# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2022-afr/2ac85ca3-dfa2-4a10-baac-571ec8ec2e25
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2022-afr/2ac85ca3-dfa2-4a10-baac-571ec8ec2e25)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                     DBE/November 2022
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                          DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1      'n Godsdienstige lering met absolute gesag word … genoem.

                     A    Jang
                     B    karma
                     C    dogma
                     D    kalief                                                                (1)

          1.1.2      Die … is die Bahá'i heilige boek.

                     A    Tora
                     B    mantra
                     C    geloofsbelydenis
                     D    Kitáb-i-Aqdas                                                         (1)

          1.1.3      'n Voorbeeld van 'n gewilde Chinese filosofie is …

                     A    evolusie.
                     B    reïnkarnasie.
                     C    Sjintoïsme.
                     D    Confucianisme.                                                        (1)

          1.1.4      Wanneer rituele in die gesin in Afrika uitgevoer word, is die leier
                     die …

                     A    eersgebore vrou.
                     B    eersgebore man.
                     C    jongste kind.
                     D    hoofman.                                                              (1)

          1.1.5      Die mondelinge lerings van die Vedas is in 'n gestandaardiseerde
                     teks deur … saamgestel.

                     A     Krishna Dwipayana
                     B     Gandhi
                     C     die Dalai Lama
                     D     Ram Mohum Roy                                                        (1)

          1.1.6      Die meng van verskillende godsdiensoortuigings wat 'n nuwe
                     geloofstelsel tot gevolg het, word … genoem.

                     A    eenheid
                     B    sinkretisme
                     C    ideologie
                     D    pluralisme                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                         DBE/November 2022
                                             NSS

          1.1.7      Die geloof dat elke handeling gevolge het, word … genoem.

                     A    oordeel
                     B    karma
                     C    reïnkarnasie
                     D    verlossing                                                           (1)

          1.1.8      'n Verenigde stelsel van oortuigings en praktyke wat met heilige
                     dinge verband hou, word … genoem.

                     A    Kreasionisme
                     B    Sekularisme
                     C    nie-teïsties
                     D    godsdiens                                                            (1)

          1.1.9      In Afrika Tradisionele Godsdiens verwys die name Modimo,
                     UMvelinqangi en Mukurukuru na …

                     A    God.
                     B    die voorvaders.
                     C    priesters.
                     D    die koning.                                                          (1)

          1.1.10     Die Tanag is die heilige boek van …

                     A    Taoïsme.
                     B    Hindoeïsme.
                     C    Judaïsme.
                     D    Islam.                                                               (1)

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
          Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die Boeddhiste verwys na 'n toestand van perfekte geluk en vrede
                     as …                                                                      (1)

         1.2.2       Hindoeïsme se geloof in 'n vaste orde in die hele bestaan, word …
                     genoem.                                                                   (1)

         1.2.3       'n Moslem-godsdiensleier wie se gesag van die Profeet Muhammad
                     kom, is die …                                                             (1)

         1.2.4       Volgens die Tao Te Ching, 'Kom alle dinge van bestaan, en bestaan
                     kom van …'                                                                (1)

         1.2.5       'n Seremonie waar die 'lewende dooies' as voorouers bevestig word,
                     word … genoem.                                                            (1)

         1.2.6       Die 50ste dag na Jesus se opstanding, toe die dissipels met die
                     Heilige Gees vervul is, word … genoem.                                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                           DBE/November 2022
                                             NSS

1.3       Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM A                                 KOLOM B
          1.3.1      Die oppergesagsliggaam is in Haifa,   A   ash-Shahada
                     Israel
                                                           B   Afrika Tradisionele
          1.3.2      'n Opsomming van godsdiens-               Godsdiens
                     oortuigings
                                                           C   reïnkarnasie
          1.3.3      Godsdienstige storie waarin diep
                     waarhede oor die lewe onthul word     D   Taoïsme

          1.3.4      'n Wye verskeidenheid geestelike      E   mite
                     oefeninge
                                                           F   geloofsbelydenis
          1.3.5      Gemeenskapsleefwyse
                                                           G meditasie
          1.3.6      Kan getuig van die geloof dat daar
                     geen god behalwe God is nie en dat    H   Bahá'i-geloof
                     Muhammad sy boodskapper is
                                                                                     (6 x 1)       (6)

1.4       Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord(e) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.

          VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou
          ANTWOORD: Sirkel
          REDE: Die ander drie is kleure.

          1.4.1      Muhammad; Boeddha; Jesus Christus; Charles Darwin                             (2)

          1.4.2      Brahma; Modimo; Allah; Apokriewe                                              (2)

          1.4.3      Shruti; Theravada; Upanishads; Smriti                                         (2)

          1.4.4      Talmoed; Bahá'i, Sjinto; Boeddhisme                                           (2)

          1.4.5      Katolieke Kerk;      Sion-Christenkerk;       Twaalf-Apostels-kerk;
                     Nasaret-Baptistekerk                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              6                           DBE/November 2022
                                              NSS

1.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.

          1.5.1       Die heilige teks van die Bahá'i-geloof is oorspronklik in Grieks
                      geskryf.                                                                   (2)

          1.5.2       In Judaïsme is Abraham die goddelike naam van God.                         (2)

          1.5.3       Die hoof van die Katolieke vertakking van die Christendom is die
                      Aartsbiskop van Canterbury.                                                (2)

          1.5.4       Die woord 'Sutta' beteken 'Profeet' in Boeddhisme.                         (2)

          1.5.5       'Kosjer' is dit wat in Hindoeïsme toelaatbaar is.                          (2)

          1.5.6       In Taoïsme is beide die niks en die gebeurtenis goddelik.                  (2)

1.6       In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende:

          1.6.1       Koningin Elizabeth II                                                      (2)

          1.6.2       Tenzin Gyatso                                                              (2)

          1.6.3       Nagmaal                                                                    (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                        DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       In die konteks van Religiestudies, noem TWEE feite oor ELK van die
          volgende konsepte:

          2.1.1       Vergelykbaarheid                                                          (4)

          2.1.2       Kanon                                                                     (4)

          2.1.3       Geloof                                                                    (4)

2.2       Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:

          2.2.1       Bahá'i-geloof                                                             (4)

          2.2.2       Afrika Tradisionele Godsdiens                                             (4)

          2.2.3       Judaïsme                                                                  (4)

          2.2.4       Boeddhisme                                                                (4)

2.3       Noem die VIER kastes in Hindoeïsme.                                                   (8)

2.4       Wat is die verskil tussen ELK van die volgende:

          2.4.1       Die Koran en die Hadith                                                   (4)

          2.4.2       Inkarnasie en opstanding                                                  (4)

          2.4.3       Oludumare in Yoruba en Dzengi in die Aka-godsdiens                        (4)

2.5       Verduidelik Shabbat in Judaïsme.                                                      (2)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                 8                                 DBE/November 2022
                                                 NSS

VRAAG 3

3.1       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            ONS BLAMEER TOORDERY VIR ALLES!

          Dit is eienaardig dat wanneer 'n swart persoon 'n moeilike tyd beleef, dink hy
          of sy dikwels aan toorkuns of dat hulle vervloek is.

          Wêreldstatistiek toon dat ongeveer 3 tot 4 miljard mense oor die wêreld heen
          onder die broodlyn leef. As ons dus die 'vervloeking-logika' gebruik, dan
          beteken dit dat al 3 tot 4 miljard mense vervloek of getoor is. Die enigste
          manier om dinge te verander, is om eers die wyse waarop ons teenspoed en
          uitdagings beskou, te verander.

          Is dit nie teenproduktief om teenspoed vir iets wat nie verander kan word nie,
          te blameer? 'Omdat ons dit nie kan verander nie, beteken dit ons kan onsself
          nie uit die situasie waarin ons verkeer, uitlig nie.' Afrika se mense weet dat
          tradisionele genesers van groot waarde is, maar om bygelowige idees te
          steun wat dit onderdruk, is sinloos.
                           [Aangepas uit die Daily Sun, 'Letter of the Day' deur Molefe Mashilo 2022]

          3.1.1       Identifiseer EEN stereotipe wat, volgens die artikel, onder armes
                      bestaan.                                                                            (2)

          3.1.2       Verduidelik die gevolge van hierdie stereotipe op die gemeenskap.                   (4)

          3.1.3       Verduidelik die betekenis bygelowige idees.                                         (4)

          3.1.4       'Wêreldstatistiek toon dat ongeveer 3 tot 4 miljard mense oor die
                      wêreld heen onder die broodlyn leef.'

                      Wat kan godsdiensorganisasies doen om die kwessie van
                      bygelowigheid aan te pak?                                                           (6)

          3.1.5       Volgens die uittreksel is 'tradisionele genesers van groot waarde'.
                      Noem DRIE aspekte waar hulle van groot waarde is.                                   (6)

          3.1.6       Dink jy die artikel is bevooroordeeld? Gee redes vir jou antwoord.                  (6)

          3.1.7       Dink jy dat ryk mense aan die 'vervloeking-logika' glo? Gee redes
                      vir jou antwoord.                                                                   (4)

          3.1.8       Waarom dink jy word swart mense spesifiek genoem?                                   (4)

3.2       Hoe kan godsdiensorganisasies hulleself teen negatiewe verslaggewing deur
          die media beskerm?                                                                              (6)

3.3       Dink jy die Suid-Afrikaanse media gee regverdige dekking van godsdiens?
          Gee VIER redes vir jou antwoord.                                                                (8)
                                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            9                                 DBE/November 2022
                                            NSS

VRAAG 4

4.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  DIE OORLOG IN DARFOER

          Die oorlog in Darfoer is 'n belangrike gewapende konflik in die Darfoer-streek
          van Soedan. Dit het in Februarie 2003 begin toe rebellegroepe teen die
          regering van Soedan begin veg het wat daarvan beskuldig is dat hulle die
          nie-Arabiese suidelike streek van die land onderdruk.

          Die regering het op hierdie aanvalle gereageer deur 'n veldtog van
          gewelddadige aanvalle op beide militante en burgerlikes uit te voer. Een kant
          van die konflik bestaan hoofsaaklik uit die Soedannese weermag, polisie en
          die Janjaweed, 'n Soedannese burgermaggroep. Die ander kant bestaan uit
          rebellegroepe, vernaamlik die SLM (Sudan Liberation Movement) en die JEM
          (Justice and Equality Movement). Lede van hierdie rebellegroepe word
          hoofsaaklik uit nie-Arabiese Moslem-stamme gewerf.

          Daar is verskeie ander verduidelikings vir die oorsprong van die huidige
          konflik. Een verduideliking behels die grondgeskille tussen semi-nomadiese
          veewagters en diegene wat saaiboerdery beoefen. Toegang tot water is ook
          geïdentifiseer as 'n belangrike bron vir die konflik.

          Die Soedannese regering en die JEM het in Februarie 2010 'n
          skietstilstandooreenkoms onderteken, met 'n tentatiewe ooreenkoms om
          vrede na te streef. Die JEM sou die meeste by die samesprekings baat en
          kon dalk onafhanklikheid verkry, baie soos Suid-Soedan. Die samesprekings
          is egter ontwrig deur beskuldigings dat die Soedannese weermag invalle en
          lugaanvalle teen 'n dorpie geloods het wat die vredesooreenkoms geskend
          het. Die JEM, die grootste rebellegroep in Darfoer, het plegtig verklaar dat
          hulle onderhandelinge sou boikot.

          'n Omvattende vredesooreenkoms is na baie jare van sporadiese konflik op
          31 Augustus 2020 tussen die Soedannese owerhede en verskeie
          rebellegroepe onderteken om die gewapende vyandskap te beëindig.
                                    [Bron: https.www.visionofhumanity.org Darfur-estimated-imp.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             10                         DBE/November 2022
                                             NSS

          4.1.1       Op watter kontinent is Soedan geleë?                                      (2)

          4.1.2       Noem TWEE ander lande wat deur die Darfoer-konflik beïnvloed
                      sal word.                                                                 (4)

          4.1.3       Noem TWEE rebellegroepe wat teen die Islamitiese nasionale
                      regering in Soedan veg.                                                   (4)

          4.1.4       Tot watter mate is godsdiens deel van hierdie konflik? Gee redes
                      vir jou antwoord.                                                         (6)

          4.1.5       Bespreek kortliks die gebeure wat tot die stigting van Suid-Soedan
                      gelei het.                                                                (6)

4.2       Waarom, dink jy, vind godsdiensorganisasies dit gewoonlik moeilik om konflik
          in baie dele van die wêreld op te los?                                                (10)

4.3       Volgens die 'Just wars'-doktrine kan ons aanneem dat God onder sekere
          omstandighede oorlog sou toelaat.

          Bespreek kortliks die VIER omstandighede waaronder 'n regverdige ('just')
          oorlog toelaatbaar kan wees.                                                          (8)

4.4       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
          leringe daarvan met betrekking tot hoe om konflik te vermy.                           (10)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              11                            DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 5

Lees die koerantuittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            GODSDIENS EN MENSEREGTE

Godsdiens is nie net oor geloof/oortuiging nie; dit gaan ook oor die kapasiteit daarvan
om menslike welstand te verbeter. Daarom moet menseregte die kern van 'n individu
se regte vorm. Die Menseregteraad verklaar: 'Om spesifiek die reg van alle mense te
verseker om met betrekking tot 'n godsdienstige oortuiging of geloof te aanbid of
bymekaar te kom.'

                                                     [Bron: https://www.openglobalrights.org]

5.1       Godsdiensvryheid is 'n mensereg. Noem enige TWEE ander menseregte en
          bespreek EEN verantwoordelikheid wat met ELKEEN geassosieer word.                      (8)

5.2       Gebruik EEN voorbeeld en illustreer hoe godsdienstige leringe gebruik kan
          word om sekere mense hulle basiese menseregte te ontsê.                                (6)

5.3       Hieronder is 'n lys van godsdiensorganisasies wat spesifiek by die hantering
          van menseregtekwessies betrokke is. Kies enige TWEE en beskryf in detail
          die werk wat hulle doen:

              Karuna
              Gift of the Givers-stigting
              Heilsleër ('Salvation Army')                                                      (12)

5.4       Godsdiensorganisasies het op vlak 5 gedurende die Covid-19-grendel-
          tydperk gekla dat die regering hulle godsdiensreg om te aanbid, skend.

          Regverdig dat die regering se optrede met menseregte ooreengestem het.                 (10)

5.5       Minderheidsgodsdienste in Suid-Afrika kan benadeel word.

          Stem jy met hierdie argument saam? Gee redes vir jou antwoord.                         (6)

5.6       Gee VIER moontlike redes waarom            daar    'n    globale    toename     in
          godsdiensonverdraagsaamheid is.                                                        (8)
                                                                                                 [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             100
                                                                      GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2022-eng/4621f83c-09e1-4d2f-a9aa-93621e83710e) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-eng/56d0ee70-3e22-4e29-a3ba-4aa29a7a1d76) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-afr/b014d4a7-f0f0-4965-ace1-7d412130ad42) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/840f7f33-825e-4635-b76c-9484629c2f82) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
