# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-afr/311cc0d7-1979-4259-a352-ba09b5b39378
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-afr/311cc0d7-1979-4259-a352-ba09b5b39378)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   RELIGIESTUDIES V2

                                            2018

                                     NASIENRIGLYNE

                                                                       PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          2                                    DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

VRAAG 1

LET WEL:Indien geen religie vermeld word of duidelik impliseer word in 1.1-1.5
         word dit nie gekrediteer nie./
         Indien meer as een religie vermeld word,moet net die
         eerste religie gekrediteer word./
         Indien ‘n religie vermeld word in enige onderliggende vrae,is
         die religie ook toepaslik in 1.1-1.5/
 Ander relevante response moet gekrediteer word.
1.1       VOORBEELD 1: ISLAM
          • Volgens die Koran, het Allah die heelal in ses fases geskep.
          • Allah verskaf die energie en alles wat die heelal nodig het om te oorleef.
          • Volgens Islam, is die bestaan van die heelal nie toevallig nie.
          • Die lewe is nie sonder doel nie, dis beplan en doelmatig.
          • Die wye verskeidenheid plant- en dierespesies in die wêreld het
             belangrike rolle in die ekostelsel.
          • Nuwe vorms van lewe word voortdurend geskep en funksioneer volgens
             gevestigde goddelike wette.
          • Die heelal is nie ewigdurend nie, dit het 'n vaste lewensduur.                     (10)
1.2       •    Islam glo in 'n universele God genoem Allah.
          •    Geloof in die enigheid van Allah is die fondament van Islam.
          •    Allah het ander titels wat Sy eienskappe weerspieël.
          •    Hy is die Skepper (Khaliq) en Grondlegger (Badi) van die heelal, wat
               voortgaan om nuwe vorms van lewe te skep en wat die hele skepping
               onderhou.
          •    Mense moet die bestaan van Allah bevestig en erken en lewe volgens
               Sy goddelike wil.
          •    Die Moslem-begrip van godheid word essensieel deur die Koran gevorm.            (10)
1.3       •    Die mens is een van die baie spesies waaruit die skepping bestaan.
          •    In Islam is mense die hoogste vorm van die skepping.
          •    Hulle is viseregente (khalifah) van Allah.
          •    Dit plaas 'n enorme verantwoordelikheid op die mens.
          •    Mense is daarop geregtig om die aarde se hulpbronne tot hulle eie
               voordeel te gebruik.
          •    Hulle moet uiters respekvol teenoor die aarde wees en hulpbronne
               verantwoordelik en doeltreffend gebruik.
          •    Hulle is op die Oordeelsdag vir hulle dade verantwoordelik wees.                (10)
1.4       Moslems kom hoofsaaklik hulle verantwoordelikhede as gevolg van die
          volgende redes na:
          • Moslems versorg mekaar.
          • Hulle het spesiale offerandes wat hulle aan die armes en vreemdes gee.
          • Hulle is boere wat hulle diere versorg en die grond verbou.
          • Die vernietiging van die omgewing is verbode en Islam veroordeel
              besoedeling.
          • Hulle lewe hulle lewens volgens die Koran om te toon dat hulle
              viseregente van Allah is.
                                              OF
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           3                                     DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

          Hulle kom nie hulle verantwoordelikhede na nie:
          • Sommige Moslems is betrokke by oorloë en gebruik chemiese wapens.
              Dit word as 'n oorlogsmisdaad beskou, bv. Sirië.
          • Hulle werf die jeug om by ekstremistiese organisasies aan te sluit om in
              die naam van Islam dood te maak, bv. ISIS.
          • In party Moslem-lande put die moderne samelewing waardevolle
              natuurlike hulpbronne uit.
          • Hulle diskrimineer tiener nie-Moslems, bv. Egipte.
          •    Burgerlike bevolkings word nie tydens konfliksituasies ontsien nie.
          •    Hulle gebruik natuurlike hulpbronne om gevaarlike wapens te skep om
               mekaar te vernietig eerder as tot voordeel van mense.                             (10)
1.5       •    Die heilige boek van Islam is die Koran.
          •    Die Koran is die finale boodskap vir die mensdom wat deur die aartsengel
               Gabriël aan die Profeet Mohammed gegee is.
          •    Die Profeet deel die openbaring mondelings met sy volgelinge.
          •    Hy kon nie lees of skryf nie.
          •    Die Koran word as die Woord van God beskou.
          •    Die Koran is oor 'n tydperk van 23 jaar aan die Profeet openbaar gemaak.
          •    Die Koran is in Arabies openbaar.
          •    Voordat die Profeet gesterf het, het hy die hele Koran uit sy kop uit
               opgesê/voorgedra.
          •    Sy volgelinge het die Koran in die Profeet se leeftyd geskryf.
          •    Die Koran kan nie vertaal word sonder of van die betekenis daarvan
               te verloor nie.
          •    Die boodskap en die leringe/leerbeginsels wat in die Koran vervat is, kan
               nie van die taal waarin dit geskryf is, geskei word nie.
          •    Die sekondêre boeke in Islam is die Hadith.
          •    Hadith verwys na die gesegdes/spreuke van Profeet Mohammed wat
               deur sy skrifgeleerdes aangeteken is en deur sy metgeselle onthou is.
          •    Die beroemdste samestellers is Imam Bukhari en Imam Muslim.                       (10)

1.1       VOORBEELD 2: BOEDDHISME
          • Boeddhistiese glo dat die wêreld nie op enige tydstip geskep is nie.
          • Die wêreld is elke sekonde al miljoene kere geskep en sal voortgaan om
             dit self te doen.
          • Die wêreld sal vanself wegbreek.
          • Volgens Boeddhisme verskyn en verdwyn die wêreldstelsel altyd in die
             heelal.
          • Die heelal waarin ons leef, bestaan al vir 'n enorme hoeveelheid tyd en
             moontlik vir 'n eindelose tyd.
          • Boeddhisme is nie gekwel oor 'n verduideliking van die ontstaan van die
             wêreld nie.
          • In die oë van Boeddha is die wêreld niks anders as Samsara nie,
             die siklus van geboortes en sterftes wat herhaal word.
          • Die begin en die einde van die wêreld is in hierdie Samsara.
          • Aangesien elemente en energieë relatief en van interafhanklik is, is dit
             betekenisloos om iets as die begin uit te sonder.                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            4                                       DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

1.2       •    Godheid is nie 'n sleutelgeloof in Boeddhisme nie.
          •    Die meeste vorms van Boeddhisme aanvaar dat daar wesens is wat
               magtiger is en langer as mense leef.
          •    Daar kan na hulle as 'gode' verwys word.
          •    Die kern- Boeddhistiese lering dat alles tydelik is, impliseer dat selfs die
               gode in Boeddhisme nie onsterflik is nie.
          •    Hulle kan dalk vir miljoene jare leef, maar sal uiteindelik sterf en weer
               gebore word.
          •    Hulle het nie die heelal geskep nie want hulle is self deel daarvan.
          •    Boeddhiste kan 'n plaaslike god aanbid, maar hulle glo nie dat daardie
               god hulle kan help om geestelik verlig te word nie.                                  (10)

1.3       •    Om as 'n mens gebore te word, word deur Boeddhisme as baie skaars en
               kosbaar beskou aangesien jy as so baie ander tipes wesens/skepsels
               gebore kan word.
          •    Menslikheid is die enigste toestand waar geestelike verligting moontlik is.
          •    In Boeddhisme is menslike reïnkarnasie baie belangrik.
          •    Die primêre verantwoordelikheid van alle mense is om geestelik verlig
               te word.
          •    Mense moet die weg na geestelike verligting/ontwikkeling met ander deel.
          •    Alle ander dinge is sekondêr en, in elk geval, nie permanent nie.                    (10)

1.4       Boeddhiste kom hoofsaaklik hulle verantwoordelikhede as gevolg van
          die volgende redes na:
          • In Boeddhisme gebruik die meeste Boeddhiste meditasie vir gemoedsrus
              en geestelike verligting/ontwikkeling.
          • Boeddhistiese gemeenskappe is oor die algemeen vredeliewend en
              aanvaar ander godsdienste.
          • Hulle fokus op 'n doelwit van selfverbetering.
          • Hulle poog ook om harmonie in hulle lewens en in die natuur te vind.
          • Die Boeddhis leef 'n lewe van afsondering/afsydigheid en herbedink
              vorige lewens om die geestelike lewe binne te gaan.
          • Bodhisattvas weerhou hulle daarvan om nirvana binne te gaan uit deernis
              met die mens se lyding, om so ander mense te help om geestelik verlig
              te word.
          Hulle kom nie hulle verantwoordelikhede na nie:
          • Boeddhiste was histories nie goed met praktiese pogings om armoede,
              diskriminasie en siektes as 'n manier van geestelike verligting te beveg
              nie.
          • Die Boeddhiste wat klem lê op die feit dat elke mens in die heelal sy/haar
              eie lot beheer, lei daartoe dat mense gierig en selfsugtig is.
          • In Boeddhisme word iemand se ongeluk, sukses of mislukking bepaal
              deur sy/haar dade en dit het lyding as gevolg van 'n onbekende verlede
              tot gevolg.
          • Boeddhiste is ook betrokke by etniese suiwering in hulle lande, bv. in
              Myanmar.
          • Om te kry wat hulle wil hê, is hulle nie net bereid om self te ly nie, maar
              selfs om ander te laat ly.                                                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           5                                     DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

1.5       •    Die heilige boek is die Pali Kanon of Tripitaka./Tipitaka
          •    Die Tripitaka is in die 1ste eeu VHJ geskryf.
          •    Dit bevat somige van die leringe van Siddhartha Gautama,stigter van
               Boeddhisme
          •    Dit word die Tripitaka genoem want dit is aanvanklik op palmblare geskryf
               wat in drie verskillende mandjies geplaas is.
          •    Dit word soms Pali Kanon genoem omdat dit oorspronklik in die Pali-taal
               geskryf is.
          •    In Theravada-Boeddhisme gaan die baie groot kanonieke tradisie tot
               sover as die vyfde eeu VHJ terug.
          •    Dit is vir 'n paar eeue mondelings oorgedra voordat dit uiteindelik
               neergeskryf is.
          •    Dit het vanaf die vroegste tye 'n steeds groeiende hoeveelheid
               kommentaar oor die kanonieke tradisie gelewer.
          •    Die Tripitaka is in Pali, 'n taal baie na verwant aan Sanskrit, oorgedra.
          •    Mahayana-Boeddhisme het 'n groot hoeveelheid literatuur in die
               Boeddhistiese vorm van Sanskrit opgelewer.
          •    Die Prajna-Paramita-sutras is besonder belangrik (die sutras oor die
               wysheid wat verder ontwikkel het).                                                (10)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           6                                    DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

VRAAG 2

2.1       •  Die evolusieleer verduidelik die ontwikkeling van lewe vanaf 'n
             eenvoudige vorm tot die mees komplekse vorm vandag.
          • Hierdie ontwikkeling sluit die evolusie van mense deur primitiewe
             stadiums tot moderne mense in.
          Darwin se leer/teorie bestaan uit vier idees:
          • Spesies bevat 'n groot verskeidenheid verskille.
          • Beide die wêreld en spesies het mettertyd verander.
          • In die oorlewingsgeveg sal beter aangepaste variasie bevoordeel/
             begunstig word terwyl diegene wat nie geskik is nie, sal sukkel om
             te oorleef.
          • 'n Spesie kan geleidelik van vorm verander en meer kompleks raak deur
             langs 'n weg van suksesvolle variasie te ontwikkel.
          • Volgens Charles Darwin het mense uit ape ontwikkel.                                 (10)

           2.2.1      CHRISTELIKE GODSDIENS
                      LET WEL:Indien een van die religieuse perspektiewe gegee
                      word,en nie aan Darwin se se teorie gekoppel word nie,moet ‘n
                      maksimum van VIER punte toegeken word vir 2.2.1-2.2.2
                      • Tradisionele Christene aanvaar die letterlike interpretasie van
                         die geskrifte soos in Genesis geskryf.
                      • Vir die Christene is die woord van God die enigste letterlike
                         waarheid.
                      • Tradisionele Christene beskou dit as onmoontlik dat mense
                         uit diere geëvolueer het.
                      • Hulle glo dat die mens na die 'beeld van God' geskape is.
                      • Die evolusieleer word dus deur konserwatiewe Christene
                         verwerp.
                      • Die liberale Christene akkommodeer Darwin se teorie en
                         verstaan dat die Boek Genesis simbolies geïnterpreteer moet
                         word.                                                                  (8)

           2.2.2      HINDOEÏSME
                      • Hindoeïsme het 'n meer ingewikkelde evolusieleer as Darwin
                         s'n.
                      • Hulle konsep van evolusie behels ook geestelike evolusie.
                      • Hindoes glo dat jy oor beide geestelike en fisiese evolusie
                         beheer het.
                      • 'n Goeie lewe lei tot geleidelike evolusie tot 'n gevorderde
                         vorm.
                      • Goeie dade lei tot 'n beter lewe en slegte dade lei tot 'n laer
                         lewe in reïnkarnasie.
                      • Darwin se evolusieleer het tekortkominge omdat dit nie die
                         geestelike lewe aanroer nie.                                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           7                                    DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

          2.3.1       •   Die wetenskaplike teorie van die skepping van die heelal
                          word die Oerknalteorie genoem.
                      •   Wat voor die oerknal bestaan het, weet ons nie.
                      •   Daar was 'n groot ontploffing in die ruimte en binne sekondes
                          het die heelal verskyn en tot 'n enorme grootte uitgebrei.
                      •   Dit het ongeveer 15 miljard jaar gelede gebeur.
                      •   Klein temperatuurverskille in die aanvanklike ontploffing het
                          tot verskillende digthede regdeur die heelal gelei.
                      •   Dit het uiteindelik in klusters materie en energie gevorm.
                      •   Dit het onmeetlike sterversamelings gevorm wat ons
                          sterrestelsels noem.
                      •   Sommige sterrestelsels het in 'n kombinasie van sterre en
                          planete verdig wat sonnestelsels genoem word.
                      •   Ons aarde behoort aan een van hierdie sonnestelsels.                  (12)

          2.3.2       VOORBEELD 1: ABRAHAMITIESE GODSDIENSTE
                      • Abrahamitiese godsdienste glo aan die skepping soos in hulle
                         heilige boeke vertel.
                      • Hulle glo dat die heelal deur 'n Skepper, genoem
                         God/Allah/Elohim, geskep is.
                      • Die Skepper is manlik.
                      • Die Skepper het eers net bestaan, en toe het Hy die heelal
                         gemaak.
                      • Die heelal is apart van die Skepper.
                      • God het die heelal in ses dae geskep.
                      • Die eerste twee mense was Adam en Eva.
                      • Hulle is na die beeld van God geskape.
                      • Die heelal wat ons nou sien, sal uiteindelik met iets perfek na
                         'n oordeelsdag vervang word./Die heelal is nie permanent nie/

                      VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
                      • Vir Hindoes is die heelal die Skepper.
                      • Die Skepper bestaan al vir altyd en sal vir altyd bestaan.
                      • Die Skepper het geen beperking nie en is daarom nie 'hy/sy'
                         of enigiets nie.
                      • Die Skepper bestaan óf in 'n aktiewe óf in 'n passiewe staat.
                      • Die passiewe staat is 'n staat van rus wanneer niks gebeur
                         nie.
                      • Wanneer die heelal rustend is, het dit geen vorm nie en is
                         ongedifferensieerd.
                      • Die Skepper roer en raak aktief ná 'n lang ruk. Dit is wanneer
                         party dele van die heelal verskillend is van ander dele en
                         'skepping' begin.                                                      (12)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            8                                       DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3
3.1       3.1.1       •   Sekularisme beteken 'n skeiding van magte tussen die staat en
                          godsdiens.
                      •   Martin Luther het in die 16de eeu sekere veranderinge aan die
                          gang gesit wat tot die splintering van die Christelike godsdiens,
                          in Katolieke en Protestante groepe, gelei het.
                      •   Dit het tot dekades van godsdienstige oorloë in Europa gelei.
                      •   Die kerk was op daardie tydstip beide polities en maatskaplik
                          baie invloedryk.
                      •   Konings, keisers en die adelstand het die kerk gebruik om
                          hulle mag te vestig.
                      •   Godsdienstige leiers het op hulle beurt ook regeerders
                          beïnvloed om hulle eie interpretasie van geloof te bevorder.
                      •   Al die strydende partye het gedink dat die samelewing
                          vreedsaam sal wees indien almal dieselfde geloof gehad het.
                      •   Mense het gesoek na 'n staat waar daar godsdienstige
                          verdraagsaamheid sou wees.
                      •   Intellektueles van daardie tyd het tot die gevolgtrekking gekom
                          dat godsdiens verdelend eerder as verenigend is.
                      •   'n Regering wat suiwer op rede en op begrip van die mens se
                          aard gegrond is, is dus die oplossing.
                      •   Die Prins van Oranje was een van die eerste mense om 'n
                          skeiding tussen kerk en staat voor te staan.
                      •   Regering en moraliteit is van godsdiens geskei en sekulêre
                          humanisme het ontstaan.                                                   (12)
          3.1.2       VOORBEELD 1:
                      • AGNOSTISISME
                      • Die woord 'agnostisisme' kom van die Grieks: 'a-' beteken
                         'sonder' en 'gnosis' beteken 'kennis'.
                      • Dit verwys na onsekerheid oor Godskennis.
                      • Agnostisiste glo dat dit onmoontlik is om die bestaan van 'n
                         God/bonatuurlike wese te bewys of te weerlê.
                      • Agnostisiste is skepties oor godsdienstige leringe/
                         leerbeginsels.
                      • Hulle redeneer dat mense nie so iets soos 'n goddelike mag
                         kan verstaan/begryp nie.
                      • Hulle verwerp godsdienstige leerstellings/doktrine, veral
                         godsdienste wat beweer dat hulle geestelike kennis het.

                      VOORBEELD 2:
                      • MATERIALISME
                      • As 'n sekulêre wêreldbeskouing glo materialisme dat materie
                         die enigste werklikheid is.
                      • Materialisme leer hulle volgelinge dat daar geen bonatuurlike
                         ryk is nie.
                      • Hierdie wêreldbeskouing is tiener godsdienstige wêreld-
                         beskouings wat gegrond is op geloof wat die bestaan van
                         enige vorm van geestelike werklikheid bevestig.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            9                                   DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

                      •   Materialisme propageer dat niks behalwe die natuur bestaan
                          nie.
                      •   Volgens materialisme is enige wese wat as buitewêrelds
                          beskou word, 'n wese van die verbeelding.
                      •   Materialisme verbied sy volgelinge om hulle aan enige
                          geestelike afhanklikheid te onderwerp.
                      •   Nuwe terme is uit materialisme ontwikkel, naamlik dialektiese
                          materialisme en historiese materialisme.
                      •   In dialektiese materialisme word materie as die fundamentele
                          oorsaak van alles beskou.
                      •   Historiese materialisme: ekonomie en die verhoudings tussen
                          werkers en besitters as die basiese struktuur in die
                          gemeenskap.
                      •   Kontemporêre fisici en neurowetenskaplikes daag egter
                          materialistiese verduidelikings van die werklikheid uit.              (14)

          3.1.3       •  Daar is vrede omdat alle godsdienste as gelyk erken word.
                      •  Daar is geen godsdiens wat amptelik deur die staat bevoordeel
                         word nie.
                      • Dit bevorder godsdienstige vryheid.
                      • Dit bevorder godsdienstige verdraagsaamheid.
                      • In 'n sekulêre konstitusie kan alle godsdienste volgens hulle
                         eie praktyke aanbid, maar dit mag nie die godsdienstige regte
                         van ander skend nie.
                      • By staatsfunksies, soos die inhuldiging van die president,
                         neem alle godsdienste deel.
                      • Godsdiens kan nie voorwaardes oor die wette van die staat
                         voorskryf nie.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                     (14)

3.2       • Duidelikste betekenis
          • Grammatika en historiese konteks
          • Plan, doel en konteks
          • Betekenis van woorde
          • Figuratiewe taal.
          • Ander heilige tekste
          LET WEL: Enige VYF van die antwoorde hierbo moet aanvaar word.                        (10)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           10                                    DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       4.1.1       •  Gebrek aan kennis oor seks en voorbehoedmiddels.
                      •  Gesinsbreuk
                      •  Portuurgroepedruk
                      •  Lae onderwysverwagtinge
                      •  Toename in seksgebaseerde boodskappe in die media.
                      •  Hindernis tot toegang tot voorbehoedmiddels en ook
                         negatiewe houding van gesondheidspersoneel
                      • Lae selfbeeld
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                      (10)

          4.1.2       •  Die formele skoolopvoeding van die tienermoeders moet wag
                         gedurende die swangerskap.
                      • Hulle voltooi dikwels nie hulle studie nie as gevolg van die
                         verantwoordelikhede van moederskap.
                      • Hulle verlaat die skool wat lei tot nuttelose uitgawes deur die
                         onderwysdepartement.
                      • Hulle ontvang dan 'n kinderonderhoudtoelaag wat 'n verdere
                         staatsuitgawe is.
                      • Tienermoeders kan hulle kinders weggooi wat hulle die staat
                         se verantwoordelikheid maak.
                      • Tienermoeders het 'n gebrek aan gesinsteunstrukture en word
                         dikwels die slagoffers van mishandeling.
                      • Tienermoeders is meer geneig tot selfmoord.
                      • Tienerswangerskap kan mediese komplikasies in beide die
                         moeder en haar baba tot gevolg hê.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word.                      (10)

          4.1.3       VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
                      • ' 'n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid
                         nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here
                         is.' (1 Kor. 6:13).
                      • Dit beteken dat seks en seksualiteit binne Bybelse
                         leringe/leerbeginsels moet plaasvind wat buite-egtelike seks
                         verbied.
                      • 'Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.' (Psalm 23:1–6).
                      • Dit beteken dat die jeug op God moet staatmaak vir hulle
                         behoeftes en dat hulle suikerpappies/'blessers' moet vermy.
                      • 'Jy mag nie egbreuk pleeg nie.' (Eksodus 20:14).
                      •   Hierdie gebod verbied voorhuwelikse seks en buite-egtelike
                         seks.
                      • Christene word geleer om 'n heilige lewe te lei, met inbegrip
                         van onthouding van seks voor die huwelik.
                      • 'Wanneer 'n man 'n jongmeisie wat nog nie verloof is nie, verlei
                         om met hom geslagsgemeenskap te hê, moet hy aan die pa
                         die volle bruidsprys betaal en met haar trou. (Eksodus 22:16).
                      • Dit beteken dat die man haar moet vergoed wat dus seks buite
                         die huwelik ontmoedig.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          11                                   DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

                      VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
                      • Die tradisionele Aka-mense het wette wat bedoel is om te
                         verseker dat 'n vrou haar maagdelikheid behou.
                      • In sommige gevalle word vroeë huwelike aangemoedig om
                         tienerswangerskap te vermy.
                      • Die huwelik dien as 'n heilige tradisionele stadium om van
                         kindwees na volwassenheid te beweeg.
                      • Volgens Afrika-tradisie mag geen vrou trou sonder om deur die
                         puberteitsrites te gaan nie.
                      • Elke jong vrou moet voor die huwelik 'n maagd bly.
                      • Die godsdiens leer volgelinge oor onthouding van seksuele
                         omgang voor die huwelik (beginsel van ubuntu, respekteer jou
                         liggaam en jou afkoms).
                      • Maagdelikheidstoetsing word deur Afrika-vroue gedoen om
                         tienerswangerskap te beveg.
                      • By die AmaZulu bevorder die Rietdansfees die behoud van
                         maagdelikheid by Zulu-meisies.
                      • Indien 'n Zulu-man 'n dame buite die huwelik swanger maak,
                         moet hy vergoeding betaal (ukuhwetula).                               (10)

4.2       VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS
          • ROOMS-KATOLIEKE KERK
          • Die vertakking beskou hulleself as die oorspronklike kerk.
          • God bestaan uit die Vader, die Seun en die Heilige Gees (die Drie-
             eenheid).
          • Hulle glo dat almal in sonde gebore word omdat Adam en Eva God se
             bevel nie gehoorsaam het nie.
          • Die Heilige Gees kom van God die Vader en die Seun.
            • OOSTERS-ORTODOKSE KERK
          • Hulle glo dat hulle die kerk is wat behoorlik begelei is.
          • Hulle verkondig dat die Pous nie oppergesag oor die kerk het nie.
          • Hulle glo dat die Heilige Gees slegs van God kom en nie van die Seun
             nie.
          • Hulle glo dat hulle die oorspronklike kerk is wat deur Jesus Christus
             gestig is.
          •     PROTESTANTISME
          • Hulle glo dat geloof die sleutel tot verlossing is.
          • Hulle leer dat rituele minder belangrik is.
          • Die Bybel het meer gesag as die Pous.
          • Bekering is 'n geskenk wat vrylik deur die werk van Jesus Christus gegee
             word

          VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
          •  AMAZULU
          • Hulle glo en erken die bestaan van 'n Opperwese genoem uMvelinqangi.
          • Hulle glo dat sy status so hoog is dat hy nie direk genader kan word nie.
          • Kommunikasie met uMvelinqangi word deur die voorvaders gedoen.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          12                                    DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

          •    Hulle glo in 'n seremonie genoem 'bring terug' (ukubuyisa-ritueel), waar
               die lewende dooie as 'n voorvader bevestig word.
          •    Wanneer daar siekte of teëspoed is, raadpleeg mense óf 'n goddelike óf
               'n tradisionele geneser.
          •    Hulle glo in die prinses van die hemel genoem uNomkhubulwana, wat
               met landbou, reën en vrugbaarheid geassosieer word.

          •       AKA
          •    Die Aka glo in 'n Skeppergees genoem Bembe.
          •    Hulle glo dat Bembe na die skepping afgetree het.
          •    Hulle glo aan die woud-/bosgees genoem Dzengi.
          •    Hulle glo dat Dzengi hulle help om suksesvol te jag.
          •    Aka het ook rituele wat op die geeste van voorvaders en diere gerig is.
          •    Hulle glo ook dat mense en diere binne hulle eie spesie reïnkarneer.
          •       YORUBA
          •    Hulle glo dat Olodumare/Olorun die Skeppergees is.
          •    Hulle glo dat elke mens 'n lot of bestemming het.
          •    Hulle glo ook dat die lewe siklies is.
          •    Die doel van reïnkarnasie is geestelike verbetering
          •    Hulle glo dat goeie geeste een word met Olodumare.
          •    Hulle glo dat die kosmos twee vlakke het, die lug en die aarde.
          •    Die Yoruba aanvaar dat nadat 'n mens gesterf het, hy/sy die geestesryk
               ingaan en by die lewende dooies aansluit.                                        (20)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          13                                    DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

VRAAG 5
LET WEL:As die area van konflik plaaslike konflik is,kan dit verifieer word,dit
moet gekrediteer word.

5.1       VOORBEELD 1: SENTRAAL-AFRIKAANSE REPUBLIEK (SAR)
          • Die konflik het ongeveer in 2003 begin toe President Bozize die mag in die
            land oorgevat het.
          • 'n Aantal rebellegroepe het in die SAR-bosoorlog (2003 tot 2007) teen die
            regering geveg.
          • Hierdie groepe is die Seleka ('Union') genoem.
          • Vredesonderhandelinge tussen die rebelle en regering het in 2012 misluk.
          • Die rebelle het Bozize beskuldig dat hy nie aan amnestiebeloftes gestand
            gedoen het nie.
          • Die Seleka het in 2012 'n aantal sleuteldorpe oorgeneem.
          • Hulle het in 2013 Bangui, die hoofstad, oorgeneem.
          • Die president het in 2014 uit die land gevlug.
          • Verskeie onruste het in die afwesigheid van 'n effektiewe regering
            uitgebreek.                                                                         (14)
5.2       •   Die hernude geweld in die SAR in 2017 het baie mense uit hulle huise laat
              vlug.
          •   Daar is steeds genadelose lyding.
          •   Party is in die SAR ontwortel.
          •   Ander is gedwing om uit hulle land te vlug.
          •   Die VN-Sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het beplan om in Oktober
              2017 die SAR oor die voorgesette onrus te besoek.
          •   Rodrique Ngaibona, bekend as 'General Andjilo', 'n krygsheer wat in anti-
              Balaka (anti-Moslem) geveg het, is in Januarie 2018 tot lewenslange
              tronkstraf gevonnis.
          •   Armel Sayo, die president van die skrikwekkende Revolution and Justice-
              beweging het in February 2018 by alle rebelle-elemente aangedring om
              vyandigheid te staak en die programme van ontwapening, demobilisering
              en herintegrasie te steun.
          •   Daar is nou hoop vir vrede in die Sentraal-Afrikaanse Republiek.                  (12)
5.3       •   Dit is nie 'n godsdienstige konflik nie.
          •   Godsdiens is egter vir politieke voordeel uitgebuit.
          •   Die hoofoorsaak van die konflik was politieke onrus.
          •   Die strydende partye wou almal eksklusiewe toegang tot olie- en
              diamanthulpbronne hê.
          •   Beide Christen- en Moslem-leiers het steun vir die Afrika-unie se
              vredesbeskermers getoon.
          •   Godsdienstige leiers is in gesprek met strydende partye.
          •   Hulle versorg die ongevalle van die oorlog.
          •   Hulle verskaf skuiling aan die slagoffers van konflik.
          •   Hulle verskaf mediese hulp.
          •   Hulle verskaf kos aan die as gevolg van die geweld hulpbehoewend is.
          •   Hulle herstel klinieke.
          •   Hulle bevorder wedersydse respek tussen die partye in konflik.                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          14                                   DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

5.4       JA
          Godsdiens kan suksesvol wees as die betrokke partye in gesprek tree:
          • As hulle mekaar respekteer.
          • As hulle mekaar verdra.
          • As godsdiens 'n hoë vlak van onpartydigheid toon.
          • As strydende partye die waarde van kompromie verstaan.
          • As die regering die godsdienstige leiers ondersteun.
          • As godsdiens objektief is in hulle benadering om die konflik op te los.
          NEE
          Godsdiens kan onsuksesvol wees indien dit subjektief is in hulle
          benadering tot konflikoplossing:
          • Godsdiens moet onpartydig wees.
          • Indien dit nie gebeur nie, sal dit beteken dat partye nie betekenisvol sal
             deelneem nie.
          • Soms is godsdiens nie geloofwaardig wanneer dit bevooroordeeld en
             subjektief is wanneer besluite gemaak word.
          • Soms het godsdienste nie genoeg invloed nie.
          • Die konflikterende partye moet 'n vredesooreenkoms wil bereik,
             godsdiens opsigself sal dit nie bereik nie.
          • Dit behels samewerking van alle belanghebbendes om suksesvol te wees.              (14)

5.1        VOORBEELD 2: SOEDAN
           • Die konflik in Soedan vind reeds al meer as 100 jaar plaas.
           • Die noorde van Soedan bestaan hoofsaaklik uit Arabiessprekende
             stamme en hulle is hoofsaaklik Moslem.
           • Sommige stamme is animiste.
           • Ander stamme is Christene wat in die Darfoer-streek en die suide woon.
           • Daar is ook ekonomiese faktore wat 'n rol speel.
           • Die ekonomie van die noorde is beter ontwikkel as dié in die suide.
           • Die ontdekking van olie in die suide (Heglig-olievelde) het tot
             groepskonflik gelei.
           • Khartoem neig om politieke beheer op die suid (as gevolg van olie) uit te
             oefen.
           • Toe Khartoem Sharia-wet vir die hele land voorgeskryf het, het dit tot 'n
             gewapende opstand teen die regering gelei.
           • Die Sudan People's Liberation Army (SPLA) is gevorm en lei die aanvalle
             teen die regering.
           • Die SPLA het in verskillende partye verdeel en teen mekaar gedraai.               (14)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                          15                                     DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

5.2        •   Alhoewel Suid-Soedan onafhanklikheid van Soedan in 2011 deur 'n VN-
               referendum verkry het,het baie min verander.
           •   Burgeroorlog het na onafhanklikheidswording in Suid-Soedan uitgebreek,
               en dit gaan steeds voort.
           •   Gewapende groepe het teen mekaar gedraai.
           •   Die weerlose burgerlikes is die slagoffers.
           •   Die vredesooreenkoms wat in Augustus 2015 geteken is, was oneffektief.
           •   Daar is steeds ernstige konflik tussen regerings- en opposisiepartye.
           •   |Daar is wydverspreide misbruik van menseregte en oorlogsmisdade
               word deur die strydende partye gepleeg.
           •   Die gesondheidsorgsentrums word gevandaliseer.
           •   In Soedan self is daar sporadiese opstande teen die regering.
           •   Dit is ekonomies van aard.                                                        (12)

5.3        • Dit is nie 'n godsdiensoorlog nie.
           • Godsdiens speel slegs 'n klein rolletjie in die konflik.
           • Geen poging is deur een godsdiens aangewend om 'n ander godsdiens
           te bekeer nie.
           • Moslems is ook vir die SPLA gewerf.
           • Die voorskryf van Sharia-wet was dus nie die oorsaak van die konflik nie.
           • Daar is ook bewyse van binnegevegte in die SPLA kort nadat dit gevorm
           is. Die konflik is dus nie deur godsiens veroorsaak nie.
           • Daar is talle ander redes vir verdeeldheid (ekonomies, kultureel en
           stamverwant) wat selfs na die onafhanklikheid van Suid-Soedan voortgeduur
           het.
           • Religieuse organisaies soos die Islamic-RELIEF en die Katolieke
           Agentskap vir Oorsese Ontwikkeling voorsien humanitêre steun.
           • Dit sluit ook die herstel van skole en klinieke ,en voorsien kos en water.          (10)

5.4        NEE
           • Die mense wat by die burgerlike opstand in Soedan betrokke is, is almal
             Moslems.
           • Daar is geen godsdienstige oorheersing in Suid-Soedan nie en tog duur
             die konflik voort.
           • Die strydende partye in Suid-Soedan stel Christene, Moslems en animiste
             in gevaar.
           • Die skeuring is eerder stam- en ekonomieverwant as godsdiensverwant.
           • Godsdiens word meer dikwels beskou dat dit een party bo die ander
             bevoordeel.
           • Onder hierdie omstandighede het godsdiens geen invloed oor die politici
             nie.
           • Godsdiens maak staat op publieke skenkings //.
           • Godsdiens het baie beperkte befondsing.
           • Die beperkte befondsing bemoeilik die rol van godsdiens.
           • Dit strem ook hulle rol in enige poging om die strydende partye by
             vredesonderhandelinge te betrek.
           • Godsdienstige organisasies het nie die meganisme om ooreenkomste af
             te dwing nie, bv. 'n weermag.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                        16                                  DBE/2018
                                  SSE – Nasienriglyne

          JA
          • Godsdiens kan suksesvol wees as die betrokke partye in gesprek tree.
          • Daar is 'n groter kan op sukses:
             o As hulle mekaar respekteer.
             o As hulle mekaar verdra.
             o As godsdiens 'n hoë vlak van onpartydigheid toon.
             o Indien die betrokke partye die waarde van kompromie verstaan.
             o As strydende partye genoeg vertroue in die godsdienstige organisasie
               het.
             o As regerings godsdienstige organisasies finansieel kan steun.            (14)
                                                                                        [50]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-eng/b23b5881-3920-4e6d-aebe-f3622d683c4e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-afr/84727367-8a1a-4dcb-9c3c-dd1e8fa48a7a) — Religion Studies · QP · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr/eff61a9e-152f-4d57-a950-5b7ac4c33aec) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2018-memo-afr-1/5873b603-61df-4dbb-8982-56b1d9fb7428) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [REL STUDIES P2 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2018-final-memo-eng/7f33559c-6625-4fd2-998b-2d55bc6e11d8) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
