# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-afr/3ac8557b-a6c9-4f40-bf52-2605b4feb967
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-afr/3ac8557b-a6c9-4f40-bf52-2605b4feb967)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                                  NOVEMBER 2017

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              2                          DBE/November 2017
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1.      1.1.1       C√                                                                  (1)
          1.1.2       A√                                                                  (1)
          1.1.3.      D√                                                                  (1)
          1.1.4       A√                                                                  (1)
          1.1.5       B√                                                                  (1)
          1.1.6       A√                                                                  (1)
          1.1.7       D√                                                                  (1)
          1.1.8       D√                                                                  (1)
          1.1.9       B√                                                                  (1)
          1.1.10      B√                                                                  (1)
                                                                                          (1x10=10)
1.2       1.2.1       ekumeniese√                                                         (1)
          1.2.2       ideologie√                                                          (1)
          1.2.3       moksha√                                                             (1)
          1.2.4       sjamaan √                                                           (1)
          1.2.5       imam√                                                               (1)
          1.2.6       kettery/dwaalleer√                                                  (1)
                                                                                          (1x6=6)
1.3       1.3.1 E√                                                                        (1)
          1.3.2 D√                                                                        (1)
          1.3.3 F√                                                                        (1)
          1.3.4 A √                                                                       (1)
          1.3.5 B√                                                                        (1)
          1.3.6.C√                                                                        (1)
                                                                                          (1x6=6)
1.4       1.4.1       Waarsêer √
                      Die ander is vorms van aanbidding. √                                (2)
          1.4.2       Tao √
                      Die ander is sleutelkonsepte in godsdiens. √                        (2)
          1.4.3       Sinkretisme √
                      Die ander verwys na die aard van goddelikheid. √                    (2)
          1.4.4       Godsdienstige vryheid √
                      Die ander pas by spesifieke godsdienste. √                          (2)
          1.4.5       Sondag √
                      Die ander is aan Afrika Tradisionele Godsdiens verwant. √           (2)
                                                                                          (2x5=10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             3                          DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

1.5       1.5.1      • Eenders wees.
                     • Ooreenkoms met 'n spesifieke godsdiens√√
                     • Van dieselfde soort, met dieselfde aard, met dieselfde vorm.
                       √√
                          Beteken kenmerke wat godsdienste of mense in gemeen
                          het. √√                                                            (2)

          1.5.2      • Dit beteken kenmerke wat tot 'n spesifieke godsdiens beperk
                       is. √√
                     • Dit beteken iets wat ongewoon of merkwaardig is√√
                     • Eienskappe/Kenmerke wat 'n godsdiens anders as ander
                       godsdienste maak. √√                                                  (2)

          1.5.3      • Dit beteken 'n toelaatbare daad/handeling in Islam. √√
                     • Dit word dikwels gebruik om kos te beskryf wat toelaatbaar vir
                       Moslem-verbruik is. √√                                                (2)

          1.5.4      • Harmonie tussen mense en/of godsdienste. √√
                     • Vreedsame naasbestaan van godsdienste. √√
                     • Erkenning van gemeenskaplike terreine in verskillende
                       godsdienste. √√                                                       (2)

          1.5.5      • Kyk vir ooreenkomste en verskille in godsdienste. √√
                     • Twee of meer godsdienste kan vergelyk word. √√
                     • Dit kan implisiet of eksplisiet wees. √√                              (2)

          LET WEL: Enige TWEE geldige antwoorde moet gekrediteer word.                       (2x5=10)

1.6       1.6.1      Waar √√                                                                 (2)

          1.6.2      Onwaar √ Die goddelike naam van God is Jahweh/Elohim√                   (2)

          1.6.3      Onwaar √ Dit is in Arabies geskryf. √                                   (2)

          1.6.4      Onwaar √ Die wêreld se prosesse ontstaan uit twee magte:
                     Jin en Jang. √                                                          (2)
                                                                                             (2x4=8)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                            DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

VRAAG 2

2.1       2.1.1      • Lering kom van 'om iemand iets te leer/te onderrig' wat
                       beteken om kennis of begrip van 'n spesifieke godsdiens oor
                       te dra.
                     • Dit is sistematiese inligting oor aspekte van 'n godsdiens.
                     • Lering is 'n normatiewe verduideliking van iets.
                     • 'n Lering speel verskillende rolle in verskillende godsdienste.               (4)

          2.1.2      • Die woord 'mite' kom van die woord 'mythos' wat 'woord' of
                       'fabel' beteken.
                     • Dit verwys na daardie stories wat diepe waarhede oor skepping,
                       lewe en dood onthul.
                     • Mite vorm die grondslag van lering en selfs dogma in party
                       godsdienste.                                                                  (4)

          2.1.3      • Dit kan afwisselend met 'lering' gebruik word.
                     • Dit is 'n verklaring van fundamentele oortuigings.
                     • Dit verwys na 'n spesifieke deel van 'n geloofstelsel.                        (4)

          2.1.4      • Die woord 'gelykenis' verwys na 'n storie wat vertel word om 'n
                       godsdienstige beginsel te illustreer of om 'n godsdienstige vraag
                       te beantwoord.
                     • Dit is 'n kort storie wat 'n definitiewe moraal/sedeles bevat.
                     • 'n Gelykenis is 'n storie wat in kunsvorm aangebied word.                     (4)

          2.1.5      • Die woord 'dogma' kom van die Griekse woord 'dogma' wat
                       oorspronklik voorkoms of mening beteken het.
                     • Dit is 'n beginsel of stelsel wat gesamentlik deur godsdienstige
                       owerhede voorgeskryf word.
                     • Dit is 'n absolute verklaring of mening oor godsdienstige
                       geloof/oortuiging.                                                            (4)

2.2       • Morele orde in die Afrika Tradisionele Godsdiens word deur die konsep
            van ubuntu gekenmerk.
          • Ubuntu is 'n Afrika-filosofie van respek en empatie vir mense.
          • Dit beteken dat jy moet leer om die lewe met ander mense te deel.
          • Ubuntu beteken 'n mens is 'n mens deur ander mense.                                      (4)

2.3       • Die godsdienstige identiteit van 'n persoon word deur sekere rituele
            gevorm.
          • Die godsdienstige identiteit van 'n individu word ook deur godsdienstige
            simbole gevorm.
          • Die kleredragkode van 'n spesifieke godsdiens vorm die godsdienstige
            identiteit van sy volgelinge.                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                5                              DBE/November 2017
                                         NSS – Nasienriglyne

2.4       • Die doktrine/leerstelling van reïnkarnasie is op die wet van karma gegrond,
            wat die gevolge van dade impliseer.
          • Hierdie doktrine leer dat 'n siel deur 'n reeks geboortes en sterftes gaan.
          • Die voorbeeld is dat soos wanneer iemand verslete klere afwerp/weggooi
            en ander nuwe klere aantrek, so werp die siel verslete liggame af.
          • Nadat die verslete liggaam afgewerp is, gaan die siel 'n ander een, wat
            nuut is, binne.
          • Die soektog na wêreldse plesier gee aanleiding tot weergeboorte.
          • Volgens die doktrine van reïnkarnasie, word die siel van geboorte na die
            dood en van die dood na geboorte aangedryf.
          • Die siel vergaan nooit nie.
          • Die uiteindelike doelwit van menslike bestaan is moksha, of verlossing van
            menslike lyding.                                                                           (8)

2.5       •   Dit is 'n versameling heilige boeke of tekste.
          •   Dit is ‘n ‘maatstaf’ vir die verifiering van heilige geskrifte.                          (2)

2.6       2.6.1       • Alle godsdienste sal onder die Bahá'i-geloof verenig wees.
                      • Dit is die godsdiens van die toekoms.                                          (4)

          2.6.2       • Hulle het 'n kastestelsel.
                      • Elke kaste het 'n spesifieke verantwoordelikheid in die
                        samelewing.                                                                    (4)

          2.6.3       • Tradisionele genesers word geraadpleeg wanneer daar
                        teëspoed in 'n familie is.
                      • Die tradisionele geneser kommunikeer met die voorvaders.
                      • Daar word geglo dat kennis van tradisionele medisyne van die
                        voorvaders kom.                                                                (4)
                                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                           DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1       • Jode: Nie alle Jode is ryk en gierig nie.
          • Katolieke: 'n Klein minderheid is skuldig aan hierdie misdryf. Daar was ook
            heelwat vals aantygings.
          • Islam: Terrorisme word nie deur Islam aangemoedig nie.
          • Boeddhisme: Nie alle Boeddhiste is monnike nie. Sommige Boeddhiste
            was onlangs betrokke by growwe menseregteskendings.                  (2 x 2)         (4)

3.2       3.2.1      • Die algemene houding is om godsdiens negatiewe publisiteit te
                       gee.
                     • Mediaverslaggewing        oor   godsdienstige  kwessies      is
                       oppervlakkig.
                     • Verslaggewers benader godsdienstige kwessies meesal uit 'n
                       sekulêre en politieke perspektief/oogpunt.
                     • Verslaggewers kan selektief wees en slegs dit wat
                       kontroversieel is, publiseer.
                     • Teenoor ortodokse gelowe is die toon meesal vyandig, terwyl dit
                       teenoor minderheidsgodsdienste positief is.
                     • Die mense met wie die meeste onderhoude gevoer word, is
                       diegene wat ortodokse godsdienste bevraagteken.
                     • Verslaggewers kan bevooroordeeld en partydig wees.                        (6)

          3.2.2      Voorbeelde:
                     • Verslaggewers berig net oor Katolisisme wanneer seksuele
                       misbruik vermoed word.
                     • Hulle berig nooit oor teologiese of geestelike sake nie.
                     • Spotprente van Profeet Mohammed is gepubliseer alhoewel
                       Moslem-gemeenskappe die media ingelig het dat Islam nie
                       enige uitbeeldings van die Profeet toelaat nie.
                     • Nog koerante het die spotprente gepubliseer ten spyte van
                       wydverspreide besware daarteen.
                     • Minderheidsgodsdienste: Die Bahá'i-geloof word positief gedek.
                     • Ekstremisme bestaan in alle godsdienste, selfs in sekulêre
                       gemeenskappe.
                     • Godsdienstige ekstremisme in alle godsdienste word egter nie
                       gedek nie.
                     • Ekstremisme in Islam kry die meeste dekking, terwyl
                       ekstremiste in Boeddhisme (Mahayana) of Hindoeïsme min of
                       geen aandag kry nie.                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                            DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

3.3       • Drukgroepe, in beide die burgerlike samelewing en die regering, verseker
            dat media-artikels hulle belange ondersteun.
          • Joernaliste se verslaggewing weerspieël slegs hulle eie vooroordele.
          • Joernaliste is dikwels nie kundig oor godsdienste nie, en daarom word
            inligting dikwels verkeerd geïnterpreteer.
          • Nie elke gebeurtenis of storie het dieselfde nuuswaarde nie. 'n Artikel dat
            alles by 'n Middernagmis goed afgeloop het, het min nuuswaarde.
          • Die media floreer op sensasionalisme.
          • Daar word gereken dat negatiwiteit goed verkoop, en so ook misdaad.
            Mediamense word dus aangespoor om berigte rondom hierdie temas te
            organiseerder of te 'skep'.                                                            (10)

3.4       • Wanneer ons mense op grond van godsdienstige geloof/oortuiging
            voortydig oordeel, kan ons dalk op só 'n wyse optree dat dit individue of
            groepe negatief beïnvloed.
          • Dikwels dink ons nie eens oor die stereotipes of vooroordele wat ons het
            nie en kan ons mense seermaak of benadeel sonder om dit te besef.
          • Ons dink dalk dat ons optrede eenvoudig die werklikhede of vermoëns van
            mans en vroue akkuraat weergee, maar eintlik diskrimineer ons en
            bevorder ongelykheid.
          • Selfs al word 'n stereotipe as positief beskou of bedoel, kan die feit dat nie
            alle mense in daardie groep aan daardie standaard voldoen nie, dikwels lei
            tot 'n 'positiewe' stereotipe wat spesifieke individue benadeel, bv. Wes-
            Afrikane is ryk.                                                                       (8)

3.5       • Verbeter joernaliste se professionele vaardighede
          • Kulturele sensitiwiteit soos om stereotipering te vermy
          • Verhoog mediadiversiteit
          • Verskerp leierskap in die mediabedryf
          • Ondersteun opvoedkundige en godsdienstige media wat 'n globale
            perspektief bied
          • Sosiale media kan groter vryheid van spraak toelaat
          • Dit kan gebruik word om godsdienstige stereotipering uit te daag                       (10)

3.6       • Organiseer werksessies en leer gemeenskappe hoe om betroubare
            inligting na te vors en te publiseer.
          • Hulle moet hulle optrede/handelinge op 'n 'ouderdomsgeskikte' wyse
            adverteer om die aandag van die kykers te trek.
          • Hulle programme moet gebruikersvriendelik en toeganklik wees.
          • Kry borge om hulle programme te befonds sodat dit vir gemeenskappe
            bekostigbaar sal wees.
          • Skep 'n toep ('app') wat alle gemeenskappe deur die bank sal inlig en na
            hulle sal uitreik.
          • Skep 'n toep ('app') wat die gemeenskap en die godsdienstige
            gemeenskap finansieel sal bevoordeel.
          • Waarsku die gemeenskap oor valse/onwaar nuus en onakkurate inligting.                  (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             8                            DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       CHRISTELIKE GODSDIENS
          Vryheid van diskriminasie
          • 'Jy sal jou naaste liefhê soos jouself.' Hierdie is die gebod vir Christene om
            nie teen ander mense te diskrimineer nie.
          • God het elke mens na Sy beeld geskep. 'Julle is almal seuns van God deur
            geloof in Jesus Christus.'

          HINDOEÏSME
          Lewe, vryheid en persoonlike veiligheid
          • 'Moenie ander kwaad doen nie' net soos jy toegeneentheid voel wanneer
            iemand sien vir jy baie lief is.
          • Hindoeïsme glo dat elke siel 'n werklike of potensiële deel van die
            goddelike is (Brahmaan)
          • As elke siel van gelyke waarde is, dan is elke mens van gelyke waarde,
            wat ook al hulle ras of kleur.

          ISLAM
          Vryheid van geloof en godsdiens
          • Daar moet geen dwang in die saak van geloof wees nie.
          • Daar moet geen verpligting in godsdiens wees nie.
          • Dit het te make met vryheid van godsdiens.

          JUDAÏSME
          Vryheid van mening en inligting
          • Enige ernstige student van Joodse heilige tekste moet 'n Talmoed-teks kan
            bestudeer, of dit in die Misjna of Gemara is. Baie verskillende
            studiemetode kan gebruik word.
          • Latere tekste skep nooit nuwe Tora nie. Hulle gebruik logika om idees oor
            ouer skrywes uit te werk, of nuwe maniere om die wetslesse in ouer
            skrywes toe te pas, veral die Talmoed.

          AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
          Onderwys
          • Ubuntu impliseer die interafhanklikheid van mense op mekaar, en is
            belangrik vir groepsoorlewing.
          • Ek is 'n mens deur wisselwerking/interaksie met ander mense.
          • Dit roer die belangrikheid daarvan aan om ander met waardigheid te
            behandel.                                                    (4 x 3)                   (12)

   LET WEL:’N maksimun van TWEE punte kan toegeken word as relevante
   oortuiginge gemeld wod sonder bespreking van die ROLLE
4.2      4.2.1   • In die Christelike godsdiens is daar baie min plek vir variasie
                    met betrekking tot sentrale oortuigings.
                 • Mense wat van die korrekte oortuiging afwyk, sal sekere sosiale
                    gevolge moet aanvaar.
                 • In die verlede het sommiges as gevolg van hulle oortuigings
                    selfs met hulle lewens betaal.                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                          DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

          4.2.2      • In Boeddhisme word oortuiging, as die aanvaarding van 'n
                       sekere standpunt, as 'n hindernis tot verlossing beskou.
                     • Verkleefdheid aan oortuigings is net so sleg soos verkleefdheid
                       aan geld omdat dit tot swaarkry vir een en almal lei.
                     • In Boeddhisme speel oortuiging nie 'n belangrike rol nie, maar
                       wat belangrik is, is om die regte ding te doen en om korrek op
                       te tree.                                                                  (4)
          4.2.3      • In die Afrika Tradisionele Godsdiens speel oortuigings 'n baie
                       belangrike rol want dit bevestig die bestaan van die voorvaders.
                     • Oortuigings vorm die fondasie wat mense saambring vir
                       gemeenskaplike optrede en help om 'n gemeenskaplike
                       gedeelde identiteit te skep.
                     • In die Afrika Tradisionele Godsdiens word oortuigings
                       mondelings van geslag na geslag oorgedra, soms met
                       modifikasies.
                     • Dit is omdat daar geen geskrewe teks is nie.                              (4)
4.3       4.3.1      • Moraliteit is die vermoë om te onderskei tussen reg en verkeerd.
                     • Moraliteit beteken ooreenstemming met die reëls van korrekte
                       optrede.
                     • Dit kan deur sekulariste as apart van godsdiens beskou word.
                     • Moraliteit is op jou samelewingswaardes gegrond.                          (4)
          4.3.2      • Alle godsdienste onderskei tussen reg en verkeerd.
                     • Bv. Jy sal nie egbreek pleeg nie. (In Judaïsme en die Christelike
                       godsdiens.)
                     • Dit verbied seksuele immoraliteit en moedig die instelling van
                       die huwelik aan.
                     • Alle godsdienste moedig hulle volgelinge aan om 'n regverdige
                       lewe te lei.
                     • Dit word gedoen deur beloftes van 'n beter bestaan in die
                       hiernamaals (Abrahamitiese gelowe).
                     • 'n Mens sal in die huidige lewe beloon word (Afrika Tradisionele
                       Godsdiens).
                     • Bv. wet van karma in Hindoeïsme.
                     • Stigtingsfigure van godsdienste vertoon die hoogste sedes.
                     • Bv. Boeddha het 'n lewe van uiterste eenvoudigheid gelewe
                       (asketisme).                                                              (12)
          4.3.3   • Mense is besig om belangstelling in godsdiens te verloor.
                  • Dit is as gevolg van wetenskaplike verduidelikings vir natuurlike
                    verskynsels.
                  • 'n Voorbeeld hiervan is die Oerknalteorie wat 'n wetenskaplike
                    verduideliking is van hoe die heelal ontstaan het.
                  • 'n Ineenstorting van gesinstrukture lei daartoe dat kinders nie
                    familiewaardes volg nie.
                  • Mense word op sosiale media aan valse inligting blootgestel. Dit
                    veroorsaak verwarrings ten opsigte van godsdienstige
                    oortuigings.
                  • Godsdienstige konflik laat baie mense van godsdiens wegdraai.                (10)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                  [50]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            10                           DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5
5.1       • In die Konstitusie is daar godsdiensvryheid en gewetensvryheid wat alle
            Suid-Afrikaners moet geniet.
          • Hierdie voorwaarde word deur die Menseregtekommissie asook die
            Nasionale Godsdiensleiersforum ('NRLF') beskerm.
          • Die Konstitusie het 'n geleentheid vir godsdiensonderrig in skole, deur
            Lewensoriëntering en Religiestudies in die kurrikulum geskep
          • Minderheidsgroepe is geregtig op godsdienstige onderhouding.
          • By openbare byeenkomste, bv. parlementêre byeenkomste, word 'n
            universele gebed wat al die godsdienste omvat, aangebied.
          • Dit is egter belangrik om daarop te let dat ten spyte van al die pogings deur
            die regering, daar steeds elemente van diskriminasie in die land
            teenwoordig is, bv. in sommige gebiede verontagsaam spesifieke
            gemeenskappe steeds die Konstitusie.
          • Minderheidsgodsdienste word soms nie gelyke erkenning met
            meerderheidsgroepe by gemeenskapsfunksies gegee nie.
          • Die mate van respek en verdraagsaamheid verskil dus van gemeenskap
            tot gemeenskap.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                   (12)
5.2       • Die stigting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het in 1893
            in Chicago plaasgevind.
          • Die doel was om 'n globale dialoog van gelowe te skep.
          • Die parlement is weer in 1993 in Chicago gehou om oor wêreldkwessies
            saam te werk en om 'n verklaring met die titel 'Towards a Global Ethic' te
            ontwikkel.
          • Die Kaapstadse Parlement het in 1999 die kwessie van MIV en Vigs
            beklemtoon.
          • Die Parlement het in 2004 in Barcelona, Spanje, byeengekom en gefokus
            op godsdienstige geweld, veilige water, vlugtelinge en om die eksterne
            skuld van ontwikkelende lande te elimineer.
          • Die fokus was in 2007 op die Millenniumontwikkelingsdoelwitte om
            armoede uit te wis.
          • Die Parlement het in 2009 in Melbourne, Australië, byeengekom en
            versoening     van     Australiese   inboorlinge,   volhoubaarheid     en
            aardverwarming hanteer.                                                               (10)
5.3       • Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is effektief want leiers van
            verskillende godsdienste kan nou met een stem teen godsdienstige geweld
            in die wêreld praat.
          • Hulle kon 'n ingeloofkoalisie in 1999 organiseer om onwettige
            wapenhandel in die agterbuurte van Brasilië uit die weg te ruim wat gelei
            het tot streng wette om onwettige wapenhandel te keer.
          • Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in die Barcelona-
            vergadering deur 8 000 mense van baie verskillende godsdienstige en
            geestelike tradisies bygewoon.
          • Hierdie diversiteit en omvattendheid toon die harmonieuse verhouding
            tussen godsdienste.
          • Dit het oor die hele wêreld takke wat aktief betrokke is by die oplos van
            godsdienstige en burgeroorloë in daardie lande.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           11                          DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

          • Die raad vir die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het 'n netwerk
            van intergodsdienstige bewegings in vennootstede oor die wêreld heen.
          • Hulle het 'n vennootskap met ander sektore van die samelewing, soos
            organisasies in die VN.
          • Die parlement het egter nie wetlike magte nie. (Dit kan nie wetgewing
            maak of afdwing nie.)
          • Dit maak staat op samewerking met die regering om effektief te wees.
          • Die effektiwiteit van die parlement is in verhouding met godsdienstigheid
            (belangstelling in godsdiens).
          • Soos wat godsdienstigheid van oor die wêreld heen afneem, so neem die
            effektiwiteit van die parlement ook af.                                         (12)

5.4       Die rigsnoere van die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika is soos volg:
          • Om godsdienstige verskille te respekteer.
          • Uitvoering gee aan morele waardes en sake waaraan daar sterk/intens
             geglo word en wat algemeen gedeel word.
          • Behou die identiteit van elke godsdienstige gemeenskap.
          • Vereer die verskillende wyses waarop godsdienstige gemeenskappe in
             Afrika georganiseer is.
          • Ondersteun plaaslike multigodsdienstige strukture in die Raad vir
             Godsdienstige Leiers in Afrika-netwerke op die kontinent.
          • Ondersteun die beginsels van verteenwoordiging, ondergeskiktheid en
             samehorigheid.                                                                 (10)

5.5       JA
          • Vroue in verskillende gelowe in Suid-Afrika het saamgestaan in die stryd
            teen die apartheidsregering.
          • Hulle het vroueverenigings waar hulle saambid vir al die uitdagings
            waarvoor vroue te staan kom.
          • Wanneer 'n gesin 'n lid verloor, sal vroue van daardie spesifieke gebied
            saamkom om die gesin in rou by te staan.
          • Suid-Afrikaanse vroue van verskillende gelowe staan saam in die stryd
            teen verkragting, asook die mishandeling van vroue en kinders.
          • Hulle het hulle leuse: 'wathinta abafazi wathinta imbokodo', wat beteken:
            'as jy vroue aanraak, stoot/stamp jy teen die rots'.
          • Hulle oorkom altyd hulle godsdienstige verskille wanneer hulle teen sosiale
            euwels veg.
          NEE
          • Vroue is selde in leierskapsposisies in godsdienstige organisasies.
          • Vroue word gemarginaliseer deur die waninterpretasie van godsdienstige
            leringe.
          • In sekere gemeenskappe diskrimineer kulturele praktyke teen vroue.
          • Hulle beperk dus hulle werk tot hulle eie godsdienstige groepe.                 (6)
                                                                                            [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-eng/8168575e-6b79-47ea-9db8-baedaebd0b1b) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-afr/79d66169-1274-42fe-b60d-c2f75586a2db) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-english/931bf60c-5a70-46da-bd4e-e8c6403f13d3) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-eng/3bef31a5-56c3-4463-9f4f-4c2dfc2c2941) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-afr/f8faffc4-5ea8-4dc1-b8d4-109e2a95915d) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
