# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2016-memo-afr/337a4b12-d924-467f-bdd0-b4dc054fd980
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2016-memo-afr/337a4b12-d924-467f-bdd0-b4dc054fd980)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V2

                                          2016

                                    MEMORANDUM

                                                                      PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            2                                    DBE/2016
                                     SSE – Memorandum

VRAAG 1

1.1       1.1.1       Christendom
                      • Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is.
                      • Adam en Eva het opdrag gekry om na die Tuin van Eden en die
                        hele Skepping om te sien.
                      • Mense is God se verteenwoordigers op Aarde.
                      • God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld, om te
                        sien.
                      • Hulle is teenoor God aanspreeklik.
                      • Mense is bo die hele skepping verhewe, omdat hulle na die
                        beeld van God geskape is.
                      • Christene glo dat mense die heersers van die Aarde is.

                      Taoïsme
                      • Die Tao het nie 'n plan nie, en dit gee nie 'n menselewe enige
                        doel of plan nie.
                      • Mense is net 'n klein, mikrokosmiese neweproduk van die Tao
                        se kreatiewe aktiwiteit.
                      • Mense is nie spesiaal of oor die wêreld aangestel nie.
                      • Dit is nie nodig dat ons na die wêreld omsien nie, want die
                        heelal sal bly voortbestaan, ongeag of mense daarna omsien of
                        nie.
                      • Mense het die potensiaal om slegs 'n baie klein deeltjie van die
                        Skepping te vernietig.
                      • Selfs al word daardie deel vernietig, sal die ongelooflike en
                        oorvloedige kreatiewe aktiwiteit van die Tao voortduur.
                      • Om 'n lewe te leef wat sinvol is, moet mens in harmonie met die
                        Tao leef.

                      LET WEL: Enige ander relevante antwoord moet aanvaar word.                (10)

          1.1.2       Christendom
                      • Volgens die Christendom was daar in die begin niks behalwe
                        God nie.
                      • Die boek van Genesis sê God het die wêreld en die heelal in
                        ses dae gemaak en op die sewende dag gerus.
                      • Die wêreld was perfek nadat die Heilige Drie-eenheid met die
                        Skepping klaar was.
                      • Mense, seediere/-plante, diere en plante behoort almal aan
                        God.
                      • Die wêreld is onderhewig aan die heerskappy van die
                        mensdom.
                      • Die hele heelal word deur die krag van God se woord onderhou.

                      Taoïsme
                      • Die wêreld en alles daarin kom outomaties as deel van die Tao
                        se aktiwiteit tot stand.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              3                                    DBE/2016
                                       SSE – Memorandum

                    • Dit is nie beplan nie, maar dit is ook nie onbeplan nie.
                    • Die Tao het nie bedoel dat die wêreld moet bestaan nie, maar sou
                      ook nie wou hê dat die wêreld NIE bestaan nie.
                    • Die wêreld het eenvoudig as 'n piepklein spikkeltjie in die enorme
                      'kom' van die Skepping ontstaan soos wat die Tao voortbeweeg het.
                    • Die waarneembare wêreld bestaan uit teenoorgesteldes wat mekaar
                      afwissel – jin en jang.

                    LET WEL: Enige ander relevante antwoord moet aanvaar word.                    (10)

        1.1.3       Christendom
                    • Christene glo dat God nie die bose geskep het toe Hy die wêreld
                      geskep het nie.
                    • Die bose is later bekendgestel toe Adam en Eva God se opdragte
                      verontagsaam het.
                    • Christene noem hierdie tipe ongehoorsaamheid 'sonde'.
                    • Die bose word dikwels deur Satan gebruik om die mensdom te
                      beïnvloed om teen God te rebelleer.
                    • Christendom glo dat die 'beloning' vir sonde die ewige dood is.
                    • Christene glo dat die bose die primêre oorsaak van al die mensdom
                      se probleme is.

                    Taoïsme
                    • Volgens Taoïsme is alles Tao; daar is nie so iets soos die bose nie,
                      net menslike lyding.
                    • Mense kan lyding veroorsaak, maar in wese is hulle goed en perfek
                      sodat hulle in harmonie met dinge, ander mense en hulleself is.
                    • Menslike lyding onstaan wanneer menslike begeertes met die Tao
                      bots.
                    • Daar is vir ons geen rede om met dinge in konflik te kom nie.
                    • Die Tao is stadig, groot en ruim, daar is oorgenoeg plek daarin vir
                      mense om 'n doodgelukkige lewe te lei.
                    • Die bose het nie 'n rol in Taoïsme nie.

                    LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                         (10)

1.2     • Elke godsdiens is gemoeid met fundamentele vrae oor die menslike
          bestaan.
        • Sulke vrae sluit kwessies in soos 'Waarom is ek op Aarde?', 'Wat is my
          uiteindelike bestemming?'
        • In antwoord hierop word die verskynsel van lewe na die dood deur elke
          godsdiens bespreek.
        • Dit is omdat die mens as 'n morele wese beskou word.
        • Slegs mense het die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei. Hulle
          is daarom verantwoordelik vir hul eie besluite en optrede.
        • Dit volg dus dat 'n goeie lewe in die hiernamaals beloon sal word, en dat 'n
          bose lewe gestraf sal word.
        • Die lewe na die dood gee dus betekenis aan die mens se lewe op aarde.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            4                                     DBE/2016
                                     SSE – Memorandum

          • Geloof in die lewe na die dood is 'n motivering vir volgelinge om volgens
            die leringe van hulle godsdiens te leef.
          • Die konsep van 'n lewe na die dood maak die finaliteit van die dood ook
            makliker om te aanvaar, omdat daar 'n ander vorm van bestaan na die
            dood is.
          • VOORBEELD: In Afrika Tradisionele Godsdiens sal 'n persoon wat 'n
            goeie lewe lei by die voorvaders aansluit en waghou oor dié wat nog lewe.
          • 'n Bose lewe sal veroorsaak dat die siel 'n bose gees word. So 'n siel sal
            nie by die wêreld van die voorvaders aansluit nie.
          OF
          • VOORBEELD: In die Abrahamitiese gelowe sal 'n goeie lewe tot 'n
            hiernamaals van ewige saligheid (die hemel) lei.
          • 'n Bose lewe sal tot 'n permanente hiernamaals van straf (die hel) lei.

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                  (20)

VRAAG 2

2.1       2.1.1       Hindoeïsme
                      • Baie geleerdes sê Hindoeïsme is nie 'n enkele godsdiens nie,
                         maar 'n oorkoepelende term vir 'n aantal soortgelyke oortuigings
                         en gebruike.
                      • Die verskille hou verband met geografiese ligging en
                         interpretasie.
                      • Dit blyk duidelik uit die gebruik van verskillende tale en
                         verskillende gode wat op die Indiese subkontinent aanbid word.
                      • Daar was egter geen wegbreekbeweging in Hindoeïsme nie, en
                         hervormers het binne die oorhoofse stelsel gewerk.
                      • In die 19de eeu, toe Indië onder Britse heerskappy was, was
                         daar 'n herassessering van tradisionele Hindoe-oortuigings en
                         -gebruike.
                      • Hierdie herassessering was die gevolg van die Hindoe-kultuur
                         se blootstelling aan Westerse wetenskap, kultuur en
                         geskiedenis.
                      • Tradisionele Hindoeïsme is deur groepe soos die Brahmo
                         Samaj en Arya Samaj verteenwoordig.
                      • In die 20ste eeu het modernistiese bewegings ontstaan, soos
                         die 'Divine Life Society' en 'International Society for Krishna
                         Consciousness' (ISKON).                                                 (10)

          2.1.2       Christendom
                      • Na die kruisiging van Christus was die kerk verenig, maar daar
                        was in die vroeë jare hoofsaaklik twee subgroepe.
                      • Dit was die Oosterse (Konstantinopel) en Westerse (Rome)
                        tradisies.
                      • In ongeveer 1054 het die twee subgroepe amptelik geskei.
                      • Die oppergesag van die Pous in Rome is deur Konstantinopel
                        bevraagteken.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            5                                   DBE/2016
                                     SSE – Memorandum

                      • Die ander verskil was die status van die Heilige Gees in die
                        Drie-eenheid.
                      • Die Rome-gebaseerde kerk is die Rooms-Katolieke Kerk
                        genoem.
                      • Die Oosterse vertakking is die Oosterse Ortodokse Kerk of
                        Griekse/Russiese Ortodokse Kerk genoem.
                      • In die 15de eeu het hervormers, of Protestante, teen die
                        Rooms-Katolieke Kerk in opstand gekom.
                      • Die hoofgeskil het oor die oppergesag van die Pous en
                        korrupsie onder Katolieke ampsdraers gehandel.
                      • 'n Ander groot kwessie was die Katolieke gebruik van
                        boetedoening waarvolgens mense se sondes vergewe is deur
                        geld aan die kerk te gee.
                      • Elke van die drie hoofvertakkinge het verdere onderverdelings,
                        altesaam 33 000 ('World Christian Encyclopedia').

                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                    (10)

          2.1.3       Afrika Tradisionele Godsdiens
                      • ATG is 'n stamgebaseerde godsdiens.
                      • Die oudstes van 'n spesifieke stam is die leiers van die stam.
                      • Dit lei tot verskillende interpretasies van leringe en rituele.
                      • ATG is 'n godsdiens wat op mondelinge tradisie gebaseer is.
                      • Omdat daar nie 'n heilige boek is nie, is daar verskillende
                         interpretasies van die kernleringe van die godsdiens.
                      • Die leringe, gebruike en kultuur van plaaslike stamme word in
                         ATG geïnkorporeer.
                      • Dit verduidelik waarom die amaZulu, Aka en Yoruba
                         verskillende rituele en oortuigings het.

                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                    (10)

2.2       VOORBEELD: Christendom

          Katolieke Kerk
          • Politieke beheer is tradisioneel en die setel is Rome.
          • Die hoof van die Katolieke Kerk is die Pous.
          • Die eerste Pous was volgens oorlewering St. Petrus.
          • Die Kerk het verskillende ordes monnike, priesters, kloostermonnike
            (affairs') en nonne.
          • Alle Katolieke word deur die Vatikaan regeer.
          • 'n Wyk is 'n gebied of distrik met 'n spesifieke kerk of priester.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           6                                      DBE/2016
                                    SSE – Memorandum

          Oosterse Ortodokse Kerk
          • Politieke beheer was tradisioneel in Konstantinopel.
          • Die kerkstruktuur bestaan uit priesters en biskoppe.
          • Daar is nie net een leier nie.
          • Gesag in die kerk berus by die groep biskoppe.
          • 'n Bisdom/Diosees is 'n groep wyke onder die leierskap van die biskop.

          Protestantisme
          • Die beweging is in 1517 deur 'n Duitse monnik, Martin Luther, begin.
          • Die kerke word deur ingeseënde leraars of verkose ouderlinge bestuur.
          • Die algehele heerskappy is deur 'n hoër gesag soos 'n sinode of Algemene
             Vergadering wat deur 'n voorsittende leraar gelei word.
          • In die Protestante Kerk is elke kerk onafhanklik.
          Die kerk is nie aanspreeklik teenoor enige gesag hoër as die gemeente nie.

          VOORBEELD: Islam

          Soenni-Islam
          • Soenni's glo dat die gelowiges, en nie die nageslagte van die Profeet nie,
            hulle leier moet kies.
          • Soenni's volg die soenna (voorbeeld) van die Profeet Mohammed.
          • Hulle glo dat al die genote van die Profeet dieselfde respek in Islamitiese
            reg verdien.
          • Daar is nie geestelike leraars in Soenni-Islam nie.
          • Bestuur/Heerskappy is gemeenskapsgebaseerd.

          Sjia-Islam
          • Sjia-Moslems vereer die afstammelinge van die Profeet Mohammed as die
             leiers van Islam.
          • Hulle glo dat sy afstammelinge 'n goddelike reg het om die Moslems te lei.
          • Hulle reserveer die titel 'imam' vir sekere oudleiers wat hulle glo deur Allah
             gekies is.
          • Hulle word gelei deur die kaliefs, wat hulle glo bonatuurlike kennis en
             gesag het om leiers te wees.
          • Die moellas het beduidende politieke invloed in Sjia-Islam.

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                  (20)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          7                                    DBE/2016
                                   SSE – Memorandum

VRAAG 3

3.1       • Misdaad en geweld word deur morele aftakeling veroorsaak. Dit kan in die
            regering of samelewing wees en mense gebruik dan onwettige maniere
            om in hulle behoeftes te voorsien.
          • Slagoffers van onregverdige of verkeerde uitsprake in die howe neem die
            reg in eie hande en wend hulle tot misdaad en geweld.
          • Soms word dit deur depressie en ander sosiale en geestesversteurings
            veroorsaak.
          • Stambinnegevegte, waar mense hulself eerstens volgens hul stam/clan
            identifiseer, moedig ook misdaad en geweld aan omdat lede van 'n stam
            mekaar sal verdedig, selfs al het daardie stamlid 'n misdaad gepleeg.
          • Rassisme dra steeds by tot geweld in ons land.
          • Politiek is een van die grootste oorsake van geweld en misdaad. Baie
            politieke groepe het hulle eie bendes, wat hulle gebruik om mense te
            manipuleer.
          • Dwelm- en alkoholmisbruik is 'n groot bydraer tot misdaad en geweld in
            ons gemeenskappe.

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                               (10)

3.2      VOORBEELD: Christendom
         • Romeine 12:19: 'Geliefdes, moet nooit wraak neem nie, maar laat dit oor aan
           God'. Christene is teen enige vorm van geweld en misdaad gekant.
         • Christene word nie toegelaat om wraak te neem teen enige onreg wat hulle
           aangedoen is nie.
         • Hierdie skrifgedeelte ontmoedig enige vorm van wraak.
         • Christene word aangemoedig om in vrede met hulle medemens te leef.
         • Almal wat die Christelike leefwyse aanvaar, moet Christus in hulle alledaagse
           lewe uitbeeld.
         • Romeine 13:1: 'Laat elke persoon homself aan die heersende owerhede
           onderwerp.'
         • Aangesien misdaad teen die wet is, word daar van die Christelike
           leerstellings verwag om met die waardes van die Grondwet van die land
           ooreen te stem.
         • Die Christendom leer volgelinge om diegene wat in gesagsposisies is, te
           respekteer.
         • Psalm 11:5: 'Die Here toets die regverdige, maar Sy siel haat die bose en die
           mens wat geweld liefhet.'
         • Dit word van kerkleiers verwag om hulle lidmate te leer om hulself van enige
           vorm van geweld te weerhou.
         • Spreuke 3:31: 'Moenie jaloers wees op 'n mens wat geweld pleeg nie, en
           moenie sy weë kies nie.'
         • Christene word nie toegelaat om hulself met geweld te assosieer nie.
         • Daar word ook van hulle verwag om vreedsame maniere te kies om konflik
           op te los.
         • Eksodus 20: In die Tien Gebooie word Christene verbied om te steel of enige
           vorm van misdaad te pleeg.
         • Die Christendom bevorder liefde en mededeelsaamheid.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           8                                     DBE/2016
                                    SSE – Memorandum

          VOORBEELD: Boeddhisme
          • 'n Sentrale lering van Boeddhisme is 'nie-gehegtheid en verligting'.
          • Die mens word deur gehegtheid aan materiële dinge of status
            aangemoedig om misdaad en geweld te pleeg.
          • Boeddhisme beskou misdaad en geweld as die gevolg van onkunde.
          • 'n Mens is in so 'n unieke posisie van ontwikkeling, en het so baie
            potensiaal, dat hy/sy nie enige lewende wese moet skade berokken nie.
          • Die regte manier om misdaad te beveg, is met kennis.
          • Hierdie kennis kan nie maar net uit boeke bekom word nie: dit moet op 'n
            diep, eksistensiële vlak gevoel word.
          • Dit beteken dit moet 'n kernoortuiging van 'n Boeddhis word dat hy/sy nie
            aan misdaad en geweld sal deelneem nie. (Ware kennis word 'n intrinsieke
            versperring, en die polisie is nie meer nodig om jou te forseer om reg op te
            tree nie.)
          • Die regte bedoeling, die regte optrede en die regte lewenswyse sal
            verseker dat mense nie voor misdaad en geweld swig nie.
          • Daarom plaas Boeddhisme baie klem op restoratiewe geregtigheid.
          • Dit beteken dat dit moontlik is om kriminele gedrag te korrigeer en te
            verander.
          • Verder moedig Boeddhisme die gebruik vaardige wyses (Upaya) aan om
            korrekte optrede te onderrig.
          • 'n Voorbeeld is die Sigalovada Sutta.
          • Dit is vol praktiese raad oor hoe 'n mens in die samelewing moet en nie
            moet optree nie.
          • Dit gee ook raad oor hoe om vriende te kies, sodat 'n mens beskerm word
            teen die vorming van 'n skadelike verknogtheid aan dinge.

          • LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                               (28)

3.3       JA
          • Deelname aan godsdienstige aktiwiteite en lidmaatskap aan 'n
            godsdienstige gemeenskap skep die gevoel dat 'n mens behoort.
          • Die gemeenskap ontwikkel 'n sin van gemeenskaplike moraliteit en etiek.
          • Omdat misdaad en geweld uit 'n gebrek aan moraliteit vloei, sal die
            ontwikkeling van goeie morele waardes misdaad verminder.
          • Godsdienste beklemtoon dat 'n misdaadvrye lewe met 'n goeie lewe na die
            dood beloon sal word. Godsdienstige mense moet dus nie aan kriminele
            aktiwiteite deel neem nie, omdat dit in die hiernamaals tot straf sal lei.
          • Godsdienste bied ook geleentheid vir berou, omdat mense nie perfek is
            nie.
          • 'n Misdaad wat uit swakheid gepleeg is, verdoem dus nie 'n persoon tot 'n
            lewe van misdaad nie.
          • Op 'n praktiese vlak verskaf godsdienstige organisasies sopkombuise en
            plekke van veiligheid vir haweloses.
          • Dit voorsien in armes se basiese behoeftes sodat hulle hulle nie daarvoor
            tot misdaad hoef te wend nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            9                                    DBE/2016
                                     SSE – Memorandum

          • 'n Voorbeeld hiervan is die 'Heilsleer'.
          • Baie godsdienstige organisasies bied vaardigheidskursusse aan sodat
            werkloses 'n wettige inkomste kan verdien.
          • Voorbeelde hiervan is die 'As Salaam Institute' in Umzinto, aan die
            KwaZulu-Natalse Suidkus, en die 'Sivananda Trust' in Durban.

          NEE
          • Die artikel handel oor 'n rituele moord.
          • 'n Sangoma, of tradisionele geneser, het beveel dat dit gedoen moet word.
          • Dit is 'n voorbeeld van geweld wat deur godsdiens aangemoedig word.
          • Daar is baie sogenaamde 'waarsêers' of 'mediums' wat gelowiges mislei
            en uit hul geld uit kul.
          • Baie godsdienstige leiers is ook skuldig aan immorele gedrag.
          • Hulle raak in die openbaar by gevegte oor leierskap of geld betrokke.
          • Sulke gedrag skaad die geloofwaardigheid van godsdienstige leiers.

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                 (12)
                                                                                                [50]

VRAAG 4
4.1       4.1.1       • Heilige tekste is belangriker in die godsdienste van boeke, bv.
                        die Abrahamitiese godsdienste.
                      • Heilige tekste is maatstawwe waarvolgens reg en verkeerd
                        gemeet kan word.
                      • Heilige tekste verander die aard van mondelinge tradisies sodat
                        dit meer vas is.
                      • Heilige tekste is gewoonlik deel van groot versamelings.
                      • Heilige tekste is die bewaarders van taal, kultuur en lewenstyl
                        vir mense van 'n sekere godsdiens.
                      • Soos wat die tegnologie van skryfkuns meer algemeen geword
                        het, het godsdienstige leringe van mondelinge tradisies na die
                        geskrewe vorm verander.
                      • Die rol het dus meer voorskrywend geword.
                      LET WEL:     Die gebruik van EEN voorbeeld om die rol van heilige
                                   tekste te illustreer, moet aanvaar word.                     (10)

          4.1.2       VOORBEELD: Afrika Tradisionele Godsdiens (ATG)
                      • Inspirasie verwys na die asem (mag, kennis) van 'n bonatuurlike
                        wese wat 'n persoon binnekom en die persoon se eie asem
                        oorneem.
                      • 'n Persoon wat geïnspireer is, het toegang tot begrip of mag wat
                        bo alledaagse ervarings verhewe is.
                      • Mense word vervul van die mag waardeur hulle
                        onthulling/openbaring ontvang.
                      • In ATG is inspirasie 'n belangrike normatiewe bron, selfs vandag
                        (kontemporêre inspirasie).

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           10                                    DBE/2016
                                     SSE – Memorandum

                      • ATG het geen bekende stigter nie, omdat dit deur inspirasie aan
                        die eerste generasie geopenbaar is.
                      • In ATG kommunikeer mense deur inspirasie met die lewende
                        dooies.
                      • Al die rituele en gebruike wat hulle uitvoer, is deur inspirasie
                        aan hulle geopenbaar.
                      • Waarsêers is tussengangers tussen die lewendes en die
                        voorvaders: hulle bemiddel deur inspirasie.
                      • Tradisionele genesers gebruik ook inspirasie om die regte kruie
                        te vind om hulle pasiënte te behandel.
                      • Indien daar rampe en ongeluk is, vind mense 'n oplossing deur
                        inspirasie.

                      VOORBEELD: Christendom
                      • Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in die Christendom.
                      • Die stigtersfiguur, Jesus Christus, is deur die Heilige Gees
                        geïnspireer.
                      • Deur die mag van die Heilige Gees het Hy wonderwerke verrig
                        wat mense laat glo het dat Hy die Seun van God is.
                      • Al Sy dissipels is ook deur die Heilige Gees geïnspireer.
                      • Jesus het aan sy dissipels opdrag gegee om in Jerusalem te
                        leef en te wag tot die Heilige Gees op hulle uitgestort word
                        voordat hulle die Evangelie kan begin verkondig.
                      • In Handelinge 2 word die koms van die Heilige Gees in
                        besonderhede bespreek.
                      • Al die apostels van Jesus is deur die krag van die Heilige Gees
                        gedoop.
                      • Hulle is deur die Goddelike mag geïnspireer om die Evangelie
                        van Christus met groot ywer te verkondig.
                      • Deur inspirasie het hulle die Evangelie na baie dele van die
                        wêreld geneem.
                      • Die apostels, gevul met die mag van die Heilige Gees, het die
                        Christelike heilige teks, die Nuwe Testament, geskryf.
                      • Inspirasie is steeds die fundamentele lering in die meeste
                        Baptistiese en Charismatiese kerke.
                      • Selfs vandag ontvang Christene kontemporêre inspirasie.
                      • Inspirasie is 'n magtige motivering vir Christelike volgelinge.

                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                     (20)

4.2       Wetenskaplike perspektief (Hoe dinge gebeur)
          • Darwin se teorie verduidelik dat spesies 'n verskeidenheid klein verskille
            bevat.
          • Beide die omgewing en die spesie evolueer oor tyd.
          • In die stryd om oorlewing sal die spesies wat beter aangepas is, suksesvol
            wees, terwyl ander sal sukkel om te oorleef.
          • Op hierdie manier kan 'n spesie geleidelik evolueer tot 'n meer komplekse
            wese deur op 'n weg van suksesvolle variasies te ontwikkel.
          • Darwin se teorie stel dat die mens uit 'n voorouer wat aan ape verwant
            was, geëvolueer het.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          11                                      DBE/2016
                                    SSE – Memorandum

          Godsdienstige perspektief (Waarom dinge gebeur)
          VOORBEELD: Christendom
          • Die Christendom verduidelik dat mense bestaan omdat hulle deur God
            geskape is.
          • Die Christendom plaas die mens in die middel van die Skepping, heeltemal
            apart van al die ander wesens.
          • Dit is omdat die mens intelligensie het en tussen reg en verkeerd kan
            onderskei.
          • Die Christendom verduidelik dat die hele heelal geskep is om deur die
            mens gebruik te word.
          • Die Christendom glo dat die hele heelal in ses dae geskep is in 'n perfekte
            vorm, omdat die Skepper perfek is.
          • Konserwatiewe Christene verwerp evolusie omdat die teorie toon dat daar
            nie 'n behoefte aan 'n intelligente ontwerper (God) is nie.
          • Meer liberale Christene los die konflik op deur te sê dat die Bybel nie
            letterlik geïnterpreteer moet word nie.
          Hulle glo dat die wetenskap eenvoudig God se intelligente ontwerp onthul,
          wat evolusie insluit.

          VOORBEELD: Hindoeïsme
          • Hindoeïsme het geen probleem met evolusie nie.
          • Hindoes glo dat hulle konsep van evolusie meer gevorderd is as Darwin
            s'n, omdat Hindoeïsme die geestelike wêreld insluit.
          • Dit is die konsep van reïnkarnasie.
          • Dit beteken dat 'n siel tot 'n beter wese evolueer deur 'n vroom lewe te leef.
          • Hindoeïsme sê dat menslike evolusie nie per ongeluk gebeur nie (soos in
            Darwin se teorie), maar dat die mens beheer het oor sy geestelike en
            fisiese evolusie.
          • 'n Siel se evolusie (of retrogressie) word deur sy optrede bepaal.
          LET WEL:      'n Maksimum van 8 punte kan toegeken word vir die bespreking
                        van Darwin se teorie. 12 punte word toegeken vir die
                        bespreking van een godsdiens se reaksie op die teorie.
                        Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                             (20)
                                                                                                 [50]

VRAAG 5

5.1       • Grammatiese en historiese konteks. Dit beteken mens moet die reëls van
            grammatika en die historiese feite gebruik om die letterlike betekenis van
            'n teks te interpreteer.
          • Plan, doel en konteks. 'n Geskrif moet as 'n geheel beskou word. Wat is
            die skryfplan of struktuur? Wat was die outeur se doel met die skryf van
            die teks? Wat is die konteks van die gedeelte waarna gekyk word?
          • Betekenis van woorde: Die betekenis van woorde verander oor tyd en in
            verskillende plekke. Vind die oorspronklike betekenis soos dit in die
            normatiewe bron gebruik word.
          • Figuurlike betekenis: Die figuurlike en nie-letterlike betekenis moet in ag
            geneem word.
          • Ander heilige tekste: Heilige tekste kan gebruik word om ander heilige
            tekste te interpreteer.                                             (5 x 2)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          12                                     DBE/2016
                                    SSE – Memorandum

5.2       VOORBEELD: Hindoeïsme
          • Die heilige teks vir Hindoeïsme is die Vedas.
          • Die Vedas is die versamelings van kennis in die sin van al die fases van
            die menslike soeke na betekenis.
          • Hindoes glo dat die waarheid soos dit in die Vedas vervat is, ewig is en dat
            hulle nie die skepping van die menslike verstand is nie.
          • Geskiedkundiges glo dat die Vedas tussen 2500 en 500 VAE geskryf is.
          • Die Vedas is deur 'n wyse man, Krishna Dwipayana, saamgestel.
          • Hy het al die mondelinge leringe versamel wat deur die Rishi's (wyse
            manne) en deur leermeesters aan studente oorgedra is.
          • Hy het dit in vier standaardversamelings of boeke saamgestel: die
            Rigveda, Yajurveda, Samaveda en die Atharaveda.

          VOORBEELD: Islam
          • Die heilige teks van Islam is die Koran.
          • Islam aanvaar die idee van goddelike openbaring wat perfek neergeskryf
            is.
          • Die Koran word beskou as 'n perfekte kopie van 'n oorspronklike, ewige,
            gegraveerde tablet in die Hemel.
          • Die Koran is woordeliks deur die engel Gabriël aan die Profeet gedikteer.
          • Die Profeet Mohammed was ongeletterd, maar hy het voor sy dood die
            hele Koran gememoriseer.
          • Sy vroeë volgelinge het sy leringe neergeskryf en dit onmiddellik na sy
            dood saamgevoeg.
          • Hierdie perfekte boek met absolute gesag is opgevolg deur versamelings
            van die Profeet se uitsprake en voorbeelde uit sy lewe, die Hadith.

          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                                 (10)

5.3       • Dit beteken om nie-godsdienstig te wees, of om nie aan 'n spesifieke
            godsdienstige gemeenskap te behoort nie.
          • Moraliteit en die regering moet nie op godsdiens gebaseer wees nie./Daar
            is 'n skeiding tussen godsdiens en die staat.                                       (4)

5.4       VOORBEELD: Ateïsme en Agnostisisme
          • Dié twee is soortgelyk omdat albei godsdienstige oortuigings/invloede
            ontken.
          • Hulle glo dat die etiek waardeur die samelewing beheer word, op menslike
            redenering gegrond moet wees.
          • Hulle is daartoe verbind om rasionele metodes van ondersoek te gebruik
            (wetenskaplike redenering).
          • Hulle verwerp diskriminasie op grond van godsdiens.
          • Hulle aanvaar die Sekulêre Humanistiese Verklaring.
          • Hulle glo in die skeiding van die Kerk/godsdiens en die staat.
          • Hulle verskil in die mate waarin hulle godsdiens ontken.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                         13                                  DBE/2016
                                   SSE – Memorandum

          • Ateïsme ontken die bestaan van 'n goddelike wese/God.
          • Sommige ateïste bevraagteken bloot die bestaan van 'n Opperwese.
          • Agnostisisme sê dit is nie moontlik om die bestaan van 'n God te bewys of
            verkeerd te bewys nie.
          • Agnostisiste glo dat daar altyd 'n mate van onsekerheid en twyfel is
            wanneer mens die heelal probeer verstaan.
          • Omdat die mens se kennis nie volledig is nie, help dit nie om te probeer
            om die bestaan van God te bewys of verkeerd te bewys nie.

          LET WEL: Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                    (26)
                                                                                         [50]

                                                                           TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2016-afr/7e7c519b-7ae2-4e18-aec2-fbb83c9489fe) — Religion Studies · QP · 2016 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2016-memo-eng/77ccd03d-c147-455c-abea-edd00bd63b16) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [RLGS P2 S16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/rlgs-p2-s16-memo-afr/bbf20a56-2563-4430-9448-8bbcb325098f) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2016-memo-afr/80ca96b9-a08f-4cbc-9946-d119dd96dbb0) — Religion Studies · Memo · 2016 · Afr
- [Religion Studies P2 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2016-memo-eng/f936ce16-9501-4016-8580-bcb0ad4ebd1c) — Religion Studies · Memo · 2016 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-eng/7b6e8007-17dc-4e06-a0dc-69ab90e5e666) — Religion Studies · Memo · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
