# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2014-afr/241b9c93-5a44-49f8-ac90-c9391a01ee2e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2014-afr/241b9c93-5a44-49f8-ac90-c9391a01ee2e)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                    DBE/November 2014
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               3                         DBE/November 2014
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.1.1       Ortodokse Jode gehoorsaam godsdienstige wette wat ... genoem
                      word.

                      A   Sjaria
                      B   Mitzvot
                      C   Genesis
                      D   Halakhah                                                                (1)

          1.1.2       Die Tao kan beskryf word as ...

                      A   die Pad van die heelal.
                      B   die Aarde.
                      C   die Hiernamaals.
                      D   die Siklus van die lewe.                                                (1)

          1.1.3       Die hoogste kaste/stand in tradisionele Hindoeïsme is ...

                      A   die Upanishads of skrifgeleerdes.
                      B   die Sudras of arbeiders.
                      C   die Ksatriyas of heersers en krygers.
                      D   die Brahamanas of geestelike leermeesters.                              (1)

          1.1.4       Die stigter van Boeddhisme was ...

                      A   Siddhartha Gautama.
                      B   Baha'u'llah.
                      C   Vajrayana.
                      D   die Dalai Lama.                                                         (1)

          1.1.5       Die Baha'i-geloof het in ... ontstaan.

                      A   Irak
                      B   Iran
                      C   China
                      D   Saoedi-Arabië                                                           (1)

          1.1.6       Toe Profeet Mohammed gesterf het, is hy deur ... opgevolg.

                      A   Isak
                      B   Abu Bakr
                      C   Jesus
                      D   Ali                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               4                         DBE/November 2014
                                               NSS

          1.1.7       'n Voorbeeld van Neo- (moderne) Hindoeïsme is ...

                      A   Rig Veda.
                      B   die 'Divine Life Society'.
                      C   die Bhagavad Gita.
                      D   bhakti-joga.                                                            (1)

          1.1.8       Die Hadith is ...

                      A   'n versameling leringe van die Profeet Mohammed.
                      B   verpligte leringe in die Koran.
                      C   boeke met mites.
                      D   rekords van Islamitiese geskiedenis.                                    (1)

          1.1.9       Die oudste vorm van Boeddhisme is ...

                      A   Zen-Boeddhisme.
                      B   Tibettaanse Boeddhisme.
                      C   Mahanyana-Boeddhisme.
                      D   Theravada-Boeddhisme.                                                   (1)

          1.1.10      'n Dogma, in 'n godsdienskonteks, is ...

                      A   'n leuen of versinsel.
                      B   leringe met absolute gesag.
                      C   'n heilige teks.
                      D   'n bespreking van geestelike waarhede deur 'n storie.                   (1)

1.2       Kies 'n item uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
          letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
          1.2.1      Aanvaar alle godsdienstige        A   normatiewe bron
                     oortuigings as waar
                                                       B   Taoïsme
          1.2.2      Baha'i
                                                       C   inklusiwisme
          1.2.3      Sikhisme en die Sion
                     Christelike Kerk                  D   sinkretisme

          1.2.4      Alles bestaan uit twee            E   ritueel
                     magte
                                                       F   pluralisme
          1.2.5      Heilige godsdienstige
                     geleentheid                       G   Haifa
                                                                                    (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                         DBE/November 2014
                                             NSS

1.3       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf
          slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.3.1       'n Aanvaarde versameling heilige boeke of tekste word ... genoem.         (1)

          1.3.2       Volgens Boeddhisme word Nirvana bereik deur vryheid van ...               (1)

          1.3.3       'n Wêreldbeskouing wat suiwer op menslike redenasie gebaseer is,
                      word ... genoem.                                                          (1)

          1.3.4       Die beginsels van die interpretasie van godsdienstige tekste word
                      ... genoem.                                                               (1)

          1.3.5       Die stigter van Taoïsme was ...                                           (1)

1.4       Verduidelik ELK van die volgende in TWEE sinne in die konteks van
          godsdiens:

          1.4.1       Ekumenisme                                                                (2)

          1.4.2       Fundamentalisme                                                           (2)

          1.4.3       Protestantisme                                                            (2)

          1.4.4       Yin en yang                                                               (2)

          1.4.5       Die Dalai Lama                                                            (2)

1.5       Kies die woord wat NIE in elke groep woorde hieronder pas NIE. Skryf
          slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          Voorbeeld:       piesang; appel; aartappel; druif
          Antwoord:        1.5.6 aartappel

          1.5.1       Moses; Jesus; Abraham; Dawid                                              (2)

          1.5.2       Gemeenskap; voorvaders; kaste/stand; Modimo                               (2)

          1.5.3       Taoïsme; kapitalisme; ateïsme; Marxisme                                   (2)

          1.5.4       Taoïsme; Boeddhisme; Afrika Tradisionele Godsdiens; Judaïsme              (2)

          1.5.5       Karma; Ahimsa; Tripitaka; Dharma                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              6                          DBE/November 2014
                                              NSS

1.6       Dui aan of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die
          antwoord en skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer
          (1.6.1–1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die
          antwoord ONWAAR is.

          1.6.1       Bukhari is 'n versameling Marxistiese leringe.                              (2)

          1.6.2       Die Opperwese in Afrika Tradisionele Godsdiens word Ilimo
                      genoem.                                                                     (2)

          1.6.3       Boeddhisme het geen begrip van 'n Opperwese nie.                            (2)

          1.6.4       Voorvaders word in Taoïsme vereer.                                          (2)

          1.6.5       Baha'u'llah het Ali ibn abi Talib as sy opvolger aangewys.                  (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            7                               DBE/November 2014
                                            NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Alle vorme van media (elektroniese en gedrukte media, asook sosiale media soos
Twitter, YouTube, ensovoorts) verskaf inligting aan mense oor gebeure dwarsoor die
wêreld terwyl dit gebeur.

Al probeer hulle hoe hard om objektief te wees, kommunikeer hulle 'n sekere
standpunt wanneer hulle nuus oordra.

Verder kan veral sosiale media maklik deur gewetenlose mense gebruik word om
intergodsdienstige konflik te skep.

                                     [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]

2.1       Bespreek EEN voorbeeld van hoe die gebruik van sosiale media tot
          intergodsdienstige konflik kan lei.                                                        (12)

2.2       Noem VIER strategieë om sodanige misbruik van sosiale media te voorkom.                    (8)

2.3       Noem VYF strategieë wat die media gebruik om ons opinies te beïnvloed.                     (10)

2.4       Gee voorbeelde uit die media om jou antwoord op VRAAG 2.3 te ondersteun.                   (20)
                                                                                                     [50]

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

In 1948 het die Verenigde Nasies die Universele Verklaring van Menseregte eenparig
aanvaar. Hier is 'n artikel uit die Verklaring:

Artikel 18: Elkeen het die reg tot vryheid van opinie en uitdrukking: hierdie reg sluit in
die vryheid om hul godsdiens of geloof te verander, en die vryheid, hetsy alleen of in 'n
gemeenskap met ander en in die openbaar of privaat, om hul godsdiens of geloof in
lering, praktyk, aanbidding en beoefening uit te leef.

                                           [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]

3.1       Wat word met godsdiensvryheid bedoel?                                                      (4)

3.2       Bespreek die verskille tussen Westerse en Oosterse idees oor godsdienstige
          verdraagsaamheid.                                                                          (12)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              8                              DBE/November 2014
                                              NSS

3.3       Stel jou voor jy is die voorsitter van die Verteenwoordigende Raad van
          Leerders by jou skool. Skryf 'n gedragskode vir leerders. Dit moet uit ten
          minste VIER sleutelpunte bestaan en moet godsdienstige verdraagsaamheid
          by die skool bevorder.                                                                      (8)

3.4       Vergelyk demokratiese Suid-Afrika se siening oor godsdiensvryheid met die
          benadering wat gedurende die apartheidsera gevolg is.                                       (14)

3.5       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Sonder godsdiens sou die samelewing erger gewees het. Regdeur die
          geskiedenis het godsdiens ons leiding gegee oor hoe om mekaar met
          waardigheid te behandel. Die probleem is dat mense die oorspronklike leringe
          verdraai.

                                             [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]

          3.5.1       Noem DRIE leringe, uit enige EEN godsdiens, wat menseregte
                      bevorder.                                                                       (6)

          3.5.2       Noem DRIE leringe, uit enige EEN godsdiens, wat individue
                      aanmoedig om in harmonie saam te leef.                                          (6)
                                                                                                      [50]

VRAAG 4

4.1       Mites en geloof/oortuigings is belangrike aspekte van godsdienstige leringe.
          Bespreek die volgende begrippe soos hulle van toepassing is op
          godsdienstige leringe en gee EEN voorbeeld van elk.

          4.1.1       Mite                                                                            (6)

          4.1.2       Geloof/Oortuiging                                                               (6)

4.2       Kies EEN godsdiens en skryf VIER unieke eienskappe van daardie godsdiens
          neer.                                                                                       (8)

4.3       Kies EEN onlangse konflikgebied in die wêreld en bespreek die situasie soos
          volg:

          4.3.1       Noem die land/lande wat deur die konflik geraak is en gee 'n kort
                      beskrywing van die geskiedenis van die konflik.                                 (10)

          4.3.2       Ontleed die huidige stand van die konflik krities.                              (10)

          4.3.3       Bespreek die rol wat godsdiens in die konflik speel.                            (10)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                              DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 5

5.1       Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          Toe die wit man na ons land toe gekom het, het hy die Bybel gehad en ons
          die grond. Die wit man het vir ons gesê: 'Laat ons bid.' Na die gebed het die
          wit man die grond gehad en ons die Bybel.

                                            [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]

          Stem jy saam met die stelling hierbo? Gee redes vir jou antwoord, asook
          voorbeelde.                                                                             (16)

5.2       Noem enige EEN doelwit van die 'Program vir Christen-Moslem-verhoudinge
          in Afrika' (PROCMURA).                                                                  (2)

5.3       Ontleed die werk van enige TWEE multigodsdienstige organisasies krities
          soos volg:

          5.3.1       Noem die organisasies en hul doelwitte.                                     (12)

          5.3.2       Bespreek en evalueer die projekte van ELK van hierdie TWEE
                      organisasies.                                                               (20)
                                                                                                  [50]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:             100
                                                                       GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2014-eng/6fd2a1f9-cc52-4539-9233-bd9aeebc84f7) — Religion Studies · QP · 2014 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2014-afr/5f33994d-adbe-4f9c-838b-5168a991fd8c) — Religion Studies · QP · 2014 · Afr
- [Rel Stud P1 GR12 QP SEPT2014 EA](https://www.hlayiso.com/library/rel-stud-p1-gr12-qp-sept2014-ea/17b93f32-b70c-4ac5-876a-97c900a8edfd) — Religion Studies · QP · 2014
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-afr/b014d4a7-f0f0-4965-ace1-7d412130ad42) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
