# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-afr/d8c00800-0a10-46dd-bb2d-a597ff9998a9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-afr/d8c00800-0a10-46dd-bb2d-a597ff9998a9)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                 RELIGIESTUDIES V1

                                   NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             2                    DBE/November 2020
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.

2.        AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Begin ELKE antwoord op 'n NUWE bladsy.

5.        Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
          vraag toegeken is.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                          DBE/November 2020
                                              NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
          1.1.1       Hierdie skool van Boeddhisme          staan   ook   as     die   Groot
                      Weg/Voertuig bekend:
                      A    Tibettaanse Boeddhisme
                      B    Theravada-Boeddhisme
                      C    Mahajana-Boeddhisme
                      D    Zen-Boeddhisme                                                           (1)
          1.1.2       'n 'Mistikus' is 'n persoon wat …
                      A    glo daar is geen god nie.
                      B    die goddelike deur direkte ondervinding ervaar.
                      C    nie vleis eet nie.
                      D    elke jaar 'n pelgrimstog onderneem.                                      (1)
          1.1.3       In Hindoeïsme dui hierdie term geloof in 'n orde in die hele bestaan
                      aan:
                      A    Dharma
                      B    Brahmaan
                      C    Karma
                      D    Moksha                                                                   (1)
          1.1.4       In die Afrika Tradisionele Godsdiens is hierdie persoon die hoof
                      van die godsdiens wat seker maak dat daar na alle beoefenaars
                      omgesien word:
                      A    Injoli
                      B    Icamagu
                      C    Intlabi
                      D    Inyanga                                                                  (1)
          1.1.5       Geloof in die bestaan van die goddelike:
                      A    Agnostisisme
                      B    Ateïsme
                      C    Materialisme
                      D    Teïsme                                                                   (1)
          1.1.6       Hierdie groot Joodse Rabbi van die 12de eeu het geredeneer dat
                      weersprekings tussen bewese wetenskap en Judaïsme deur
                      verkeerde interpretasie van die heilige geskrifte veroorsaak word:
                      A    Tycho Brahe
                      B    Moses Maimonides
                      C    Siddartha Gautama
                      D    Tenzin Gyatso                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              4                           DBE/November 2020
                                              NSS

          1.1.7       Hierdie ateïs het godsdiens as 'die uitwaartse projeksie van die
                      mens se inwaartse aard' beskryf en het 'n groot invloed op Karl
                      Marx gehad:

                      A     Ludwig Feuerbach
                      B     Nicolas Copernicus
                      C     David Hume
                      D     Martin Luther                                                         (1)

          1.1.8       Watter EEN van die volgende stellings is NIE op die Bahá'i-geloof
                      van toepassing NIE?

                      A     Reïnkarnasie
                      B     Die enigheid van God
                      C     Die enigheid van die mensdom
                      D     Die eenheid van alle godsdienste                                      (1)

          1.1.9       Die Nan Hua-tempel is die grootste tempel en klooster in Afrika wat
                      aan die volgende godsdiens behoort:

                      A     Sjintoïsme
                      B     Hindoeïsme
                      C     Confucianisme
                      D     Boeddhisme                                                            (1)

          1.1.10      Watter EEN van die volgende is NIE op die Bybel van toepassing
                      NIE?

                      A    Dit word in die Ou Testament en die Nuwe Testament verdeel.
                      B    Die Ou Testament is nie eksklusief aan Christenskap nie.
                      C    Dit is deur Moses geskryf.
                      D    Dit is 'n heilige boek vir Christene.                                  (1)

1.2       Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te skryf.
          Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Die altaar in Karbala is 'n belangrike pelgrimsterrein vir …-Moslems.        (1)

          1.2.2      Hasidiese Jode trek op 'n eiesoortige manier aan, hulle leef apart
                     van die moderne samelewing en is toegewyd aan die streng
                     nakoming van die Joodse wet wat as … bekend staan.                           (1)

          1.2.3      'n Volgeling wat glo dat slegs sy/haar beskouings van godheid
                     korrek is, beoefen 'n … beskouing teenoor ander godsdienste.                 (1)

          1.2.4      Die drievoudige kanon van heilige geskrifte in Boeddhisme word die
                     … genoem.                                                                    (1)

          1.2.5      In Xhosa is die titel van 'n boek wat die basiese oortuigings, morele
                     leringe en geskiedenis van die Afrika-godsdiens bevat, …                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                           DBE/November 2020
                                             NSS

1.3       Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
          woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.

         VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou
         ANTWOORD: Sirkel
         REDE:      Die ander drie is kleure.

          1.3.1       Bahá'i-geloof; Islam; Christenskap; Boeddhisme                             (2)

          1.3.2       Waarsêers; Voorvaders; Isangomas; Inyangas                                 (2)

          1.3.3       Bahá'u'lláh; Abu Bakr; Abdu'l-Baha; Shoghi Effendi                         (2)

          1.3.4       Klap; Heen en weer beweeg; Dans; Ululasie                                  (2)
                            .
          1.3.5       Bhagavad Gita; Upanishads; Dharma, Mahabharata                             (2)

1.4       Kies 'n item uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as EEN keer gebruik
          NIE.

                     KOLOM A                              KOLOM B
          1.4.1      Boeddhisme          A    gee 2,5 persent as liefdadigheid

          1.4.2      Taoïsme             B    'n sekte wat deur verskillende
                                              interpretasies of oortuigings
          1.4.3      Die Bön-godsdiens        beheer/bestuur word

          1.4.4      Christenskap        C    volgelinge moet moeiteloos in harmonie
                                              met die weg van die heelal leef
          1.4.5      Zakat
                                         D    saambestaan van die drie Abrahamitiese
                                              gelowe

                                         E    heilige tekste wat in Sanskrit geskryf is

                                         F    die amptelike godsdiens van die
                                              Romeinse Ryk onder keiser Konstantyn

                                         G    die oudste geestelike tradisie van Tibet
                                                                                  (5 x 1)        (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                               6                            DBE/November 2020
                                               NSS

1.5       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
          'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.

          1.5.1       Die Tenach is die heilige geskrif van die Bahá'i-geloof.                        (2)

          1.5.2       Die Nagmaal word as herinnering aan die voorvaders gehou.                       (2)

          1.5.3       Moslems glo dat die Hadith op goddelike wyse aan die Profeet
                      Mohammed gedikteer is.                                                          (2)

          1.5.4       Elke kruisbeeld is 'n kruis maar elke kruis is nie 'n kruisbeeld nie.           (2)

          1.5.5       Die stigter van Hindoeïsme is Lao-tzu.                                          (2)

1.6       In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende
          terme:

          1.6.1      'n Familiegroep-/Stam-gebaseerde ('clan') godsdiens                              (2)

          1.6.2      Profeet Mohammed                                                                 (2)

          1.6.3      Die Sabbat                                                                       (2)

          1.6.4      Die Ortodokse Kerk                                                               (2)

          1.6.5      Ekumenisme                                                                       (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                 7                   DBE/November 2020
                                                 NSS

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

2.1       In die konteks van godsdiens, gee 'n kort verduideliking van ELK van die
          konsepte hieronder gevolg deur 'n voorbeeld om die toepassing daarvan
          te illustreer:

          2.1.1       Godsdienstige identiteit                                               (4)

          2.1.2       Eenheid                                                                (4)

          2.1.3       Ooreenkomste                                                           (4)

          2.1.4       Gelykenis                                                              (4)

2.2       In TWEE sinne, brei uit oor ELK van die volgende unieke eienskappe van
          Boeddhisme:

          2.2.1       Die Boeddha was mens, nie god nie                                      (4)

          2.2.2       Boeddhaskap word bekom en is nie ingebore nie                          (4)

2.3       Noem TWEE unieke eienskappe van:

          2.3.1       Taoïsme                                                                (4)

          2.3.2       Christenskap                                                           (4)

          2.3.3       Hindoeïsme                                                             (4)

2.4       Onderskei tussen die volgende terme:

          2.4.1       Godsdienste van die Midde-Ooste en godsdienste van die Verre
                      Ooste                                                                  (4)

          2.4.2       Leerstelling en dogma                                                  (4)

2.5       Maak 'n lys van DRIE kenmerke van Ubuntu.                                          (6)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             8                              DBE/November 2020
                                             NSS

VRAAG 3

Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                DIS DOOP MET DRANK!
Die Gabola Kerk het godsdiens met drank na 'n nuwe vlak geneem! Nuwe
gemeentelede word nie net met drank gedoop nie, hulle word ook met hulle keuse van
hulle gunstelingdrankie in die Huis van die Here verwelkom – enigiets van whisky,
sider en jenewer, tot eenvoudige bier. Die stigter en leier van die kerk, Tsietsi Makiti,
het gesê dat geeneen van hulle lede met water gedoop wou word nie. Gabola Church
International Ministries is vier jaar gelede gestig om drankgebruikers, wat gevoel het
dat hulle deur ander kerke verwerp is, toe te laat om ook kerk toe te gaan. Die kerk het
sedertdien gegroei en word in verskeie kroeë regdeur die land gelei.
'As ek nie teenwoordig is nie, word die doop deur kroegeienaars wat óf pastore óf
biskoppe is, bedien,' het Makiti aan die Daily Sun gesê. 'Nuwe lede word verwelkom en
kies hulle drankie. Hulle kan ook kies of die alkohol geskink of op hulle koppe geplaas
moet word, of selfs of hulle dit wil drink of nie. Die ouderdomsbeperking om alkohol by
die kerk te drink, is 20 jaar.' Dit is streng oor verantwoordelike drankgebruik en
verantwoordbaarheid. Lede het getuig oor hoe hulle gees bevry is nadat hulle 'n plek
van aanbidding gevind het wat hulle aanvaar.
'Ons is rustig en opgewek tydens ons dienste,' het hy gesê. 'Elke lid verstaan dat
alhoewel ons alkohol verbruik, ons steeds in 'n kerk is. Dit het hulle gedrag verander.'
                                                   [Bron: www.dailysun.co.za, 10 Desember 2019]

3.1       Noem TWEE wyses waarop die opskrif die leser se aandag trek.                               (4)

3.2       Volgens die artikel, watter unieke rol speel die Gabola Kerk?                              (2)

3.3       Is hierdie artikel 'n voorbeeld van goeie mediadekking van godsdiens? Gee
          redes vir jou antwoord.                                                                    (8)

3.4       Hoe trek kroegeienaars voordeel uit die Gabola Kerk?                                       (4)

3.5       Die Gabola Kerk is 'n voorbeeld van 'n Christelike sekte.

          Gee TWEE redes om hierdie stelling te ondersteun.                                          (4)

3.6       Tot watter mate kan die Gabola Kerk godsdienstige konflik veroorsaak? Gee
          redes vir jou antwoord.                                                                    (8)

3.7       In die laaste paragraaf staan daar: 'Dit het hulle gedrag verander.'
          Wat dink jy beteken dit?                                                                   (4)

3.8       Beskryf kortliks enige TWEE aspekte van godsdiens wat die meeste
          mediadekking kry. Gee redes waarom jy dink dit gebeur.                                     (8)

3.9       Dink jy godsdiens moet deur die staat gereguleer word? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                  (8)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              9                               DBE/November 2020
                                              NSS

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                    INWONERS KEER DAT MOSLEM-GESIN DIERE SLAG

'n Moslem-familie, die Fareed-gesin, is gedwing om hulle godsdienstige slagseremonie
vir Eid-ul-Adha onder polisiebewaking uit te voer nadat bure probeer het om hulle met
geweld te keer.

Ayman Fareed, 'n inwoner van Saddlebrook Landgoed* in Gauteng, het die bure se
poging om die slagting te keer, as 'rassisties en anti-Islam' beskryf.

Die moeilikheid het ongeveer 06:20 begin toe die sleepwa wat die diere vervoer het by
die landgoed aangekom het. Kort daarna, volgens Ayman Fareed, het 10 tot 15 motors
die ingang geblokkeer.

'My vrou was besig om in te ry toe 'n bakkie haar geblokkeer het. Ons was by beide
hekke van ons huis afgesny. Haar enigste uitweg was om deur die valhek te gaan.
Terwyl sy dit gedoen het, het die bakkie in haar vasgery. Die bestuurder het met
'n mes uitgeklim. Hy het die bande van die sleepwa wat die diere vervoer het, gesny,'
het hy gesê.

Die slagting het uiteindelik plaasgevind, maar onder streng polisiebewaking. Elf skape
en een bul is geslag. Die landgoed se direksie het later bevestig dat toestemming aan
Fareed verleen is en het die optrede van die inwoners veroordeel.
*'n Landgoed is 'n omheinde kompleks met 'n hek met baie huise wat gemeenskaplike areas deel.
                                                    [Bron: Daily News Reporter, 14 Augustus 2019]

4.1       4.1.1        Waarom het Ayman Fareed die insident as 'rassisties' beskryf?                   (2)

          4.1.2        Die twee kante betrokke by hierdie insident was die Fareeds
                       (Moslem-gesin) en die bure. Identifiseer die positiewe bedoelings
                       van ELKE kant en gee ook EEN voorstel vir ELKE kant oor wat die
                       situasie sou kon voorkom het. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                               KANTE             POSITIEWE                   VOORSTEL
                                                 BEDOELING

                        Fareeds

                        Bure                                                                           (8)

          4.1.3        Bespreek die insident uit 'n menseregteperspektief van elke kant –
                       die Moslem-gesin (die Fareeds) en die bure.                                     (8)

4.2       Volgens watter gronde kan Suid-Afrika as 'n sekulêre land geklassifiseer
          word?                                                                                        (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           10                             DBE/November 2020
                                           NSS

4.3       Wat word met godsdiensvryheid bedoel?                                                 (4)

4.4       Van die godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek ENIGE DRIE leringe wat
          'n vreedsame en harmonieuse lewe bevorder.                                            (12)

4.5       Tot watter mate lei godsdiens mense om goed te wees? Gee reders vir jou
          antwoord.                                                                             (8)
                                                                                                [50]

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       INTERGODSDIENSTIGE VERHOUDINGS
Godsdienstige gemeenskappe het leiers in vredesopvoeding geword. Hulle erken dat
alhoewel geloofsverskille regdeur die geskiedenis tot konflikte bygedra het,
godsdienstige mense baie keer 'n groot vermoë vir versoening en diens aan ander
getoon het. Deur middel van die opvoedingstrukture wat hulle reeds ingestel het, is
godsdienste in 'n gunstige posisie om 'n kultuur van vrede onder hulle volgelinge en in
die samelewing as 'n geheel te bevorder.
                                            [Aangepas uit Focus on Religion Studies Grade 12]

5.1       'Godsdienstige gemeenskappe het leiers in vredesopvoeding geword.'

          Stem jy met hierdie stelling saam? Gee redes om jou antwoord te ondersteun.           (4)

5.2       Kyk terug na die geskiedenis van godsdienste en noem DRIE voorbeelde
          waar 'n verskil in geloof tot godsdienstige onverdraagsaamheid gelei het.             (6)

5.3       '… godsdienstige mense (het) baie keer 'n groot vermoë vir versoening en
          diens aan ander getoon …'

          5.3.1       Noem TWEE bekende Suid-Afrikaanse godsdienstige leiers wat jy
                      in hierdie kategorie sou plaas en gee redes vir jou antwoorde.            (8)

          5.3.2       Bespreek die werk wat deur die Nasionale Godsdiensleiersforum
                      (NGLF) in Suid-Afrika gedoen word.                                        (10)

5.4       Verwys na die laaste sin van die uittreksel. Bespreek 'n verskeidenheid
          maniere waarop die 'opvoedingstrukture' van 'n godsdiens 'n 'kultuur van
          vrede onder hulle volgelinge en in die samelewing as 'n geheel bevorder'.             (8)

5.5       Bespreek die staat van godsdienstige samewerking in Suid-Afrika voor die
          demokratiese verkiesing in 1994.                                                      (10)

5.6       Hoe doeltreffend is intergodsdienstige organisasies in Afrika? Gee redes vir
          jou antwoord.                                                                         (4)
                                                                                                [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             150
                                                                     GROOTTOTAAL:

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/840f7f33-825e-4635-b76c-9484629c2f82) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-eng/758384c1-98a6-4f4e-a907-d12b9283b6a4) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-printready-18-august/b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2020 English (Printready 18 August)](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2020-english-printready-18-august/f09af5ea-efe1-41bf-b3fd-9a9f5f27fb5a) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-afr/7f74d50a-822f-4467-9d6a-5b83fc1842bd) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2023-eng/a22a9936-7b7a-4eba-ba0b-c78e70513f41) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
