# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-mg-afr/d06a902c-d262-4c1a-aeef-c38fe8fe50bc
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-mg-afr/d06a902c-d262-4c1a-aeef-c38fe8fe50bc)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2023

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              2                            DBE/November 2023
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      B√                                                                             (1)
          1.1.2      B√                                                                             (1)
          1.1.3      D√                                                                             (1)
          1.1.4      A√                                                                             (1)
          1.1.5      B√                                                                             (1)
          1.1.6      A√                                                                             (1)
          1.1.7      B√                                                                             (1)
          1.1.8      C√                                                                             (1)
          1.1.9      C√                                                                             (1)
          1.1.10     D√                                                                             (1)

1.2      1.2.1       Ahimsa√                                                                        (1)
         1.2.2       Tripitaka / Pali-Kanon / Sutras√                                               (1)
         1.2.3       Hermeneutiek √                                                                 (1)
         1.2.4       Rituele√                                                                       (1)
         1.2.5       Verering√                                                                      (1)
         1.2.6       Bodhisattva√                                                                   (1)

1.3      1.3.1       C√                                                                             (1)
         1.3.2       F√                                                                             (1)
         1.3.3       E√                                                                             (1)
         1.3.4       G√                                                                             (1)
         1.3.5       B√                                                                             (1)
         1.3.6       D√                                                                             (1)

1.4      1.4.1       Boeddhisme√
                     Die ander drie is Midde-Oosterse godsdienste. / Die ander drie is
                     monoteïstiese godsdienste√
                     Of
                     Judaïsme√
                     Die ander drie is sendeling godsdienste. √                                     (2)

         1.4.2       Lao-tzu√
                     Die ander drie is heilige geskrifte van verskillende godsdienste.              (2)

         1.4.3       Sanskrit√
                     Die ander drie is onderafdelings in Hindoeïsme.√                               (2)

         1.4.4       Shabbat√
                     Die ander drie is Islamitiese terme.√                                          (2)

         1.4.5       Hadj√
                     Die ander drie is Afrika Tradisionele Godsdiens-terme.√                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             3                           DBE/November 2023
                                      NSS – Nasienriglyne

1.5       1.5.1      Onwaar√
                     Volgens die Taoïstiese siening skep die Tao die Een, die Een skep
                     die Twee. Die Twee skep die Drie. En die Drie skep die
                     tienduisend dinge. Alles kom uit die Een. √
                     Of
                     Al die wêreldprosesse het uit twee kragte ontstaan, nl. Yin en
                     Yang.                                                                      (2)

          1.5.2      Onwaar√
                     Soefi is daardie Moslems wat mistiek beklemtoon. √
                     Die Imam lei gemeentelike gebede in Islam. √                               (2)

          1.5.3      Onwaar√
                     Sinkretisme is die vermenging van verskillende godsdienstige
                     oortuigings, wat tot 'n nuwe geloofstelsel lei. √
                     Pluralisme is 'n situasie waarin lede die leerstellings van ander
                     godsdienste aanneem. √                                                     (2)

          1.5.4      Onwaar√
                     'Shruti' in Hindoeïsme beteken wat gehoor word. √
                     Die 'Smriti' is godsdienstige boeke wat deur individue geskryf is. /
                     Dit verwys na wat onthou word.√                                            (2)

          1.5.5      Waar√√                                                                     (2)

          1.5.6      Onwaar√
                     Die Boeddhistiese godsdiens het in Indië ontstaan.
                     Taoïsme en Confucianisme het in China ontstaan.                            (2)

1.6       1.6.1        Kom van die gesegde 'umuntu ngumuntu ngabantu'
                        (terminologie tot hierdie effek uit ander taal is aanvaarbaar) √
                      Hierdie konsep is sentraal tot leringe in Afrika Tradisionele
                        Godsdiens. √
                      Dit is 'n filosofie van gemeenskaplike gees. √
                     LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word.                   (2)

          1.6.2        Ramakrishna is 'n Hindoe-heilige. √
                       Hy was 'n volgeling van Smartisme, en het gesê 'Waarheid is
                        een. Die wyses gebruik verskillende name daarvoor.' √
                      Sy dissipel, Vivekananda, het Vedantiese denke na die
                        Verenigde State gebring, deur die Ramakrishna missie. √                 (2)
                     LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word.

          1.6.3       Verwys na 'n geloof in een god. √
                      Dit is 'n kenmerk van Abrahamitiese gelowe. √
                      Midde-Oosterse godsdienste. √
                     LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word.                   (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             4                             DBE/November 2023
                                      NSS – Nasienriglyne

AFDELING B

VRAAG 2

2.1       2.1.1        Eienskappe wat 'n godsdiens definieer.
                       'n Eksklusiewe selfbeeld.
                       'n Godsdiens stel grense wat een godsdiens van alle ander
                        skei.
                      Wanneer ons oor identiteit in godsdiens praat, sê ons dat
                        daardie spesifieke godsdiens 'n sekere individualiteit het.
                     LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word.                     (4)

          2.1.2        Dit verwys na die verskille wat binne en oor godsdienste
                        voorkom.
                      Hierdie konsep word ook gebruik in die vergelyking van 'n
                        verskeidenheid godsdienste.
                      'n Punt waar godsdienste nie dieselfde is nie.
                     LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word.                     (4)

          2.1.3        Die konsep word as 'n plaasvervanger vir godsdiens gebruik.
                       Dit het te make met die heersende, oorkoepelende
                        wêreldbeskouings wat betekenis en algehele bestaanpatrone
                        vorm.
                      Dit is 'n vaste godsdienstige oortuiging.
                     LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word.                     (4)

2.2       2.2.1        Moslems glo in al die profete, met die laaste boodskapper
                        Profeet Mohammed.
                      Die Koran bevat uitsluitlik wat Moslems glo die Woord van God
                        is, terwyl die Hadith die leringe van die Profeet Mohammed is.
                      Die Koran, wat in Arabies geopenbaar is, bly tot vandag toe
                        onveranderd.
                      Islam het geen tussenganger tussen die aanbidder en God nie.
                     LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word.                     (4)

          2.2.2        Hulle glo in God die Vader, die Seun en die Heilige Gees
                        (Drie-eenheid).
                      Die kern van die Christendom is die geloof in Jesus Christus as
                        die Seun van God.
                      Christelike geskrifte leer dat Jesus uit die dood opgewek is
                        nadat hy gekruisig is.
                      Christene glo dat Jesus die enigste ware Messias is wat deur
                        God aarde toe gestuur is en dat Hy eendag sal terugkeer.
                     LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer word.                     (4)

          2.2.3         Niebestaan is die uiteindelike of die beginpunt van alles – dit is
                         in 'n sekere sin groter as om te wees.
                        Taoïste moet die lewe in harmonie met die Tao leef.
                        Taoïste oefen nie hulle wil teen die heelal (Wu-wei) uit nie,
                         maar aanvaar dit.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                           DBE/November 2023
                                      NSS – Nasienriglyne

                        Dit is een van die enigste godsdienste wat tot gevegskuns,
                         veral Neijia, aanleiding gegee het.
                        LET WEL: Ander relevante antwoord moet gekrediteer
                         word.                                                                   (4)

          2.2.4         In die hart van Hindoe-denke is 'n diep geloof in die
                         moontlikheid van beide geestelike evolusie en geestelike
                         regressie (reïnkarnasie).
                        Dit is die enigste godsdiens wat sê 'jy kan god wees'.
                        Dit het nie verenigende oortuigings of leringe nie.
                        Dit is 'n godsdiens wat uit baie verskillende skole en tradisies
                         bestaan wat vry was om hulle eie idees en praktyke te
                         ontwikkel.

                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                   (4)

2.3          'n Godsdienstige lering is sistematiese inligting oor 'n godsdiens.
             As die lering deur geloof aanvaar word, word dit 'n persoon se
              geloofsoortuiging.
             Daarom is onderrig en geloof verbind – lering lei tot geloof en agter 'n
              geloof is daar 'n lering.

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                              (6)

2.4          Die idee van 'n tussenganger of bemiddelaar is baie belangrik in hierdie
              godsdiens.
             Die voorvaders is bemiddelaars tussen die geesteswêreld en die
              mensewêreld.
             Die sangomas of waarsêers is bemiddelaars tussen mense en die
              voorvaders.
             Interaksie tussen die Opperwese en mense vind deur die voorvaders
              plaas, want die Opperwese is ver van mense af.
             Die voorvaders speel 'n baie belangrike rol omdat hulle voorsprake en
              beskermers van die stam is.
             'n Gerespekteerde en geloofwaardige ouer persoon in die gesin kan as 'n
              bemiddelaar verstaan word.

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                              (8)

2.5          Die ervaring van menswees is pynlik en veroorsaak lyding (Die bestaan
              van Dukkha).
             Die oorsaak van pyn is begeerte of drang (Die ontstaan van Dukkha).
             Die enigste manier om lyding te stop, is om 'ongebonde' te word (Die
              beeïndiging van Dukkha)..
             Die enigste manier om 'ongebonde' te word, is deur die Agtvoudige Weg
              (Die einde van Dukkah).                                                            (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               6                          DBE/November 2023
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1       3.1.1           Dit beteken dat gay mense toegelaat word om as
                           priesters/predikante of pastore in die Verenigde Metodiste Kerk
                           georden/aangestel te word.                                             (2)

          3.1.2      (a)     Die 'Een Plan'-stroom was van mening dat geslagskwessies 'n
                             besluit van 'n plaaslike bisdom moet wees.                           (2)

                     (b)     Die 'Tradisionele Plan'-stroom was bedoel om die ordening
                             van gay geestelike leiers en geestelike leiers wat
                             huwelikseremonies van selfdegeslagpaartjies uitvoer, te
                             verbied.                                                             (2)

          3.1.3       Die meeste Afrika-gelowiges woon in landelike gebiede en is
                       meer tradisioneel.
                      Die Verenigde Metodiste Kerk is een van die hooflynkerke, wat
                       deur konserwatiewe volgelinge in Afrika oorheers word.
                      Metodiste-kerke in Afrika word gelei deur konserwatiewe leiers,
                       soos die Liberiese Metodiste-prelaat.
                      Afrikalande/-leiers/ gemeenskappe sien homoseksualiteit as
                       pervers en onheilig.
                      Dieselfdesekshuwelikke word gesien as boos en verdien lang
                       tronkstrawwe soos voorgeskryf deur bestaande wetgewing.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                    (6)

          3.1.4      NEE, want dit is teen die volgende menseregte:
                      Vryheid van diskriminasie as gevolg van geslag, seks of
                       seksuele oriëntasie.
                      Elke mens het die reg op vryheid van diskriminasie. Dit sluit die
                       lesbiërs, biseksuele, gays en transgenders in.
                      Elke mens het die reg op gelykheid. Selfs in die kerk.
                      Elke mens het die reg op huwelik en gesin. Dit sluit selfde-
                       geslaghuwelike in.
                      Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke,
                       oortuiging en opinie.

                     JA, want dit is in ooreenstemming met die volgende menseregte:
                      Elke organisasie het die reg op vryheid van geloof en
                        godsdiens. Die besluit was in ooreenstemming met hulle
                        konstitusie.
                      Die LGBT-beweging moet 'n Kerk soek waarvan die konstitusie
                        in ooreenstemming met hulle lewenstyl is.
                      Elke kerkorganisasie het 'n reg op vreedsame byeenkoms en
                        assosiasie.
                      Die Kerk onderskryf Bybelse leerstellings wat homoseksualiteit
                        veroordeel.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            7                          DBE/November 2023
                                     NSS – Nasienriglyne

          3.1.5      JA:
                      Hy het meer oor die standpunte van konserwatiewes in Afrika
                        geskryf.
                      Hy beklemtoon nie die teenargumente van die progressiewe
                        minderheid nie, omdat hy dalk met die konserwatiewes saam
                        stem.
                      Hy het die besluit 'n oorwinning vir die konserwatiewe vleuel
                        van die Kerk genoem.
                      Hy het slegs 'n Afrika-leier van Wes-Afrika aangehaal, wat
                        konserwatief is.
                      Hy het gesê Metodiste moet nou werk om die seerkry en
                        verdeeldheid te genees en te versoen. Hy erken nie dat die
                        gay-kwessie steeds ‘n uitdaging bly nie.
                     NEE:
                      Hy het objektief verslag gedoen oor wat in die Konferensie
                       gebeur het.
                      Die Konferensie is deur die konserwatiewes oorheers. Daarom
                       het hy meer oor die konserwatiewe siening geskryf.
                      Hy skryf vir Afrika-lesers wat wou weet wat die bydrae van hulle
                       leiers in die Konferensie was.
                      Die besluit is bindend vir elke lid van die Metodiste-kerk.
                      Die liberale groepe is uitgestem. Daar is geen vooroordeel nie.         (8)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
3.2        Voor 1994 was Christendom die staatsgodsdiens en het dit uitsluitlike
            dekking op TV en radio ontvang.
           In 1994 het Suid-Afrika 'n sekulêre staat met 'n demokratiese grondwet
            geword.
           Alle staatsmedia (bv. SABC, radiostasies, ens.) moes aan alle gelowe
            erkenning gee.
           Voor 1994 was Christenskap die staatsgodsdiens, en het eksklusiewe
            dekking op TV/radio ontvang.
           Baie onafhanklike godsdienstige mediahuise het ontstaan, bv. Day Star,
            Trinity Broadcasting Network (TBN), Issues of Faith op SAUK, Radio
            Hindvani. Hulle verskaf dekking van verskeie godsdienste en nie net die
            Christendom nie.
           Gemeenskapsradiostasies en tydskrifte gee dekking aan plaaslike
            godsdienstige geleenthede.
           Die publiek kan by die MRK en BCCSA oor onregverdige godsdiens-
            dekking kla.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                            (10)
3.3        Hulle is van die minderheidsgodsdienste in Suid-Afrika.
           Joernaliste het geen kennis van hierdie godsdienste nie.
           Hulle leiers tree nie skandalig op nie, wat die media se aandag trek nie.
           Politici gebruik nie hulle byeenkomste om veldtogte vir kiesers te hou nie.
           Taoïsme is nie 'n missionêre godsdiens nie, en gee nie aan hulleself
            publisiteit nie.
           Die Bahá'í-geloof is baie aktief in omgewingsake, maar die godsdiens self
            word nie bevorder nie.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                            (12)
                                                                                               [50]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             8                            DBE/November 2023
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       4.1.1         Europa                                                                  (2)
          4.1.2         Protestants en Katoliek                                                 (4)
          4.1.3         Die Protestantse lojaliste wil Noord-Ierland as deel van die
                         Verenigde Koninkryk behou.
                        Die Katolieke nasionaliste wil hê dat die hele Ierland
                         onafhanklik en verenig moet wees.                                       (4)
          4.1.4         Intra-religieuse konflik verwys na konflik tussen twee groepe
                         binne 'n godsdiens.                                                     (2)
          4.1.5         Die konflik is tussen twee takke van die Christendom.
                        Dit gee die idee dat dit 'n godsdienskonflik is.
                        Die hoofoorsaak van hierdie konflik is egter polities.
                        Godsdienstige verskille beklemtoon slegs die politieke verskille.
                        Hierdie konflik is oënskynlik in 1998 opgelos, maar huidige
                         politieke sake het 'n hernude herlewing van hierdie konflik
                         veroorsaak.
                        Die konflik gaan hoofsaaklik oor politieke beheer en
                         ekonomiese faktore.                                                     (8)
4.2        Godsdienstige leiers kan bemiddel en met alle partye in gesprek tree.
           Godsdienstige leiers word gerespekteer en het deur hulle godsdiens
            gewoonlik kontakte en konneksies in baie dele van die wêreld.
           Hulle moet met politieke partye skakel om 'n oplossing te vind, aangesien
            die konflik meer polities as godsdienstig is.
           Hulle het dus toegang tot 'n netwerk van mense van ander wêrelddele wat
            ook kan help met die oplossing van die konflik.
           Die meeste godsdienste leer van vrede en deernis. Daarom is lede bereid
            om materieel en finansieel tot die slagoffers van konflik by te dra.
           Godsdienstige leiers kan 'n intergodsdienstige beraad uitroep vir
            gesprekke oor die konflik.
           Dialoog beteken om met respek te praat en te luister om die probleem te
            probeer verstaan en 'n oplossing te soek.
           Die dialoog moet tot praktiese stappe lei, wat aan beide kante geneem
            kan word, ongeag godsdiens, om die situasie te verlig.
           Godsdienstige organisasies kan hulle godsdienstige oortuiging oor vrede
            in die wêreld en die heiligheid van die lewe gebruik om vreedsame gedrag
            te lei en te demonstreer.
           Godsdienstige organisasies kan saamwerk om menslike lyding, soos 'n
            tekort aan voedsel, mediese voorrade of ander benodigdhede, te verlig.
           Godsdienstige organisasies moet netwerk met die Afrika-unie, die
            Verenigde Nasies en baie internasionale hulp-agentskappe om
            burgerlikes te beskerm en te ondersteun.
           Organisasies soos die Islamitiese Hulp-agentskap en die Katolieke
            Agentskap vir Oorsese Ontwikkeling moet fokus op praktiese
            ondersteuning, soos mediese voorraad, skuiling vir slagoffers en die
            voorsiening van voedsel.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                              (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            9                           DBE/November 2023
                                     NSS – Nasienriglyne

4.3       VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
           'Almal wat die swaard opneem, sal deur die swaard omkom.'
            (Matt. 26:52)
           Hierdie aanhaling beteken dat geweld ontmoedig word.
           Alhoewel Christene veronderstel is om vredemakers te wees, kan oorlog
            onder sekere omstandighede gevoer word.
           In die Christendom kan slegs 'n wettige heerser van 'n staat 'n oorlog
            verklaar.
           Daar moet 'n regverdige rede wees vir Christene om hulleself te betrek.
           Die bedoelings moet eerbaar wees. Oorloë om vrede te verseker,
            kwaaddoeners te straf en die goeie op te hef, word toegelaat.
           Oorloë vir hebsug, mag of grond word nie toegelaat nie.

          VOORBEELD 2: ISLAM
           'Veg in die saak van God teen diegene wat teen jou veg, maar nie
            aggressief nie.' (Koran 2, 190)
           Oorloë van selfverdediging en wraak is toelaatbaar, maar daar mag geen
            misbruik wees nie.
           Islam het ook die konsep van djihad, wat dikwels verkeerd verstaan word
            as oorlog.
           Djihad beteken eenvoudig om te streef of te stry op die weg van God.
           Die volgende is verskillende tipes djihad:
             o Innerlike geestelike en morele strewe om 'n beter Moslem te word.
             o Goeie gedrag, om 'n voorbeeld te stel van wat dit beteken om 'n
                 Moslem te wees.
             o Rustige prediking om die woord van God te versprei.
             o Oorloë teen diegene wat Moslems onderdruk of vervolg.
           Die eerste drie tipes word as groter djihad beskou, terwyl die laaste as die
            mindere beskou word.                                                                (10)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
4.4        Suid-Afrika is 'n sekulêre staat; daar is geen staatsgodsdiens nie.
           Alle godsdienste het gelyke status in die grondwet.
           Alle godsdienste word verteenwoordig by staatsbyeenkomste.
           Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening is in die Grondwet van Suid-
            Afrika verskans.
           Alle gelowe word in die intergodsdienstige nasionale en internasionale
            organisasies in Suid-Afrika verteenwoordig.
           Daar is 'n Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte
            van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe wat saam met ander
            organe van die burgerlike samelewing werk om die beskerming van                     (10)
            individuele kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe te bevorder
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           10                           DBE/November 2023
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1          Demokratiese/Sekulêre regering                                                    (2)

5.2         Godsdiensvryheid kan verduidelik word as die handeling om persone of 'n
             gemeenskap in staat te stel om die godsdienste van hulle keuse na te
             streef.
           Godsdiensvryheid, byvoorbeeld, word uitgedruk in wetgewing wat beide
             godsdienstige en burgerlike huwelike erken.
           Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging
             en opinie.
           Die staat laat persoonlike vieringe van godsdienstige vakansiedae of
             rituele.
           Godsdiensvryheid laat inter-godsdienstige dialoog en samewerking toe in
             die oplos van probleme / die skep van vrede en harmonie.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                             (4)
          Twee punte word toegeken vir die verduideliking en twee punte vir die
          voorbeeld.

5.3        In 'n sekulêre staat is die regering en moraliteit nie op godsdiens gebaseer
            nie, en godsdienstige wette is nie deel van die staat se wette nie.
           Die Franse regering beweer dat die dra van godsdienstige klere op
            regeringseiendom, die Franse reëls en wette oor sekularisme oortree.
           Die regering wil al sy burgers gelyk akkommodeer, ongeag hulle
            verskillende godsdienste.
           Sekulêre wêreldbeskouings word geakkommodeer en kry dieselfde
            erkenning as enige godsdiens.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                             (4)

5.4        Godsdienstige organisasies kan hulleself organiseer en teen
            godsdienstige onverdraagsaamheid staan.
           Hulle kan 'n petisie opstel en onderteken, en dit by staatsamptenare
            indien.
           Godsdienstige leiers moet die regering betrek om daardie reël te wysig.
           Godsdienstige organisasies moet beklemtoon dat godsdiens deel is van
            die alledaagse lewe, en nie blote rituele nie.                                      (6)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

5.5       JA
           Elke regering het 'n verpligting om sy burgers te beskerm teen uitbyting.
           Dit sluit lede van godsdienstige organisasies in.
           Die regering moet slegs ingryp as die wet oortree word.
           Die wet sal oortree word as daar enige vorm van diskriminasie, beperking
             van vryheid van assosiasie, geweld, besering of skade, ens. is.
           Regulering van godsdiens kan kwesbare mense beskerm teen uitbuiting
             deur diegene wat hulle in die naam van godsdiens sou skade doen.
           Regeringregulering sal alle godsdienste toelaat om gelyke regte te hê.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           11                          DBE/November 2023
                                     NSS – Nasienriglyne

          NEE
           Godsdienstige organisasies glo dat hulle deur God geïnspireer is.
           Daarom hoef hulle nie deur enige menslike agentskap gereguleer te word
            nie.
           Hulle sal regulering sien as 'n inbreuk op hulle godsdiensvryheid.
           Lede sal self bewus wees van hulle regte en sal enige misbruik kan
            weerstaan.
           Oorregulering kan tot weerstand teen die staat lei.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                            (6)

5.6       JA
           Alle godsdienste word dieselfde hanteer.
           Die staat het die reg om by godsdienssake in te meng as godsdiens 'n
             negatiewe impak op gemeenskappe het.
           Godsdienste wat in die verlede die staat beïnvloed het, word nou
             dieselfde as ander godsdienste hanteer.
           'n Godsdienstige staat dwing die staatsgodsdiens op niegelowiges af.

          NEE
           Menseregte is in godsdienstige leerstellings gewortel.
           Menseregte kan deur beide sekulêre en godsdienstige state gerespekteer
             en misbruik word.
           Staatsgodsdiens kan menseregte aanneem sonder om na 'n sekulêre
             staat te verander.                                                                (6)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
          Waar kandidate beide JA en NEE beantwoord, mag ‘n maksimum van
          VIER punte toegeken word vir enige regverdiging.
5.7        Menseregte is onvervreembare regte en geld vir almal.
           Vrye meningsuitdrukking is een van hierdie regte, maar is nie absoluut
             nie.
           Dit moet gebalanseer word met sensitiwiteite van ander godsdienstige
             groepe.
           Hierdie reg beteken dat elkeen die reg het op vryheid van die pers en
             ander media, vryheid om godsdienstige inligting of idees te ontvang of oor
             te dra.
           Vrye meningsuitdrukking strek nie tot propaganda vir oorlog, aanhitsing tot
             geweld, voorspraak van haat wat op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens
             gebaseer is nie.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            12                          DBE/November 2023
                                      NSS – Nasienriglyne

5.8       5.8.1       Mense het nie 'n keuse oor hulle godsdiens nie.
                      Hulle word in 'n bepaalde godsdiens ingedwing.
                      Hulle mag dalk nie die punt van persoonlike bekering en
                       oortuiging bereik nie.
                      Daar sal teen mense gediskrimineer word op grond van hulle
                       godsdiens. Dit kan tot gewapende konflik lei.
                      Dit skend die beginsel van neutraliteit in godsdienstige sake.        (4)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

          5.8.2       Daar is minder aanspreeklikheid van godsdienstige leiers.
                      Vryheid en gebrek aan grense kan tot vreemde verkenning en
                       eksperimentering lei.
                      Die gees van vryheid, amper van 'enigiets gaan', maak die greep
                       van godsdiens los.
                      Godsdiens kan dalk swakker word soos wat die wêreld al hoe
                       meer sekulêr word.
                      Daar is 'n erosie van moraliteit soos wat die samelewing sekulêr
                       word.                                                                 (4)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

5.9          Inter-godsdienstige dialoog hou baie voordele in, soos godsdiensvryheid
              en die geleentheid om uit te vind en dieper te dink oor verskillende
              godsdienste.
             Hulle moet saamwerk aan inter-godsdienstige projekte wat kwessies
              hanteer wat die jeug beïnvloed.
             Hulle moet ten minste drie mense van ander godsdienste as hulle eie
              godsdiens ontmoet.
             Vra hulle oor hulle oortuigings, rituele, dieët, deurgangsrites, ens.
             Jeug moet troues van verskillende godsdienste bywoon.
             Reël opedae by verskeie plekke van aanbidding.                                 (8)
             Verstaan verskillende geloofstelsels, sodat daar verdraagsaamheid
              teenoor diversiteit kan wees.
                                                                                             [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-memo-afr/a563b831-4cc8-4251-8ff0-184fd8a7b530) — Religion Studies · Memo · 2019 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-final-memo-afr/c7adcc8c-1b2a-4cd6-a800-100b117f641c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-eng/8168575e-6b79-47ea-9db8-baedaebd0b1b) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-afr/3ac8557b-a6c9-4f40-bf52-2605b4feb967) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
