# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-afr/b014d4a7-f0f0-4965-ace1-7d412130ad42
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-afr/b014d4a7-f0f0-4965-ace1-7d412130ad42)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                      NATIONAL SENIOR
                           SENIOR     CERTIFICATE
                                  SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                    DBE/November 2021
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                3                           DBE/November 2021
                                                NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1       Ortodokse Jode kom godsdienstige wette na wat … genoem word.

                      A    Sjaria
                      B    Mitzvot
                      C    Genesis
                      D    Halakhah                                                                 (1)

          1.1.2       Om vir ewig te leef, ewigdurend, altyddurend:

                      A    Pad van die heelal
                      B    Reïnkarnasie
                      C    Onsterflik
                      D    Lewensiklus                                                              (1)

          1.1.3       Een van die pligte van die aftreestadium in Hindoeïsme is om …

                      A    jou huweliksmaat te ondersteun.
                      B    te baklei en te regeer.
                      C    in handelsdryf te spesialiseer.
                      D    tyd aan die bestudering van heilige geskrifte te bestee.                 (1)

          1.1.4       'Straf en beloning is hier en nou.' Dit is 'n oortuiging van …

                      A    Afrika Tradisionele Godsdiens.
                      B    Bahá'u'lláh.
                      C    Siddhartha Gautama.
                      D    die Dalai Lama.                                                          (1)

          1.1.5       'Mense moet in harmonie met die heelal leef.' Dit is 'n oortuiging
                      van …

                      A    Taoïsme.
                      B    die Bahá'i-geloof.
                      C    Boeddhisme.
                      D    Judaïsme.                                                                (1)

          1.1.6       'n Geloof dat staatsbestuur en moraliteit nie op godsdiens
                      gebaseer hoef te wees nie:

                      A    Kreasionisme
                      B    Nie-teïsties
                      C    Sekularisme
                      D    Nie-godsdienstig                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                        DBE/November 2021
                                              NSS

          1.1.7       'n Voorbeeld van Neo- (moderne) Hindoeïsme is …

                      A    Rig-Veda.
                      B    die Divine Life Society.
                      C    die Bhagavad Gita.
                      D    bhakti-joga.                                                        (1)

          1.1.8       Die Hadith is …

                      A    'n versameling leringe van die Profeet Mohammed.
                      B    verpligte leringe in die Koran.
                      C    boeke met mites.
                      D    rekords oor Islamitiese geskiedenis.                                (1)

          1.1.9       Die oudste vorm van Boeddhisme is …

                      A    Zen-Boeddhisme.
                      B    Tibettaanse Boeddhisme.
                      C    Mahayana-Boeddhisme.
                      D    Theravada-Boeddhisme.                                               (1)

          1.1.10      'n Dogma, in 'n godsdienstige konteks, is …

                      A    'n leuen of versinsel.
                      B    leringe met absolute gesag.
                      C    'n heilige teks.
                      D    'n bespreking van geestelike waarhede deur middel van 'n
                           storie.                                                             (1)

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Die mistieke dimensie van Islam wat sekere unieke rituele
                     beklemtoon om soekers na die geestelike na 'n direkte ontmoeting
                     met God te lei, is …                                                      (1)

          1.2.2      Hierdie kerkverbande het uit die Christelike Katolieke Apostoliese
                     Kerk ontstaan: …                                                          (1)

          1.2.3      Die geloof dat die Tora deur God gegee is deur middel van idees
                     waaroor mense gemediteer het, is 'n lering van … Judaïsme.                (1)

          1.2.4      Die bekendste Bodhisattva in Tibettaanse Boeddhisme is die …              (1)

          1.2.5      Geloof in baie gode staan as … bekend.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            5                             DBE/November 2021
                                            NSS

1.3       Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.

         VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou
         ANTWOORD: Sirkel
         REDE:      Die ander drie is kleure.

          1.3.1       Charles Darwin; Shoghi Effendi; Copernicus; Kepler                          (2)

          1.3.2       Dharma; Karma; Kosjer; Ahimsa                                               (2)

          1.3.3       Monoteïsme; Drie-eenheid; Antropomorfisme; Sondag                           (2)

          1.3.4       Taoïsme;   Hindoeïsme;  Christendom;        Afrika      Tradisionele
                      Godsdiens                                                                   (2)
                            .
          1.3.5       Jin; Tao Te Ching; Dhammapada; Jang                                         (2)

1.4       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik
          NIE.

                     KOLOM A                              KOLOM B
          1.4.1      Tradisionele       A    na aanleiding van die model van die
                     Hindoeïsme              Heilige Drie-eenheid, moet die mensdom
                                             'n verhouding van wedersydse respek en
          1.4.2      Kitáb-i-Aqdas           liefde hê

          1.4.3      Christelike        B    'n heilige godsdienstige geleentheid
                     godsdiens
                                        C    alhoewel daar verskeie paaie na God toe
          1.4.4      Mite                    is, is die behoorlike uitvoer van
                                             huishoudelike en tempelrituele
          1.4.5      Ritueel                 verpligtend vir almal

                                        D    godsdienstige verhale waarin diep
                                             waarhede oor die lewe geopenbaar word

                                        E    twee godsdienstige groepe se weë het
                                             as gevolg van politieke verskille geskei

                                        F    'n heilige teks wat uit 'n versameling
                                             wette en leringe bestaan
                                                                                  (5 x 1)         (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             6                           DBE/November 2021
                                             NSS

1.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.

          1.5.1       Sinkretisme is die wetenskap van die vertolking/interpretasie van
                      tekste.                                                                      (2)

          1.5.2       Transformasie is 'n tydperk van verdeeldheid in die Katolieke Kerk
                      wat tot die vorming van verskillende Christelike kerkverbande gelei
                      het.                                                                         (2)

          1.5.3       Jesus Christus is gereïnkarneer nadat hy gesterf het.                        (2)

          1.5.4       'n Toestand van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme is dharma.             (2)

          1.5.5       'n Panteon is 'n aantal gode van 'n spesifieke godsdiens.                    (2)

1.6       In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite neer oor ELK van die
          volgende terme:

          1.6.1      Moksha                                                                        (2)

          1.6.2      Impepho                                                                       (2)

          1.6.3      Afrika-geïnisieerde Kerke                                                     (2)

          1.6.4      Kosmologie                                                                    (2)

          1.6.5      Pluralisme                                                                    (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                               DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1       Verduidelik die konsep uniekheid in die konteks van godsdiens.                              (4)
2.2       Bespreek die belangrikheid van uniekheid van 'n godsdiens.                                  (6)
2.3       Wat beteken godsdienstige identiteit?                                                       (2)
2.4       Verduidelik DRIE algemene kenmerke van ELK van die volgende:
          2.4.1       Oosterse godsdienste                                                            (6)
          2.4.2       Afrika-godsdienste                                                              (6)
2.5       Noem VIER ooreenkomste wat tussen die Abrahamitiese godsdienste
          bestaan.                                                                                    (8)
2.6       In die konteks van godsdiens, gee DRIE feite oor ELK van die volgende:
          2.6.1       Hindoeïsme se standpunt oor karma                                               (6)
          2.6.2       Die inyanga in Afrika Tradisionele Godsdiens                                    (6)
          2.6.3       Doop in die Christelike godsdiens                                               (6)
                                                                                                      [50]
VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Artikel 18 van die Universele Verklaring van Menseregte lui: 'Almal het die reg op
vryheid van mening en uitdrukking: hierdie reg omsluit vryheid om hulle godsdiens of
geloof te verander, en vryheid, óf alleen óf in 'n gemeenskap met andere en in die
publiek of privaat, om hulle godsdiens of geloof in onderrig, praktisering, aanbidding en
onderhouding te manifesteer (te toon).'
                                                  [Bron: Shuters Top Class Grade 12, bladsy 171]

3.1       Watter maatreëls het die Suid-Afrikaanse regering ingestel om die verklaring
          hierbo te onderhou?                                                                         (12)
3.2       Verduidelik die verskillende maniere waarop hierdie verklaring in Westerse en
          Oosterse kulture toegepas word.
          Gee TWEE feite ELK vir Westerse en Oosterse kulture.                                        (8)
3.3       Daar is lande wat NIE Artikel 18 respekteer NIE. Noem EEN so 'n land en gee
          besonderhede van hoe godsdiensvryheid geskend is.                                           (8)

3.4       Met verwysing na enige EEN godsdiens, bespreek die leringe daarvan wat
          menseregte bevorder.                                                                        (10)
3.5       Wat is die voordele en nadele daarvan om mense die vryheid te gee 'om hulle
          godsdiens of geloof te verander'?                                                           (12)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                8                               DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
      CHRISTELIKE REAKSIE NODIG TEEN DREIGEMENT DAT KERSFEES EN
       GOEIE VRYDAG AS OPENBARE VAKANSIEDAE VERWYDER WORD
                                 Deur Adv. Nadene Badenhorst
Die onlangse voorstel deur die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie ('SALRC')
om Goeie Vrydag en Kersfees as openbare vakansiedae op die SA kalender te
verwyder, het kritiek oor die hele land ontlok.
Volgens die SALRC, 'n raadgewende statutêre liggaam verantwoordelik vir die
identifisering en hersiening van wette wat van die Konstitusie afwyk, 'is daar 'n element
van benadelende behandeling aangesien die twee belangrikste Christen-vakansiedae
as betaalde vakansiedae verklaar is en volgelinge van ander godsdienste, wat ander
geloofsgebaseerde vakansiedae vier, benadeel word deurdat hulle vakansiedae nie
verklaarde openbare vakansiedae is nie en hulle nie die outomatiese voordeel van
betaling op daardie dae het nie'. Gevolglik stel die SALRC voor dat hierdie
vakansiedae óf hersien word óf dat ewe veel waarde aan die vakansiedae van ander
gelowe gegee word.
'n Mens kan jouself net indink wat die impak op ons ekonomie, wat alreeds swaarkry,
sal wees as, in die naam van gelykheid, ons 'n openbare vakansiedag aan elke groep
van ons samelewing gee! Dit maak eenvoudig nie sin dat amper 80% van die
(Christen)-bevolking 'n dag afvat vir 'n godsdienstige vakansiedag wat deur minder as
20% gevier word nie.
Dit lyk asof die SALRC ook oor die hoof sien dat artikel 2(2) van die Wet op Openbare
Vakansiedae spesifiek stipuleer dat 'enige openbare vakansiedag met enige ander dag
wat deur 'n ooreenkoms vasgestel is of waartoe 'n werkgewer en werknemer
ooreengekom het, uitgeruil kan word'. Met ander woorde, dieselfde Wet wat twee
Christelike vakansiedae op die nasionale kalender voorskryf, gee nie-Christen-
werknemers die reg om, in plaas van Goeie Vrydag en Kersfees, verlof te vra vir enige
ander dag (bv. Ramadan vir Moslems of Diwali vir Hindoes).
… Dit is moeilik om te aanvaar dat hierdie vakansiedae dien om 'godsdiensverdeelheid
te verdiep'.
                         [Uittreksel geneem uit gatewaynews.co.za. Toegang op 5 April 2020 verkry.]

4.1       4.1.1       Wat is die redes wat deur die SALRC gegee word vir die
                      verwydering van Kersfees en Goeie Vrydag van die Suid-
                      Afrikaanse kalender?                                                              (4)
          4.1.2       Watter TWEE redelike argumente kan Christene aanvoer om die
                      vakansiedae op die kalender te hou?                                               (4)
          4.1.3       Gee TWEE redes waarom dit nie 'sin maak' om meer
                      godsdienstige vakansiedae by die kalender te voeg nie.                            (4)
          4.1.4       'Dit is moeilik om te aanvaar dat hierdie vakansiedae dien om
                      "godsdiensverdeelheid te verdiep".'
                      Wat dink jy beteken hierdie aanhaling?                                            (2)
4.2       4.2.1       Analiseer hoe die media gewoonlik oor godsdienskwessies verslag
                      doen.                                                                             (6)
          4.2.2       Gee TWEE voorbeelde om jou antwoord op VRAAG 4.2.1 te
                      illustreer.                                                                       (4)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                9                               DBE/November 2021
                                                NSS

4.3       Ondersoek faktore wat die media kan beïnvloed wanneer hulle oor
          godsdienskwessies verslag doen.                                                              (8)
4.4       Wat is die moontlike gevolge van die stereotipering van godsdienste?                         (8)
4.5       Wat kan die media doen om die stereotipering van godsdienste te
          neutraliseer?                                                                                (10)
                                                                                                       [50]
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           UGANDA
Uganda het op baie wyses begin om 'n Afrika-suksesstorie te word. Hulle is oor die
ergste in die stryd teen MIV en Vigs, en hulle het 'n groeiende ekonomie. Daar is egter
'n geveg aan hulle grens met Kenia en Soedan teen 'n terreurgroep wat hulleself die
Lord's Resistance Army (LRA) noem. Hierdie groep val burgerlikes aan en ontvoer
kinders om in hulle weermag te dien.
Die Lord's Resistance Army het in die 1980's as 'n versetbeweging teen die
gruweldade van die Ugandese regering begin. Die leier van die LRA is Joseph Kony,
wat homself as 'n Christen-profeet beskou. Sy doelwit is om 'n onafhanklike staat te
vestig wat volgens die Tien Gebooie regeer sal word. Sy ander doel is om Acholi-
stamdominasie te versterk.
                                 [Aangepas uit: https://en.wikipedia.org/wiki/Lords_Resistance_Army]

5.1       Kony beskou 'homself as 'n Christen-profeet'. Wat beteken dit?                               (2)
5.2       Tot watter mate is dit 'n godsdienskonflik? Gee redes vir jou antwoord.                      (12)
5.3       Hoe kan godsdiensorganisasies met die konflik help?                                          (10)
5.4       Verduidelik die volgende konsepte en gee EEN relevante voorbeeld van ELK:
          5.4.1       Intragodsdienstige konflikte                                                     (4)

          5.4.2       Intergodsdienstige konflikte                                                     (4)

5.5       Daar bestaan baie verskillende godsdienste in Suid-Afrika. Die meeste het
          formele strukture om met mekaar en die regering te skakel. Noem die
          organisasies wat die volgende godsdienste in Suid-Afrika verteenwoordig:

          5.5.1       Christelike godsdiens                                                            (2)

          5.5.2       Hindoeïsme                                                                       (2)

          5.5.3       Islam                                                                            (2)

          5.5.4       Judaïsme                                                                         (2)

5.6       Dink jy godsdienskonflikte kom algemeen in Afrika voor? Gee redes vir jou
          antwoord.                                                                                    (10)
                                                                                                       [50]
                                                                       TOTAAL AFDELING B:              100
                                                                           GROOTTOTAAL:                150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2021-afr/94ed97b2-af85-4c73-a1c5-6528bd640854) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr/537eef21-b6e1-4cec-a2a5-9e28945bc3b9) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-eng/1ab07505-cfa7-4c8d-b503-3f7274f1230c) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr-1/7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
