# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-afr/fd910188-6ad1-4142-898c-c6c1850e520d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-afr/fd910188-6ad1-4142-898c-c6c1850e520d)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V1

                                           2022

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                          2                                     DBE/2022
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               3                                  DBE/2022
                                              SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1      Geloof in die bestaan van gode of god:
                     A    Dualisme
                     B    Judaïsme
                     C    Teïsme
                     D    Monoteïsme                                                           (1)

          1.1.2      'Die Een lewer die Twee. Die Twee lewer die Drie en die Drie lewer
                     die tien duisend dinge' ('The One produces the Two. The Two
                     produces the Three and the Three produces the ten thousand
                     things') is 'n aanhaling uit die …
                     A   Talmoed.
                     B   Tao Te Ching.
                     C   Boek van Mormon.
                     D   Vedas.                                                                (1)

          1.1.3      Godsdienstige wette wat deur Ortodokse Jode gehoorsaam word,
                     word … genoem.
                     A   geloof in die Tora
                     B   lering oor Jahweh
                     C   Genesis
                     D   Halakhah                                                              (1)

          1.1.4      Om vas te hou aan tradisionele, konvensionele waardes word …
                     genoem.
                     A   Confucianisme
                     B   Sekularisme
                     C   konserwatisme
                     D   dwaalleer/kettery                                                     (1)

          1.1.5      Watter EEN van die volgende is NIE een van die Hindoe-geskrifte
                     NIE?
                     A   Upanishads
                     B   Punjab
                     C   Vedas
                     D   Bhagavad Gita                                                         (1)
          1.1.6      Boeddhisme is grootliks deur … beïnvloed.
                     A   Hindoeïsme en Islam
                     B   Islam en Sikhisme
                     C   Taoïsme en Hindoeïsme
                     D   Islam, Hindoeïsme en Confucianisme                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                                       DBE/2022
                                             SS/NSS

          1.1.7      Die persoon wat Profeet Mohammed na sy dood in 632 AE
                     opgevolg het, was …

                     A   Abu Bakr.
                     B   Hussein.
                     C   Umar.
                     D   Ismael.                                                                   (1)

          1.1.8      'Niemand sal aan arbitrêre inhegtenisneming, aanhouding of
                     ballingskap onderworpe wees nie …' is 'n aanhaling uit die …

                     A    Universele Verklaring van Menseregte.
                     B    Handves vir Barmhartigheid.
                     C    Onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde State van
                          Amerika.
                     D    Vryheidsmanifes.                                                         (1)

          1.1.9      Die sentrale doktrines van die Bahá'i-geloof word in die … vervat.

                     A   Koran
                     B   Tora
                     C   Vedas
                     D   Kitab-i-Aqdas.                                                            (1)

          1.1.10     Die geslagslyn van 'n voorouer tot by 'n persoon of gesin/familie:

                     A   Voorganger
                     B   Paternaal
                     C   Literalis
                     D   Stamboom                                                                  (1)

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
          Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Bevryding uit die siklus van weergeboorte by Hindoeïsme word …
                     genoem.                                                                       (1)

         1.2.2       Die aanneem van valse godsdienstige oortuiging en praktyk word …
                     genoem.                                                                       (1)

         1.2.3       Die persoon wat die gemeentegebed in Islam lei, is die …                      (1)

         1.2.4       Hierdie  geestelike   en  fisiese  oefening    wat   spesifieke
                     liggaamshoudings en asemhalingbeheer gebruik, word … genoem.                  (1)

         1.2.5       'n Geloof wat beweer dat alle godsdienste paaie na die waarheid is
                     en dat hulle ewe waar is, word … genoem.                                      (1)

         1.2.6       Die organisasie wat vir die eerste keer in 1970 in Kyoto, Japan,
                     byeengekom het, is die …                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                                      DBE/2022
                                            SS/NSS

1.3       Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as een keer gebruik
          NIE.

                              KOLOM A                              KOLOM B
          1.3.1      Ander onderafdelings binne              A   kosjer
                     Protestantisme
                                                             B   ahimsa
          1.3.2      Begrip en vergifnis tussen mense wat
                     'n slegte verhouding gehad het          C   mantra

          1.3.3      Dit wat in Judaïsme toelaatbaar is      D   versoening

          1.3.4      Toon diep respek of eer vir iemand of   E   Nirvana
                     iets
                                                             F   Eucharistie
          1.3.5      Moet nooit enigiets wat lewe skade
                     berokken nie                            G   kerkverbande

          1.3.6      Staat van perfekte geluk en vrede in    H   verering
                     Boeddhisme
                                                                                   (6 x 1)       (6)

1.4       Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK
          neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.

          VOORBEELD: piesang; appel; aartappel; druiwe
          ANTWOORD: aartappel
          REDE:      Die ander is almal vrugte.

          1.4.1      Shoghi Effendi; Haifa; Jerusalem; Bahá'u'lláh                               (2)

          1.4.2      Mohammed; Allah; Bahá'u'lláh; Abu Bakr                                      (2)

          1.4.3      Saïvisme; Shaktisme; Soefisme; Vaishnavisme                                 (2)

          1.4.4      Mitzvot; Tripitaka; Bybel; Vedas                                            (2)

          1.4.5      Boeddhisme; Hindoeïsme; Taoïsme; Bahá'i                                     (2)

          1.4.6      Tao Te Ching; niebestaan; die Tien Gebooie; onvoorspelbaarheid              (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

1.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.

          1.5.1       In Judaïsme is Dawid die goddelike naam van God.                         (2)

          1.5.2       Die heilige teks van die Bahá'i-geloof is oorspronklik in Grieks
                      geskryf.                                                                 (2)

          1.5.3       Volgens die Taoïstiese siening is die oorsprong van al die wêreld
                      se prosesse tien duisend dinge.                                          (2)

          1.5.4       Hindoeïsme leer dat 'n persoon god kan wees.                             (2)

          1.5.5       Die stigter van Boeddhisme was Swami Vivekenanda.                        (2)

1.6       In die konteks van godsdiens, skryf EEN feit oor ELK van die volgende terme
          neer:

          1.6.1       Jin en Jang                                                              (1)

          1.6.2       Ideologie                                                                (1)

          1.6.3       Mite                                                                     (1)

          1.6.4       Eenheid                                                                  (1)

          1.6.5       Uniekheid                                                                (1)

          1.6.6       Eucharistie                                                              (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            7                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       In die konteks van godsdiens, noem TWEE feite oor ELK van die volgende:

          2.1.1       Gemeenskaplike lewenswyse                                                (4)

          2.1.2       Tao                                                                      (4)

          2.1.3       Reïnkarnasie                                                             (4)

          2.1.4       Vier Edel Waarhede                                                       (4)

2.2       Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:

          2.2.1       Judaïsme                                                                 (4)

          2.2.2       Christenskap                                                             (4)

          2.2.3       Bahá'i-geloof                                                            (4)

          2.2.4       Hindoeïsme                                                               (4)

2.3       Verduidelik die filosofie van Ubuntu.                                                (4)

2.4       Beskryf TWEE faktore wat die godsdienstige identiteit van mense vorm.                (4)

2.5       Bespreek DRIE ooreenkomste tussen Christenskap en Afrika Tradisionele
          Godsdiens.                                                                           (6)

2.6       Verduidelik die verskil tussen die konsepte lering en geloof.                        (4)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               8                                               DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 3
3.1       Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          BRON A
                             VOOROORDEEL TEEN GODSDIENS?
          In 'n navorsingstudie by Amerikaanse universiteite is daar bevind dat
          Christen-studente 'n baie klein minderheid van hulle wetenskap-fakulteite
          uitmaak. Een moontlike verduideliking is dat wetenskapdepartemente/-
          fakulteite teen Christen-studente bevooroordeeld is wat aktief deelname kan
          ontmoedig en voorkom dat Christen-studente wetenskaplikes word.
          Hierdie studie wat by wetenskap-fakulteite op twee universiteitskampusse
          gedoen is, het bevind dat 'n biologie-professor 'n Christen-student, wat op 'n
          sendingtoer saam met sy kerkgroep gegaan het, as 'minder geskik vir werk,
          minder bevoeg en minder innemend' beskou het as studente wat nie hulle
          Christen-identiteit onthul het nie. Vooroordeel teenoor Christene in die
          wetenskapsveld is moontlik beperk tot 'n spesifieke tipe Christenskap wat
          wetenskaplikes fundamentalisties en/of evangelisties genoem het.
                             [Vertaal en aangepas uit https//www.USAID.religion//Journals.plos.org.]

          BRON B
                                    GODSDIENS IN DIE MEDIA
          Indien jy voel dat daar die afgelope paar jaar meer godsdiensbesprekings in
          die Britse media plaasvind, toon 'n tien-jaar-studie van verskillende
          mediavertonings dat jy reg is. Dekking van gewilde godsdiens, Christenskap
          en die openbare lewe, Islam en ander godsdienste, en ateïsme en
          sekularisme het sedert die aanval op 9/11 op die Amerikaanse Twin Towers
          toegeneem.
          Dit is nie beperk tot nuusdekking nie, maar is ook duidelik in sport, vermaak
          en advertensies. Die heel grootste groei is in die dekking van Islam en dit is
          oorweldigend negatief: Islam word as 'n 'probleem' voorgestel. Dekking van
          die Christelike geloof is egter ook groot. Waarom sal dit so wees as
          kerkbywoning en ortodokse Christelike geloof in dieselfde tydperk afgeneem
          het?
          Godsdiens word steeds in die taal van populêre kultuur weerspieël en
          Christenskap word steeds as deel van die nasionale erfenis en die Britse
          landskap voorgestel. In 'n nasie wat toenemend as gevolg van afnemende
          deelname godsdienstig ongeletterd is, is die media belangriker as ooit om die
          publiek oor godsdienstige sake in te lig.
                            [Bron: https://www.religionandsociety.org.uk/publications/journal-artikels]

          3.1.1       Volgens BRON A, waarom word Christen-studente in wetenskap-
                      fakulteite onderverteenwoordig?                                                      (2)
          3.1.2       Met verwysing na BRON A, wat is die invloede van vooroordeel
                      teen godsdiens by universiteite?                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                                            DBE/2022
                                            SS/NSS

          3.1.3       Evalueer die betroubaarheid van die navorsing wat in beide
                      BRONNE A en B hierbo gedoen is.                                                  (8)
          3.1.4       BRON B noem dat ten spyte van 'n afname in kerkbywoning,
                      mediadekking van godsdiens steeds groot is. Gee TWEE redes
                      waarom dit so is.                                                                (4)
          3.1.5       Waarom is daar ekstra dekking van Islam (BRON B)?                                (6)
          3.1.6       Dink jy die media kan 'n 'nasie wat toenemend ... godsdienstig
                      ongeletterd is', help? (BRON B) Gee DRIE redes vir jou antwoord.                 (6)
3.2       Wat kan godsdienstige organisasies doen om negatiewe mediadekking
          te voorkom?                                                                                  (10)
3.3       Die media het tydens die Covid-19-pandemie 'n belangrike rol in godsdiens
          gespeel. Brei uit op hierdie stelling.                                                       (10)
                                                                                                       [50]

VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               GODSDIENS EN KONFLIK
Konflik is 'n lewenswerklikheid. Godsdiens is soms deel van die probleem, maar die
ware bedoeling van godsdiens was nog altyd om konflik te voorkom.
Godsdienste het mettertyd baie meganismes ontwikkel om tot vrede by te dra en om
konflik te voorkom.
                                            [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]

4.1       Uit die godsdienste wat jy bestudeer het, noem enige DRIE godsdienstige
          lerings wat vrede bevorder.                                                                  (6)
4.2       Dit blyk dat die Afrika-kontinent gewapende godsdienstige konflikte
          in verskeie streke ervaar. Identifiseer EEN so 'n streek en beantwoord die
          vrae wat volg.
          4.2.1       Noem die gebied waar konflik in Afrika plaasvind.                                (2)

          4.2.2       Noem die partye wat by die konflik betrokke is.                                  (4)
          4.2.3       Bespreek die oorsake van die konflik wat jy by VRAAG 4.2.1 hierbo
                      genoem het.                                                                      (10)
          4.2.4       Lewer kommentaar op die huidige situasie met betrekking tot
                      hierdie konflik.                                                                 (10)
          4.2.5       Stel praktiese stappe voor wat godsdiensorganisasies kan volg om
                      hierdie konflik op te los.                                                       (8)
4.3       Dink jy dat godsdienstige konflikte wêreldwyd toeneem? Gee redes vir jou
          antwoord.                                                                                    (10)
                                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           10                                              DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              GODSDIENS EN MENSEREGTE

Die Westerse benadering tot menseregte, godsdiensvryheid en verdraagsaamheid is
redelik sterk gedryf deur openbare sentiment wat onstaan het uit ervarings wat te
make het met godsdienstige konflikte en vervolgings.

Godsdienstige verdraagsaamheid word gedefinieer as 'verlening van godsdiensvryheid
aan mense van alle godsdienstige tradisies, selfs al kom hulle geloof en/of praktyke
vreemd of onwaar voor'.

                                    [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

5.1       Verduidelik die verhouding tussen godsdienstige verdraagsaamheid en
          godsdiensvryheid.                                                                            (8)

5.2       Gee DRIE voorbeelde van hoe godsdienstige verdraagsaamheid in
          Suid-Afrika getoon word.                                                                     (6)

5.3       Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Alhoewel die term 'menseregte' nie in enige van die godsdienstige bronne
          gevind kan word nie, lê die basis van menseregte in godsdienstige idees.

                                                    [Aangepas uit Religion Studies, Steyn et al.]

          Met verwysing na ELK van die godsdienste hieronder genoem, bespreek
          hulle lerings wat menseregte bevorder:

          5.3.1       Islam                                                                            (8)

          5.3.2       Boeddhisme                                                                       (8)

          5.3.3       Judaïsme                                                                         (8)

5.4       Noem SES voordele daarvan            om    in   'n   samelewing       te   leef    wat
          godsdiensvryheid aanmoedig.                                                                  (12)
                                                                                                       [50]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                  100
                                                                       GROOTTOTAAL:                    150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-eng/56d0ee70-3e22-4e29-a3ba-4aa29a7a1d76) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2022-afr/1c914e3c-ded6-488e-a4b4-34af75cbb086) — Religion Studies · QP · 2022 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr/537eef21-b6e1-4cec-a2a5-9e28945bc3b9) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-eng/1ab07505-cfa7-4c8d-b503-3f7274f1230c) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr-1/7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
