# Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-afr/f9e03b97-7e9d-4d0a-a5e5-1159cd722dec
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-afr/f9e03b97-7e9d-4d0a-a5e5-1159cd722dec)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               RELIGIESTUDIES V2

                            FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           2                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            3                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

VRAAG 1

1.1       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Daar is baie godsdienste in die wêreld, elk met hulle eie identiteit. Binne enige
          godsdiens kan 'n paar verskille egter nie uitbly nie. Hierdie verskille is soms
          klein en ander kere loop dit op openlike oorlogvoering uit.

          1.1.1       Noem die hoofsektes of vertakkinge van enige EEN godsdiens.                  (6)

          1.1.2       Vergelyk die godsdienstige GELOWE/OORTUIGINGS van die
                      verskillende vertakkinge van die godsdiens wat jy gekies het.                (14)

          1.1.3       Beskryf in breë trekke die verskillende maniere waarop
                      godsdienste hulle interne verskille hanteer. Gee voorbeelde om jou
                      antwoord te illustreer.                                                      (14)

1.2       Ten opsigte van die SENTRALE LERINGE/LEERBEGINSELS van enige
          EEN godsdiens, bespreek die plek en verantwoordelikheid van die mensdom
          in die wêreld.                                                                           (16)
                                                                                                   [50]

VRAAG 2

2.1       Bespreek die verhouding tussen mondelinge tradisie en heilige teks.
          Gebruik voorbeelde uit TEN MINSTE TWEE godsdienste om jou antwoord
          te illustreer.                                                                           (20)

2.2       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Charles Darwin het in 1859 'n boek getitel, On the Origin of Species,
          gepubliseer. In hierdie boek het hy beweer dat alle lewende dinge mettertyd
          verander om by veranderende omgewings aan te pas.

          2.2.1       Verduidelik waarom sekere godsdienste sterk teen Darwin se
                      leringe/leerbeginsels beswaar maak.                                          (16)

          2.2.2       Verduidelik die redes vir die gewildheid van Darwin se teorie in die
                      hedendaagse samelewing.                                                      (14)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             4                                   DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Natuurlik is alle godsdienstige konflik nie oorloë nie: soms is die konflik slegs verbaal
en behels nie enige geweld nie. Soms broei konflik vir baie jare. En dan kan konflik op
ander tye na openlike oorlogvoering oorloop.
                                          [Bron: Aangepas uit Religion Studies, Steyn et al. bl. 229]

3.1.      Kies 'n onlangse gewapende konflik in enige EEN van die volgende
          geografiese streke (A–C) en beantwoord die vrae wat volg.

          A    Europa
          B    Midde-Ooste
          C    Asië

          3.1.1      Noem die streek (A, B of C) wat jy gekies het. Noem dan die land en
                     die groepe wat oorlog voer.                                                           (6)

          3.1.2      Verduidelik die oorsake van die konflik (sluit beide godsdienstige en
                     ander oorsake in).                                                                    (20)

          3.1.3      Wat is die huidige situasie in die konflikgebied?                                     (8)

3.2       Godsdienstige konflik regoor die wêreld is besig om af te neem.

          Stem jy saam met hierdie stelling? Gee redes vir jou antwoord. Gebruik
          TWEE voorbeelde om jou antwoord te illustreer.                                                   (16)
                                                                                                           [50]

VRAAG 4

4.1       Wat verstaan jy onder die term wêreldbeskouing?                                                  (4)

4.2       Noem ENIGE TWEE sekulêre wêreldbeskouings en verduidelik die
          oortuigings van ELK.                                (10 x 2)                                     (20)

4.3       Wat is die invloed van sekularisme op die samelewing?                                            (14)

4.4       Noem en verduidelik enige DRIE hermeneutiese beginsels.                                          (12)
                                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            5                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     STRANDBOELIES VAAR UIT OP SOSIALE MEDIA

Sosiale media is 'n gerieflike platform waarop mense hulle diskriminerende
ingesteldheid/sienswyses kan vertoon. Vakansies, in besonder, is tye wanneer
rassiste, wat nie kan verdra dat swart mense ook die sand en see geniet nie, graag op
Facebook en Twitter hulle opinies lug.

Suid-Afrika se Konstitusie maak voorsiening dat almal groot vryheid van spraak geniet,
maar wanneer opmerkings opruiend en met haat gevul is, of mense tot geweld aanhits,
kan dit eenvoudig nie geduld word nie.

                           [Bron: Aangepas uit News24.com. Toegang op 10 Januarie 2017 verkry.]

5.1       Verduidelik die konsep diskriminasie en gebruik DRIE voorbeelde om jou
          antwoord te illustreer.                                                                  (12)

5.2       Analiseer die invloed van diskriminasie op die samelewing.                               (10)

5.3       Met verwysing na enige EEN godsdiens, bespreek die leringe/leerbeginsels
          wat spesifiek die probleem van diskriminasie aanpak.                                     (18)

5.4       Watter praktiese strategieë kan godsdienstige organisasies implementeer om
          diskriminasie in ons samelewing te beveg?                                                (10)
                                                                                                   [50]

                                                                                   TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-memo-afr/82c1d8a1-c1b9-4788-b0a9-476aedcac520) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-memo-eng/573b938f-ac17-4529-a6e0-6d83bdb1ea3e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [REL STUDIES P2 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-qp-sept-2018-eng-d/bdab91e5-4bc7-4beb-965c-6fd64332f0e4) — Religion Studies · QP · 2018 · Eng
- [REL STUDIES P2 QP SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-qp-sept-2018-english/6f670c9f-8978-426f-9f19-a1f20ea601a7) — Religion Studies · QP · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-afr/84727367-8a1a-4dcb-9c3c-dd1e8fa48a7a) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-afr/15b658e5-18ad-47c1-9fc1-91f3fdd2f2c4) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
