# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2021 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-mg-afr/ea1c6558-df1e-42fb-a1b3-6dcc42d081c5
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2021 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-mg-afr/ea1c6558-df1e-42fb-a1b3-6dcc42d081c5)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2021

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                         DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

LET WEL: Krediteer die kandidate indien die korrekte woord in plaas van die
letter gegee is.

VRAAG 1

1.1       1.1.1       D√                                                                       (1)
          1.1.2       C√                                                                       (1)
          1.1.3       D√                                                                       (1)
          1.1.4       A√                                                                       (1)
          1.1.5       A√                                                                       (1)
          1.1.6       C√                                                                       (1)
          1.1.7       B√                                                                       (1)
          1.1.8       A√                                                                       (1)
          1.1.9       D√                                                                       (1)
          1.1.10      B√                                                                       (1)

1.2       1.2.1      Soefisme√                                                                 (1)
          1.2.2      Sionistiese Kerke√                                                        (1)
          1.2.3      Konserwatiewe Judaïsme√                                                   (1)
          1.2.4      Dalai Lama√                                                               (1)
          1.2.5      Politeïsme√                                                               (1)

1.3       1.3.1       Shoghi Effendi √
                      Die ander is wetenskaplikes. √                                           (2)

          1.3.2       Kosjer √
                      Die ander is konsepte wat in Hindoeïsme gebruik word.√                   (2)

          1.3.3       Sondag√
                      Die ander verwys na die aard van die godheid. √                          (2)

          1.3.4       Taoïsme√
                      Die ander het 'n konsep van 'n Opperwese. √ OF                           (2)
                      Afrika Tradisionele Religie
                      Die ander het almal heilige boeke.

          1.3.5       Dhammapada√
                      Die ander is sleutelkonsepte in Taoïsme.√                                (2)

LET WEL: Krediteer die kandidate indien die korrekte woord in plaas van die
letter gegee is.

1.4       1.4.1      C√                                                                        (1)
          1.4.2      F√                                                                        (1)
          1.4.3      A√                                                                        (1)
          1.4.4      D√                                                                        (1)
          1.4.5      B√                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             3                              DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

1.5       1.5.1       Onwaar√
                      Sinkretisme is wanneer twee verskillende geloofstelsels
                      gekombineer word om 'n nuwe een te vorm. √ OF
                      Hermeneutika is die wetenskap van die vertolking/interpretasie van
                      tekste.√                                                                     (2)

          1.5.2       Onwaar √
                      Hervorming is 'n tydperk van verdeeldheid in die Katolieke Kerk
                      hoofsaaklik in de 16de eeu, wat tot die vorming van verskillende
                      Christen-kerkverbande gelei het. √ OF Transformasie is die
                      verandering van een vlak na die volgende in 'n spesifieke
                      godsdiens.√                                                                  (2)

          1.5.3       Onwaar√
                      Jesus Christus het opgestaan nadat hy gesterf het. √                         (2)

          1.5.4       Onwaar√
                      'n Toestand van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme is
                      Nirvana.√ OF Dharma is die weg van Hoër Waarhede, lerings en
                      leerstellings van Boeddhisme. √                                              (2)

          1.5.5       Waar√√                                                                       (2)

1.6       1.6.1        Dit is die bevryding van die siel uit die eindelose siklus van
                        reïnkarnasie. √
                       Dit is die finale doelwit in die Hindoe-geloof.√                           (2)

          1.6.2        Dit is 'n kruiemedisyne wat deur kruiedokters en waarsêers
                        gebruik word. √
                       Impepho word gebrand om die voorouers op te roep om saam
                        met die lewendes te wees.√                                                 (2)

          1.6.3        Hierdie kerke is 'n kombinasie van Christen- en Afrika-gelowe en
                        -praktyke.√
                       Hulle is 'n voorbeeld van sinkretisme. √
                       Voorbeelde is die Nasaret –Baptistekerk.- en Sionistiese kerk. √           (2)

          1.6.4        Dit is 'n wetenskaplike poging om die evolusie van die heelal te
                        verstaan. √
                       Dit is daardie deel van metafisika wat te doen het met die aard
                        en struktuur van die heelal.√                                              (2)

          1.6.5        Dit is 'n positiewe aanvaarding van meer as een godsdiens. √
                       Dit leer respek en verdraagsaamheid van ander godsdienste. √               (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            4                            DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1        Uniekheid impliseer meer as net verskille tussen godsdienste.
           Dit kan na die een belangrikste kenmerk verwys wat een godsdiens van 'n
            ander een onderskei.
           Dit maak dit identifiseerbaar as 'n verskillende godsdiens vir ander.               (4)

2.2        Dit help lede om te identifiseer wie behoort en wie nie.
           Wanneer 'n persoon met die unieke elemente van 'n godsdiens saamstem,
            word hy/sy erken as dat hulle aan daardie godsdiens behoort en geen
            ander een nie.
           Dit gee gelowiges redes waarom hulle godsdiens die beste is.
           Dit help lede om te verduidelik waarom hulle daardie godsdiens gekies het.          (6)

2.3        Godsdienstige identiteit is 'n vorm van selfidentifikasie met die oortuigings
            en leerstellings/doktrine van die godsdiens.
           'n Godsdiens stel grense wat een godsdiens van al die ander onderskei.              (2)

2.4       2.4.1       Oosterse Godsdienste
                       Hulle ontstaan op die Indiese subkontinent.
                       Hulle glo aan reïnkarnasie (samsara),           alhoewel    hulle
                        verskillende persepsies daarvan het.
                       Hulle het die lerings van moksha en karma.                              (6)

                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

          2.4.2       Afrika-godsdiens
                       'n Geloof in 'n opperwese.(Daar mag ander plaaslike gode
                         wees).
                       Verering van die voorouers.
                       'n Geloof in die krag van die lewe – magte van die natuur.
                       'n Geloof in voorouergeeste.
                       Kommunikasie met die voorouers vind deur die ritueel van
                         diereofferandes plaas.                                                 (6)
                       Die basiese struktuur van Afrika-godsdiens is die clan/stam.

                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

2.5        Hulle is monoteïsties.
           Hulle deel baie profete – Abraham, Isak, Moses, ens.
           Hulle glo aan die bestaan van engele.
           Hulle plaas groot klem op godsdienstige lerings.
           Hulle beskou hulle heilige geskrifte as goddelik geïnspireerd, en gee dit
            kanonieke status.
           Hulle glo aan die Oordeelsdag.
           Hulle glo aan 'n ewige lewe na die dood.                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                         DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

2.6       2.6.1       Karma beteken elke aksie/handeling het gevolge.
                      Positiewe aksies gee goeie resultate terwyl negatiewe aksies
                       slegte resultate gee.Hierdie resultate word oorgedra in die
                       volgende lewe.
                      Die gevolg/uitvloeisel van die karma-teorie is die wet van              (6)
                       reïnkarnasie.
          2.6.2       Die inyanga is die tradisionele geneser in ATG ('ATR').
                      Inyangas behandel mense met kruiemedisyne.
                      Die inyanga kan ook 'n tussenganger tussen die voorouers en die
                       lewendes wees.                                                          (6

          2.6.3       Dit is 'n godsdienstige seremonie waardeur 'n persoon 'n van die
                       Christen-gemeenskap gemaak word.
                      Water word tydens die doop gebruik as 'n teken van reiniging.
                      Die doop is 'n teken dat 'n nuwe lewe in die Christelike geloof
                       ontvang word.
                      Dit is die teken van die nuwe verbond tussen Jesus en die kerk.         (6)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           6                          DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1        In    apartheid-Suid-Afrika  was    die    Christelike   godsdiens  die
            staatsgodsdiens, terwyl ander godsdienste gemarginaliseer is.
           Suid-Afrika het in 1994 'n demokratiese Konstitusie in 1994 aangeneem
            wat die beskerming van menseregte waarborg.
           Volgens ons menseregtegebaseerde Konstitusie kry alle godsdienste en
            kulture ewe veel erkenning.
           Suid-Afrikaanse wetgewing erken nou gewoonteverbintenisse, tradisionele
            medisyne, ens.
           Dit verbied onregverdige diskriminasie gebaseer op godsdiens teen
            enigiemand.
           Die Menseregtekommissie is bemagtig om gevalle van diskriminasie te
            ondersoek, godsdienstige diskriminasie ingesluit.
           Die Konstitusionele Hof is aangestel om alle wette te toets om seker te
            maak dit is in ooreenstemming met die Konstitusie geskryf.                       (12)
            LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

3.2       OOSTERSE KULTUUR
           Oosterse kulture glo dat die Universele Verklaring op die Westerse konsep
            van godsdiens en idees van godsdiensvryheid gebaseer is.
           Op kulturele wyse is dit te eng.
           Vir Hindoes, byvoorbeeld beteken godsdiensvryheid om nie gedwing te
            word om slegs een godsdiens te beoefen nie.
           Baie mense in die Ooste stem gelyktydig met meer as een godsdiens
            saam.
           Hierdie buigbaarheid word as godsdiensvryheid beskou.
           Hulle glo dat dit 'n slegte ding is om die Westerse beskouing van
            godsdiens af te dwing, want dit kan tot minder godsdiensvryheid in die
            wêreld lei, nie meer nie.
           Godsdiensvryheid beteken ook dat niemand gedwing word om sy/haar
            godsdiens te verander nie.

          WESTERSE KULTUUR
           Die samelewing sal slegs vreedsaam wees as mense en hulle leiers die
            beginsel of godsdienstige verdraagsaamheid aanneem.
           Verdraagsaamheid beteken om mense toe te laat om te bekeer en
            verskillende wêreldbeskouings te hê.
           Sekulêre wêreldbeskouings word ook erken.
           Persone moet vry wees om te glo waarin hulle wil, en om hulle beskouings
            openlik uit te speek sonder enige kommer dat hulle vervolg sal word.
           Europa het in die 16de eeu ernstige godsdienstige konflik ervaar met geen
            wenner nie. Daarom ondersteun die Weste die idee van godsdienstige
            verdraagsaamheid en vryheid van keuse.
           Met die instroming van hoofsaaklik Moslem-vlugtelinge in Europa is
            godsdienstige verdraagsaamheid besig om te verander om te beteken dat
            'n persoon sy/haar godsdienstige oortuigings privaat moet hou.

          LET WEL: 'n Maksimum van 6 punte kan vir enigeen van die kulture
          toegeken word.                                                                     (8)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           7                          DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

3.3       VOORBEELD 1:
           SRI LANKA
           In Sri Lanka erken die Konstitusie Boeddhisme as die primêre godsdiens,
            maar dit onderskryf ook die reg van ander godsdienste om vrylik beoefen
            te word.
           Ekstreme Boeddhiste val soms Christen-eiendom aan en die regering
            doen nie veel daaromtrent nie.
           Die aanvalle is gedeeltelik 'n reaksie op Christen-sendingaktiwiteite.
           Boeddhiste beskuldig Christene daarvan dat hulle by geforseerde bekering
            of bekering deur omkopery betrokke is.
           Terwyl die regering voortgaan om godsdiensvryheid te ondersteun, word
            wetsontwerpe in die parlement voorgelê wat bekeringsaktiwiteite sal
            verban.
           Alhoewel daar 'n paar inhegtenisnemings was, word die meeste aanvalle
            nie gestraf nie.

          VOORBEELD 2:
           MYANMAR (BURMA)
           Die Rohingya is 'n Moslem-minderheid en etniese groep wat al vir meer as
            500 jaar in Myanmar woon.
           Sektariese geweld het honderde Rohingya-mans en -vroue gedood en het
            meer as 140 000 haweloos gelaat soos wat hele woonbuurte tot op die
            grond vernietig is.
           Volgens die Menseregte-waghond is beplande etniesesuiweringsveldtogte
            uitgevoer.
           Aangesien die skuldiges plaaslike politieke en godsdienstige krygshere
            was, het die regering verkies om hierdie misdade teen die mensdom te
            ignoreer.
           Die regering van Myanmar het sy weermag asook die Boeddhistiese
            ekstremiste verdedig.
           Hulle beweer dat hulle aksies teen die etniese minderhede in die beste
            belang van die Birmese nasie is.
           Ten spyte van internasionale kritiek en wette teen godsdienstige
            haatspraak het die regering van Myanmar hulle blind gehou vir die nood
            van die Rohingya.
           Die amptelike woord vir die Rohingya-gemeenskap is 'Bengali', wat
            sinspeel op die (onwaar) oortuiging dat Rohingya nie etnies Birmees is nie
            en dus verdien om te sterf.                                                       (8)
3.4       VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
           Jy mag nie doodmaak nie.
           Dit verwys na die heiligheid van die menselewe/reg om te lewe.
           Moord word as 'n doodsonde beskou.
           Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Markus 12:31)
           Hierdie lering moedig Christene aan om te verseker dat hulle basiese
            behoeftes, soos kos, skuiling en water, te deel.
           Jy moet jou naaste soos jouself liefhê.
           Dit beteken ons kan deur liefde ander godsdienste soos ons eie aanvaar.
           Organisasies soos die Heilsleër verskaf sopkombuise vir armes wat dus
            aan die behoeftes van armes voldoen.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            8                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

          VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG) (ATR)
           'n Sentrale tema in ATG is ubuntu.
           Ubuntu beteken om ander se behoeftes voor jou eie plaas.
           Dit impliseer dat almal in die gemeenskap met liefde en respek hanteer
            moet word.
           Die Ilima-praktyk (gratis arbeid) maak seker dat daar aan almal in die
            gemeenskap se basiese behoeftes voldoen word.
           Ilima gee waardigheid aan alle mense in die gemeenskap.
          VOORBEELD 3: HINDOEÏSME
           Alle Hindoes glo aan godsdiensvryheid: hulle glo almal het die reg om
            enige godsdiens wat hulle wil, te beoefen, of nie.
           Hindoeïsme verkondig dat alle godsdienste weë na goddelikheid is, en dat
            almal geldig is.
           Hindoes voel dat daar algehele godsdiensvryheid moet wees om mense
            aan te moedig om die waarheid te vind.
           Hulle probeer om oor die algemeen nie ander godsdienste na Hindoeïsme
            te bekeer nie, alhoewel dit onlangs verander het.
           Sommige glo dat hulle lede van ander godsdienste moet aanmoedig om
            Hindoes te word. Hulle moet egter deur 'ahimsa' gelei word, wat beteken
            om nooit skade te doen nie.
          LET WEL:
              Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
              Die leerder mag krediet kry vir die lering sowel as die uitbreiding
                daarvan.
              Waar die relevante leringe gelys word,maar nie bespreek word nie, ‘n
                maksimum van ses punte mag toegeken word.
              As slegs een lering genoem en bespreek word, ‘n maksimum van ses
                                                                                                (10)
                punte mag toegeken word.
3.5       VOORDELE
           Daar is geen verpligting in aanbidding nie.
           'n Persoon is vry om met ander godsdienste te eksperimenteer.
           'n Persoon kan afstand doen van sy/haar godsdiens as dit nie meer
            sy/haar geestelike behoeftes bevredig nie.
           'n Persoon kan deur interaksie met verskillende godsdienste beïnvloed of
            daardeur beïnvloed word.
           'n Godsdiens sal slegs ware, toegewyde volgelinge hê, en nie skynheiliges
            wat nie hulle lerings glo nie.
           Godsdienste kan meer verdraagsaam raak en aanvaar dat hulle party
            volgelinge sal verloor en ook ander sal wen.
           Mense kan meer as een godsdiens aanneem.

          NADELE
           Deur godsdienste te wissel, kan 'n persoon verward raak.
           Dit kan lei tot vyandigheid van volgelinge van jou vorige godsdiens.
           Dit kan lei tot intergodsdienstige konflik tussen die godsdiens wat
            volgelinge verloor en die een wat volgelinge wen.
           Waar 'n persoon openlik sy/haar voorneme laat blyk om van godsdiens te
            verander, kan dit tot verhoogde dwang lei.
           'n Godsdiens kan hulle identiteit verloor as gevolg van te veel diversiteit.        (12)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                          DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

          LET WEL: 'n Maksimum van 8 punte kan vir óf 'voordele' óf 'nadele'
          toegeken word.
          Ander relevante leringe moet krediet kry.                                            [50]

VRAAG 4

4.1       4.1.1       Daar is 'n element van benadelende behandeling aangesien die
                       twee belangrikste Christen-vakansiedae as betaalde openbare
                       vakansiedae verklaar is, terwyl vakansiedae van ander
                       godsdienste nie is nie.
                      Heilige dae van ander godsdienste word nie as openbare
                       vakansiedae gevier nie.                                                 (4)

          4.1.2       Die Christen-bevolking is meer as 80% van die Suid-Afrikaanse
                       bevolking. Dis volgens die beginsels van demokrasie.
                      Hierdie twee belangrike vakansiedae word wêreldwyd erken en
                       dra tot die ekonomie van die land by.
                      Artikel 2(2) van die Wet op Openbare Vakansiedae stipuleer dat
                       'enige openbare vakansiedag uitgeruil moet kan word' vir enige
                       ander dag. Werknemers van ander godsdienste moet betaalde
                       verlof vir hulle vakansiedae eis.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                      (4)

          4.1.3       Meer werksdae sal verloor word wat 'n negatiewe impak op die
                       ekonomie hê.
                      Die Christen-meerderheid (80%) sal nie die heilige dae van ander
                       godsdienste vier nie. Hierdie dae sal deur 'n klein aantal mense
                       gevier word.                                                            (4)

          4.1.4       Dit beteken dat dit moeilik is om te glo dat hierdie vakansiedae
                       godsdienstige verdeeldheid veroorsaak./ Die vakansiedae
                       veroorsaak nie godsdienstige verdeeldheid nie.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                      (2)

4.2       4.2.1       Die algemene houding is om godsdiens negatiewe publisiteit te
                       gee.
                      Mediaverslaggewing oor godsdienstige kwessies is oppervlakkig.
                      Verslaggewers benader meesal godsdienstige kwessies vanuit 'n
                       sekulêre en politieke perspektief.
                      Verslaggewers kan selektief wees en slegs dit wat kontroversieel
                       is, publiseer.
                      Teenoor ortodokse gelowe is die toon meesal vyandig, maar
                       teenoor die minderheidsgodsdienste is dit goedgesind.
                      Die persone met wie daar gereeld onderhoude gevoer word, is
                       diegene wat ortodokse godsdienste bevraagteken.
                      Verslaggewers kan bevooroordeeld wees en kant kies.                     (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            10                             DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

          4.2.2 VOORBEELDE:
                 Verslaggewers doen slegs verslag oor Katolisisme indien daar 'n
                  vermoede van seksuele mishandeling bestaan.
                 Hulle doen nooit verslag oor teologiese of geestelike sake nie.
                 Spotprente van Profeet Mohammed is gepubliseer al het Moslem-
                  gemeenskappe die media ingelig dat Islam geen afbeeldings van die
                  Profeet toelaat nie.
                 Meer koerante het die spotprente gepubliseer ten spyte van
                  wydverspreide verset.
                 Minderheidsgodsdienste: Die Bahá'i-geloof word meer positiewe en
                  ongelyke dekking gegee.
                 Ekstremisme bestaan in alle godsdienste en selfs in sekulêre
                  gemeenskappe.
                 Godsdienstige ekstremisme word egter nie in alle godsdienste ewe
                  veel gedek nie.
                 Ekstremisme in Islam kry die meeste dekking maar die ekstremiste
                  in Boeddhisme (Myanmar) of Hindoeïsme kry min of geen aandag
                  nie.                                                                             (4)
4.3        Drukgroepe, beide in die burgerlike samelewing en die regering, maak
            seker dat media-artikels spesifieke belange ondersteun.
           Joernaliste se berigte kan eenvoudig hulle eie vooroordele weerspieël.
           Joernaliste het dikwels nie spesialiskennis van godsdienste nie en daarom
            word inligting verkeerd vertolk.
           Nie elke gebeurtenis of storie het dieselfde nuuswaarde nie. Artikels wat
            berig dat 'n Middernagmis soos beplan gegaan het, het mis nuuswaarde.
           Die media gedy op sensasie.
           Daar word gedink dat negatiwiteit goed verkoop, en so ook misdaad. daar
            is dus 'n dryfveer vir professionele persone in die media om berigte
            rondom hierdie temas te organiseer of 'uit te dink'.                                   (8)
            LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

4.4        Wanneer ons mense vooraf beoordeel op grond van godsdienstige
            oortuigings, kan ons op maniere optree wat individue of groepe mense
            negatief kan beïnvloed.
           Ons dink dikwels nie eers aan die stereotipes of vooroordele wat ons het
            nie. Dit kan mense onbedoeld seermaak of benadeel.
           Ons dink dalk dat ons eenvoudig optree op maniere wat die werklikheid
            wat ons om ons sien, weerspieël, maar in werklikheid diskrimineer ons en
            versterk ons ongelykheid.
           Selfs as 'n stereotipe veronderstel is om positief te wees, lei die feit dat nie
            almal in daardie groep aan die standaard voldoen nie, tot 'n 'positiewe'
            stereotipe wat spesifieke individue benadeel. (Bv. Wes-Afrikane is ryk.)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           11                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

4.5        Verbeter joernaliste se professionele vaardighede en kulturele sensitiwiteit
            om stereotipes te vermy.
           Verhoog mediadiversiteit deur leierskap in die mediabedryf in te skerp en
            om antigodsdienstige drukgroepe te vermy.
           Ondersteun opvoedkundige en godsdienstige media wat 'n globale en
            gebalanseerde perspektief aanbied.
           Sosiale media kan groter vryheid van spraak toelaat.
           Dit kan gebruik word om godsdienstige stereotipering uit te daag.                   (10)
                                                                                                [50]

VRAAG 5

5.1       Dit beteken hy beskou homself as 'n Christen-hervormer.                               (2)

5.2        Godsdiens speel 'n belangrike/aansienlik/betekenisvolle rol in hierdie
            konflik.
           Die Lord's Resistance Army (LRA) is 'n ekstremistiese Christen-terroriste-
            groep waarvan die leier Joseph Kony is.
           He wil die Tien Gebooie afdwing.
           Dit kom daarop neer dat dit 'n staatsgodsdiens sal wees.
           Sommige ontleders sê egter dat die LRA niks anders as 'n persoonlike
            kultus is nie.
           Die Lord's Resistance Army val burgerlikes aan en ontvoer kinders om in
            hulle weermag te dien, daardeur verbreek hulle die Tien Gebooie.
           Hulle wil hulle eie staat vestig wat gebaseer is op hulle eie interpretasie
            van Christen-oortuiginge.
           Sy doel is om die Acholi-stamkultuur dominant te maak.
           Aangesien die groep skuldig is aan erge menseregteskendings is die
            Internasionale Misdaadhof ('ICC') besig met 'n ondersoek.
           Terwyl godsdiens 'n hoofrol in die konflik speel, is daar ook ander
            bydraende faktore.
           Byvoorbeeld, sy politieke en stam agendas toon dat hy godsdiens gebruik
            om sy doel te bereik.

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                  (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           12                         DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

5.3        Godsdienstige organisasies moet begrip, respek en verdraagsaamheid
            van alle godsdienste verkondig.
           Godsdienstige organisasies moet fokus op algemene waardes en
            doelstellings en godsdienstige verskille aanvaar.
           Daar moet multigodsdienstige gebede wees om godsdienstige
            onverdraagsaamheid teiken.
           Die leiers van verskillende godsdienste moet eenheid onder hulleself
            versterk, ongeag godsdienstige oortuigings.
           Kinders en die jeug moet geleer word om godsdienstige
            onverdraagsaamheid of diskriminasie uit te roei.
           Daar moet vergaderings van godsdienstige leiers saam met die
            regeringsverteenwoordigers wees om saam teen godsdienstige
            onverdraagsaamheid te verenig.
           Godsdienstige organisasies moet met alle afdelings van die gemeenskap
            saamwerk om eenheid in diversiteit te bevorder.                                     (10)

5.4       5.4.1        Dit is 'n konflik tussen vertakkinge van dieselfde godsdiens.
                       Voorbeeld: Konflik tussen Rooms Katolieke en Protestante in
                        Noord-Ierland.                                                          (4)

                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

          5.4.2        Dit is 'n konflik tussen twee verskillende godsdienste.
                       Voorbeeld: Konflik tussen Boeddhiste en Rohingya-Moslems in
                        Myanmar                                                                 (4)

                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

5.5       5.5.1       Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) ('SACC')                        (2)

          5.5.2       Die Suid-Afrikaanse Hindu Maha Sabha                                      (2)

          5.5.3       United Ulema Council of SA (UUCSA)/The Islamic Council of SA              (2)
                      Muslim Judicial Council
          5.5.4       Die Jewish Board of Deputies                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           13                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

5.6       JA
           Die Christelike godsdiens en Islam het hulle ledetal in Afrika-lande
             uitgebrei.
           Beide die Christelike godsdiens en Islam is sendinggodsdienste.
           Die hooftaak van die sendinggodsdienste is om mense na hulle onderskeie
             godsdienste te bekeer.
           Die hoofoorsaak van konflik is dat potensiële bekeerlinge minder geword
             het.
           Die situasie het versadigingspunt bereik.
           Daarby word godsdiens dikwels as 'n politieke instrument in Afrika gebruik.
           Vreemde godsdienste diskrimineer teen mense wat in Afrika Tradisionele
             Godsdiens glo.
           Die meeste regerings in Afrika-lande is nie sekulêr nie.

          NEE
           Konflikte in Afrika is hoofsaaklik polities en/of stamverwant, bv. Uganda en
            Darfoer
           Korrupte politieke leiers wat klou aan mag veroorsaak die meeste van die
            konflikte.
           Hulle gebruik godsdiens om ondersteuning te verkry.
           Onregverdige verspreiding van hulpbronne is ook 'n belangrike oorsaak
            van konflik in Afrika, bv. Niger.                                                (10)
           Die hoë koers van korrupsie in Afrika-state lei tot politieke konflikte.

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                                                                                             [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-afr/b014d4a7-f0f0-4965-ace1-7d412130ad42) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-memo-afr/a563b831-4cc8-4251-8ff0-184fd8a7b530) — Religion Studies · Memo · 2019 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-final-memo-afr/c7adcc8c-1b2a-4cd6-a800-100b117f641c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-eng/8168575e-6b79-47ea-9db8-baedaebd0b1b) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-afr/3ac8557b-a6c9-4f40-bf52-2605b4feb967) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2016-memo-eng/15bfd7d2-a925-49f8-8575-cacd7038697a) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
