# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-afr/5c022046-ca3d-4e10-b547-9a591182ac29
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-afr/5c022046-ca3d-4e10-b547-9a591182ac29)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                 NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                    RELIGIESTUDIES V2

                                            2021

                                     NASIENRIGLYNE

                                                                         PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           2                                     DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

1.1         Diskriminasie teen LGBTQI+ kan tot emosionele ontsteltenis,
             depressie,angs en self selfdood/selfmoord lei.
           Hulle voel dikwels gedruk om by die samelewing se konvensionele idees
             van man of vrouwees in te pas.
           Hulle leef saam die druk van bespotting, intimidasie en selfs fisiese
             misbruik.
           Hulle word geteister en misbruik by die skool, werk en in sosiale
             situasies.
           Woorde soos 'gay', 'lesbies' word as neerhalende terme gebruik.
           Baie verkies om hulle seksuele oriëntasie weg te steek.                           (10)
           Hulle voel ongemaklik in konserwatiewe/godsdienstige gemeenskappe.
          LET WEL: Enige relevante antwoord moet punte kry.

1.2         Die fundamentele rede is kulturele oriëntasie van die Afrika-samelewing.
            Dit is grootliks patriargaal (deur mans gedomineer).
            Dit is ook baie tradisioneel, met die man as die hoof van die huishouding
             en die vrou en kinders onder sy sorg.
           In so 'n samelewing is enige homoseksuele verhouding taboe.
           Die tweede basiese rede vir die diskriminasie teen LGBTQI+ is in
             godsdienstige oriëntasie vasgelê.
           Byvoorbeeld, volgens die ATG, is die enigste seksuele verhouding
             toelaatbaar, tussen man en vrou.
           Volgens die Abrahamitiese godsdienste, veral dié wat 'n literalistiese
             benadering tot die interpretasie van die normatiewe bronne het, is die
             enigste seksuele verhouding wat toegelaat word, tussen 'n man en vrou.
           Hulle redeneer dat God man en vrou geskep het en hulle geseën om
             voort te plant en die aarde te vul. Verhoudings van dieselfde geslag kan
             nie voortplant nie.
           Enige ander soort seksuele verhoudings word as sonde beskou.
           Beide kulturele en godsdienstige leringe dra direk tot die diskriminasie
             teen LGBTQI+ by.                                                                 (14)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

1.3       VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
           Die basis van die ATG is die konsep Ubuntu.
           Die verkondig dat 'umuntu ngumuntu ngabantu' wat beteken dat 'n mens
             deur ander mense 'n mens is.
           Ubuntu beklemtoon ook die konsep van 'gemeenskapsbehoeftes voor
             individuele behoeftes.'
           Daarom moet alle individuele rolle (bv. ouer, oudste, boer, onderwyser,
             ens.) altyd die gemeenskap eerste plaas, seksuele oriëntasie ingesluit.
           ATG verkondig dat mense wat anders is m.b.t. voorkoms, sosiale status
             of seksuele oriëntasie, almal gelyk behandel moet word.
           Mishandeling van hulle is provokasie van die voorvaders en minagting
             van die gemeenskap.
           Die konsep Ubuntu bevorder harmonie tussen mense, ongeag hulle
             agtergrond, oortuigings, taal, geslag, ens.

Kopiereg voorbehou                      .                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            3                                     DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

              ATG leer dat seksuele oriëntasie, soos ander waardes, iets is wat jy by
               die gemeenskap kan leer.
              Daar is mense binne die gemeenskap wie se taak dit is om jongmense te
               leer oor volwassenheid, seksuele oriëntasie ingesluit.

          VOORBEELD 2: BAHÁ'I-GELOOF
           Bahá'i's glo dat die mensdom een is, onder die genade van 'n
             allesliefhebbende Skepper.
           Die geloof van geen mens kan deur iemand behalwe homself
             gekondisioneer word nie. Niemand het die reg om ander te oordeel as
             gevolg van hulle seksuele oriëntasie nie.
           Die Bahá'i-godsdiens verkondig dat ons moet leer om saam te leef, met
             respek vir verskillende individue en groepe, elkeen binne hulle eie
             perspektief van die werklikheid.
           Ons moet sosiale en vreedsame orde bevorder/aanmoedig deur eenheid
             in diversiteit te kweek.
           Bahá'i's beskou die kwessie van homoseksualiteit as kompleks en
             ongewoon.
           Bahá'i's glo dat dit nie toepaslik is om homoseksuele persone oor sake
             met betrekking tot seksuele oriëntasie of oortuiging te forseer/dwing nie.
             Dit is van toepassing op alle mense wat andersdenkend is.
           Die Bahá'i-raamwerk van seksuele etiek is gewortel in die lering van
             Bahá'u'lláh, 'Die asem van die lewe op alle dinge wat geskep is, die
             'lamp' van God, wysheid en liefdevolle voorsiening moet gehandhaaf
             word'.
           Dit moedig mense van die Bahá'i-geloof aan om nie veroordelend te
             wees nie en ook om alle lewenstyle te aanvaar.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                 (14)

1.4         Alle godsdienstige gemeenskappe, ongeag hulle godsdienstige en
             kulturele affiliasies, moet diskriminasie teen LGBTQI+ veroordeel.
           Hulle moet hulle volgelinge leer dat alle mense, ongeag hulle seksuele
             oriëntasie, deur God geskep is.
           LGBTQI+ moet nie verbied word om met die godsdienstige gemeenskap
             en godsdienstige organisasies om te gaan nie.
           In elke sosiale struktuur moet daar geskikte geslagsverteenwoordiging
             wees.
           Die godsdienstige gemeenskap moet gemeenskapbyeenkomste
             organiseer waar hulle mense oor die probleem van diskriminasie oplei.
           Hulle moet opgelei word oor moontlike faktore wat seksuele oriëntasie
             beïnvloed.
           Die godsdienstige gemeenskap moet verantwoordelikheid neem vir of
             verslag doen oor enige diskriminasie wat in hulle gemeenskap plaasvind,
             by wetstoepassingsagentskappe.
           Godsdienstige leiers moet met diverse groepe kontak hê, die LGBTQI+-
             gemeenskap ingesluit.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                 (12)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                       .                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             4                                        DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2

2.1       2.1.1       VOORBEELD 1: ISLAM
                       Volgens die Koran het Allah die heelal in ses fases geskep.
                       Allah verskaf ook die energie wat alles in die heelal nodig het
                         vir oorlewing en groei.
                       Die bestaan van die heelal is nie toevallig nie en die lewe is
                         nie doelloos nie, maar wel beplan en doelgerig.
                       Die heelal, wat mettertyd geskep is, is nie ewigdurend nie,
                         maar het 'n vaste tydsduur.
                       Aangesien slegs Allah ewigdurend is, sou dit beteken dat
                         geloof die skepping ewigdurend is, aan die Skepper gelyk
                         gestel word.
                       Dit is 'n groot sonde (shirk).
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                         (10)

          2.1.2         Die Moslem se begrip van godheid word essensieel deur die
                         Koran gevorm.
                       Islam glo aan 'n universele God genoem Allah.
                       Geloof in eenheid van Allah is die fondasie van Islam.
                       Allah het ander titels wat Sy eienskappe weerspieël.
                       Hy is die Skepper (Khaliq) en Stigter (Badi) van die heelal, en
                         gaan voort om nuwe vorme van lewe te skep en om die hele
                         Skepping te volhou.                                                       (10)
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

          2.1.3          Volgens Islam eindig die lewe nie met die dood nie, dit gaan
                          na die graf voort.
                         Diegene wat sterf betree 'n nuwe fase, genoem barzakh, waar
                          hulle bly tot die Opstandingsdag.
                         In hierdie fase (barzakh), is die siel óf in 'n toestand van
                          tevredenheid óf marteling.
                         Op die Opstandingsdag sal alle mense deur Allah geroep word
                          om rekenskap van julle lewens op aarde te gee.
                         Op die Oordeelsdag sal diegene wat aan Allah glo en voldoen
                          het aan hulle verpligtinge aan die Skepper en die mensdom,
                          beloon word.
                         Hulle sal in die paradys toegelaat word (jannah).
                         Diegene wat die bestaan van Allah ontken het, sal gestraf
                          word en hel toe gaan (jahannam).
                         Die dood is nie die einde van die lewe nie, dis net 'n fase in die
                          lewensreis van die mensdom.                                              (10)

Kopiereg voorbehou                         .                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             5                                       DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

          2.1.1       VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
                       Die heelal het nie skielik begin nie, en sal ook nie skielik eindig
                         nie.
                       Die heelal gaan deur herhalende fases van manifestasie en
                         verdwyning.
                       Die heelal manifesteer as Brahma uitasem en verdwyn as hy
                         inasem.
                       Die passiewe toestand is 'n toestand van rus wanneer niks
                         gebeur nie.
                       In rus het die heelal geen vorm nie en is ongedifferensieerd.
                       Na 'n lang ruk roer die Skepper en raak weer aktief. Dit is
                         wanneer party dele van die heelal anders as ander dele is en
                         'skepping' begin.                                                        (10)

          2.1.2          Dit is 'n wanopvatting dat Hindoes baie gode het.
                         Geloof in een God is die sentrale lering van die Hindoes se
                          wêreldbeskouing.
                         Die Rig Veda sê: 'Truth (God) is one, sages call it by various
                          names (Waarheid [God] is een, wysgeërs gee dit verskeie
                          name).'
                         Die hoogste konsep van God in Hindoeïsme is Brahman.
                         Brahman is oral en is die bron van bestaan.
                         In wese kan Brahman nie beskryf word nie.
                         Alhoewel dit die hoogste ideaal is, verklaar Hindoeïsme dat
                          God ook in gegradeerde fases ervaar kan word, volgens die
                          geestelike ontwikkeling van die aanbidder.
                         Die eerste vlak van ervaring van God onder Brahman is
                          Ishwara, die vormlose God.
                         Ishwara is oral.
                         Ishwara neem die vorms van die volgende gode aan: Brahma
                          vir skepping, Shiva vir vernietiging en Vishnu vir bewaring.            (10)

          2.1.3         Mense is vasgevang in die siklus van geboorte en
                         hergeboorte, bekend as Samsara.
                       Wanneer 'n mens sterf, word die siel weer gebore
                         (gereïnkarneer) in 'n ander liggaam.
                       Die geestelike doel van mense is om die siel van voortdurende
                         hergeboorte te bevry.
                       Die siel kan bevry word sodra dit eenheid met Brahma verkry.
                       Die siel kan slegs waarlik gelukkig wees wanneer hierdie
                         bevryding deur geestelike weë (jogas) bekom is.
                       Hierdie bevryding word moksha genoem.
                      LET WEL: Enige VYF relevante feite moet aanvaar word.                       (10)

Kopiereg voorbehou                         .                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             6                                     DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

2.2       2.2.1         Mondelinge tradisie dien as 'n doeltreffende manier om die
                         oorspronklike boodskap van een generasie tot die volgende
                         aan te gee.
                       Party godsdienste plaas meer klem op mondelinge tradisie as
                         op hulle heilige tekste.
                       Mondelinge tradisie speel steeds 'n belangrike rol in sommige
                         godsdienste, bv. Afrika Tradisionele Godsdiens.
                       Mondelinge tradisie kan parallel met geskrewe tekste loop en
                         dit aanvul.
                       Mondelinge tradisie verskaf meer duidelikheid as geskrewe
                         teks as gevolg van die narratiewe styl daarvan.
                       Die ketting van storievertellers is ook belangrik aangesien dit
                         tot die Bron lei.
                       Mondelinge tradisie weerspieël plaaslike dialek en kultuur.
                         Daarom word dit makliker verstaan in elke kultuur.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                                                                                                (10)

          2.2.2         Kontemporêre inspirasie verwys na goddelike inspirasie wat
                         steeds vandag plaasvind.
                       Dit verskil van die inspirasie van die stigters van die groot
                         godsdienste, aangesien hierdie inspirasie dikwels as heilige
                         geskrifte aangeteken is.
                       Dit was spesifieke inspirasie om individue (profete/
                         boodskappers) te kies.
                       Die jongste inspirasie wat as heilige geskrif aangeteken is, is
                         dié van Baha'u'llah (19de eeu).
                       Daar is geen spesiale voorwaardes vir kontemporêre
                         inspirasie nie: geen nuwe heilige geskrifte word geproduseer
                         nie.
                       Die gevolg is dat kontemporêre inspirasie algemeen in die
                         hedendaagse samelewing geword het.
                       Dit is waarom baie nuwe kerkverbande gevorm word.
                       'n Voorbeeld hiervan is die Christelike godsdiens, waar interne
                         verskille aan die toeneem is.
                       In die Afrika Tradisionele Godsdiens, is kontemporêre
                         inspirasie nie verskillend/anders as inspirasie van die verlede
                         nie. Daarom dra dit nie by tot interne verskille nie.
                       Dit is omdat sjamane en waarsêers (sangomas) vandag, soos
                         in die verlede, bestaan.
                       As gevolg van kontemporêre inspirasie kom verskeie
                         onderafdelings en wêreldbeskouings in alle godsdienste na
                         vore.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                                                                                                (10)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                        .                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             7                                      DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1       3.1.1       LET WEL: In 3.1.1 en 3.1.2 word ‘n MAKSIMUM van AGT punte
                      toegeken indien die kandidaat slegs EEN vertakking bespreek.

                      VOORBEELD 1: ISLAM
                       Die Soenni-Sjia-skeuring het in 632 AE(HJ) na die dood van
                         die Profeet Muhammad begin ontstaan.
                       'n Debat het gevolg oor wie die Profeet se opvolger sou wees.
                       Die meerderheid van die volgelinge het geglo dat Abu Bakr,
                         die Profeet se skoonvader, 'n opvolger of kalief moes wees.
                         Hulle het as 'Soenni's' bekend geword.
                       'n Klein groepie het geglo dat die Profeet se skoonseun, Ali ibn
                         Talib, die eerste kalief moes wees. Hulle het as die 'Sjia'
                         (partisaan of aparte party) bekend geword.
                       Alhoewel dit 'n politieke verskil was, het die onenigheid oor die
                         interpretasie van sekere Hadith (leringe van die Profeet) en
                         wette vererger.
                       Die meeste Soenni's aanvaar die Hadith-versamelings van
                         Imam Bukhari.
                       Die Sjia heg ook waarde aan die Hadith wat deur die familie
                         van Profeet Muhammad (Ahl al Bayt) verhaal (beskryf) word.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                       (12)

          3.1.2               SOENNI-ISLAM                    SJIA-ISLAM
                        Profeet Muhammad.             Die Hadith beskryf deur die
                        Die Hadith beskryf deur die    metgeselle van die Profeet
                          metgeselle van die Profeet    is van minder belang as dit
                          is van ewe veel belang as     wat deur sy familielede
                          dit wat deur sy familielede   beskryf word.
                          beskryf word.                Die Sjia volg slegs die
                        Die Soenni glo dat al die      leringe en opinies van 'n
                          leringe wat in die Boeke      lewende geleerde.
                          van Hadith vervat is, ewe    Hulle glo dat die laaste
                          belangrik is.                 kalief uit die Profeet se
                        Soenni's volg die leringe      familie in 'n grot versteek is
                          van leermeesters van die      en eendag as leier sal
                          7de en 8ste eeue.             herverskyn. Daar word na
                        Soenni's aanvaar nie dat 'n    hom as 'Imam' verwys.
                          kalief uitsluitlik uit die
                          Profeet se familie moet
                          kom nie.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                       (12)

Kopiereg voorbehou                        .                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              8                                            DBE/2021
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

          3.1.1       VOORBEELD 2: JUDAÏSME
                       Judaïsme is in drie hoofgroepe ingedeel: Ortodokse,
                         Konserwatiewe en Hervormde Judaïsme.
                       Die interne verskille is veroorsaak deur interpretasieverskille
                         t.o.v. leringe en oortuigings.
                       Ortodokse Jode aanvaar die hele Tora, beide geskrewe
                         (Pentateug) en mondeling (Talmoed), soos deur God self
                         onthul.
                       Hervormde Judaïsme het sy oorsprong in Duitsland waar talle
                         Jode gevoel het dat hulle by 'n veranderende wêreld moes
                         aanpas en sommige van die leringe en oortuigings van
                         Ortodokse Jode verwerp het.
                       Hierdie groep glo nie dat die Messias hulle na die Heilige Land
                         Palestina sal lei nie.
                       Hulle beskou nie Palestina as hulle tuisland nie.
                       Konserwatiewe Judaïsme het ontstaan as gevolg van 'n
                         verwerping van die Hervormde beweging.
                       Konserwatiewe Jode verwerp ook baie praktyke van die
                         Ortodokse groep as nie-essensieel, soos die gebedskissie.                      (12)

          3.1.2            ORTODOKSE               KONSERWATIEWE               HERVORMDE
                            JUDAÏSME                  JUDAÏSME                  JUDAÏSME
                          Hulle glo die              Hulle glo dat die      Hulle glo dat die
                           Tora is goddelik            Tora deur God           Tora oor tyd deur
                           en gesag-                   gegee is deur           mense geskryf
                           hebbend.                    idees waaroor           is.
                          Ortodokse Jode              mense                  Hulle glo nie dat
                           glo in streng               gemediteer het.         halakhah
                           waarneming van             Hulle glo dat die       bindend is nie.
                           die geskrewe en             wet aangepas           Hulle glo dat alle
                           mondelinge                  moet word om by         Jode, manlik en
                           Tora.                       moderne tye te          vroulik, gelyk is.
                          Hulle glo dat die           pas.                   Hulle ondersteun
                           Joodse wet                 Hulle glo aan           die beginsel van
                           (halakhah)                  Rabbiniese              Tikkun Olam, die
                           streng nagekom              Judaïsme wat die        nastreef van
                           moet word.                  Tora die oë en          sosiale
                          Hulle glo dat 'n            leringe van             geregtigheid.
                           man verbied                 Rabbi's beskou.
                           word om aan sy             Hulle glo dat
                           vrou te raak                party van die
                           terwyl sy                   voorskrifte van
                           menstrueer                  die Tora bloot
                           totdat sy 'n                kultuur en nie
                           ritueel, Mikvah,            goddelik is nie.
                           na 12 dae
                           uitvoer (Taharat
                           Hamishpacha).
                          Hulle glo aan
                           Kasjroet
                           (spyswette).                                                                 (12)

Kopiereg voorbehou                             .                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           9                                    DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

3.2         Grammatiese en historiese konteks:
            Dit beteken jy moet die grammatikareëls en die historiese feite gebruik
             om 'n teks te interpreteer.
           Duidelikste betekenis:
           Jy moet die letterlike betekenis van die teks in ag neem en dan ander
             moontlike interpretasies oorweeg.
           Plan, doel en konteks:
           'n Skryfstuk moet as 'n geheel beskou word. Wat is die skryfplan of
             struktuur? Wat was die skrywer se doel met die skryf van die teks?
             Wat is die konteks van die stuk wat bestudeer word?
           Figuurlike betekenis:
           Party heilige tekste is hoogs figuurlik, en dit moet in aanmerking geneem
             word.
           Ander heilige tekste:
           Heilige tekste self kan gebruik word om ander heilige tekste te
             interpreteer.                                                                   (12)
           Betekenis van woorde
           Woorde se betekenis verander oor tyd. Die oorspronklike betekenis van
             die woorde moet toegepas word in die interpretasie van die teks.
          LET WEL: Enige DRIE van die bogenoemde mag gekrediteer word

3.3       VOORBEELD 1: HINDOEÏSME
           Die Vedas het in Antieke Indië onstaan.
           Die Vedas vorm deel van die hoof skriftuurlike bronne vir Hindoes.
           Baie Hindoes glo dat die Vedas nie werklik deur enigiemand, Ishvara
             ingesluit, geskryf is nie.
           Historici beraam dat dit tussen 2500 en 500 VHJ neergeskryf is.
           Die Vedas is deur die groot wysgeer of wyse man, Krishna Dwipayana,
             saamgestel.
           Die doel was om 'n gestandaardiseerde weergawe van Hindoe-leringe vir
             alle Hindoe-volgelinge saam te stel.
           Krishna Dwipayana het al die mondelinge leringe, wat deur die Rishis en
             die onderwysers en studente aangegee is, ingesamel.
           Hy het dit in vier standaard-versamelings of boeke, die Rigveda,
             Yajurveda, Samaveda en die Atharaveda, saamgestel.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

          VOORBEELD 2:ISLAM
           Moslems glo dat Allah Sy finale boodskap vir die mensdom deur die
             aartsengel Gabriël aan die Profeet Muhammad gegee het.
           Die Profeet kon nie lees of skryf nie, so hy het die openbaringe
             mondelings met sy volgelinge gedeel.
           Die volgelinge van Muhammad het die openbaringe neergeskryf.
           Die teks wat al hierdie openbaringe bevat, staan as die Koran bekend.
           Die Koran word dus as die Woord van God beskou.
           Die Koran is oor 'n tydperk van 23 jaar aan die Profeet Muhammad
             geopenbaar.
           Net voor hy gesterf het, het die Profeet die hele Koran uit die hoof
             opgesê.

Kopiereg voorbehou                      .                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            10                                     DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

              Die Woord van God is in Arabies aan die Profeet geopenbaar en baie
               Moslems glo dat die Koran nie vertaal kan word sonder om van die
               betekenis daarvan te verloor nie.
              Die ander heilige teks in Islam is die boeke van Hadith.
              Dit is die samestellings van die leringe en praktyke van die Profeet.
              Die Hadith brei uit oor Koraniese opdragte/bevele en dien as 'n praktiese
               riglyn vir Moslems.
              Die samestelling van die Hadith wat die grootste erkenning kry is
               'Bukhari'.                                                                       (14)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                       .                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            11                                     DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4
4.1    4.1.1     Baie Boeddhiste redeneer dat Darwin se evolusieleer en
                  Boeddhisme in ooreenstemming met mekaar is.
              Boeddhisme kan egter nie rekenskap gee vir skepping soos Darwin
                  se teorie nie.
              Boeddhiste gee nie om wat wetenskaplikes sê oor hoe die heelal en
                  mense ontstaan het nie.
              Hulle heg egter besondere waarde aan die menslike bestaan
              Darwin doen dit nie. Hy sien die mens as familie van die ape.
              Boeddhiste glo dat alle lewe konstante transformasie en evolusie
                  ondergaan.
              Dit is in lyn met Darwin se teorie.
              Boeddhiste het lank voor Westerse wetenskaplikes in evolusie geglo.
              Boeddhiste glo aan die kontinuïteit van alle lewende wesens. Darwin
                  praat van die onderlinge verband tussen lewende dinge.
              Boeddhiste het daarom geen probleem met die idee dat mense uit
                  meer primitiewe vorms ontwikkel het nie.                                      (14)
             LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
              Indien die kandidaat slegs EEN aspek beantwoord, word 'n
             MAKSIMUM van AGT punte toegeken.
       4.1.2 JUDAÏSME/CHRISTELIKE GODSDIENS/ISLAM
              Die Skepper is 'n manlike Opperwese maar die Oerknalteorie erken
                  nie enige goddelike wese nie.
              Aan die begin het slegs die Skepper bestaan en Hy het die heelal
                  gemaak deur eenvoudig die bevel te gee. Daar was geen Oerknal
                  nie.
              Die heelal is apart van die Skepper.
              Hy het die heelal binne ses dae as deel van Sy goddelike plan vir die
                  mensdom geskep.
              Op die sesde dag het Hy Adam en Eva geskep en hulle geseën om
                  voort te plant en die aarde te vul.
              Dit verskil van die wetenskaplike beskouing wat beweer dat die
                  heelal binne 'n oomblik ontstaan het.
              Die boek Genesis, verklaar dat die heelal deur die krag van Sy
                  woord geskep is. Die heelal het nie toevallig ontstaan soos wat die
                  wetenskap beweer nie.
              Die heelal is perfek geskep, mense ingesluit. Daar was nie 'n groot
                  ontploffing of evolusie van verskillende spesies nie.
              God het ook die diere en ander wesens geskep.
              Die heelal wat ons sien, sal deur iets perfek na die Oordeelsdag
                  vervang word.
              Die uiteindelike bestemming van die heelal is 'n kwessie waaroor
                  daar baie wetenskaplike debatte is.
                  Sekere gelowige persone aanvaar die Oerknaltoërie, veral
                     wanneer hulle uit 'n liberale/figuurlike benadering heilige skrifte
                     interpreter                                                                (14)

                       LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

Kopiereg voorbehou                       .                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            12                                      DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

4.2       VOORBEELD 1:
           AGNOSTISISME
           Hierdie term is in 1869 die eerste keer deur 'n filosoof, TH Huxley,
             gebruik.
           Darwin se teorie van menslike evolusie het teen hierdie tyd die idee van
             'n Opperwese/Skepper betwis.
           Agnostici glo dat dit onmoontlik is om die bestaan van God of 'n
             bonatuurlike wese te bewys of nie.
           Agnostisisme kom van die Grieks, 'a', wat beteken 'sonder' en 'gnosis'
             wat 'kennis' beteken.
           Dit verwys na onsekerheid oor kennis van God.
           Agnostici is skepties oor godsdienstige leringe/oortuiginge.
           Hulle verwerp godsdienstige doktrines/leerstellings, veral godsdienste
             wat daarop aanspraak maak dat hulle geestelike kennis het.

          VOORBEELD 2:
           ATEÏSME
           Ateïste verwerp die geloof dat goddelike of bonatuurlike magte bestaan.
           Daar is verskillende grade van ateïsme.
           Sagte of neutrale ateïste verwerp nie die bestaan van 'n bonatuurlike
             wese aktief nie.
           Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese sienings
             te steun.
           In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk ateïsme.
           Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings van bewyse afhang
             om hulle aansprake te steun.
           Ateïste wend hulle dikwels tot die wetenskap om die aard van die heelal
             te verduidelik eerder as om op geloof staat te maak.                                (12)

4.3           Sekularisme verwys na 'n magskeiding tussen die staat en godsdiens.
              Dit ontstaan uit die godsdienstige oorloë in die 16de eeu in Europa.
              Verstedeliking, industrialisasie en rasionalisasie het almal godsdienstige
               instansies verswak.
              Die geloof dat die menslike intellek genoeg is om die samelewing te
               regeer, is gewild (humanisme) en maak sekularisme gewild.
              Dit het die samelewing asook individue beïnvloed.
              Sekularisme bevorder 'n gevoel van selfontwikkeling en onafhanklike
               denke in die moderne samelewing.
              Onlangse vooruitgang (bv. kloning, geneties gemodifiseerde organismes)
               in wetenskaplike denke, dra ook by want hulle bevraagteken
               godsdienstige leringe.
              Dit het gelei tot ‘n vermindering van die invloed van religie
              Die terreine van gesondheid, onderwys, welsyn, ekonomie en die regte
               steun nie meer op godsdienstige waardes nie, dit steun op wetenskaplike
               bewyse en menslike intellek.                                                      (10)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                        .                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           13                                    DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5

5.1       VOORBEELD 1
           Mianmar                                                                           (2)

5.2.1       Mianmar het 'n geskiedenis van die vervolging van Moslems, wat 'n klein
             minderheid in die land vorm.
           Die groot meerderheid van die mense is Boeddhisties.
           Die regering word sterk deur Boeddhistiese monnike beïnvloed.
           Die grootste groep Moslems in die land is die Rohingya.
           Hulle het hulle eie taal en kultuur.
           Hulle maak daarop aanspraak dat hulle afstammelinge van Arabiese
             handelaars en ander groepe is en woon al vir baie geslagte in die streek.
           Die Boeddhistiese regering ontsê die Rohingya burgerskap.
           Die Rohingya is ook uit 'n sensus in 2014 uitgesluit, die regering het dus
             geweier om hulle as 'n aparte groep mense te erken.
           Duisende Rohingya het in die laaste paar jaar, voor die militêre aanval,
             uit Mianmar gevlug.
           Hulle het gegaan as gevolg van gemeenskapsgeweld en misbruik deur
             veiligheidsmagte. Rohingya-strydlustiges het in Augustus 2017 meer as
             30 polisiestasies aangeval in weerwraak vir misbruike deur die polisie.
           In reaksie hierop het troepe, vergesel deur Boeddhistiese bendes, het in
             Augustus 2017 met alle mag 'n vervolging van die Rohingya begin.
           Ten minste 288 Rohingya-dorpies is afgebrand, honderde is afgemaai,
             vroue en kinders is verkrag.
           Die meerderheid vlugtelinge is in VNHKV-kampe in Bangladesj.                      (16)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

5.2.2       Amnestie Internasionaal en die VNHKV gaan voort met hulle ondersoeke
             na die wreedhede/gruweldade.
           Internasionale druk word op Mianmar geplaas (bv. protesoptogte in
             Pakistan, Indië, Thailand, Indonesië en Bangladesj).
           Die VN se Veiligheidsraad, China, Rusland en die VSA is gekant teen
             volle sanksies teen die Mianmar-regering.
           Bangladesj is besig met onderhandelinge vir die terugkeer van die
             vlugtelinge, maar die Rohingya sal slegs terugkeer indien hulle
             burgerregte gewaarborg word.
           Die Mianmar-regering word in die Internasionale Strafgeregshof van
             volksmoord aangekla (hofsaak deur Gambië).
           Amptenare van die Mianmar-regering word aangekla van growwe
             menseregteskendings. Hierdie saak is voor die Internasionale Strafhof
             (ICC).
           Lande soos Bangladesj, Indonesië, Indië en Gambië het groot getalle
             vlugtelinge ingeneem.
           Humanitêre hulp vanaf VNHKV word na hierdie lande verhoog.                        (8)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

Kopiereg voorbehou                      .                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            14                                      DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

5.2.3       Die Rohingya is 'n etniese minderheidsgroep wat ook die identiteit van
             hulle godsdiens, wat Soenni-Islam is, het.
           Mianmar self is oorwegend 'n Boeddhistiese staat.
           Mianmar het 'n lang geskiedenis van geweld teen Moslems.
           Godsdiens speel 'n sentrale rol in hierdie situasie.
           Die aanvalle word deur Boeddhiste teen die Rohingya gelei.
           Die Boeddhistiese meerderheid is baie ondersteunend van die regering
             se aksies teen die Rohingya. Daar is geen godsdienstige protesaksie om
             die wreedhede veroordeel nie.
           Alhoewel Boeddhisme oor vrede en liefde verkondig, praktiseer die
             volgelinge haat en godsdienstige oppermagtigheid. Dit word grootliks
             deur die monnike aangemoedig.
           Pous Francis het Mianmar besoek maar nie die regering vir hulle growwe
             menseregteskendings gekritiseer nie.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                   (14)

5.1       VOORBEELD 2
           Israel-Palestina                                                                     (2)

5.2.1       Die voortslepende konflik het in 1948 met die stigting van Israel begin.
            Onversetlike Israeli's en Sioniste het verklaar dat, volgens hulle geskrifte,
             Palestina na regte aan die Jode behoort.
           Hierdie aanspraak is deur die Palestyne, asook vele Joodse
             organisasies verwerp, party Ortodokse Jode ingesluit.
           Die land Israel is heilig vir Jode, Christene en Moslems.
           Die al Aqsa-moskee in Jerusalem is Islam se derde heiligste terrein.
           Jerusalem is ook heilig vir Christene want dit is waar Christus gekruisig
             is.
           Jode beskou Jerusalem as die ligging van die Tempelberg/Tempel van
             Salomo.
           Al hierdie terreine het lank voor die skep van die staat Israel bestaan en
             is regdeur die geskiedenis deur verskeie stamme beset.
           Die Jode en Palestyne veg vir beheer oor die land en hulpbronne.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                   (16)

5.2.2         Verskeie VN-resolusies wat die besetting veroordeel, is uitgevaardig.
              Israel gaan egter voort om die VN-resolusies te minag en bou nog
               nedersettings op Palestynse grond.
              Amerika het voortdurend enige VN-resolusie oor die veroordeling van
               Israel se besetting van Palestynse grond geveto.
              Daar is sporadiese aanvalle op beide Palestyne en Jode.
              Die Amerikaanse president, Donald Trump, het in 2019 verklaar dat
               Amerika Jerusalem as die hoofstad van Israel erken.
              Dit het die konflik tussen die Israeli's en Palestyne laat opvlam.
              Die meeste van die wêreld aanvaar nie Trump se verklaring nie.
              Die VSA het in September 2020 as tussenpersoon in 'n
               vredesonderhandeling met sommige Arabiese state (soos Bahrain en die
               VAE) en Israel opgetree, waar Israel ingestem het om nie nuwe
               nedersettings op Palestynse grond te bou nie.
Kopiereg voorbehou                        .                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           15                                   DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

            Israel sal dan diplomatieke erkenning by hierdie Arabiese state kry.
            Dit ondermyn die boikot van Israel, en verswak die Palestynse saak. Dit
             het die geweld verder aangeblaas.
           Duisende Palestynse vlugtelinge regdeur die wêreld wag steeds om na
             hulle land terug te keer (reg tot terugkeer).
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                               (8)

5.2.3       Die streek bevat Moslems en Christene wat in Palestina woon, en Jode
             wat in Israel woon.
           Godsdiens speel egter nie 'n groot rol in hierdie konflik nie.
           Die konflik gaan oor die onwettige besetting van Palestynse grond
             (verskeie VN-resolusies kritiseer die Israeli-besetting).
           Israel beheer toegang tot Moslem- en Christelike heilige terreine streng.
           Dit lei tot verhoogde godsdienstige spanning.
           Godsdiens word deur fanatici gebruik as 'n verskoning vir die konflik.
           Daar is geen poging deur enige kant om mense na hulle geloof te bekeer
             nie.
           Die voortslepende besetting van Palestynse grond deur Jode (Joodse
             setlaars) is 'n groot faktor in die konflik.
           Die bou van onwettige nedersettings op hierdie grond is ook 'n groot
             faktor.
           Moslem-gemeenskappe regdeur die wêreld ondersteun die Palestynse
             saak.
           Selfs die Ortodokse Kerk het al bemiddel, maar tevergeefs.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
                                                                                             (14)

Kopiereg voorbehou                      .                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           16                                   DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

5.3       VOORBEELD 1: IRAK
           Irak is 'n olie-ryke land wat se bevolking uit Koerdiese Moslems in die
             noorde, Soenni-Moslems in die middel en Sjia-Moslems in die suide
             bestaan.
           Die Koerde (PKK) het vir hulle eie tuisland begin veg, beide met Irak en
             Turkye.
           Polities word die Soenni-Moslems met Saoedi-Arabië vereenselwig.
           Die Sjia, weer, word sterk deur Iran beïnvloed.
           Terwyl Saddam Hoesein in Irak die mag gehad het, het hy 'n sekulêre
             regering gelei wat grootliks politieke stabiliteit en godsdienstige
             verdraagsaamheid in die land gehandhaaf het. Hy is egter van
             wreedhede teen die Sjia en die Koerde beskuldig.
           Die 2003 Amerikaanse inval van Irak het tot die ontseteling van Saddam
             Hoesein gelei.
           Dit het tot politieke onrus en die aanstel van 'n korrupte regering gelei.
           Stam- en godsdienstige verskille het weer kop uitgesteek.
           'n Ekstreme Soenni-sekte, genoem ISIL/ISIS, het ontwikkel wat
             verskriklike wreedhede teen beide Moslems en nie-Moslems gepleeg het.
           Irak is steeds gewikkel in sektariese oorloë en korrupsie.

          VOORBEELD 2: NOORD-IERLAND
           Noord-Ierland is konstitusioneel deel van die Verenigde Koninkryk.
           Die bevolking is grootliks Katoliek, terwyl Brittanje Protestants is.
           Die Katolieke van Noord-Ierland veg al dekades vir politieke
             onafhanklikheid van die VK en vir eenheid met die Republiek van Ierland.
           Protestante in Noord-Ierland staan dit teë.
           Dit het in 'n lang, bloedige burgeroorlog tussen die Katolieke (IRL) en die
             Protestante, deur die Britse militêre magte ondersteun, ontaard.
           Alhoewel vredesverdrae geteken is, ontplof sektariese geweld steeds
             elke nou en dan.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                              (10)

                                                                                            [50]

                                                                             TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-eng/7b6e8007-17dc-4e06-a0dc-69ab90e5e666) — Religion Studies · Memo · 2021 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-eng/c97142c1-b5e2-407e-9102-d96b27a2aac2) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-eng/b23b5881-3920-4e6d-aebe-f3622d683c4e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr/537eef21-b6e1-4cec-a2a5-9e28945bc3b9) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-eng/1ab07505-cfa7-4c8d-b503-3f7274f1230c) — Religion Studies · QP · 2021 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2021-afr-1/7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102) — Religion Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
