# Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2022-mg-afr/4ac1c8a1-2bae-420f-b99b-02dc75a00f7e
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2022-mg-afr/4ac1c8a1-2bae-420f-b99b-02dc75a00f7e)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  RELIGIESTUDIES V2

                                           2022

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            2                                     DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

1.1          Morele agteruitgang impliseer die verswakking/vermindering of verlaging
              van morele standaarde by 'n persoon of veral 'n gegewe groep mense,
              gemeenskap of samelewing.
          Voorbeelde:
           As 'n kind daarvan getuie is dat sy ouers vulgêre taal tuis gebruik, sal die
              kind leer om dieselfde te doen.
           Baie politieke leiers is moreel bankrot. Daarom neem hulle deel aan
              misdadige aktiwiteite sonder dat hulle gestraf word.
           Hierdie korrupte leiers word deur lojale ondersteuners tot magsposisies
              verkies.
           Politieke korrupsie lei tot hoë misdaadsvlakke en gevolglike armoede.
           Godsdiensleiers self bedrieg mense en buit die kwesbare lede van die
              samelewing uit.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘n Maksimum
          van SES punte mag toegeken word as geen verduideliking van morele
          agteruitgang gegee word nie.                                                           (8)

1.2         Moraliteit is nie meer die standaard van uitnemendheid in die samelewing
             nie, want morele agteruitgang verander kulturele en sosiale norme. Dit
             laat dit lyk asof immorele gedrag aanvaarbaar is.
           Dit bevorder openbare aanvaarding van geweld en regverdig
             diskriminasie en ongeregtigheid.
           Die samelewing raak minder sensitief vir die pyn en hartseer wat deur
             morele agteruitgang veroorsaak word.
           Die politiek het vuil geword; politici het 'n gebrek aan morele beginsels.
             Dit is so algemeen dat wetsgehoorsame, moreel opregte mense wegbly
             van die politiek af.
           Morele agteruitgang beperk geleenthede vir sosiale ontwikkeling en lei tot
             die verval van die samelewing.
           Die publiek verloor vertroue in regeringstrukture soos die polisie. Dit gee
             aanleiding tot 'n styging in boendoegeregtigheid ('vigilantism').
           'n Korrupte samelewing lok nie buitelandse belegging nie. Dit lei tot
             werksverlies.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                   (12)

1.3       VOORBEELD 1: ISLAM
           Volgens die heilige Koran is die fundamentele oorsaak van alle boosheid
             'n gebrek aan taqwa (Godsbewustheid).
           Verpligte rituele soos salaat (gebed), vas en pelgrimstogte help almal om
             jou vlak van Godsbewustheid te versterk.
           Dit bou weer sterk sedes en voorkom dat 'n persoon kwaad doen.
           Die Koran verkondig dat salaat 'n individu van die pleeg van
             sonde/kwaad red deur sy/haar vlakke van Godsbewustheid te verhoog.
             (Sura 29:45)
           Islam leer ons dat ons vir die hele mensdom moet goed doen. Die Koran
             verklaar, 'Enjoin what is good, and forbid what is evil.' (Moedig wat goed
             is, aan en verbied dit wat boos is.') (Sura 3:104; 9:71)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            3                                      DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

            Hierdie opdrag vereis nie net dat elke Moslem moet goed doen en hulle
             van kwaad doen moet weerhou nie, dit beveel dat elke Moslem ander
             mense moet aanmoedig om dieselfde te doen.
           Dit sal tot 'n moreel opregte samelewing lei.
           Islam plaas groot klem op die gesinseenheid want dit is die boublok van
             die samelewing.
           Aktiwiteite wat 'n gesin kan vernietig, word swaar gestraf (bv. owerspel,
             ontug pleeg en middelmisbruik word streng verbied).
           Die ideale Islamitiese gesin begin met die huwelik van 'n gelowige man
             en 'n aanpasbare gelowige vrou en loop uit op die grootmaak van
             gelowige kinders (Sura 4:35).
           Gelowiges is verantwoordelik daarvoor om hard te streef om hulleself en
             hulle gesinne te beskerm teen die verbreking van enige en alle grense
             van menslike gedrag soos deur Allah beveel (Sura 66:7).
           Istighfar (Berou) is die uiterste Islamitiese skerm teen morele
             agteruitgang. As 'n persoon gesondig het, is hy verseker dat God dikwels
             vergewend en genadig is ('oft forgiving, merciful'), sodat die sondaar nooit
             hoop verloor en homself sal verlos nie.
                                                                                                  (16)
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.

          VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
           Volgens ATR word morele agteruitgang in terme van die konsep 'Ubuntu'
              veroordeel.
           ATR verkondig dat 'Umuntu ngumuntu ngabantu'.
           Dit bevorder wedersydse liefde en respek onder individue, families en
              gemeenskappe oor die algemeen.
           Dit beteken dat volgens ATR daar geen ruimte vir korrupsie, bv.
              nepotisme, is nie.
           Harmonie in jouself en in die clan, samelewing, natuur en die geestelike
              wêreld vorm die basis van 'n gesonde samelewing.
           Wat reg en verkeerd is, word geassesseer deur die impak wat dit op
              ander mense het.
           In ATR is daar geen ruimte vir verkragting, moord, diefstal, ens. nie.
           Versteuring van harmonie en om nie die lewendes te respekteer nie en
              lei tot strafbare aksies wat deur die voorvaders/lewende dooies uitgevoer
              word.
           Diegene wat sedelose lewens lei, word deur die voorvaders gestraf.
           Hulle word ook nie voorvaders wanneer hulle sterf nie.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘n Maksimum
          van AGT punte mag toegeken word as leringe bloot gelys word en nie
          bespreek word nie.                                                                      (16)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              4                                   DBE/2022
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

1.4         Godsdiensorganisasies moet met politieke partye saamwerk om oor
             sedelikheid te preek en mense daarmee vertroud te maak.
           Moedig lede van alle godsdienste aan om voort te gaan om bewaarders
             van goeie sedes te wees, selfs in hulle werksomgewing.
           Laat hulle werktuie van goeie sedes word.
           Godsdiensorganisasies moet hulle gemeentelede oplei om in alle sfere
             van die lewe regverdig op te tree, private en openbare lewe ingesluit.
           Godsdiensorganisasies moet mense steun wat in openbare posisies is
             (sterre, sportpersoonlikhede, ens.) om rolmodelle te wees.
           Spesiale seminare moet vir sulke mense georganiseer word aangesien
             daar groter morele uitdagings vir leiers is.
           Godsdiensleiers self moet as voorbeeld van moreel opregte mense dien.
           Die gemeenskaps- en individuele voordele van godsdienstige waardes
             moet in preke, toesprake en seminare beklemtoon word.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                   (14)
                                                                                                 [50]

VRAAG 2

2.1       2.1.1      VOORBEELD1: TAOÏSME
                      Mense is net 'n klein, mikrokosmiese neweproduk van die Tao se
                        kreatiewe aktiwiteit.
                      Mense is nie spesiaal nie en beheer ook nie die wêreld nie.
                      Hulle word nie benodig om dit te versorg nie.
                      Die wêreld en die heelal sal voortbestaan of menslike wesens
                        voortbestaan of nie.
                      Die wêreld sal die vorm wat Tao ook al daaraan wil gee, aanneem.
                      Mense het die potensiaal om slegs 'n baie klein gedeelte van die
                        skepping te vernietig.
                      Selfs al word 'n klein gedeelte vernietig, sal die ongelooflike en
                        oorvloedige kreatiewe aktiwiteit van die Tao voortduur.
                     VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
                      Mense is na die beeld van God geskep.
                      Adam en Eva is beveel om na die Tuin van Eden en die hele
                        skepping om te sien.
                      Mense is God se verteenwoordigers op aarde.
                      Hulle is aangestel om na Sy eiendom te kyk.
                      God het mense beveel om oor alles in die wêreld te heers.
                      Hulle is aan God verantwoordelik.
                      Mense heers oor alles in die skepping aangesien hulle na God se
                        beeld geskep is.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                         (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                              5                                    DBE/2022
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

          2.1.2      VOORBEELD 1: TAOÏSME
                      Die Taoïstiese siening van die dood is dat ons die lewe moet
                        waardeer om die dood te aanvaar.
                      Wanneer jy besef dat wat die lewe wonderlik maak, die sikliese
                        prosesse daarvan is, word dit makliker om te aanvaar dat die lewe
                        tot 'n einde kom. Daarom die aanvaarding van die dood.
                      In hierdie godsdiens is die doodeenvoudig 'n proses van
                        transformasie waar jy van een vorm na die volgende gaan.
                      Dit beteken dat jy van die begin af deel van die heelal was en sal
                        voortgaan om beide vreugde en hartseer te ervaar.
                      Jy het nie die lewe na die dood in een of ander hemel nodig nie, of
                        een of ander sikliese lewe na die dood wat in Hindoeïsme gevind
                        word.
                      Jy word eenvoudig getransformeer en eindig iewers anders op.

                     VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
                      Volgens die Christelike godsdiens eindig die lewe nie met die dood
                        nie, maar duur voort anderkant die graf.
                      Die dood is nie die einde van die lewe nie maar 'n fase in die reis
                        van die mensdom.
                      Sondaars gaan hel toe waar hulle gestraf word.
                      Diegene wat 'n heilsame lewe gelei het, gaan 'n nuwe fase,
                        genoem die paradys, binne.
                      Op die laaste dag sal die gewone wêreld nie meer bestaan nie.
                        Die heerskappy van God sal seëvier.
                      Slegs diegene wat volgens die wil van God gelewe het, sal die
                        ewige lewe verkry.
                      Daar is 'n opstandingsdag waartydens die goeie en die bose
                        geoordeel sal word volgens hulle handelinge in hierdie wêreld.
                      Opstanding impliseer dat die lewe 'n doel en verantwoordbaarheid
                        het.
                     LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                         (10)

2.2           GRAMMATIKA EN HISTORIESE KONTEKS:
              Vir akkurate interpretasie moet die grammatikareëls en die historiese feite
               in ag geneem word.
              Die beteken dat die geskrifte binne die konteks van die tyd en
               omstandighede waarin die teks geskryf is, verstaan moet word.
              DUIDELIKSTE BETEKENIS:
              Die betekenis wat vir die leser die duidelikste is, moet in ag geneem word.
              PLAN, DOEL EN KONTEKS:
              Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in ag geneem word.
              'n Uittreksel moet as deel van die geheel beskou word.
              Bv. Is die skryfwerk in die vorm van poësie of prosa?
              BETEKENIS VAN WOORDE:
              Die betekenis van woorde verander dikwels oor tyd en konteks.
              Vir die korrekte interpretasie moet die oorspronklike betekenis in ag
               geneem word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                               6                                     DBE/2022
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

                   FIGURATIEWE TAAL:
                   Figuratiewe taal word algemeen in heilige tekste gebruik.
                   Dit moet as sodanig geïdentifiseer word, sodat dit nie letterlik
                    geïnterpreteer word nie.
                   Figuratiewe taal vereis die toepassing van al die ander hermeneutiese
                    beginsels vir korrekte interpretasie.
                   ANDER HEILIGE TEKSTE:
                   Een heilige teks kan gebruik word om ander heilige tekste van dieselfde
                    godsdiens te interpreteer.
                   Dit is omdat daar konsekwentheid tussen die leringe van die godsdiens
                    en die heilige tekste daarvan moet wees.                                        (16)

2.3         In alle godsdienste is die oorspronklike inspirasie eers volgens die
             mondelinge tradisie versprei.
           Dit beteken dat die oorspronklike boodskap van geslag tot geslag
             mondelings oorgedra is.
           Die mondelinge tradisie was regdeur die geskiedenis van godsdiens 'n
             normatiewe bron van primêre belang.
           Die tegnologie van skryf/skrif het ongeveer 4 000 jaar gelede by godsdiens
             betrokke geraak.
           Mondelinge tradisies wat neergeskryf is, het meer rigied geword.
           Die heilige teks, bv. vir die Christelike godsdiens, is die Bybel.
           Dit bevat die leringe van Jesus Christus. Dit is eers mondelings van geslag
             tot geslag oorgedra.
           Abrahamitiese gelowe plaas meer klem op heilige tekste as Oosterse
             godsdienste.
           Dit is omdat die eersgenoemde glo dat hulle heilige tekste goddelik
             geopenbaar is.
           Deesdae komplementeer die mondelinge tradisie geskrewe heilige tekste.
           By sommige godsdienste (bv. Afrika Tradisionele Godsdiens) bly die
             heilige teks in die vorm van die mondelinge tradisie.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                      (14)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             7                                     DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1       VOORBEELD 1: ISLAM:
           Soenni- en Sjia-vertakkings                                                           (4)

3.2       3.2.1       VERSKILLE IN BESTUUR/BEHEER/LEIDING
                      SOENNI
                       Daar is geen geestelike leiers in Soenni-Islam nie.
                       Enige Moslem kan op gemeenskaprade dien.
                       Bestuur/Beheer/Leiding is gemeenskapsgebaseerd.
                       Geleerdes van Islam (ulema) en gemeenskapslede
                          (vrywilligers) dien op bestuursrade van moskees, madrassas
                          en skole.
                      SJIA
                       Sjia-Moslems vereer die afstammelinge van die Profeet
                          Mohammed en glo dat hulle die goddelike reg het om Moslems
                          te bestuur.
                       So 'n leier staan as 'n 'imam' bekend.
                       Die finale woord by enige onsekerheid oor enige godsdienstige
                          of politieke kwessie lê by die verteenwoordiger van die imam.
                       Bestuur/Beheer/Leiding is in die hande van moellas (priesters)
                          wat by godsdienstige dekreet bestuur.                                   (12)

          3.2.2       VERSKILLE IN LERINGE
                      SOENNI
                       Soenni verwys na 'volg' die sunnah (voorbeeld) van die Profeet
                          Mohammed.
                       Die Hadith, vertel deur die metgeselle van die Profeet, het ewe
                          veel status as dit wat deur sy familielede vertel word.
                       Die Soenni-vertakking glo dat al die leringe wat in die Boeke
                          van Hadith bevat word, ewe belangrik is.
                       Soenni's volg die leringe van geleerdes uit die 7de en 8ste
                          eeue.
                       Soenni's aanvaar nie dat 'n kalief uitsluitlik uit die Profeet se
                          familie kan kom nie.
                      SJIA
                       'Sjia' beteken 'partisaan' of 'aparte party'.
                       Die Hadith wat deur die metgeselle van die Profeet vertel
                          word, het minder betekenis as daardie wat deur sy familielede
                          vertel word.
                       Die Sjia volg slegs die leringe en opinies van 'n lewendige
                          geleerde.
                       Hulle glo dat die laaste kalief wat uit die Profeet se familie
                          gekom het, in 'n grot versteek is en eendag weer as leier te
                          voorskyn sal kom. Hy staan as 'imam' bekend.                            (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             8                                    DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

3.1       VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
           Katolisisme/Oosters-Ortodokse Kerk/Protestantisme                                    (4)
3.2       3.2.1       VERSKILLE IN BESTUUR/BEHEER/LEIDING
                      KATOLISISME
                       Die hoof van Katolisisme is die Pous.
                       Die magsentrum van hierdie vertakking is die Vatikaan.
                       Die Katolieke vertakking het baie ordes, naamlik monnike,
                         nonne, priesters en kloostermonnike ('friars').
                       Die Katolieke vertakking word op gemeentevlak gelei deur
                         priesters, dekanies deur dekens, bisdomme deur biskoppe en
                         aartsbisdomme deur aartsbiskoppe.
                       'n Kardinaal kan óf 'n hele land óf 'n geografiese streek lei.
                      OOSTERS-ORTODOKSE KERK
                       Politieke beheer was tradisioneel in Konstantinopel (Istanboel).
                       Deesdae is dit gedesentraliseerd.
                       Hierdie vertakking word deur priesters en biskoppe beheer.
                       Gesag in die kerk is in die hande van 'n groep biskoppe.
                       'n Bisdom is 'n groep gemeentes onder die leierskap van 'n
                         biskop en aartsbiskoppe.
                       Hulle is as geestelikes (predikers), priesters, biskoppe en
                         aartsbiskoppe ingeseën.
                      PROTESTANTISME
                       Die kerke word beheer deur ingeseënde predikante en
                         biskoppe of gekose Oudstes.
                       Algehele bestuur is deur 'n hoër gesag soos 'n sinode of
                         algemene vergadering waarvan die biskop die voorsitter is.
                       Sommige Protestante kerke is onafhanklik en nie aan enige
                         hoër gesag as die gemeente self verantwoordbaar nie.
                       By Protestantisme is elke kerk onafhanklik.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                       (12)
          3.2.2       VERSKILLE IN LERINGE
                      KATOLIEKE
                       Die Katolieke Kerk glo dat hulle die oorspronklike kerk is.
                       Hulle glo dat almal in sonde gebore is as gevolg van Adam en
                         Eva se ongehoorsaamheid aan God.
                       God bestaan uit drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees.
                       Die Heilige Gees kom van God die vader en die Seun.
                       OOSTERS-ORTODOKSE
                       Die Drie-eenheid en die Heilige Gees word anders as die
                         siening van die Katolieke Kerk verstaan.
                       Hulle verkondig dat die Heilige Gees slegs van God die Vader
                         kom.
                       Hulle glo dat hulle die regverdig geleide kerk is.
                      PROTESTANTISME
                       Die Bybel het meer gesag as die Pous.
                       Hulle verkondig dat geloof die weg na verlossing is.
                       Hulle verkondig dat verlossing 'n geskenk is wat vrylik deur die
                         werk van Jesus Christus gegee word.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                       (12)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                           9                                     DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

3.3       VOORBEELD 1:
             AGNOSTISISME
             Hierdie term is in 1869 die eerste keer deur 'n filosoof, TH Huxley,
                gebruik. Agnostiese idees antedateer die gebruik van die term
                'agnostisisme'.
             Agnostisisme kom van die Grieks 'a', wat beteken 'sonder' en 'gnosis'
                wat 'kennis' beteken.
             Agnostici glo dat dit nie moontlik is om die bestaan van God of 'n
                bonatuurlike wese te bewys, of nie.
             Dit verwys na onsekerheid oor Godskennis.
             Agnostici is skepties oor godsdiensleringe.
             Hulle verwerp godsdienstige leerstellings, veral godsdienste wat
                beweer dat hulle kennis van goddelike wesens het.
          VOORBEELD 2:
             ATEÏSME
             Ateïste verwerp die geloof dat goddelike of bonatuurlike magte
                bestaan.
             Daar is verskillende grade van ateïsme.
             Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
                sienings te ondersteun.
             Sagte of neutrale ateïste verwerp nie die bestaan van 'n bonatuurlike
                wese aktief nie.
             In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk
                ateïsme.
             Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings van bewyse afhang
                om hulle bewerings te ondersteun.
             Ateïste wend hulle dikwels na die wetenskap om die aard van die
                heelal te verduidelik eerder as om op geloof staat te maak.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                               (12)
3.4        'n Sekulêre wêreldbeskouing lei tot die ontwikkeling van demokratiese
             regering.
           Sekulêre wette het die hoogste wette van die land geword.
           Die meeste godsdienstige mense het by die sekulêre siening aangepas
             deur die skeiding van godsdiens en die staat te aanvaar.
           Dit bevorder gewetensvryheid en geloof.
           Dit gee 'n raamwerk van beginsels en etiese riglyne vir die lewe.
           Die samelewing is vry om die gesag van godsdienstige leringe te
             bevraagteken.
           Sekulêre sienings het tot die bevordering van wetenskap en tegnologie
             gelei.
           Sekulêre sienings het tot die ontwikkeling van die Universele Verklaring
             van Menseregte gelei.
           Dit verminder godsdienstige konflik aangesien alle godsdienste ewe veel
             status volgens wet het.
           Met betrekking tot negatiewe impak, het sekularisme godsdienstige
             aanhang ondermyn.
           Daar kan ook aangevoer word dat dit tot 'n afname in moraliteit gelei het.
          LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                               (14)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                             10                                   DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4

4.1       4.1.1       VOORBEELD 1: TAOÏSME
                       In Taoïsme kom die wêreld en alles daarin outomaties as deel
                         van die Tao se aktiwiteit tot stand.
                       Dit is nie beplan nie, maar dit is ook nie onbeplan nie.
                       Die Tao het nie beplan dat die wêreld bestaan nie, dit wou ook
                         nie hê dat die wêreld nie bestaan nie.
                       Taoïsme weerspreek nie die Oerknalteorie nie.
                       Wetenskaplik is die wêreld nie deur enige God of gode geskep
                         nie, dit het per toeval gebeur. Die wêreld het eenvoudig te
                         voorskyn gekom as 'n klein spikkeltjie in die enorme 'bak/'kom'
                         van die skepping soos wat die Tao op sy weg voortgegaan
                         het.
                       Volgens Taoïsme bestaan die wêreld uit prosesse van
                         skepping en vernietiging.
                       Dit kom ooreen met die Oerknalteorie wat beweer dat daar 'n
                         enorme ontploffing was.
                       Die heelal het binne sekondes verskyn en tot 'n enorme
                         grootte uitgedy.
                       Volgens die wetenskap brei die heelal voortdurend uit. Daar is
                         geen rusperiode nie.
                       Die Taoïstiese siening van die heelal is grootliks gebaseer op
                         hulle waarneming van die natuur en die menslike wêreld.
                       Die Oerknalteorie is ook op waarneming van die natuur en die
                         menslike wêreld gebaseer.
                       Gevolglik Taoïsme se aanvaarding van die Oerknalteorie.
                      VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
                       By Hindoeïsme bestaan die Skepper in óf aktiewe óf passiewe
                         toestand.
                       Die passiewe toestand is 'n toestand van rus wanneer niks
                         gebeur nie.
                       Wetenskaplik was die passiewe toestand voor die Oerknal.
                       Ná 'n baie lang tydperk het die Skepper weer aktief geword.
                       Dit is toe 'n gedeelte van die heelal anders as ander gedeeltes
                         geword het, en skepping begin het. Vir Hindoes is die heelal
                         self die Skepper.
                       Dit weerspreek nie die Oerknalteorie nie.
                       In Hindoeïsme is die Skepper nie manlik of vroulik nie.
                       Geen Skepper word in die Oerknalteorie genoem nie.
                       Hindoes glo dat die Oerknalteorie 'n alternatiewe manier is om
                         te verduidelik hoe die heelal tot stand gekom het.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.’n
                      MAKSIMUM vanTIEN punte mag toegeken word as slegs die
                      godsdiens OF Oerknalteorie bespreek word.                                  (14)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            11                                   DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

          4.1.2         Darwin se evolusieleer het 'n alternatiewe verduideliking van
                         die skepping verskaf wat van die Abrahamitiese godsdienstige
                         se verduideliking van die skepping verskil.
                       Hierdie teorie gee 'n verduideliking wat nie die idee van 'n
                         intelligente ontwerper vereis nie.
                       Darwin se teorie/leer het dus die betroubaarheid van die
                         Abrahamitiese heilige tekste uitgedaag.
                       Gevolglik het die meeste mense begin om die Genesis-verhaal
                         van die skepping as simbolies te vertolk.
                       Hierdie teorie het veroorsaak dat diegene wat in die
                         Abrahamitiese godsdienste glo, begin het om die heilige tekste
                         meer noukeurig te ondersoek.
                       Darwin se teorie het ook godsdienstige mense aangespoor om
                         die wetenskap te bestudeer.
                       Godsdienste het gereageer met die konsep van 'intelligente
                         ontwerp', om die variasie in spesies te verduidelik.
                       Oosterse godsdienste, soos Hindoeïsme en Taoïsme, word
                         nie deur Darwin se teorie geaffekteer nie.
                       Dit is omdat hulle minder klem op regte geloof en meer klem
                         op regte aksie/optrede/handeling lê.
                       Hindoeïsme glo aan die evolusie van die siel en dit kom
                         ooreen met Darwin se teorie.
                       In Taoïsme het mense nie spesiale status nie, hulle is slegs
                         die gevolg van Jin en Jang, net soos Darwin se teorie mense
                         nie spesiale status gee nie.
                       Vir volgelinge van die Abrahamitiese gelowe, (die Christelike
                         godsdiens in besonder) daag Darwin se teorie beslis hulle
                         godsdiens se siening uit.
                       Die Oosterse godsdienste is meer gesinchroniseerd met
                         Darwin se teorie.
                      LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘                    (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            12                                    DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

4.2       VOORBEELD 1: INTERFAITH ACTION FOR PEACE IN AFRICA (IFAPA)
           Hierdie organisasie werk saam met godsdienstige gemeenskappe op die
             kontinent wat een van die hoofredes vir die sukses daarvan is.
           IFAPA werk nie in isolasie nie; hulle werk nou saam met ander
             godsdiensorganisasies.
           IFAPA is suksesvol met hulle poging om met soveel godsdienste as
             moontlik inklusief te wees, bv. dit sluit in Afrika Tradisionele Godsdiens,
             Judaïsme, Christenskap, Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme, Baha'i-geloof.
           Hierdie organisasie het daarin geslaag om afvaardigings na
             konflikgebiede te stuur. Lede van die afvaardiging het bygedra tot die
             saambring van konflikterende groepe om begrip en samewerking te
             verbeter.
           Die organisasie het burgerlikes, die private sektor en regerings suksesvol
             byeengebring; een van die redes vir hulle prestasie.
           Ten spyte van hierdie pogings het die organisasie nie daarin geslaag om
             permanente, blywende vrede tussen konflikterende groepe te bring nie.
           Die rede hiervoor is politieke inmenging.
           Hulle sukses word ook verhinder deur kulturele en stamgroepe wat
             godsdiens in die nastreef van hulle doelwitte gebruik.

4.3       VOORBEELD 2: RAAD VIR GODSDIENSTIGE LEIERS IN AFRIKA-
          RELIGIONS FOR PEACE
           Hierdie organisasie het geslaag as gevolg van hulle beginsels en
             waardes van respek en verdraagsaamheid vir godsdiensverskille.
           Dit het ook geslaag want dit wend altyd 'n poging aan om vreedsame
             saambestaan tussen 'n verskeidenheid godsdienste aan te moedig.
           Hulle handelinge is ook op diepgaande en hoofsaaklik gedeelde morele
             kwessies oor waardes gebaseer.
           Nog 'n rede vir hulle sukses is die bevordering en beskerming van elke
             godsdiensgemeenskap se identiteit.
           Die erkenning van godsdienstig diverse gemeenskappe in Afrika het ook
             tot hulle sukses gelei.
           Hulle ondersteun plaaslike geleide multigodsdienstige strukture onder die
             sambreel van Religions for Peace.
           Hulle onderhou die beginsels van verteenwoordiging, ondergeskiktheid
             en solidariteit.
           Hulle het aan die World Social Forum deelgeneem
           Alhoewel daar suksesse in hierdie organisasie was, was daar ook 'n paar
             mislukkings.
           Die mislukkings is hoofsaaklik die gevolg van politieke inmenging.
           LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.                                 (14)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2                            13                                   DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

4.3           Die stigting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het in
               1893 in Chicago plaasgevind.
              Die doel daarvan was om 'n globale dialoog oor gelowe te skep.
              Die Parlement is weer in 1993 in Chicago gehou om saam te werk om
               wêreldkwessies en om 'n verklaring met die titel 'Towards a Global Ethic'
               op te stel.
              Die Kaapstadse Parlement het in 1999 die kwessie van MIV en Vigs
               beklemtoon.
              Die Parlement het in 2004 in Barcelona, Spanje, byeengekom en op
               godsdienstige geweld, veilige water, vlugtelinge en die eliminasie van
               eksterne skuld in ontwikkelende lande gefokus.
              Die fokus in 2007 was op die Millennium Development Goals vir die
               uitwissing van armoede.
              Die Parlement het in 2009 in Melbourne, Australië, byeengekom en het
               kwessies     rondom     rekonsiliasie  van     Australiese   inboorlinge,
               volhoubaarheid en globale aardverwarming hanteer.                             (10)
                                                                                             [50]

                                                                              TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Religion Studies P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2022-afr/1c914e3c-ded6-488e-a4b4-34af75cbb086) — Religion Studies · QP · 2022 · Afr
- [Religion Studies P2 May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2021-mg-eng/7b6e8007-17dc-4e06-a0dc-69ab90e5e666) — Religion Studies · Memo · 2021 · Eng
- [Religion Studies P2 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-may-june-2018-memo-eng/b23b5881-3920-4e6d-aebe-f3622d683c4e) — Religion Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Religion Studies P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2022-eng/56d0ee70-3e22-4e29-a3ba-4aa29a7a1d76) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng
- [RELIGIOUS STUDIES P2 GR12 SEPT Deaf](https://www.hlayiso.com/library/religious-studies-p2-gr12-sept-deaf/f4c07dfd-5af7-4568-90bb-cb24c413e5ee) — Religion Studies · QP · 2022
- [Religion Studies P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2022-eng/4621f83c-09e1-4d2f-a9aa-93621e83710e) — Religion Studies · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
