# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-afr/84727367-8a1a-4dcb-9c3c-dd1e8fa48a7a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-afr/84727367-8a1a-4dcb-9c3c-dd1e8fa48a7a)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V2

                                          2018

                                                                    PUNTE: 150

                                                                    TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           2                               DBE/2018
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van die antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            3                                          DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 1

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg met verwysing na enige
EEN godsdiens wat jy bestudeer het.

Alle godsdienste het 'n stel oortuigings oor die aard van die mensdom, die wêreld, die
goddelike, die skepping en ander dele van ons lewens. Sulke breë oortuigings staan
as godsdienstige leringe/leerbeginsels bekend. Godsdienstige leringe kan in die vorm
van geskrewe of mondelinge tekste wees.

                                     [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

1.1       Bespreek die aard van die wêreld.                                                            (10)

1.2       Bespreek die aard van die godheid.                                                           (10)

1.3       Bespreek die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld.                      (10)

1.4       Tot watter mate, dink jy, bring mense die verantwoordelikhede wat jy in
          VRAAG 1.3 bespreek het, ten uitvoer?                                                         (10)

1.5       Verduidelik hoe die heilige teks(te) van hierdie godsdiens ontwikkel het.                    (10)
                                                                                                       [50]

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Darwin se evolusieleer gee 'n alternatiewe verduideliking vir die oorsprong van die
mens. Alhoewel evolusie nie godsdienstige idees oor die skepping direk teenspreek
nie, is dit duidelik dat dit geen verklaring as deel van 'n goddelike plan bied nie.

                                            [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

2.1       Verduidelik Charles Darwin se evolusieleer.                                                  (10)

2.2       Evalueer krities die reaksie van die volgende godsdienste op Darwin se
          evolusieleer:

           2.2.1      Die Christelike godsdiens                                                        (8)

           2.2.2      Hindoeïsme                                                                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           4                                            DBE/2018
                                           SSE

2.3       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Godsdiens het nog altyd verklarings met betrekking tot die skepping
          aangebied. Die wetenskap het egter in die afgelope vier eeue begin om ander
          antwoorde op hierdie vrae te bied.
                                                   [Aangepas uit Religion Studies, Steyn, et al.]

          2.3.1      Verduidelik kortliks die wetenskaplike teorie van hoe die heelal
                     ontstaan het.                                                                     (12)

          2.3.2      Met verwysing na die leringe van enige EEN godsdiens, verduidelik
                     hoe die heelal ontstaan het.                                                      (12)
                                                                                                       [50]

VRAAG 3

3.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Sekularisme is die geloof dat regering en moraliteit nie op godsdiens
          gebaseer moet wees nie. Dit beteken nie dat dit nie deur godsdiens beïnvloed
          kan word nie, dit beteken net dat godsdiens nie die finale sê moet hê nie.
                                           [Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

          3.1.1      Bespreek die oorsprong van sekularisme.                                           (12)

          3.1.2      Bespreek die leringe van enige EEN sekulêre wêreldbeskouing wat
                     jy bestudeer het.                                                                 (14)

          3.1.3      Hoe het sekularisme tot die vestiging              van     godsdienstige
                     verdraagsaamheid in die wêreld bygedra?                                           (14)

3.2       Elke godsdiens het normatiewe bronne wat op toepaslike wyse geïnterpreteer
          moet word. Noem enige VYF hermeneutiese beginsels.                                           (10)
                                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             5                                           DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 4

4.1       Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     TIENERSWANGERSKAP

          Volgens die jaarlikse skoolopname van 2015 het meer as 15 000 leerders
          gedurende die akademiese jaar swanger geraak. Die Minister van Basiese
          Onderwys, Angie Motshekga, sê dat swangerskappe by skole 'n groot
          maatskaplike uitdaging geword het, nie net vir die onderwyssektor nie, maar
          belangriker, ook vir nasionale ontwikkeling.
                                                                      [Bron: www.ewn.co.za, 2017]

          4.1.1      Noem enige VYF faktore wat tot tienerswangerskap bydra.                         (10)

          4.1.2      Evalueer die invloed van tienerswangerskap op die samelewing.                   (10)

          4.1.3      Kies enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het en bespreek die
                     leringe/leerbeginsels wat tienerswangerskap teenstaan.                          (10)

4.2       Noem enige TWEE vertakkinge van EEN godsdiens wat jy bestudeer het en
          bespreek die verskille tussen die leringe/leerbeginsels.                                   (20)
                                                                                                     [50]

VRAAG 5

Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

Konflik is 'n lewenswerklikheid. Godsdiens was soms deel van die probleem, maar die
ware bedoeling van godsdiens was nog altyd om konflik te voorkom indien dit nog nie
plaasgevind het nie, en om dit op te los indien dit reeds plaasgevind het.

                                [Aangepas uit OBE for FET Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]

5.1       Identifiseer EEN konflikgebied in Afrika en gee 'n kort geskiedenis van die
          konflik.                                                                                   (14)

5.2       Beskryf die huidige situasie met betrekking tot die konflik wat jy in VRAAG 5.1
          geïdentifiseer het.                                                                        (12)

5.3       Verduidelik die rol van godsdiens in die konflik.                                          (10)

5.4       Dink jy dat godsdiens konflik in konflikgebiede kan help oplos? Gee redes om
          jou antwoord te ondersteun.                                                                (14)
                                                                                                     [50]

                                                                                      TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-eng/b23b5881-3920-4e6d-aebe-f3622d683c4e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [REL STUDIES P2 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-qp-sept-2018-eng-d/bdab91e5-4bc7-4beb-965c-6fd64332f0e4) — Religion Studies · QP · 2018 · Eng
- [REL STUDIES P2 QP SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-qp-sept-2018-english/6f670c9f-8978-426f-9f19-a1f20ea601a7) — Religion Studies · QP · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-afr/15b658e5-18ad-47c1-9fc1-91f3fdd2f2c4) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-eng/c093c0e7-2546-41c9-843f-ec4bf7705cf2) — Religion Studies · QP · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2023-eng/7e735941-b3ca-486f-abf3-9da25296a134) — Religion Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-qp-sept-2023-afrikaans/6e9a435a-f323-402d-9ed9-eae0f4ff0222) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
