# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2017-memo-afr/71443ee7-9f86-46ad-a17f-172f4ed99ec5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2017-memo-afr/71443ee7-9f86-46ad-a17f-172f4ed99ec5)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  RELIGIESTUDIES V2

                                           2017

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                         PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          2                                    DBE/2017
                                   SSE – Nasienriglyne

VRAAG 1

1.1       •  Die Suid-Afrikaanse samelewing was volgens rassegroepe (apartheid)
             verdeel.
          • Elke rassegroep is verhinder om die kultuur en godsdiens van ander
             rassegroepe te leer en te verstaan.
          • Onder apartheid is alle godsdienste nie gelyk behandel nie.
          • Slegs die Nederduits Gereformeerde Kerk het fondse by die regering
             gekry.
          • Hierdie kerk het die Bybel geïnterpreteer om by die apartheidsbeleid van
             die regering te pas.
          • Ander godsdienste is deur die regering misken en doelbewus verkeerd
             vertolk.
          • Die Suid-Afrikaanse samelewing is steeds volgens ras en kultuur verdeel.
          • Die ekonomie van die land is steeds grootliks in die hande van die wit
             minderheid.
          • Godsdienstige organisasies sukkel steeds om grond te kry om hulle
             plekke van aanbidding te bou.
          LET WEL: Enige ander relevante punt moet gekrediteer word.                          (10)

1.2       VOORBEELD 1: CHRISTENSKAP
          • Christenskap is op die fondasie van liefde gegrond, so alle vorms van
             diskriminasie is teen God se wil.
          • Jesus het gesê: 'Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê.
             Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.' (Joh. 13: 34)
          • Die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking beskou hulleself as
             Christene. Hulle moet daarom Christus se leringe volg wat hulle aansê
             om sonder diskriminasie lief te hê.
          • Handelinge 17:26, sê: 'Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het
             hulle gemaak om oor die hele aarde te woon.'
          • Christene glo dat alhoewel ons verskillende kleure is en verskillende tale
             praat, ons dieselfde oorsprong het.
          • Ons is almal die afstammelinge van Adam, so ons moet soos broers en
             susters leef.
          • Galasiërs 3:28: 'Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry
             man of vrou is nie, in Christus Jesus is almal één.'
          • Christenskap is teen rasse-, klas- en geslagsdiskriminasie.
          LET WEL: Enige ander relevante punt moet gekrediteer word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          3                                    DBE/2017
                                   SSE – Nasienriglyne

          VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
          • Afrika Tradisionele Godsdiens is op die filosofie van ubuntu gegrond.
          • Ubuntu/Botho sê: 'umuntu umuntu ngabantu' beteken 'n mens is 'n mens
             deur ander mens.
          • Ubuntu diskrimineer nie tussen rasse nie, maar beskou die mensdom as
             'n geheel.
          • Afrikane glo dat om teen ander mense te diskrimineer, tot teëspoed kan
             lei.
          • Die Afrika Tradisionele Godsdiens erken en respekteer ander
             godsdienste, tot die mate dat sinkretisme toegelaat word.
          • 'n Voorbeeld hiervan is African Initiated Churches wat Christelike
             oortuigings in Afrika tradisionele oortuigings inkorporeer.
          • Afrikane glo in deel, ongeag kleur of godsdiens. Dit is waarom hulle
             aanvanklik vee, grond en selfs wonings met wit setlaars gedeel het.
          • Byvoorbeeld Christelike sendelinge is deur Afrika-gemeenskappe
             verwelkom en ondersteun.
          • Afrika Tradisionele Godsdiens bevorder gasvryheid vir vreemdelinge en
             dit ontmoedig diskriminasie.
          • In die Afrika Tradisionele Godsdiens, as 'n lid van die samelewing sterf,
             help die hele gemeenskap, ongeag ras of godsdiens.
          LET WEL: Enige ander relevante punt moet gekredieer word.                           (16)

1.3       •  Godsdienstige gemeenskappe moet leer oor begrip, respek en
             verdraagsaamheid vir alle godsdienste.
          • Gemeenskappe moet fokus op gemeenskaplike waardes en doelwitte en
             godsdienstige verskille aanvaar.
          • Daar moet multigeloofsgebede wees om diskriminasie te teiken.
          • Die leiers van verskillende geloofsgemeenskappe moet eenheid versterk
             onder hulleself, ongeag ras of kleur.
          • Kinders en die jeug moet geleer word om diskriminasie uit te roei.
          • Daar       moet     vergaderings     van  godsdienstige      leiers   met
             regeringsverteenwoordigers wees om teen diskriminasie saam te staan.
          • Godsdienstige formasies moet saam die Departement van Onderwys
             werk om 'n kurrikulum te vestig wat met die uitroei van diskriminasie sal
             help.
          • Voorbeelde is vakke soos Religiestudies en Suid-Afrikaanse
             Geskiedenis.
          • Godsdienstige gemeenskappe moet aanvaarding en wedersydse respek
             van die verskillende rassegemeenskappe bevorder deur mense van
             verskillende gelowe na gebedsvergaderings te nooi.
          • Godsdienstige gemeenskappe moet met alle sektore van die
             gemeenskap saamwerk om eenheid in diversiteit te bevorder.
          LET WEL: Enige ander relevante punt moet gekrediteer word.                          (14)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           4                                     DBE/2017
                                    SSE – Nasienriglyne

1.4       JA
          • Op grond van die Konstitusie is daar baie veranderinge wat die
             verskillende sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing getransformeer
             het.
          • Die Konstitusie stippel die fundamentele waardes uit wat respek insluit;
             vervolgens is daar tans opmerklike respek vir godsdienstige diversiteit.
          • Verskillende godsdienste is nie meer ontneem van die geleentheid om op
             vriendskaplike wyse met mekaar om te gaan nie.
          • Verskillende godsdienste bestaan naas mekaar en almal is vry om enige
             plek te aanbid ongeag ras, kleur of taal.
          • In openbare skole is daar vryheid van godsdienstige plegtigheid en
             gewete.
          • Leerders van verskillende taal en godsdienstige agtergronde het vrye
             toegang tot onderwys by die skool van hulle keuse.
          • Die Ontugwet wat gemengde huwelike verbied, is nie meer in die Suid-
             Afrikaanse samelewing van toepassing nie.
          • Verskillende rassegroepe woon in dieselfde woonbuurte. Die
             Groepsgebiedewet is nie meer in Suid-Afrika van toepassing nie.
          NEE
          • Ten spyte van Suid-Afrika se liberale Konstitusie is daar steeds sigbare
             bewyse van diskriminasie in die samelewing.
          • In verskillende kerke is diskriminasie is opmerklik. In kerke wat voorheen
             slegs vir wittes was, is daar nou net swartes, die wittes woon dit nie meer
             by nie.
          • Slegs Christelike vakansiedae is openbare vakansiedae. Ander
             godsdienste word nie amptelik erken nie.
          • In skole waar die meerderheid leerders voorheen wit was, kom nie-wittes
             dikwels teen godsdienstige en kulturele diskriminasie te staan.
          • Bv. in Pretoria Girls High School het leerders beweer dat hulle vir lank
             aan rassisme onderwerp is, veral oor hulle hare. Uiteindelik is
             diskriminerende reëls uit die skoolbeleid verwyder.
          • Daar is steeds diskriminasie op grond van oorsprong – xenofobie.
          • Mense met fisiese en verstandelike gestremdhede ervaar steeds baie
             vorms van diskriminasie, bv. daar is nie genoeg spesiale skole nie, veral
             nie in landelike gebiede nie.
          LET WEL: Enige ander relevante punt moet gekrediteer word.
          LET WEL: 'n Kandidaat kan 'ja'- en 'nee'-antwoorde kombineer.                         (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             5                                    DBE/2017
                                      SSE – Nasienriglyne

VRAAG2

2.1       2.1.1      LET WEL: Indien geen godsdiens by 2.1 genoem word nie, word
                     kandidate gekrediteer vanaf die eerste DUIDELIKE identifisering
                     van die godsdiens.Krediet SLEGS vir dieselfde godsdiens regdeur
                     2.1.1, 2.1.2 en 2.1.3
                     VOORBEELD 1: TAOÏSME
                     • Die Tao sê nie baie oor die gemeenskap nie, maar wel oor hoe
                         individue hulle lewens moet rig.
                     • Die Tao het nie 'n plan met betrekking tor die doel van die lewe
                         nie…
                     • Die Tao is ontsaglik magtig, terwyl die aarde en die mense net 'n
                         klein kolletjie hiertussen is.
                     • Die Tao het die lewe geen doel of plan gegee nie.
                     • Lewe is egter nie aaklig of doelloos nie, dit is die moeite werd om
                         te leef.
                     • Daar word van menslike wesens verwag om in harmonie met die
                         Tao te leef.
                     • Die lewe is self die beloning want die Tao is 'n ontsaglike
                         komplekse en verrykende proses.
                     • 'Alle dinge is sag en soepel wanneer dit lewe', wat beteken 'n
                         mens moet buigsaam wees.
                     • Wanneer 'n menslike wese weerstand teen sy/haar begeertes of
                         planne ervaar, is dit 'n teken dat hy/sy die Tao teengaan.
                         Dit beteken jy is besig om te veroorsaak dat jou lewe op 'n
                         mislukking uitloop.

                     VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
                     • Volgens Genesis het God die mensdom geskep.
                     • Mense is na die beeld van God geskep.
                     • Hierdie skepping is as die manifestasie van God se heerlikheid
                        beskou.
                     • Menslike wesens weerspieël God se kenmerke, eienskappe en
                        hoe God se persoonlikheid is.
                     • Die drie persone van die Heilige Drie-eenheid kommunikeer en
                        raadpleeg mekaar.
                     • Die mensdom moet die model van die Heilige Drie-eenheid volg en
                        'n verhouding van wedersydse respek en liefde hê.
                     • Volgens Christenskap moet geen persoon ander domineer of
                        uitbuit nie.
                     • Mense het 'n intellek en vrye wil, maar diere het instinkte en lewe
                        volgens die wette en reëls van die natuur waaroor hulle geen
                        beheer het nie.
                     • Mense is dus toerekenbaar vir hulle handelinge.                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              6                                   DBE/2017
                                       SSE – Nasienriglyne

          2.1.2      VOORBEELD 1:TAOÏSME
                     • Die Taoïstiese standpunt oor die dood is dat ons die lewe moet
                        waardeer sodat die dood aanvaar kan word.
                     • Wanneer jy besef dat dit die sikliese prosesse is wat die lewe
                        wonderlik maak, word dit makliker om daardie lewe te aanvaar.
                     • In hierdie godsdiens is die dood eenvoudig 'n proses van
                        transformasie waar jy van een vorm na 'n ander gaan.
                     • Dit beteken dat jy van die begin af deel van die heelal was en sal
                        voortgaan om vreugde of hartseer te wees.
                     • Volgens die Taoïstiese standpunt moet jy nie bang wees vir die
                        dood nie, jy moet daarmee gekskeer.
                     • In hierdie godsdiens het jy nie lewe na die dood in een of ander
                        hemel, of die tipe lewe na die dood wat in Hindoeïsme gevind
                        word, nodig nie.
                     • Jy word net getransformeer en eindig iewers anders op.

                     CHRISTENSKAP
                     • Volgens Christenskap hou die lewe nie met die dood op nie, maar
                        gaan voort anderkant die graf.
                     • Diegene wat sterf, gaan 'n nuwe fase binne, die paradys.
                     • Sondaars gaan hel toe waar hulle gestraf word.
                     • Op die Laaste Dag sal die gewone wêreld nie meer bestaan nie.
                        Die wet van God sal heers.
                     • Slegs diegene wat volgens die wil van God gelewe het, sal vir ewig
                        lewe.
                     • Dood is nie die einde van die lewe nie, maar 'n fase in die reis van
                        die mensdom.
                     • Die opstanding impliseer dat die lewe 'n doel het. Op die dag van
                        die Opstanding sal die goeie en die bose beloon word volgens
                        hulle handelinge in hierdie wêreld.
                     LET WEL: Enige ander relevante punt moet gekrediteer word.                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             7                                    DBE/2017
                                      SSE – Nasienriglyne

          2.1.3      VOORBEELD 1: TAOÏSME
                     JA
                     • Taoïsme sê niks oor die konsep van boosheid nie.
                     • Dit is omdat alles die Tao is: soos dinge moet wees.
                     • Indien ons begeertes nie vervul word nie, moet ons die begeertes
                        ondersoek.
                     • Vir die Taoïste is dit nie net 'n saak van om jou begeertes te
                        verander sodat lyding verwyder word nie.
                     • Mense moet hulleself met die ware aard van die Tao ooreenkom.
                     • Op die wyse sal hulle negatiwiteit (boosheid) te bowe kom.
                     • Mense kan lyding veroorsaak, maar hulle kan boosheid te bowe
                        kom deur in harmonie met dinge, mense en in hulleself te leef.
                     • Alles moet volgens die idees van die Tao gebeur.
                     • Mense moet wat hulle wil hê, opgee en doen wat die Tao wil hê.
                     NEE
                     • Taoïste dui aan dat daar geen rede is vir mense om in konflik met
                        iets te wees nie.
                     • Vir die Taoïste is daar nie iets soos boosheid nie aangesien alles
                        die Tao is.
                     • Aangesien die Tao so ontsaglik en magtig is, kan mense boosheid
                        nie te bowe kom nie.
                     • Die lewe het 'n byna wonderbaarlike mag om aantreklik en
                        verrykkend te wees omdat dit in sy aard is.
                     • Dinge kan teen jou wil gebeur en jy het nie beheer daaroor nie en
                        gee toe aan boosheid.
                     VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
                     JA
                     • Volgens Christenskap, kan boosheid te bowe gekom word deur
                        bekering tot die Christelike geloof.
                     • God sal altyd oor Satan triomfeer.
                     • Deur die dood en opstanding van Christus word boosheid oorkom.
                     • In Daniël en Openbaring word dit gesê dat daar 'n katastrofiese
                        einde aan hierdie wêreld en die begin van 'n nuwe een sal wees.
                        Dit sal die aanbreek van 'n nuwe tydvak wees.
                     • Jesus Christus word as die Messias deur die Christene beskou.
                     • Jesus leer ons dat boosheid nie deur boosheid te bowe gekom kan
                        word nie, slegs deur goedheid.
                     NEE
                     • Volgens Christenskap kan boosheid nie heeltemal te bowe gekom
                        word nie so lank as wat sonde heers.
                     • Die feit dat baie mense nie tot Christus bekeer is nie, beteken dat
                        boosheid nie oorkom sal word nie aangesien Jesus die enigste
                        weg na Redding is. Dit is volgens die Christelike geloof.
                     • Na die eerste sonde het die menslike aard vatbaar vir bose
                        handelinge geword.
                     • Daar is 'n stryd tussen boosheid en goedheid.
                     • Daar is 'n voortdurende voorkoms van donkerte en lig.
                     • As mense nie tot inkeer kom nie, sal boosheid nooit oorwin word
                        nie.
                     LET WEL: Enige ander relevante punt moet gekrediteer word.                  (10)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             8                                    DBE/2017
                                      SSE – Nasienriglyne

2.2       2.2.1      •   Mondelinge tradisie dien as 'n effektiewe manier om die
                         oorspronklike boodskap van een geslag na die volgende oor
                         te dra.
                     •   Party godsdienste lê meer klem op mondelinge tradisie as hulle
                         eie heilige geskrifte.
                     •   Mondelinge tradisie speel steeds 'n belangrike rol in party
                         godsdienste, bv. die Afrika Tradisionele Godsdiens.
                     •   Mondelinge tradisie loop steeds parallel met geskrewe tekste.
                     •   Mondelinge tradisie gee meer duidelikheid as geskrewe teks as
                         gevolg van die verhalende styl daarvan.
                     •   Die ketting van storievertellers is ook belangrik aangesien dit na
                         die bron lei.
                     •   Mondelinge tradisie weerspieël plaaslike dialek en kultuur. Daarom
                         is dit makliker om in elke kultuur te verstaan.                         (10)

          2.2.2      •   Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in baie godsdienste.
                     •   Dit is die ware oorsprong van alle godsdienste.
                     •   Inspirasie verwys na die mag of krag van 'n buitengewone wese,
                         wat 'n uitverkose wese oorneem.
                     • Die stigtersfigure van baie godsdienste is deur 'n hoër mag of
                         wysheid geïnspireer.
                     • Sulke mense het gesag deur inspirasie verkry.
                     • Voorbeelde is Moses, Abraham, Profeet Mohammed, Boeddha en
                         ander.
                     • Die ATR-mediums of waarsêers kry inspirasie terwyl hulle in 'n
                         beswyming is.
                     • Daar is groot agting vir hierdie waarsêers omdat hulle insig uit
                         inspirasie verkry word.
                     LET WEL: ‘n Maksimum van VIER punte mag toegeken word vir
                     relevante voorbeelde.                                                       (10)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              9                                    DBE/2017
                                       SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1       3.1.1      VOORBEELD 1:BOEDDHISME
                     • Theravada-Boeddhisme
                     • Mahayana-Boeddhisme
                     • Tibetaanse Boeddhisme
                     • Vajrayana

                     VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
                     • Katolisisme
                     • Oosters-Ortodokse Kerk
                     • Protestantisme
                     • Afrika-Geΐnisieerde Kerke
                     LET WEL: Enige TWEE subgroepe                                                (4)

          3.1.2      VOORBEELD 1: BOEDDHISME-SUBGROEPE
                     Theravada-Boeddhisme
                     • Die ideaal in Theravada-Boeddhisme is vir die individu om 'n
                         lewe van meditasie te ly om verlig te word.
                     • Hulle woon in kloosters, bedel vir kos en mediteer die grootste
                         deel van die dag.
                     • Die monnike help en werk saam met oningewydes met
                         belangrike lewensgeleenthede, soos geboortes, huwelike en
                         begrafnisse.
                     • Die monnike woon nie daar nie, maar woon dit by om gewig aan
                         die geleentheid te gee.
                     • Oningewydes in Theravada-gemeenskappe kan nie voltyds
                         mediteer nie, maar dit beteken nie dat hulle nie 'n godsdienstige
                         lewe ly nie.
                     • Die meeste godsdienstige praktyke word tuis uitgevoer alhoewel
                         daar ook individuele en gemeenskaplike meditasie en kantillering
                         in tempels is.
                     Mahayana-Boeddhisme
                     • Hierdie vorm van Boeddhisme het 'n konsep, Bodhisattva,
                         ontwikkel.
                     • 'n Bodhisattva is 'n persoon wat op sy/haar eie meriete Nirvana
                         kan binnegaan, maar uit medelye met mense wat ly, besluit het
                         om sy/haar binnegaan uit te stel om ander mense te help.
                     • Die Boeddha is beskikbaar om mense te help om verligting te
                         bereik.
                     • In Mahayana-Boeddhisme kan gewone mense goddelike wesens
                         nader om hulle te help met die soeke na verlossing.
                     • Die Mahayana-Boeddhiste kan meer rituele elemente praktiseer
                         as wat in Theravada-Boeddhisme waargeneem word.
                     • Voorbeelde is neerbuiging, kantillering en aansteek van wierook.
                     Tibetaanse Boeddhisme
                     • Hierdie Boeddhiste praktiseer rituele.
                     • Hulle gebruik rituele en kantillering vir gebed.
                     • Hulle mediteer.
                     • Hulle gaan in beswymings in om wysheid te herwin.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            10                                   DBE/2017
                                      SSE – Nasienriglyne

                     VOORBEELD 2: CHRISTEN-SUBGROEPE
                     Katolisisme
                     • Hulle woon die Heilige Mis gereeld by.
                     • Bo en behalwe die Sondag Heilige Mis, is daar weeksdag-Mis
                         wat streng deur Katolieke lede bygewoon moet word.
                     • Kerse word vir herinnering aan die dooies aangesteek.
                     • Sondes word aan die priester bely.
                     • Die priesters neem 'n eed om nie te onthul wat aan hulle bely
                         is nie.
                     • Daar is die ritueel van die soen van die kruis as 'n teken van
                         onderwerping aan Jesus Christus as Verlosser van die wêreld.
                     Oosters-Ortodokse Kerk
                     • Die praktyke in die Katolieke en Ortodokse subgroepe is
                         eenders.
                     • Hulle soen beelde en uitbeeldings van die Heiliges.
                     Protestantisme
                     • Protestante hou genesingsdienste.
                     • Hierdie kerke prys en aanbid gereeld.
                     • Die kern van die Protestante Christelike lewe is die Woord van
                         God.
                     • Hierdie       vertakking   van     Christenskap   hou    gereeld
                         herlewingskruistogte.
                     • Anders as die Katolieke en Ortodokse vertakkinge plaas die
                         Protestante vertakking meer klem op preek, terwyl die Katolieke
                         en Ortodokse vertakkinge meer klem op die Heilige Nagmaal of
                         die Heilige Mis.                                                       (16)

          3.1.3      VOORBEELD 1: BOEDDHISME
                     Theravada-Boeddhisme
                     • Basies is die bestuur/leiding van die Theravada- en Mahayana-
                         vertakkinge dieselfde.
                     • Theravada-Boeddhisme is een kompakte vertakking, met min of
                         geen afwyking in verskillende dele van die wêreld nie.
                     • Die klooster het groter betekenis in Theravada-Boeddhisme as in
                         ander vertakkinge.
                     Mahayana
                     • Elke groep van die Mahayana word deur 'n senior monnik
                         bestuur/gelei.
                     • Die senior monnik word bygestaan deur 'n raad van ander senior
                         monnike en soms senior nonne.
                     • Hierdie vorm van Boeddhisme het in baie groeperings ontwikkel
                         wat tot baie buigbaarheid in bestuur/leiding gelei het.
                     Tibetaanse Boeddhisme
                     • Tibetaanse of Zen-Boeddhiste het 'n leier, die Dalai Lama.
                     • Daar is 'n opeenvolging van Dalai Lamas vanaf die 17de eeu tot
                         1959.
                     • Toe die Volksrepubliek van China Tibet in 1959 ingeval het, het
                         die huidige Dalai Lama, Tenzin Gyatso, uit Tibet gevlug.
                     • Hy is sedertdien 'n geestelike leier in ballingskap.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             11                                    DBE/2017
                                       SSE – Nasienriglyne

                     VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP
                     Katolisisme
                     • Daar is 'n gemeente wat deur 'n gemeentepriester bestuur word.
                     • In die gemeentes is daar gemeentepastoralerade en gemeente-
                         finansiesrade wat saam met die gemeentepriesters werk.
                     • Daar is dekanate onder leiding van dekens.
                     • Die bisdomme is onder leiding van die biskoppe.
                     • Die aartsbiskop/provinsies staan onder leiding van die
                         aartsbiskoppe.
                     • Die kardinale is die verteenwoordigers van die Pous in
                         verskillende geografiese streke, bv. die Suider-Afrikaanse Streek
                         onder Kardinaal Napier.
                     • Die Katolieke Kerk in die hele wêreld is onder leierskap van die
                         Pous wat in Rome is.
                     Oosters-Ortodokse Kerk
                     • Hierdie vertakking staan onder leiding van 'n episkopaalse
                         struktuur wat biskoppe en priesters het.
                     • Die Oosters-Ortodokse Kerk het nie 'n enkele leier nie.
                     • Gesag in die kerk is in die hande van die biskoppe.
                     • Die Ortodokse Kerk doen nie aan die Pous verantwoording nie.
                     Protestantisme
                     • Die kerke word beheer deur ingeseënde predikante/dominees,
                         verkose ouderlinge of biskoppe.
                     • Die oorhoofse beheer is deur 'n hoër gesag, soos 'n sinode of
                         algemene vergadering, met 'n voorsittende biskop.
                     • Die kerke is nie verantwoordelik aan enige hoër gesag as die
                         gemeente nie.
                     LET WEL: ‘n Maksimum van SES punte word toegeken vir enige
                     vertakking.                                                                  (10)

3.2       •    Grondbeginsels en historiese konteks:
               Dit beteken jy moet die grondbeginselreëls en die historiese feite gebruik
               om 'n teks te interpreteer.
          •    Duidelikste betekenis:
               Jy moet die letterlike betekenis van die teks in ag neem, en indien
               moontlik, ander betekenis.
          •    Plan, doel en konteks:
               'n Skryfstuk moet as 'n geheel beskou word. Wat is die skryfplan of
               struktuur? Wat was die skrywer se doel met die skryf van die teks? Wat is
               die konteks van die gedeelte wat bestudeer word?
          •    Figuratiewe betekenis:
               Figuratiewe en nie-letterlike betekenisse moet in ag geneem word.
          •    Ander heilige tekste:
               Heilige tekste self moet gebruik word om ander heilige tekste te
               interpreteer.                                                                      (20)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          12                                    DBE/2017
                                    SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       •  Martin Luther het in die 15de eeu sekere veranderinge aan die gang gesit
             wat tot die versplintering van die Christelike godsdiens gelei het.
          • Dit het tot dekade-lange godsdienstige oorloë in Europa gelei.
          • Verskeie Christelike groepe het vir oorheersing geveg.
          • Die kerk was op daardie stadium polities en sosiaal baie invloedryk.
          • Die meeste lande was nie demokraties nie: hulle is deur keisers, konings,
             koninginne of die adel regeer.
          • Hierdie heersers het die kerk gebruik om hulle mag te vestig.
          • Godsdienstige leiers het dan weer heersers beïnvloed om hulle eie
             interpretasie van oortuigings te bevorder.
          • Alle strydende partye het gedink dat 'n samelewing vreedsaam sou wees
             indien almal dieselfde oortuigings het.
          • Protestante hervormers was nie verdraagsaam ten opsigte van
             godsdienstige diversiteit nie.
          • Katolieke en Protestante het hul oortuigings aan mekaar voorgeskryf.
          • Mense het 'n soektog begin vir 'n staat waar daar godsdienstige
             verdraagsaamheid sou wees.
          • Die intellektuele het tot die slotsom gekom dat godsdiens verdelend
             eerder as verenigend is.
          • 'n Regering wat suiwer op redenasie en begrip van die mens se aard
             gegrond was, was dus die oplossing.
          • Regering en moraliteit was dus geskei van godsdiens.
          • Sekulêre humanisme is dus gevestig.
          LET WEL: Enige ander relevante punt moet gekrediteer word.                           (12)

4.2       •    Die godsdienstige oorloë tussen die Christelike kerke in Europese lande
               het geëindig.
          •    Die teken van die Verdrag van Wesfale in 1648 het die meeste Europese
               konflik tot bedaring gebring.
          •    Die Verdrag is belangrik in Westerse politieke en godsdienstige
               geskiedenis; omdat dit die eerste keer was dat die regering, onafhanklik
               van godsdiens erken is.
          •    Sekulêre regerings het menseregte en godsdienstige vryheid as kern van
               die samelewing.
          •    Daar is geen godsdienstige oorloë in, of tussen, die meeste sekulêre
               state nie.
          •    Mense in sekulêre state is vry om enige godsdiens van hulle keuse na te
               volg.
          •    Godsdienstige leiers van verskillende geloofsgemeenskappe word deur
               die Konstitusie gedwing om as gelyke vennote met godsdienstige
               kwessies te werk.
          •    Verskillende godsdienste het hulle begrip van mekaar se oortuigings en
               praktyke ontwikkel.                                                             (12)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          13                                    DBE/2017
                                    SSE – Nasienriglyne

4.3       •    VOORBEELD 1: AGNOSTISISME
          •    Hierdie term is die eerste keer in 1869 deur 'n filosoof, TH Huxley,
               gebruik.
          •    Darwin se teorie oor menslike evolusie het die idee van 'n Opperskepper
               teengestaan en ‘n alternatiewe wệreldbeskouing vir agnostisisme
               voorsien.
          •    Agnostici glo dat dit nie moontlik is om die bestaan van God of 'n
               bonatuurlike wese te bewys of nie.
          •    Agnostisisme kom van die Grieks 'a', wat 'sonder' beteken, en 'gnosis',
               wat 'kennis' beteken.
          •    Dit verwys na onsekerheid oor kennis van God.
          •    Agnostici is skepties oor godsdienstige leringe.
          •    Hulle verwerp godsdienstige leerstellinge, veral godsdienste wat beweer
               hulle het geestelike kennis.

          •    VOORBEELD 2: ATEÏSME
          •    Ateïste verwerp die geloof dat goddelike of bonatuurlike magte bestaan.
          •    Daar is verskillende grade van ateïsme.
          •    Sagte of neutrale ateïste verwerp nie die bestaan van 'n bonatuurlike
               wese aktief nie.
          •    Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
               beskouings te ondersteun.
          •    In party gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
          •    Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings van bewyse afhanklik
               is om hulle bewerings te steun.
          •    Ateïste wend hulle dikwels na die wetenskap om die natuur van die
               heelal te verduidelik eerder as om op geloof te steun.                          (10)

4.4       VOORBEELD 1: HINDOEÏSME
          • Die meeste godsdienste wat voor die Moderne tydperk ontstaan het, het
             hulle wortels in mondelinge tradisie.
          • Toe skrif ontstaan het, is hierdie leringe neergeskryf en vorm deel van die
             kanons vir elke godsdiens se heilige geskrifte.
          • Die Vedas het in antieke Indië ontstaan.
          • Die Vedas vorm deel van die hoof skriftelike bronne vir Hindoes.
          • Baie Hindoes glo dat die Vedas nie werklik deur iemand geskryf is nie,
             Ishvara ingesluit.
          • Historici beraam dat dit tussen 2500 en 500 VHJ neergeskryf is.
          • Die Vedas is deur die groot wysgeer of wyse man, Krishna Dwipayana,
             saamgestel.
          • Die doelwit was om 'n gestandaardiseerde weergawe van Hindoe-leringe
             vir alle Hindoe-volgelinge saam te stel.
          • Krishna Dwipayana het al die mondelinge leringe bymekaargemaak wat
             deur die Rishis en onderwysers en studente deurgegee is, en dit in vier
             standaard versamelings of boeke saamgestel: die Rigveda, Yajurveda,
             Samaveda en die Atharaveda.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                         14                                  DBE/2017
                                   SSE – Nasienriglyne

          VOORBEELD 2: ISLAM
          • Moslems glo dat Allah Sy finale boodskap vir die mensdom deur die
             aartsengel Gabriël aan die Profeet Mohammed openbaar is.
          • Die Profeet kon nie lees of skryf nie, so hy het hierdie openbaringe op
             mondelinge wyse met sy volgelinge gedeel.
          • Mohammed se volgelinge het hierdie openbaringe neergeskryf.
          • Die teks wat hierdie openbaringe bevat, het as die Koran bekend geword.
          • Die Koran word dus as die Woord van God beskou.
          • Die Koran is oor 'n tydperk van 23 jaar aan die Profeet Muhammad
             geopenbaar.
          • Net voor hy gesterf het, het die Profeet die hele Koran uit die hoof
             aangehaal.
          • Die Woord van God is in Arabies aan die Profeet openbaar en baie
             Moslems glo dat die Koran nie vertaal kan word sonder om betekenis te
             verloor nie.
          • Dit is omdat die boodskap en die leringe wat in die Koran vervat is, nie
             van die taal waarin dit geskryf is, geskei kan word nie.
          • Moslems wat die hele Koran uit die hoof kan aanhaal, staan as hafiz
             bekend.                                                                        (16)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           15                                     DBE/2017
                                     SSE – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1       •    Alle vorms van lewe is verbind en gaan terug na 'n gemeenskaplike
               oorsprong.
          •    Verskillende tipes lewe het in een enkele kontinuum plaasgevind.
          •    Lewe ontwikkel volgens 'n proses, wat van eenvoudig na kompleks lei.
          •    Organismes verander geleidelik om by veranderende omgewings aan te
               pas.
          •    Dié wat die beste by hulle omgewing aanpas, word dominant.
          •    Dit word 'natuurlike seleksie' genoem.
          •    Die proses het baie miljoene jare gelede begin en duur steeds voort.
          •    Lewe het nie binne 'n paar dae te voorskyn gekom nie, dit gaan ongeveer
               3 500 miljoen jaar terug.
          •    Die mens het ook tydens 'n lang proses van miljoene jare ontstaan, totdat
               die 'moderne' mense uiteindelik ongeveer 100 000 jaar gelede te
               voorskyn gekom het.
          •    Die evolusieleer beweer dat mense en ape 'n gemeenskaplike voorouer
               het.                                                                              (10)

5.2       •    Die evolusieleer voer aan dat die wêreld en spesies mettertyd verander.
          •    Hindoeïsme gee 'n meer breedvoerige beskouing van evolusie omdat dit
               geestelike evolusie insluit.
          •    Hindoes glo dat jy oor beide geestelike en fisiese evolusie beheer het.
          •    'n Goeie lewe lei tot geleidelike evolusie wat tot 'n gevorderde vorm/wese
               lei.
          •    Wetenskaplikes beskou evolusie as iets wat toevallig gebeur.
          •    Vir Hindoeïsme is evolusie in ooreenstemming met die wet van karma.               (10)

5.3       JUDAÏSME/CHRISTENSKAP
          • Die skepper is 'n manlike Opperwese.
          • Hy het die heelal binne ses dae as deel van Sy goddelike plan vir die
             mensdom geskep.
          • Op die sesde dag het Hy Adam en Eva geskep en hulle geseën om voort
             te plant en die aarde te vul.
          • Genesis beweer dat die heelal deur die krag van Sy woord geskep is.
          • Die heelal is perfek geskep, mense ingesluit.
          • God het ook diere en ander wesens geskep.                                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                        16                                   DBE/2017
                                  SSE – Nasienriglyne

5.4       •  Die wetenskap kan steeds nie die mensdom verduidelikings ten opsigte
             van geestelikheid gee nie.
          • Moraliteit is verskans in godsdiens, aangesien godsdienstige norme nie
             verander nie.
          • Geestelikheid en godsdiens is die oplossing.
          • Saam met wetenskaplike vooruitgang het sosiale/maatskaplike
             uitdagings meer geword.
          • Depressie, selfdood, geweld, verbrokkeling van gesinswaardes, en
             wydverspreide korrupsie is voorbeelde.
          • Godsdiens het tegnologie en wetenskap aangeneem en gebruik dit om
             godsdienstige interaksie te versterk.
          • Godsdiens belowe lewe na die dood en straf vir sonde.
          • Dit bou stabiliteit, vertroue en 'n gedeelde gevoel van voorbestemming –
             alles dinge wat mense waardeer.
          • Dit beantwoord die vraag van waarom ons hier is, en wat die regte pad
             vorentoe is.
          • Godsdiens bevorder liefde, vrede en sekerheid in 'n gewelddadige
             wêreld.
          • Daar is geen wetenskaplike bewys van God of gode nie, maar daar is
             geen wetenskaplike bewys dat 'n opperwese nie bestaan nie. Liefde is
             werklik; Christene sluit by mekaar aan met hierdie werklike, onbeperkte
             liefde deur die konsep Jesus Christus.
          • Godsdiens, meer as enige bedrag geld of evolusionêre wetenskap gee
             nou gemoedsvrede.
          • Godsdiens gee mag en motivering deur inspirasie.
          • Godsdienstige oortuigings en praktyke dra wesenlik tot die vorming van
             persoonlike morele kriteria en gesonde morele oordeel by.
          • Gereelde godsdienstige praktyk beskerm 'n individu in die algemeen teen
             'n hele klomp maatskaplike probleme, soos selfdood en dwelmmisbruik.
          • Godsdienstige praktyk is ook voordelig vir geestelike gesondheid; dit
             verminder depressie, verhoog selfvertroue en verbeter gesins- en
             gemeenskapsamehorigheid.
          LET WEL: Enige ander relevante punt moet gekrediteer word.                     (20)
                                                                                         [50]

                                                                          TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May June 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2017-eng/44fc0522-52d0-4cba-878c-5253d5cfe593) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-eng/3bef31a5-56c3-4463-9f4f-4c2dfc2c2941) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-afr/f8faffc4-5ea8-4dc1-b8d4-109e2a95915d) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P2 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-feb-march-2017-memo-afr/11d59013-9005-4cb7-b233-be591605a19c) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-eng/7b6e8007-17dc-4e06-a0dc-69ab90e5e666) — Religion Studies · Memo · 2021 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-eng/b23b5881-3920-4e6d-aebe-f3622d683c4e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
