# Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-memo-afr/82c1d8a1-c1b9-4788-b0a9-476aedcac520
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-memo-afr/82c1d8a1-c1b9-4788-b0a9-476aedcac520)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                RELIGIESTUDIES V2

                             FEBRUARIE/MAART 2018

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

1.1       1.1.1       VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
                       Katolieke
                       Protestante
                       Oosters-Ortodokse/Charismatiese kerke
                      VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
                       AmaZulu (Suidelike Afrika)
                       Aka
                       Yoruba
                      LET WEL: Ken twee punte toe vir die noem van elke vertakking.
                      Die totaal van SES punte word toegeken vir die noem van ALLE
                      vertakkings van die godsdiens gekies. In die geval van Islam, word
                      ses punte toegeken as Soenni-Islam en Sjia-Islam genoem is.                 (6)

          1.1.2       VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
                      Katolisisme
                       Die Pous word as Sint Petrus/die Heilige Petrus se opvolger
                        beskou.
                       In dié bevoegdheid word geglo dat hy alle Christene
                        verteenwoordig.
                       Die Katolieke Kerk beskou homself as die oorspronklike kerk.
                       Hulle glo dat almal in sonde gebore is as gevolg van Adam en
                        Eva se ongehoorsaamheid aan God.
                       God bestaan uit drie persone: die Vader, die Seun en die
                        Heilige Gees.
                       Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun.
                      Oosters-Ortodokse
                       Die Heilige Gees kom slegs van God die Vader.
                       Hulle glo dat hulle die kerk is wat reg/regverdig/behoorlik gelei
                        is.
                      Protestantisme
                       Die Bybel het meer gesag as die Pous.
                       Hulle leer dat geloof die weg na verlossing is.
                       Hulle leer dat verlossing 'n geskenk is wat vrylik deur die werk
                        van Jesus Christus gegee word.
                      VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
                      AmaZulu
                       Hulle glo in die bestaan van 'n Opperwese wat uMvelinqangi
                        genoem word.
                       Sy status is so hoog dat jy deur tussenpersone met Hom moet
                        kommunikeer.
                       Kommunikasie word gedoen deur die tussenpersone wat
                        voorvaders genoem word, ook bekend as die lewende dooies.
                       Die AmaZulu erken die bestaan van verskillende gode en
                        godinne, bv. uNomkhubulwane in die Zulu-nasie.
                       Die Opperwese word beskou as die bron van lewe en die
                        uiteindelike oorsaak van die dood.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              3                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

                      Aka
                       Hulle glo ook aan 'n skeppergees, genoem Bembe.
                       Hulle glo Bembe het na die skepping afgetree.
                       Die woudgees of bosgees, genoem Dzengi, kry deesdae die
                        meeste aandag. Dit is omdat die Aka glo dat hulle Dzengi se
                        beskerming tydens jag nodig het.
                       Hulle glo aan reïnkarnasie, maar dit gebeur slegs binne 'n
                        spesie.
                       Hulle glo aan towenaars en hekse wat ongeluk na mense kan
                        stuur.
                      Joroeba
                       Hulle glo dat Olorun/Olodumare die skeppergees is.
                       Hulle glo ook aan godhede wat orishas genoem word.
                       Voorvaders is ook vir die Joroeba belangrik.
                       Hulle vereer en offer aan die voorvaders, baie soos die
                        amaZulu.
                      LET WEL: Enige sewe relevante feite moet gekrediteer word.
                      Relevante alternatiewe antwoorde moet gekrediteer word.                      (14)

          1.1.3        Daar is volledige skeuring/skeiding/afsondering.
                       'n Voorbeeld is die Soenni-Sjia-skeuring/skeiding in Islam.
                       Wat as 'n politieke verskil begin het, het na belangrike verskille
                        in beide geloof/oortuigings en praktyke gegroei.
                       'n Skeuring kan selfs tot openlike oorlogvoering lei.
                       'n Voorbeeld hiervan is die Ierse oorlog tussen die Katolieke en
                        Protestante.
                       Sommige godsdienste is meer bereid om hulle interne verskille
                        te aanvaar.
                       'n Voorbeeld hiervan is Hindoeïsme.
                       Van die begin af is plaaslike gewoontes/gebruike en
                        gelowe/oortuigings by die hoofliggaam van Hindoeïsme
                        geïnkorporeer.
                       Daarom is daar verdraagsaamheid ten opsigte van interne
                        verskille.
                       Interkerklike organisasies word gevorm om gemeenskaplike
                        terreine te vind en om die onderskeie subgroepe van 'n
                        godsdiens te verenig.
                       'n Voorbeeld hiervan is die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke.
                       Die doelwit is om die onderskeie vertakkings van die Christelike
                        godsdiens te verenig na die verdeeldheid wat deur apartheid
                        veroorsaak is.
                       Deur gemeenskaplike sosiale uitdagings (bv. armoede) aan te
                        pak, werk verskillende kerkverbande saam vir die algehele
                        welstand van die mensdom.
                       'n Gekoördineerde poging het 'n doeltreffender en meer
                        ekonomiese gebruik van hulpbronne tot gevolg.
                       Voorbeelde hiervan is die Heilsleër en Gift of the Givers.
                      LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.                        (14)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           4                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

1.2       VOORBEELD 1 :TAOÏSME
           Mense is 'n klein, mikroskopiese neweprodukte van die Tao se skepping.
           Die Tao is oneindig meer magtig as mense.
           Mense is nie 'n spesiale skepping nie, en hulle is nie in beheer van die
            wêreld nie.
           Die heelal sal voortgaan op sy pad, soos deur die Tao bepaal.
           Wat mense ook al doen, is presies volgens die luim van die Tao.
           Mense moet ook na die aarde kyk want besoedeling is skadelik vir ons.
           Dit word nie gedoen om die Tao tevrede te stel nie.
           Mense kan slegs 'n klein gedeelte van die skepping vernietig.
           Ten spyte hiervan sal die oorvloedige kreatiewe optrede van die Tao
            voortduur.
          VOORBEELD 2: JUDAÏSME
           Mense word beskou as God se mees ongelooflike skepping.
           Judaïsme leer egter ook dat mense swak en onbenullig is.
           Dit is omdat ons in die versoeking gebring word om te sondig.
           Deur die Tora te volg, kan die mens geestelik verbondenheid met God
            bereik.
           Indien mense na die beeld van God geskape is, is die doel van die mens
            se bestaan om soos God te probeer wees.
           Mense moet nie net in die leringe/leerbeginsels glo nie, maar moet hulle
            geloof deur die regte optrede uitdruk.
           'n Belangrike aksie wat Jode moet uitvoer, is liefdadigheid.
           Dit is gemik op die opheffing van die Joodse gemeenskap.
           Dit sluit ook uitreikprogramme vir nie-Jode in, aangesien hulle korrekte
            optrede tot die voordeel van die mensdom as geheel moet wees.                    (16)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             5                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2

2.1        In alle godsdienste is die oorspronklike inspirasie eers deur mondelinge
            tradisie versprei.
           Dit beteken dat die oorspronklike boodskap mondelings van geslag tot
            geslag oorgedra is.
           Mondelinge tradisie was 'n normatiewe bron van primêre belang regdeur
            die geskiedenis van godsdiens.
           In die Afrika Tradisionele Godsdiens is die familiegeslagsboom die
            primêre heilige teks.
           Heilige teks word steeds deur mondelinge tradisie versprei, bv. Afrika
            Tradisionele Godsdiens.
           Skrif het eers ongeveer 4 000 jaar gelede in godsdiens sy opwagting
            gemaak.
           Mondelinge tradisies wat neergeskryf is, het meer rigied geword.
           Die heilige teks van die Christelike godsdiens is die Bybel.
           Dit bevat die leringe/leerbeginsels van Jesus Christus. Dit is aanvanklik
            mondeling van geslag tot geslag oorgedra.
           Oosterse godsdienste plaas minder klem op heilige teks as die
            Abrahamitiese gelowe. Die waarde van mondelinge tradisies is meer
            betekenisvol in Oosterse godsdienste.
           Mondelinge tradisie is buigsaam en weerspieël plaaslike dialekte en
            kulture.
          LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.                                  (20)

2.2       2.2.1        Dit was slegs godsdiens wat voor 1859 die bestaan van die
                        mens en die heelal verduidelik het.
                       Byvoorbeeld, die Boek Genesis in die Bybel vertel in
                        besonderhede hoe God die heelal en die mens geskep het.
                       Darwin se evolusieleer het 'n alternatiewe verduideliking van
                        skepping gegee wat van die Abrahamitiese godsdienstige
                        verduideliking van die skepping verskil het.
                       Hierdie teorie het verder 'n verduideliking gegee wat nie die
                        bestaan van 'n Opperwese vereis het nie.
                       Darwin se evolusieleer het die mens tot net nog 'n ander dier
                        wat uit ape ontstaan het, afgeskuif.
                       Die meeste gee egter spesiale status aan die mens.
                       In die Abrahamitiese gelowe word gesê dat die mens 'na die
                        beeld van God' geskep is.
                       Die invloed van hierdie teorie daag die geloofwaardigheid van of
                        die heilige tekste as 'n boodskap van God af, uit.
                       Die meeste mense het begin om die Genesis-weergawe van
                        skepping as simbolies te hanteer.
                       Oosterse godsdienste, soos Hindoeïsme en Taoïsme, is nie
                        deur Darwin se leer geraak nie.
                       Dit is omdat hulle minder klem plaas op die korrekte
                        gelowe/oortuigings, en meer klem plaas op die korrekte optrede.
                      LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.                      (16)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             6                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

          2.2.2        Godsdiens word beskou as verdelend en plofbaar.
                       Baie oorloë en ander konflikte word op godsdiens geblameer.
                       Met die ontwikkeling van drukwerk, massa-onderwys en, nog
                        meer onlangs, sosiale media, het die publiek die selfvertroue
                        ontwikkel om onafhanklike denkers te wees.
                       Hulle glo in hulle eie magte om te argumenteer/redeneer om
                        godsdienstige doktrine te bevraagteken.
                       Darwin se evolusieleer word in skole as deel van die kurrikulum
                        geleer.
                       Onlangse wetenskaplike ontdekkings het tot die gewildheid van
                        die teorie aanleiding gegee, bv. die mensagtige fossiele wat by
                        Marupeng (Wieg van die Mensdom) gevind is.
                       Dit verskaf 'n alternatiewe verduideliking vir die godsdienstige
                        standpunt oor hoe die mens ontstaan het.
                       Daar is ook 'n afname in religiositeit (belangstelling in
                        godsdiens)
                       Die toename in wetenskaplike navorsing wat oplossings gee vir
                        menslike probleme, lei daartoe dat mense meer geloof in die
                        wetenskap as in godsdiens het.
                      LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.                      (14)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              7                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3
3.1   3.1.1          VOORBEELDE:
                     A. Ierse Vryheidsoorlog.√√ Katolieke√√ teen Protestante √√
                     B. Konflik tussen Israel en Palestina.√√ Israeli's/Jode√√ teen
                        Palestyne (Moslems en Christene) √√
                     C. Sri Lanka. √√Tamils (Hindoe)√√ teen Boeddhiste/Sri Lankane√√               (6)
          3.1.2      A.
                      Noord-Ierland is konstitusioneel deel van die Verenigde
                        Koninkryk (VK).
                      Die bevolking bestaan uit Katolieke en Protestante.
                      Die konflik het in 1968 begin en in 1998 geëindig. Hierdie tydperk
                        staan ook as 'The Troubles' bekend.
                      Die Katolieke van Noord-Ierland het vir baie jare 'n
                        onafhanklikheidsoorlog teen die VK gevoer en wou met die
                        Republiek van Ierland (Eire) verenig.
                      Die burgermag staan as die Ierse Republikeinse Leër (IRL)
                        ('IRA') bekend.
                      Die Protestante van Noord-Ierland het weerstand gebied en die
                        VK ondersteun.
                      Hierdie konflik kan as godsdienstige nasionalisme beskou word
                        aangesien die Katolieke godsdienstige eenheid met Ierland
                        wou hê.
                      Dit kan ook as fundamentalisties beskou word omdat Protestante
                        nie toegelaat is om by die IRL aan te sluit nie.
                      Die konflik het tot 'n lang en bloedige burgeroorlog gelei wat eers
                        onlangs opgelos is.
                     B.
                      Die voortgaande konflik het begin met die totstandkoming van
                        Israel in 1946.
                      Onversetlike Israeli's en Zioniste maak daarop aanspraak dat,
                        volgens hulle geskrifte, Palestina regtens aan die Jode behoort.
                      Hierdie aanspraak word deur die Palestyne, baie Joodse
                        organisasies asook sommige Ortodokse Jode verwerp.
                      Godsdiens speel 'n klein rolletjie in die konflik.
                      Die land Israel/Palestina is heilig vir Jode, Christene en Moslems.
                      Die Al Aqsa-moskee in Jerusalem is Islam se derde heiligste
                        plek.
                      Jerusalem is ook vir Christene heilig aangesien dit is waar
                        Christus gekruisig is.
                      Jode beskou Jerusalem as die ligging van die Tempelberg/
                        Tempel van Salomo.
                      Al hierdie plekke het lank voor die skepping van Israel bestaan en
                        is regdeur die geskiedenis deur verskillende stamme
                        bewoon/beset.
                      Godsdiens word as 'n verskoning vir die konflik gebruik.
                      Daar is geen poging deur enige kant om mense na hulle geloof
                        te bekeer nie.
                      Die voortgaande besetting van Palestynse grond deur Jode
                        (Joodse setlaars) is 'n belangrike faktor in die konflik.
                      Die bou van onwettige nedersettings op hierdie grond is ook
                        'n belangrike faktor.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              8                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

                     C.
                      Ceylon se naam is in 1972 na Sri Lanka verander en
                        Boeddhisme is as die land se godsdiens aangeneem. Dit het die
                        Tamil-minderheid, wat Hindoe is, geantagoniseer.
                      Tamil-Hindoes het gevoel dat die regering die Boeddhiste
                        meerderheid voorstaan/bevoordeel en teen hulle diskrimineer.
                      Die Tamil-Hindoes het die regering beskuldig dat hulle nie
                        godsdienstige verdraagsaamheid en menseregte bevorder nie.
                      Bv. Singalees was die enigste amptelike taal in Sri Lanka.
                      Hierdie beleid het Tamil-Hindoes van die ekonomie uitgesluit.
                      Boonop word Tamils verhinder om tersiêre onderrig te ontvang.
                      'n Militante groep, die Bevrydingstiere van Tamil Eelam
                        ('Liberation Tigers of Tamil Eelam [LTTE]) het in die 1980's
                        wapens teen die regering opgeneem. Hulle doelwit was om
                        'n onafhanklike Tamil-staat in die noorde van die land te vestig.
                      Die regering het in 2003 probeer om Boeddhisme die enigste
                        staatsgodsdiens te maak. Hierdie mosie het nie die vereiste
                        politieke ondersteuning gehad nie en is nie wet gemaak nie.
                      Die konflik het sowat 60 000 lewens geëis.
                      Godsdienstige en kulturele diskriminasie was 'n belangrike
                        bydraende faktor tot die konflik.                                         (20)
          3.1.3      A.
                      Daar is tans oor die algemeen vrede in die gebied.
                      Die meerderheid mense ondersteun vreedsame samesprekings
                        in plaas van gewapende konflik.
                      Die IRL het hul aanspraak op onafhanklikheid van die VK laat
                        vaar.
                      Politieke mag word tans deur die Protestante en die Katolieke
                        gedeel.
                      Sommige politieke moorde vind steeds plaas en die 'Real IRA'
                        maak aanspraak op verantwoordelikheid daarvoor.
                     B.
                      Talle VN-resolusies is al aangeneem wat hierdie besetting
                        veroordeel.
                      Israel gaan egter voort om die VN-resolusies uit te daag en bou
                        nog nedersettings op Palestynse grond.
                      Daar is sporadiese aanvalle op Palestyne asook Jode.
                      Die situasie bly steeds onstabiel.
                      Geen oplossing is al vir die situasie gevind nie.
                     C.
                      Daar is deesdae magtedeling in die regering.
                      Die ekonomie groei en Sri Lanka is weer 'n gewilde
                        toeristebestemming.
                      Daar is verskeie oproepe gemaak om menseregteskendings
                        tydens die oorlog te ondersoek.
                      Die land beweeg stadig daarna om 'n ten volle gedemilitariseerde
                        staat te word.
                      Bekering na die godsdiens van jou keuse word toegelaat, d.i.
                        godsdiensvryheid word gerespekteer.                                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

3.2.      JA
           In die meeste wêrelddele is godsdiens nie meer 'n belangrike faktor wat
             die politiek beïnvloed nie.
           Alhoewel konflik regoor die wêreld plaasvind, word dit nie meer deur
             godsdiens veroorsaak nie.
           Die meeste lande weerspieël deesdae heelwat godsdienstige diversiteit.
           Dit is omdat daar wêreldmigrasie is.
           Wêreldmigrasie vind om verskeie rede plaas, natuurrampe en oorloë
             ingesluit.
           Immigrante stel hulle eie godsdienste aan hulle nuwe lande bekend.
           Voorbeelde hiervan is die Siriese vlugtelinge in Europa, wat hoofsaaklik
             Moslem is.
           Hierdie konflik gaan nie oor godsdiens nie, eerder oor internasionale
             politiek.
           Nog 'n voorbeeld is die situasie in Suid-Soedan. Vlugtelinge is animiste,
             Christene en Moslems. Hulle neem hulle godsdienstige gelowe/oortuigings
             na nuwe lande.
           Intergodsdienstige dialoog het ook baie meer algemeen geword.
           Die sosiale media dra hiertoe by aangesien dit maklike toegang tot diverse
             godsdienstige inligting bied.
          NEE
           Soos wat lande multigodsdienstige word, so neem die moontlikheid van
             godsdienstige konflik toe.
           Hierdie konflik is nie openlike oorlogvoering nie, maar behels
             onderdrukking van minderheidsgodsdienste.
           Die onderdrukking word vererger wanneer dit deur vir politieke voordeel
             uitgebuit word.
           'n Voorbeeld hiervan is die situasie in die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
           Politieke verskille het vinnig veroorsaak dat die land verdeel volgens
             Moslems en Christene.
           Die volksmoord van Rohingya-Moslems deur Boeddhiste in Myanmar is
             nog 'n voorbeeld.
           Aanvalle op Koptiese Christene in Egipte is 'n voorbeeld van laegraadse
             konflik.
           In die Siriese konflik is daar 'n sterk ondertoon van Soenni-Sjia-spanning
             aangesien die Siriese regering deur Sjia-Iran ondersteun word terwyl
             sommige van die militante groepe ondersteun word deur die VSA, wat met
             Soenni-Saoedi-Arabië geallieer is.
           In Europa en die Verenigde State van Amerika lei godsdienstige
             onverdraagsaamheid dikwels tot ontheiliging van plekke van aanbidding.
           Dit lei ook tot godsdienstige diskriminasie, soos die onlangse Amerikaanse
             verbod op sommige lande waar die meerderheid mense Moslems is.
          LET WEL: Ander relevante punte moet gekrediteer word.                                (16)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           10                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4
4.1        'n Wêreldbeskouing is die manier waarop ons sin maak van die wêreld om
            ons.
           Daar is twee tipes wêreldbeskouings: die godsdienstige wêreldbeskouing
            en die sekulêre wêreldbeskouing.
           'n Godsdienstige wêreldbeskouing is die geloof/oortuiging dat die regering
            en moraliteit op godsdiens gegrond moet wees.
           'n Sekulêre wêreldbeskouing is die geloof/oortuiging dat die regering en
            moraliteit op menseregte, en nie noodwendig op godsdiens, gegrond moet
            wees nie.                                                                            (4)
4.2       VOORBEELD 1: ATEÏSME
           Ateïste verwerp die geloof/oortuiging dat goddelike of bonatuurlike magte
            bestaan.
           Ateïste draai dikwels na die wetenskap om die aard van die heelal te
            verduidelik, eerder as om op geloof staat te maak.
           Daar is verskillende grade van ateïsme.
           Sagte of neutrale ateïste verwerp nie die bestaan van 'n bonatuurlike wese
            aktief nie.
           Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
            beskouings te ondersteun.
           In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
           Dit is omdat hulle voel beide wêreldbeskouings is afhanklik van bewyse om
            hulle aansprake te bewys.
          VOORBEELD 2: SEKULÊRE HUMANISME
           Sekulêre humanisme glo dat die goddelike nie bestaan nie.
           Hulle verwerp godsdienstige geloof/oortuiging en die bestaan van die
            bonatuurlike.
           Soos ander vorms van humanisme, het hulle 'n algemene geloof/oortuiging
            wat menslike denke as primêr belangrik beskou.
           In hulle leringe/leerbeginsels beklemtoon die Raad vir Sekulêre
            Humanisme die volgende:
             o 'n Behoefte om geloof/oortuigings te toets: 'n Oortuiging dat tradisies,
                 ideologieë en dogma deur elke individu en nie deur geloof nie, getoets
                 moet word.
             o Rede, bewyse, wetenskaplike metode: 'n Verbintenis tot die gebruik
                 van kritiese redenering/denke, feitelike bewyse en wetenskaplike
                 metode van ondersoek om die oplossings op menslike probleme te
                 vind.
             o Vervulling, groei en kreatiwiteit: 'n Primêre belang by vervulling, groei
                 en kreatiwiteit.
             o Soeke na die waarheid: 'n Voortdurende soeke na die objektiewe
                 waarheid.
             o Etiek: 'n Soeke na haalbare individuele, sosiale en politieke beginsels
                 van etiese optrede.
             o Geregtigheid en regverdigheid: 'n Belang om geregtigheid en
                 regverdigheid in die samelewing te vestig.
             o Om 'n beter wêreld te bou: 'n Oortuiging dat rede, openlike uitruil van
                 idees, welwillendheid en verdraagsaamheid gebruik kan word om 'n
                 beter wêreld te bou.                                           (10 x 2)         (20)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           11                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

4.3        'n Sekulêre wêreldbeskouing lei tot die ontwikkeling van demokratiese
            regering.
           Sekulêre wette word die hoogste wette van die wêreld.
           Die meeste godsdienstige mense pas by die sekulêre beskouing aan deur
            die skeiding van godsdiens en die staat te aanvaar.
           Dit bevorder gewetensvryheid en geloof/oortuiging.
           Dit gee 'n raamwerk van beginsels en etiese riglyne vir die lewe.
           Die samelewing het die vryheid om die gesag van godsdienstige
            leringe/leerbeginsels te bevraagteken.
           Sekulêre beskouings lei tot die ontwikkeling van wetenskap en tegnologie
            in die samelewing.
           Dit bevorder vryheid van spraak waar die samelewing kan debatteer en
            party van die tradisionele gelowe/oortuigings kan bevraagteken.
           Sekulêre beskouings lei tot die ontwikkeling van die Universele Verklaring
            van Menseregte.
           Dit voorkom die dominering van een godsdiens.                                        (14)

4.4       Historiese konteks
           Dit beteken dat die geskrifte verstaan moet word binne die konteks van die
             tyd en omstandighede waarin die teks geskryf is.
          Duidelikste betekenis
           Die betekenis wat vir die lesers die duidelikste is, moet in ag geneem word.
          Plan, doel en konteks
           Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in ag geneem word.
           Die doel van die skrywer moet ook in ag geneem word.
           Die uittreksel moet as deel van die geheel beskou word.
          Betekenis van woorde
           Vir die regte interpretasie moet die oorspronklike betekenis gebruik word
             aangesien die betekenis van woorde mettertyd verander.
          Figuratiewe taal
           Figuratiewe taal wat in heilige tekste gebruik word, moet nie letterlik
             vertolk/geïnterpreteer word nie.
          Ander heilige tekste
           Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige tekste oor dieselfde
             onderwerp te interpreteer sodat daar konsekwentheid ten opsigte van
             leringe/leerbeginsels van 'n godsdiens en die heilige tekste daarvan is.
          LET WEL: Enige DRIE van die punte hierbo moet gekrediteer word.                        (12)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          12                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1        Diskriminasie is die onregverdige of bevooroordeelde behandeling van
            mense, veral op grond van ras, kleur, geslag, godsdiens, ouderdom, ens.
           Diskriminasie beteken ook om mense met 'n ander sosiale agtergrond uit
            die ekonomie van die land ui te sluit.
           Dit is 'n geloof/oortuiging dat mense van 'n sekere ras verhewe of
            ondergeskik aan ander rassegroepe is.
           Apartheid in Suid Afrika is 'n goeie voorbeeld van rassediskriminasie.
           Die volksmoord in Burundi is ook 'n voorbeeld van rassediskriminasie in
            Afrika.
           Die Christelike godsdiens was die enigste staatsgodsdiens tydens die
            apartheidsregering. Ander godsdienste is nie erken nie en dit is 'n
            voorbeeld van godsdienstige diskriminasie.
           Die doodmaak van mense met albinisme is 'n voorbeeld van diskriminasie
            wat op bygeloof gerond is.
           Vroue in sommige beroepe verdien minder as hulle manlike eweknieë en
            dit is geslagsdiskriminasie.                                                      (12)

5.2        Slagoffers van diskriminasie is dikwels sielkundig geraak en het nie
            selfvertroue/selfagting nie.
           Diskriminasie veroorsaak geweld in die samelewing wanneer die slagoffers
            gelyke behandeling eis.
           Slagoffers van diskriminasie word arm want hulle word uit die ekonomie
            van die land uitgesluit.
           Diskriminasie veroorsaak 'n verdeelde samelewing waar mense volgens
            hulle rassegroepe leef. Dit veroorsaak baie vyandigheid.
           Dit ontken 'n land sosiale samehorigheid.
           Diskriminasie is dikwels die oorsaak van godsdienstige konflik in die
            samelewing. Dit gebeur wanneer een godsdiens deur 'n ander een
            onderdruk word.
           Diskriminasie het swartes in Suid-Afrika van gehalte onderwys uitgesluit.
            Dit is steeds 'n uitdaging waarvoor die demokratiese regering te staan
            kom.
           Geweld teen vroue kom voor as gevolg van geslagsdiskriminasie.
           Godsdienstige groepe is dikwels volgens hulle rassegroepe verdeel, bv.
            swart kerke en wit kerke.
           Godsdienstige diskriminasie lei tot sinkretisme en die stigting van die
            Onafhanklike Afrika-kerke of Afrika- Geïnisieerde Kerke.                          (10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            13                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

5.3       VOORBEELD 1: BOEDDHISME
           Boeddhisme leer dat diskriminasie 'n voorbeeld van onkunde is en
            verhewendheid is 'n voorbeeld van hunkering/drang na, is
           Onkunde en hunkering veroorsaak dat mense ly. Hierdie lyding word
            dukkha genoem.
           Boeddhiste glo in upekkha (gelyke respek vir almal).
           Hulle glo daar is geen fundamentele verskil tussen enige menslike wesens
            nie.
           Mahayana-Boeddhisme glo dat alle mense gelyk behandel moet word
            omdat ons almal verligte wesens kan word.
           Almal kan verlig word ongeag kultuur, ras of sosiale agtergrond.
           Hulle glo dat die bereiking van verligting die oplossing tot diskriminasie is.
          VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
           Christene glo dat alle menslike wesens na die beeld van God geskep is.
           Ons is gelyk voor die Skepper en daarom moet ons mekaar met eerbied
            en respek behandel.
           Diskriminasie is teen die kreasionistiese leringe/leerbeginsels van die
            Christelike godsdiens.
           Jesus Christus het Sy volgelinge geleer om mekaar lief te hê soos jouself.
           Diskriminasie is sonde teen die gebod van liefde.
           Een van die Tien Gebooie is om jou naaste soos jouself lief te hê.
           Liefde diskrimineer nie op grond van ras, kleur, godsdiens, geslag en
            seksuele oriëntering nie.
           In die gelykenis van die Samaritaan het Jesus ons geleer dat jou naaste
            enige lewendige mens is ongeag ras, kleur of godsdiens.
           Die apostel Paulus leer ons dat alle nasies volgens dieselfde bloed geskep
            is en in verskillende lande of op verskillende plekke geplaas is om God te
            soek.
           Geen land of ras is verhewe bo 'n ander een nie.
           Een van die unieke eienskappe van die Christelike godsdiens is die
            geloof/oortuiging dat Jesus vir die hele mensdom gesterf het en dit
            beteken ons moet mekaar as gelykes behandel.
           'Want God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het.'
            Dit wys dat God nie op grond van godsdiens of ras diskrimineer nie, maar
            'Sy enigste Seun' vir die hele mensdom gestuur het.                                    (18)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          14                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

5.4        Godsdienstige organisasies moet saam die regering staan en veldtogte
            teen diskriminasie hou.
           In hulle godsdienstige samekomste moet hulle leringe/leerbeginsels
            beklemtoon wat eenheid aanmoedig en enige vorm van diskriminasie
            verwerp.
           Hulle kan pamflette teen diskriminasie laat druk en in hulle gemeenskappe
            uitdeel.
           Internasionale godsdienstige organisasies moet vertakkings hê wat
            strategiese programme teen diskriminasie implementeer.
           Godsdienstige organisasies moet saam alle sportorganisasies werk om
            teen diskriminasie in sport te veg.
           Hulle moet jeug-intergodsdienstige en kulturele kampe hou waar die jeug
            met mense van verskillende rasse en godsdienste kan interaksie hê.
           Godsdienstige organisasies moet deur hulle eie voorbeeld lei en verseker
            dat hulle organisasies alle rasse, geslagte, gelowe/oortuigings, kleur en
            oudersgroepe insluit.                                                           (10)
                                                                                            [50]

                                                                           TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2018-memo-eng/573b938f-ac17-4529-a6e0-6d83bdb1ea3e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-afr/92eec3e8-de98-4180-8ebc-024f5f073c5c) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-feb-march-2018-memo-eng/fc4c4e80-956f-41ae-9fb2-494dc91e6e29) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [REL STUDIES P2 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-eng/b23b5881-3920-4e6d-aebe-f3622d683c4e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-eng/7f33559c-6625-4fd2-998b-2d55bc6e11d8) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
