# Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-mg-afr/60ba2f24-01b2-4fa7-af59-885d7b431c73
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-mg-afr/60ba2f24-01b2-4fa7-af59-885d7b431c73)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  RELIGIESTUDIES V1

                                           2023

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                                      DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      C√                                                                          (1)
          1.1.2      D√                                                                          (1)
          1.1.3      B√                                                                          (1)
          1.1.4      A√                                                                          (1)
          1.1.5      B√                                                                          (1)
          1.1.6      A√                                                                          (1)
          1.1.7      D√                                                                          (1)
          1.1.8      B√                                                                          (1)
          1.1.9      C√                                                                          (1)
          1.1.10     D√                                                                          (1)
                                                                                                 (10)

1.2       1.2.1      Bahá'u'lláh√                                                                (1)
          1.2.2      Halakhah√                                                                   (1)
          1.2.3      Geloofstelsel/Godsdiens/Wêreldbeskouing√                                    (1)
          1.2.4      Goue Reël√                                                                  (1)
          1.2.5      Nie-teïsties/Agnostisisme√                                                  (1)
          1.2.6      Verbond/Gelofte√                                                            (1)
                                                                                                 (6)

1.3       1.3.1      E√                                                                          (1)
          1.3.2      G√                                                                          (1)
          1.3.3      F√                                                                          (1)
          1.3.4      H√                                                                          (1)
          1.3.5      C√                                                                          (1)
          1.3.6      B√                                                                          (1)
                                                                                                 (6)

1.4       1.4.1          Ateïsme√
                         Die ander drie is konsepte oor geloof in God/gode/goddelike
                          wesens.√                                                               (2)

          1.4.2          Taoïsme√
                         Die ander drie is godsdienste uit die Midde-Ooste.√
                         Die ander drie is monoteïstiese godsdienste.√                          (2)

          1.4.3          Onbesnede√
                         Die ander drie is leerbeginsels van verskillende godsdienste.√         (2)

          1.4.4          Gees√
                         Die ander drie is godsdienstige leiers van verskillende
                          godsdienste.√                                                          (2)

          1.4.5          Dwaalleer√
                         Die ander drie is konsepte wat in Hindoeïsme gebruik word.√            (2)
                                                                                                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           3                                     DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

1.5       1.5.1         Onwaar√
                        Abdu'l-Baha is deur Shoghi Effendi as sy opvolger aangestel/
                         Bahá'u'lláh het Abdu'l-Baha as sy opvolger aangestel.√               (2)

          1.5.2         Waar√√                                                               (2)

          1.5.3         Onwaar√
                        Ortodokse Jode is diegene wat 'n strenger tipe Judaïsme
                         beoefen.√/
                        Hervormde Jode is diegene wat 'n meer liberale tipe Judaïsme
                         beoefen.√                                                            (2)

          1.5.4         Onwaar√
                        Die Hervorming in die kerk is deur Martin Luther begin.√
                        Martin Luther King was ‘n (Amerikaanse) menseregte aktivis.          (2)

          1.5.5         Onwaar√
                        Die Kruistogte in die Middeleeue was godsdienstige oorloë wat
                         tussen die Moslems en Christene geveg is.√                           (2)
                                                                                              (10)

1.6       1.6.1         Afrika-geïnisieerde Kerke word gevorm deur Afrika
                         Tradisionele Godsdiens en die Christelike godsdiens te
                         kombineer om 'n nuwe godsdiens te skep. √√
                        Afrika Tradisionele Godsdiens is 'n godsdiens van die
                         inheemse mense van Afrika en het in Afrika ontstaan. √√
                        Afrika-geïnisieerde Kerke glo in Jesus / die Drie-Eenheid.√√
                        Afrika Tradisionele Godsdiens glo in God.√√                          (4)

          1.6.2        Pluralisme beteken alle godsdienste is weë/paaie na die
                        waarheid en is ewe waar. √√
                      Sinkretisme is wanneer twee verskillende geloofstelsels
                        gekombineer word om 'n nuwe een te vorm. √√
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                    (4)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                                     DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

VRAAG 2

2.1       2.1.1        Verwys na 'n storie wat vertel word om 'n godsdienstige
                        beginsel of antwoord op 'n godsdienstige vraag te illustreer.
                      Dit is gewoonlik baie kort en bevat 'n definitiewe
                        sedeles/moraal.
                      Dit bevat godsdienstige oortuigings, idees, sedes en
                        waarskuwings.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                      (4)

          2.1.2        Enige wese wat uit barmhartigheid die Bodhisattva-eed
                        geneem het, kan Nirwana op eie meriete binnegaan.
                      'n Wese wat sy eie gemak beskou as 'n saak wat aan die
                        behoeftes van ander ondergeskik is. Medelye vir ander mense.
                      'n Persoon wat sy/haar eie Nirwana uitstel en diens doen vir
                        die verligting (geestelike ontwikkeling) van ander mense, en
                        hulle help om vry te wees van die siklus van geboorte en
                        weergeboorte.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                      (4)

2.2       2.2.1        Christene glo in Jesus Christus as die Seun van God.
                       Christene glo aan die Heilige Drie-eenheid.
                       Hulle glo dat God sy Seun, Jesus Christus, gestuur het om
                        mens te word en tussen die mense op aarde te leef.                      (4)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.

          2.2.2        Taoïste se doel is om in harmonie met die weg van die heelal te
                        leef en om nie te worstel om hulle eie begeertes te hê nie.
                      Wu-wei kan vertaal word as nie-aksie of moeitelose aksie.
                      Dit is een van die godsdienste wat aanleiding tot gevegskuns
                        gegee het, in besonder Neijia.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                      (4)

          2.2.3        Daar is net een fundamentele werklikheid maar baie maniere
                        om daardie werklikheid te beskou en baie weë/paaie om dit te
                        bereik.
                      Die doel van die lewe is om te voel dat jy met die goddelike
                        wese herenig is en om die gevoel te oorkom dat jy in die fisiese
                        wêreld met al die beperkings daarvan vasgevang is.
                      Die primêre metode om dit te bereik, is joga.
                      Reïnkarnasie: geloof dat 'n menslike siel baie keer op aarde
                        gebore word, sommige mense word weergebore in hoër vorms
                        van lewe.
                      Ander mense word in laer vorms van lewe weergebore.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                                       DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

2.3         In Afrika Tradisionele Godsdiens word daar geglo dat selfs al is jy dood,
             kan die voorvaders steeds as deel van die familie en lewende
             gemeenskap beskou word.
           Die lewende familielede kommunikeer met die voorvaders deur middel
             van die ritueel van offerandes.
           Die voorvaders kan voortgaan om 'n rol in die lewens van die familie te
             speel deur middel van die ritueel van offerandes.
           Die voorvaders is 'n essensiële deel van die gebeure wat in 'n familie
             plaasvind, soos geboortes, huwelike en begrafnisse.
           Die voorvaders beskerm die familie teen boosheid en teëspoed.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                   (4)

2.4        'n Toestand van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme.
           Verlossing van lyding/swaarkry en die siklus van weergeboorte.
           Die hoogste doel van Boeddhistiese praktyk.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                   (2)

2.5        Dit is die fondasie van alle handeling/aksie in godsdienste.
           Dit help om volgelinge van die godsdiens op die regte pad te lei.
           Dit stel die norm en standaard vir hoe volgelinge moet optree.                        (4)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.

2.6         Om deur 'n godsdienstige seremonie te gaan waar jy 'n lid van daardie
             kerkgemeenskap gemaak word.
           Water word tydens die seremonie gebruik as 'n teken van reiniging en
             nuwe lewe.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                   (4)

2.7         Die term 'transendensie' beteken om verder as enige beperking te gaan.
            Die gebod dat daar geen beeltenis/prente van God mag wees nie, word
             ernstig opgeneem.
           God kan nie uitgebeeld word nie omdat prente 'n vorm van beperking is.
           God neem nie 'n menslike vorm aan nie want dit is ook 'n vorm van
             beperking.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                   (4)

2.8         Doktrine is 'n sinoniem vir leerbeginsel/lering.
            Doktrine, net soos leerbeginsel, het nie noodwendig 'n negatiewe
             betekenis nie.
           Dit word ook as 'n godsdienstige lering/leerbeginsel beskou.
           Die woord dogma kom van die Griekse woord 'dogma' wat oorspronklik
             'voorkoms' of 'opinie/mening' beteken het.
           Dit is 'n beginselleerstelling (lering) of stelsel hiervan, spesifiek soos deur
             'n gesamentlike godsdienstige owerheid neergelê.
           Dit is 'n ferm verklaring van opinie/mening en geloof.
           Dit is nie oortuigings/geloof wat bespreek word/ter sprake is nie.
           Dit moet absoluut geglo word.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                                      DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

2.9       2.9.1         Die Koran bestaan vandag steeds presies soos dit in die tyd
                         van die Profeet Mohammed het en daar word geglo dat dit die
                         letterlike, presiese woord van God is.
                        Die Koran het ook rein en geloofwaardig gebly want dit is
                         neergeskryf en gememoriseer in die leeftyd van die Profeet
                         aan wie dit geopenbaar is.
                        Die Koran is 'n unieke geskrif wat deur die eeue onveranderd
                         en in die oorspronklike taal na die hele mensdom gekom het.
                        Alhoewel vertalings van die Koran bestaan, lees en
                         memoriseer Moslems dit altyd in die oorspronklike Arabies.             (4)

          2.9.2         Alle mense is gelyk, ongeag kleur, ras of geslag.
                        Die belangrikste doel in die Bahá'i-geloof is om na die eenheid
                         van alle mense te werk. Dit sal die politieke en ekonomiese
                         ellendes wat tans ervaar word, oplos.                                  (4)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                                    DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1       3.1.1      VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
                      Volgens die boek Genesis is mans en vroue op dieselfde tyd
                        geskep en hulle is gelyk.
                      Die Apostel Paulus leer ons dat daar in Christus nie man of vrou
                        is nie.
                      Dit beteken dat die man en vrou in die oë van God gelyk is.
                      Daar is bewys dat Jesus vroue as gelyk aan mans behandel
                        het.
                      Hy het ons geleer dat beide en mans en vroue ewe skuldig is as
                        hulle owerspel pleeg (Joh. 4).
                      Hy het vroue dissipels gehad wat saam Hom by die kruis gebly
                        het (Matt. 27:55)
                      Jesus het na Sy Opstanding eerste aan 'n vrou verskyn.
                      Christenskap bevorder gelykheid van mans en vroue, 'daar is
                        geen man of vrou in Christus nie'.

                     VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
                      Hindoes glo dat alle siele deel van die goddelike is en daarom
                         gelyk is.
                      Dit beteken mans en vroue gelyk/dieselfde behandel moet word.
                      Sommige Hindoes, soos Virashaivas, glo dat mans en vroue
                         gelyke rolle in die lewe en godsdiens moet hê.
                      Hulle het godsdienstige leiers wat vroulik sowel as manlik is.
                      Ander Hindoes glo dat vroue en mans gelyke rolle in die
                         samelewing moet hê maar verskillende rolle in die tempel.
                      Hulle glo dat die geskrifte en Wet van Manu in die lig van die
                         moderne lewe geïnterpreteer moet word om vroue in te sluit.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. Die
                     kandidaat kan leerbeginsels van meer as een godsdiens kies.
                     Elke relevante lering kan verduidelik word vir tot DRIE punte.            (12)
          3.1.2      JA
                      Moderne slawerny is oral om ons, dis net dikwels baie goed
                        versteek/vermom.
                      Werkers in Derde Wêreld-lande het min of geen menseregte
                        nie.
                      Mensehandel bestaan steeds in baie lande.
                      Wettige eienaarskap van mense is in baie lande afgeskaf, maar
                        dit is nie gekriminaliseer nie.
                      Dwangarbeid en slawerny/knegskap bestaan steeds (toestand
                        waar jy slaaf vir iemand magtiger is)
                     NEE
                      Daar is baie vordering in die geveg om gelyke regte.
                      Alle mense het die reg op gelykheid.
                      Alle mense het die reg tot vryheid van diskriminasie.
                      Alle mense het die reg op lewe en vryheid.
                      Dit is verskans in die Verenigde Nasies se Verklaring van
                        Menseregte.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                     (4)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           8                                     DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

3.2       3.2.1      VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
                      Jy saai wat jy maai.
                      Dit leer Christene om verantwoordelik te wees vir wat hulle ook
                        al doen of sê.
                      Christene glo aan die Oordeelsdag waar almal geoordeel sal
                        word volgens wat hulle gedoen het terwyl hulle vlees was.
                      Hierdie oortuiging bevorder verantwoordelikheid vir elke
                        handeling aangesien hulle toerekenbaar gehou sal word.
                     VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
                      Hindoes glo aan die wet van karma.
                      Hierdie wet leer ons dat 'n mens se handelinge in die verlede
                        verantwoordelik is vir sy/haar huidige toestand, en dat dit
                        sy/haar huidige handelinge/dade/optrede sy/haar toekoms
                        bepaal.
                      Die wet van karma bevorder alle volgelinge se
                        verantwoordelikheid vir toekomstige lewe.
                      Hindoes glo ook aan reïnkarnasie: 'n siel word weer gebore in
                        'n nuwe status, gebaseer op hoe die vorige lewe geleef is.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                    (8)

          3.2.2      VOORDELE
                      Daar sal geen gedwongenheid in aanbidding wees nie.
                      'n Persoon het die vryheid om met verskillende godsdienste te
                        eksperimenteer.
                      'n Mens kan sy/haar godsdiens laat staan indien dit nie meer
                        aan veranderende geestelike behoeftes voldoen nie.
                      'n Persoon kan deur die interaksie van verskillende
                        godsdienste ander beïnvloed of self beïnvloed word.
                      'n Godsdiens sal slegs werklike, toegewyde volgelinge hê en
                        nie skynheiliges wat nie in die leerbeginsels daarvan glo nie.
                      Godsdienste kan meer verdraagsaam word en aanvaar dat
                        hulle sommige volgelinge sal wen en ander sal verloor.
                      Mense kan meer as een godsdiens aanneem.
                     NADELE
                      Deur van godsdiens te verander, kan 'n mens verward raak.
                      Dit kan lei na vyandigheid deur volgelinge van jou vorige
                        godsdiens.
                      Dit kan lei tot intergodsdienstige konflik tussen die godsdiens
                        wat volgelinge verloor en die een wat volgelinge wen.
                      Waar 'n persoon openlik sy/haar bedoeling om van godsdiens
                        te verander, verklaar kan dit tot verhoogde dwang/druk lei.
                      'n Godsdiens kan sy identiteit verloor as gevolg van te veel
                        diversiteit.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                    (8)
3.3        Mense sal gedwing word om hulle na 'n spesifieke godsdiens te bekeer.
           Daar kan vervolging van minderheidsgodsdienste plaasvind.
           Godsdienstige diskriminasie en vooroordeel kan plaasvind.
           Daar is geen godsdienstige harmonie nie.
           Godsdienstige konflik kan plaasvind.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                               (6)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           9                                    DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

3.4         Dit is wanneer individue of gemeenskappe in staat gestel word om
             godsdienste van hulle keuse te beoefen sonder vrees dat daar
             weerwraak sal wees.
           Mense in 'n spesifieke land is vry om godsdienstige oortuigings van hulle
             keuse te steun.
           Die staat bevorder nie enige spesifieke godsdiens nie.
           Godsdienstige waarnemings kan by enige regeringsinstelling op 'n gelyke
             basis uitgevoer word.
           Bywoning moet egter vry en vrywillig wees.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                              (4)

3.5       JA
           Die bou van tempels, moskees, ens. is toegelaat, maar streng beheer.
           Verskillende godsdienstige samekomste is toegelaat, sonder
             regeringsinmenging.
           Verskillende godsdienstige leiers was by die politiek betrokke.
           Mense was vry om hulle eie godsdiens te kies.
          NEE
           In die apartheidsera is die Christenskap as die staatsgodsdiens erken.
           Die Nederduits Gereformeerde Kerk was die enigste kerk wat deur staat
             erken is.
           Christenskap was die dominante godsdiens.
           Christelike Nasionale Onderwys was die staat se onderwysbeleid.
           Regeringsfondse is gebruik om sommige Christen-predikers se salarisse
             te betaal.
           Ander godsdienste het min of geen staaterkenning ontvang nie.
           Baie godsdiensleiers is om politieke redes verban.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                              (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            10                                  DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       4.1.1       Hulle wou vrede vestig.
                      Hulle wou 'n demokratiese regering in Irak vestig.
                      Om Irak se massavernietigingswapens te ontwapen.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                   (4)

          4.1.2        Hy was verdraagsaam teenoor die Sjia.
                       Hy het die ondersteuning van Sjia-groepe in Irak geniet.
                       Daar was voor die inval 'n hartlike Soenni-Sjia-verhouding in
                        Irak.
                      Die Sjia was verdraagsaam teenoor Saddam Hussein en het
                        hom politieke ondersteuning gegee.
                      Die land se ekonomiese vooruitgang onder Saddam het
                        verseker dat beide Soenni en Sjia hom politieke ondersteuning
                        gegee het.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                   (8)

          4.1.3         Soenni militante organisasies.
                        Sjia militante organisasies.                                        (4)

          4.1.4        Die inval in Irak deur die VSA het sektariese geweld in Irak
                        verhewig.
                      Burgerlikes is deur ekstremiste van beide vegtende partye
                        doodgemaak.
                      Dit het dit vir ekstremiste aan beide kante makliker gemaak om
                        woedende mense vir hulle saak te werf.
                      Die land se infrastruktuur en ekonomie is verwoes.
                      Sommige Moslem-lande was teen die VSA se inmenging
                        gekant.
                      Sommige Amerikaners het ook gekla dat dit 'n vermorsing van
                        hulle belasting was om soldate in Irak te hê.
                      Amerikaners het Barack Obama aan bewind laat kom omdat
                        hy belowe het om Amerikaanse soldate uit Irak te onttrek.
                      Die Amerika se inmenging in Irak was onnodig.
                      Die inval het die afbreek/aftakeling van sekuriteit,
                        infrastruktuur, openbare gesondheid en die dood van byna 'n
                        honderd duisend mense, meesal burgerlikes, veroorsaak.
                      Hulle het Saddam Hussein afgesit/onttroon.
                      Hulle het die land se ekonomie verwoes.
                      Hulle het 'n goedkoop olievoorraad vir Amerika bekom.
                      Die VSA het 'n skynmarionetregering ingestel om die land te
                        regeer.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           11                                   DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

          4.1.5        Dit is 'n konflik oor politieke en ekonomiese beheer.
                       Voor die Amerikaanse inval was daar geen godsdienstige
                        konflik nie.
                      Daar was egter meningsverskille onder die Sjia.
                      Na die Amerikaanse inval het die Sjia militêre steun by Iran
                        gekry.
                      Dit het Soenni-Sjia-konflik vererger.
                      Terreurdade en protesoptogte het hoofsaaklik die regering wat
                        deur die VSA gelei is, geteiken.
                      Dit was nie godsdienstig van aard nie – plekke van aanbidding
                        was nie die primêre teikens nie.
                      Godsdienstige verskille word dikwels in enige konflik
                        beklemtoon.
                      Dit was egter nie 'n godsdienstige konflik nie.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                   (12)

          4.1.6         Die binnegevegte gaan steeds voort.
                        Daar is steeds politieke onrus.
                        Die ekonomie van die land word steeds beïnvloed.                    (2)

4.2         Godsdienstige organisasies moet 'n internasionale organisasie vorm wat
             deur alle lande in die wêreld erken word.
           Godsdiens organisasies kan as bemiddelaars optree om godsdienstige
             verskille aan te spreek.
           Godsdiens organisasies kan die regerings van verskillende lande
             aanmoedig om 'n werkende ooreenkoms teken dat hulle nie in
             godsdienstige konflikte sal inmeng nie.
           Godsdienstige organisasies kan bemiddelaar wees in konflik situasies.
           Godsdiens organisasies moet dit as 'n strafbare misdryf beskou om
             militêr in godsdienstige konflik in te meng.
           Die Internasionale organisasie moet ooreengekome reëls hê vir die oplos
             van godsdienstige konflik.
           Dit kan aan strukture soos die Parlement van die Wêreld se Godsdienste
             gekoppel word.
           Die internasionale godsdienstige organisasie moet hulle eie geregshof
             hê.
           Hierdie organisasie kan raad gee aan strydende faksies oor ‘n
             vreedsame samelewing.
           Die internasionale geregshof moet die mag hê om godsdienste wat
             vredesooreenkomste verbreek, te straf.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                              (10)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            12                                      DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1       5.1.1       Suid-Afrika is 'n sekulêre staat.
                      Alle godsdienste word dieselfde/gelyk behandel.                           (4)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.

          5.1.2        Politici word dikwels as godsdienstige mense beskou.
                       Hulle gebruik nie godsdienstige leringe vir politieke invloed nie,
                        aangesien Suid-Afrika ‘n sekulêre staat is.
                      Hulle het al, by geleentheid, kerkbyeenkomste vir
                        stemwerwery gebruik.
                      Godsdienstige liggame bly grootliks neutraal in politieke
                        kwessies.
                      Voor 1994, het godsdiens organisasies openlik die staat se
                        apartheidsbeleid verwerp.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                       (6)

          5.1.3        Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA/BCCSA).
                       Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte
                        van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe in Suid-
                        Afrika ('CRL')
                      Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum.
                      Menseregtekommissie.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                       (6)

          5.1.4       Stories wat oor konflik verslag doen.
                      Hoe godsdiens politiek beïnvloed.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                       (4)

          5.1.5      JA
                      Daar is programme op openbare televisie wat gehore oor
                        verskillende godsdienste onderrig, bv. geloofskwessies.
                      Openbare radiostasies het gleuwe vir verskillende
                        godsdienste.
                      Verskillende godsdienstige gebeurtenisse word deur openbare
                        media gedek.
                      Sosiale media dek alle godsdienste, selfs Satanisme.
                     NEE
                      Die Suid-Afrikaanse media dek meer negatiewe stories oor
                        godsdienste, en dit verdeel die gemeenskap.
                      Hulle skryf oor negatiewe godsdienstige stories sonder om die
                        betrokke godsdiens die reg te gee om te antwoord.
                      Minderheidsgodsdienste soos die Bahá'i-geloof, word nie 'n
                        gelyke geleentheid op openbare media gegee nie, in
                        vergelyking met 'groter' gelowe.
                      Suid-Afrikaanse media toon nie sensitiwiteit wanneer hulle oor
                        godsdienstige kwessies verslag doen nie. Byvoorbeeld,
                        wanneer hulle oor terrorisme in Afrika-lande berig, word
                        Moslems as terroriste beskryf. Ander godsdienste word nie
                        genoem nie.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                       (8)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                          13                                 DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

5.2         Die media is nie onafhanklik nie.
            As die media negatiewe goed oor die staatsgodsdiens berig, kan dit
             gestop/gestaak word.
           Mediahuise wat die staatsgodsdiens bevorder, ontvang voorkeur van die
             staat/regering.
           Alle regeringsreklame en funksies word aan sulke media gegee.
           Joernaliste wat negatiewe stories oor die staatsgodsdiens berig, word
             geïntimideer, geteister en selfs vermoor.
           Die openbare media word deur die regering beheer en doen slegs oor die
             staatsgodsdiens verslag.
           Daarom kan die media godsdienstige konflik aanvuur.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                          (12)

5.3         Dit help om dissipline en order onder joernaliste te handhaaf.
            Dit help om regverdige dekking van godsdienstige kwessies te bevorder.
            Godsdienstige kwessies sal met respek en waardigheid hanteer word.
            Dit bevorder objektiwiteit in hulle beriggewing van godsdienstige
             kwessies.
           Dit ontmoedig sensorskap en bevorder onafhanklike verslaggewing.
           daar word aan professionalisme voldoen om verantwoordbaarheid aan te
             moedig.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                          (10)
                                                                                         [50]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr/eff61a9e-152f-4d57-a950-5b7ac4c33aec) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr-1/5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-eng/3bef31a5-56c3-4463-9f4f-4c2dfc2c2941) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-afr/f8faffc4-5ea8-4dc1-b8d4-109e2a95915d) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-memo-eng/77ccd03d-c147-455c-abea-edd00bd63b16) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
