarsêer genoem wat
                          'n volgehoue verhouding met die voorvaders verwesenlik.
                      •   'n Algemene manier om te kommunikeer, is deur drome en                   (4)
                          visioene.
          2.3.2       •   Die geloof dat die voorvaders die familie lei en beskerm,
                          versterk die familie, wat weer die gemeenskap versterk.
                      •   Daar is 'n groot gevoel van verbondenheid en deurlopendheid
                          in die familie en die gemeenskap.
                      •   Dit laat lede veilig voel want dit gee hulle 'n sterk gevoel van
                          identiteit en tuishoort.
                      •   'n Mens word aangemoedig om 'n kuise lewe te lei. Die
                          voorvaders, wat glo die mondstuk van die Skepper is, beloon 'n
                          mens hiervoor in hierdie wêreld.                                         (6)

          2.3.3       • Die Afrika Tradisionele Godsdiens het nie geskrewe geskrifte
                        nie.
                      • In plaas daarvan is daar 'n sterk mondelinge tradisie waar
                        vertelkuns (stories vertel) belangrik is.
                      • Die vertelkuns vervul dieselfde funksie as geskrewe tekste in
                        hierdie godsdiens.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           6                                   DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

2.4       • 'n Mite is gewoonlik 'n 'grootskaalse' verhaal wat op 'n oordrewe manier
            vertel word.
          • Dit dra 'n geestelike waarheid oor.
          • Dit verwys na 'n godsdienstige verhaal waarin die waarheid oor die lewe
            onthul word, bv. oor die skepping van die wêreld en die lewe na die dood.
          • 'n Gelykenis is 'n storie wat 'n sedeles/moraal leer.
          • Anders as die groot skaal van 'n mite, behels 'n gelykenis enige soort
            karakter, selfs 'n eenvoudige en gewone persoon.
          • 'n Mite is gewoonlik kort.
          LET WEL:Twee punte word toegeken vir ‘’mite’’ en twee punte vir’gelykenis’’         (4)

2.5       • Die drie Abrahamitiese gelowe/godsdienste – Judaïsme, die Christelike
            godsdiens en Islam – is almal monoteïsties.
          • Hulle word soms 'godsdienste van die boek' genoem omdat hulle almal glo
            aan 'n goddelik geïnspireerde heilige geskrif/teks.
          • Die heilige geskrif is baie belangrik in hierdie godsdienste en gevolglik
            word daar groot klem op onderrig/kennis oordra/bestudering geplaas.
          • Hulle staan as Abrahamitiese gelowe/godsdienste bekend omdat hulle
            almal vir Abraham as 'n belangrike profeet erken.
          • Hulle glo aan engele.
          • Hulle glo aan die lewe na die dood.
          • Hulle deel 'n gemeenskaplike geloof oor die skepping.
          • Hulle glo aan die Laaste Oordeel van die mensdom.
          • In al drie godsdienste word die dissipline van vas aangemoedig om
            geestelikheid te kweek.
          • Hulle glo aan die profete.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                               (6)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              7                                     DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3
3.1       3.1.1       • Ons lewe in 'n 'wêrelddorpie' van massakommunikasie en
                        sosiale netwerke. Die groei is moontlik 'n natuurlike deel van die
                        algemene toename in mediadekking oor alle sake/kwessies.
                      • Meer mense stel in godsdiens belang.
                      • Met makliker toegang tot inligting kan die leek die
                        'godsdienstige kundige' uitdaag en verantwoordelik hou. Dit lei
                        tot twispunte wat die publiek se belangstelling prikkel.
                      • Die media is 'n magtige instrument om inligting en leringe te
                        versprei en dit word deur godsdienste self vir hierdie doel
                        gebruik.
                      • Mense word deur nuuskierigheid en sensasionele stories
                        aangetrek.
                      • Die media gebruik dit om hulle nuus te verkoop en 'n wins
                        te maak.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                        (4)
          3.1.2       •  Sensasie verkoop wat weer winste laat styg.
                      •  Hulle wil wins maak.
                      •  Hulle het 'n gebrek aan ware/onvervalste inligting oor
                         godsdiens.
                      • Hulle is geneig om bevooroordeeld te wees.
                      • Hulle gebruik negatiewe stereotipes in verslaggewing.
                      LET WeL:geen krediet word gegee vir voorbeelde.
                       Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                (4)
          3.1.3       • Hulle moet sterk beleid en prosedures instel om hulle leiding te
                        gee oor hoe hulle moet optree en hoe hulle met die media
                        omgaan/handel.
                      • Godsdienste moet seker maak dat hulle lede protokol volg.
                      • Hulle moet 'n woordvoerder hê wat mediasake hanteer.
                      • Lede moet 'n hoë vlak van dissipline toon en verantwoordelik
                        wees.
                      • Hulle gedrag en positiewe gebruik van die media sal dien om
                        enige negatiewe verslaggewing teë te werk.
                      • Indien daar negatiewe verslaggewing is, kan hulle die media
                        gebruik om die ware feite te gee.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                        (6)
          3.1.4       • Die media doen gewoonlik verslag vanuit 'n sekere perspektief
                        om die gewenste effek te verkry.
                      • Hulle kies die visuele materiaal wat hulle gebruik baie versigtig.
                      • Hulle hoofopskrifte trek ons aandag.
                      • Hulle taalgebruik is voorbedag/doelbewus om hulle siening te
                        ondersteun – toon, woordeskat, ens.
                      • Hulle doen onderhoude met gewilde en beroemde mense.
                      • Hulle kies waar 'n artikel in die gedrukte media geplaas word.
                      • Die herhaling van dieselfde boodskap op verskillende wyses
                        het gevolg dat die ontvanger oplaas die boodskap aanvaar, al is
                        dit onwaar.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                        (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              8                                     DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

          3.1.5       VOORBEELD 1: KONFLIKTE
                      Konflik in die Midde-Ooste en Afrika word as godsdienstig beskou,
                      bv. Israel/Palestina, Sirië, Iran, Libië en Nigerië.
                      • Israel/Palestina: Die stryd tussen die Jode en Palestyne is al
                          baie lank aan die gang en dit lyk nie asof daar 'n oplossing is
                          nie.
                      • Sirië, Irak: Die intragodsdienstige Moslem-konflik in hierdie
                          dele, met die betrokkenheid van ISIS, is 'n 'warm' onderwerp.
                          Dit het gelei tot die humanitêre krisis van vlugtelinge wat uit
                          hulle oorloggeteisterde lande vlug. Baie vlug na Noord-Afrika en
                          van daar op gevaarlike bote oor die Middellandse See na
                          Europa.
                      • Nigerië: Boko Haram, 'n Moslem-groep, het 'n aantal aanvalle
                          op burgerlikes en die regering uitgevoer.
                      WAAROM?
                      • Mense wil ingelig wees oor die konfliksituasies genoem.
                      • Hulle wil weet wat die vlak van godsdienstige betrokkenheid is.
                      • Die kwessies hierbo het humanitêre krisisse veroorsaak, bv. die
                          vlugtelingprobleem.
                      • As 'n joernalis wil ek die lyding van mense oopvlek en 'n
                          oplossing vir die probleem vind.
                      VOORBEELD 2: ANDER AKTUELE GODSDIENSTIGE SAKE
                      Sake van aktuele belang: welvaartsgodsdiens, blink ('bling-')
                      pastore, valse/foppastore.
                      WAAROM?
                      • As 'n joernalis wil ek die misbruik van godsdienstige mag
                         blootlê.
                      • Kwesbare mense word slagoffers in die naam van
                         God/godsdiens.
                      LET WEL: TWEE punte word toegeken vir elke kwessie,en                        (8)
                      TWEE punte word toegeken aan elke rede.
                      Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.

3.2       3.2.1       •   Dit is onbevooroordeeld met 'n oop gesindheid./’n Persoon
                          behoort nie bevooroordeeld te wees nie.
                      •   'n Persoon vind uit oor 'n godsdiens slegs om te verstaan/
                          begryp en dit te waardeer.
                      •   Daar is geen ander motief/rede soos om dit te veroordeel of te
                          vergelyk nie.                                                            (4)

          3.2.2       •   Die unieke dinge van 'n godsdiens maak dit anders as ander.
                      •   Die unieke dinge van 'n godsdiens is die dinge wat die meeste
                          waardeer word.
                      • Volgelinge kan beskermend en verdedigend hieroor wees.
                      • Gevolglik is hulle maklik geaffronteer en ontstel as ander nie die
                          nodige respek toon nie.
                      • Mense vrees verskille.
                      LET WEL:Indien ‘n leerder slegs ‘n verbatim herhaal uit die
                      dialoog,moet ‘n maksimumvan TWEE punte toegeken word.                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              9                                     DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

          3.2.3       •   Ben bewonder die diversiteit/verskille tussen godsdienste./Hy is
                          verdraagsaam teenoor ander religieë.
                      •   Hy dink dat die unieke dinge van 'n godsdiens pragtig is.
                      •   Hy dink dit is wat godsdiens wonderlik maak.                             (2)

          3.2.4       •   Shireen dink dat begrip en verdraagsaamheid 'n risiko kan
                          wees.
                      •   Daar is geen sekerheid dat iemand op hulle beurt begrip en
                          verdraagsaamheid sal ontvang nie.
                      •   Die ander godsdiens kan steeds moontlik probeer om haar
                          te bekeer.
                      •   Dit kan 'n superieure houding inneem.
                      •   Dit kan teen haar diskrimineer.                                          (6)

          3.2.5       BEN:
                      • Besoek aanbiddingsplekke van verskillende godsdienste.
                      • Ontmoet mense van verskillende gelowe/oortuigings.
                      • Sluit aan by 'n intergeloofsgroep.
                      • Ondersteun 'n intergodsdienstige liefdadigheidsorganisasie.

                                                       OF

                      SHIREEN:
                      • Doen stappe om jou kennis, begrip en/of ervaring van jou eie
                        geloof/godsdiens te verbreed.
                      • Wees verdraagsaam en respekteer ander godsdienstige
                        gelowe/oortuigings, selfs al stem jy nie met hulle saam nie.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                        (2)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              10                                      DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       4.1.1       •   Dit is 'n basiese reg wat aan elke mens sonder diskriminasie
                          gegee word.
                      •   Dit word aan 'n mens gegee eenvoudig omdat hy/sy 'n mens is
                          wat 'n reg op menswaardigheid het.                                         (4)

          4.1.2       •   Die uitspraak het godsdiensvryheid as 'n mensereg vir almal
                          (Konstitusie) bevestig toe daar verklaar is dat dit onwettig is om
                          'n spesifieke godsdiens, tot uitsluiting van ander godsdienste,
                          te bevoordeel.
                      •   Die uitspraak het bevestig dat godsdiensbeoefening en
                          -uitdrukking by openbare skole mag plaasvind, onderhewig aan
                          drie voorwaardes onderhewig. Hierdie drie voorwaardes kom
                          presies met die Konstitusie ooreen.
                          Die drie voorwaardes is:
                      •   1. Dit moet plaasvind volgens die reëls wat deur die toepaslike
                          owerhede ingestel is (in die geval van 'n skool sou dit die
                          Skoolbeheerraad wees);
                      •   2. Dit moet op 'n billike grondslag plaasvind.
                      •   3. Bywoning moet vry en vrywillig plaasvind.                               (10)

4.2       4.2.1       •   Program     vir    Christen-Moslem-verhoudinge  in    Afrika
                          ('PROCMURA')
                      • Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA)
                      • Raad van Godsdienstige Leiers in Afrika (Religions for Peace)
                          ('ACRL'/RP)
                      Let Wel:Aanvaar SA interreligieuse organisasie.Moet nie slegs
                      ‘n humanitêre organisaie krediteer nie.                                        (2)

          4.2.2       •  Parlement van die Wêreld se Godsdienste/Wêreldparlement
                         van Godsdienste
                      • Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WKGV)
                      Let Wel: Selfs globale interreligieuse humanitêre organisasie kan
                      aanvaar word.
                      (Enige EEN van die bogenoemde)                                                 (2)

          4.2.3        VOORBEELD 1: PARLEMENT VAN DIE WÊRELD SE
                       GODSDIENSTE ('PWR')
                      • Kom vir die eerste keer in 1893 bymekaar. Dit het mense van
                         verskillende godsdienste saamgebring om in gesprek te tree.
                      • Dit word dikwels beskou as die begin van die moderne
                         bewustheid van positiewe intergodsdienstige verhoudinge.
                      • By die tweede vergadering 'n 100 jaar later is daar besluit dat
                         daar gereeld, ongeveer elke vyf jaar, sou bymekaarkom.
                      • Die dokument/verklaring oor wie hulle is en waarvoor hulle
                         staan, genoem 'Towards a Global Ethic', was 'n uitkoms van
                         hierdie tweede byeenkoms.
                      • Die aanvanklike idee van die PWR was ruimte vir godsdienstige
                         gesprek. Dit is as die behoefte van daardie tyd beskou.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             11                                   DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

                      •   Daar was sedertdien vooruitgang ten opsigte van gesamentlike
                          optrede om maatskaplike probleme oor die hele wêreld aan
                          te pak.
                      •   Opeenvolgende PWR'e het kwessies soos MIV/Vigs,
                          godsdienstige geweld, veilige water, vlugtelinge en die uitwis
                          van eksterne skuld in ontwikkelende lande aangepak.
                      •   Hulle het die Millennium Development Goals vir die uitwissing
                          van armoede ondersteun en ook insette gelewer.
                      •   Ook by die Millennium Development Goals ingesluit, is
                          versoening, aardsklimaatsverandering en volhoubaarheid.
                      VOORBEELD 2: WÊRELDKONFERENSIE VAN GODSDIENSTE
                      VIR VREDE (WKGV)
                      • Die WKGV was betrokke by die oplei van gemeenskappe oor
                         die menseregte van die kind (Konvensie oor die Regte van die
                         Kind, die menseregte-ooreenkoms wat die algemeenste in die
                         geskiedenis bekragtig is).
                      • Dit het gehelp om versoening in Bosnië en Kosovo in Europa
                         te bring.
                      • Dit het tussen strydende groepe in Sierra Leone gemedieer.
                      • Dit het 'n internasionale netwerk van godsdienstige
                         vroueorganisasies daargestel.
                      • In vennootskap met ander organisasies, het dit Hope for
                         African Children gestig wat die probleem van kwesbare kinders
                         as gevolg van MIV/Vigs in Afrika aangepak. Dit sluit ook
                         wanvoeding,      misbruik     en     uitbuiting, weeskinders,
                         skoolafwesigheid omdat hulle na siek gesinslede moet kyk en
                         armoede in.                                                             (10)
          4.2.4       VOORBEELD 1: PARLEMENT VAN DIE WÊRELD SE
                      GODSDIENSTE ('PWR')
                      • Daar is 'n gesindheid van wedersydse respek, inklusiwiteit en
                          dialoog/gesprek.
                      • Struikelblokke tussen godsdienste is oorwin.
                      • Dit het van gesprek na handeling/optrede beweeg.
                      • Dit reageer op die behoeftes wat in die gesprek uitgedruk is.
                      LET WEL : Indien 4.22 verkeerd is,kan 4.2.3 en 4.2.4 slegs
                      gekrediteer word as daar duidelike verwysing is na EEN globale
                      interreligieuse organisasie.
                      VOORBEELD 2: WÊRELDKONFERENSIE VAN GODSDIENSTE
                      VIR VREDE (WKGV)
                      • Daar is 'n gesindheid van wedersydse respek, inklusiwiteit en
                         dialoog/gesprek.
                      • Godsdienste werk saam vir wêreldvrede.
                      • Dit is die grootste internasionale intergodsdienstige liggaam en
                         dit is op elke vasteland bedrywig.
                      • Uit hulle werk ten opsigte van versoening en mediasie in
                         konflikgebiede kan dit as 'n betroubare onderhandelaar beskou
                         word.                                                                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            12                                    DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

          4.2.5       • By staatsfunksies, soos die opening van die parlement, die
                        inlywing van die President, ens. word godsdienstige leiers uit 'n
                        verskeidenheid godsdienste genooi om aan die seremonie deel
                        te neem.
                      • By openbarevakansiedagvieringe, soos Menseregtedag en
                        Erfenisdag, neem godsdienstige leiers van verskillende
                        godsdienste deel.
                      • Intergeloofsdienste word gehou.
                      • Daar is baie godsdienstige NRO's (nieregeringsorganisasies)
                        wat voorsien in die behoeftes van die kwesbares van alle
                        gelowe/oortuigings.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                   (6)

          4.2.6       • Godsdiens kan mense se gedrag op positiewe en negatiewe
                        maniere beïnvloed.
                      • Dit is 'n baie individuele saak; mense het hulle eie wyses
                        waarop hulle dinge beskou en doen.
                      • Die meeste godsdienste leer goeie maniere.
                      • Hulle skerp waardes, soos sorg en respek vir jou naaste, in.
                      • Dit kan 'n baie positiewe invloed op 'n persoon se opvoeding en
                        vorming uitoefen.
                      • 'n Persoon kan egter onverdraagsaam met betrekking tot ander
                        godsdienste wees omdat trots, onkunde en selfs vrees.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                   (10)
                                                                                              [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr-1/5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-eng/b23b5881-3920-4e6d-aebe-f3622d683c4e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-final-memo-afr/c7adcc8c-1b2a-4cd6-a800-100b117f641c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-afr/92eec3e8-de98-4180-8ebc-024f5f073c5c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-eng/fc4c4e80-956f-41ae-9fb2-494dc91e6e29) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
