# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2014-memo-afr/c493aff3-1b31-4718-914a-e65a0a339982
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2014-memo-afr/c493aff3-1b31-4718-914a-e65a0a339982)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2014

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                           DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1       D of B                                                                      (1)
          1.1.2       A                                                                           (1)
          1.1.3       D                                                                           (1)
          1.1.4       A                                                                           (1)
          1.1.5       B                                                                           (1)
          1.1.6       B of D                                                                      (1)
          1.1.7.      B                                                                           (1)
          1.1.8       A                                                                           (1)
          1.1.9.      D                                                                           (1)
          1.1.10      B                                                                           (1)

1.2       1.2.1       C of F                                                                      (1)
          1.2.2       G                                                                           (1)
          1.2.3       D                                                                           (1)
          1.2.4       B                                                                           (1)
          1.2.5       E                                                                           (1)
                      Let Wel: Krediteer die kandidaat indien die antwoord voluit geskryf
                      is i.p.v. slegs die korresponderende letter.

1.3       1.3.1       Kanon                                                                       (1)
          1.3.2       Begeertes/wense/lyding                                                      (1)
          1.3.3       Sekularisme/Sekulệr/Sekulêre humanisme                                      (1)
          1.3.4       Hermeneutiek/Hermeneutiese beginsels/Skriftuurlike interpretasie             (1)
                      
          1.3.5       Lao-tzu /Lao/Tzu                                                            (1)
                      Let Wel: Verkeerde spelling mag nie gepenaliseer word nie.

1.4      1.4.1       Dit is 'n Christelike beweging om eenheid onder Christelike
                     denominasies te kweek.  Die Wêreldraad van Kerke is 'n direkte
                     uitvloeisel van die Ekumeniese beweging. Dit is ‘n poging om die
                     eenheid van die Christelike Kerk te hervestig                                (2)

         1.4.2       Fundamentalisme is 'n selektiewe interpretasie van godsdienstige
                     leringe.  Dit is ook konserwatief,/letterlik  en meng geselekteerde
                     elemente van die moderne samelewing om sodoende die belange
                     van 'n sekere godsdienstige groep in 'n godsdiens te bevorder.
                     Fundamentaliste is gekant teen verandering                                   (2)

         1.4.3       Dit is 'n Christelike hervormingsbeweging.  wat deur 'n Duitse
                     monnik met die naam Martin Luther begin is.  Die protes was teen
                     die misbruik van mag deur die Katolieke Kerk.Onfeilbaarheid van
                     die Pous Dit is ‘n vertakking van die Christendom                           (2)

         1.4.4       Dit is die twee teenoorgestelde magte in Tao-filosofie  waaruit al
                     die prosesse van die heelal bestaan. bv. goed en kwaad                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            3                         DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

         1.4.5       Die Dalai Lama is die spirituele leier van Tibettaanse Boeddhisme.
                      Daar word geglo dat die Lama as 'n Boeddha gereïnkarneer
                     word. Hy is lank in ballingskap                                           (2)
                     Let Wel: Bewoording met dieselfde betekenis as die memorandum
                     moet gekrediteer word.

1.5       1.5.1       Jesus/ Dawid                                                            (2)

          1.5.2       Kaste/Stand/Modimo                                                      (2)

          1.5.3       Taoïsme                                                                 (2)

          1.5.4       Afrika Tradisionele Godsdiens                                           (2)

          1.5.5       Tripitaka                                                               (2)

1.6       1.6.1       ONWAAR.  Dit is 'n versameling Hadith/leringe van die Profeet
                      Mohammed.                                                                (2)

          1.6.2       ONWAAR.  Die opperwese word Zimu/Modimo/Qamata, ens.
                      genoem. Ilimo is gemeenskaps
                      diens                                                                     (2)

          1.6.3       WAAR                                                                    (2)

          1.6.4       ONWAAR. In Afrika Tradisionele Godsdiens word die voorvaders
                      vereer.                                                                  (2)

          1.6.5       ONWAAR  Baha'u'llah het sy oudste seun, Abdul Baha, as sy
                      opvolger en leier van die Baha'i-geloof aangewys.                        (2)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               4                         DBE/November 2014
                                        NSS – Memorandum

AFDELING B
LET WEL: In hierdie afdeling tel elke kolpunt ('bullet') TWEE punte.

VRAAG 2

2.1           •     In 2012 is 'n kort film met die naam Innocence of Muslims op YouTube
                    vrygestel.
              •     Dit was 'n aanval op die karakter van die Profeet Mohammed.
              •     Dit het in baie Moslemlande tot gewelddadige betogings gelei.
              •     Aanvanklik is berig dat die film deur Jode in die VSA gemaak en
                    befonds is.
              •     Later is uitgevind dat dit deur 'n Koptiese Christen wat in die VSA
                    woon, gemaak is.
              •     Dit is deur 'n Christelike maatskappy met die naam 'Media for Christ'
                    befonds.
              •     Hierdie film het tot verhoogde spanning tussen Christene en Moslems
                    gelei.
              •     Media moet sensitief, onpartydig en objektief wees                             (12)

              LET WEL: Enige ander voorbeelde van aanvalle op godsdiens in die
                        sosiale media moet aanvaar word.
                       ‘n Maksimum van 6 punte moet toegeken word indien ‘n
                        kandidaat slegs ‘n paar voorbeelde as antwoord verskaf het.

2.2           •     Sosialemedia-maatskappye het 'n beleid wat godsdienstige
                    beledigings verbied.
              •     Dit moet ernstige sanksies teen rekeninghouers wees wat die media
                    misbruik (bv. vries die rekening, rapporteer aan die owerhede, ens.)
              •     Godsdienstige organisasies moet vennootskappe met sosialemedia-
                    maatskappye vorm en boodskappe wat beledigend kan wees, monitor.
              •     Anonieme boodskappe wat enige godsdiens beledig, moet uitgevee
                    word.                                                                          (8)

              LET WEL: Enige ander geldige strategieë moet aanvaar word.

2.3           •     Uitgewers/Redakteurs besluit watter gebeure nuuswaardig is.
              •     Hulle bepaal ook hoe belangrik die gebeure is.
              •     Die media probeer om nie hul borge/adverteerders te beledig nie,
                    omdat dit hul wins kan laat daal.
              •     Die media gebruik sensasie omdat dit verkope aanmoedig. Dus geniet
                    kontroversiële sake meer aandag as suksesvolle gebeure.
              •     Groot mediamaatskappye besit verskeie media-afsetpunte. Al hierdie
                    afsetpunte sal dieselfde opinie weergee.
              •     Vir die niksvermoedende leser lyk dit asof verskillende redakteurs
                    almal oor 'n saak saamstem, terwyl dit in werklikheid slegs die opinie
                    van een mediahuis is.                                                          (10)
                    Let Wel: Enige ander geldige strategieë moet aanvaar word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                5                           DBE/November 2014
                                         NSS – Memorandum

2.4.          •     Een voorbeeld hiervan is die staatsbeheerde SAUK.
              •     Die SAUK se radio- en televisieprogramme bevorder die beginsel van
                    godsdienstige verdraagsaamheid, soos in die Suid-Afrikaanse
                    Grondwet vervat is.
              •     Voorbeelde van sulke programme is 'Issues of Faith' en die daaglikse
                    oggendgebede.
              •     Ander media het ander mandate oor verskillende godsdienste.
              •     Bv. The Hindu, wat 'n pro-Hindoe-koerant is, het in 2006 nie
                    kommentaar gelewer oor die 'Profeet Mohammed-spotprente' nie.
              •     Dit is egter uitgesproke oor sake rakende Hindoe-waardes.
              •     'n Duitse koerant, Die Welt, het gesê dat Moslems sulke spotprente
                    moet aanvaar, soos wat ander godsdienste dit oor hulle stigters
                    aanvaar.
              •     In die Soedanese konflik het die Westerse media die oorlog as konflik
                    tussen die Moslem-noorde en die Christen-suide beskryf.
              •     Eintlik wat die oorlog nie godsdienstig nie, maar eerder ekonomies,
                    met Moslems aan beide kante.
              •     Dit blyk duidelik uit die feit dat daar steeds gewapende konflik in Suid-
                    Soedan is, selfs na hul onafhanklikheid van Soedan.
              •     Die mediadekking oor die Katolieke Kerk handel die afgelope jare
                    meestal oor kindermishandeling deur geestelike leiers. Die positiewe
                    bydraes van die kerk word geïgnoreer.
              •     Plaaslike media soos Isolezwe en Ilanga kies kante in hul dekking oor
                    die interne verskille in die Nasaret Baptistekerk (Shembe).
              •     Hulle is ten gunste van die Ebuhleni-faksie, en ignoreer nuwer faksies.
              •     Daarteenoor gee Radio Ukhozi, wat meestal stedelike luisteraars het,
                    gereeld dekking aan die nuwe Christelike faksie. Dit gee min of geen
                    dekking aan die Ebuhleni-faksie nie.                                              (20)

              LET WEL: Enige ander relevante voorbeelde van vooroordeel in die media
                      rakende godsdienstige sake moet aanvaar word.
                                                                                                      [50]

VRAAG 3

3.1           •     Godsdiensvryheid verwys na 'n situasie waar verskillende godsdienste
                    vry is om hul godsdiens uit te leef.
              •     Elkeen het die reg tot vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en
                    opinie. Die godsdienstige regte van ander moet egter te all tye
                    gerespekteer word.
              •     Godsdiensbeoefening kan by enige staatsinstelling plaasvind, mits dit
                    op gelyke basis gebeur.
              •     Bywoning moet vry en vrywillig wees.
              •     Persone wat aan 'n godsdienstige gemeenskap behoort, het die reg
                    om dit te geniet om hul godsdiens uit te leef en om godsdienstige
                    verhoudinge met ander organe in die privaat samelewing te handhaaf.               (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               6                         DBE/November 2014
                                        NSS – Memorandum

3.2       Oosterse idee
            • Die Oosterse idee van godsdienstige verdraagsaamheid beteken dat 'n
               persoon meer as een godsdiens op 'n keer kan beoefen.
            • In Japan is 'n groot deel van die bevolking beide Boeddhiste en
               Shinto's.
            • Dit is omdat alle Oosterse gelowe 'n gemeenskaplike oortuiging deel
               waarvolgens die natuur vol spirituele wesens is.
            • Die      meeste    Oosterse    godsdienste     het  ook    nie   sterk
               evangelistiese/sending of propaganda-neigings nie.
            • Geforseerde dialoog is nie 'n gemeenskaplike doelwit in Oosterse
               godsdienste nie.
            • In die Ooste beteken verdraagsaamheid nie dat mense gedwing word
               om slegs een godsdiens te volg nie.
          Westerse idee
            • Die Westerse idee van godsdienstige verdraagsaamheid fokus op die
               individuele vryheid om hul geloof te kies, idees uit te druk, en om
               geloofsgroepe te vorm.
            • Hulle mag egter nie op die vryheid en regte van ander inbraak maak
               nie.
            • Dit beteken dat mense toegelaat word om 'n godsdiens van hul keuse
               te volg.
            • Westerse godsdienste het 'n unieke identiteit en is nie verdraagsaam
               teenoor sinkretisme nie.
                                                                                                   (12)
              LET WEL: Kandidate moet punte kry vir geldige punte.
                       ‘n Maksimum van 6 punte moet toegeken word indien die
                         antwoord nie die verskille tussen die Oosterse en Westerse
                         idees aanspreek nie
3.3           •     Alle kandidate is vry om enige godsdiens van hul keuse te kies en
                    daaraan deel te neem.
              •     Bywoning van godsdienstige praktyke en byeenkomste is vrywillig en
                    oop vir enigeen.
              •     Heilige dae van alle godsdienste sal gelyk behandel word.
              •     Godsdienstige drag sal op spesiale heilige dae toegelaat word.
              LET WEL: Enige geldige punt wat ooreenstem met die Grondwet van
                       Suid-Afrika en wat godsdiensvryheid en -verdraagsaamheid
                       bevorder, moet aanvaar word.                                                (8)
3.4           •     Tydens die Apartheidsera is slegs die Christelike godsdiens as
                    staatsgodsdiens aanvaar./Die Christendom was die dominante
                    godsdiens.
              •     Christelike Nasionale Onderwys was die staat se onderwysbeleid.
              •     Staatsfondse is slegs gebruik om die salarisse van Christen-leraars te
                    betaal.
              •     In 'n demokratiese Suid-Afrika geniet alle godsdienste gelyke status.
              •     Religiestudies is 'n NSS-vak wat verskillende godsdienste bestudeer.
              •     Dit het Bybelkunde en ander vakke wat slegs op een godsdiens fokus,
                    vervang.
              •     Die vryheid van godsdienste is in ons Grondwet vervat.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              7                          DBE/November 2014
                                       NSS – Memorandum

              •     By alle staats- en amptelike openinge is gebede universeel of
                    multigodsdienstig van aard.                                                    (14)
              LET WEL: Kandidate moet punte kry vir soortgelyke, geldige punte.

3.5       3.5.1        Judaïsme
                          • Gelukkig is diegene wat geregtigheid handhaaf en te alle tye
                             regverdig optree. (Tehillim/Psalm 106:3)
                          • Wanneer 'n vreemdeling in jou land woon, moet jy hom nie
                             sleg behandel nie (Levitikus 19:33)
                          • Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie
                             geskep nie? (Maleagi 2:19)

                       Boeddhisme
                         • Hulle bevorder 'n gedeelde menslikheid.
                         • Daar is 'n gedeelde begeerte om geluk te ervaar en lyding te
                            vermy.
                         • Mense moet nie moord pleeg of moord veroorsaak nie.                     (6)

                          LET WEL: Relevante leringe uit hierdie of ander godsdienste
                                   moet aanvaar word.

          3.5.2        Judaïsme
                          • God gee om vir die onderdruktes en wil hê sy volk moet
                             geregtigheid na die wêreld bring. Dit beteken dat die Jode
                             enige vorm van rassisme moet stop.
                          • Die vreemdeling wat tussen julle woon moet soos een wat
                             tussen julle gebore is, behandel word. Hulle moet almal
                             broers en susters wees.
                          • Die Tanag leer dat Jode spesiale opdrag van God ontvang
                             het om God se wet na die res van die mensdom te bring en
                             om rasseharmonie te bevorder.
                       Boeddhisme
                          • Boeddhisme beskou geboorte as 'n mens as raar en baie
                             waardevol, omdat mens as so baie ander dinge gebore kan
                             word, maar menswees die enigste staat is waar verligting
                             moontlik is.
                          • Boeddhisme beweer dat diegene wat die Boeddhistiese pad
                             volg, gelukkig is (die vier eerbare waarhede).
                          • Omdat Boeddhisme die bose as die gevolg van onkunde
                             beskou, beweer dit dat die bose met kennis verslaan kan
                             word. Om hierdie kennis te verwerf, skryf Boeddhisme
                             meditasie voor.
                          • Karma beteken aksie – 'n daad of 'n plan van aksie waarop
                             besluit word en wat vrylik deur 'n individu uitgevoer word. In
                             die tweede plek beteken karma die gevolge van aksies.                 (6)

                         Let Wel: Relevante leringe uit hierdie of ander godsdienste moet
                         gekrediteer word.
                                                                                                   [50]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              8                            DBE/November 2014
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 4

4.1       4.1.1      Mite
                        •   Bevat dikwels historiese en metaforiese materiaal.
                        •   Mites is nie feitelike verhale nie, maar word gebruik om
                            spirituele waarhede oor te dra.
                        •   Hulle onthul die diepste waarhede oor die skepping, lewe en
                            die dood.
                        •   'n Gewilde Xhosa-mite is 'Die koning van die Waters'.
                        •   Dit handel oor die kragtige magte van die natuur (bv. siklone).
                        •   Dit beklemtoon ook hoe belangrik 'n mense te familie is,
                            omdat hulle die eerste is om in geval van 'n ramp
                            ondersteuning te bied.
                        •   Abrahamitiese verduidelikings van Adam en Eva kan as 'n
                            mite beskou word wat Kreasionisme verduidelik.
                        •   Dit is vir mense wat die skrifte nie letterlik interpreteer nie.
                                                                                                     (6)
                        LET WEL: Soortgelyke punte en voorbeelde moet aanvaar word.

          4.1.2      Geloof/Oortuiging
                        • Dit beteken wat die volgelinge beweer die waarheid is.
                        • Geloof/Oortuiging vorm die fondasie wat mense tot 'n
                          gemeenskaplike doel saamsnoer en help om 'n gedeelde
                          identiteit te skep.
                        • Geloof/Oortuiging beteken 'n ferm opinie, bv. volgens Islam is
                          daar geen ander god behalwe Allah nie en Mohammed is sy
                          profeet.
                        • Geloof/Oortuiging verwys oor na die aanvaarding van 'n ding,
                          feit, stelling, lering, ensovoorts.
                        • Geloof kan ook as 'n sinoniem vir godsdiens gebruik word,
                          byvoorbeeld die Joodse geloof.                                             (6)

                        LET WEL: Soortgelyke punte en voorbeelde moet aanvaar word.

4.2       VOORBEELD: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
            • Dit bevorder die waarde van Ubuntu.
            • Dit is 'n stamgebaseerde godsdiens.
            • Die gemeenskaplike leefwyse is belangrik.
            • Daar is verering van voorvaders.
            • Lewe na die dood behels nie vergoeding of straf nie.
                                             OF
          VOORBEELD: ISLAM
            • Daar word geglo dat daar slegs een God met die naam Allah is.
            • Hulle glo dat God verskeie profete gestuur het, maar dat die Profeet
              Mohammed die finale boodskapper was.
            • Hulle glo dat die Koran in die Arabiese taal geopenbaar is en dat dit in
              Arabies gelees moet word.
            • Hulle leefwyse is baie dieselfde as hulle godsdiens.
            • Hulle primêre bronne is die Koran en die Hadith.                                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                           DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

4.3       VOORBEELD 1: KONFLIK IN DARFOER/SOEDAN

          4.3.1        •   Die verdeeldheid in die Darfoerse gemeenskap bestaan reeds
                           meer as 100 jaar.
                       •   Die twee hoofoorsake van die verdeeldheid is etnies en
                           kultureel.
                       •   Dit lyk nie asof godsdiens self 'n radikale bron van verdeeldheid
                           is nie.
                       •   Die meeste mense in die gebied is Sunni-Moslems, alhoewel
                           daar ook 'n aantal Afrika-tradisionaliste is.
                       •   Daar is ook Christene.
                       •   Deur die eeue het nomadiese groepe en boere 'n manier
                           gevind om saam te leef.
                       •   Darfoer was die middelpunt van die slawehandel in Noordoos-
                           Afrika en vyandigheid duur voort                                       (10)

          4.3.2        •   In 2005 het Suid-Afrika 'n vredesooreenkoms tussen die Noord-
                           en Suid-Soedan beding.
                       •   Konflik het egter voortgeduur.
                       •   'n Referendum, wat deur die VN ondersteun is, het in 2011 op
                           'n verdeling van die Suide besluit.
                       •   Die vreedsame verhouding tussen Kartoem en Juba het nie
                           lank geduur nie.
                       •   Die konflik duur voort, en die hoofkwessie is tans die Heglig-
                           olievelde.
                       •   Etniese en stamkonflik duur voort in Suid-Soedan.
                       •   As gevolg hiervan ondervind Suid-Darfoer 'n groot humanitêre
                           krisis.                                                                (10)

          4.3.3        •   Die meeste mense wat by die konflik betrokke is, is Sunni-
                           Moslems.
                       •   Godsdienstige hulporganisasies soos die 'Islamic Relief
                           Agency' en die 'Catholic Agency for Overseas Development'
                           fokus op praktiese hulp.
                       •   Hulle verskaf boumateriaal en mediese bystand.
                       •   Hulle bou en herstel klinieke en skole.
                       •   Hulle verskaf kos.
                       •   Hulle lei ook die plaaslike gemeenskappe op in
                           lewensvaardighede.
                       •   Hierdie organisasies is nie in staat om 'n rol te speel om die
                           konflik te stop nie.
                       •   Daar is 'n mate van koördinasie wat tussen hierdie organisasies
                           plaasvind.                                                             (10)

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            10                          DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

          VOORBEELD 2: UGANDA

          4.3.1        •   Uganda het as gevolg van 'n swak sentrale regering onder
                           verskeie streekskonflikte gely.
                       •   Die ekonomie het verswak as gevolg van gevegte op die
                           grense met Kenia en Soedan.
                       •   Die terroristegroep wat die 'Lord's Resistance Army' genoem
                           word, is in 1985 gevorm om die regering aan te val.
                       •   Die stigter was Joseph Kony, 'n fundamentalistiese Christen.

                       •   Hierdie groep wou probeer om 'n regering te vestig wat op
                           die Bybelse Tien Gebooie gegrond is.
                       •   Die groep was bedrywig in Uganda, die DRK en Suid-
                           Soedan.
                       •   Die terreurgroep het burgerlikes aangeval en die kinders
                           ontvoer.                                                               (10)

          4.3.2        •   Op verskeie maniere het Uganda 'n Afrika-suksesstorie
                           geword.
                       •   Dit het die stryd teen MIV en Vigs begin wen.
                       •   Dit het 'n groeiende ekonomie.
                       •   Die LRA bly egter 'n bedreiging vir Uganda se politieke
                           stabiliteit.
                       •   Die Internasionale Strafregtelike Hof het 'n lasbrief vir Kony
                           en sy leierskap se inhegtenisname uitgereik.
                       •   Die LRA onderhandel tans om aan die Uganda-regering oor
                           te gee.
                       •   Die groep ontvoer ook kinders om in hul gewapende magte te
                           dien.
                       •   Daar is gerugte dat die LRA die krisis in die Sentraal
                           Afrikaanse Republiek uitbuit.                                          (10)

          4.3.3        •   Dit is duidelik dat die LRA op Christelike filosofieë gebaseer
                           is.
                       •   Hulle het egter 'n fundamentalistiese interpretasie van die
                           Skrif.
                       •   Hulle verbreek self die gebod wat sê: 'Jy mag nie moord
                           pleeg nie', omdat hulle van massamoord verdink word.
                       •   Organisasies soos die Raad vir Godsdienstige Leiers in
                           Afrika ('African Council of Religious Leaders') (ACRL) het die
                           LRA veroordeel.
                       •   Die hoofrol word uitgedruk in die skepping van
                           hulporganisasies, eerder as politiek.
                       •   Hulle help mense om hulle lewens te herbou deur basiese
                           hulpbronne soos kos, water en skuiling te verskaf.
                       •   Dit word in samewerking met die Verenigde Nasies gedoen.               (10)

                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            11                         DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 5

5.1     JA
             •   Sendelinge het saam met koloniale magte en owerhede gewerk om
                 grond te bekom.
             •   Hulle het die plaaslike mense as goedkoop arbeid gebruik.
             •   Hulle het nie die godsdienste van inheemse mense gerespekteer nie,
                 maar Christendom afgedwing deur wrede metodes te gebruik.
             •   Hulle het die inheemse kultuur, soos poligamie en gemeenskaplike
                 eienaarskap van grond, geïgnoreer.
             •   Hulle het die kultuur en taal van die verdrukkers bekendgestel.
             •   Afrikane is Westerse name gegee en gedwing om Westerse klere aan te
                 trek.
             •   Mense is van hul geboortereg ontneem.
             •   Mense wat nie na Christendom bekeer het nie, is primitiewe sondaars
                 genoem.
                                                OF
        NEE
          •      Sendelinge het formele onderrig ingestel.
          •      Hulle het geletterdheid aan inheemse mense gebring.
          •      Hulle het skole gestig en ondersteun.
          •      Hulle het die inheemse tale op skrif gestel.
          •      Hulle het gesondheidsorg aan Afrikane voorsien.
          •      Hulle het infrastruktuur soos paaie en kommunikasiestelsels in hul
                 kolonies ontwikkel.
             •   Sommige het liedere en bewegings wat elemente van Afrika-kultuur
                 bevat, in hul kerkdienste verwelkom.
             •   Hulle het produktiewe boerderymetodes ingestel.                                    (16)

             LET WEL: Ander geldige punte moet aanvaar word.
             LET WEL: Geen punte sal vir slegs 'Ja' of 'Nee' gegee word nie.

5.2          •   Bevorder die evangelie in 'n intergodsdienstige omgewing.
             •   Bevorder konstruktiewe dialoog met 'Muslims for Peace'.                            (2)

5.3     5.3.1       Die Wêreldraad van Kerke
                       • Die WRK moedig samewerking tussen die verskillende
                         godsdienstradisies aan.
                       • Dit doen aktief stappe om vooroordeel, verdraaiing en
                         onsensitiwiteit reg te stel.
                       • Dit moedig dialoog met mense van verskillende gelowe aan.
                    Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WCRP)
                       • Konflikoplossing en versoening.
                       • Ontwapening en sekuriteit.
                       • Ontwikkeling en ekologie.
                       • Menseregte en pligte.
                    Die Wêreldparlement van Godsdiens
                       • Intergodsdienstige onderrig om respek vir mense van
                         verskillende godsdienste aan te moedig.
                       • Hulle fokus op die regstelling van vooroordeel en
                         onverdraagsaamheid.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              12                        DBE/November 2014
                                        NSS – Memorandum

                       •  Geweldlose kommunikasie en konflikoplossing.
                       •  Omgewing- en ontwikkelingsonderrig om bewustheid te kweek
                         van waarom dit belangrik is om die Aarde en sy hulpbronne vir
                         almal te bewaar.                                                    (12)
        5.3.2       Die Wêreldraad van Kerke
                       • In 1979 het hulle twee boeke, Guidelines on Dialogue with
                         People of Living Faiths and Ideologies en My Neighbour's Faith
                         and Mine gepubliseer.
                       • Die WRK het teologiese ontdekkings gemaak deur dialoog tussen
                         verskillende denominasies.
                       • Mense van verskillende gelowe kan nou saam aanbidding doen
                         en bid.
                       • Daar is samewerking tussen godsdienste in baie lande vandag.
                       • Baie van die WRK se projekte is aaneenlopende projekte in die
                         wêreld en is suksesvol.
                       • Dit blyk duidelik uit die groot groep volgelinge wat die WRK het.
                    Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede (WCRP)
                       • Die Suid-Afrikaanse tak, wat deur persone soos Frank Chikane
                         en Desmond Tutu gelei is, het 'n belangrike rol in die 1980's en
                         1990's gespeel, maar het verswak, hoofsaaklik as gevolg van 'n
                         gebrek aan befondsing.
                       • Die tak in KwaZulu-Natal funksioneer steeds, omdat hulle die
                         godsdienstige gemeenskappe aanmoedig om in die verkiesing
                         van 2006 te stem.
                       • Hulle het ook, saam met die Eenheid vir Gesondheidsonderrig en
                         VIGS-navorsing by die Universiteit van KwaZulu-Natal 'n
                         MIV/Vigs- intergodsdienstige forum gestig.
                       • Die bydrae van hierdie organisasie word regoor die wêreld erken.
                       • In Europa het die algemene sekretaris 'n verklaring uitgereik oor
                         die huidige konflik in Israel en Libanon wat die huidige konflik
                         veroordeel.
                       • Daar was ook 'n sterk intergodsdienstige reaksie op die
                         publisering van spotprente wat vir Moslems beledigend was.
                       • Die werk vir hierdie organisasie is regoor die wêreld suksesvol.
                    Die Wêreldparlement van Godsdiens
                       • Hulle het daarin geslaag om 8 000 handtekeninge van mense uit
                         verskillende godsdienste te kry wat hulleself verbind het om vir
                         vrede te werk.
                       • Hulle het saam met verskillende regerings van die wêreld gewerk
                         om interne en internasionale skuld te verminder.
                       • Hulle het mense gehelp om toegang tot veilige, skoon water te
                         kry.
                       • Hulle reageer op vlugtelinge se nood.
                       • Hulle moedig intergodsdienstige dialoog aan in lande wat deur
                         godsdienstige en politieke konflik geraak word.                     (20)
                          Let Wel: Enige ander soortgelyke voorbeelde moet gekrediteer
                           word.                                                             [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:         100
                                                                      GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2014-memo-eng/2981f909-44da-4d97-9831-c82b44edac86) — Religion Studies · Memo · 2014 · Eng
- [Rel Stud P1 GR12 MEMO SEPT2014 EA](https://www.hlayiso.com/library/rel-stud-p1-gr12-memo-sept2014-ea/148ebd1c-11b1-4cf7-89ad-5507e6531aae) — Religion Studies · Memo · 2014
- [Religion Studies P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-memo-afr/a563b831-4cc8-4251-8ff0-184fd8a7b530) — Religion Studies · Memo · 2019 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-final-memo-afr/c7adcc8c-1b2a-4cd6-a800-100b117f641c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-eng/8168575e-6b79-47ea-9db8-baedaebd0b1b) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-afr/3ac8557b-a6c9-4f40-bf52-2605b4feb967) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
