# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2017-afr/9843b9db-dad8-4eba-b700-81a91fa6bd4c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 4

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2017-afr/9843b9db-dad8-4eba-b700-81a91fa6bd4c)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 4 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V2

                                          2017

                                                                     PUNTE: 150

                                                                       TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             2                             DBE/2017
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                               3                                       DBE/2017
                                               SSE

VRAAG 1

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       BEWERING VAN GODSDIENSTIGE DISKRIMINASIE TEEN WERKERS

Werknemers by 'n vragvervoermaatskappy in Durban het opgehou om te werk en
beweer dat bestuur personeellede nie toelaat om tradisionele armbande (Iziphandla) te
dra nie, terwyl mense van ander godsdienste en kulture hulle godsdienste vrylik mag
beoefen.

Hulle beweer ook dat mans van die Nazareth Baptist Church aangesê is om hulle
baarde af te skeer. 'Dit is teen ons kerk se oortuigings en ons sal nie ons baarde
afskeer nie,' het 'n woordvoerder van die werkers gesê.

Die maatskappy het alle bewerings van godsdienstige diskriminasie ontken en party
werkers afgedank omdat hulle onwettig gestaak het.
                         [Aangepas uit www//m.news24.com/news2 (Toegang op 09/02/2017 verkry.)]

1.1       Verduidelik hoe diskriminasie godsdienste in Suid-Afrika negatief beïnvloed
          het.                                                                                       (10)

1.2       Godsdienste het baie leringe wat diskriminasie afkeur. Met verwysing na
          enige EEN godsdiens, skryf in besonderhede oor sulke leringe.                              (16)

1.3       Bespreek praktiese strategieë wat godsdienstige gemeenskappe kan gebruik
          om die probleem van diskriminasie te oorkom.                                               (14)

1.4       Na jou mening, is daar deesdae minder diskriminasie in Suid-Afrika as wat
          daar in die verlede was? Gee redes om jou antwoord te ondersteun.                          (10)
                                                                                                     [50]

VRAAG 2

2.1       Alle godsdienste is gebaseer op sentrale leringe wat hulle gelowiges met
          hulle geestelike reis bystaan.

          In die konteks van enige EEN godsdiens, beantwoord die volgende vrae oor
          sentrale leringe.

          2.1.1       Bespreek die aard van die mensdom.                                             (10)

          2.1.2       Bespreek die konsep van lewe na die dood.                                      (10)

          2.1.3       Volgens die relevante leringe van die godsdiens wat jy gekies het,
                      dink jy dat 'n mens boosheid kan oorkom? Gee redes om jou
                      antwoord te ondersteun.                                                        (10)

2.2       In die konteks van godsdiens, bespreek die rol van die volgende:

          2.2.1       Mondelingse tradisie                                                           (10)

          2.2.2       Inspirasie                                                                     (10)
                                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              4                                            DBE/2017
                                              SSE

VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Hoe meer ek Christenskap as my godsdiens bestudeer, hoe moeiliker word dit om, as
'n lid van die Protestantse tak van die Christelike geloof, uit te wys wat uniek aan my
kerk is.
                                                    [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]

3.1       Met verwysing na enige EEN godsdiens, beantwoord die volgende vrae.
          3.1.1       Noem TWEE subgroepe van hierdie godsdiens.                                       (4)
          3.1.2       Vergelyk die verskille in praktyk van elke groep.                                (16)
          3.1.3       Vergelyk die verskille in bestuur/leiding/beheer van elke groep.                 (10)
3.2       Noem en verduidelik enige VYF hermeneutiese beginsels.                                       (20)
                                                                                                       [50]
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Westerse sekularisme het te make met die aanneem van 'n fondasie vir lewe en wet
wat konvensionele godsdienste uitsluit. In die Weste het dit die neiging om saam met
demokratiese regeringsvorme te gaan, godsdiensvryheid binne die grense van
sekulêre landswette, steun vir menseregte, en niediskriminasie op grond van
godsdienstige geloof.
                                                    [Bron: TOP CLASS Religion Studies Grade 12]

4.1       Bespreek die faktore wat tot die ontwikkeling van Westerse sekulêre denke
          gelei het.                                                                                   (12)
4.2       Hoe het die vestiging van sekulêre state tot die voorkoming van godsdienstige
          oorloë gelei?                                                                                (12)
4.3       Noem en verduidelik enige EEN sekulêre wêreldbeskouing.                                      (10)
4.4       Bespreek die oorsprong van heilige tekste in enige EEN godsdiens.                            (16)
                                                                                                       [50]
VRAAG 5
5.1       Gee 'n kort verduideliking van Darwin se Evolusieleer.                                       (10)
5.2       Verduidelik waarom Hindoeïsme nie 'n probleem met die evolusieleer het nie.                  (10)
5.3       Verduidelik hoe die heelal geskep is, volgens enige EEN Abrahamitiese
          geloof.                                                                                      (10)
Die moeilikheid tussen godsdiens en die wetenskap het met die verloop van die eeue
toegeneem, wat tot mededinging en selfs konflik tussen hulle gelei het.
                                                    [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn, et al.]

5.4       In die konteks van die uittreksel hierbo, stel redes voor waarom godsdiens
          steeds in die 21ste eeu so 'n invloedryke mag is.                                            (20)
                                                                                                       [50]
                                                                                       TOTAAL:         150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2017-eng/44fc0522-52d0-4cba-878c-5253d5cfe593) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2017-eng/e4369517-f8eb-4548-803a-6df518cad1f4) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-afr/35c8b75f-517b-4840-a3dd-3998524c2107) — Religion Studies · QP · 2023 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2022-afr/1c914e3c-ded6-488e-a4b4-34af75cbb086) — Religion Studies · QP · 2022 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-eng/c97142c1-b5e2-407e-9102-d96b27a2aac2) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
