# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-afr/85472447-503e-4904-b82e-065ddb9e505f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-afr/85472447-503e-4904-b82e-065ddb9e505f)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                    DBE/November 2018
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                         DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1       Die Tao Te Ching is deur … geskryf.

                      A   Chuang Tzu
                      B   Yang
                      C   Lao Tzu
                      D   Confucius                                                             (1)

          1.1.2       In die Afrika Tradisionele Godsdiens kan hierdie persoon dolosse
                      gooi in die uitvoering van sekere rituele:

                      A   Indoena
                      B   Hoofman
                      C   Sangoma/Isangoma
                      D   Intlabi                                                               (1)

          1.1.3       Die oudste vertakking van Boeddhisme is …

                      A   Theravada-Boeddhisme.
                      B   Zen-Boeddhisme.
                      C   Mahajana-Boeddhisme.
                      D   Tibettaanse Boeddhisme.                                               (1)

          1.1.4       Die groot Hindoe-wysgeer, Krishna Dwipayana, het hierdie heilige
                      boeke saamgestel:

                      A   Die Kitáb-i-Aqdas en die Mahabharata
                      B   Prediker en Openbaring
                      C   Die Pali Kanon en die Tripitaka
                      D   Die Rig-Veda en die Samaveda                                          (1)

          1.1.5       Hou vas aan tradisionele, konvensionele waardes:

                      A   Konserwatisme
                      B   Sekularisme
                      C   Confucianisme
                      D   Dwaalleer/Kettery                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               4                      DBE/November 2018
                                               NSS

          1.1.6       Die Tenach in Judaïsme kom ooreen met hierdie deel van die
                      Christelike Bybel:

                      A   Die Nuwe Testament
                      B   Die Pentateug
                      C   Die Handelinge van die Apostels
                      D   Die Ou Testament                                                    (1)

          1.1.7       'n Geestelike oefening om moksha te bereik, wat asembeheer en
                      spesifieke liggaamshoudings insluit:

                      A   Mistisisme/Mistiek
                      B   Meditasie
                      C   Mantra
                      D   Joga                                                                (1)

          1.1.8       Elke mens in die heelal beheer sy/haar eie lot en word nie deur
                      enige ander persoon of enige hoër wese, soos 'n god, beheer nie.
                      Dit is 'n lering van …

                      A   die Afrika Tradisionele Godsdiens.
                      B   Hindoeïsme.
                      C   Boeddhisme.
                      D   die Bahá'i-geloof.                                                  (1)

          1.1.9       'n Verklaring wat in 1993 deur die Parlement van die Wêreld se
                      Godsdienste aangeneem is:

                      A   Die Handves vir Barmhartigheid
                      B   Na 'n Wêreldetiek toe
                      C   Millennium-ontwikkelingsdoelwitte
                      D   Die Vryheidshandves                                                 (1)

          1.1.10      Twee leiers van die Bahá'i-geloof was …

                      A   Abdu'l-Baha en Bahá'u'lláh.
                      B   Abdu'l-Baha en Abu Bakr.
                      C   Bahá'u'lláh en Hermann Zimmer.
                      D   Bahá'u'lláh en Maimonides.                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                 5                           DBE/November 2018
                                                 NSS

1.2       Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.

          VOORBEELD: Piesang; Appel; Aartappel; Druiwe
          ANTWOORD: 1.2.6 Aartappel. Die ander is almal vrugte.

          1.2.1        Rooms-Katoliek; Baptis; Presbiteriaans; Metodis                               (2)

          1.2.2        Fatwa; Shahada; Ilima; Wudu                                                   (2)

          1.2.3        Psalms; Mites; Gelykenisse; Legendes                                          (2)

          1.2.4        Copernicus; Darwin; Galileo; Kepler                                           (2)

          1.2.5        Imam; Dominee; Rabbi; Martelaar                                               (2)

1.3       Kies 'n item uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in
          die ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer
          gebruik NIE.

                             KOLOM A                                  KOLOM B
         1.3.1       Die Tien Gebooie is op hierdie berg     A   voorvaders
                     aan Moses gegee
                                                             B   Tenzin Gyatso
         1.3.2       Hierdie vorm van Christelikheid het
                     sy oorsprong in Afrika                  C   Inkwisisie

         1.3.3       Familielede wat gesterf het en by die   D   pluralisme
                     geestesryk aangesluit het
                                                             E   ateïsme
         1.3.4       Die Dalai Lama, leier van
                     Tibettaanse Boeddhisme                  F   Sinai

         1.3.5       Die Rooms-Katolieke Kerk het in die     G Afrika Tradisionele
                     15de eeu hierdie geregshof in Spanje      Godsdiens
                     gevestig om teen dwaalleer/kettery
                     te waak                                 H   Afrika-geïnisieerde Kerke

         1.3.6       Alle godsdienste is weë na die
                     waarheid en is ewe geldig
                                                                                       (6 x 1)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                            DBE/November 2018
                                            NSS

1.4       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.

          1.4.1       Martin Luther King het die Hervorming begin.                               (2)

          1.4.2       Die Aartsbiskop van Canterbury is die erf-hoof van die Anglikaanse
                      kerk.                                                                      (2)

          1.4.3       Om elemente van een godsdiens met elemente van 'n ander te
                      meng om 'n nuwe godsdiens te vorm, word fundamentalisme
                      genoem.                                                                    (2)

          1.4.4       Die Bahá'i-geloof is 'n stamgebaseerde godsdiens.                          (2)

          1.4.5       Konserwatiewe Judaïsme is die oudste onderafdeling van
                      Judaïsme.                                                                  (2)

          1.4.6       Barmhartigheid is 'n godsdienstige viering/onderhouding wat
                      bedoel is om ons aan 'n heilige gebeurtenis te herinner.                   (2)

1.5       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.5.1       Die Kruistogte gedurende die Middeleeue was godsdienstige
                      oorloë wat tussen die Moslems en die … gevoer is.                          (2)

          1.5.2       Die volgelinge van Hindoeïsme noem hulle godheid …                         (2)

          1.5.3       Die Christelike godsdiens het in die 4de eeu die amptelike
                      godsdiens van die Romeinse Ryk onder Keiser … geword.                      (2)

          1.5.4       'n Stelling oor hoe iets in 'n godsdiens waargeneem word, word 'n
                      beskrywende stelling genoem, maar 'n stelling oor hoe iets
                      veronderstel is om te wees, word 'n … stelling genoem.                     (2)

          1.5.5       Volgens Taoïsme word die 'tienduisend dinge' deur die Drie
                      geproduseer en die Drie word deur die Twee geproduseer. Die
                      Twee is die … en …                                                         (2)

          1.5.6       Die primêre bron van die Sjaria is die heilige geskrif, genoem
                      die …                                                                      (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                               DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      PARLEMENT VAN DIE WÊRELD SE GODSDIENSTE

          Die eerste sitting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1893
          in Chicago gehou met die doel om 'n globale gesprek oor gelowe te skep.
          Daar was sedert daardie geleentheid verskeie verdere Parlementsittings.

                                             [Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]

          2.1.1       Wat is DRIE positiewe uitkomste van die eerste Parlement van die
                      Wêreld se Godsdienste?                                                          (6)

          2.1.2       Verduidelik, in TWEE sinne, die frase 'globale gesprek oor gelowe'.             (4)

          2.1.3       Hoe verskil die parlement van 'n land van dié van die Parlement
                      van die Wêreld se Godsdienste?                                                  (6)

          2.1.4       Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is maar net een
                      intergodsdienstige    organisasie.  Noem      EEN     ander
                      intergodsdienstige organisasie en bespreek die suksesse en
                      mislukkings daarvan.                                                            (12)

          2.1.5       Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1999 in
                      Kaapstad gehou. Gee DRIE redes waarom Kaapstad gekies is.                       (6)

2.2       Verduidelik die verband tussen godsdienstige lering en godsdienstige
          oortuiging.                                                                                 (4)

2.3       Noem TWEE verskille tussen doktrine/leerstelling en dogma.                                  (4)

2.4       Verduidelik die volgende in die konteks van godsdiens:

          2.4.1       Uniekheid                                                                       (2)

          2.4.2       Eenheid                                                                         (2)

2.5       Gee EEN voorbeeld van die volgende:

          2.5.1       Eenheid in 'n godsdiens                                                         (2)

          2.5.2       Eenheid tussen verskillende godsdienste                                         (2)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            8                                DBE/November 2018
                                            NSS

VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              GODSDIENS EN DIE MEDIA
In verskeie studies oor godsdienstige dekking in die media was die belangrikste
gevolgtrekkings die volgende:
(a)       Dekking het in die loop van die laaste dekade betekenisvol gestyg, maar dit
          was baie negatief.
(b)       Die houding teenoor ortodokse gelowe is meesal vyandig, maar teenoor
          minderheidsgodsdienste is dit gunstig.
(c)       Die persone met wie heel dikwels onderhoude gevoer word, is diegene wat
          ortodokse godsdienste bevraagteken.
(d)       Die politieke elemente van godsdienstige idees en instansies kry die meeste
          dekking.
(e)       Die stryd van vroue en minderhede kry ook baie aandag.
(f)       Kwessies wat seksuele moraliteit behels, kry baie aandag.
(g)       Teologiese en geestelike vrae word selde as nuuswaardig aangebied.
                                           [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]

3.1.      Wat verstaan jy onder die woord media? Sluit TWEE verskillende tipes media
          by jou antwoord in.                                                                         (6)
3.2       Bespreek gevolgtrekking (a) in die uittreksel hierbo en dui aan of dit vir
          godsdiens voordelig is, of nie.                                                             (6)
3.3       Verwys na gevolgtrekking (b) in die uittreksel hierbo en beantwoord die
          volgende vrae:
          3.3.1       Verduidelik, in jou eie woorde, wat met ortodokse gelowe en
                      minderheidsgodsdienste in hierdie konteks bedoel word.                          (4)
          3.3.2       Stel TWEE redes voor waarom die 'houding … meesal vyandig'
                      teenoor ortodokse gelowe is, maar 'gunstig' teenoor
                      minderheidsgodsdienste is.                                                      (4)

3.4       Verwys na gevolgtrekking (f) in die uittreksel hierbo. Bespreek EEN voorbeeld
          hiervan wat jy in die media opgemerk het.                                                   (10)
3.5       Met betrekking tot godsdienstige dekking in die media, verduidelik wat met
          ELK van die volgende bedoel word en gee 'n geskikte voorbeeld in ELKE
          geval:
          3.5.1       Stereotipering                                                                  (4)
          3.5.2       Vooroordeel                                                                     (4)
          3.5.3       Onpartydigheid                                                                  (4)
          3.5.4       Sensasionalisme                                                                 (4)
          3.5.5       Feitelike/Juiste weergawe                                                       (4)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                          9                                DBE/November 2018
                                          NSS

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    MENSEREGTE

Die Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte is in 1948 voorgelê en
deur regerings oor die wêreld heen geteken. In hierdie dokument word menseregte op
die inherente waardigheid van mense gebaseer.

                                                [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]

4.1       Godsdiensvryheid is 'n mensereg. Noem enige TWEE ander menseregte en
          bespreek die verantwoordelikhede wat met ELKEEN geassosieer word.                         (8)

4.2       Wat sê die Suid-Afrikaanse Konstitusie oor godsdiensvryheid?                              (8)

4.3       Hoe toon Suid-Afrika godsdiensvryheid?                                                    (10)

4.4       Noem EEN land in die wêreld waar godsdiensvryheid geskend is. Verduidelik
          die aard van die skending.                                                                (8)

4.5       Met verwysing na ENIGE van die godsdienste wat jy bestudeer het, noem
          VIER leringe wat mekaar ten opsigte van ELK van die volgende ondersteun:

          4.5.1       Menseregte                                                                    (8)

          4.5.2       Godsdiensvryheid                                                              (8)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             10                         DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 5

5.1       Verduidelik ELK van die volgende en noem EEN godsdiens waarmee dit
          geassosieer word:

          5.1.1       Monoteïsme                                                             (4)

          5.1.2       Sannyasin                                                              (4)

          5.1.3       Ubuntu                                                                 (4)

          5.1.4       Dharma                                                                 (4)

5.2       Identifiseer EEN algemene kenmerk van ELK van die volgende groepe:

          5.2.1       Christelike godsdiens, Islam en Judaïsme                               (2)

          5.2.2       Hindoeïsme en Boeddhisme                                               (2)

          5.2.3       Afrika Tradisionele Godsdiens en die Afrika-geïnisieerde Kerke         (2)

5.3       Alle Moslems deel 'n gemeenskaplike stel oortuiginge (imaan). Noem SES
          van hierdie oortuiginge.                                                           (12)

5.4       Vergelyk die konsepte van godsdiens en ideologie.                                  (4)

5.5       Kies EEN godsdiens en bespreek DRIE van die unieke kenmerke daarvan.               (12)
                                                                                             [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                     GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-final-memo-afr/c7adcc8c-1b2a-4cd6-a800-100b117f641c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-afr/15b658e5-18ad-47c1-9fc1-91f3fdd2f2c4) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-eng/c093c0e7-2546-41c9-843f-ec4bf7705cf2) — Religion Studies · QP · 2018 · Eng
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/94e8c743-ed51-404d-83f6-e1975786bf51) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
