# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-mg-afr/21f9f731-84ad-4acd-9179-157ea9fd8bd9
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-mg-afr/21f9f731-84ad-4acd-9179-157ea9fd8bd9)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  RELIGIESTUDIES V1

                                           2022

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                         PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              2                                  DBE/2022
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      C√                                                                       (1)
          1.1.2      B√                                                                       (1)
          1.1.3      D√                                                                       (1)
          1.1.4      C√                                                                       (1)
          1.1.5      B√                                                                       (1)
          1.1.6      C√                                                                       (1)
          1.1.7      A√                                                                       (1)
          1.1.8      A√                                                                       (1)
          1.1.9      D√                                                                       (1)
          1.1.10     D√                                                                       (1)
                                                                                              (10)

1.2       1.2.1       Moksha √                                                                (1)
          1.2.2       Dwaalleer/Kettery √                                                     (1)
          1.2.3       Imam/Hafizi/Alim √                                                      (1)
          1.2.4       Joga √                                                                  (1)
          1.2.5       Pluralisme √                                                            (1)
          1.2.6       Wêreldkonferensie vir Godsdienste vir Vrede √                           (1)
                                                                                              (6)

1.3       1.3.1       G√                                                                      (1)
          1.3.2       D√                                                                      (1)
          1.3.3       A√                                                                      (1)
          1.3.4       H√                                                                      (1)
          1.3.5       B√                                                                      (1)
          1.3.6       E√                                                                      (1)
                                                                                              (6)

1.4       1.4.1           Jerusalem. √
                          Die ander behoort aan die Bahá'i-geloof. √.                        (2)

          1.4.2           Bahá'u'lláh √
                          Die ander hou met Islam verband. √                                 (2)

          1.4.3           Soefisme √
                          Die res is Hindoe-skole. √                                         (2)

          1.4.4           Mitzvot √
                          Die ander is heilige boeke. √                                      (2)

          1.4.5           Bahá'i √
                          Die ander is Oosterse godsdienste. √                               (2)

          1.4.6           Tien Gebooie √
                          Die ander hou met Taoïsme verband. √                               (2)
                                                                                              (12)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            3                                        DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

1.5       1.5.1         Onwaar. √
                        Die goddelike naam van God               is   Jahweh    (YHWH)/
                         Elohim/Adonai/Ha Shem/ OF
                          Dawid was koning van Israel √                                           (2)
          1.5.2         Onwaar. √
                        Dit is in Arabies geskryf. √ OF
                        Die heilige teks van die Christelike godsdiens is in Grieks
                         geskryf.                                                                 (2)

          1.5.3         Onwaar. √
                        Die wêreld se prosesse het hulle oorsprong in twee magte:
                         Jang en Jin. √                                                           (2)
          1.5.4         Waar √√                                                                  (2)
          1.5.5        Onwaar. √
                       Die stigter van Boeddhisme is Siddhartha Gautama/Boeddha.
                     OF
                       Swami Vivekananda is 'n Hindoe-priester wat die Rama
                        Krishna-sending gestig het. √                                             (2)

1.6       1.6.1         In Taoïsme bestaan alles uit twee magte.
                        Die Jang is aktief, lig, kragtig, manlik en die Jin is passief,
                         donker, toegewend, vroulik. √                                            (1)
          1.6.2         Ideologie het te make met die heersende, oorkoepelende
                         wêreldbeskouing wat die betekenis en algehele patroon van
                         bestaan vorm.
                        Dit word as 'n plaasvervanger vir godsdiens gebruik. √                   (1)
          1.6.3         'n Mite is 'n heilige storie, hoofsaaklik oor die oorsprong of die
                         einde van tyd, of sleutelgebeurtenisse in tyd.
                        Mites bevat dikwels historiese en metaforiese materiaal.
                        'n Heilige storie wat verduidelik waarom die wêreld is wat dit is,
                         en die aard van menslike ervaring. √                                     (1)

          1.6.4         Dit dui harmonie tussen godsdienste aan.
                        Vreedsame saambestaan van godsdienste.
                        Dit verwys na gemeenskaplike doel en identiteit binne 'n
                         godsdiens. √                                                             (1)

          1.6.5         'Uniekheid' verwys na daardie eienskappe van 'n godsdiens
                         wat nie deur ander gedeel word nie.
                        Die uniekheid van 'n godsdiens is wat dit sy identiteit gee.
                        Dit is 'n uitdrukking van hoe volgelinge self hulle eie godsdiens
                         beskou. √                                                                (1)

          1.6.6      Dit is 'n seremonie/sakrament wat op Jesus se laaste maaltyd / Die
                     Here se laaste maaltyd saam Sy dissipels gebaseer is.                        (1)
                     Eucharistie staan bekend as die heilige nagmaal.√
                     LET WEL : Ander antwoorde moet aanvaar word.

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               50
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            4                                      DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
VRAAG 2
2.1       2.1.1          Dit is 'n praktyk in sekere godsdienste soos Afrika                    
                          Tradisionele Godsdiens en Judaïsme.
                         Daar is 'n sterk klem op die gemeenskap, met min klem op
                          individualisme.
                         Struktuur en organisasie van samelewing word gelei deur die
                          oudstes vir wie daar groot respek is.                                 (4)
          2.1.2          Dit is die sentrale konsep van Taoïsme.                                
                         Dit is 'die weg' wat mense moet volg.
                         Tao beteken die weg van die heelal.
                         Die Tao is die vervaardiger van alles wat daar is en die borg
                          van die stabiliteit en gereeldheid daarvan.                           (4)
          2.1.3          Dit is 'n geloof wat Hindoeïsme en Boeddhisme met mekaar               
                          gemeen het.
                         Dit verwys na die weergeboorte van die siel of gees in 'n nuwe
                          liggaam.                                                              (4)
          2.1.4          Die Vier Edel Waarhede lê klem op die onderdrukking van                
                          die ego.
                         Dit is die sentrale doktrine/leerstelling van anatma in
                          Boeddhisme.
                         Verligting kom deur 'n individu se pogings, en nie deur die
                          ingryping of voorspraak van ander mense of enige ander gode
                          nie.
                         Gedissiplineerde meditasie is 'n sleutelpraktyk.                      (4)
2.2       2.2.1          Judaïsme het die sentrale idee van 'n verbond/gelofte tussen           
                          God en die Jode.
                         God beskerm Sy gekose mense wat weer Sy reëls volg.                   (4)
          2.2.2          Christene glo aan die Heilige Drie-eenheid (God die Vader,             
                          die Seun en die Heilige Gees).
                         Christene glo dat Jesus die Joodse profesie dat Hy die
                          universele Verlosser is, vervul het.                                  (4)
          2.2.3          Bahá'i's glo dat alle godsdienste in dieselfde God glo en Hom          
                          aanbid.
                         Ten spyte van hulle verskille, deel hulle 'n gemeenskaplike
                          waarheid.
                         Hulle glo dat alle godsdienste van die wêreld in die toekoms
                          een godsdiens sal word, en daardie godsdiens sal Bahá'i
                          wees.                                                                 (4)
          2.2.4         Hindoes glo daar is net een uiteindelike werklikheid, maar              
                          baie paaie om dit te bereik.
                        Hindoeïsme word ondersteun deur die geloof in reïnkarnasie
                          wat deur die Wet van Karma beïnvloed word.
                        Hindoeïsme se sosiale struktuur is op die kastestelsel
                          gebaseer.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                      (4)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            5                                      DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

2.3           Morele orde in Afrika Tradisionele Godsdiens word deur die konsep van             
               Ubuntu gekenmerk.
              Ubuntu is 'n Afrika-filosofie van respek en empatie vir mense.
              Ubuntu beteken 'n mens is 'n mens deur ander mense.                              (4)

2.4           Die godsdienstige identiteit van 'n persoon word deur sekere rituele              
               gevorm.
              Die godsdienstige identiteit van 'n individu word ook deur godsdienstige
               simbole gevorm.
              Die kleredragkode van 'n spesifieke godsdiens vorm die godsdienstige
               identiteit van die volgelinge daarvan.
              Leringe en praktyke is nog voorbeelde van wat godsdienstige identiteit
               vorm.                                                                            (4)

2.5           Hulle glo beide aan die bestaan van een godheid, bv. God in die                   
               Christelike godsdiens en die Opperwese, bv. Modimo, Unkulunkulu,
               uMvelinqangi in Afrika Tradisionele Godsdiens.
              Hulle het beide onderafdelings.
              Hulle het beide gemeenskaplike rituele.
              Beide glo aan lewe na die dood.                                                  (6)

2.6          Lering kom van die woord 'om te leer/te onderrig', wat eenvoudig                   
              beteken om kennis of begrip op een of ander wyse oor te dra.
             Leringe is verwant aan geloof in die sin dat 'n volgeling geloof in 'n
              spesifieke godsdiens sal hê omdat jy 'n stel leringe geleer het wat jy glo
              die waarheid is.
             'Geloof' word soms as 'n sinoniem vir 'godsdiens' gebruik.
             'n Geloof is 'n ferm opinie, hoe 'n mens voel of dink oor 'n godsdienstige
              wêreldbeskouing.
          Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                    (4)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             6                                      DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

          3.1.1         Wetenskapfakulteite/professors is teenoor Christen-studente
                         bevooroordeeld wat hulle ontmoedig om wetenskap te studeer.             (2)
          3.1.2         Studente kan hulle godsdienstige identiteit wegsteek om
                         viktimisering te vermy.
                        Dit kan veroorsaak dat studente hulle godsdienste opsê.
                        Die gemeenskap kan moontlik kundige wetenskaplikes verloor.             (4)
          3.1.3         Bron A is nie betroubaar nie want die navorsing is slegs by
                         twee universiteite gedoen. Dis 'n baie klein monster.
                        Die navorsing is tot die Christelike godsdiens beperk.
                        Bron B is betroubaar want die navorsingstudie is oor tien jaar in
                         verskillende media gedoen.
                        Navorsing is in verskillende godsdienste en oor sekulêre
                         wêreldbeskouings gedoen.                                                (8)

          3.1.4         Godsdiens word steeds in die taal van populêre kultuur in
                         Engeland verteenwoordig.
                        Ook word die Christendom steeds as deel van die Britse erfenis
                         verteenwoordig.
                        Die media is 'n belangrike godsdienstige bron van inligting vir
                         die publiek.
                        Die aanval op 9/11 op die Amerikaanse Twin Towers het tot
                         meer belangstelling in godsdienste gelei en daarom groter
                         mediadekking.                                                           (4)
          3.1.5         Islam word as terrorisme/'n probleem voorgestel.
                        Islam is geblameer vir die aanvalle op 9/11 op die Amerikaanse
                         Twin Towers.
                        Negatiewe verslaggewing van Islam is oorweldigend.
                        Mense wil meer van Islam weet, want dis 'n vreemde
                         godsdiens.                                                              (6)

          3.1.6      JA
                        Die media verskaf godsdiensinligting aan die samelewing.
                        Deur die media kan mense die dinamiek en politiek van
                        godsdiens verstaan.
                        Die media doen verslag oor godsdienstige gebeurtenisse soos
                        dit gebeur.
                     NEE
                        Godsdiensdekking is bevooroordeeld, en die samelewing is
                        waningelig.
                        Die media oordryf inligting.
                        Media doen verslag uit 'n liberale oogpunt.
                        Negatiewe dekking oor godsdienste word hoofsaaklik gegee.
                        Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word. „n
                        Kombinasie van “JA” en “NEE” mag aanvaar word. Slegs
                        die eerste drie antwoorde sal egter gemerk word.                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            7                                      DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

3.2           Godsdienste moet verseker dat hulle lede protokol volg.
              Hulle moet 'n woordvoerder hê wat mediakwessies hanteer.
              Lede moet 'n hoë vlak van dissipline vertoon en verantwoordelik optree.
              Hulle optrede en positiewe gebruik van die media sal enige negatiewe
               verslagdoening teenwerk.
              As daar negatiewe verslagdoening is, sal hulle die media kan gebruik
               sodat daar by die feite gebly word.
                 LET WEL: Ander antwoorde moet aanvaar word.                                    (10)

3.3          Godsdienskonferensies is deur sosiale media gehou.
             Godsdienstige dienste is ook deur sosiale media gehou.
             Baie mense kon egter nie toegang tot sosiale media bekostig nie. Dit is 'n
              beperking op die rol van media.
             Bedroefde families het berading gekry deur hulle godsdienstige leiers op
              mediaplatforms.
             Godsdienstige virtuele vergaderings is gehou.
             Toe beperkings egter opgehef is, het bywoning van godsdienstige
              byeenkomste laag gebly. Dit is 'n negatiewe uitwerking op godsdiens.
             Godsdienstige skole het hulle klasse deur die media gehou.
             Godsdiens-leiers het oor die algemeen die regering se Covid-protokol
              versterk.
             Dit is deur mediaverslae beklemtoon.
             Deur die media het godsdiens-leiers lede aangemoedig om ingeënt te
              word.
          Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                    (10)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            8                                      DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       CHRISTELIKE GODSDIENS
            Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
            Geseënd is die vredemakers.
            Doen aan ander soos jy wil hêhulle moet aan jou doen.

          BOEDDHISME
              Alles wat 'n persoon doen, sal gunstig wees.
              Die regte aksie/optrede en die regte gedagte: Klem op die
               deugsame/regverdige optrede, sal konflik voorkom, want jy sal nooit
               ander mense te na kom nie.
              Boeddhisme leer ons dat jy nie net goedhartig moet wees teenoor
               diegene wat jy ken en kief het nie, maar ook teenoor diegene wat vir jou
               vreemdelinge is.
          ISLAM
              As daar konflik tussen twee partye Gelowiges is, moet daar bemiddeling
               wees om vrede te bewerkstellig.
              Vergifnis is baie groter as wraak.
              Moslems glo aan die ideale samelewing waar daar geregtigheid, vrede
               en liefde is.
          ATR
              Die beginsel van 'Ubuntu' vereis dat geen leed aan ander mense gedoen
               mag word nie.
              Konflik word opgelos deur die aanroep van die voorvaders.
              Tradisionele/familieleiers behoort geraadpleeg te word om 'n oplossing te
               vind.
          LET WEL: Ander relevante voorbeelde uit verskeie godsdienste moet
          krediet kry.
          LET WEL: As die kandidaat „n konflik buite Afrika gekies het, of geen
          area genoem het nie, sal geen punte toegeken word vir 4.2.1. As die
          korrekte konflikarea egter duidelik genoem word in 4.2 , ken punte toe
          vir korrekte antwoorde, van hierdie punt af.                                          (6)

4.2       4.2.1       VOORBEELD 1:
                        Nigerië                                                                (2)

          4.2.2          Die strydende partye is die Nigeriese regering en die Moslem
                          fundamentalistiese groep, Boko Haram.                                 (4)

          4.2.3          Boko Haram beteken 'anti-Weste' (teen Westerse kultuur).
                          'Boko' is uit die Hausa-taal wat 'Westerse opvoeding' beteken
                          en 'Haram' is uit Arabies wat 'dit is verbode' beteken.
                         Hierdie fundamentalistiese groep se doel is om 'n Islamitiese
                          staat in noord-Nigerië te stig.
                         Die Nigeriese bevolking is feitlik gelyk tussen Moslems en
                          Christene verdeel.
                         Christene is bang dat hulle deur 'n Moslem-regering
                          gedomineer sal word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                                     DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

                         Moslems vrees ook diskriminasie deur Boko Haram se
                          ekstremistiese standpunte.
                         Sommige Moslem-leiers het geloof/vertroue in die Nigeriese
                          regering verloor.
                         Hulle het die wet in eie hande geneem, d.i. hulle ondersteun
                          Boko Haram.
                         Nigerië het nie dig bewaakte grense met hulle buurlande nie.
                         Die vegters kan dus na naburige lande ontsnap wanneer hulle
                          deur regeringsmagte agternagesit word.
                         Korrupsie in die Nigeriese regering dra ook tot steun vir Boko
                          Haram by.
                         Landelike gemeenskappe word benadeel deur die
                          onregverdige verdeling van staatsbronne.
                         Sulke gemeenskappe word deur groepe soos Boko Haram
                          ondersteun. [Mail and Guardian, 5 April 2012, bl. 24]
                      LET WEL: Eenderse antwoorde oor ander konflikgebiede moet                 (10)
                      aanvaar word.
          4.2.4          Die situasie in die noordelike deel van Nigerië is steeds
                          onstabiel.
                         Boko Haram ontvoer skoolkinders en sommige skole is
                          gesluit.
                         Hulle eis groot lospryse om daardie kinders los te laat.
                         Die regering slaag nie daarin om sekuriteit aan hulle burgers
                          te verskaf nie.
                         Gemeenskapslede glo dat die veiligheidsmagte ook saam met
                          mededingergroepe werk.
                         Die vlak van armoede in party state is steeds hoog. Dit vuur
                          die oproerigheid verder aan.                                          (10)

          4.2.5          Godsdiensorganisasies moet verenig en staatsgoewerneurs,
                          nasionale beleidsmakers en burgerlike leiers saambring om
                          inklusiewe beleid te ontwerp en te implementeer wat geweld
                          temper.
                         Hulle moet gemeenskapsgeoriënteerde veiligheidstrukture
                          instel.
                         Hulle moet 'n Nasionale Vredeskomitee stig wat die Interfaith
                          Action for Peace in Africa (IFAPA) insluit.
                         Die komitee moet hoëvlaksamesprekings tussen belangrike
                          burgerlike groepe hou, Boko Haram regdeur die land en die
                          Nigeriese regering.
                         Hulle moet 'n netwerk van Nigeriese professionele mense
                          vorm wat as bemiddelaars in gemeenskapskonflik sal optree.
                         Godsdienstige organisasies moet ook preek oor vrede tydens
                          godsdienstige samekomste.
                         Hulle moet fokus op praktiese ondersteuning, soos mediese
                          voorraad, skuilings vir slagoffers en die verskaffing van
                          voedsel.                                                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            10                                     DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

          4.2.1       VOORBEELD 2
                        Soedan/Suid-Soedan                                                     (2)
          4.2.2        Die konflik is tussen die Nasionale Islamitiese Front (NIF)
                         gedomineerde regering, wat die Sharia wet op die land en die
                         opposisiepartye opgelê het.
                       Daar is konflik tussen die nomade en boere wat vir skaars
                         hulpbronne meeding.                                                    (4)

          4.2.3          Die noorde van Soedan bestaan hoofsaaklik uit Arabies-
                          sprekende stamme.
                         Die suide bestaan uit 'n aantal stamme, party animiste, terwyl
                          ander Christene is.
                         Die konflik in Soedan duur nou al meer as 'n honderd jaar
                          lank.
                         Daar is ook ekonomiese faktore wat 'n rol speel: die ekonomie
                          van die noorde is beter ontwikkel as dié van die suide.
                         Die ontdekking van olie in die suide (Heglig-velde) het tot
                          faksiekonflik gelei, asook 'n groter poging deur Kartoem om
                          politieke beheer oor die suide uit te oefen.
                         Die Sudan People Liberation Army (SPLA) is gevorm en het
                          die aanval teen die regering gelei.
                         Die SPLA het egter gou in verskillende faksies verdeel en
                          mekaar aangeval.
                         Die verdeling as hoofsaaklik volgens stamlyne.
                         Selfs nadat Suid-Soedan in 2011 as 'n onafhanklike staat
                          gevestig is, het die gevegte voortgegaan.                             (10)

          4.2.4          Daar is steeds konflik in Suid-Soedan, selfs na
                          onafhanklikheid op 9 Julie 2011.
                         Die 2013–2015-burgeroorlog het 2,2 miljoen mense ontwortel
                          na baie dele van die wêreld.
                         Ongeveer ses miljoen mense staan tans voor die gevaar van
                          hongersnood.
                         Ongeveer 70% van skole is gesluit as gevolg van gevegte.
                         Daar is 'n nuwe element van etniese haat en konflik wat voeg
                          by dit wat voorheen aangegaan het.
                         Daar is onrusbarende aanduidings van dreigende volksmoord
                          in die land.
                         Menseregtegroepe sê dat bewyse van oorlogsmisdade by die
                          dag groei.
                         Die mense in Suid-Soedan is nou heeltemal afhanklik van
                          hulpgroepe (www.usaid.org).                                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             11                                    DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

          4.2.5         Godsdiensleiers kan bemiddelaars wees en gesprekke met al
                         die partye voer.
                        Godsdiensleiers word gerespekteer en deur hulle godsdiens
                         het hulle gewoonlik kontakte en konneksies in baie dele van
                         die wêreld.
                        Hulle het dus toegang tot 'n netwerk van mense uit ander dele
                         van die wêreld wat goed kan help met oplossing van die
                         konflik.
                        Hulle moet met politieke partye saamsit om 'n oplossing te kry,
                         aangesien die konflik nie godsdiens is nie.
                        Die meeste godsdienste verkondig vrede en barmhartigheid.
                         Lede moet dus bereid wees om materieel en finansieel vir die
                         slagoffers van die konflik by te dra.
                        Godsdiensleiers kan 'n intergodsdienstige beraad vir dialoog
                         oor die konflik belê.
                        Dialoog beteken om met respek te praat en te luister sodat die
                         probleem verstaan kan word en 'n oplossing verkry kan word.
                        Die dialoog moet lei tot praktiese stappe wat aan beide kante
                         gedoen kan word, ongeag godsdiens, om die probleem te
                         verlig.
                        Godsdiensorganisasies kan hulle godsdiensoortuiging oor
                         vrede in die wêreld en die heiligheid van die lewe gebruik om
                         leiers van vreedsame gedrag te wees en om te wys hoe dit
                         gedoen moet word.
                        Godsdiensorganisasies kan saamwerk om menslike lyding,
                         soos 'n gebrek aan voedsel, mediese voorraad of ander
                         noodsaaklikhede te verlig.
                        Die Afrika-unie, die Verenigde Nasies en ander internasionale
                         hulpagentskappe moet probeer om burgerlikes te beskerm en
                         te ondersteun.
                        Organisasies, soos die Islamic Relief Agency en die Catholic
                         Agency for Overseas Development, moet fokus op praktiese
                         steun soos mediese voorraad, skuiling vir slagoffers en die
                         verskaffing van voedsel.
                      LET WEL: Ander relevante voorbeelde uit verskeie
                      godsdienste moet krediet kry.                                             (8)
4.3       JA
            Die afgelope dekade is getuie van 'n skerp styging in gewelddadige
             sektariese of godsdienstige spanning as gevolg van swak regerings.
            Dit wissel van Islamitiese ekstremiste wat wêreldwye djihad voer tot
             magstryde tussen Soenni- en Sjia-Moslems.
            Daar is steeds gewelddadigheid tussen Christene en Moslems in Afrika.
            'n 2018-Minderheidsverslag het aangedui dat massaslagtings en ander
             gruweldade in beide lande wat deur oorlog geaffekteer word of nie.
            Bloedige gevegte is in meer as 50 lande, soos Sirië, Irak, Nigerië,
             Myanmar en Pakistan aangeteken.
            Vyandigheid teen Moslems en Jode neem ook regdeur Europa toe.
            Om sake te vererger het 55 van die wêreld se 198 lande verhoogde
             beperkings op godsdienste geplaas, veral Egipte, Rusland, Indië,
             Indonesië en Turkye.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                          12                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

          NEE
              Die meeste lande is demokraties. Dit verminder die voorkoms van
               konflik.
              Demokratiese lande gaan oor goeie regering en veiligheid.
              Geloofgebaseerde groepe neem dikwels die leiding om internasionale
               verdrae en sosiale bewegings te vorm om die wêreld veiliger te maak.
              Kwakers help om verdrae/ooreenkomste te sluit wat landmyne en ander
               oorlogswapens verban.
              Italië se Sant-Egidio-beweging ondersteun intergeloofsdialoog en
               veldtogte om konflikte te voorkom en op te los en bevorder versoening
               van Albanië af tot Mosambiek.
              Islamic Relief      ondersteun al baie lank bemiddeling- en
               versoeningsaktiwiteite in oorloggeteisterde gemeenskappe.                    (10)
          LET WEL: Ander relevante voorbeelde uit verskeie godsdienste moet                 [50]
          krediet kry.
           „n Kombinasie van “JA” of “NEE” antwoorde mag ook aanvaar word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            13                                    DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1          Godsdiensvryheid word deur die regering op daardie tydstip bepaal.
             Dit is 'n omgewing wat geskep is om vrye uitdrukking en beoefening van
              godsdienspraktyke toe te laat.
             Godsdienstige verdraagsaamheid is hoofsaaklik afhanklik van die
              ingesteldheid van godsdiensgroepe of individue in 'n gegewe
              gemeenskap.
             Dit is die aanvaarding van en respek vir die godsdienstige geloof en
              -praktyke van ander mense sonder enige voorwaardes.
             Godsdiensvryheid is 'n voorvereiste vir godsdienstige verdraagsaamheid.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                (8)

5.2          Tydens die opening van die parlement word alle godsdienste genooi.
             Godsdiensseremonies van alle godsdienste word erken.
             Skole bied Religiestudies aan wat respek en verdraagsaamheid teenoor
              alle godsdienste verkondig.
             Munisipale regulasies laat godsdiensseremonies toe indien die regte van
              ander mense gerespekteer word.                                                   (6)
          LET WEL: Ander relevante voorbeelde uit verskeie godsdienste moet
          krediet kry.

5.3       5.3.1       ISLAM
                         Moslems glo alle mense is skeppings van God.
                         Daar is basiese regte wat met alle mense gedeel moet word,
                          ongeag godsdiens.
                         Hulle glo dat hierdie regte deur God gegee is, nie deur
                          mensgeleide regerings nie.
                         Hulle glo ook dit is hulle plig om hierdie regte aktief te
                          beskerm.
                         Moslems glo aan die reg tot godsdiensvryheid.
                         Hulle glo God het mense met vrye wil en die vermoë om te
                          redeneer, geskep.
                         daarom is dit onmoontlik om mense te dwing om in iets te glo
                          waarin hulle nie wil glo nie.                                        (8)

          5.3.2       BOEDDHISME
                        Boeddhiste glo dat alle mense vry en gelyk gebore is.
                        Hulle glo dat mense vir hulle verskillende gelowe gerespekteer
                         moet word.
                        Respek vir alle mense is sentraal tot die leringe van
                         Boeddhisme.
                        Respek vir die regte en waardigheid van ander mense is nie
                         net 'n onpraktiese godsdienstige ideaal nie, dit is ook die
                         noodsaaklike bestanddeel in die ontwikkeling van gesonde,
                         vrye en voorspoedige samelewings.
                        Boeddhiste glo dit is belangrik vir mense om die vryheid te hê
                         om hulle geestelike potensiaal te ontwikkel, sonder om in iets
                         ingedruk te word wat nie uit hulle vrye keuse is nie.
                        Boeddhiste glo dat jy liefdevolle barmhartigheid aan alle
                         wesens moet betoon.                                                   (8)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             14                                  DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

          5.3.3       JUDAÏSME
                        In die Joodse godsdiens is almal, sonder uitsondering, op
                         dieselfde regte geregtig, omdat 'mense goed gebore word'.
                        Elke persoon het 'n heilige vonk, 'n goddelike siel met
                         onbeperkte potensiaal vir die goeie. Dit wys dat elke persoon
                         met respek en waardigheid behandel moet word.
                        'Jou naaste liefhê soos jouself.' Dit beteken dat jy alle mense
                         met liefde moet hanteer.
                         Welgeluksalig is hulle wat regverdigheid handhaaf en te alle
                         tye geregtigheid doen.(Psalm 106 V 3)
                         Hierdie lering beklemtoon dat alle mense regverdig behandel
                         moet word.
                        Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie
                         geskep nie? (Maleagi 2 V 10)
                        Hierdie lering toon dat mense almal gelyk is.                       (8)

5.4          Alle godsdienste word gelyk behandel en hulle heilige dae word gelyk
              (ewe veel) gevier.
             Daar is verdraagsaamheid en respek tussen al die godsdienste. Die
              Konstitusie word deur alle godsdiensgroepe gerespekteer.
             Mense word nie gedwing om by enige godsdiens aan te sluit nie, maar
              het die reg om hulle eie godsdienste te kies.
             Die Konstitusie waarborg die reg aan elke burger, gemeenskap en
              godsdienstige gemeenskap om hulle eie godsdiens in vrede, soos hulle
              dit goed dink, te beoefen.
             Die reg van 'n gemeenskap om hulle godsdiens te beoefen, is ook
              beperk want hierdie reg mag nie uitgevoer word op 'n wyse wat die
              Handves van Menseregte teengaan nie.
             Baie godsdienstige mense is gemaklik met die humanistiese benadering
              tot menseregte, waar gewetensvryheid en geloof 'n dominante waarde
              sonder verwysing na enige godsdiens is.
          Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                 (12)
                                                                                             [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                    GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-eng/56d0ee70-3e22-4e29-a3ba-4aa29a7a1d76) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr/eff61a9e-152f-4d57-a950-5b7ac4c33aec) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr-1/5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-eng/3bef31a5-56c3-4463-9f4f-4c2dfc2c2941) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-afr/f8faffc4-5ea8-4dc1-b8d4-109e2a95915d) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-memo-eng/77ccd03d-c147-455c-abea-edd00bd63b16) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
