# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-afr/878b671d-903f-46da-ab77-8e7c243f553d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-afr/878b671d-903f-46da-ab77-8e7c243f553d)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                    DBE/November 2016
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

5.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                3                        DBE/November 2016
                                                NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
          kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

          VOORBEELD:

          1.1.11         A           B           C            D

          1.1.1      Die godsdiensgroep wat glo dat die Tora oor tyd deur mense
                     geskryf is:

                     A       Ortodokse Judaïsme
                     B       Konserwatiewe Judaïsme
                     C       Hervormde Judaïsme
                     D       Chassidiese Judaïsme

          1.1.2      'Alle godsdienste aanbid en glo in dieselfde God.'

                     Dit is die sentrale boodskap van ...

                     A       Afrika Tradisionele Godsdiens.
                     B       die New Age-beweging.
                     C       die Christendom.
                     D       die Baha'i-geloof.

          1.1.3      'n Onbesnedene ('gentile') is ...

                     A       'n persoon wat 'n sagte geaardheid het.
                     B       'n Jood.
                     C       enige persoon wat NIE 'n Jood is NIE.
                     D       'n Christen.

          1.1.4      Hierdie godsdiens verwerp die idee dat mense siele het wat na die
                     dood voortleef:

                     A       Hindoeïsme
                     B       Baha'i-geloof
                     C       Boeddhisme
                     D       Taoïsme

          1.1.5      Die heilige boek van Taoïsme:

                     A       Jin en jang
                     B       Mahabharata
                     C       Tao Te Ching
                     D       Tao jin

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                          DBE/November 2016
                                             NSS

          1.1.6      Eienskappe wat interessante ooreenkomste en verskille toon:

                     A    Eenheid
                     B    Vergelykbaarheid
                     C    Ideologie
                     D    Identiteit

          1.1.7      Hierdie tipe stelling dui aan watter dinge goed of sleg is en watter
                     handelinge reg of verkeerd is:

                     A    Beskrywende stelling
                     B    Normatiewe stelling
                     C    Egtheidstelling
                     D    Komplementêre stelling

          1.1.8      Die idee dat alle vorms van lewe verbind is en 'n gemeenskaplike
                     oorsprong het, verwys na elemente van ...

                     A    die skepping.
                     B    sekularisme.
                     C    evolusie.
                     D    godsdiens.

          1.1.9      Beide dring aan op die transendensie van God en neem die gebod
                     teen die besit van afbeeldings van God baie ernstig op:

                     A    Hindoeïsme en Islam
                     B    Afrika Tradisionele Godsdiens en Christendom
                     C    Hindoeïsme en Boeddhisme
                     D    Judaïsme en Islam

          1.1.10     Iemand wat op 'n bonatuurlike wyse insig in die onbekende of
                     toekoms kry:

                     A    Voorvader
                     B    Khoi-Khoi
                     C    Waarsêer
                     D    Dié wat nog gebore moet word                           (10 x 1)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              5                            DBE/November 2016
                                              NSS

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf
          slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die wetenskap van die vertolking van godsdienstige tekste word ...
                     genoem.

         1.2.2       Die doelwit van die Agtvoudige Plan is om ... te behaal.

         1.2.3       In Hindoegemeenskappe staan die laagste kaste (klas) as die
                     'onaanraakbares' of ... bekend.

         1.2.4       Om 'n lewe apart van 'n godsdienstige instelling en simbole te lei,
                     word ... genoem.

         1.2.5       Die stigter van Taoïsme was ...                                   (5 x 2)       (10)

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
          1.3.1      Boeddhisme           A     die oortuiging dat elke handeling 'n
                                                uitwerking het op die toestand van die
          1.3.2      Bhagavad Gita              siel en die kans om moksha te behaal

          1.3.3      Sufisme              B     zikr is een van die belangrike rituele
                                                waartydens die gelowige God deur
          1.3.4      Wet van Karma              meditasie ontmoet

          1.3.5      Verligting           C     word behaal deur 'n leeftyd van wysheid
                                                en beoefening, nie deur innerlike
          1.3.6      Islam                      oortuiging of geloof nie

                                          D     gee 'n paar besonderhede oor Jesus se
                                                lewe en leringe

                                          E     die sentrale leringe word in die Tripitaka
                                                vervat

                                          F     'n aantal gode in 'n spesifieke godsdiens

                                          G     'n beroemde geestelike teks in
                                                Hindoeïsme
                                                                                       (6 x 1)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                         DBE/November 2016
                                            NSS

1.4       Definieer die volgende terme:

          1.4.1      Kanon

          1.4.2      Konserwatief

          1.4.3      Fundamentalisme

          1.4.4      Nasiestaat

          1.4.5      Nieteïsties                                                    (5 x 2)       (10)

1.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee 'n rede indien
          die stelling ONWAAR is. Skryf WAAR of ONWAAR en die rede langs die
          vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.5.1       Sommige Afrikane het van die Christendom weggebreek omdat
                      Europeërs die tiende en offergawes ingestel het.

          1.5.2       Volgens die Taoïstiese geloof word die heelal deur God in die
                      skepping in stand gehou.

          1.5.3       Die hoof van Tibettaanse Boeddhisme is die Zen-leermeester.

          1.5.4       Die Nuwe Testament is die heilige teks van Judaïsme.

          1.5.5       Alle Hindoe-sektes deel gemeenskaplike oortuigings, tradisies,
                      rituele en persoonlike godhede.                        (5 x 2)              (10)

1.6       Skryf TWEE feite oor ELK van die volgende:

          1.6.1       Die verhouding tussen die Opperwese en die voorvaders in Afrika
                      Tradisionele Godsdiens                                                      (2)

          1.6.2       Die belangrikheid van meditasie in Boeddhisme                               (2)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                             DBE/November 2016
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       Skryf EEN feit oor ELK van die volgende terme en gee EEN voorbeeld om die
          betekenis te illustreer:

          2.1.1       Identiteit                                                                   (4)

          2.1.2       Sinkretisme                                                                  (4)

2.2       Noem enige DRIE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:

          2.2.1       Judaïsme                                                                     (6)

          2.2.2       Boeddhisme                                                                   (6)

          2.2.3       Afrika Tradisionele Godsdiens                                                (6)

2.3       Die hart van Hindoe-denke is 'n diep geloof in die moontlikheid van beide
          geestelike evolusie en geestelike regressie.
                                                [Shuters TOP CLASS Religion Studies Grade 12]

          Verduidelik die begrip reïnkarnasie in die konteks van die stelling hierbo.              (4)

2.4       Die Grondwet van Suid-Afrika bevat 'n Handves van Regte, wat vryheid van
          geloof en godsdiens insluit.

          Wat is godsdiensvryheid?                                                                 (2)

2.5       Onderskei tussen 'n doktrine en dogma.                                                   (4)

2.6       Daar is baie organisasies wat verskillende godsdienste bymekaarbring. Hulle
          oorkom hulle verskille en werk saam om vrede en verdraagsaamheid in
          konflikgebiede te bevorder.
                                                [Shuters TOP CLASS Religion Studies Grade 12]

          Noem EEN intergodsdienstige organisasie wat vir vrede in konflikgebiede in
          Afrika werk. Beskryf die werk wat gedoen word en gee redes vir hulle
          suksesse of mislukkings.                                                                 (14)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               8                             DBE/November 2016
                                               NSS

VRAAG 3

3.1       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      WOEDENDE CHRISTENE VERDRYF DUIWEL NA DIE
                               BUITENSTE DUISTERNIS

          Die duiwel het sy tydgleuf verander. DStv ('n betaal-TV-kanaal) moes hulle
          nuutste dramareeks, Lucifer, van 19:00 na 23:00 verskuif ná Christen-kykers
          beswaar aangeteken het.

          Die reeks volg die karakter Lucifer Morning Star wat sy troon in die hel opsê
          om in Los Angeles te gaan woon. Hy word kort daarna 'n konsultant vir die
          polisiedepartement terwyl hy ook 'n nagklub bedryf. Kykers het geëis dat die
          hele reeks van die kanaal verwyder moet word omdat dit Satanisme bevorder.

                                                     [Aangepas uit The Times, 10 Februarie 2016]

          3.1.1       Verduidelik kortliks wat die opskrif van hierdie artikel beteken.               (2)

          3.1.2       Volgens die artikel, wat is die redes vir die verandering in die
                      tydgleuf van die dramareeks?                                                    (8)

          3.1.3       Watter invloed, dink jy, kan die TV-program Lucifer op openbare
                      mening hê?                                                                      (14)

          3.1.4       Volgens die artikel het die kykers geëis dat die hele reeks van die
                      kanaal verwyder word. Bespreek hoe dit die regte van ander
                      kykers sal skend.                                                               (12)

3.2       Die media is in die algemeen bevooroordeeld in die dekking van
          godsdienskwessies.

          Brei op hierdie stelling uit. Gebruik gepaste voorbeelde om jou antwoord te
          ondersteun.                                                                                 (14)
                                                                                                      [50]

VRAAG 4

4.1       Verduidelik ELK van die volgende terme en gee EEN voorbeeld om die
          betekenis daarvan te illustreer:

          4.1.1       Inspirasie                                                                      (4)

          4.1.2       Gelykenis                                                                       (4)

          4.1.3       Ritueel                                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                            DBE/November 2016
                                             NSS

4.2       In Suid-Afrika het godsdienstige gemeenskappe daarin geslaag om goeie
          verhoudinge met mekaar te handhaaf en daar is geen beduidende konflik nie.

          Bespreek die redes vir hierdie vreedsame saambestaan.                                     (10)

4.3       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Mediadekking sal 'n mens laat glo dat Moslems en Christene in Afrika mekaar
          aan die keel beet het. Rwanda, die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR),
          Kenia en Nigerië is net 'n paar voorbeelde van lande wat konflik ervaar.

          4.3.1       Gee enige EEN voorbeeld van onlangse gewapende konflik in
                      Afrika.                                                                       (2)

          4.3.2       Gee 'n kort oorsig oor die geskiedenis van die konflik in
                      VRAAG 4.3.1.                                                                  (10)

          4.3.3       Analiseer die rol      van   godsdiens     in      die    konflik     in
                      VRAAG 4.3.1 krities.                                                          (16)
                                                                                                    [50]

VRAAG 5

Lees die koerantartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              VERLOS ONS VAN DIE EUWELS
Verslag deur Sibongile Mashabane

DRAMA, woede en optogte is aan die orde van die dag sedert die kommissie wat die
'supermarkbenadering' in kerke en die uitbuiting van mense se geloofstelsels ondersoek,
met hulle verhore van kerkleiers in Gauteng begin het. Die kommissie het 'n
ondersoekende studie na die kommersialisering van godsdiens van stapel gestuur.

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele,
Godsdienstige en Taalgemeenskappe het dosyne kerkleiers opdrag gegee om voor die
kommissie te verskyn.

Lesego Daniel van Rabboni Ministries het aan die kommissie vertel dat God hom opdrag
gegee het om mense gras te voer en hulle petrol te laat drink.

Die Nasionale Intergeloofsraad van SA se tesourier-generaal, Selvan Govender, het gesê
geloofsgebaseerde organisasies moet gereguleer word.

Godsdiensvryheid SA se Andrew Selly het egter gesê hulle beroep is nie om te reguleer
nie, omdat dit sal misluk en op die lange duur die kerk sal benadeel. Strukture kan
ingestel word om te verseker dat mense se geloofstelsels nie uitgebuit word nie. Hulle sal
kerke eerder help om as niewinsgewende organisasies te registreer.
                                                     [Aangepas uit Sowetan, 23 November 2015]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           10                         DBE/November 2016
                                           NSS

5.1       Gee redes waarom die kommissie hierdie ondersoek van stapel gestuur het.         (10)

5.2       Waarom gebruik die opskrif van die artikel die meervoud 'euwels' in plaas van
          'euwel'?                                                                         (4)

5.3       Verduidelik tot watter mate jy dink godsdiens deur die staat gereguleer moet
          word.                                                                            (8)

5.4       Waarom, dink jy, is daar besware teen die Kommissie?                             (6)

5.5       Bespreek enige VIER maniere waarop godsdienste hulself kan reguleer.             (8)

5.6       Die artikel verwys na die uitbuiting van mense se geloofstelsels. Hoe kan
          geloofstelsels uitgebuit word?                                                   (6)

5.7       Dink jy 'n sekulêre staat het meer respek vir menseregte as 'n godsdienstige
          staat? Gee redes vir jou antwoord.                                               (8)
                                                                                           [50]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-eng/ffab66d3-5a12-4c5b-a05a-3917bbb186c3) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-memo-eng/15bfd7d2-a925-49f8-8575-cacd7038697a) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-eng/e12baf6b-a7fc-4b95-979f-aba918cf1053) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-afr/c263f8b2-ee5d-4979-9d33-d4affed87f50) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2016-eng/490607b2-4df5-4662-b4e2-3b7394930512) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-afr/faa91ad8-14a1-485d-a661-5b928256bf37) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
