# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-memo-afr/76fa7863-c083-436f-a28a-f96deb3b7779
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2016 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-memo-afr/76fa7863-c083-436f-a28a-f96deb3b7779)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2016

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            2                        DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

AFDELING A (VERPLIGTEND)
LW: Krediteer die kandidaat indien die korrekte antwoord in plaas van die letter
neergeskryf is.

VRAAG 1

1.1.      1.1.1      C
          1.1.2      D
          1.1.3      C
          1.1.4      C of D
          1.1.5      C
          1.1.6      B
          1.1.7      B
          1.1.8      C
          1.1.9      D
          1.1.10     C                                                       (10 x 1)        (10)

1.2      1.2.1       hermeneutiek
         1.2.2       Nirvana/verligting
         1.2.3       Harijans/Kinders van God/Sudras
         1.2.4       Sekularisme. Ateïsme, kommunisme
         1.2.5       Lao-tzu

         LET WEL: Aanvaar die kandidaat se antwoord indien dit duidelik herkenbaar
                  is, selfs al is dit verkeerd gespel.                      (5 x 2)          (10)

                      LW: Krediteer die kandidaat indien die korrekte antwoord in
                      plaas van die letter neergeskryf is
1.3       1.3.1       E
          1.3.2       G
          1.3.3       B
          1.3.4       A
          1.3.5       C
          1.3.6       D                                                      (6 x 1)         (6)

1.4       1.4.1      Boeke wat as gesaghebbend beskou word en soms ook as goddelik
                     onthul

          1.4.2      Om ten spyte van verandering by tradisionele, konvensionele
                     waardes te hou

          1.4.3      Streng navolging van konserwatiewe en tradisionele godsdienstige
                     oortuigings

          1.4.4      'n Onafhanklike groep stede en dorpe wat deur kultuur, godsdiens
                     en regering verenig word

          1.4.5  'n Benadering wat nie God se bestaan verwerp nie, maar dit
                 eenvoudig ignoreer                                 (5 x 2)                  (10)
LW.: Ander geldige response moet gekrediteer word.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                         DBE/November 2016
                                       NSS – Memorandum

1.5       1.5.1       Onwaar

                      Hulle het nie hulle tradisionele Afrika-gebruike aanvaar nie en het
                      gedink hulle is primitief.

          1.5.2       Onwaar

                      Volgens die Taoïste bestaan alles in die skepping uit twee tipes
                      kragte – die Jin en die Jang.

          1.5.3       Onwaar

                      Die hoof van Tibettaanse Boeddhisme is die Dalai Lama.

          1.5.4       Onwaar

                      Die Ou en Nuwe Testament is heilige tekste van die
                      Christendom/Die Ou Testament/Torah is die heilige boek van
                      Judaïsme.

          1.5.5       Waar                                                         (5 x 2)       (10)

1.6       1.6.1       • Die voorvaders speel 'n intermediêre rol tussen God en die
                        lewendes.
                      • Hulle bestaan in geesvorm en word oral gevind.                           (2)

          1.6.2       •   Meditasie help om beheer oor die denke te kry.
                      •   Dit is nodig om 'n vlak van 'niegehegtheid' te bereik.
                      •   Boeddhiste gebruik die meditasieproses om die bose te oorwin.
                      •   Kennis kan volgens Boeddhisme deur meditasie bekom word.

                      LET WEL: Aanvaar enige TWEE toepaslike punte.                              (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                          DBE/November 2016
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B:          LW. Slegs die eerste twee vrae word gemerk indien die kandidaat
                     Meer as twee vrae beantwoord het. Die ekstra response word
                     Deurgetrek en 'Ekstra Vrae' word daaroor geskryf.

VRAAG 2

2.1       2.1.1        • Identiteit verwys na eienskappe wat mense die gevoel gee dat
                         hulle behoort.
                       • Identiteit skep ook 'n sekere persoonlikheid wat dit van ander
                         godsdienste onderskei.

                       Voorbeelde:
                       • Godsdienste skep identiteit met kleredrag,             simbole     en
                         gemeenskaplike gebruike.
                       • Alle Christelike kerke het 'n Kruis as identiteit.                          (4)

          2.1.2        • Dit verwys na twee verskillende geloofstelsels wat gekombineer
                         word om 'n nuwe een te vorm.

                       Voorbeelde:
                       • Sikhisme, Afrika Inheemse           Kerke.    Afrika      Inisieerde
                         (Geïnisieerde) Kerke.                                                       (4)

2.2       2.2.1        • Jode glo dat hulle 'n verbond met God het.
                       • God is amper soos 'n vaderfiguur wat beide hulle Skepper en
                         Beskermer is.
                       • God is so heilig dat dit verbode is om selfs sy naam te noem.
                       • Hulle glo dat God Homself deur sy Wet geopenbaar het.
                       • Hulle lê meer klem op die korrekte leefwyse, eerder as geloof of
                         oortuiging.                                                                 (6)

          2.2.2        • Verganklikheid is die hart van alle Boeddhistiese filosofie.
                       • Dit impliseer dat selfs die gode/verligte wesens in Boeddhisme
                         nie onsterflik is nie.
                       • Die Agtvoudige Plan word voorgeskryf as 'n manier om lyding te
                         beëindig.
                       • Menslike lyding word deur onbevredigde menslike begeertes
                         veroorsaak.                                                                 (6)

          2.2.3        • Geloof in die voorvaders en hulle voortdurende rol in die lewens
                         van mense word op hulle onthulling aan die lewendes gebaseer.
                       • Daar is nie 'n stigter nie.
                       • Daar is nie 'n heilige teks nie.
                       • Dit is 'n godsdiens wat op mondelinge tradisie gebaseer is.
                       • Leringe en sedes word mondelings van een generasie na die
                         volgende oorgedra.                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                           DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

2.3       • Lewende wesens word na die dood weer gebore.
          • Sommige word in hoër vorme van lewe gebore, wat hulle nader aan
            versoening met die heilige bring.
          • Dit is die hoogste evolusie en word moksha genoem.
          • Ander word in laer vorme van die lewe gebore. Diegene wat 'laer' is, het 'n
            meer beperkte beskouing van die eindrealiteit. Dit is 'n vorm van regressie.         (4)

2.4       •    Godsdiensvryheid impliseer die vryheid van individuele lede van die
               gemeenskap om hulle godsdienste sonder vrees te beoefen.
          •    Dit leer respek vir en verdraagsaamheid vir ander godsdienste.
          •    Geen godsdiens is verhewe bo 'n ander nie, dus geniet alle godsdienste
               gelyke status.                                                                    (2)

2.5       • Doktrine is 'n stel oortuigings of beginsels.
          • Dogma is 'n oortuiging wat gelowiges sonder enige twyfel moet aanvaar.               (4)

2.6       VOORBEELD 1:
          • Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika (IFAPA)
          • Hierdie organisasie werk saam met godsdienstige gemeenskappe op die
            kontinent, wat een van die hoofredes vir hulle sukses is.
          • IFAPA werk nie in isolasie nie. Hulle werk nou saam met ander
            godsdienstige organisasies.
          • IFAPA het 'n suksesvolle poging aangewend om verskillende godsdienste
            so ver moontlik in te sluit. Hulle sluit byvoorbeeld die Afrika Tradisionele
            Godsdiens, Judaïsme, Christendom, Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme en
            die Baha'i-geloof in.
          • Die organisasie het daarin geslaag om afgevaardigdes na die
            konflikgebiede te stuur. Die lede van hulle afvaardiging het 'n belangrike rol
            gespeel om strydende groepe bymekaar te bring, om wedersydse begrip
            en samewerking te bereik.
          • Ondanks al die moeite was hierdie organisasie egter nog nie in staat om
            permanente of langdurige vrede tussen strydende groepe te behaal nie.
          • Die rede daarvoor is die politieke inmenging.
          • Hulle sukses is ook bemoeilik deur die kulturele en stamgroepe wat
            godsdiens gebruik om hulle doelwitte te behaal.
          • Hierdie organisasie het ook daarin geslaag om die publiek, privaat sektor
            en regering bymekaar te bring, wat een van die redes vir hulle prestasies
            is.

          VOORBEELD 2:
          • Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika – Godsdienste vir Vrede
          • Hierdie organisasie het sukses behaal as gevolg van hulle beginsels en
            waardes van respek en verdraagsaamheid teenoor godsdienstige verskille.
          • Hulle is ook suksesvol omdat hulle nog altyd moeite gedoen het om 'n
            vreedsame saambestaan tussen verskillende godsdienste aan te moedig.
          • Hulle handelinge is gebaseer op diep en hoofsaaklik gedeelde kwessies
            en waardes van morele belang.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                          DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

          • 'n Ander rede vir hulle sukses is die bevordering en bewaring van identiteit
            in elke godsdienstige gemeenskap.
          • Die erkenning van godsdienstig diverse gemeenskappe in Afrika het tot
            hulle sukses gelei.
          • Hulle ondersteun ook plaaslik bestuurde multigodsdienstige strukture
            onder die vaandel van Godsdienste vir Vrede.
          • Hulle bevorder die beginsels van verteenwoordiging, hulpverlening en
            genootskap.
          • Hulle het aan die Wêreld- Maatskaplike Forum deelgeneem.
          • Alhoewel hierdie organisasie baie suksesse behaal het, is daar ook
            mislukkings aangeteken:

          • Bv. Die handhawing van permanente vrede tussen strydende groepe in
            Afrika.
          • Vredebewaring is nog altyd deur politieke en kulturele verskille
            onderbreek.
          • Daar is 'n gebrek aan erkenning van die organisasie by sommige
            regerings, soos dié in Tsjad en die Sentraal Afrikaanse Republiek.

          LET WEL:     'n Minimum van vier en 'n Maksimum van ses punte kan
                       toegeken word vir die evaluering van die werk wat deur die
                       organisasie gedoen is.                                                   (14)
                                                                                                [50]

VRAAG 3

3.1.1     • Die opskrif beteken dat die Christengemeenskap wil hê dat die program
            vroegaand na laataand verskuif moet word.
          • Dit druk ook die siening uit dat die duiwel aan die duisternis behoort.             (2)

3.1.2     • Die Christen-kykers het 'n klag ingedien.
          • Die dramareeks fokus op Lucifer, wat hoofsaaklik as die bron van die bose
            beskou word.
          • Ander kykers beweer dat die dramareeks Satanisme aanmoedig.
          • Om 19:00 is daar die risiko dat kinders die program kan sien en dat hulle
            negatief daardeur beïnvloed sal word. Vandaar die behoefte om die
            tydgleuf te verander.                                                               (8)

3.1.3     • Die publiek kan mislei word om die duiwel as 'n gewone mens te beskou.
          • Die jonger generasie kan dink dat Satanisme net een van die aanvaarde
            godsdienste is en dat dit 'n positiewe rol in die samelewing kan speel.
          • Hierdie program kan tot die bevordering van Satanistiese aktiwiteite lei.
          • Konflik kan tussen die Christelike gemeenskap en ander geloofsgroepe
            ontstaan./Die handelinge van die Christen-groep kan teenkanting kry van
            ander godsdiensgroepe wat nie in die bestaan van die duiwel glo nie.
          • Hierdie gemeenskappe kan kwelpunte oor menseregte en vryheid van
            keuse opper.
          • Die TV-program verheerlik die bose.
          • Dit kan mense bewus maak van hoe iemand deur die bose verlei kan
            word.                                                                               (14)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            7                         DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

3.1.4     • Elkeen het die reg tot vryheid van gewete, godsdiens, denke, geloof en
            opinie.
          • Die nie-Christelike gemeenskap sal ontneem word van hulle reg op vryheid
            van gewete, geloof en opinie.
          • Hulle skend hulle vryheid van keuse en belangstelling.
          • Hulle ontneem kykers van die blote vermaaklikheidswaarde van die reeks.
          • Elkeen het die reg tot vryheid van uitdrukking, wat vryheid van die pers en
            ander media insluit.
          • Die Christelike gemeenskap skend die vryheid van die pers en ander
            media om slegs aan die behoeftes van die Christelike gemeenskap te
            voldoen.
          • Hulle skend ook die vryheid van kunskreatiwiteit van die skeppers van die
            reeks.                                                                             (12)

3.2       •   Die media skep sensasie rondom godsdiens.
          •   Bv. pedofilie in die Katolieke Kerk, Hijab in Islam, ens.
          •   Hulle fokus op die uitsonderings, eerder as die norm.
          •   Hulle gee blootstelling aan kleiner godsdienstige kwessies en ignoreer
              hoofstroomgodsdiens.
          •   Bv. gayregte, aborsie, ens.
          •   Die media is selektief in hul dekking van godsdienste.
          •   Bv. Baie dekking word aan die Pous se besoeke gewy, terwyl daar min
              gesê word van die Dalai Lama se besoek aan die VSA.
          •   Enige gewelddadige daad deur 'n Moslem word altyd met Islam verbind.
              As nie-Moslems sulke dade pleeg, word godsdiens nie genoem nie.
          •   Sosiale media is minder bevooroordeeld, omdat dit minder as
              hoofstroommedia gereguleer word.
          •   Bv. Facebook, Twitter en ander sosiale media vereis dat intekenare
              hulleself moet identifiseer voordat hulle iets plaas. Haatspraak word
              verwyder.                                                                        (14)
                                                                                               [50]

VRAAG 4

4.1       4.1.1       • Dit verwys na die asem (mag/kennis) van 'n bonatuurlike wese
                        of mag.
                      • Byvoorbeeld: 'n godheid neem 'n persoon oor en inspireer hom
                        of haar met goddelike kennis.
                      • Die meeste godsdienste het stigtersfigure wat deur 'n hoër mag
                        of wysheid geïnspireer is.

                      Voorbeelde:
                      • Abraham, Moses, Boeddha, die Profeet Mohammed en
                        Baha'u'llah.
                      • Mediums en waarsêers spesialiseer in die algemeen in
                        kommunikasie met voorvaders en geeste.                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             8                         DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

          4.1.2       • Die woord 'gelykenis' verwys na 'n storie wat vertel word om 'n
                        godsdiensbeginsel of antwoord op 'n godsdiensvraag te
                        illustreer.
                      • Gelykenisse speel af in die kulturele en sosiale omgewings van
                        die mense wat dit skep en gebruik.

                      Voorbeeld:
                      • In die Nuwe Testament verwys dit na 'n storie wat ontwerp is om
                        'n spirituele waarheid te onderrig (bv. die gelykenis van die
                        saaier).                                                                (4)

          4.1.3       • 'n Godsdienstige seremonie wat daarop gemik is om gelowiges
                        aan 'n heilige gebeurtenis te herinner.
                      • 'n Seremonie om 'n heilige teenwoordigheid te nooi.

                      Voorbeeld:
                      • Doop (in Christendom), besnyding (in ATG), Navaratri (in
                        Hindoeïsme). Begrafnisrites in enige godsdiens.

                      LET WEL: Enige ander relevante voorbeelde moet aanvaar word.              (4)

4.2       •   Tydens die apartheidsera het godsdienste daarin geslaag om saam te
              staan teen diskriminasie en ander gruweldade.
          •   As gevolg van die stryd teen apartheid en die belangrike rol wat
              godsdienstige gemeenskappe gespeel het, is eenheid aangemoedig.
          •   'n Sterk intergodsdienstige vryheid is gevestig.
          •   Die goeie verhouding tussen godsdienste en die Suid-Afrikaanse regering,
              was ook belangrik in die vermyding van konflik tussen godsdienste.
          •   Suid-Afrika het godsdienstige vryheid in die Grondwet ingesluit.
          •   Alle godsdienste, minderheidsgodsdienste ingesluit, is vry om hulle gelowe
              sonder vrees vir weerwraak te beoefen.
          •   Die Grondwet laat nie diskriminasie op grond van geloofsbelydenis, kultuur
              of ras toe nie.
          •   Alle godsdienste geniet dieselfde behandeling en dieselfde status.
          •   godsdienstige vakansiedae word vrylik deur verskillende godsdiensgroepe
              gevier.
          •   Bv. Diwali, Eid, Jom Kippoer, Paasfees, Kersfees, ens.
          •   Enige haatspraak word deur die regstelsel hanteer.
              LW.: Ander relevante feite moet gekrediteer word.                                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                           DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

4.3       4.3.1       VOORBEELD 1: Sentraal-Afrikaanse Republiek                                 (2)
          4.3.2       • Die konflik het in ongeveer 2003 begin toe President Bozize
                        beheer van die land oorgeneem het.
                      • 'n Aantal rebellegroepe het teen die regering geveg in wat die
                        SAR-Bosoorlog (2003–2007) genoem word.
                      • Hierdie groepe is die Seleka (eenheid) genoem.
                      • Vredesamesprekings tussen die rebelle en regering het in 2012
                        op 'n dooie punt uitgeloop.
                      • Die rebelle het Bozize daarvan beskuldig dat hy sy beloftes van
                        amnestie verbreek het.
                      • Die Seleka het in 2012 'n aantal sleuteldorpe beset.
                      • Hulle het Bangui, die hoofstad, in 2013 beset.
                      • Die President het in 2014 uit die land gevlug.
                      • Burgerlike onrus het in die afwesigheid van 'n effektiewe
                        regering opgevlam.
                      • Groepe wat teen die Balaka gekant was, het duisende Moslems
                        vermoor.                                                                 (10)
          4.3.3       • In die Sentraal-Afrikaanse Republiek is godsdienste gebruik om
                        deel van die konflik te wees,
                      • Islam en die Christendom.
                      • Die twee godsdienste se konflik is op etniese suiwering
                        gegrond.
                      • Die regering en die weermag speel blykbaar 'n baie klein rol.
                      • Christene teiken beide Moslems en buitelanders en forseer
                        hulle om uit die land te vlug.
                      • Kriminele elemente buit die konflik uit en beroof eiendomme.
                      • Daar was wydverspreide stroping van eiendomme
                      • Die verval van die regering dra ook tot die konflik by.
                        Dit was daarom nie net 'n godsdienstige konflik nie.                     (16)
                                             OF
          4.3.1       VOORBEELD 2: Darfoer/Soedan                                                (2)
          4.3.2       • Probleme in Darfoer se gemeenskappe kan tot meer as 100 jaar
                        gelede nagespeur word.
                      • Hierdie land word hoofsaaklik deur etniese en kulturele
                        groeperings verdeel.
                      • Dit lyk nie asof godsdiens 'n hoofbron van konflik is nie alhoewel
                        dit altyd so gesien word.
                      • Twee breë groeperings kan in Darfoer gevind word, naamlik
                        Arabiese stamme wat 'Baggara' genoem word, en baie Afrika-
                        stamme.
                      • Die Afrikane kan in baie groepe of stamme onderverdeel word.
                      • Bv. die Afrika-groepe sluit die Fur, die Masaliete en die
                        Zaghawa.
                      • 'n Ander stel verskille behels kultuurkwessies.
                      • Die meeste mense in die gebied is Soenni-Moslems.
                      • Daar is ook Christene.
                      • Vir baie eeue het trekboere en ander boere moeite gedoen om
                        saam te leef.
                      • Darfoer was die kern van slawehandel in Noordoos-Afrika.                 (10)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            10                        DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

          4.3.3       VOORBEELD: Soedan
                      • Die hoofrol wat godsdienste gespeel het, was om moeite te
                        doen om hulp te verleen.
                      • Godsdienstige hulpverleningsorganisasies is noodsaaklik om
                        praktiese ondersteuning in konflikgebiede te bied.
                      • Daar is byvoorbeeld godsdiensorganisasies soos die 'Islamic
                        Relief Agency' en die 'Catholic Agency for Overseas
                        Development'.
                      • Tussen al die ondersteuningsaktiwiteite waaraan hulle
                        deelneem, kan ons die volgende uitlig:
                      • Verskaffing van boumateriaal en mediese hulp.
                      • Hulle bou en herstel ook klinieke en skole.
                      • Godsdienstige hulpverleningsorganisasies verskaf ook kos.
                      • Hulle lei plaaslike gemeenskappe in lewensvaardighede op, wat
                            die mense help om uitdagings wat met die gewelddadige
                            konflik gepaard gaan, die hoof te bied.
                      • Terwyl godsdiens organisasies teen konflik gekant mag wees,
                        kan hulle dit nie stop nie.                                           (16)
                      LW: Ander relevante feite moet gekrediteer word.                        [50]

VRAAG 5

5.1          • Gemeenskapslede het oor onetiese gedrag gekla.
             • Gevaarlike/Verdagte kerkaktiwiteite is in die media gerapporteer.
             • Dit is die Staat se verantwoordelikheid om elke burger te beskerm.
             • Die Kommissie wil kerke inlig oor die belangrikheid van die Staat se
               verantwoordelikheid.
             • Hulle wil die finansiële sake van godsdienstige organisasies ondersoek.
             • Kerke moet bewus gemaak word dat hulle nie bo die reg verhewe is nie.
             • Hulle wil hê kerke moet oop en deursigtig wees in hulle aktiwiteite.           (10)

5.2     Dit is omdat verlossing nodig is van:
        • 'n Naïewe publiek
        • Korrupte godsdienstige leiers
        • 'n Regering wat die magte van godsdienstige organisasies wil inperk
           (Enige twee)                                                                        (4)

5.3      • Volgens die Grondwet is dit die regering se plig om burgers te beskerm.
         • Dit sluit lede van godsdiensorganisasies in.
         • Regerings moet slegs inmeng wanneer die wet oortree word.
         • Bv. enige vorm van diskriminasie, inperking van vryheid van assosiasie, ens.
         • Godsdiensorganisasies glo egter dat hulle deur God geïnspireer is. Dus hoef
           hulle nie deur mense gereguleer te word nie.
         • Lede sal bewus gemaak word van hulle regte en sal in staat wees om
           uitbuiting te weerstaan.
         • Oorregulering kan tot weerstand teen die Staat lei.                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             11                          DBE/November 2016
                                       NSS – Memorandum

5.4      • Lede van die kerk dink die regering het nie die reg om namens hulle op 'n
           godsdiens te besluit nie.
         • Godsdiensleiers is bang dat hulle lede kan verloor.
         • Hulle is bang dat hulle hulle lede se respek sal verloor.
         • Leraars glo dat hulle deur God gestuur is en dat hulle God se werk volgens
           hulle roeping doen.                                                                 (6)
5.5      • Godsdiensleiers is kenners van die leringe wat die aktiwiteite van die
           organisasie reguleer.
         • Enige godsdiensleier wat die kerk verontagsaam, word uit die kerk geban of
           daar word sanksies teen hom/haar ingestel.
         • Elke godsdiens tree in lewendige debat oor die interpretasie van
           gedragsreëls.
         • Hulle glo in 'n Opperwese wat alles sien, en hulle wil nie sonde pleeg nie.
         • Elke kerk het sy eie grondwet wat hulle bestuur en reguleer.                        (8)
5.6      •   Mense mag nie hulle eie godsdienstige opinies opper nie (Godslastering).
         •   Mense mag nie oor ander godsdienste leer nie.
         •   Mense word geforseer om dinge teen hulle wil te doen.
         •   Hulle word nie toegelaat om die godsdiens of hulle leiers te bevraagteken nie.
         •   Mense se geloof word uitgebuit vir finansiële gewin.                              (6)
LW:. Ander relevante feite moet gekrediteer word
5.7      JA
         • Alle godsdienste word dieselfde behandel.
         • Die Staat het die reg om in godsdienssake in te meng indien dit 'n negatiewe
           invloed op gemeenskappe het.
         • Godsdienste wat in die verlede die Staat beïnvloed het, word nou dieselfde
           as ander godsdienste behandel.
         • Sekulêre wêreldbeskouings word geakkommodeer en word dieselfde
           erkenning as enige ander godsdiens gegee.
         • 'n Godsdienstige staat dwing die staatsgodsdiens op nie-gelowiges af.
         • Sommige      sekulêre    state   is   egter   skuldig    aan    die   ergste
           menseregteskendings, byvoorbeeld die bom op Hirosjima.
                                                OF
         NEE
         • Menseregte spruit uit godsdiensleringe.
         • Sulke leringe waarborg menseregte.
         • Bv. Jy mag nie moord pleeg nie. Dit beskerm alle menselewens, selfs dié
           wat nog nie gebore is nie.
         • Godsdienstige state het in die verlede ook gruwelike menseregteskendings
           gepleeg.
         • Byvoorbeeld die Spaanse Inkwisisie en die Kruistogte.
         • Dus kan menseregte deur beide sekulêre en godsdienstige state
           gerespekteer en geskend word.
         LET WEL: Kandidate mag 'n kombinasie van antwoorde gee.                              (8)
                                                                                              [50]
                                                                 TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                     GROOTTOTAAL:             150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-memo-eng/15bfd7d2-a925-49f8-8575-cacd7038697a) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-afr/878b671d-903f-46da-ab77-8e7c243f553d) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-eng/ffab66d3-5a12-4c5b-a05a-3917bbb186c3) — Religion Studies · QP · 2016 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-memo-afr/80ca96b9-a08f-4cbc-9946-d119dd96dbb0) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-memo-eng/77ccd03d-c147-455c-abea-edd00bd63b16) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-memo-afr/a563b831-4cc8-4251-8ff0-184fd8a7b530) — Religion Studies · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
