# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-afr/a5e180d6-a505-4fa3-ade1-e2bbfe57d951
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 5

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-afr/a5e180d6-a505-4fa3-ade1-e2bbfe57d951)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 RELIGIESTUDIES V2

                                          2021

                                                                     PUNTE: 150

                                                                       TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            2                              DBE/2021
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

2.        Beantwoord enige DRIE vrae.

3.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.        Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke
          vraag toegeken is.

7.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              3                                         DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 1

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               GESLAGSDISKRIMINASIE

Meokgo Matuba, die algemene sekretaris van die ANC se Vroueliga, het onlangs by
'n mediakonferensie gesê: 'Volgens 'n vyfjaarverslag deur die Hate Crimes Working
Group, is die groep waarteen die meeste in Suid-Afrika gediskrimineer word,
die lesbiër-, gay, biseksuele, transgender-, queer- en interseksuele (LGBTQI)+-
gemeenskap. 35% van alle haatmisdade word deur LGBTQI+-mense aangemeld. Dit
vind plaas ten spyte daarvan dat die beskerming van die LGBTQI+-gemeenskap se
regte in artikel 9 van die Konstitusie, wat diskriminasie gebaseer op geslag of seksuele
oriëntasie verbied, vasgelê is.'
                                                [Aangepas uit die Pretoria News, 6 Januarie 2020]

1.1       Bespreek kortliks die impak van diskriminasie op die LGBTQI+-gemeenskap.                    (10)

1.2       Waarom, dink jy, is daar soveel diskriminasie teen die LGBTQI+-
          gemeenskap?                                                                                 (14)

1.3       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
          leringe daarvan oor enige vorm van diskriminasie.                                           (14)

1.4       Bespreek praktiese strategieë wat die godsdienstige gemeenskap kan
          gebruik om die probleem van geslagsdiskriminasie te oorkom.                                 (12)
                                                                                                      [50]

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Leringe hou verband met oortuiging in die sin dat volgelinge geloof in 'n spesifieke
godsdiens sal hê omdat hulle 'n stel leringe aanvaar het wat hulle voel, waar is.
                                     [Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12, RD Donne et al.]

2.1       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, beantwoord die
          volgende:

          2.1.1       Bespreek die aard van die wêreld.                                               (10)

          2.1.2       Bespreek die aard van godheid.                                                  (10)

          2.1.3       Skryf VYF feite neer wat verduidelik wat hierdie godsdiens oor die
                      lewe na die dood verkondig.                                                     (10)

2.2       In die konteks van godsdiens, bespreek die rol van die volgende:

          2.2.1       Mondelinge tradisie                                                             (10)

          2.2.2       Kontemporêre inspirasie                                                         (10)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             4                                          DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Geen godsdiens is 'n soliede monolitiese eenheid nie. Almal het baie interne verskille
en het sedert hulle ontstaan sulke verskille gehad.

                                                  [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]

3.1       Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, beantwoord die
          volgende:

          3.1.1       Bespreek die historiese ontwikkeling van die vertakkings daarvan.               (12)

          3.1.2       Tabuleer die geloofsverskille van enige TWEE van die vertakkings
                      daarvan.                                                                        (12)

3.2       Noem en verduidelik enige DRIE hermeneutiese beginsels.                                     (12)

3.3       Bespreek die oorsprong van heilige tekste in enige EEN godsdiens.                           (14)
                                                                                                      [50]

VRAAG 4

4.1       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die moeilikhede tussen godsdiens en wetenskap het eers in die laaste vier
          eeue ontstaan. Die verhouding tussen hierdie twee maniere om die wêreld te
          beskou, het van hier af verder al hoe meer mededingend, selfs teenstrydig,
          geword.

                                                  [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]

          4.1.1       Verduidelik waarom Boeddhisme nie 'n probleem met Darwin se
                      evolusieleer het nie.                                                           (14)

          4.1.2       Bespreek die reaksie van enige EEN Abrahamitiese godsdiens op
                      die Oerknalteorie.                                                              (14)

4.2       Noem EEN sekulêre wêreldbeskouing en verduidelik die leringe daarvan.                       (12)

4.3       Bespreek die redes waarom sekularisme in die wêreld al hoe meer gewild
          word.                                                                                       (10)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             5                                           DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               GODSDIENS EN KONFLIK

Godsdienste is veronderstel om ons hoogste ideale en verwagtinge te verteenwoordig.
Jy sou dus dink dat godsdienste ons sou inspireer om vrede na te streef en om in
harmonie saam met ander te leef, maar die teenoorgestelde is waar omdat daar
bewyse van godsdienstige konflik in baie dele van die wêreld is.

                                      [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]

5.1       Noem EEN gebied, BUITE Afrika, waar verskillende godsdienste moontlik by
          gewapende konflik betrokke is.                                                             (2)

5.2       Met verwysing na die gebied wat jy geïdentifiseer het, beantwoord die
          volgende:

          5.2.1       Bespreek die geskiedenis van hierdie konflik breedvoerig.                      (16)

          5.2.2       Wat het die res van die wêreld gedoen om hierdie situasie te
                      hanteer?                                                                       (8)

          5.2.3       Brei uit oor die mate waartoe godsdiens betrokke is.                           (14)

5.3       Skryf VYF feite neer oor enige EEN INTRAGODSDIENSTIGE konflik (konflik
          binne 'n godsdiens).                                                                       (10)
                                                                                                     [50]

                                                                                     TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-eng/c97142c1-b5e2-407e-9102-d96b27a2aac2) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-eng/7b6e8007-17dc-4e06-a0dc-69ab90e5e666) — Religion Studies · Memo · 2021 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr/537eef21-b6e1-4cec-a2a5-9e28945bc3b9) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-eng/1ab07505-cfa7-4c8d-b503-3f7274f1230c) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr-1/7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2021-afr/94ed97b2-af85-4c73-a1c5-6528bd640854) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/8cfb248c-4aae-4b3a-8678-4c9e90e56db7) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-afrikaans/2380665d-edce-404e-b286-52c27e6794ad) — Memo · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2024-english/4e201f75-d35a-4b3c-a742-bec18d6a7f9e) — Memo · 2024 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2023-english/ab5c2709-1c46-4dd2-972f-2eb877a6c7ae) — Memo · 2023 · Eng
- [Religion Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2023-eng/92c60477-a030-41ed-a13a-813283d089fb) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
