# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2012-afr/76c94f9b-11b6-4834-b223-e263c214199f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2012-afr/76c94f9b-11b6-4834-b223-e263c214199f)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                    DBE/November 2012
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               3                            DBE/November 2012
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Kies die korrekte woorde uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
          die   woord(e)     langs   die    vraagnommer      (1.1.1–1.1.5) in    die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.1.1       'n Voorbeeld van 'n Hindoe-hervormingsbeweging is (Arya Samaj/
                      Maha Sabha/Rig Veda/joga).                                                       (2)

          1.1.2       Die oudste vertakking van Boeddhisme is (Judaïsme/Theravada/
                      Aka/Mahayana).                                                                   (2)

          1.1.3       Die mondelinge komponent van die Tora word die (Talmoed/
                      Mashiach/Mitzvot/Genesis) genoem.                                                (2)

          1.1.4       Die stigter van die Baha'i-geloof               was    (Mahabharata/
                      Baha'u'llah/Abdu'l-Baha/Dalai Lama).                                             (2)

          1.1.5       Die heiligdom van Karbala is in (Irak/Iran/Indië/Israel).                        (2)

1.2       Verduidelik, in TWEE sinne, elk van die volgende begrippe in die konteks van
          godsdiens:

         1.2.1       Eenheid                                                                           (4)

         1.2.2       Fundamentalisme                                                                   (4)

         1.2.3       Uniekheid                                                                         (4)

         1.2.4       Vergelykbaarheid                                                                  (4)

         1.2.5       Reïnkarnasie                                                                      (4)

1.3       Kies uit elke groep woorde hieronder die woord wat NIE pas NIE. Skryf slegs
          die woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

          VOORBEELD: piesang; appel; aartappel; druiwe

          ANTWOORD: 1.3.6 aartappel

          1.3.1       Charles Darwin; Shoghi Effendi; Copernicus; Kepler                               (2)

          1.3.2       Ubuntu; voorvaders; verassing; Modimo                                            (2)

          1.3.3       Brahma; Vishnu; Nirvana; Shiva                                                   (2)

          1.3.4       Abraham; Baha'u'llah; Moses; Jesus                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               4                                DBE/November 2012
                                               NSS

1.4       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommer neer. Gee 'n rede indien die antwoord
          ONWAAR is.

          1.4.1       Sinkretisme is die wetenskap van die interpretasie van tekste.                     (4)

          1.4.2       'n Sjamaan is 'n opperwese, die Skepper in Afrika Tradisionele
                      Godsdiens.                                                                         (4)

          1.4.3       Hindoeïsme bestaan uit die volgende                    skole:    Saïvisme,
                      Vaïshnavisme, Vajrayana en Smartas.                                                (4)

                                                                      TOTAAL AFDELING A:                 50

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       Bespreek die uniekheid van:

          2.1.1       Afrika Tradisionele Godsdiens                                                      (10)

          2.1.2       Judaïsme                                                                           (10)

2.2       Bespreek kortliks die interne verskille tussen die Shi'a- en Sunni-vertakkings
          van Islam onder die volgende opskrifte:

.         2.2.1      Godsdienstige leringe                                                               (10)

          2.2.2      Godsdienstige praktyke                                                              (10)

2.3       Bespreek die      ooreenkomste      tussen     die    volgende      TWEE      Oosterse
          godsdienste:

          Hindoeïsme en Boeddhisme                                                                       (10)
                                                                                                         [50]

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die verlore seun is 'n bekende Christelike gelykenis. 'n Seun wat gesondig
          het kom terug huis toe en word jubelend deur sy gesin, veral sy pa,
          verwelkom. Die les van hierdie gelykenis is dat Jesus bly is oor die terugkeer
          (bekering) van 'n sondaar.
                                        [Vertaal uit Shuters: Religion Studies, Grade 12, bl. 12–13]

3.1       Noem TWEE rolle wat gelykenisse in godsdiens speel.                                            (4)

3.2       Noem 'n gelykenis (behalwe 'Die Verlore Seun') uit enige godsdiens en
          verduidelik die betekenis daarvan.                                                             (8)
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                                DBE/November 2012
                                             NSS

3.3       Noem VYF eienskappe van 'n godsdienstige doktrine.                                           (10)

3.4       Verduidelik kortliks die begrip mites soos dit op godsdiens van toepassing is.               (10)

3.5       Noem VYF eienskappe van enige EEN van die volgende sekulêre
          wêreldbeskouings:
          •   Kommunisme
          •   Ateïsme
          •   Sekulêre humanisme
          •   Agnostisisme                                                                             (10)
3.6       Noem VIER oortuigings wat deur die Abrahamitiese gelowe gedeel word.                         (8)
                                                                                                       [50]
VRAAG 4
Lees die TWEE uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      KONFLIK IN SUDAN SE DARFOER-STREEK
Die sneller vir die konflik in 1983 was die sentrale regering se poging om 'n regstelsel
in te stel in 'n gebied van die land wat nie Islamities was nie. Met ander woorde, jy kan
sê dat godsdiens deel van die probleem was.
                                       [Aangepas uit Shuters: Religion Studies Grade 12, bl. 202.]

                           GRENSLYN VERDEEL SOEDAN
Indien die noord-suid-konflik nie gestop word nie, kan dit in 'n volskaalse oorlog
ontaard waarin daar geen wenners sal wees nie, skryf Terence McNamee.
Deur Soedan met 'n noord-suid-grenslyn te verdeel is daar gehoop dat baie van die
konflik wat tradisioneel noordelike burgers teen suidelike burgers te staan laat kom het,
sou ophou. Die Suide se ekonomie sou ook na verwagting uiteindelik uit die
agteruitgang van die afgelope jare kon kom.
Soedan en Suid-Soedan is vasgevang in verskeie toenemend ernstige botsings oor
olie, sekuriteit en grense wat dreig om in 'n volskaalse oorlog te ontvlam. Verlede week
het Juba (hoofstad van Suid-Soedan) Kartoem daarvan beskuldig dat hulle gebiede in
Bahr el Gazal, Unity en die Bo-Nyl-state gebombardeer het. Kartoem beskuldig Juba
daarvan dat hy die olievelde by Heglig in Soedan se Suidelike Kordofan-staat, wat in
April deur die Suid-Soedannese weermag beset is, vernietig het.
Konflik tussen verskillende etniese groepe oor toegang tot waterbronne en weiding vir
beeste vind al eeue lank plaas, maar net in die tweede helfte van 2011 is duisende
dood in gevegte in Suid-Soedan se Jonglei-staat. In een insident is 600 etniese Lou
Nuer deur vegters van die naburige Murle-gemeenskap vermoor.
                                                          [Aangepas uit The Times, 15 Mei 2012]

4.1       Daar is tot onlangs geargumenteer dat die konflik in Soedan 'n godsdienstige
          oorlog is. Stem jy saam? Gee redes vir jou antwoord.                                         (14)

4.2.      Watter maatreëls het Suid-Afrika getref om godsdienstige harmonie aan te
          moedig?                                                                                      (8)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               6                                DBE/November 2012
                                               NSS

4.3       Veronderstel dat jou skool multigodsdienstig en veelrassig is. As voorsitter
          van die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL), watter maatreëls sal
          jy tref vir godsdienstige harmonie by jou skool?                                             (8)

4.4       Onderskei tussen godsdienstige vryheid en godsdienstige verdraagsaamheid.                    (4)

4.5       Vir elk van die volgende godsdienste, bespreek kortliks die leringe wat
          menseregte bevorder:

          4.5.1       Boeddhisme                                                                       (4)

          4.5.2       Christelike geloof                                                               (4)

          4.5.3       Islam                                                                            (4)

          4.5.4       Afrika Tradisionele Godsdiens                                                    (4)
          .                                                                                            [50]

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

In verskeie onlangse studies oor godsdienstige dekking in die media is gevind dat
dekking oor die afgelope dekade baie toegeneem het. Die dekking was egter baie
negatief en het hoofsaaklik op die volgende gefokus:

• Die politieke elemente van godsdienstige idees en instellings. Hierdie aspek het die
  meeste dekking ontvang.
• Ander kwessies soos die stryd van vroue en minderheidsgroepe
• Kwessies oor seksuele moraliteit
                                           [Aangepas uit Religion Studies, Steyn et al, bl. 220–221]

5.1       Dink jy die media gee regverdige dekking van godsdienstige sake?                             (2)
5.2       Gee redes vir jou antwoord op VRAAG 5.1. Sluit EEN voorbeeld in om jou
          antwoord te ondersteun.                                                                      (10)
5.3       Waarom, dink jy, het mediadekking van godsdienstige sake skerp in die
          afgelope jare gestyg?                                                                        (10)

5.4       Bespreek EEN voorbeeld uit die media wat na politieke elemente van
          godsdiens verwys.                                                                            (10)
5.5       Bespreek EEN voorbeeld uit die media wat na kwessies oor seksuele
          moraliteit en godsdiens verwys.                                                              (10)
5.6       Bespreek EEN voorbeeld uit die media wat verwys na kwessies wat vroue (of
          minderheidsgroepe) en godsdiens insluit.                                                     (8)
                                                                                                       [50]
                                                                      TOTAAL AFDELING B:               100
                                                                          GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2012 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2012-memo-eng/58943632-fbd2-4853-b8c1-3e206eefe449) — Religion Studies · Memo · 2012 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2012-afr/eca2bbee-c100-4fcc-984f-a24ffc913e95) — Religion Studies · QP · 2012 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2012-eng/2dc10bbe-1475-45b5-bd02-076db92c851b) — Religion Studies · QP · 2012 · Eng
- [RELIGION STUDIES P1 EA](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-ea/abab6cf5-543c-41a5-91de-803a138c78c6) — Religion Studies · QP · 2012
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
