# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-afr/79d66169-1274-42fe-b60d-c2f75586a2db
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-afr/79d66169-1274-42fe-b60d-c2f75586a2db)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                    DBE/November 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               3                        DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

          1.1.1       In die Khoisan-godsdiens word daar geglo dat daar … godhede
                      is (nie).

                      A   drie
                      B   geen
                      C   twee
                      D   etlike                                                                (1)

          1.1.2       Theravada-Boeddhiste word gelei deur 'n gemeenskap van
                      monnike en nonne wat as die … bekend staan.

                      A   Sangha
                      B   kapelane
                      C   radjas
                      D   kardinale                                                             (1)

          1.1.3       Die oudste van al die Hindoe-skole is …

                      A   Shaktisme/Sjaktisme.
                      B   Vaishnavisme.
                      C   Smartas.
                      D   Shaïvisme.                                                            (1)

          1.1.4       Die    Handves      vir   Barmhartigheid      is       deur       'n
                      wêreldgodsdiensgeleerde, …, begin.

                      A   Karen Armstrong
                      B   Karl Marx
                      C   Ludwig Feuerbach
                      D   Swami Vivekananda                                                     (1)

          1.1.5       Om iets op te pas sodat dit na die volgende geslag oorgedra kan
                      word, is …

                      A   liefdadigheid.
                      B   rentmeesterskap.
                      C   geloofsbelydenis.
                      D   die wet van Moses.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                            DBE/November 2017
                                              NSS

          1.1.6       Die sentrale leerstellings van die Bahá'i-geloof is in die … vervat.

                      A   Kitáb-i-Aqdas
                      B   Agtvoudige Weg
                      C   Koran
                      D   Misjna Tora                                                               (1)

          1.1.7       In die Christelike godsdiens verwys die Opstanding na …

                      A   die Kruisiging.
                      B   die dood van Jesus Christus.
                      C   die Drie-eenheid.
                      D   Jesus Christus wat die dood oorwin het.                                   (1)

          1.1.8       Boeddhisme is baie deur … beïnvloed.

                      A   Hindoeïsme en Islam
                      B   Islam en Sikhisme
                      C   Islam, Hindoeïsme en Confucianisme
                      D   Taoïsme en Hindoeïsme                                                     (1)

          1.1.9       'n Klein afwykende godsdienstige groep staan as … bekend.

                      A   ortodoks
                      B   'n sekte
                      C   onbesnedenes ('gentiles')
                      D   Protestante                                                               (1)

          1.1.10      'n Persoon wat op eie meriete Nirvana kan binnegaan:

                      A   Mahabharata
                      B   Bodhisattva
                      C   Rama
                      D   Sathyagraha                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                           DBE/November 2017
                                             NSS

1.2       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
          woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

          1.2.1       Betrokke by die bevordering van eenheid onder Christenkerke                 (1)

          1.2.2       'n Stel beginsels oor hoe 'n samelewing georden moet wees                   (1)

          1.2.3       Bevryding van die siklus van weergeboorte in Hindoeïsme                     (1)

          1.2.4       Iemand wat as tussenganger tussen die sigbare en die geestelike
                      wêreld optree                                                               (1)

          1.2.5       Lei gemeentegebed in Islam                                                  (1)

          1.2.6       Aanneem van valse oortuigings en praktyke                                   (1)

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as een keer gebruik
          NIE.

                     KOLOM A                              KOLOM B
          1.3.1      Ummah               A    om nooit enige lewende wese kwaad aan
                                              te doen nie
          1.3.2      Halakhah
                                         B    toon groot respek of ontsag vir iets of
          1.3.3      Mahatma Gandhi           iemand

          1.3.4      Ahimsa              C    'n versameling heilige geskrifte en stories
                                              van Boeddhistiese oorsprong
          1.3.5      Verering
                                         D    streng deur Ortodokse Jode gehoorsaam
          1.3.6      Tripitaka
                                         E    alle Moslems, ongeag ras, moet mekaar
                                              as broers en susters beskou

                                         F    het die stryd vir Indiese onafhanklikheid
                                              gelei

                                         G    die naam wat Griekse geskiedkundiges
                                              oorspronklik aan literêre illustrasies
                                              gegee het
                                                                                    (6 x 1)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             6                         DBE/November 2017
                                             NSS

1.4       Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord en 'n rede waarom dit nie pas nie langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5)
          in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.4.1      Verering; Eerbiedig; Aanbid; Waarsêer                                     (2)

          1.4.2      Identiteit; Tao; Vergelykbaarheid; Eenheid                                (2)

          1.4.3      Monoteïsme; Ateïsme; Politeïsme; Sinkretisme                              (2)

          1.4.4      Vyf Pilare; Vier Edel Waarhede; Godsdienstige Vryheid; Nagmaal            (2)

          1.4.5      Koning; Sondag; Stam; Hoofman                                             (2)

1.5       In die konteks van godsdiens, verduidelik ELK van die volgende konsepte:

          1.5.1       Eendersheid                                                              (2)

          1.5.2       Uniekheid                                                                (2)

          1.5.3       Halaal                                                                   (2)

          1.5.4       Eenheid                                                                  (2)

          1.5.5       Vergelykbaarheid                                                         (2)

1.6       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.4) neer. Korrigeer die stelling
          indien dit ONWAAR is.

          1.6.1      Hindoeïsme leer dat 'n mens god kan wees.                                 (2)

          1.6.2      In Judaïsme is Dawid die goddelike naam van God.                          (2)

          1.6.3      Die heilige teks van die Bahá'i-geloof is oorspronklik in Grieks
                     geskryf.                                                                  (2)

          1.6.4      Volgens die Taoïstiese siening ontstaan al die wêreldprosesse uit
                     tienduisend dinge.                                                        (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                            DBE/November 2017
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Godsdienstige identiteit behels selfidentifikasie en selfverklaring deur diegene
          wat in die leerstellings van 'n spesifieke godsdiens glo en dit volg.

          In die konteks van godsdiens, verduidelik ELK van die volgende konsepte:

          2.1.1       Lering/Leerbeginsel                                                         (4)

          2.1.2       Mite                                                                        (4)

          2.1.3       Leerstelling                                                                (4)

          2.1.4       Gelykenis                                                                   (4)

          2.1.5       Dogma                                                                       (4)

2.2       Verduidelik die filosofie van ubuntu.                                                   (4)

2.3       Beskryf TWEE faktore wat die godsdienstige identiteit van mense vorm.                   (4)

2.4       Omdat Hindoes aan reïnkarnasie glo, is die fisiese liggaam nie so belangrik
          soos die siel nie. Liggame word gewoonlik veras en die as gestrooi.

          Bespreek kortliks die leerstelling van reïnkarnasie.                                    (8)

2.5       Verduidelik die woord kanon.                                                            (2)

2.6       Noem TWEE feite oor die volgende godsdienste met betrekking tot:

          2.6.1       Hoe die Bahá'i-geloof die toekoms van godsdienste beskou                    (4)

          2.6.2       Hindoeïsme se sosiale struktuur                                             (4)

          2.6.3       Tradisionele genesers in die Afrika Tradisionele Godsdiens                  (4)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             8                            DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 3

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               GODSDIENS IN DIE MEDIA

Die moderne media maak inligting oor gebeurtenisse wat wêreldwyd plaasvind, soos
wat dit gebeur, aan mense bekend. Mense kyk na hierdie inligting en vorm menings
oor wat besig is om te gebeur. Die menings wat hulle vorm, kan dan hulle reaksies en
optrede beïnvloed.

Die volgende is enkele godsdienstige stereotipes* wat deur die media geskep is:

•     Jode is gierigaards.
•     Katolieke priesters is kindermolesteerders.
•     Moslems is terroriste.
•     Boeddhiste is vredeliewende monnike.
                                                    [Aangepas uit Top Class Religion Studies]

*stereotipes: oorvereenvoudigde mening; 'n partydige gesindheid/houding

3.1       Kies enige TWEE van die stereotipes hierbo en verduidelik waarom dit NIE
          WAAR is NIE.                                                     (2 x 2)                (4)

3.2       3.2.1       Ontleed hoe die media gewoonlik oor godsdienstige kwessies
                      berig.                                                                      (6)

          3.2.2       Gee TWEE voorbeelde om jou antwoord op VRAAG 3.2.1 te
                      illustreer.                                                                 (4)

3.3       Ondersoek faktore wat die media kan beïnvloed wanneer hulle oor
          godsdienstige kwessies berig.                                                           (10)

3.4       Wat is die moontlike gevolge van die stereotipering van verskillende
          godsdienste?                                                                            (8)

3.5       Wat kan die media doen om die stereotipering van godsdienste te
          neutraliseer?                                                                           (10)

3.6       As 'n jongmens, hoe sou jy godsdienstige gemeenskappe raad gee oor die
          gebruik van elektroniese media, soos die Internet, televisie en sosiale
          netwerking, om te verseker dat hulle boodskappe korrek verstaan word?                   (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              9                         DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 4

4.1       Sommige van die regte in die Universele Verklaring van Menseregte word in
          die uittreksel hieronder genoem.

          Elke mens het die reg op:

          1.   Vryheid van diskriminasie
          2.   Lewe, vryheid en persoonlike veiligheid
          3.   Vryheid van geloof en godsdiens
          4.   Vryheid van mening en inligting
          5.   Onderwys

          Kies enige DRIE van die menseregte hierbo en bespreek relevante leringe uit
          enige van die godsdienste wat jy bestudeer het wat hierdie menseregte
          bevorder.                                                                              (12)

4.2       Godsdienstige oortuigings speel verskillende rolle in verskillende godsdienste.
          Oortuigings kan enigiets vanaf aanvaarding van iets tot 'n ferm mening
          beteken.

          Vergelyk die rolle wat deur oortuigings in die volgende godsdienste gespeel
          word:

          4.2.1       Christelike godsdiens                                                      (4)

          4.2.2       Boeddhisme                                                                 (4)

          4.2.3       Afrika Tradisionele Godsdiens                                              (4)

4.3       Godsdiens word dikwels as die bron van moraliteit beskryf.

          4.3.1       Wat verstaan jy onder moraliteit?                                          (4)

          4.3.2       Gebruik ten minste DRIE voorbeelde om te toon dat moraliteit van
                      godsdiens afkomstig is.                                                    (12)

          4.3.3       Na jou mening, wat is die redes vir 'n gebrek aan moraliteit in die
                      moderne samelewing?                                                        (10)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             10                            DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGE

Godsdienstige gemeenskappe het leiers op die gebied van vredesopleiding geword.
Hulle besef dat alhoewel oortuigingsverskille deur die hele geskiedenis tot konflik
bygedra het, godsdienstige mense by baie geleenthede 'n merkbare vermoë tot
versoening en diens aan ander getoon het. Deur die opleidingstrukture wat hulle
alreeds gevestig het, is godsdienste in die unieke posisie om 'n kultuur van vrede
onder hulle volgelinge, en in die samelewing as 'n geheel, te bevorder.

                                                    [Bron: Focus on Religion Studies Grade 12]

5.1       Suid-Afrika is 'n multigodsdienstige samelewing. Bespreek hoe die Suid-
          Afrikaanse regering respek, verdraagsaamheid en begrip van alle
          godsdienste bevorder.                                                                  (12)

5.2       Bespreek die geskiedenis van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste,
          vanaf die begin tot 2009.                                                              (10)

5.3       Evalueer die doeltreffendheid van die Parlement van die Wêreld se
          Godsdienste.                                                                           (12)

5.4       Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika is in 2002 gestig en is die grootste
          verteenwoordigende multigodsdienstige platform in Afrika. Maak 'n lys van
          VYF rigsnoere van hierdie organisasie.                                                 (10)

5.5       Dink jy dat vroue 'n belangrike rol in die bevordering van intergodsdienstige
          verhoudinge in Suid-Afrika speel? Gee redes vir jou antwoord.                          (6)
                                                                                                 [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              100
                                                                     GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-eng/8168575e-6b79-47ea-9db8-baedaebd0b1b) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-afr/3ac8557b-a6c9-4f40-bf52-2605b4feb967) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2017-eng/e4369517-f8eb-4548-803a-6df518cad1f4) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
