# Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-memo-afr/f2edafd6-ab42-4e9b-b351-c7be90c72fc6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-memo-afr/f2edafd6-ab42-4e9b-b351-c7be90c72fc6)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V1

                                 NOVEMBER 2020

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              2                          DBE/November 2020
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

LET WEL: Krediteer die kandidate indien die korrekte woord in plaas van die
letter gegee is.

VRAAG 1

          1.1.1       C√                                                                         (1)
          1.1.2       B√                                                                         (1)
          1.1.3       A√                                                                         (1)
          1.1.4       A√                                                                         (1)
          1.1.5       D√                                                                         (1)
          1.1.6       B√                                                                         (1)
          1.1.7       A√                                                                         (1)
          1.1.8       A√                                                                         (1)
          1.1.9       D√                                                                         (1)
          1.1.10      C√                                                                         (1)

1.2       1.2.1       Sjia/Sjiiet-Moslems√.                                                      (1)
          1.2.2       Halakhah√                                                                  (1)
          1.2.3       Eksklusiwis/Bevooroordeeld √                                               (1)
          1.2.4       Tripitaka√                                                                 (1)
          1.2.5       Masiphakule√                                                               (1)

1.3       1.3.1       Boeddhisme. √
                      Die ander is Midde-Oosterse godsdienste./ Die ander is religieë            (2)
                      wat leer oor ‘n Opperwese.√

          1.3.2       Voorvaders√
                      Die ander hoort nie in die geestesryk nie. / Die ander is mense wat
                      nog leef /wat leef.√                                                       (2)

          1.3.3       Abu Bakr√
                      Die ander hoort by die Bahá'i-geloof.√                                     (2)

          1.3.4       Heen en weer swaai/ √
                      Die ander word in Afrika Tradisionele Godsdiens-rituele gebruik./          (2)
                      Die ander word gewoonlik tydens seremonies gebruik. √

                      OF Ulalasie
                      Die ander is liggaambewegings wat tydens ‘n dans in die ATR
                      uitgevoer word. √

          1.3.5       Dharma√
                      Die ander is heilige tekste in Hindoeïsme. √                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                              3                             DBE/November 2020
                                       NSS – Nasienriglyne

LET WEL: Krediteer die kandidate indien die korrekte woord in plaas van die
letter gegee is.
1.4       1.4.1      E√                                                                             (1)
          1.4.2      C√                                                                             (1)
          1.4.3      G√                                                                             (1)
          1.4.4      F√                                                                             (1)
          1.4.5      A√                                                                             (1)
1.5       1.5.1       Onwaar√
                      Dit is die heilige geskrifte van Judaïsme. √ OF
                      Die Kitáb-i-Aqdas is die heilige geskrifte van die Bahá'i-geloof. √           (2)
          1.5.2       Onwaar √
                      Die Nagmaal is 'n sakrament wat as herinnering aan Christus deur
                      die Christene gehou word. √ OF
                      Ukubuyisa/Umbuyiso is 'n ritueel wat as herinnering aan die
                      voorvaders deur die Afrika Tradisionele Godsdiens gehou word.√                (2)
          1.5.3       Onwaar√
                      Die Koran is op goddelike wyse aan die Profeet Mohammed
                      gedikteer.√ OF
                      Die Hadith is 'n opname van die mondelinge leringe van die
                      Profeet Mohammed. √                                                           (2)
          1.5.4       Waar√√                                                                        (2)
          1.5.5       Onwaar√
                      Hindoeïsme het geen stigter nie; die stigter van Taoïsme was
                      Lao-tzu. √
                      NOTE: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                             (2)
1.6       1.6.1          Dit is 'n godsdiens waar die basiese struktuur die
                          stam/familie/clan of uitgebreide familiegroep is. √
                         Dit is baie sterk in die Afrika Tradisionele Godsdiens. √
                         Die oudste man/vrou word gewoonlik as die leier van die
                          stam/familiegroep/clan beskou. √
                         Hulle moedig ‘n gemeenskaplike manier van lewe aan.                       (2)
          1.6.2          Profeet Mohammed is die stigter van Islam. √
                         Moslems glo dat hulle godsdiens deur die finale en grootste
                          Profeet, die Profeet Mohammed, voltooi is. √
                         Allah het Sy boodskap aan die Profeet Mohammed onthul, wat
                          in die Koran in die oorspronklike Arabies neergeskryf is. √
                         Profeet Mohammed is die stigter van Islam.(aanvaarde
                          antwoord)                                                                 (2)
          1.6.3          Dit is die sewende dag van die Joodse week. √
                         Dit begin teen sonsondergang op 'n Vrydag en duur tot
                          sonsondergang Saterdagaand. √
                         Dit is 'n dag van aanbidding vir die Jode.Hulle weerhou hulle
                          daarvan om op die Sabbat te werk.√
                         Sommige Christene beskou Sondag as die Sabbat, ‘n dag wat
                          uitgesit word vir die aanbidding van God. √                               (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                                  4                            DBE/November 2020
                                           NSS – Nasienriglyne

          1.6.4             Tydens die Breuk van 1054/11de eeu is die Christendom in die
                             Rooms-Katolieke Kerk (in die Weste) en die Ortodokse Kerk in
                             die Ooste verdeel. √
                            Die Ortodokse Kerk word ook die Oosterse Ortodokse Kerk
                             genoem. √
                            Dit sluit die Griekse en Russiese Kerke in. √                             (2)
          1.6.5             Dit verwys na samewerking en eenheid tussen die verskillende
                             Christelike denominasies. √
                            Die term is deesdae verbreed om eenheid tussen verskillende
                             godsdienste ook in te sluit. √
                            Die ekumeniese beweging word sterker want goeie inter-
                             godsdienstige verhoudinge word aangemoedig. √                             (2)
                                                                      TOTAAL AFDELING A:               50

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 2

LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
2.1   2.1.1        Godsdienstige kenmerke wat mense 'n gevoel gee van wie
                     hulle is.
                   Dit gee ook 'n gevoel van behoort aan mense wat dieselfde
                     leringe,waardes en rituele/praktyke deel.
                   Voorbeeld: Godsdienstige simbole is 'n integrale deel van
                     godsdienstige identiteit.                                                         (4)

          2.1.2              Eenheid beteken om vir 'n algemene doel saam te staan.
                             Dit is gevoel van eenheid met die goddelike mag want dit word
                              deur elke godsdiens gedefinieer.
                             Voorbeeld: dit is gewoonlik moontlik om die aspek wat
                              godsdienste verbind, te identifiseer – hulle deel 'n oortuiging of
                              praktyk; hulle staan saam om vir 'n saak te veg, ens.                    (4)

          2.1.3              Eienskappe waar een godsdiens met 'n ander een
                              ooreenstem.
                             Dit kan oppervlakkig of baie diep en fundamenteel wees.
                             Voorbeeld: daar is baie ooreenkomste tussen die gode en
                              godinne in Griekse en Romeinse mitologie.                                (4)

          2.1.4              'n Gelykenis verwys na 'n verhaal wat vertel word om 'n
                              godsdienstige beginsel te illustreer of om 'n godsdienstige
                              vraag te beantwoord.
                             Dit is gewoonlik baie kort en bevat definitiewe morele of
                              godsdienstige oortuigings.
                             Voorbeeld: In die gelykenis van die Goeie Samaritaan; leer
                              Jesus ons om ons oor ons medemens te ontferm.                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             5                             DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

2.2       2.2.1          Boeddhisme leer ons dat elke mens in die heelal sy/haar eie
                          lot beheer; dit word nie deur enigiemand of enige opperwese,
                          soos God, beheer nie.
                         'n Mens se goeie of slegte geluk, sukses of mislukking word
                          deur daardie mens se dade, goed of sleg, en sy/haar eie
                          pogings tot verligting bepaal.
                         Die Boeddha kan slegs die weg aandui.                                   (4)

          2.2.2          Verligting word bekom deur 'n leeftyd van wysheid en
                          beoefening, nie deur inherente oortuiging en geloof nie.
                         Enige mens kan die Boeddha se weg volg en Boeddhaskap
                          bekom.
                         Enige mens kan Boeddhaskap bekom deur 'n Bodhisattva se
                          leiding te volg.                                                        (4)

LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

2.3       2.3.1          Leef in harmonie met die Tao.
                         Wu-wei – nie-aksie of moeitelose godsdiens.
                         Gevegskuns – dit is die enigste godsdiens wat tot gevegskuns
                          aanleiding gegee het.                                                   (4)

          2.3.2          Dit leer ons dat Jesus Christus die Seun van God is.
                         Die Drie-eenheid is die sentrale oortuiging oor goddelikheid.
                         Dit leer ons dat Jesus gesterf het en na drie dae weer
                          opgestaan het.
                         Jesus het gesterf om mense van hulle sondes te red.                     (4)

          2.3.3          Hindoeïsme leer oor beide geestelike evolusie en geestelike
                          regressie.
                         Dit leer ons dat daar baie weë na God is en dus is dit 'n
                          buigsame en inklusiewe godsdiens.
                         Binne die godsdiens bestaan dit uit verskillende skole en
                          tradisies wat vry is om hulle eie idees en praktyke te ontwikkel.
                         Dit is die enigste godsdiens wat sê 'jy kan god wees'.                  (4)

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
2.4       2.4.1   Godsdienste van die Midde-Ooste
                   Sluit in Judaïsme, Christenskap, Islam en Bahá'i'.
                   'n Uitstaande eienskap van hierdie groep is monoteïsme.
                  Godsdienste van die Verre Ooste
                   Sluit in Taoïsme en Confucianisme in China en Sjinto in
                      Japan.
                   Hierdie godsdienste toon gewoonlik 'n kenmerkende estetiese
                      (kunssinnige) waardering van skoonheid en harmonie met die
                      natuur.
                  LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            6                         DBE/November 2020
                                     NSS – Nasienriglyne

          2.4.2       Leerstelling
                       Dit is 'n sinoniem vir 'n godsdienstige lering.
                       Dit is oop vir betwisting.
                      Dogma
                       Dit beteken 'n beginsel, leerstuk of stelsel van oortuiginge,
                         spesifiek neergelê deur 'n godsdiens se kollektiewe
                         godsdienstige mag/gesag.
                       Die konsep 'dogma' verwys na die oortuiginge/leringe wat
                         volgelinge sonder twyfeling moet aanvaar.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry                    (4)

2.5         Dit is 'n filosofie van gemeenskapsgees in die Afrika Tradisionele
             Godsdiens.
           'n Mens is 'n mens deur ander.
           Dit is 'n baie belangrike deel van die lewe en bestaan in die Afrika
             Tradisionele Godsdiens.
           Die gemeenskap is belangriker as die individu.                                   (6)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                             7                            DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3
3.1         Die meeste lesers sal dit skokkend vind om drank met die doop te
             verbind.
           Die opskrif is sensasioneel, wek belangstelling om verder te lees.
           'n Heilige ritueel word met 'n handeling wat as sonde beskou word,
             verbind.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry                                    (4)
3.2           Dit aanvaar mense wat nie in tradisionele kerke verwelkom word nie.               (2)
              Dit word in kroeë regoor die land bedryf.
3.3       JA
           Die opskrif en eerste paragraaf is beslis sensasioneel en bedoel om die
              aandag te trek.
           Daarna lees mens egter van 'n gaping wat deur die Gabola Kerk
              raakgesien is met betrekking tot mense met 'n sterk verknogtheid aan
              alkohol.
           Hierdie mense het nie 'n gevoel van verwelkoming en tuishoort by
              tradisionele godsdienstige gemeenskappe ervaar nie.
           Makiti het 'n nuwe en anderse manier gevind om 'drinkers' te
              akkommodeer.
           Alhoewel die metodes wat Makiti gebruik die wenkbroue laat lig, is die res
              van die artikel bloot 'n verslag.
           Die taal van die res van die artikel is onbevooroordeeld.
           Die artikel stel feite en is 'n goeie voorbeeld van regverdige verslaggewing.
          NEE
           Vir 'n konserwatiewe godsdienstige leser sal die sensasionele opskrif en
              skokkende metodes wat deur Makiti en die Gabola Kerk gebruik word,
              totaal onaanvaarbaar wees.
           Die artikel gaan oor 'n gemarginaliseerde klein kerkie.
           Dit is sensasionele verslaggewing.
           Die vraag kan gestel word of daar werklike besorgdheid vir die 'drinkers'
              was en of die bedoeling was om uitdagend en sensasioneel te wees.
           Dit kan beskou word as godslasterlik en skending van die heiligheidvan die
              doop.
           Dit is beledigend vir die gevoelens van baie godsdienstige mense, selfs
              nie-godsdienstige mense met respek vir godsdiens.
           Die 'drinkers', indien hulle ernstig is oor 'n soeke na die heilige, kan hulle
              drank opoffer uit eerbied in plaas daarvan om daaraan te vas te klou.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                    (8)
          ‘n Kombinasie van Ja en Nee antwoorde moet krediet kry.
3.4        Hulle word as pastore en biskoppe erken.
           Die kroegeienaars baat op ekonomiese wyse aangesien lede by die kerk
              aansluit en nog alkohol verbruik.                                                  (4)

3.5         Die Gabola Kerk is 'n klein godsdienstige groepie wat van die ortodokse
             tradisie van die doop afgewyk het.
           Dit identifiseer as 'n Christelike vertakking want dit gebruik die Christelike
             terme, soos 'pastore en biskoppe' asook 'doop'.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            8                          DBE/November 2020
                                     NSS – Nasienriglyne

3.6         Hoofstroomkerke en Makiti se kerk sal nie maklik gemeenskaplike grond
             oor die godsdienstige lering van die doop vind nie.
           Dit kan groot konflik veroorsaak in hoofstroomkerke asook met betrekking
             tot tradisionele en New Age-kerke.
           Hoofstroomkerke kan lede aan Makiti se kerk verloor.
           Diegene wat sterk verknog is aan drank kan moontlik by 'n kerk wil
             aansluit wat meer positief en akkommoderend is.
           Ander kerke kan dalk die voorbeeld volg.
           Ander hoofstroomkerke kan dalk voel asof hulle te na gekom is en dit as
             beledigend beskou dat wat heilig vir hulle is, ontheilig is.
           Die gooi van alkohol op die grond kan as beledigend gesien word vir die
             ATR en konflik veroorsaak.
           Gebaseer op leringe, lidmaatskap en moderne versus die tradisionele,
             kan hierdie kerk groot konflik veroorsaak.
           Alternatiewelik is dit moontlik dat dit nie konflik sal veroorsaak nie want
             dit sal deur hoofstroomkerke geïgnoreer word.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                 (8)

3.7           Dit beteken lede verbruik minder alkohol en raak nie dronk nie.
              Hulle houding teenoor alkohol het verander want hulle beskou dit as 'n
               'heilige' drankie.                                                              (4)

3.8         Die godsdienskwessies aan die buiterand en dit wat negatief is, kry die
             meeste dekking.
           Dit gebeur want 'slegte nuus verkoop'.
           Kontroversiële kwessies ontvang meer media-aandag as geestelike sake.
           Op die ou einde is mediahuise 'n besigheid en moet hulle wins maak.
           Dit is dieselfde met kwessies wat voorkom asof dit godsdienstig is, maar
             wat eintlik meer polities van aard is.
           Die ideologie van die redakteur is ook van toepassing omdat dit die
             persoon is wat verantwoordelik is vir die keuse wat by die publiek uitkom.
           Die politieke aspekte van godsdienstige idees en instansies ontvang die
             meeste dekking.
           In die huidige klimaat is dit mode om anti-godsdiens te wees.
           Om hierdie planne te bevorder, word seleksie, sensasie en
             bevooroordeeldheid gebruik om godsdiens in 'n negatiewe lig te plaas.
           Hoe ook al, gespesialeerde godsdienstige media ( bv, Rhema Kerk TV
             kanaal) beklemtoon egter hoe godsdiens lewens verbeter.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           9                         DBE/November 2020
                                    NSS – Nasienriglyne

3.9       JA
            Volgens die Konstitusie het die staat 'n verpligting om sy burgers te
              beskerm.
            Dit sluit lede van godsdienstige organisasies in.
            Die staat moet slegs ingryp as die wet verbreek word.
            Die wet sal verbreek wees as daar enige vorm van diskriminasie,
              beperking van vryheid van assosiasie, dwang, beserings of beskadiging,
              ens. was.
            Regulering van godsdiens kan keer dat kwesbare mense deur diegene
              uitgebuit word wat in die naam van godsdiens hulle teiken.
          NEE
            Godsdienstige organisasies glo dat hulle deur God geïnspireer is.
            Daarom het hulle nie nodig om deur enige menslike organisasie
              gereguleer te word nie.
            Hulle sal regulering as skending van hulle godsdiensvryheid beskou.
            Lede is self bewus van hulle regte en sal teenstand kan bied teen enige
              misbruik.
            Oorregulering tot weerstand teen die staat lei.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
          ‘n Kombinasie van Ja en Nee antwoorde moet krediet kry                            (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            10                            DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       4.1.1          Hy het gevoel dat sy bure teen hom diskrimineer omdat hy 'n
                          Moslem is.                                                             (2)

          4.1.2           KANTE             POSITIEWE                 VOORSTEL
                                           BEDOELING
                      Fareeds       Hulle wou hulle      Hulle was veronderstel
                                    godsdienstige seremonie
                                                         om die bure oor die
                                    vir die fees van     slag van die diere in
                                    Eid-ul-Adha hou.     kennis te stel.
                       Bure         Hulle wou die atmosfeer
                                                         Hulle was veronderstel
                                    van die landgoed     om die polisie te kontak
                                    beskerm.             in plaas daarvan om so
                                                         gewelddadig op te tree.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                       (8)

          4.1.3          As 'n Moslem-familie, is die Fareeds vry om hulle godsdiens te
                          beoefen, solank hulle nie op ander mense se regte inbreuk
                          maak nie.
                         Godsdiensvryheid is 'n mensereg en is by Suid-Afrika se
                          Handves van Menseregte in die Konstitusie ingesluit.
                         Die bure wil in vrede in hulle buurt in die landgoed leef.
                          Vermoedelik dink hulle dat die slag van diere 'n versteuring sal
                          veroorsaak en party kan miskien vanuit 'n dierewelsyn-
                          perspektief bekommerd wees.
                         Met betrekking tot die bure, kan die mensereg wat toegepas
                          kan word die reg tot vryheid van mening en uitdrukking wees.
                         Aan die kant van die bure is daar geen gronde vir hulle
                          aggressiewe en gewelddadige gedrag nie.
                         Hulle het daarmee die regte van die Fareeds geskend.                   (8)

4.2           Volgens die Suid-Afrikaanse Konstitusie is ons land 'n sekulêre staat.
              Die mag van die staat en godsdiens is geskei.
              Godsdiens het nie enige sê in die regering van die land nie.
              Daar is geen staatsgodsdiens nie.
              Geen godsdiens word bevoordeel nie.
              Die Handves van Regte wat in die Konstitusie vasgelê is, sluit
               godsdiensvryheid in.
              Alle godsdienste word as gelyk in die oë van die wet beskou.
              Alle godsdienste word toegelaat om hulle godsdiens sonder vrees deur
               inmenging van die staat te beoefen.                                               (8)

4.3           Godsdiensvryheid is in die Verenigde Nasies se Universele Verklaring
               van Menseregte (1948) vasgelê.
              Dit is ook vasgelê in die Suid-Afrikaanse Handves van Regte.
              Dit beteken alle mense is vry om hulle eie godsdiens te kies.
              Hy/Sy is ook vry om dit te beoefen solank dit nie inbreuk maak op die
               regte van ander mense nie.                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                           11                            DBE/November 2020
                                     NSS – Nasienriglyne

4.4       Christenskap
            'Jy moet jou naaste soos jouself liefhê.'
            Dit beteken dat ander mense se standpunte moet respekteer al stem jy
              nie daarmee saam nie.
            Probeer om die probleem deur die ander persoon se oogpunt te bekyk.
            Om iemand te respekteer, beteken nie dat jy met daardie persoon
              saamstem nie.
            'Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem
              word.'
            Dit is een van die Saligsprekinge wat deur Jesus in die Bergprediking
              gegee is. Hy het Sy volgelinge aangemoedig om vrede na te volg.
            'Vrede vir julle'
            Na die opstanding was dit die groet wat Jesus die meeste gebruik het
              wanneer hy Sy volgelinge ontmoet het. wanneer hulle verontrus was, het
              Hy hulle kalmeer en vrede gebring.
            Volgelinge van Jesus moet dieselfde doen.
          Boeddhisme
            Boeddhisme leer ons dat 'n volgeling Nirvana sal bereik deur die
              Agtvoudige Weg te volg/na te kom.
            Nirvana is 'n toestand van perfekte geluk. Dit sluit innerlike vrede in want
              daar is nie meer enige lyding as gevolg van onvervulde begeertes nie.
            Die Agtvoudige Weg leer ons die regte standpunte, die regte gedagtes,
              die regte spraak, die regte handelinge, die regte werk en die regte
              moeite/pogings.
            Dit alles bevorder vrede.
            Boeddhiste plaas groot klem op opmerksaamheid, meditasie en
              konsentrasie.
            Vrede, rustigheid, kalmte en onverstoorbaarheid word hierdeur bereik.
            Gewilde tydskrifte is deesdae vol artikels oor hoe om stres in ons
              daaglikse lewens te verminder. baie van hulle praat oor opmerksaamheid
              en meditasie.
          Bahá'i-geloof
            Die Bahá'i-geloof leer ons dat godsdienstige waarheid progressief is.
            Dit sluit dus alle godsdienste in wat dit verstaan as stappe op die weg na
              eenheid in die toekoms in die Bahá'i-geloof.
            Hierdie leringe bevorder vrede omdat dit konflik tussen godsdienste, wat
              in die verlede soms tot oorloë in die naam van godsdiens gelei het, te
              verwyder.
            Die Bahá'i-geloof leer ons dat die hoofdoelwit van godsdiens die
              bevordering van welwillendheid en harmonie onder mense is wat eendag
              verenig sal wees.
          LET WEL: Enige drie relevante leringe moet krediet kry. Alternatiewe
          antwoord moet krediet kry.
          ‘n Maksimum van SES punte mag toegeken word as ‘n kandidaat bloot
          drie of meer relevante leringe noem.
          Slegs die eerste drie leringe wat genoem/ bespreek word, moet gemerk
          word.                                                                                 (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                          12                          DBE/November 2020
                                    NSS – Nasienriglyne

4.5         Godsdiens is nie noodsaaklik om mense na die goeie te lei nie.
            Daar is filantrope en humaniste wat nie aan enige godsdiens behoort nie
             wat hoogs beginselvas is en baie goeie dinge vir hulle medemens doen.
           Dit toon dat godsdiens nie absoluut noodsaaklik is vir hoë morele
             waardes en goeie ordentlike gedrag nie.
           Godsdiens is nie die enigste bron van moraliteit nie, of om te leer om
             tussen reg en verkeerd te onderskei nie.
           Elke godsdiens lei egter hulle volgelinge oor hoe om 'n goeie lewe te lei,
             hoe om tussen reg en verkeerd te onderskei. Daarom gee dit hulle
             volgelinge etiese, morele en leidende beginsels.
           Godsdiens is 'n sterk gids vir ordentlike gedrag, maar dit is moontlik om
             jou goed te gedra en goeie sedes te hê selfs daarsonder.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            13                          DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1       JA
           Godsdienstige leiers in 'n gemeenskap word gewoonlik gerespekteer en
             vertrou en word dikwels genader om tussengangers en onderhandelaars
             in konfliksituasies te wees.
           Hulle word deur die waardes en leringe van hulle godsdienste gelei,
             aangesien godsdienste die universele waardes van liefde, vrede,
             medemenslikheid en diens aan die mensdom leer.
           Godsdienste het baie groepe en organisasies wat daarop gemik is om
             hulle sending te vervul, soos skole en ander onderriginstansies,
             uitreikgroepe en jeuggroepe. Dit is alles gemik op algemene welsyn en
             om vrede te bevorder.
          NEE
           Alhoewel godsdienste oor vrede kan leer en preek, bly dit soms by 'praat'
             en daar is nie 'n sterk dryfkrag om na vrede te werk nie.
           Daar is steeds baie konflik, onverdraagsaamheid en geweld in baie
             gemeenskappe wat deur godsdienstige onverdraagsaamheid aangevuur
             word.
           Daar is tans so baie stories in die media waar godsdienstige leiers nie 'n
             goeie voorbeeld was nie en op hierdie manier word vertroue afgetakel.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                  (4)

5.2       Voorbeelde:
           Die Kruistogte
           Die Spaanse Inkwisisie
           Die (Protestantse) Hervorming
           Godsdienstige vervolging in Europa (wat 'n vloedgolf koloniste na ander
             dele van die wêreld gestuur het, bv. na Amerika en Afrika.)
           Die Soenni-Sjia-verdeling in Islam.
           Die Rooms Katolieke-Ortodokse-verdeling in die Christendom.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                  (6)

5.3       5.3.1       Voorbeelde:
                       Aartsbiskop Desmond Tutu – het kerke aangemoedig om teen
                         apartheid te baklei, en hy het die Nobelprys vir Vrede ontvang.
                       Chief Albert Luthuli – hy was 'n eerwaarde wat teen apartheid
                         gepraat het. Hy het die president van die ANC geword, en het
                         ook later die Nobelprys vir Vrede ontvang.
                       Imam Haron – anti-apartheidsaktivis wat in aanhouding
                         dood is.
                       Eerwaarde Beyers Naudé – hy het die apartheidleringe van die
                         Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) uitgedaag en is
                         hiervoor vervolg.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                            14                          DBE/November 2020
                                      NSS – Nasienriglyne

          5.3.2       Nasionale Godsdienstige Leiersforum (NGLF)
                       Dit bestaan uit die leiers van die verskillende godsdienste in
                         Suid-Afrika. Dit dien as 'n konsulterende en adviesliggaam vir
                         die president, en hanteer godsdienstige sake.
                       Dit is betrokke by die groot kwessies wat deesdae die Suid-
                         Afrikaanse samelewing in die gesig staar.
                       Sommige voorbeelde is: Om die misbruik van vroue en kinders
                         te stop ('GBV').
                       Om bewustheid van MIV/Vigs te versprei en om diegene wat
                         geïnfekteer en geaffekteer is, te help.
                       Om etiese en morele waardes te bevorder, om te help met die
                         morele agteruitgang van ons land.
                       Om godsdiens in die onderwys te bevorder.
                       Die werk van hierdie liggaam strek oor 'n aantal kwessies,
                         kortliks die behoeftes wat in ons samelewing ontstaan.
                       Die hooffunksie is egter raadgewend, nie wetgewend nie.
                       Dit help beslis die president en die regering om 'n beroep op
                         so 'n groep ervare en vaardige leiers te doen.
                       Die NGLF speel 'n sleutelrol in die voorkoming van inter-
                         godsdienstige konflik in Suid-Afrika.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                     (10)
5.4         Godsdienstige      lering:   godsdienste    leer  oor  liefde,   vrede,
             medemenslikheid en diens aan die mensdom en moedig hulle volgelinge
             aan om hierdie leringe in die praktyk te beoefen.
           Enige manier waarop dit in 'n godsdiens uitgevoer word, hetsy formeel of
             informeel, kan beskou word as (opvoedkundig) die bevordering van 'n
             kultuur van vrede.
           Party opvoedkundige strukture is dalk meer sigbaar en formeel:
             godsdienste het skole, kweekskole, weeshuise, opleidingsentrums,
             jeuggroepe, ens. waar hulle lidmate liefde, vrede, medemenslikheid en
             diens onderrig en uitoefen.
           Hierdie soort opleiding en diens vind die heeltyd op baie verskeie
             maniere plaas.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                 (8)
5.5         In apartheid-Suid-Afrika voor 1994 is alle aspekte van die samelewing,
             godsdiens ingesluit, deur die beleid van apartheid gedomineer.
           Slegs Christenskap is tot 'n groot mate in die publiek erken en in skole
             geleer. Dit was hoofsaaklik die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
           Ander godsdienste is eenvoudig geïgnoreer of wanvoorgestel.
           Godsdienste was dus 'apart' van mekaar en selfs binne 'n godsdiens was
             daar skeiding volgens rasselyne.
           Op die hoogtepunt van die strydjare was godsdiens egter 'n magtige krag
             van weerstand en eenheid.
           Leiers uit verskillende godsdienste het saamgestaan en dikwels die
             verset gelei in 'n sterk vertoning van intergodsdienstige samewerking.
           Voorbeelde van stryd- godsdienstige leiers sluit Eerwaarde Frank
             Chikane, Aartsbiskop Desmond Tutu, Eerwaarde Allan Boesak,
             Aartsbiskop Denis Hurley, Imam Haron en Hoofrabbi Cyril Harris in.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1                         15                         DBE/November 2020
                                   NSS – Nasienriglyne

5.6       Doeltreffend
           Die Program vir Christen-Moslem-verhoudings in Afrika (PROCMURA)
             het programme wat suksesvol op vroue, die jeug, onderwys en vrede en
             versoening gemik is.
           Die Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA) het takke in meer as
             30 Afrika-lande gestig om te werk vir eenheid, vrede, demokrasie, nie-
             rassigheid en gelykheid ongeag geslag.
           Die Raad vir Godsdienstige Leiers ('ACRL') is die grootste en mees
             verteenwoordigende multigodsdienstige platform in Afrika wat die
             identiteit van elke godsdienstige gemeenskap bewaar.
          Ondoeltreffend
           Ongeag die groot en toegewyde werk deur hierdie organisasies, blyk dit
             dat daar toenemende konflik en 'n gebrek aan vrede in Afrika is.
           Dit lyk asof daar 'n toename in godsdienstige konflik in Afrika is.
           Intergodsdienstige organisasies sukkel om hulpbronne te bekom volgens
             hulle behoeftes.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry                            (4)
                                                                                         [50]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/840f7f33-825e-4635-b76c-9484629c2f82) — Religion Studies · QP · 2020 · Eng
- [Religion Studies P1 NSC Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nsc-nov-2020-afr/d8c00800-0a10-46dd-bb2d-a597ff9998a9) — Religion Studies · QP · 2020 · Afr
- [Religion Studies P2 NSC Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nsc-nov-2020-memo-eng/90e41cec-337d-42f5-857e-98d101c5b936) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2019-memo-afr/a563b831-4cc8-4251-8ff0-184fd8a7b530) — Religion Studies · Memo · 2019 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2018-final-memo-afr/c7adcc8c-1b2a-4cd6-a800-100b117f641c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2017-memo-eng/8168575e-6b79-47ea-9db8-baedaebd0b1b) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
