# Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                             RELIGIESTUDIES V1

                              NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V1                           2                      DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V1                              3                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.        Nov

          1.1.1      Mondelinge tradisies van Profeet Mohammed is deur … saamgestel.

                     A    Brahman
                     B    Moses
                     C    Ali
                     D    Bukhari                                                                       (1)

          1.1.2      Iemand wat iets verstaan presies soos dit geskryf is sonder om vir
                     interpretasie oop te wees:

                     A    Profeet
                     B    Literalis/Letterkneg
                     C    Ghoeroe
                     D    Teoloog                                                                       (1)

          1.1.3      Alle godsdienste is paaie na die waarheid en hulle is ewe waar:

                     A    Ideologie
                     B    Inklusiwisme
                     C    Pluralisme
                     D    Sekularisme                                                                   (1)

          1.1.4      Daar is geen god in die kern van hulle oortuigings en leringe nie:

                     A    Hindoeïsme
                     B    Judaïsme
                     C    Afrika Tradisionele Godsdiens
                     D    Boeddhisme                                                                    (1)

          1.1.5      Die hoofkwartiere van die Bahá'i-geloof is in …

                     A    Haifa, Israel.
                     B    Kaïro, Egipte.
                     C    Tel Aviv, Israel.
                     D    Haifa, Egipte.                                                                (1)

          1.1.6      Die amptelike godsdiens van die Romeinse Ryk onder Keiser
                     Konstantyn:

                     A    Judaïsme
                     B    Sionisme
                     C    Confucianisme
                     D    Christendom                                                                   (1)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V1                             4                          DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

          1.1.7      'n Regeringsvorm waar daar 'n baie sterk verhouding tussen een
                     spesifieke godsdiens en die regering is:

                     A    Outokrasie
                     B    Teokrasie
                     C    Demokrasie
                     D    Kolonialisme                                                           (1)

          1.1.8      Die geloof dat die siel nooit doodgaan nie en vir baie leeftye in 'n
                     nuwe liggaam herbore word:

                     A    Herstel/Restourasie
                     B    Opstanding
                     C    Reïnkarnasie
                     D    Wedergebore                                                            (1)

          1.1.9      Sjia-Islam glo dat ... Profeet Mohammad moes opvolg.

                     A    Abu Bakr
                     B    Arafat
                     C    Ismael
                     D    Ali                                                                    (1)

          1.1.10     Hierdie deel van die Bybel stem ooreen met die Tanag in Judaïsme:

                     A    Die Nuwe Testament
                     B    Die Pentateug
                     C    Die Handelinge van die Apostels
                     D    Die Ou Testament                                                       (1)

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
          Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Die godsdiens wat leer dat daar geen plan of doel met die skepping
                     is nie, is …                                                                (1)

          1.2.2      Die eerste organisasie wat in Suid-Afrika gestig is om spesifiek
                     navorsing oor Afrika Tradisionele Godsdiens te doen, is …                   (1)

          1.2.3      'n Persoon wat teen ortodokse godsdienstige gelowe is, is …                 (1)

          1.2.4      Die geloof in baie gode staan as … bekend.                                  (1)

          1.2.5      Daar word na nie-Jode as … verwys.                                          (1)

          1.2.6      Die Tien Gebooie word met die Berg … geassosieer.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Religiestudies/V1                               5                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

1.3       Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. MOENIE 'n antwoord meer as een keer gebruik
          NIE.

                             KOLOM A                                 KOLOM B
          1.3.1      Die godsdiens wat leer dat daar        A   Tao Te Ching
                     lyding in die wêreld is as gevolg
                     van onvervulde menslike                B   Talmoed
                     begeertes
                                                            C   dharma
          1.3.2      Die Een bring die Twee voort, die
                     Twee bring die Drie voort              D   afkoms

          1.3.3      Geloof in die bestaan van die          E   moksha
                     goddelike
                                                            F   beswyming
          1.3.4      Die term wat dui op geloof in 'n
                     orde in die hele bestaan               G teïsme

          1.3.5      Die geslagslyn van 'n voorvader na H       Boeddhisme
                     'n persoon of 'n familie

          1.3.6      'n Droomagtige toestand wanneer
                     mense oënskynlik nie van hulle
                     omgewing bewus is nie
                                                                                      (6 x 1)      (6)

1.4       Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Gee 'n rede waarom die antwoord NIE pas NIE.

          VOORBEELD: Rooi, Geel, Sirkel, Blou
          ANTWOORD: Sirkel
          REDE:      Die ander drie is kleure.

          1.4.1      Judaïsme, Islam, Afrika Tradisionele Godsdiens, Christendom                   (2)

          1.4.2      Vedas, Bhagavad Gita, Punjab, Upanishads                                      (2)

          1.4.3      Intlabi, Isangoma, Injoli, Ilima                                              (2)

          1.4.4      Evolusie, Vleeswording/Inkarnasie, Opstanding, Redding                        (2)

          1.4.5      Shaivisme, Vaishnavisme, Ketuvim, Shaktisme                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Religiestudies/V1                              6                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

1.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.

          1.5.1      Nagmaal/Eucharistie verwys na samewerking en eenheid tussen die
                     verskillende Christelike denominasies/kerkverbande.                             (2)

          1.5.2      Nirvana verwys daarna om na die lewe teruggebring te word.                      (2)

          1.5.3      'n Imam is 'n priester van die Onafhanklike Afrika-kerk.                        (2)

          1.5.4      Voedsel wat vir Jode toelaatbaar is om te eet, staan as 'haram'
                     bekend.                                                                         (2)

          1.5.5      Samsara is die ewige siklus van geboorte, dood en hergeboorte.                  (2)

          1.5.6      Islamitiese heilige tekste is in Sanskrit geskryf.                              (2)

1.6       In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende:

          1.6.1      Geloofsbelydenis                                                                (2)

          1.6.2      Talisman                                                                        (2)

          1.6.3      Padmasambhava                                                                   (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Religiestudies/V1                            7                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       In die konteks van godsdiens, gee 'n kort verduideliking van ELK van die
          volgende konsepte:

          2.1.1      Eenheid                                                                        (4)

          2.1.2      Uniekheid                                                                      (4)

          2.1.3      Goddelikheid                                                                   (4)

2.2       Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:

          2.2.1      Boeddhisme                                                                     (4)

          2.2.2      Afrika Tradisionele Godsdiens                                                  (4)

          2.2.3      Bahá'i-geloof                                                                  (4)

          2.2.4      Taoïsme                                                                        (4)

2.3       Verduidelik die verskille tussen leerstelling (doktrine) en dogma.                        (8)

2.4       Verduidelik in DRIE sinne die rol van voorvaders in Afrika Tradisionele
          Godsdiens.                                                                                (6)

2.5       Maak 'n lys van VIER ooreenkomste wat die drie Abrahamitiese godsdienste
          deel.                                                                                     (8)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Religiestudies/V1                             8                              DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 3

3.1       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                'N 'GESEKSUALISEERDE' JESUS

          Paasfeesplakkaat in Spanje, 2 Februarie 2024
          Deur Nicole Acevedo

          Omstredenheid het in Spanje en op sosiale media gevolg oor 'n plakkaat van
          Jesus wat as gay voorgestel is. Die plakkaat is geskep as reklame vir
          Paasweek-feesvieringe in die stad, Sevilla, in Spanje. Die kunstenaar,
          Salustiano Garcia, het sy werk verdedig deur te sê dit is 'siek' om seksuele
          diskriminasie in die beeld te sien, terwyl 'n konserwatiewe groep dit 'n
          afwyking1 en 'n 'geseksualiseerde en onmanlike'2 Jesus genoem het.
          Sosialemedia-gebruikers het óf die kunstenaar se kunssinnige visie verdedig
          óf 'memes geskep' wat die spot gedryf het met die beeld.

          Javier Navarro van die verregse Vox-party in Spanje het op die sosialemedia-
          platform X gesê dat die plakkaat wou uittart en nie die missie van 'gelowige
          deelname aan Sevilla se Heilige Week aanmoedig' nie. Pablo Hertfild Garcia-
          Conde, president van die godsdienstige vryheidsorganisasie IPSE, bekend
          vir sy ultrakonserwatiewe3 Katolieke standpunt, het op X gesê dat 'die
          plakkaat aanstootlik is' en 'n afwyking is, en nie ooreenstem met wat Heilige
          Week in Sevilla simboliseer nie.

          'n Organisasie van Christelike prokureurs het 'n petisie van stapel gestuur wat
          die verwydering van die plakkaat en die bedanking van Francisco Velez, die
          president van die Raad van Broederskap ('Council of Brotherhood'), versoek
          het. Laasgenoemde het die beroemde kunstenaar, Salustiano Garcia, opdrag
          gegee om 'n skildery te skep wat die feesvieringe moes bevorder.

          afwyking1: om af te wyk van wat normaal of korrek is
          onmanlike2: 'n man met eienskappe en gedrag wat tradisioneel met vrouens
             geassosieer word en as onvanpas vir mans beskou word
          ultrakonserwatiewe3: uiters konserwatief in politieke en godsdienstige
              geloofsoortuigings
                                                          [Aangepas uit www.nbenews.com, 2024]

          3.1.1      Met verwysing na die artikel hierbo, wat het omstredenheid in
                     Spanje veroorsaak?                                                              (2)

          3.1.2      '... dit is "siek" om seksuele diskriminasie in die beeld te sien.'

                     Wat is die betekenis van 'siek' in hierdie konteks?                             (2)

          3.1.3      Wat het die Spaanse mense van die kunstenaars verwag met
                     betrekking tot die Paasweek? Skryf DRIE verwagtinge neer.                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Religiestudies/V1                            9                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

          3.1.4      Die doel met die skep van die plakkaat was om reklame vir die
                     Heilige Week-feesvieringe te maak. Het die plakkaat in sy doel
                     geslaag? Ondersteun jou antwoord.                                            (8)

          3.1.5      In die lig van die omstrede plakkaat, watter opinies, dink jy, het die
                     Spaanse Christene van die kunstenaar, Salustiano Garcia, gehad?              (8)

          3.1.6      Gee DRIE redes waarom Salustiano Garcia besluit het om 'n
                     geseksualiseerde en onmanlike skildery van Jesus te maak.                    (6)

          3.1.7      Verslaggewers moet voldoen aan die joernalistieke kernwaardes
                     van billikheid en verteenwoordiging van beide kante. Evalueer
                     Nicole Acevedo se verslaggewing.                                             (8)

3.2       Bespreek VYF faktore wat die verslaggewing van godsdienstige kwessies in
          die media beïnvloed.                                                                    (10)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Religiestudies/V1                             10                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 4

4.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               GODSDIENSKONFLIK IN NIGERIË

          Die meerderheid van Nigerië se bevolking van ongeveer 182 miljoen volg óf
          Islam óf die Christelike godsdiens. Hierdie twee hoofgodsdienste het
          geskiedkundig in vrede saam bestaan. Sedert onafhanklikheid het die land
          egter onder baie etnies-godsdienstige konflikte deurgeloop. Onlangs het die
          aantal dodelike aanvalle toegeneem as gevolg van die groei van
          ekstremistiese groepe, soos Boko Haram en radikale Fulani-veewagters.

          Godsdienstige konflik in Nigerië kan gedefinieer word as 'die stryd om
          waardes en aansprake op skaars hulpbronne, status en mag met die doel om
          hulle opponente te neutraliseer of uit te wis'. Die definisie weerspieël grootliks
          die konflik tussen Moslems en Christene in Nigerië omdat die groepe om
          politieke en ekonomiese mag, asook land- en waterbronne, meeding.

          Sedert 2008 het Boko Haram 'n toenemende bedreiging vir nasionale
          veiligheid geword. Boko Haram beoog om 'n Islamitiese staat in noordelike
          Nigerië te vestig. Dit staan die verwestering van die land, wat dit met die
          Christelike godsdiens verbind, teë. Islamitiese militante groepe voer terroriste-
          aanvalle uit op godsdienstige en politieke groepe, asook burgerlikes. Die
          slagoffers is beide Moslems en Christene. Daar is ongeveer 2,5 miljoen
          ontheemde mense in die Tsjad-meer-kom ('Lake Chad Basin') en meer as
          300 000 Nigeriese vlugtelinge as gevolg van hierdie konflik.

          Nog 'n godsdienstige konflik in Nigerië is dié van die boer-veewagters.
          Gewelddadige skermutselings tussen radikale Islamitiese Fulani-veewagters
          en Christenboere is aan die toeneem om 'n verskeidenheid redes.
          Klimaatsverandering is een faktor. Die Fulani is tradisioneel semi-nomadiese
          veeboere in die noorde van die land. As gevolg van verwoestyning word hulle
          egter suidwaarts gedwing op soek na water en weivelde. Christenboere, op
          hulle beurt, is van mening dat die Fulani, wat dikwels wapens by hulle het, op
          hulle land inbreuk maak.

          'n Faksie van die Fulani is besig om soortgelyke terreurstrategieë as Boko
          Haram te volg, wat insluit om Christenleiers, gemeenskappe en kerke te
          teiken, asook om Christenboere van hulle land te verjaag. Hoewel Moslems
          ook soms die slagoffers van radikale Fulani-aanvalle is, is die grootste
          meerderheid van slagoffers Christene.

                                                                [Aangepas uit www.hart-uk.org]

          4.1.1      Op watter kontinent is Nigerië geleë?                                          (2)

          4.1.2      Noem TWEE hoofgodsdienste wat by hierdie konflik betrokke is.                  (4)

          4.1.3      Verduidelik kortliks die hoofoorsake van hierdie konflik.                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Religiestudies/V1                           11                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

          4.1.4      Met verwysing na die artikel, dink jy godsdiens is deel van hierdie
                     konflik? Gee VIER redes vir jou antwoord.                                  (8)

          4.1.5      Watter praktiese strategieë kan jy aan die mense van Nigerië
                     voorstel om hierdie konflik op te los?                                     (10)

4.2       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek VYF
          leringe daarvan wat vrede bevorder.                                                   (10)

4.3       Konflik tussen Moslems en Christene is meer algemeen in Afrika as op enige
          ander kontinent. Gee VYF moontlike redes hiervoor.                                    (10)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Religiestudies/V1                             12                               DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 5

5.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        MENSEREGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE

          Die Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte is in 1948
          voorgelê en deur regerings vanoor die hele wêreld onderteken. Menseregte
          word op die inherente waardigheid van die mens gebaseer. Die
          Menseregteverklaring is vanuit 'n sekulêre oogpunt geskryf. Die argumente
          daarvan word gebaseer op 'n teorie van natuurlike wette, wat menseregte uit
          die idee van universele menslike waardigheid sien voortvloei.

          Die basis van menseregte is in godsdienstige idees gesetel. Ons lees
          byvoorbeeld in die Abrahamitiese godsdienste dat Adam 'na die beeld van
          God geskape is' wat aan die mens 'n baie hoë waarde gee. In die Koran lees
          ons: 'natuurlik ken ons waardigheid aan die seuns van die mens toe'. Elke
          mens word daarom as heilig beskou.

          Alle godsdienste dwing egter beperkings op hulle volgelinge af en hoewel
          hulle leerstellings hoë status aan die mens toeken, dwing hulle ook
          beperkings op mense af. Daarom word die konsep van verantwoordelikheid in
          godsdienstige kringe bykans ewe veel as menseregte beklemtoon. Daar moet
          op gewys word dat daar geen regte sonder verantwoordelikhede kan wees
          nie. Die beklemtoning van regte word met die uitsluiting van
          verantwoordelikhede gedoen.
                                           [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn, et al.]

          5.1.1      Verduidelik wat met menseregte bedoel word.                                     (4)

          5.1.2      Wat beteken die konsep godsdiensvryheid?                                        (4)

          5.1.3      Dink jy godsdienstige organisasies moet 'n rol in die herdenking
                     van Menseregtedag in Suid-Afrika speel? Motiveer jou antwoord.                  (6)

          5.1.4      Regte en verantwoordelikhede kan nie geskei word nie.

                     Regverdig hierdie stelling.                                                     (8)

5.2       Bespreek kortliks die regte wat op die onderhouding van 'n persoon se
          godsdienstige oortuigings betrekking het.                                                  (8)

5.3       Kies enige EEN godsdiens en bespreek TWEE van die leringe daarvan wat
          op menseregte betrekking het.                                                              (8)

5.4       Gee VIER praktiese voorbeelde van hoe godsdienste menseregte bevorder.                     (8)

5.5       Onderskei tussen sedes en etiek.                                                           (4)
                                                                                                     [50]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               100
                                                                        GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Religion Studies · Memo · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-eng/56d0ee70-3e22-4e29-a3ba-4aa29a7a1d76) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr/537eef21-b6e1-4cec-a2a5-9e28945bc3b9) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
