# Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-mg-afr/4cf2d557-a35a-4a1a-950b-26216f36b9f4
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-mg-afr/4cf2d557-a35a-4a1a-950b-26216f36b9f4)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2024

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Religiestudies/V1                               2                          DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      D√                                                                           (1)
          1.1.2      B√                                                                           (1)
          1.1.3      C√                                                                           (1)
          1.1.4      D√                                                                           (1)
          1.1.5      A√                                                                           (1)
          1.1.6      D√                                                                           (1)
          1.1.7      B√                                                                           (1)
          1.1.8      C√                                                                           (1)
          1.1.9      D√                                                                           (1)
          1.1.10     D√                                                                           (1)

1.2      1.2.1       Taoisme√                                                                     (1)
         1.2.2       Icamagu / Icamagu Instituut√                                                 (1)
         1.2.3       Ketter / Onortodoks√                                                         (1)
         1.2.4       Politeïsme√                                                                  (1)
         1.2.5       Nie-Jode/Onbesnedenes√                                                       (1)
         1.2.6       Sinaï/Horeb√                                                                 (1)

1.3      1.3.1       H√                                                                           (1)
         1.3.2       A√                                                                           (1)
         1.3.3       G√                                                                           (1)
         1.3.4       C√                                                                           (1)
         1.3.5       D√                                                                           (1)
         1.3.6       F√                                                                           (1)

1.4      1.4.1       Afrika Tradisionele Godsdiens √
                     Die ander drie is Midde-Oosterse godsdienste./Die ander drie is
                     monoteïstiese     godsdienste./Die     ander     is    Abrahamitiese
                     godsdienste./ Die ander drie het almal heilige boeke.√                       (2)

         1.4.2       Punjab √
                     Die ander drie is heilige skrifte in Hindoeïsme.√                            (2)

         1.4.3       Ilima √
                     Die ander is mense wat die leiding in verskillende rituele neem. √           (2)

         1.4.4       Evolusie√
                     Die ander drie is Christelike konsepte. √                                    (2)

         1.4.5       Ketuvim√
                     Die ander drie is sektes van Hindoeïsme.√                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Religiestudies/V1                             3                           DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyne

1.5       1.5.1      Onwaar√
                     • Ekumenisme verwys na samewerking en eenheid tussen die
                       verskillende Christelike kerkverbande/denominasies.
                     • Eucharistie / Nagmaal is 'n seremonie wat op Jesus se laaste
                       maal / ete met sy dissipels gebaseer is. /Heilige Nagmaal.
                       /Nagmaal is ‘n ritueel in Christendom.                                    (2)
          1.5.2      Onwaar√
                     • Nirvana verwys na die hoogste prestasie volgens Theravada
                       Boeddhisme.√
                     • Dit is 'n stand/toestand van volmaakte geluk en vrede. √
                     • Opstanding verwys daarna om na die lewe teruggebring te
                       word.√                                                                    (2)
          1.5.3      Onwaar√
                     • 'n    Imam    is    'n    Moslem     godsdienstige     leier   en
                       leraar/onderwyser.√
                     • 'n Biskop/Profeet is die leier/geneser in die Afrika Onafhanklike
                       Kerk.                                                                     (2)
          1.5.4      Onwaar √
                     • Kosher verwys na kos wat vir Jode toelaatbaar is.√
                     • Haraam verwys na iets wat onwettig/nie toelaatbaar nie is in
                       Islam.√                                                                   (2)

          1.5.5      Waar√√                                                                      (2)
          1.5.6      Onwaar√
                     • Islamitiese heilige skrifte/tekste is in Arabies geskryf. √
                     • Boeddhistiese heilige skrifte/tekste is in Sanskrit geskryf.√
                     • Hindoe heilige skrifte/tekste is in Sanskrit geskryf. √
                     • Sanskrit is ‘n antieke taal in die Verre Ooste.√                          (2)

1.6       1.6.1      • Dit is 'n opsomming van die oortuigings van 'n godsdiens.√
                     • Hierdie woord word dikwels as 'n sinoniem vir 'n persoon se
                       godsdiens of godsdienstige geloof gebruik. √                              (2)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
          1.6.2      •  Dit is 'n voorwerp wat glo geluk bring of bose geeste weghou.√
                     •  Dit is stroke papier waarop godsdienstige simbole geskryf is. √
                     •  Hulle word deur hoogs gekwalifiseerde godsdienstige mense
                        geskryf. √                                                               (2)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
          1.6.3      • 'n Voorbeeld van Boeddha wat in menslike gedaante getoon
                       word.√
                     • Die heilige wat Tibettaanse Boeddhisme na die Himalaja-
                       gebergtes in Asië gebring het. √
                     • Hierdie term word met Boeddhisme geassosieer. √                           (2)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Religiestudies/V1                               4                       DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
VRAAG 2
2.1       2.1.1          •  Eenheid verwys na daardie faktore wat tot die deel van 'n
                            gemeenskaplike identiteit lei.
                         • Dit verwys na harmonie en eensgesindheid wat tussen
                            godsdienste bestaan.
                         • Dit kan ook verwys na die erkenning van gemeenskaplike
                            grond wat daar tussen verskillende godsdienste bestaan.             (4)
                         LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

          2.1.2          •  Dit is daardie eienskappe wat die godsdiens anders as ander
                            godsdienste maak.
                         • Dit is daardie eienskappe wat dit as 'n ander godsdiens
                            identifiseer.
                         • Daar is uniekheid in oortuigings, praktyke en normatiewe
                            tekste.                                                             (4)
                         LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

          2.1.3          •  Verwys na enige wese of voorwerp wat goddelik of gelyk aan
                            god is.
                         • Toestand of kwaliteit om goddelik te wees.                           (4)
                         LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

2.2       2.2.1      •  Boeddhiste glo in verganklikheid – niks bestaan vir ewig of uit
                        enigiets anders nie.
                     • Hulle glo in onwesenlikheid – geen deel van die mens of van
                        enigiets anders is onsterflik of ewig nie.
                     • Hulle glo in die onvermoë van iets om genoegsaam/bevredigend
                        te wees – niks is stabiel of beduidend nie, maar die mens dring
                        daarop aan om permanensie, wat hulle gelukkig sal maak, te
                        vind.
                     • Nirwana is die aanvaarding van die realiteit soos dit is.                (4)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

          2.2.2      • Dit is aan die eerste geslag/generasie geopenbaar.
                     • As mense sterf, sluit hulle by die geestelike wêreld aan.
                     • Dit bevorder die waardes van 'Ubuntuʹ.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                  (4)

          2.2.3      •  Daar is een almagtige god wat homself deur sy manifestasies
                        aan mense openbaar.
                     • Mense het 'n rasionele siel met die unieke vermoë om God te
                        herken.
                     • Alle mense is gelyk ongeag kleur, ras of geslag/gender.                  (4)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Religiestudies/V1                            5                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

          2.2.4      •  Niebestaan is die beginpunt van alles – dit is in sekere opsigte
                        groter as bestaan/wees.
                     • Taoïsme moet die lewe in harmonie met Tao leef.
                     • Taoïsme verset nie hulle wil teen die heelal (Wu-wei) nie, maar
                        aanvaar dit.
                     • Dit is die enigste godsdiens wat die vegkuns ('martial arts')
                        (Neija) ontwikkel het.                                                  (4)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

2.3       •  Doktrine/leerstelling is 'n sinoniem vir 'n godsdienstige lering.
          •  Dit is aanvegbaar.
          •  Dogma beteken 'n beginsel, leerstelling of sisteem van oortuigings, veral
             soos deur 'n godsdiens se kollektiewe godsdienstige gesag neergelê.
          • Hierdie oortuigings is nie oop vir bespreking nie.
          • Die konsep 'dogma' verwys na die oortuigings wat van volgelinge verwag
             word om sonder twyfel te aanvaar.                                                  (8)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

2.4       •  Daar word geglo dat die voorvaders die familie en die gemeenskap wat
             nog leef, lei.
          • Daar word geglo dat die voorvaders deelneem aan gebeure in die familie,
             soos geboortes, begrafnisse en huwelike.
          • Die voorvaders beskerm die familie teen die bose en teëspoed.
          • Die familielede wat nog leef, kommunikeer deur rituele met die
             voorvaders.                                                                        (6)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

2.5       • Hulle glo almal in lewe na die dood.
          • Hulle glo in die oordeelsdag.
          • Hulle glo in een God.
          • Hulle beskou Abraham as hulle geestelike voorvader.
          • Hulle glo in die geopenbaarde heilige geskrifte.
          • Hulle glo in die bestaan van profete.
          • Hulle glo in die bestaan van engele.
          • Hulle glo in die bestaan van Satan.
          • Hulle het in die Midde-Ooste ontstaan en reg oor die wêreld versprei.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                             (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Religiestudies/V1                            6                           DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1       3.1.1      •   Dit is veroorsaak deur die skildery wat Jesus as gay uitbeeld.         (2)

          3.1.2      • Dit is onaanvaarbaar/verregaande/aanvallend.                             (2)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

          3.1.3      •  Die Spaanse mense het verwag om die leringe oor die
                        kruisiging van Jesus te hoor.
                     • Hulle het verwag om voorstellings te sien wat verwys na Jesus
                        wat verraai is.
                     • Hulle het verwag om visuele beelde wat Jesus en die kruis
                        uitbeeld, te sien.
                     • Die Spaanse Christene het bemoedigende en samesnoerende
                        boodskappe wat hulle geloof versterk, verwag.
                     • Herdenk die opofferinge wat Jesus gemaak het.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                  (6)

          3.1.4      NEE
                     • Die plakkaat was kontroversieel vir die Christene in Spanje.
                     • Die sosialemediagebruikers het memes gebruik om met die
                        beeld te spot.
                     • Die plakkaat 'wou uittart en nie die missie van
                        gelowige/getroue deelname aan Seville se Heilige Week
                        bevorder nie' het Javier Navarro gesê.
                     • Christelike prokureurs het 'n petisie van stapel gestuur om die
                        verwydering van die plakkaat te eis.
                     • Francesco Valez was geforseer om te bedank.
                     • Die tekening het nie die Christelike verwagting van die “Heilige
                        Week” gesimboliseer nie.

                     JA
                     • Die omstredenheid het selfs daartoe gelei dat die ongelowiges
                        van die Heilige Week bewus geraak het.
                     • Die plakkaat het vinniger op sosiale media versprei. Dit het die
                        Paasnaweek bevorder/ondersteun.
                     • Die LGBTQ+(lesbies, gay, biseksueel, transgender, queer en
                        andere wat hulleself as nie-binêr identifiseer)-gemeenskap sal
                        aangemoedig word om die feestelikhede te ondersteun.
                     • Die plakkaat het meer publisiteit vir die 'Heilige Week' geskep
                        as gewone godsdienstige plakkate.
                     • Dit het ‘n debat uitgelok oor die verhouding tussen gays en
                        God.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Religiestudies/V1                            7                         DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

          3.1.5      •  Hy is Anti-Christus of Anti-Christendom.
                     •  Om verwarring onder Spaanse mense te saai dat Jesus nie
                        goddelik is nie.
                     • Hy soek aandag van die mense van Spanje; hy soek
                        erkenning.
                     • Sy bedoeling was om te beledig en verdeeldheid onder
                        Christene te saai.
                     • Hulle sal dink dat Salustiano gay is of simpatiek het met gays.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.                 (8)

          3.1.6      •  Hy het sy gevoelens oor die Heilige Week uitgedruk.
                     •  Hy wou die uitgesluite LGBTQ+(lesbies, gay, biseksueel,
                        transgender, queer en andere wat hulleself as nie-binêr
                        identifiseer)-gemeenskap by die Heilige Week insluit.
                     • Hy wou 'n debat oor die seksualiteit van Jesus in daardie
                        komende Heilige Week skep.
                     • Hy wou publisiteit en moontlik meer besigheid hê.                       (6)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

          3.1.7      •  Die verslaggewing is regverdig omdat dit beide kante, die
                        kunstenaar en die konserwatiewe Christene, aanbied.
                     • Nicole Acevedo het die storie berig soos dit gebeur het.
                     • Die storie is nie bevooroordeeld teenoor enige geslag of groep
                        nie.
                     • Terwyl Salustiano Garcia nie sensitief vir die Christen-
                        gemeenskap was nie, het die verslaggewer objektief gebly.
                     • Die verslaggewer is 'n onafhanklike joernalis in die storie.            (8)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

3.2       •   Sensasionalisering – 'n storie wat sensasie en 'n reaksie sal veroorsaak.
          •   Mode – sekere temas en sake is in die mode. Die media sal hierdie
              beklemtoon ten einde mense sover te kry om koerante te koop of hulle
              programme te kyk.
           • Verkope – die media is 'n besigheidsindustrie: die storie moet interessant
              en sensasioneel wees om verkope te laat toeneem.
           • Inligting – om die gemeenskap oor die jongste/nuutste godsdienstige
              sake in te lig.
           • Vooroordeel – media kan bevooroordeeld teen of vir 'n sekere standpunt
              wees.
          In gevalle waar webwerwe, YouTube-kanale,ens,deur spesifike godsdienste
          bestuurword,( of besit word),sal die dekking van die godsdiens positieg wees
           • Stereotipe – sommige mediahuise kan 'n sekere godsdiens op 'n
              negatiewe of positiewe manier aanbied om 'n sekere stereotipe te
              versterk.                                                                        (10)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Religiestudies/V1                           8                       DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       4.1.1      •   Afrika                                                             (2)

          4.1.2      •   Christenskap en Islam                                              (4)

          4.1.3      •   Die stryd gaan oor waardes en aansprake op skaars
                         hulpbronne, sowel as status.
                     •   Elke groep wil mag, waarmee hulle hul opponente kan
                         neutraliseer of elimineer, hê.
                     •   Die groepe ding mee om politieke en ekonomiese mag sowel
                         as grond- en waterbronne.
                     •   Dit is ‘n etnies-godsdienstige konflik.                            (6)

          4.1.4      JA
                     • Daar is gewelddadige botsings tussen radikale Islam Fulani-
                        skaapwagters en Christen-boere.
                     • Christendom en Islam vorm beide groepe wat om politieke en
                        ekonomiese mag meeding, sowel as om grond- en
                        waterbronne.
                     • Boko Haram / Die Fulani se teikengroep is Christen-leiers, -
                        gemeenskappe en kerke.
                     • Boko Haram is gekant teen die verwestering van Nigerië en
                        blameer die Christenskap/-dom daarvoor.
                     • Boko Haram streef daarna om 'n Islamitiese staat in Noord-
                        Nigerië te vestig.

                     NEE
                     • Die konflik is meer polities van aard.
                     • Daar is wedywering vir skaars hulpbronne.
                     • Klimaatsverandering is ook 'n belangrike faktor omdat
                        verwoestyning die Fulani suidwaarts dwing op soek na water
                        en weiveld.
                     • Boko Haram en die Fulani val beide Moslems en Christene              (8)
                        aan.

          4.1.5      •   Boko Haram en die regering moet samesprekings voer om
                         gemeenskaplike grond te vind.
                     • Gemeenskappe moet saamkom, hulleself organiseer en
                         opstaan teen godsdienstige onverdraagsaamheid.
                     • Hulle moet alle regeringsdepartemente betrek om die kwessie
                         van klimaatsverandering aan te spreek.
                     • Hulle moet daardie plante wat baie water benodig, soos
                         gombome, verwyder.
                     • Daar moet besproeiingstelsels vir weivelde wees.
                     • Hulle moet boereorganisasies stig, wat beide die Fulani- en
                         Christenboere insluit, om plase te bestuur.
                     • Godsdiens moet van ekonomie en politiek geskei word.
                     Let Wel: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.              (10)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Religiestudies/V1                            9                         DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

4.2       VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP/-DOM
          • Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
          • Dit beteken dat ons mekaar as broers moet behandel om in vrede te kan
            leef.
          • Geseënd is die vredemakers want hulle sal die koninkryk van God beërf.
          • Dit bemoedig vredemakers in Christen-gemeenskappe.
          • Doen aan ander wat jy hê hulle aan jou moet doen.
          • Almal wil geregtigheid hê, so ons moenie ongeregtigheid teenoor ander
            mense bewys nie.

          VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
          • Die Afrika-spreekwoord, 'Umuntu ngumuntu ngabantu', beteken dat 'n
              mens bestaan omdat 'n gemeenskap bestaan.
          • Die gemeenskap is die belangrikste aspek van die lewe.
          • Die individu kry sy/haar sinvolheid in die lewe van die gemeenskap.
          • Die gemeenskap kan nie groei sonder om die individu te respekteer nie,
              en vice versa.
          • In Afrika Tradisionele Godsdiens moet jy in vrede met elkeen leef omdat jy
              hom/haar môre sal nodig hê.
          Waar ‘n kandidaat slegs die relevante leringe gelys het, ken TWEE punte
          elk toe.
          Indien ‘n kandidaat een of meer leringe gekies en daaroor uitgebrei het,
          ken TWEE punte toe vir elke lering, asook TWEE punte vir die
          verduideliking.                                                                     (10)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

4.3       •   Beide die Christendom en Islam het 'n sterk teenwoordigheid op die
              Afrika-kontinent.
          •   Mense leef in gemeenskappe wat 'n sterk godsdienstige identiteit, óf
              Moslem óf Christen, het.
          •   Beide godsdienste word aktief versprei. Dit kan tot konfrontasie lei.
          •   Regerings in Afrika is swak en dwing nie wet en orde af nie.
          •   Hulle bevoordeel soms een godsdiens bo 'n ander. Dit lei dan tot
              godsdienstige konflik.
          •   Armoede is dikwels 'n katalisator in godsdienstige konflik.
          •   Dit is so want wanneer Christene en Moslems vir skaars hulpbronne
              (bewerkbare grond, water, ens.) meeding, kan dit noodgedwonge tot
              konflik lei.
          •   Afrika-lande het swak grensbeheer. Dit laat ruimte vir onwettige wapens.        (10)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Religiestudies/V1                          10                         DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5
5.1         5.1.1    •   Die basiese regte wat elkeen het, bloot omdat hulle mens is.
                     •   Die regte wat aan elkeen behoort en daarom het alle mense
                         die verantwoordelikheid om mekaar se regte te respekteer.           (4)

            5.1.2    •  Elkeen, oraloor, het die vryheid van keuse om te glo wat hul
                        will in terme van hul oortuigings oor God /geloofstelsel
                        /wêreldbeskouing.
                     • Om aktief te volg en die godsdiens van hulle keuse te
                        beoefen.
                     • Dit impliseer ook dat mense nie gedwing kan word om tot 'n
                        ander godsdiens te bekeer of ‘n ander wêreldbeskouing te
                        volg nie.
                     • Suid-Afrika waarborg vryheid van godsdiens, omdat dit
                        gewaarborg word deur die konstitusie.                                (4)
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

            5.1.3    JA
                     • Alle godsdiensorganisasies moet bymekaar kom om
                        Menseregtedag gesamentlik herdenk. Dit sal godsdienstige
                        verdraagsaamheid en respek demonstreer.
                     • Dit is die taak van godsdiens om mense van hierdie regte
                        bewus te maak en in te lig.
                     • Godsdiens is die bron van menseregte.
                     • Dit bevorder die heiligheid van die lewe.
                     • Dit moedig liefdadigheid aan sodat die armes selfrespek kan
                        verkry.
                     • Godsdiensorganisasies het 'n belangrike rol in die
                        apartheidstryd gespeel.
                     • Godsdiensleiers soos Allan Boesak, Desmond Tutu en Beyers
                        Naude het groot rolle gespeel in nie net die ondergang van
                        apartheid nie, maar ook die vestiging en erkenning van
                        menseregte vir almal wat in die grense van ons land woon.
                     • Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke was instrumenteel in die
                        vestiging van menseregte in Suid-Afrika.
                     NEE
                     • Menseregte is voorgeskryf/bepaal deur mense wat gepoog
                        het om 'n vreedsame gemeenskap te skep in areas wat deur
                        konflik geteister is. (Humanisme)
                     • Godsdiens het niks te doen met die herdenking van                     (6)
                        Menseregtedag nie.
                     • Nie alle godsdienste was op dieselfde wyse deur die
                        Sharpeville slagting geaffekteer nie en hul reaksies op
                        Menseregtedag sal ook onders wees.
                     • Die herdenking van menseregte is polities en nie godsdienstig
                        van aard nie.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer
                     word.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Religiestudies/V1                            11                          DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyne

            5.1.4     •   Met enige vryheid kom verantwoordelikheid.
                      •   'n Belangrike verantwoordelikheid ten opsigte van menseregte
                          is om te verstaan dat elke persoon gelyke regte toegestaan
                          word.
                      • Daarom mag 'n mens nooit sy/haar regte op so 'n manier
                          uitoefen dat dit op die regte van ander inbreuk maak nie.
                      • Bv. Om 'n ritueel uit te voer, mag nie mense van ander
                          gelowe verontrief nie.
                      • Wanneer dit op godsdiens toegepas word, beteken dit dat
                          mens andere se godsdiens en standpunte moet respekteer.
                      • Een persoon se reg word deur 'n ander se
                          verantwoordelikheid nagekom.
                      • Bv. Die basiese regte van 'n kind moet deur sy ouers se
                          verantwoordelikhede nagekom word.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
                      Waar ‘n kandidaat slegs menseregte en verantwoordelikhede
                      lys, kan ‘n maksimum van VIER punte toegeken word.                        (8)

5.2         •  Mense het die reg om in hulle plekke van aanbidding bymekaar te kom.
            •  Hulle het die reg om by enige plek bymekaar te kom mits hulle
               toestemming het om daardie plek te gebruik.
            • Samekomste moet vry en opsioneel vir die publiek wees.
            • Mense het die reg om bymekaar te kom en hulle godsdienstige
               vakansiedae te vier al is daardie dae nie op die openbare kalender nie.
            • Mense het die reg om hulle rituele te beoefen en uit te voer.                     (8)
            LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.

5.3         VOORBEEL 1: CHRISTENSKAP
            • Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Dit beteken ons moet ander
              behandel soos ons behandel wil word.
            • Jesus het gesê, 'Dit verseker ek julle: Vir sover julle dit aan een van die
              geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan my
              gedoen'. Mt.25: 40. Dit beteken dat alle mense in die oë van God gelyk
              is.
            • 'Hy het my gestuur om die evangelie [goeie nuus] aan armes te
              verkondig, om vrylating vir gevangenes uit te roep en om die
              onderdruktes in vryheid uit te stuur'. Lk. 4:18–19. Dit verwys na vryheid
              van diskriminasie, reg tot lewe, vryheid van slawerny en armoede.

            VOORBEELD 2: JUDAȈSME
            • Het ons nie almal een Vader nie? Is dit nie een God wat ons geskep
              het? Maleagi 2:10. Dit leer dat alle mense gelyk is.
            • Dit gaan goed met mense wat die reg handhaaf, wat by elke geleentheid
              reg doen. Ps.106:3. Dit beteken dat alle wetsgehoorsame mense hulle
              regte sal geniet.
            • 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself' is een van die kernwette van
              Judaïsme (Levitikus 19:18). Dit beteken ons moet ander behandel soos
              onsself behandel wil word omdat ons almal gelyk is.                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Religiestudies/V1                           12                         DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

5.4         •  In Suid-Afrika beoefen en respekteer alle godsdienste Menseregtedag.
            •  Godsdienstige mense dra hulle eie tradisionele klere om verskillende
               kulture te vier en te erken.
            • Verskillende godsdienstige gemeenskappe kook en deel kos met die
               haweloses en dié wat op straat leef.
            • Godsdienstige organisasies bou skuilings vir hawelose mense.
            • Hulle sien om na mishandelde mense, in hulle plekke van aanbidding of
               versorgingsentrums.
            LET WEL: Ander relevante antwoorde moet gekrediteer word.
            Waar godsdienstige organisasies net gelys word, kan ‘n maksimum
            van VIER punte toegeken word.                                                  (8)

5.5         •   Sedes verwys na persoonlike oortuigings soos wat dit deur die
                gemeenskap, kultuur en individuele ervarings beïnvloed word.
            •   Etiek is riglyne wat deur gemeenskappe of spesifieke groepe neergelê is
                en aanvaarbare en onaanvaarbare aksies of gedrag in breë trekke
                uiteensit.                                                                 (4)
                                                                                           [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                   GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — Religion Studies · QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — Religion Studies · QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — Religion Studies · QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — Religion Studies · QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-memo-afr/a563b831-4cc8-4251-8ff0-184fd8a7b530) — Religion Studies · Memo · 2019 · Afr
- [RELIGIOUS STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT201 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p1-gr12-memo-sept201-afrikaans/4054664c-2e08-4558-bd57-3300b495a7b3) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
