# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-afr/1378ee39-0f55-4f4f-9707-d8442a8f246d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-afr/1378ee39-0f55-4f4f-9707-d8442a8f246d)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                     DBE/November 2019
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                               DBE/November 2019
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1      Met betrekking tot heilige geskrifte, beteken 'kanon' …

                     A   dat boeke betwis word.
                     B   die amptelike versameling geïnspireerde en gesagdraende
                         boeke.
                     C   boeke wat deur die apostels geskryf is.
                     D   boeke wat volledig is.                                                      (1)

          1.1.2      Die dood van die Profeet Muhammad het in … plaasgevind.

                     A   32 AE
                     B   32 VHJ
                     C   600 VHJ
                     D   632 AE                                                                      (1)

          1.1.3      In Judaïsme word daar soms na God verwys as 'n vader, koning of
                     herder, wat hom menslike eienskappe gee. Dit staan as … bekend.

                     A   antropomorfisme
                     B   immanentisme
                     C   universalisme
                     D   transendentalisme                                                           (1)

          1.1.4      Watter van die volgende behoort NIE by die Afrika-geïnisieerde
                     Kerke NIE?

                     A   Die Mormone
                     B   Die Zioniste
                     C   Die Ethiopiërs
                     D   Die Nasareners                                                              (1)

          1.1.5      Vir 'n Taoïs is …

                     A   om 'n voorbeeld te stel, die beste manier om te lei.
                     B   dit die beste om buigsaam te wees en om met die stroom saam
                         te gaan.
                     C   daar niks spesiaal aan mense nie.
                     D   Al die bogenoemde                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                      DBE/November 2019
                                              NSS

          1.1.6      Hierdie skool van Boeddhisme plaas die meeste klem op heilige
                     geskrifte:

                     A   Tibetaanse
                     B   Suiwer Land ('Pure Land')
                     C   Mahajana
                     D   Theravada                                                            (1)

          1.1.7      Die woord 'katoliek' beteken …

                     A   universeel.
                     B   behoort aan die pous.
                     C   behoort aan die geestelike leiers.
                     D   behoort aan die apostels.                                            (1)

          1.1.8      Mistisisme in Islam word … genoem.

                     A   pasifisme
                     B   fundamentalisme
                     C   Soefisme
                     D   panteïsme                                                            (1)

          1.1.9      'n Situasie waar lede van baie godsdienste in dieselfde gebied
                     woon:

                     A   Politeïsme
                     B   Kerkverband
                     C   Pluralisme
                     D   Scïentologie                                                         (1)

          1.1.10     Karl Marx was …

                     A   'n kommunis.
                     B   'n materialis.
                     C   'n ateïs.
                     D   Al die bogenoemde                                                    (1)

1.2       Kies die woord in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK
          neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.

          VOORBEELD: Piesang; Appel; Aartappel; Druiwe
          ANTWOORD: 1.2.5 Aartappel. Die ander is almal vrugte.

          1.2.1       Minaret; Murtis; Kramat; Masiet                                         (2)

          1.2.2       Prediker/Eerwaarde; Isangoma; Intlabi; Voorouers                        (2)

          1.2.3       Koning Saul; Koning Dawid; Koning George; Koning Salomo                 (2)

          1.2.4       Evolusie; Ossillasie; Pendulum; Jin en Jang                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                             DBE/November 2019
                                             NSS

1.3       Kies 'n item uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik
          NIE.

                              KOLOM A                             KOLOM B
             1.3.1 'n Vers, lettergreep of frase wat in   A    Nagmaal
                   rituele of meditasie gebruik word
                                                          B    Tikkun Olam
             1.3.2 'n Belangrike sakrament in die
                   Rooms-Katolieke Kerk                   C    sakrament

             1.3.3 Die Bahá'i-tuine ter nagedagtenis      D    Haifa
                   van Bahá'u'llhá word hier gevind
                                                          E    Rishis
             1.3.4 Baie Hervormde Jode ondersteun
                   hierdie beginsel van sosiale           F    mistikus
                   geregtigheid
                                                          G    mantra
             1.3.5 Ontken die bestaan van God
                                                          H    ateïsme
             1.3.6 Wyse manne wat die Vedas voor
                   3 VHJ mondeling oorgedra het           I    filantroop

             1.3.7 Iemand wat na 'n diep en intense       J    Iran
                   verhouding met God smag

             1.3.8 Iemand wat goeie werke vir ander
                   mense doen
                                                                                    (8 x 1)       (8)

1.4       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.

          1.4.1       Fundamentaliste glo aan 'n metaforiese interpretasie van hulle
                      geskrifte.                                                                  (2)

          1.4.2       In die Verenigde Koninkryk is die monarg beide die hoof van die
                      Anglikaanse Kerk en die konstitusionele hoof van die land.                  (2)

          1.4.3       Die heilige geskrif van die Boeddhiste bestaan uit beide die Pali
                      Kanon en die Kitáb-i-Aqdas.                                                 (2)

          1.4.4       Die Soenni's en Sjia's stem saam dat die Hadith van imam Bukhari
                      die mees geloofbaar/outentieke is.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             6                             DBE/November 2019
                                             NSS

1.5       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.5.1       Die godsdienstige beweging wat deur Martin Luther begin is, staan
                      as die … bekend.                                                            (1)

          1.5.2       Volgens Hindoeïsme word daar na 'n uitgebreide skema van
                      korrekte gedrag as … verwys.                                                (1)

          1.5.3       Die inheemse godsdiens van Japan is …                                       (1)

          1.5.4       Jode wat die wette oor kleredrag, voedsel, seks, werk en heilige
                      dae baie streng nakom, is die … Jode.                                       (1)

          1.5.5       Christene glo dat Jesus op die Berg … gekruisig is.
                                                                                                  (1)
          1.5.6       Godsdienstige oortuiginge wat mense sonder enige twyfel moet
                      aanvaar, word … genoem.                                                     (1)

1.6       Skryf TWEE sinne oor ELK van die volgende konsepte in die konteks van
          godsdiens:

          1.6.1       Sinkretisme                                                                 (2)

          1.6.2       Sutta                                                                       (2)

          1.6.3       Gesaghebbende ('Pundit')                                                    (2)

          1.6.4       Waarsêer                                                                    (2)

          1.6.5       Lao-tzu                                                                     (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                              DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                        INTERGELOOFSLEIERS HOU OPTOG VIR VREDE
          Kaapstadse geloofsleiers en vredeliewende burgers van regoor die
          Wes-Kaap het gister, in aanloop tot vandag se Internasionale Dag van Vrede
          (21 September), saamgespan om aan 'n Stil-Vredes-en-Gebedsoptog deel
          te neem.
          Die kleurvolle, stil vredesoptog na die Parlement – wat godsdienstige leiers
          van die Kaapstadse Intergeloofsinisiatief ('CTII'), die Forum vir Godsdienstige
          Leiers, tradisionele leiers, inwoners, die SA Vredesalliansie en die Moslem
          Regterlike Raad ('Muslim Judicial Council (MJC)') ingesluit het – het met
          intergeloofsgebede en stil meditasie begin.
          Die optog is georganiseer nadat die Minister van Polisie, Bheki Cele, die land
          se nasionale misdaadstatistieke uitgereik het. 'n Memorandum is aan
          President Cyril Ramaphosa se verteenwoordiger oorhandig waarin geëis is
          dat die regering vertroue herstel deur teen maatskaplike euwels soos die hoë
          koers van geweld en misdaad op te tree.
          Berry Behr, voorsitter van CTII, het gesê: 'Ons is vandag hier om ons land
          terug te lei na die hoop en geloof wat ons in 1996 gevoel het toe ons
          Konstitusie afgekondig is. Dit lyk asof Suid-Afrika baie ver van die gees en die
          letter van die Konstitusie afgedwaal het. Die oppergesag van die wet is met
          bendegesag in ons woonbuurte vervang waar vrees elke kind in elke straat
          bekruip.'
          Prinses Chantal Revell van die Katz Korana-koningshuis het gesê: 'Dit is
          hartseer en vreesaanjaend om die huidige stand van ons land te sien. Die
          onregte wat daarbuite plaasvind, is ongelooflik. Dit is tyd om saam te staan
          om dit tot voordeel van ons kinders stop te sit.'
          Woordvoerder van die organiseerders, MJC adjunk-president, Moulana Abdul
          Khaliq Allie, het gesê: 'Daar is geen ander manier om vrede te bewerkstellig
          as deur godsdienste nie, so dis waarom ons vir gemeenskappe sê staan
          saam ons sodat ons hierdie hindernisse waarvoor ons staan, kan oorkom. Die
          polisie het probeer en binnelandse veiligheid het probeer, maar wanneer
          steek ons ons hande uit en doen 'n beroep op God?'
                                          [Aangepas uit Cape Times, Vrydag 21 September 2018]

          2.1.1       Noem DRIE maniere in die uittreksel waarop die samelewing uit
                      die optog kon voordeel trek.                                                 (6)
          2.1.2       Waarom het die organiseerders van die optog gedink dis gepas dat
                      dit 'n 'stil' optog moet wees?                                               (6)
          2.1.3       Hoe weet ons dat 'n groot aantal godsdienste die optog gesteun
                      het? Gee TWEE redes.                                                         (4)
          2.1.4       Die optog na die Parlement word as 'kleurvol' beskryf. Gee TWEE
                      maniere waarop 'kleurvol' 'n goeie beskrywing van die optog is.              (4)
          2.1.5       Drie verskillende mense word in die uittreksel aangehaal.
                      Verduidelik hoe dit die leser se waarneming van die optog sal
                      beïnvloed.                                                                   (10)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              8                              DBE/November 2019
                                              NSS

2.2       Waarom is stereotipering 'n vorm van vooroordeel?                                         (4)

2.3       Sosiale media (Facebook, Twitter, ens.) kan openbare mening oor
          godsdienstige sake sterk beïnvloed.

          2.3.1       Noem VIER voordele van die invloed van sosiale media.                         (8)

          2.3.2       Noem VIER nadele van die invloed van sosiale media.                           (8)
                                                                                                    [50]

VRAAG 3

3.1       Verduidelik ELK van die konsepte hieronder. Gebruik ELKE konsep in 'n sin
          om die betekenis daarvan in die konteks van godsdiens duidelik te illustreer.

          3.1.1       Verskil                                                                       (4)

          3.1.2       Geloof/Oortuiging                                                             (4)

          3.1.3       Vergelykbaarheid                                                              (4)

          3.1.4       Eenheid                                                                       (4)

3.2       In die konteks van godsdiens, gee TWEE feite oor ELK van die volgende:

          3.2.1       Die Opperwese in Taoïsme                                                      (4)

          3.2.2       Voorouers in die Afrika Tradisionele Godsdiens                                (4)

          3.2.3       Drie-eenheid in die Christelike godsdiens                                     (4)

          3.2.4       Nirvana in Boeddhisme                                                         (4)

3.3       Verduidelik wat met die volgende stellings bedoel word:

          3.3.1       'n Godsdiens     se   geloof/oortuigings    kom   van     sy   leringe/
                      leerbeginsels.                                                                (4)

          3.3.2       'n Godsdiens se praktyk kom van sy geloof/oortuigings.                        (4)

3.4       Noem die unieke eienskappe van die volgende godsdienste:

          3.4.1       TWEE unieke eienskappe van die Bahá'i-geloof                                  (4)

          3.4.2       DRIE unieke eienskappe van Judaïsme                                           (6)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               9                                DBE/November 2019
                                               NSS

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     WEERBARE KINDERS

1     Kinders regdeur die wêreld is in gevaar. Meer as 11 miljoen sal hierdie jaar aan
      voorkombare siektes sterf; 200 miljoen is ondervoed; nog 'n miljoen leef met MIV.
      Net in Afrika suid van die Sahara is meer as 13 miljoen in die Vigs-pandemie
      wees gelaat.

2     Kinders is ook die slagoffers van gewapende konflik. Hulle word as kindersoldate
      geforseer om dood te maak. Hulle is slagoffers van landmyne. Hulle is meer as
      die helfte van die wêreld se vlugtelinge. Soos wat nasies saamstaan om teen
      terrorisme te stry, sal daar meer en meer kindervlugtelinge, weeskinders en
      slagoffers van geweld wees.

3     Elke godsdienstige tradisie beklemtoon die skoonheid, heiligheid en waarde van
      die kind. Godsdienstige mense erken die behoefte om te reageer op die probleem
      van weerbare kinders. In vennootskap met regerings, liefdadigheids- en ander
      humanitêre organisasies werk hulle om die wêreld 'n beter plek vir kinders
      te maak.

4     Die wêreld se steun vir kinderregte het tot die Verenigde Nasies se Konvensie oor
      die Regte van die Kind (1989) gelei, wat algemeen die mees bekragtigde
      menseregte-ooreenkoms in die geskiedenis geword het. Onder President Nelson
      Mandela, wie se liefde vir kinders aan almal bekend is, het Suid-Afrika op
      16 Junie 1995 die Konvensie bekragtig.

5     Godsdienstige gemeenskappe is uniek toegerus om die verandering in
      ingesteldheid en gedrag, wat op aandrang van die Konvensie moet plaasvind,
      te laat gebeur. Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede, wat saam met
      die Verenigde Nasies werk, help godsdienstige gemeenskappe om die
      doelstellings van die Konvensie te implementeer. Die Wêreldkonferensie van
      Godsdienste vir Vrede, 'n uitkoms van die Parlement van Wêreldgodsdienste, wat
      in 1970 in Kyoto, Japan gestig is, is die grootste globale intergodsdienstige
      organisasie wat op elke kontinent aktief is.
                         [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies Grade 12 Learner's Book]

4.1       Baie kinders is in gevaar as gevolg van siektes.

          4.1.1       Watter ander faktor word in die uittreksel genoem?                                (2)

          4.1.2       Noem TWEE ander faktore, wat NIE in die uittreksel genoem is
                      NIE, wat tot kindersterftes kan lei.                                              (4)

4.2       Wat leer godsdienste ons oor kinders:

          4.2.1       Volgens die uittreksel                                                            (2)

          4.2.2       Volgens 'n spesifieke godsdiens van jou keuse                                     (4)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              10                           DBE/November 2019
                                              NSS

4.3       Godsdienstige organisasies werk dikwels saam om die wêreld 'n beter plek vir
          kinders te maak.

          4.3.1       Haal EEN woord uit paragraaf 3 aan wat vir ons sê dat die
                      probleem te groot is vir enige een organisasie om dit op hulle eie te
                      hanteer.                                                                    (2)

          4.3.2       '… en ander humanitêre organisasies …' (paragraaf 3).

                      Gee EEN voorbeeld van 'n humanitêre organisasie wat met 'n
                      godsdiens geassosieer word. Noem die godsdiens.                             (4)

          4.3.3       Bespreek die werk van die organisasie wat jy in VRAAG 4.3.2
                      genoem het.                                                                 (8)

4.4       Verwys na paragraaf 4.

          4.4.1       '… wat algemeen die mees bekragtigde menseregte-ooreenkoms
                      in die geskiedenis geword het.'

                      Wat beteken hierdie aanhaling?                                              (2)

          4.4.2       Die Verenigde Nasies is verantwoordelik vir twee belangrike
                      menseregtedokumente – die Universele Verklaring van
                      Menseregte (1948) en die Konvensie oor die Regte van die Kind
                      (1989).

                      Noem TWEE ooreenkomste en TWEE verskille tussen hierdie
                      dokumente.                                                                  (8)

4.5       'Godsdienstige gemeenskappe is uniek toegerus om die verandering in
          ingesteldheid en gedrag, wat op aandrang van die Konvensie moet plaasvind,
          te laat gebeur.' (Paragraaf 5)

          Gee DRIE redes hiervoor.                                                                (6)

4.6       Beide die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede en die Parlement
          van Wêreldgodsdienste is intergodsdienstige organisasies wat tans steeds
          aktief is.

          Vergelyk kortliks die manier waarop hierdie twee organisasies begin is.                 (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             11                          DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 5

5.1       5.1.1       Wat verstaan jy onder Jin en Jang?                                      (4)

          5.1.2       Hoe beïnvloed hierdie geloof/oortuiging die leefstyl van die
                      volgelinge daarvan?                                                     (2)

5.2       Beantwoord die vrae hieronder met verwysing na die volgende konsepte:

              Bodhisattva (Boeddhisme)
              Sannyasin (Hindoeïsme)
              Sint/Heilige (Christelike godsdiens)

          5.2.1       Gee EEN ooreenkoms wat die drie konsepte hierbo deel.                   (2)

          5.2.2       Verduidelik hoe ELK van hierdie konsepte verskillend is.                (6)

5.3       Noem die godsdiens waarin die volgende oortuiginge gevind word en
          verduidelik die oortuiging:

          5.3.1       Inkarnasie                                                              (6)

          5.3.2       Reïnkarnasie                                                            (6)

5.4       In die konteks van godsdiens, gee EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen
          die volgende:

          5.4.1       Mite en gelykenis                                                       (4)

          5.4.2       Fundamentalis en tradisionalis                                          (4)

          5.4.3       Vaishnavisme en Shaïvisme                                               (4)

5.5       Daar is baie faktore waaruit die identiteit van 'n godsdiens bestaan,
          waaronder die drie faktore hieronder gegee.

          Met verwysing na enige EEN godsdiens, skryf TWEE feite oor ELKE faktor
          neer:

          5.5.1       Die simbool wat die godsdiens verteenwoordig                            (4)

          5.5.2       Die plek van aanbidding                                                 (4)

          5.5.3       Kleredragkode                                                           (4)
                                                                                              [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-eng/fbe281bd-de6f-42f1-9da7-7afd95b1b9a8) — Religion Studies · QP · 2019 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-memo-afr/a563b831-4cc8-4251-8ff0-184fd8a7b530) — Religion Studies · Memo · 2019 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2019-eng/a085b073-db32-4086-ad32-0171dbb66d6c) — Religion Studies · QP · 2019 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-afr/b014d4a7-f0f0-4965-ace1-7d412130ad42) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
