# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-afr/b41ef2a1-9dfb-4725-9872-cca2a49e1d74
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-afr/b41ef2a1-9dfb-4725-9872-cca2a49e1d74)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              RELIGIESTUDIES V1

                                        2023

                                                                    PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                          2                                     DBE/2023
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                                   DBE/2023
                                             SS/NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1      Hierdie skool van Boeddhisme beweer dat hulle op die oorspronklike
                     oortuigings en praktyke van die Boeddha gebaseer is:

                     A    Mahajana-Boeddhisme
                     B    Tibettaanse Boeddhisme
                     C    Theravada-Boeddhisme
                     D    Zen-Boeddhisme                                                       (1)

          1.1.2      Die Boek van Mormon is die heilige teks van …

                     A    Mahajana-Boeddhisme.
                     B    die Bahá'i-geloof.
                     C    Hindoeïsme.
                     D    die Heiliges van die Laaste Dae.                                     (1)

          1.1.3      'n Toestand van veranderde en vreedsame bewustheid word …
                     genoem.

                     A    transformasie
                     B    beswyming
                     C    transendensie
                     D    Nirwana                                                              (1)

          1.1.4      Islam is 'n … godsdiens.

                     A    Abrahamitiese
                     B    Afrika-
                     C    New Age-
                     D    Westerse                                                             (1)

          1.1.5      Umafungwashe in Nguni-tradisie is die …

                     A    eersgebore man.
                     B    eersgebore vrou.
                     C    laasgebore man.
                     D    laasgebore vrou.                                                     (1)

          1.1.6      'n Aantal gode in 'n spesifieke godsdienstige tradisie staan as …
                     bekend.

                     A    'n panteon
                     B    Sekularisme
                     C    die elite
                     D    filantropisme                                                        (1)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                                        DBE/2023
                                             SS/NSS

          1.1.7      'n Versameling heilige Boeddhistiese tekste en stories:

                     A    Agtvoudige Weg
                     B    Kitáb-i-Aqdas
                     C    Sangha
                     D    Tripitaka                                                                 (1)

          1.1.8      Alle Moslems, ongeag ras, moet mekaar as broer en suster beskou:

                     A    Ahimsa
                     B    Ummah
                     C    Imam
                     D    Sjaria                                                                    (1)

          1.1.9      Hierdie godsdiens is deur Guru Nanak gestig en dit is 'n
                     monoteïstiese godsdiens:

                     A    Hindoeïsme
                     B    Confucianisme
                     C    Sikhisme
                     D    Bahá'i-geloof                                                             (1)

          1.1.10     Die Tao Te Ching is deur … geskryf.

                     A    Advaita Vedanta
                     B    Venkatesanda
                     C    die Dalai Lama
                     D    Lao-tzu                                                                   (1)

1.2       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
          woord(e)/term(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Die persoon wat die Kitáb-i-Aqdas geskryf het                                  (1)

          1.2.2      Ortodokse Jode kom hierdie wet streng na                                       (1)

          1.2.3      Stel standpunte oor fundamentele werklikheid of godheid                        (1)

          1.2.4      Beginsel wat universeel gehandhaaf word dat jy ander mense
                     behandel soos wat jy behandel wil word                                         (1)

          1.2.5      'n Benadering wat nie God se bestaan verwerp nie, maar dit
                     eenvoudig ignoreer                                                             (1)

          1.2.6      'n Diep en plegtige godsdienstige eed, 'n belofte                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            5                                     DBE/2023
                                           SS/NSS

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as een keer gebruik
          NIE.

                     KOLOM A                              KOLOM B
          1.3.1       Sjeik            A    om na 'n vorige en minder gevorderde
                                            toestand terug te keer
          1.3.2      Talisman
                                       B    die geregshof in Spanje wat in 1478 teen
          1.3.3      Bahá'i                 dwaalleer/kettery gewaak het

          1.3.4      Bemiddelaar       C    woorde wat in sommige godsdienste in
                                            seremonies gebruik word
          1.3.5      Liturgie
                                       D    'n proses van vordering na 'n hoër
          1.3.6      Inkwisisie             fase/stadium

                                       E    imam of dorpsleier

                                       F    alle godsdienste is paaie/weë na die
                                            waarheid en is ewe geldig

                                       G    voorwerp gebruik om goeie geluk te bring
                                            of om bose geeste weg te hou

                                       H    'n persoon wat as 'tussenganger' tussen
                                            twee partye optree
                                                                                (6 x 1)        (6)

1.4       Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord(e) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.

          VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou
          ANTWOORD: Sirkel
          REDE: Die ander drie is kleure.

          1.4.1      Monoteïsme; Ateïsme; Politeïsme; Teïsme                                   (2)

          1.4.2      Islam; Taoïsme; Bahá'i; Judaïsme                                          (2)

          1.4.3      Onbesnedene; Vyf Pilare; Vier Edel Waarhede; Drie-eenheid                 (2)

          1.4.4      Rabbi; Biskop; Gees; Imam                                                 (2)

          1.4.5      Moksha; Dwaalleer; Karma; Dharma                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                                      DBE/2023
                                           SS/NSS

1.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.

          1.5.1      Shoghi Effendi het Abdu'l-Baha as sy opvolger aangestel.                   (2)

          1.5.2      Die Negentien-dag-fees ('Nineteen Day Feast') is 'n Bahá'i
                     godsdienstige seremonie.                                                   (2)

          1.5.3      Ortodokse Jode is diegene wat 'n meer liberale tipe Judaïsme
                     beoefen.                                                                   (2)

          1.5.4      Die Hervorming in die kerk is deur Martin Luther King begin.               (2)

          1.5.5      Die Kruistogte in die Middeleeue was godsdienstige oorloë wat
                     tussen die Moslems en Boeddhiste geveg is.                                 (2)

1.6       Wat is die verskil tussen die volgende:

          1.6.1      Afrika-geïnisieerde Kerke en Afrika Tradisionele Godsdiens                 (4)

          1.6.2      Die konsepte pluralisme en sinkretisme                                     (4)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            7                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       In die konteks van Religiestudies, noem TWEE feite oor ELK van die
          volgende konsepte:

          2.1.1      Gelykenis                                                                (4)

          2.1.2      Bodhisattva                                                              (4)

2.2       Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:

          2.2.1      Christelike geloof                                                       (4)

          2.2.2      Taoïsme                                                                  (4)

          2.2.3      Hindoeïsme                                                               (4)

2.3       Verduidelik die verhouding tussen mense en die voorvaders in Afrika
          Tradisionele Godsdiens.                                                             (4)

2.4       Wat is Nirwana?                                                                     (2)

2.5       Verduidelik die rol van leerbeginsels in 'n godsdiens.                              (4)

2.6       Verduidelik die konsep Doop as 'n Christelike ritueel.                              (4)

2.7       Beide Judaïsme en Islam dring aan op die transendensie van God.

          Verduidelik die term transendensie.                                                 (4)

2.8       Noem die verskil tussen doktrine en dogma.                                          (4)

2.9       Noem TWEE feite oor die volgende godsdienste met betrekking tot:

          2.9.1      Beskerming van die Koran in Islam                                        (4)

          2.9.2      Hoe die Bahá'i-geloof die gelykheid van die mensdom verduidelik          (4)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           8                                             DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 3

3.1       Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       GODSDIENSTIGE VRYHEID EN MENSEREGTE

          Sekulêre en sommige godsdienskritici wys daarop dat ten spyte van die idee
          van gelykheid in die oë van God, baie godsdienste ernstige beperkings op
          sekere kategorieë mense, soos vroue en slawe, plaas. Alhoewel die meeste
          godsdienste nie meer slawerny verskoon nie, word die regte van vroue nie
          altyd in alle godsdienste erken nie.

                                                [Bron: Religion Studies, Grade 12, Steyn, et al.]

          3.1.1      Met verwysing na enige godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek
                     TWEE leerbeginsels wat die regte van vroue bevorder.                             (12)

          3.1.2      Dink jy dat daar steeds slawerny in die moderne wêreld is?

                     Motiveer jou antwoord.                                                           (4)

3.2       Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        MENSEREGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE

          In godsdienstige kringe kry die konsep verantwoordelikheid meesal ewe veel
          klem as menseregte. Daar word uitgewys dat daar geen regte sonder
          verantwoordelikhede kan wees nie, en dat die klem op regte dikwels met die
          uitsluiting van verantwoordelikhede geplaas word.

                                                [Bron: Religion Studies, Grade 12, Steyn, et al.]

          3.2.1      Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het,
                     bespreek TWEE leerbeginsels wat die belangrikheid daarvan
                     beklemtoon dat ons verantwoordelikheid vir ons optrede moet
                     neem.                                                                            (8)

          3.2.2      Almal het die reg om sy/haar godsdiens te verander.

                     Skryf TWEE voordele en TWEE nadele daarvan neer om na
                     'n ander godsdiens te verander.                                                  (8)

3.3       Maak 'n lys van DRIE gevolge van godsdienstige onverdraagsaamheid.                          (6)

3.4       Verduidelik die idee van godsdiensvryheid.                                                  (4)

3.5       Dink jy daar was godsdiensvryheid in Suid-Afrika in die tydperk VOOR die
          demokratiese verkiesing in 1994? Gee redes vir jou antwoord.                                (8)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              9                                            DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 4

4.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       DIE KONFLIK IN IRAK

          Onder President Saddam Hussein was Irak 'n verenigde land, maar verdruk.
          Die ekonomie wat op die oliebedryf gebaseer was, was voorspoedig en almal
          het gemaklik geleef. Saddam Hussein was 'n Soenni-Moslem, maar hy was
          nie 'n baie streng Moslem nie. Deur die vestiging van politieke
          bondgenootskappe met 'n paar Sjia-leiers was Saddam in staat om die
          ondersteuning van 'n breë sektor van die bevolking te geniet. Die Sjias in Irak
          is egter in die meerderheid en baie van hulle het gevoel hulle word onderdruk
          en dat daar teen hulle gediskrimineer word. Hulle het later die ondersteuning
          van Iran, wat oorheersend Sjia is, geniet.

          Die inval in Irak deur die Verenigde State van Amerika en hulle bondgenote in
          2003 het binnelandse magte losgelaat waaroor Amerika geen beheer gehad
          het nie. Verskeie groepe het die verswakte veiligheidsituasie misbruik wat dit
          vererger het.

          Vanuit die standpunt dat vrede en demokrasie gevestig moes word, Amerika
          se verklaarde doelwit, is die inval tot dusver 'n mislukking. Soos met so baie
          ander konflikte, het terreurdade (d.i. die teiken van die burgerlike bevolking
          van die 'ander kant') tot 'n toenemende *polarisasie van openbare mening
          gelei. Dit het dit vir ekstremistiese groepe nog makliker gemaak om mense vir
          hulle saak aan beide kante te werf.

          En op hierdie manier vererger die spiraal van geweld, selfs nadat Amerika
          tydens President Barack Obama se eerste termyn (2008–2012) uit Irak
          onttrek het.

          *polarisasie: verskille wat duideliker word
                      [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Teacher's Guide, Grade 12]

          4.1.1      Watter redes het Amerika vir die inval in Irak gegee?                              (4)

          4.1.2      Saddam Hussein 'was nie 'n baie streng Moslem nie'. Hoe het dit
                     Soenni-Sjia-verhoudings onder sy heerskappy beïnvloed?                             (8)

          4.1.3      Wat is die 'binnelandse magte' wat in paragraaf 2 genoem word?                     (4)

          4.1.4      Evalueer krities die gevolge van die Amerikaanse inval in Irak.                    (10)

          4.1.5      Tot watter mate is die konflik in Irak 'n godsdienstige konflik? Gee
                     redes vir jou antwoord.                                                            (12)

          4.1.6      Wat is die huidige situasie in Irak?                                               (2)

4.2       Stel praktiese strategieë voor wat godsdiensorganisasies kan gebruik om 'n
          samelewing sonder godsdienstige konflik te skep.                                              (10)
                                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             10                                        DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 5

5.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   GODSDIENS EN DIE MEDIA

          'Godsdiens is 'n baie private saak in Suid-Afrika; dit speel nie 'n belangrike rol
          in die manier waarop die owerheid regeer nie, alhoewel ons politici het wat
          verskillende godsdienste beoefen,' het mnr. Kamaldien, 'n lid van die
          International Association of Religion Journalists gesê.

          'Dit was fassinerend om van ons kollegas in Liberië en die Arabiese Wêreld te
          hoor oor hoe godsdiens gebruik is om politieke belange te bevorder. Dit is
          grootliks 'n vreemde konsep in Suid-Afrika, alhoewel sommige politici in
          hierdie land godsdienstige platforms gebruik het om gedurende
          verkiesingsveldtogte stemme te werf.'

          Terwyl godsdiens 'n noodsaaklike rol in die lewens van die meeste Suid-
          Afrikaners speel, het Kamaldien gesê dat dit gewoonlik nie 'as 'n instrument
          vir verdeeldheid gebruik word nie, maar eerder om ons te help om mekaar
          beter te verstaan'.

          'Die media kan nie net oor sirkulasie besorg wees nie. Ons weet ons bedryf
          floreer op konflik. Ons hou van daardie tipe stories. Maar die media is ook
          deel van die samelewing waarin ons werksaam is. Die laaste ding wat ons wil
          hê, is 'n godsdiensoorlog en om deel van die probleem te word. Ons kan 'n
          brug tussen godsdiensgemeenskappe wees.'
                                                                   [Bron: www.theiarj.org/2014]

          5.1.1      Gee TWEE redes waarom godsdiens nie 'n belangrike rol speel in
                     die manier waarop die owerheid in Suid-Afrika regeer nie.                     (4)

          5.1.2      Verduidelik die verhouding tussen godsdiens en politiek in
                     Suid-Afrika.                                                                  (6)

          5.1.3      Noem DRIE Suid-Afrikaanse organisasies waar jy                        oor
                     onregverdige godsdienstige mediaverslaggewing kan kla.                        (6)

          5.1.4      Watter tipes stories kry meer dekking in die media volgens
                     Kamaldien?                                                                    (4)

          5.1.5      Dink jy die Suid-Afrikaanse media speel 'n rol om
                     'n 'brug tussen godsdiensgemeenskappe' te wees? Motiveer jou
                     antwoord met relevante voorbeelde.                                            (8)

5.2       Bespreek die nadele van 'n staatsgodsdiens vir die media.                                (12)

5.3       Waarom is daar 'n behoefte aan 'n organisasie soos die International
          Association of Religion Journalists? Gee VYF redes.                                      (10)
                                                                                                   [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               100
                                                                      GROOTTOTAAL:                 150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-eng/56d0ee70-3e22-4e29-a3ba-4aa29a7a1d76) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
