# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                            RELIGIESTUDIES V1

                              NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                     DBE/November 2023
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                            DBE/November 2023
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

          1.1.1      Konserwatisme is …

                     A    'n verklaring van die Wêreldparlement van Godsdienste.
                     B    die vashou aan tradisionele, konvensionele waardes.
                     C    die beskerming van menseregte.
                     D    die manier waarop iemand of iets tipies optree.                           (1)

          1.1.2      Volgelinge van Hindoeïsme noem hulle goddelikheid …

                     A    Shema.
                     B    Ishwara/Ishvara.
                     C    Gandhi.
                     D    Dharma.                                                                   (1)

          1.1.3      Betrokke by die bevordering van eenheid onder Christelike kerke:

                     A    Hervormers
                     B    Sendelinge
                     C    Eucharistie
                     D    Ekumenies                                                                 (1)

          1.1.4      Iemand wat tot 'n spesifieke geloof behoort of dit beoefen:

                     A    Volgeling
                     B    Opvolger
                     C    Vrygemaakte
                     D    Voorloper                                                                 (1)

          1.1.5      Die wedergeboorte van die siel of gees in 'n nuwe liggaam word …
                     genoem.

                     A    karma
                     B    reïnkarnasie
                     C    evolusie
                     D    regressie                                                                 (1)

          1.1.6      'n Oortuiging wat van mense verwag om dit sonder enige twyfel te
                     aanvaar:

                     A    Dogma
                     B    Geloofsbelydenis
                     C    Ideologie
                     D    Leerstelling                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                           DBE/November 2023
                                             NSS

          1.1.7      In Afrika Tradisionele Godsdiens is die eersgebore man (inkulu)
                     die …

                     A    persoon wat oor die bediening van kos in 'n ritueel toesig hou.
                     B    leier in rituele uitvoerings.
                     C    persoon wat verantwoordelik is om 'n dier te slag.
                     D    persoon wat verantwoordelik is vir die gooi van bene in die
                          uitvoering van sekere rituele.                                          (1)

          1.1.8      Die hoof van Tibettaanse Boeddhisme is …

                     A    David Suzuki.
                     B    Siddhartha Gautama.
                     C    Tenzin Gyatso.
                     D    Imam Bukhari.                                                           (1)

          1.1.9      Op die Bahá'i-kalender word die Negentiendagfees op die … dag
                     van elke maand gehou.

                     A    laaste
                     B    negentiende
                     C    eerste
                     D    sewende                                                                 (1)

          1.1.10     Moslems vas 'n maand lank gedurende …

                     A    Hadj.
                     B    Zakat.
                     C    Muharram.
                     D    Ramadan.                                                                (1)

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
          Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       … is 'n konsep in Hindoeïsme wat sê dat jy nooit enige lewende
                     wese kwaad moet aandoen nie.                                                 (1)

         1.2.2       'n Versameling heilige tekste en verhale van Boeddhistiese
                     oorsprong is die …                                                           (1)

         1.2.3       Die wetenskap van die interpretasie van godsdienstige tekste word
                     … genoem.                                                                    (1)

         1.2.4       Godsdienstige vieringe wat bedoel is om mense aan heilige
                     geleenthede te herinner, word … genoem.                                      (1)

         1.2.5       In Afrika Tradisionele Godsdiens word daar na diepe respek of
                     eerbied vir die voorvaders as … verwys.                                      (1)

         1.2.6       'n Persoon wat Nirvana op eie meriete kan binnegaan, staan as …
                     bekend.                                                                      (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              5                         DBE/November 2023
                                              NSS

1.3       Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. MOENIE 'n antwoord meer as een keer gebruik
          NIE.

                           KOLOM A                            KOLOM B
          1.3.1      Boeke wat absolute gesag in 'n   A   Tydperk van Aquarius
                     godsdiens het
                                                      B   moksha
          1.3.2      Hervormde Jode onderskryf
                     hierdie lering                   C   kanon

          1.3.3      Hulle glo dat, in die verre      D   mite
                     toekoms, hulle godsdiens die
                     enigste in die wêreld sal wees   E   Bahá'i-geloof

          1.3.4      'n Tyd sal kom wanneer die       F   tikkun olam
                     mensdom moreel volmaak sal
                     wees                             G   Messiaanse Tydperk

          1.3.5      'n Toestand van die hoogste      H   reïnkarnasie
                     geestelike bevryding

          1.3.6      Godsdienstige verhale waarin
                     diep waarhede oor die lewe
                     geopenbaar word
                                                                                 (6 x 1)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              6                          DBE/November 2023
                                              NSS

1.4       Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Gee 'n rede waarom die antwoord NIE pas NIE.

          VOORBEELD: Rooi, Geel, Sirkel, Blou
          ANTWOORD: Sirkel
          REDE:      Die ander drie is kleure.

          1.4.1      Bahá'i-geloof, Judaïsme, Boeddhisme, Islam                                  (2)

          1.4.2      Talmoed, Lao-tzu, Boek van Mormon, Vedas                                    (2)

          1.4.3      Sanskrit, Shaktisme, Shaivisme, Vaishnavisme                                (2)

          1.4.4      Koran, Shabbat, Shahadah, Hadith                                            (2)

          1.4.5      Modimo, Hadj, Ubuntu, Voorvaders                                            (2)

1.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.

          1.5.1      Volgens die Taoïstiese siening ontstaan al die wêreldprosesse uit
                     tienduisend dinge.                                                          (2)

          1.5.2      'n Soefi lei gemeentelike gebede in Islam.                                  (2)

          1.5.3      Pluralisme is die vermenging van verskillende godsdienstige
                     oortuigings, wat tot 'n nuwe geloofstelsel lei.                             (2)

          1.5.4      Die term 'smriti' in Hindoeïsme beteken wat gehoor word.                    (2)

          1.5.5      Halakhah is die Joodse lewenswyse wat in die Mitzvot uiteengesit
                     word.                                                                       (2)

          1.5.6      Die Boeddhistiese godsdiens het in China ontstaan.                          (2)

1.6       In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende:

          1.6.1      Ubuntu                                                                      (2)

          1.6.2      Ramakrishna                                                                 (2)

          1.6.3      Monoteïsties                                                                (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                             DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       In die konteks van godsdiens, gee 'n kort verduideliking van ELK van die
          volgende konsepte:

          2.1.1      Identiteit                                                                    (4)

          2.1.2      Verskil                                                                       (4)

          2.1.3      Ideologie                                                                     (4)

2.2       Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:

          2.2.1      Islam                                                                         (4)

          2.2.2      Christenskap                                                                  (4)
                            .
          2.2.3      Taoïsme                                                                       (4)

          2.2.4      Hindoeïsme                                                                    (4)

2.3       Verduidelik   die    verband   tussen    godsdiensonderrig   en   godsdienstige
          oortuiging.                                                                              (6)

2.4       Wat leer tradisionele Afrika Tradisionele Godsdiens oor voorvaders?                      (8)

2.5       Noem die VIER Edel Waarhede uit die sentrale leringe van Theravada
          Boeddhisme.                                                                              (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             8                                DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 3

3.1       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               VERENIGDE METODISTE KERK ('UNITED METHODIST CHURCH')
                STEM OM DIE VERBOD OP GAY GEESTELIKE LEIERS TE HOU

          Philadelphia, PA VSA, 26 Februarie 2019
          Deur Emmanuel Abalo

          Die Verenigde Metodiste Kerk ('United Methodist Church'/UMC) het Dinsdag
          by 'n Spesiale Sitting in Missouri, die Verenigde State, gestem om sy
          standpunt teen lesbiërs, biseksuele, gays, transgenders en gay geestelike
          leiers* te behou. Verslae van verrigtinge wat deur African Star gemonitor
          word, sê dat afgevaardigdes by die Spesiale Sitting van die tweede grootste
          Protestantse denominasie van sowat 12,6 miljoen mense wêreldwyd aan die
          einde van hulle vergadering gestem het om hulle teenstand teen
          selfdegeslaghuwelike en gay geestelike leiers te behou.

          Die besluit is 'n oorwinning vir die konserwatiewe vleuel van die Kerk wat
          steun ontvang het van die Afrika Konferensie, wat gekant is teen enige
          liberalisering van Kerk-leerstellings om die ordening van gay geestelike leiers
          en die huwelike van selfdegeslagpaartjies moontlik te maak. Uitgesproke
          afgevaardigdes van konserwatiewe gebiede in en buite die VSA het 'n
          deurslaggewende rol gespeel om die 'Een Plan'-stroom te verslaan, wat deur
          die Raad van Biskoppe ('Council of Bishops') ondersteun is as 'n manier om
          die gay-kwessie te omseil en dit aan plaaslike bisdomme oor te laat om
          daaroor te besluit. Afgevaardigdes het eerder gekies om die 'Tradisionele
          Plan' goed te keur, wat 'n verbod op die ordening van gay geestelike leiers en
          geestelikes wat huwelikseremonies van selfdegeslagpaartjies uitvoer, behou
          het.

          Ná die stemming het 'n afgevaardigde van die Verenigde Metodiste Kerk in
          Liberië, Wes-Afrika, Eerwaarde Jerry Kulah, gesê: 'Die progressiewe groepe
          is luidrugtig, maar hulle het nie die getalle nie,' en bygevoeg dat, as die
          Verenigde Metodiste Spesiale Konferensie gestem het om LGBT**-insluiting
          te aanvaar, dit 'n 'voorwerp van bespotting' in Afrika sou geword het. 'Ek is bly
          om terug te gaan na ou vroue en ou mans in dorpies wat die Bybel by
          sendelinge gekry het en hulle te laat weet dat die Bybel nie verander het nie,'
          het die Liberiese Metodiste-prelaat*** gesê.

          Die Algemene Konferensie en Metodiste wêreldwyd het hierdie omstrede
          kwessie hanteer wat gedreig het om die Kerk te verdeel. Metodiste moet nou
          daaraan werk om die seerkry en verdeeldheid te genees en te versoen na die
          verbete stryd oor gay-kwessies.

          *geestelike leier: aangewese godsdienstige leier deur middel van ordening
          **LGBT: lesbies, gay, biseksueel, transgender
          ***prelaat: 'n kerkamptenaar met 'n hoër rang
                                                [Bron: http:/www.africanstar.org, Februarie 2019]

          3.1.1      Met verwysing na die artikel, wat beteken 'gay geestelike
                     ordening'?                                                                        (2)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             9                         DBE/November 2023
                                             NSS

          3.1.2      Gee die sienings van die volgende groepe in die Konferensie:

                     (a)   'Een Plan'                                                           (2)

                     (b)   'Tradisionele Plan'                                                  (2)

          3.1.3      Gee moontlike redes waarom Afrika ten gunste van die
                     'Tradisionele Plan' was.                                                   (6)

          3.1.4      Dink jy dat die besluit wat deur die Verenigde Metodiste Spesiale
                     Konferensie geneem is, in ooreenstemming met menseregte is?
                     Gee redes vir jou antwoord.                                                (8)

          3.1.5      Dink jy dat Emmanuel Abalo in sy verslag bevooroordeeld is? Gee
                     VIER redes om jou antwoord te staaf.                                       (8)

3.2       Op watter maniere het die Suid-Afrikaanse media sy dekking van godsdiens
          verander ná die demokratiese verkiesing van 1994?                                     (10)

3.3       Die Bahá'i-geloof en Taoïsme is twee godsdienste wat min of geen dekking in
          Suid-Afrikaanse hoofstroommedia ontvang nie. Gee SES moontlike redes
          hiervoor.                                                                             (12)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             10                              DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 4

4.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                KONFLIK IN NOORD-IERLAND

          Deur Michael Hirst
          BBC Nuus
          Gepubliseer 14 April 2021

          Byna 90 polisiebeamptes is beseer in Noord-Ierland se ergste straatgeweld in
          jare, ná sporadiese oproer in verskeie dorpe en stede sedert einde Maart. Die
          regerings in Belfast, Londen en Dublin het die onrus veroordeel, met die VSA
          wat vir kalmte gevra het, aangesien die polisie vir die eerste keer in ses jaar
          waterkanonne gebruik het. Agtien mense is gearresteer en 15 aangekla nadat
          skares oorwegend lojalistiese jeugdiges rye onlustepolisiebeamptes en
          voertuie met bakstene, vuurwerke en petrolbomme aangeval het.

          Geweld, waarby bendes jeugdiges betrokke is, het op 29 Maart begin in 'n
          gebied van Londonderry wat lojalisties is – ten gunste daarvan om Noord-
          Ierland as deel van die Verenigde Koninkryk te hou. Die nag van 7 April het
          die gevegte oorgespoel oor 'n sogenaamde vredesmuur in die weste van
          Belfast, wat hoofsaaklik Protestantse lojalistiese gemeenskappe skei van
          hoofsaaklik Katolieke nasionalistiese gemeenskappe wat 'n verenigde Ierland
          wil sien. 'n Hek wat die twee skei, is oopgebreek en gedurende etlike ure van
          wanorde is polisiebeamptes en 'n persfotograaf aangeval en 'n bus is gekaap
          en verbrand.

          Die botsings het kommer oor toenemende sektariese spanning laat ontstaan.
          Dele van Noord-Ierland is steeds verdeel langs sektariese lyne, 23 jaar nadat
          'n vredesooreenkoms grootliks 'n einde gemaak het aan Noord-Ierland se
          Probleme ('Troubles') – wat byna 30 jaar geduur het en die lewens van meer
          as 3 500 mense gekos het.

          Alhoewel daar geen duidelike aanduidings is dat die onrus deur 'n
          georganiseerde groep georkestreer word nie, is die geweld gekonsentreer in
          gebiede waar kriminele bendes wat aan lojalistiese paramilitêre groepe
          gekoppel is, beduidende invloed het.
                           [Aangepas uit https://www.bbc.com/news/uk-northern-ireland-56664378]

          4.1.1      Op watter kontinent is Noord-Ierland geleë?                                      (2)

          4.1.2      Noem TWEE partye wat by hierdie konflik betrokke is.                             (4)

          4.1.3      Verduidelik kortliks die oorsaak van verdeeldheid tussen die twee
                     strydende partye.                                                                (4)

          4.1.4      Hierdie konflik kan as intra-religieus beskryf word. Wat beteken
                     intra-religieus?                                                                 (2)

          4.1.5      In watter mate is godsdiens deel van hierdie konflik? Motiveer jou
                     antwoord.                                                                        (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                          11                        DBE/November 2023
                                          NSS

4.2       Watter praktiese stappe kan      godsdienstige   organisasies    volg    om
          godsdienskonflikte op te los?                                                        (10)

4.3       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
          leringe daarvan oor oorlog.                                                          (10)

4.4       Noem VYF moontlike redes waarom Suid-Afrika geen intergodsdienstige
          konflik het nie.                                                                     (10)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               12                            DBE/November 2023
                                               NSS

VRAAG 5

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      DIE GODSDIENSTIGE BASIS VIR MENSEREGTE, VERDRAAGSAAMHEID
                               EN RESPEK

In die vroeë 2000's was daar 'n opskudding in Frankryk toe jong Moslemmeisies
probeer het om skole by te woon terwyl hulle tradisionele Moslemdrag gedra het. Die
Franse sê: 'Jy is vry om jou godsdiens in godsdienstige of private geboue te beoefen,
maar nie op staatseiendom nie'. Tog dwing hierdie einste wet tradisionele Moslems om
teen hulle godsdiens, in Frankryk, te 'sondig'.
                                          [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, bladsy 206]

5.1       Watter tipe regering het Frankryk?                                                       (2)

5.2       Verduidelik kortliks die begrip godsdiensvryheid EN gee 'n voorbeeld.                    (4)

5.3       Hoekom, dink jy, word godsdienspraktyke nie op Franse staatseiendomme
          toegelaat nie?                                                                           (4)

5.4       Die scenario hierbo dui op 'n tydperk van godsdienstige onverdraagsaamheid
          in Frankryk.

          Verduidelik hoe godsdiensgemeenskappe op hierdie regeringsbeperkings kan
          reageer.                                                                                 (6)

5.5       Dink jy godsdiens moet deur die staat gereguleer word? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                (6)

5.6       Dink jy 'n sekulêre staat het groter respek vir menseregte as 'n godsdienstige
          staat? Motiveer jou antwoord.                                                            (6)

5.7       Bespreek kortliks die kwessie van menseregte met spesifieke verwysing na
          vrye meningsuiting.                                                                      (6)

5.8       Noem TWEE moontlike nadele van ELK van die volgende:

          5.8.1      'n Land wat 'n staatsgodsdiens het                                            (4)

          5.8.2      'n Land wat godsdiensvryheid bevorder                                         (4)

5.9       Watter praktiese voorstelle kan jy, as jeugleier, aan die jeug van Suid-Afrika
          gee om godsdienstige verdraagsaamheid te bou?                                            (8)
                                                                                                   [50]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              100
                                                                       GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2023-afr/87ea9bf1-b87a-43de-ae62-6c07b64aa1c7) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2021-afr/b014d4a7-f0f0-4965-ace1-7d412130ad42) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/840f7f33-825e-4635-b76c-9484629c2f82) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [Religion Studies P1 NSC Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-afr/d8c00800-0a10-46dd-bb2d-a597ff9998a9) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
