# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr-1/7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr-1/7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V1

                                           2021

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           2                                  DBE/2021
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            3                                        DBE/2021
                                           SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1       In die Afrika Tradisionele Godsdiens is ubuntu …

                      A   'n dag wat vir gemeenskaplike aanbidding gebruik word.
                      B   die toon van respek en empatie vir die medemens.
                      C   tradisionele drag.
                      D   'n woord wat 'mense met 'n Afrika-oorsprong' beteken.                  (1)

          1.1.2       Volgens die Christelike kalender …

                      A   is Pinkster 'n viering van die koms van die Heilige Gees.
                      B   is Pinkster 'n viering van die verjaarsdag van die kerk.
                      C   word Pinkster vyftig dae na Paasfees gevier.
                      D   Al die bogenoemde                                                      (1)

          1.1.3       Watter EEN van die volgende word NIE met die Bahá'i-geloof
                      geassosieer NIE?

                      A   Die Bab
                      B   Bahá'u'lláh
                      C   Tikkun Olam
                      D   Kitáb-i-Aqdas                                                          (1)

          1.1.4       'n Benadering wat nie God se bestaan verwerp nie, maar dit bloot
                      ignoreer:

                      A   Dwaalleer/Kettery
                      B   Ateïsme
                      C   Materialisme
                      D   Nie-teïsme                                                             (1)

          1.1.5       In Hindoeïsme verwys samsara na …

                      A   reïnkarnasie.
                      B   'n godheid.
                      C   'n ritueel.
                      D   'n held in die Bhagavad-epos.                                          (1)

          1.1.6       Tibettaanse Boeddhisme glo aan …

                      A   'n godedom van Boeddhas.
                      B   Bodhisattvas.
                      C   Dharma-beskermers.
                      D   Al die bogenoemde                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                                     DBE/2021
                                            SS/NSS

          1.1.7       Die lyding van Jesus Christus verwys na …

                      A   sy geboorte.
                      B   sy opstanding.
                      C   sy lyding en dood deur kruisiging.
                      D   sy hemelvaart.                                                          (1)

          1.1.8       Die wêreldhoofkwartier van die Bahá'i-geloof is in …

                      A   Istanbul, Turkye.
                      B   Haifa, Israel.
                      C   Kaïro, Egipte.
                      D   Jerusalem, Israel.                                                      (1)

          1.1.9       'n Persoon wat sy/haar oortuigings tot uitsluiting van alle ander
                      aanprys (propageer), kan as … beskryf word.

                      A   'n avatar
                      B   'n leier
                      C   'n ideoloog
                      D   aantreklik                                                              (1)

          1.1.10      Watter van die volgende druk NIE 'n eendersheid/ooreenkoms uit
                      NIE?

                      A   Pluralisme en inklusiwisme
                      B   Sekularisme en humanisme
                      C   Eksklusiwisme en fundamentalisme
                      D   Sinkretisme en fanatisme                                                (1)

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
          Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die Sangha is die groep monnike en nonne wat in die …-vertakking
                     van Boeddhisme gevind word.                                                  (1)

         1.2.2       In Hindoeïsme verwys die Ashramas na die vier …                              (1)

         1.2.3       'Alle mense word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore'
                     is 'n aanhaling uit die …                                                    (1)

         1.2.4       Wanneer 'n dooie mens weer lewendig gemaak word, staan dit as …
                     bekend.                                                                      (1)

         1.2.5       Elke handeling het 'n uitwerking op die toestand van die siel en is
                     'n kans om moksha te bekom. Dit is die wet van …                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                5                                     DBE/2021
                                               SS/NSS

1.3       Kies die woord in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.

         VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou
         ANTWOORD: Sirkel
         REDE:      Die ander drie is kleure.

          1.3.1       Nasarener; Sionis; Kwaker; Etiopiër                                            (2)

          1.3.2       Monoteïsme; Politeïsme; Ateïsme; Teïsme                                        (2)

          1.3.3       Brahmaan; Bodhisattva; Lama; Boeddha                                           (2)

          1.3.4       Psalms; Mites; Gelykenisse; Legendes                                           (2)

          1.3.5       Hadj; Salat; Zakat; Sudras                                                     (2)

1.4       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik
          NIE.

                     KOLOM A                                   KOLOM B
          1.4.1      Kanon                 A     'n ritueel waar jy met God in aanraking
                                                 kom deur meditasie, kantillering ('chant')
          1.4.2      Taoïs                       en draaiende dansbewegings

          1.4.3      Zikr                  B     'n wyse persoon van die Oosterse
                                                 godsdienste
          1.4.4      Ortodoks
                                           C     die gesaghebbende versameling van
          1.4.5      Afrika-geïnisieerde         heilige geskrifte van 'n godsdiens,
                     Kerke                       dikwels as goddelik geïnspireerd beskou

                                           D     daar is geen plan of doel met die
                                                 skepping nie

                                           E     'n voorbeeld van inklusiwisme

                                           F     'n voorbeeld van sinkretisme

                                           G     beskryf iemand wat streng by die
                                                 tradisies van 'n godsdiens hou
                                                                                       (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

1.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.

          1.5.1       Die sterrekundige, Copernicus, het 'n godsdienstige omwenteling
                      veroorsaak toe hy 'n geosentriese siening van die wêreld
                      voorgestel het.                                                         (2)

          1.5.2       Die onderafdeling van Smartisme in Hindoeïsme verklaar dat alle
                      paaie na die bron van alle bestaan, die een God, lei.                   (2)

          1.5.3       Die interpretasie van die heilige tekste van 'n godsdiens word
                      pluralisme genoem.                                                      (2)

          1.5.4       Volgens die Christelike godsdiens verrys die siele van goeie
                      mense na hulle voorvaders toe.                                          (2)

          1.5.5       Die Communist Manifesto is deur Karl Marx en Shankara geskryf.          (2)

1.6       Skryf TWEE feite oor ELK van die volgende, in die konteks van godsdiens:

         1.6.1       Die Goue Reël                                                            (2)

         1.6.2       Pelgrimstog                                                              (2)

         1.6.3       Jahweh                                                                   (2)

         1.6.4       Voorvader                                                                (2)

         1.6.5       Menseregte                                                               (2)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                7                                         DBE/2021
                                               SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       Verduidelik die betekenis van die volgende terme, in die konteks van
          godsdiens:

          2.1.1       Kerkverband                                                                        (2)

          2.1.2       Godheid                                                                            (2)

          2.1.3       Dharma                                                                             (2)

          2.1.4       Nagmaal                                                                            (2)

          2.1.5       Dogma                                                                              (2)

          2.1.6       Vergelykbaarheid                                                                   (2)

2.2       Noem TWEE unieke kenmerke met betrekking tot die oortuigings van die
          volgende godsdienste:

          2.2.1       Judaïsme                                                                           (4)

          2.2.2       Die Christelike godsdiens                                                          (4)

          2.2.3       Islam                                                                              (4)

2.3       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             UNIEK ONTMOET UNIEK WANNEER DIE CHRISTELIKE GODSDIENS
                              HINDOEÏSME ONTMOET
          Agtergrond
          Die moderne verhouding tussen Hindoes en Christene het begin toe Brittanje
          Indië in die 18de eeu gekoloniseer het en die grootste deel van die Indiese
          subkontinent deel van die Britse Ryk geword het. Die Britse houvas op Indië
          het egter teen die Tweede Wêreldoorlog verswak. Indië was in 1948 die
          eerste kolonie om van Brittanje onafhanklik te word.
          Sendelingaktiwiteit
          In Indië; soos in al die Britse kolonies, was daar baie Christen-
          sendingaktiwiteite. Dit was omdat die Christen-sendelinge materiaal en
          finansiële ondersteuning by die Britse Ryk gekry het.
          Christen-sendelinge het dit egter moeilik gevind as gevolg van die
          fundamentele verskille tussen die twee godsdienste.
                         [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12 Learner's Book]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            8                                     DBE/2021
                                           SS/NSS

          2.3.1       Die Christelike godsdiens en Hindoeïsme stem miskien ooreen wat
                      'n geloof in die hiernamaals betref, maar elkeen het hulle unieke
                      oortuigings daaroor.

                      Gebruik hierdie stelling om tussen die terme eenheid en uniek
                      te onderskei.                                                             (4)

          2.3.2       Tabuleer die geloofsverskille tussen Hindoeïsme en die Christelike
                      godsdiens.                                                                (12)

          2.3.3       Noem      DRIE     maniere    waarop Swami    Vivekananda
                      intergodsdienstige verhoudinge tussen Hindoeïsme en die
                      Westerse wêreld bevorder het.                                             (6)

          2.3.4       Verduidelik wat met godsdienstige kolonisasie bedoel word.                (4)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                  9                                           DBE/2021
                                                 SS/NSS

VRAAG 3

3.1       Die bronne hieronder handel albei oor die Uyghur-Moslemgemeenskap in die
          Xinjiang-provinsie in China. Bestudeer die bronne en beantwoord die vrae wat
          volg.

          BRON A

                    DIE 'HEROPVOEDING' VAN UYGHUR-MOSLEMS IN CHINA

          Die Chinese regering tree sedert minstens 2009 baie streng teen Uyghur-
          Moslems op. Hulle het in 2014 nog meer bedrywig geword ten opsigte van
          polisiesoektogte en monitering van die Uyghur. Boeke en literatuur oor die
          Uyghur-kultuur, bidmatte, tulbande en baardgroei word alles verbied.

          Die regering het nog altyd die bestaan van 'heropvoeding'-kampe ontken,
          maar foto's wat uit die ruimte geneem is, bevestig dat ten minste 85 sulke
          kampe bestaan.

          Minstens 10 000 kinders is uit hulle huise weggeneem en in voorskoolse
          gevangeniskampe geplaas om hulle erfenis uit hulle breine uit te wis.

          Internasionale oproepe vir 'n boikot teen goedere uit Xinjiang groei.
            [Aangepas uit https://www.dailybulletin.com/2020/09/18/professing-faith-the-reeducation-of-
                                                                            uyghur-muslims-in-china/]

          BRON B

                       INDIENSNEMING EN ARBEIDSREGTE IN XINJIANG

          In 'n beleidsdokument wat in September 2020 uitgereik is, het die regerende
          Chinese Kommunisteparty ('CCP') onthul dat hulle tussen 2014 en 2019 meer
          as 1,29 miljoen mense in heropvoedingskampe in die Uyghur-gedomineerde
          provinsie Xinjiang geplaas het. Die Chinese regering het die beleidsdokument
          in Engels, Duits, Frans en Arabies vertaal.

          Die beleidsdokument beskryf heropvoeding-kampe as 'beroepsopleiding-
          sentrums'. Die dokument beskryf Uyghur-Moslems as 'terroriste' wat die
          moderne wetenskap as gevolg van godsdienstige dogmatisme verwerp.
          Die Chinese regering sê voorts dat 'terroriste, separatiste en godsdienstige
          ekstremiste al lankal verkondig dat godsdienstige leringe bo regeringswette
          verhewe is', wat die publiek aanhits om die aanleer van die standaard
          Chinese taal teen te staan, om die moderne wetenskap te verwerp, en om te
          weier om hulle beroepsvaardighede te verbeter.
           [Aangepas uit https://www.opindia.com/2020/09/china-whitepaper-uyghur-muslims-and-their-
                                                                                     re-education/]

          3.1.1       Waarom word 'heropvoeding' in BRON A tussen aanhalingstekens
                      geskryf?                                                                              (2)

          3.1.2       Identifiseer EEN voorbeeld van vooroordeel in BRON A en
                      verduidelik waarom jy dit as vooroordeel beskou.                                      (4)
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            10                                   DBE/2021
                                           SS/NSS

          3.1.3       Wat beteken heropvoeding in BRON B?                                      (2)

          3.1.4       Wat beteken aanhits in BRON B?                                           (2)

          3.1.5       Watter bewyse is daar dat godsdienstige vryheid in die Xinjiang-
                      provinsie beperk word?                                                   (4)

          3.1.6       Dit is ongewoon dat 'n regeringbeleidsdokument in vreemde tale
                      vertaal word. Waarom, dink jy, het die Chinese regering dit
                      gedoen? Gee TWEE moontlike redes.                                        (4)

          3.1.7       Lewer kommentaar op die gebruik van die term terroriste in
                      BRON B.                                                                  (4)

          3.1.8       Watter redes gee die 'CPP' vir die bestaan van die kampe?                (6)

          3.1.9       Lewer kommentaar op die akkuraatheid van ELKE bron. Gee redes
                      om jou antwoord te ondersteun.                                           (8)

3.2       Noem DRIE strategieë of taktieke wat die media gebruik om mense se
          menings te beïnvloed.                                                                (6)

3.3       Dink jy daar is regverdige mediadekking van godsdienste in Suid-Afrika?
          Gee redes vir jou antwoord.                                                          (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               11                                        DBE/2021
                                              SS/NSS

VRAAG 4

4.1       Beantwoord die volgende vrae.

          4.1.1       Wat word met godsdienstige verdraagsaamheid bedoel?                               (4)

          4.1.2       Verduidelik  die    verskille  tussen    hoe    godsdienstige
                      verdraagsaamheid in Westerse en Oosterse samelewings verstaan
                      word.                                                                             (6)

4.2       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     DIE SPAANSE INKWISISIE

          Die Spaanse Inkwisisie was 'n geregshof wat in 1478 in Spanje ingestel is.
          Dit was gekoppel aan 'n tak van die Katolieke Kerk wat 'Die Heilige Kantoor
          van die Inkwisisie teen Kettery' genoem is. Die doel daarvan was om
          Katolieke oortuigings en praktyke suiwer te hou deur mense te vervolg wat
          nie 'n ortodokse weg gevolg het nie.

          Die hof het deels ontstaan om te verseker dat bekeerlinge uit Judaïsme en
          Islam na Katolisisme totaal bekeer was en nie steeds hulle voormalige
          godsdienste in die geheim beoefen het nie. Indien daar bevind is dat hulle dit
          gedoen het, is hulle deur die Spaanse Inkwisisie verhoor.

          'n Interessante aspek van die Inkwisisie was 'beslegting deur vuur' – die idee
          dat indien 'n persoon onskuldig was, God hom/haar sou red wanneer hy/sy
          aan 'n dodelike situasie, soos om op die brandstapel verbrand te word,
          blootgestel sou word. As die persoon egter sou sterf, is dit as 'bewys' geneem
          dat hy/sy skuldig was.
                         [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies Grade 12 Learner's Book]

          4.2.1       Gee DRIE redes vir die instelling van die Spaanse Inkwisisie.                     (6)

          4.2.2       Dink jy die bekeerlinge het godsdiensvryheid gehad? Gee redes vir
                      jou antwoord.                                                                     (6)

          4.2.3       Soos met die Spaanse Inkwisisie is daar ander gevalle waar
                      menseregtemisbruike in die naam van godsdiens gepleeg is.
                      Gee TWEE voorbeelde hiervan.                                                      (4)

4.3       Hoe word godsdiensvryheid in Suid-Afrika ondersteun?                                          (12)

4.4       Gee TWEE godsdienstige leringe wat ELK van die waardes hieronder gegee,
          ondersteun. Jy kan die leringe kies uit enige van die godsdienste wat jy
          bestudeer het.

          4.4.1       Vrede                                                                             (4)

          4.4.2       Waardigheid                                                                       (4)

          4.4.3       Gelykheid                                                                         (4)
                                                                                                        [50]
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              12                                         DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGE

Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede ('WCRP') glo dat intergodsdienstige
verhoudinge die beste manier is om mense uit verskillende rasse, klasse en kulture
rondom 'n gemeenskaplike doelwit saam te bring. Dit is omdat godsdienste regdeur die
wêreld uit groot, goed georganiseerde gemeenskappe bestaan wat daartoe verbind is
om diegene in nood te help.

                                                      [Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12]

5.1       Bespreek VIER maniere waarop                intergodsdienstige     verhoudinge      in
          Suid-Afrikaanse skole bevorder word.                                                       (8)

5.2       Sou jy sê dat daar goeie intergodsdienstige verhoudinge in die huidige
          Suid-Afrika is? Gee redes vir jou mening.                                                  (8)

5.3       Suid-Afrika is 'n sekulêre land en tog ook baie godsdienstig.

          Verduidelik hierdie stelling.                                                              (10)

5.4       Noem DRIE prestasies van ELK van die volgende Afrika-organisasies:

          5.4.1       Program  vir         Christen-Moslem-verhoudinge            in      Afrika
                      ('PROCMURA')                                                                   (6)

          5.4.2       Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA)                                  (6)

          5.4.3       Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika – Religions for Peace
                      ('ACRL'-RfP)                                                                   (6)

5.5       Skryf DRIE beginsels van die Handves vir Barmhartigheid neer.                              (6)
                                                                                                     [50]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               100
                                                                        GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr/537eef21-b6e1-4cec-a2a5-9e28945bc3b9) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-eng/1ab07505-cfa7-4c8d-b503-3f7274f1230c) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-eng/c97142c1-b5e2-407e-9102-d96b27a2aac2) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-afr/b014d4a7-f0f0-4965-ace1-7d412130ad42) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-eng/56d0ee70-3e22-4e29-a3ba-4aa29a7a1d76) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
