# Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2017-afr/6afd465b-d209-464c-a5d3-c8a4267d91cc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 4

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2017-afr/6afd465b-d209-464c-a5d3-c8a4267d91cc)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 4 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V2

                             FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                   DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

5.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              3                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 1

Lees die uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Alle godsdienste het ten doel om die regte van die individu en die regte van die
gemeenskap te balanseer. Dit is wanneer hierdie balans/ewewig versteur word dat
allerhande soorte sosiale uitdagings ontstaan.

Hierdie behoefte aan balans/ewewig word in die media-artikel hieronder geïllustreer.

Oos-Kaapse leiers wil by Nelson Mandela se kleinseun, Inkosi Zwelivelile 'Mandla'
Mandela, antwoorde hê oor waarom hy na bewering na Islam bekeer het toe hy met
'n Moslem-vrou getroud is.
                                                         [Bron: www.Timeslive.co.za/Local2016/02]

1.1       Gee redes waarom Oos-Kaapse leiers nie gelukkig is oor die huwelik tussen
          Inkosi 'Mandla' Mandela en die Moslem-vrou nie.                                             (10)

1.2       Wat, dink jy, sou die Inkosi sê om sy intergodsdienstige huwelik te regverdig?              (20)

1.3       Kies enige EEN godsdiens en bespreek die leringe daarvan oor die regte van
          die individu en die regte van die gemeenskap.                                               (20)
                                                                                                      [50]

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Dit is waar dat daar in die meeste godsdienste verskillende vertolkings van oortuigings
bestaan. Die gevolg is groot verskille wat soms op die vorming van stromings of takke
en ander afdelings uitloop, byvoorbeeld verskillende kerkverbande in die Christelike
godsdiens.
                                       [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

2.1       Kies EEN godsdiens en bespreek die interne verskille onder die volgende
          opskrifte:

          2.1.1       Interne verskille ten opsigte van oortuigings                                   (18)

          2.1.2       Interne verskille ten opsigte van bestuur/leiding/beheer                        (18)

2.2       Met verwysing na die sentrale leringe van enige EEN godsdiens, bespreek
          die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld.                              (14)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            4                                 DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 3

3.1       Bespreek die belangrikheid van die volgende in die konteks van godsdiens:

          3.1.1       Inspirasie                                                                     (10)

          3.1.2       Mondelinge tradisie                                                            (10)

3.2       Vergelyk die rol wat godsdienstige leringe in die Abrahamitiese godsdienste
          speel met die rol wat godsdienstige leringe in die Oosterse godsdienste speel.             (14)

3.3       Noem VIER hermeneutiese beginsels en verduidelik ELKEEN.                                   (16)
                                                                                                     [50]

VRAAG 4

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Wetenskaplikes verwys na die poging om die evolusie van die heelal te verstaan
as 'kosmologie'. Deesdae is die gewildste wetenskaplike teorie oor die heelal die
sogenoemde Oerknalteorie.
                                     [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

4.1       Skryf SEWE feite oor die Oerknalteorie.                                                    (14)

4.2       Verduidelik waarom sommige godsdienste Darwin se evolusieleer verwerp
          het.                                                                                       (22)

4.3       Bespreek Boeddhisme se standpunte oor die evolusieleer.                                    (14)
                                                                                                     [50]

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Wanneer mense aktief sekulêr word, vind hulle dat hulle 'n teorie van hulle eie moet
voortbring, soms om godsdiens te vervang.
                                                  [Aangepas uit Religion Studies, Grade 12, Steyn]

5.1       Verduidelik die term sekulêre humanisme met verwysing na die stelling
          hierbo.                                                                                    (10)

5.2       Bespreek die historiese oorsprong van Westerse sekulêre humanisme.                         (20)

5.3       Beskryf enige EEN sekulêre wêreldbeskouing en noem of jy met die leringe
          saamstem of nie. Gee redes vir jou antwoord.                                               (20)
                                                                                                     [50]

                                                                                      TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2017-memo-afr/11d59013-9005-4cb7-b233-be591605a19c) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2017-eng/44fc0522-52d0-4cba-878c-5253d5cfe593) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2017-eng/e4369517-f8eb-4548-803a-6df518cad1f4) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2017-memo-eng/d6a7ed38-03f0-48df-95f4-f4af8d1c53b3) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-memo-afr/82c1d8a1-c1b9-4788-b0a9-476aedcac520) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-memo-eng/573b938f-ac17-4529-a6e0-6d83bdb1ea3e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
